Skip to content

Music Grade 12 P1 NSC Supplementary 2016 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12201630 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC Supplementary Exam 2016 (Afrikaans), 30 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 FEBRUARIE/MAART 2016 MEMORANDUM PUNTE: 120 Hierdie memorandum bestaan uit 30 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings, naamlik AFDELING A, B, C, D en E. 2. AFDELING A en B is verpligtend. 3. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WKM), AFDELING D: JAZZ en AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) is keusevrae. Beantwoord slegs EEN van hierdie afdelings (AFDELING C of D of E). 4. Skryf al die musieknotasie in AFDELING A met potlood en al die geskrewe teks met blou of swart ink op hierdie vraestel. 5. Beantwoord AFDELING B en AFDELING C of D of E met blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Kandidate mag hierdie bladsy verwyder. 8. Kandidate mag vir die duur van hierdie eksamen NIE toegang tot enige musiekinstrument hê NIE. 9. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum NASIENROOSTER AFDELING VRAAG PUNTE NASIENER MODERATOR A: MUSIEKTEORIE 1 20 (VERPLIGTEND) 2 15 3 10 4 15 SUBTOTAAL 60 EN B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS 5 20 (VERPLIGTEND) SUBTOTAAL 20 EN C: WKM 6 10 7 5 8 5 9 5 10 15 SUBTOTAAL 40 OF D: JAZZ 11 10 12 5 13 5 14 5 15 15 SUBTOTAAL 40 OF E: IAM 16 10 17 5 18 5 19 5 20 15 SUBTOTAAL 40 GROOTTOTAAL 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING A: MUSIEKTEORIE (VERPLIGTEND) (90 minute) Beantwoord VRAAG 1 EN VRAAG 2.1 OF 2.2 EN VRAAG 3.1 OF 3.2 EN VRAAG 4.1 OF 4.2. Kandidate moet die vrae beantwoord in die spasies wat op hierdie vraestel voorsien word. VRAAG 1 (25 minute) Bestudeer die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 1.3.1 1.1 Benoem die toonsoort van hierdie uittreksel. Antwoord: F majeur F majeur = 1 punt (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 1.2 Benoem die intervalle by 1.2.1 en 1.2.2 volgens tipe en afstand. Antwoord: 1.2.1 Majeur 6de 1.2.2 Volmaakte 8ste (oktaaf) 1.2.1 Majeur 6de = 1 punt 1.2.2 Volmaakte 8ste (oktaaf) = 1 punt Geen punt vir slegs 6 of 8ste (oktaaf) de (2) 1.3 Benoem die tipe drieklank by 1.3.1 en 1.3.2, byvoorbeeld mineur drieklank. (Oorweeg slegs die note in die blokkie op die partituur.) Antwoord: 1.3.1 Verminderde drieklank 1.3.2 Verminderde drieklank 1.3.1 Verminderde drieklank = 1 punt 1.3.2 Verminderde drieklank = 1 punt (2) 1.4 Omkring 'n akkoord wat 'n dominant sewende akkoord in grondposisie op hierdie partituur vorm. Antwoord: Maat 72 (CEGBb) Korrekte antwoord (maat 72) = 1 punt (1) 1.5 Transponeer maat 3 van die soloparty 'n mineur derde laer vir die E-mol altsaksofoon. Voeg 'n nuwe toonsoortteken by. Antwoord: Korrekte toonsoortteken =1 punt 1 punt per pols = 2 punte Tydmaattekens is opsioneel = geen punt (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 1.6 Transkribeer maat 5 van die klavierparty (regterhand) vir altviool op dieselfde toonhoogte. Gebruik die korrekte sleutel. Antwoord: Korrekte sleutel = 1 punt 1 punt per pols = 2 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte Tydmaatteken is = geen punt opsioneel (3) 1.7 Herskryf maat 1 van die klavierparty (regterhand), maar halveer die nootwaardes. Voeg 'n nuwe tydmaatteken by. Antwoord: Korrekte tydmaatteken = 1 punt 1 punt per pols = 2 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte (3) 1.8 Voltooi die volgende om 'n pentatoniese toonleer te vorm: Antwoord: ½ ½ OF ½ ½ 1 punt per maat = 2 punte Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 1.9 Skryf 'n opgaande sekwens van die gegewe melodiese fragment. Antwoord: ½ ½ Sekwens = 1 punt Minus ½ punt as die sekwens korrek is maar dalend geskryf is Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 1 punt (1) 