Skip to content

Music Grade 12 Paper 1 NSC November 2012 Memo (Afrikaans)

MemorandumMusicGrade 12201231 pages

Grade 12 Music Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2012 (Afrikaans), 31 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 MUSIEK V1 NOVEMBER 2012 MEMORANDUM PUNTE: 125 Hierdie memorandum bestaan uit 31 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om assseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 2 DBE/November 2012 NSS – Memorandum INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AFDELING A op hierdie vraestel, slegs met potlood, in die spasies wat voorsien word. 3. Beantwoord AFDELING B in blou of swart ink in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 5. Die laaste bladsy van hierdie vraestel is manuskrippapier wat vir rofwerk bedoel is. Die kandidaat mag dit verwyder. 6. Kandidate mag nie toegang hê tot enige musiekinstrument vir die duur van die eksamen nie. 7. Skryf netjies en leesbaar. NASIENROOSTER VRAAG TOTALE PUNTE NASIENER MODERATOR AFDELING A 1 17 2 18 3 10 4/5 15 SUBTOTAAL 60 AFDELING B 6 10 7 6 8 4 9 8 10 7 11 10 12 10 13 5 14 5 SUBTOTAAL 65 GROOTTOTAAL 125 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 3 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING A: MUSIEKTEORIE Beantwoord VRAAG 1, 2, 3 en VRAAG 4 OF VRAAG 5. VRAAG 1 Bestudeer die Andante deur WA Mozart en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 4 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 1.1 Noem die toonsoorte in die volgende mate: 1.1.1 Maat 1–4: Antwoord: D majeur 1 punt vir volledige antwoord. Geen ½ punte (1) 1.1.2 Maat 5–8: Antwoord: A majeur 1 punt vir volledige antwoord. Geen ½ punte (1) 1.1.3 Maat 14–16: Antwoord: D majeur OF B mineur wat moduleer na D majeur 1 punt vir volledige antwoord. Geen ½ punte (1) 1.2 Wat is die verwantskap tussen die toonsoort in maat 5–8 en die oorspronklike toonsoort? Antwoord: Dominant 1 punt vir volledige antwoord. Geen ½ punte (1) 1.3 Skryf F# melodiese mineurtoonleer sonder toonsoortteken, een oktaaf op- en afgaande in die gegewe tydmaatteken. Gebruik enige geskikte nootwaardes. Dui die halftone aan. Antwoord: Jazz-opsie Opgaande note = 1 punt Afgaande note = 1 punt Halftone = 1 punt Ritmiese groepering = 1 punt Minus ½ punt per fout of weglating. Dit moet nie die puntetoewysing van (4) die relevante aspek oorskry nie. 1.4 Noem die intervalle wat in maat 5 en 11 aangedui word. 1.4.1 Maat 5: Antwoord: Majeur 6de 1 punt. Geen ½ punte (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 5 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 1.4.2 Maat 11: Antwoord: Saamgestelde verminderde 5de OF Verminderde 12de OF Verminderde 5de 1 punt. Geen ½ punte (1) 1.5 Skryf en noem die omkering van die interval wat in maat 5 aangedui word. Skryf jou antwoord in die tenoorsleutel. Antwoord: Mineur 3de Notasie (enige plek op die notebalk) = 1 punt Naam = 1 punt Minus ½ punt vir foutiewe sleutel (2) 1.6 Verdubbel die nootwaardes van die regterhandparty in maat 14–16. Skryf die nuwe tydmaatteken neer. Antwoord: Nuwe tydmaatteken = 1 punt Notasie, 1 punt per maat = 3 punte Minus ½ punt per fout. Dit moet nie die puntetoewysing van die (4) relevante aspek oorskry nie. 1.7 Skryf EEN enharmoniese ekwivalent vir die noot wat 1.7 in die regterhandparty van maat 10 gemerk is. Antwoord: OF 1 punt. Geen ½ punte Geen sleutel, geen punt (1) Enige nootwaardes sal aanvaar word. [17] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 6 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 2 