1.10 Vergelyk die musiekvoorbeeld hieronder met die klavierparty in maat 5. Watter komposisietegniek word in die voorbeeld hieronder gebruik? Antwoord: (Ritmiese) Vergroting of verdubbeling van nootwaardes (Ritmiese) Vergroting of verdubbeling van nootwaardes = 1 punt (1) 1.11 Voeg 'n voordragaanduiding(s) by die uittreksel hieronder om die voordraer die opdrag te gee om legato te speel. Antwoord: OF Korrekte voordragaanduiding = 1 punt 'Ped...' mag onderaan bygevoeg word = 1 punt OF 'Legato' of 'leg.' Mag onderaan bygevoeg word = 1 punt (1) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 2 (25 minute) Beantwoord VRAAG 2.1 OF VRAAG 2.2. 2.1 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Konsepantwoord: Instrument: Kitaar/Saksofoon/Klarinet/Trompet [15] OF 2.2 Voltooi die aanvangsmotief hieronder om 'n twaalfmaatmelodie in drieledige vorm vir enige enkellyn- melodiese instrument van jou keuse te skep. Noem die instrument waarvoor jy skryf. Dui die tempo aan en voeg dinamiek- en artikulasietekens by. Konsepantwoord: Instrument: Tromboon/Fagot/Tjello [15] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Die melodie sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Vorm en kadenspunte 1 punt per frase x 3 3 Korrektheid Nootstele, polse per maat, Minus ½ punt per fout tot 'n maksimum van 2 punte 2 toevallige tekens, spasiëring, uitleg Uitstekend Sinvol en musikaal; vindingryke kadense definieer vorm; aanvangsmotief 9–10 oorspronklik voorgesit; tonaliteit suksesvol benader; melodiese kontoer meesterlik gevorm; kreatiewe benadering tot keuse van toonhoogte en ritme Goed Korrek en musikaal; kadense definieer Kwaliteit vorm duidelik; aanvangsmotief sinvol - Kwaliteit van melodie en 7–8 voortgesit; stabiele tonaliteit; modulasie toepaslikheid vir gekose (nie-verpligtend) is aangedurf; melodiese instrument kontoer bevredigend; keuse van 10 - Toepaslike dinamiek- en toonhoogte en ritme akkuraat artikulasie- aanduidings Gemiddeld - Musikaliteit Musikaliteit nie oortuigend; nie al die 4–6 kadense duidelik; aanvangsmotief nie goed gebruik; keuse van toonhoogte en ritme verbeeldingloos Onaanvaarbaar Geen musikale sin; geen aanvoeling vir kadense; aanvangsmotief geïgnoreer; 1–3 geen tonale sentrum herkenbaar; geen melodiese kontoer; onsamehangende toonhoogte en ritme TOTAAL Nasieners mag ½ punte gebruik 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 3 (10 minute) Beantwoord VRAAG 3.1 OF VRAAG 3.2. 3.1 Bestudeer die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Antwoord: Voorbeeld: (i) (ii) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.1.1 Hierdie werk moduleer in maat 11–133. Noem die nuwe toonsoort. Antwoord: D mineur D mineur = 1 punt (1) 3.1.2 'n Tweede modulasie kom in maat 14–16 voor. Hoe is die nuwe toonsoort in hierdie mate aan F majeur verwant? Antwoord: Dominant (majeur)/V of F majeur/I. Dominant (majeur)/V = 1 punt (1) 3.1.3 Identifiseer die akkoorde van (a)–(e) en besyfer hulle op die partituur. Gebruik besyferingsimbole onderaan die partituur OF akkoordsimbole boaan die partituur. (Let op die voorbeeld in maat 1.) Antwoord: Sien partituur: 1 punt per akkoord = 5 punte (minus ½ punt vir elke fout) Alternatiewe besyferingssimbole, bv. Va,Vb,Vc word ook aanvaar (5) 3.1.4 Benoem die kadens by (f). Antwoord: Onvolmaakte (kadens) Onvolmaakte (kadens) = 1 punt (1) 3.1.5 Benoem die tipe nie-akkoordnote by (i) en (ii). Antwoord: (i) (Onder) Wisselnoot (hulpnoot) (ii) Vooruitneming (i) (Onder) Wisselnoot (hulpnoot) = 1 punt (ii) Vooruitneming = 1 punt Geen ½ punte (2) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.2 Bestudeer die partituur hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Antwoord: Voorbeeld: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 3.2.1 Hierdie werk moduleer in maat 122–162. Benoem die nuwe toonsoort. Antwoord: G majeur G majeur = 1 punt (1) 3.2.2 Identifiseer die akkoorde van (a)–(e) en skryf akkoordsimbole boaan die partituur. (Let op die voorbeeld in maat 1.) Antwoord: Sien partituur: 1 punt per akkoord = 5 punte (minus ½ punt vir elke fout) Romeinse besyfering is nie aanvaarbaar nie (5) 3.2.3 Skryf die akkoordprogressie neer en benoem die kadens by (f). Antwoord: • Am – Em of iv-i • Plagale (kadens) Am – Em = 1 punt (½ punt vir elke korrekte akkoord Plagale (kadens) = 1 punt (2) 3.2.4 Benoem die tipe nie-akkoordnoot by (g). Antwoord: (g) (Chromatiese) Deurgangsnoot (Chromatiese) Deurgangsnoot = 1 punt (1) 3.2.5 Noem die stilistiese kenmerk wat in die bassleutel van maat 9–24 gebruik word. Antwoord: Walking bass OF Aaneenlopende beweging van die bas in kwartnote Enige korrekte antwoord = 1 punt (1) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 4 (30 minute) Beantwoord VRAAG 4.1 OF VRAAG 4.2. 4.1 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en baspartye by te voeg. Gebruik ten minste TWEE nie-akkoordnote. Konsepantwoord: Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT Akkoordprogressie Akkoordkeuse; korrekte gebruik 1 punt tussen elke paar akkoorde 12 van kadens Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as Notasie, verdubbeling, 1 punt per akkoord nie = 12 akkoorde van 12 2 1 spasiëring, stemvoering maat 3 –8 . • Uitstekend = 13–16 punte Kwaliteit • Goed = 10–12 punte Baslyn, musikaliteit, nie- • Gemiddeld = 7–9 punte 16 akkoordnote, stylbewustheid, • Swak = 4–6 punte innovering, kreatiwiteit • Onaanvaarbaar = 0–3 punte Nota aan die nasiener: 40÷8 Die punt uit 40 moet nie 'n ½ punt bevat x3 nie. TOTAAL 15 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Kandidate moet krediet onvang vir 'n ander/kreatiewe en korrekte antwoord wat nie in die memorandum aangegee word nie. Die besyferingssimbole dien as 'n riglyn vir die nasiener, maar punte word nie toegeken vir die blote gebruik van simbole nie. [15] OF 4.2 Voltooi die stuk hieronder deur 'n geskikte baslyn en harmoniese materiaal in die onvoltooide mate in te voeg. Gaan voort in die styl wat deur die gegewe materiaal in maat 1 en 2 voorgestel word, en voeg die akoordsimbole boaan die melodielyn by. Konsepantwoord: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Die harmonisering sal volgens die volgende kriteria nagesien word: PUNTE- KANDIDAAT BESKRYWING TOEKENNING SE PUNT 1 punt tussen elke paar akkoorde van die Akkoordprogressie einde van maat 2–8 = 11 progressies Akkoordkeuse; korrekte gebruik 11 (akkoordsimbole en notasie moet van kadense ooreenstem) Korrektheid Minus ½ punt per fout maar nie meer as Notasie, spasiëring, stemvoering 1 punt per akkoord nie = 11 akkoorde 11 (twee akkoorde per maat (3–7) en een in maat 8) • Uitstekend = 16–18 punte Kwaliteit • Goed = 13–15 punte Musikaliteit, nie-akkoordnote, • Gemiddeld = 9–12 punte 18 stylbewustheid, innovering, • Swak = 5–8 punte kreatiwiteit • Onaanvaarbaar = 0–4 punte Nota aan die nasiener: 40÷8 Die punt uit 40 moet nie 'n ½ punt bevat nie. x3 TOTAAL 15 Kandidate moet krediet ontvang vir 'n alternatiewe/kreatiewe en korrekte antwoord wat nie in die memorandum aangegee word nie. Die besyferingssimbole dien as 'n riglyn vir die nasiener, maar punte word nie toegeken vir die blote gebruik van simbole nie. [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING B, C, D, E: ALGEMENE MUSIEKKENNIS (90 minute) Beantwoord AFDELING B EN AFDELING C (Westerse Kunsmusiek) OF AFDELING D (Jazz) OF AFDELING E (Inheemse Afrika-musiek). Kandidate moet die vrae beantwoord in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. Een punt sal toegeken word vir elke korrekte feit. Kandidate sal krediet ontvang vir enige korrekte antwoord wat nie in hierdie memorandum vervat word nie. AFDELING B: ALGEMEEN (VERPLIGTEND) VRAAG 5 5.1 5.1.1 C 5.1.2 B 5.1.3 A 5.1.4 C 5.1.5 C 5.1.6 A 5.1.7 D 5.1.8 D 5.1.9 D 5.1.10 B Een punt per antwoord = 10 punte (10) 5.2 5.2.1 RUBATO • Vrye behandeling van die toonduurte met behoud van die maatslag Essensiële feit = 1 punt • Ekspressiewe verandering van die pols binne 'n enkele maat • Buigbaarheid van die pols deur die tempo te versnel of te vertraag Enige ander feit = 1 punt (2) 5.2.2 LIBRETTO • Teks van 'n opera of oratorium Essensiële feit = 1 punt • Lys van die rolbesetting van karakters • Kan 'n opsomming van die storielyn of agtergrondinformasie gee • Gee dikwels verhoogbeskrywings en 'n beskrywing van die tonele (bedrywe) Enige ander feit = 1 punt (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum 5.2.3 SCATTING • Sangstyl in jazz wat onsin-sillabes in plaas van woorde gebruik Essensiële feit = 1 punt • Geïmproviseerde vokale jazz solo • Sluit klanke soos jodel of perkussieklanke in. Enige ander feit = 1 punt (2) 5.2.4 PLAASVERVANGENDE AKKOORD • 'n Akkoorde wat as plaasvervanger vir 'n ander akkoord dien Essensiële feit = 1 punt • Gebruik vir harmoniese variasie of klankeffek • Verandering in baslyn en stemleiding sonder om die akkoordfunksie te verander Enige ander feit = 1 punt (2) 5.2.5 MELORITME • Hoë/lae klanke (toonhoogtevariasie) op een trom Essensiële feit = 1 punt • Tromtegniek • 'Melodiese ritmes' wat in tromspel gebruik word Enige ander feit = 1 punt (2) 5.2.6 UKUVAMBA • Maskandi kitaarstyl Essensiële feit = 1 punt • Gebruik in isiZulu-kultuur • Strum van akkoorde (vamping) Enige ander feit = 1 punt (2) Nota aan nasiener: Merk slegs die eerste twee terme indien meer as twee terme beantwoord is. (2 x 2) (4) 5.3 • Kopieregte • Produksieregte • Verspreidingsregte • Voordragregte • Redaksieregte (bv. byvoeging van nuwe lirieke by 'n bestaande werk) • Bemarkingsregte • Verkoopsregte Enige SES korrekte feite = 1 punt elk = 4 punte (6) TOTAAL AFDELING B: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Beantwoord AFDELING C (WKM) OF AFDELING D (JAZZ) OF AFDELING E (IAM). Nota aan die nasiener: Enige korrekte antwoord wat nie in die memorandum voorkom nie kan ook aanvaar word. AFDELING C: WESTERSE KUNSMUSIEK (WAM) VRAAG 6 6.1 6.1.1 Sonate 6.1.2 Allegro ma non troppo 6.1.3 Die Storm 6.1.4 Allegro 6.1.5 Herderslied – vrolike, dankbare gevoelens na die storm 6.1.6 Sonate Rondo Een punt per antwoord = 6 punte Die woord 'vinnig' in plaas van 'Allegro' is nie aanvaarbaar nie (6) 6.2 Piccolo Piccolo = 1 punt (1) 6.3 • Derde beweging gaan direk oor na die vierde beweging met slegs 'n onvolmaakte kadens tussen die bewegings • Daar is geen pouse tussen die vierde en vyfde bewegings nie. Enige korrekte feit = 1 punt (1) 6.4 6.4.1 Eerste beweging 6.4.2 Vyfde beweging Een punt elk = 2 punte (2) [10] QUESTION 7 7.1 Hebrides Ouverture Hebrides Ouverture = 1 punt (1) 7.2 Sonatevorm Sonatevorm = 1 punt (1) 7.3 • Mendelssohn besoek die Hebrides-eilande • Beïndruk en geïnspireer met die natuurlike natuurskoonheid • Hoor stories oor die eggo's in die grotte • Skryf aan sy suster oor sy ondervindinge op die eiland • Maak waterverfsketse van die see en lug (hemel) Een punt vir elke feit = 3 punte (3) [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 8 Ooreenkomste • Een beweging • Orkestrale werk • Beide kan onafhanklik voorgedra word Een punt per feit per genre = 2 punte Verskille Ouverture • Inleiding tot 'n opera, ballet of verhoogproduksie • Gee dikwels 'n idee van die inhoud van die toneel (bedrywe) of is gebaseer op materiaal uit die opera Konsertouverture • 'n Onafhanklike werk • Dikwels programmaties (geïnspireer deur literatuur, natuur, ens.) Enige drie toepaslike feite = 3 punte [5] VRAAG 9 • Bevestig die uitleg van die standaard klassieke orkes in vier groep, bv.: - Strykers, Viool I, Viool II, Altviool, Tjello en Kontrabas - Houtblasers: 2 Fluite, 2 Hobo's, 2 Fagotte (Klarinet as solo-instrument, maar nie in orkes) - Koperblasers: 2 Horings - Slagwerk: 2 Keteltromme Enige twee feite = 2 punte • Ontwikkel speel- en voordragtegnieke, bv. die gebruik van - Tremolo - Skielike sfz - Aanvangsarpeggio's - Crescendo en decrescendo - Vuurpylmotief - Dinamiek - Sug-motief Enige twee feite = 2 punte • Bevestig sonatevorm • Ontwikkeling van die simfonie se struktuur: Vinnig/Stadig/Menuet en Trio/Vinnig Enige feit = 1 punt [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 10 Komiese elemente wat in Papageno se aria voorkom: Der Vogelfänger bin ich ja • Karakter: Papageno – verskaf komiese verligting in die opera = 1 punt • Stemtipe: Bariton = 1 punt • Karakterisering van storie deur die musiek: o Melodie: - eenvoudig, spelerige volksagtige melodie - die orkes verskaf die spelerige stemming o Toonsoort: majeur - gelukkige atmosfeer o Ritme/Tempo: matig (Andante) gelykmatige pols in 2/4 (enkelvoudige tydmaat) o Artikulasie: ligte orkestrasie met gebruik van baie staccato's o Harmonie: klassieke tonale harmonie, eenvoudig en opgewek o Teks: parmantige karakter van Papageno se lewe en geliefdes o Vokale karakter: lig en spelerig = 4 punte Ernstige Elemente wat in die Koningin van die Nag se aria voorkom: Die Hölle Rache kocht in meinem Herzen • Karakter: Koningin van die Nag – verskaf dramatiese oomblikke in die opera = 1 punt • Stemtipe: Sopraan (koloratuur) = 1 punt • Karakterisering van storie deur die musiek: o Melodie: teatrale en aggressiewe melodiese passasies – deurgaans skerp uitermatige dinamiese kontraste deur die gebruik van fp en sf o Toonsoort: mineur – donker atmosfeer o Ritme/Tempo: vinnige tempo dra by tot dramatiese gevoel o Artikulasie: voller orkestrasie met gebruik van legato, staccato en skielike aksente o Harmonie: gebruik van verminderde akkoorde verhoog die spanning o Teks: die Koningin van die Nag se woede oor Tamino se mislukking o Vokale karakter: Uiterste vokale omvang; vertoningsaria = 4 punte Logiese aanbieding en struktuur = 3 punte Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Der Vogelfänger bin ich ja 1 punt vir elke korrekte feit 6 Die Hölle Rache kocht in meinem Herzen 1 punt vir elke korrekte feit 6 • Uitstekend = 3 punte • Goed = 2 punte Logiese aanbieding en struktuur 3 • Gemiddeld = 1½ punte • Swak = ½ punt TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING C: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING D: JAZZ VRAAG 11 11.1 KOLOM A KOLOM B 11.1.1 A Klavier 11.1.2 E Penniefluitjie 11.1.3 B Saksofoon 11.1.4 C Kitaar 11.1.5 D Stem 1 punt vir elke korrekte antwoord = 4 punte Nota aan die nasiener: Sien slegs die eerste VIER antwoorde na indien meer as vier antwoorde beantwoord word.. (4) 11.2 (a) The Blue Notes – Chris McGregor (b) Manhattan Brothers – Nkosinathi Hadebe (c) Sakhile – Sipho Gumede/Khaya Mahlangu Enige TWEE korrekte antwoorde = 2 punte (2) 11.3 • Goedkoop • Draagbaar • Verwant aan die tradisionele drieopeningsfluit wat deur die beesherders gebruik is • Leen dit tot 'n solo en ensemble-instrument • Simbool van teenstand teen verdrukking • Gebruik om ander te waarsku dat die polisie op pad is Enige VIER korrekte antwoorde = 4 punte (4) [10] VRAAG 12 Melodie • Improviserende karakter • Gebaseer op blues en volksliedere • Gebaseer op Kaapse Malei/Khoi-san vokale tradisies Ritme • Ghoema pols • Ritmiese karaktereienskappe van amaXhosa-musiek Instrumentasie • Koperblaas • Slagwerk • Banjo • Kitaar • Klavier • Bas • Saksofoon Melodie: 1 punt per feit x 2 = 2 punte Ritme 1 punt per feit = 1 punt Instrumentasie: enige korrekte feit x 2 = 2 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG13 • Mbaqanga • Fusion van Marabi en Kwêla • Dansagtige eienskappe met kragtiger klanke en 'n meer drywende pols as Kwêla • Gebruik Westerse instrumente: Baskitaar, tromme, kitaar, vokaliste, orrel, koperblasers en saksofoon • Mengsel tussen Westerse instrumentasie en Afrika vokalestyl • Begin gewoonlik met 'n kort improviserende inleiding wat 'n ritmiese motief op die solokitaar insluit • Gebruik viermaat-akkoordsekwense wat deur die baskitaar gesuggereer word: I – IV – IC – V of I – IV – V – I • Herhalende ritmiese en melodiese idees kom in die vokale lyne voor • Gebruik digte harmonieë in die vokale agtergrond (backing) • Roep en antwoord word in die vokale passasies gebruik • Roep en antwoord word tussen stemme en instrumente gebruik • Roep en antwoord kom voor tussen die hoofsanger en agtergrond vokalis(te) • Lirieke dikwels in die streektaal (moedertaal) • Vokalisering soos krepitasie en ululasie word ingesluit Naam van styl 'mbaqanga' = 1 punt Enige vier korrekte feite = 4 punte [5] VRAAG 14 • Toeneem van verstedeliking rondom die mynsentrums lei tot die totstandkoming van krotbuurtes • Musiek reflekteer die mense se lewenswyse • Gekonsentreerd op bierbrouery, drank en om 'n goeie tyd te hê • Marabi-danspartytjies was gedurende naweke populêr in die gemeenskappe • Gee die swart gemeenskap en werkersklas 'n gevoel van identiteit • Gebruik die pedaalorrel of meer dikwels die klavier • Musiek skep heelnag energie deur die sjebienbyeenkomste • Deel gemeenskaplike karatereienskappe met Amerikaanse Ragtime, Blues en Jazz • Musiek geskep rondom die herhalende harmoniese siklus I – IV – IC – V – I • Drie-akkoordpatroon vir verwerkte tradisionele melodieë • Herhalende enkeltema-danswysies Enige vyf korrekte feite = 5 punte [5] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 15 Zim Nqawana: Geskiedenis • Gebore in Port Elizabeth • Begin om op die ouderdom van 21 jaar fluit te speel • Kry toelating tot Rhodes Universiteit • Skryf in en voltooi 'n Nasionale Diploma in jazzstudies by die Universiteit van Natal • Word 'n beurs aangebied deur Wynton Marsalis • Werk saam met Hugh Masekela en Abdullah Ibrahim • Word in 2004 gevra om Let Freedom Swing vir die Lincoln Center Jazz Orchestra in New York (met Brubeck) te regisseer. Enige vyf feite vir 5 punte Styleienskappe • Ontstaan uit inheemse klanke • Vermeng (fuse) tradisionele antieke Xhosa (en ander Afrika) ritmes en liedere met sy interpretasie van moderne jazz • Progressiewe benadering tot frasering en kadense om in te skakel by internasionale praktyke • Avant-garde benadering tot musiek • Beïnvloed deur Abdullah Ibrahim • Musiek bevat elemente van bob, funk, Indies en Westerse klassieke musiek, samba, tango en vokale dreunsang • Baie perkussief en dikwels dansagtig • Baie improviserend • Sommige van die musiek beïnvloed deur volkstradisies van Noorweë Enige vyf feite vir 5 punte Treffer/Album • eBhofolo Enige twee (insluitende die wat nie hier genoem word nie) vir 2 punte [15] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Sakhile: Geskiedenis • Sipho Gumede sluit in 1982 by Khaya Mahlangu en Mabe Gabriel Thobejane aan om Sakhile te vorm • Gedurende1987 word Sakhile weer heringestel, toer in Switserland, Italië, Brittanje, Duitsland en verskeie Afrikalande • Sakhile verteenwoordig Suid-Afrika by die 'Meeting of the World' musiekfees in Finland en die Sowjetunie • Die finale album Togetherness word voor Sipho se dood in 2004 vrygestel • Albums kry nie baie radioblootstelling nie • In 1990 is Sakhile die hoof musikalegroep van Suid-Afrikaanse voordraers by die Wembley Mandela huldeblyk Enige vyf feite vir 5 punte Styleienskappe • Tradisionele Afrika-oorsprong • Gebruik Westerse instrumente, bv. elektriese kitaar • Mengsel van jazz of tradisionele Afrikamusiek • Gee idee van 'township'-musiek • Lirieke weerspieël die politieke atmosfeer van die tyd • Mbaqanga kitaarstyl word gebruik • Klank is kommersieel • Malombo-invloed bekendgestel deur die perkussiekunstenaar, Mabe Thobejane • Gebruik herhalende temas • Gebruik dikwels tradisionele dansers vir hulle voordrag • Beïnvloed deur jazz fusion van Miles Davis Enige vyf feite vir 5 punte Treffer/Album • Sakhile, Isililo Enige twee (insluitende die wat nie hier genoem word nie) vir 2 punte [15] OF Spirits Rejoice: Geskiedenis • Gestig deur Gilbert Matthews in 1974 • Oorspronklike lede was die trompetspeler George Tyefamani, basspeler Phillip Tyefamani en kitaarspeler Doc Mnthalane • Sipho Gumede, Bheki Mseleku, Robbie Jansen en Duke Makasi het later bygekom as plaasvervangers • Band (orkes) vernoem na Albert Ayler se lied met dieselfde titel • Word 'n agtergrondorkes (pitorkes/band) vir 'n teaterprojek Black Mikado • Werk saam met Molombo aan die Sounds Black verhoogproduksie Enige vyf feite vir 5 punte Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum Styleienskappe • Fusion van baie style: o Jazz en tradisionele Afrikamusiek o Free jazz met jazz rock vermeng o Populêre musiek en jazz (popalbum en voorblad) o Amerikaanse en Afrikajazz o Latynse Amerikaanse en Afrikajazz • Bevat elemente van 'smooth jazz' wat in die 1980's onstaan het • Musiek meesal ernstig, bv. geen dansmusiek nie • Gebruik dikwels herhalende gesangagtige temas Enige vyf feite vir 5 punte Treffer/Album • Joy, I'm so strong now Enige twee (insluitende die wat nie hier genoem word nie) vir 2 punte [15] Die opstel volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Geskiedenis 1 punt vir elke korrekte feit 5 Styleienskappe 1 punt vir elke korrekte feit 5 Twee treffers/Albums 1 punt vir elkeen 2 • Uitstekend = 3 punte • Goed = 2 punte Logiese aanbieding en struktuur 3 • Gemiddeld = 1½ punte • Swak = ½ punt TOTAAL 15 TOTAAL AFDELING D: 40 OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum AFDELING E: INHEEMSE AFRIKA-MUSIEK (IAM) VRAAG 16 16.1 KOLOM A KOLOM B 16.1.1 I vhaVhenda 16.1.2 D maXhonga 16.1.3 E amaXhosa 16.1.4 H baSotho 16.1.5 A baPedi 16.1.6 G baTswana 16.1.7 F amaNdebele 16.1.8 B amaSwati 16.1.9 C amaZulu 1 punt vir elke korrekte antwoord = 4 punte Nota aan die nasiener: Sien slegs die eerste VIER antwoorde na indien meer as vier antwoorde beantwoord word.. (4) 16.2 • Om die voordrag meer opwindend te maak • Om waardering te wys • Om die werk te versier • Om egte lewendige klanke na te boots wat die teks meer betekenis gee 1 punt vir elke korrekte feit = 2 punte (2) 16.3 • Kinders word blootgestel aan verskillende Afrika-ritmes deur die speel van inheemse musiek en dans • Hulle leer nuwe ritmepatrone aan terwyl hulle hul musikale gevoel deur dans uitdruk • Kry blootstelling aan kruisritmes en gesinkopeerde ritmes wat hul kreatiwiteit ontwikkel • Geheue en kognitiewe aanleg verbeter • Musiek word met nabootsing aangeleer wat hul vermoë om te onthou ontwikkel • Taal en woordeskat word deur sang ontwikkel • Groepaktiwiteite soos klap, tromspel, musiekinterpretasie en dans ontwikkel die kind se interpretasievermoë • Die spontane gebruik van melodieë en ritmes bewys dat die kind 'n musikale woordeskat opgebou het • Deur middel van deelname kry kinders die geleentheid om ritmes aan te leer en hoe om dit toe te pas • Sodra die kinders 'n goeie repertorium van ritmes aangeleer het, dien dit as basis vir improvisasie en komposisie • Spontane toepassing van die improvisasieproses ontwikkel die kinders se komposisie- en samewerkingsvermoë • Kinders word aangemoedig om deel te neem aan voordragaktiwiteite om hul selfbeeld en indiwiduele identiteit te ontwikkel 1 punt vir elke korrekte feit = 4 punte (4) [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 17 • Mbaqanga • Fusion van Marabi en Kwêla • Dansagtige eienskappe met kragtiger klanke en 'n meer drywende pols as Kwêla • Gebruik Westerse instrumente: Baskitaar, tromme, kitaar, vokaliste, orrel, koperblasers en saksofoon • Mengsel tussen Westerse instrumentasie en Afrika vokalestyl • Begin gewoonlik met 'n kort improviserende inleiding wat 'n ritmiese motief op die solokitaar insluit • Gebruik viermaat-akkoordsekwense wat deur die baskitaar gesuggereer word: I – IV – IC – V of I – IV – V – I • Herhalende ritmiese en melodiese idees kom in die vokale lyne voor • Gebruik digte harmonieë in die vokale agtergrond (backing) • Roep en antwoord word in die vokale passasies gebruik • Roep en antwoord word tussen stemme en instrumente gebruik • Roep en antwoord kom voor tussen die hoofsanger en agtergrond vokalis(te) • Lirieke dikwels in die streektaal (moedertaal) • Vokalisering soos krepitasie en ululasie word ingesluit Naam van styl 'mbaqanga' = 1 punt Enige vier korrekte feite = 4 punte [5] VRAAG 18 Speeltegniek • Ukuvamba – strum akkoorde perkussief • Ukupika – Vingerplukstyl Kitaarstemming • Gestem om polifonieseklanke van ou tradisionele instrumente na te boots soos die umakhweyane en die umgubhe (Zulu-boog) • Gebruik deesdae meesal standaardkitaarstemming. Musiekeienskappe • Izihlabo – 'n instrumentale versiersel aan die begin van die lied stel atmosfeer • Izibongo – lofprysingspoësie – maar nie altyd oor selflofprysing nie • Musiek gesing in isiZulu • Musiek se oorsprong – Zulu-kultuur Punte sal vir die volgende toegeken word: Kitaarspeltegniek = 2 punte Kitaarstemming = 1 punt Musiekeienskappe = 2 punte TOTAAL = 5 punte (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS – Memorandum VRAAG 19 19.1 Definisie • 'n Afrika jazzstyl gebaseer op tradisionele vhaVenda-kultuur. • Vermeng tradisionele komposisies en kulturele temas met moderne verhoogvoordrag. Enige korrekte feite = 2 punte (2) 19.2 Styleienskappe • Bevat baPedi-musiekeienskappe • Afrikatromme en handperkussie samespel met unieke kitaar en fluitklanke • Afrika-ritmes voorsien deur die bhongo en Malombo-tromme • Strelende majeurakkoorde wat soms onderbreek word met vinnige spel en hartstogtelike meeslepende sang • Gebruik die 12-maat bluesstruktuur • Bestaan uit sang, dans en dramatiese elemente (2) 19.3 Kunstenaar/Band • Malombo • Philip Tabane • Malombo Jazz Men • Malombo Jazz Makers • Julian Bahula Enige kunstenaar = 1 punt (1) VRAAG 20 Aspekte van die Ubuntogees • Die gemeenskap waarin jy leef en werk, maak jou wat en wie jy is • Ubuntu leer sosiale patrone en waardes aan wat mense help om saam te werk • Lede van die gemeenskap word geleer om mekaar te eer en in 'n veilige omgewing te kritiseer • Herdenkingsfeeste en begrafnisse versterk en verbind die gemeenskap • Versterk gemeenskapstrukture soos die familie en die rol van die kind in hierdie strukture (4) Funksie van die musiek • Musiek word gebruik om met voorouergeeste kontak te maak • Musiek word gebruik om die rol van die gemeenskapsleier te versterk en om lojaliteit te skep tussen die gemeenskap • Musiek versterk gemeenskaplike identiteit • Musiek word gebruik saam met vertel van stories • Kinderspeletjies sluit musiekaktiwiteite in wat tweedimensioneel en ritmies is • Musiek word dikwels spontaan geskep met variasie en improvisasie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS Funksie van die dans • Dans vorm die basis van die liedjie se ritme • Groepdanse. Solodans word nie aangemoedig nie • Toeskouers vorm dikwels deel van die voordrag met die uitsondering van sekere geestelike godsdienstige of inisiasieliedjies/danse • Danse dikwels slegs vir manne of vroue • Danse gebruik vir uitdrukking van kernwaardes • Danse word gebruik by alle seremonies, feeste en gemeenskapsaktiwiteite (4) Die opstel sal volgens die volgende kriteria nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING Ubuntu 1 punt vir elke korrekte feit 4 Musiek 1 punt vir elke korrekte feit 4 Dans 1 punt vir elke korrekte feit 4 • Uitstekend = 3 punte • Goed = 2 punte Logiese aanbieding en struktuur 3 • Gemiddeld = 1½ punte • Swak = ½ punt TOTAAL 15 [15] TOTAAL AFDELING E: 40 GROOTTOTAAL: 120 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all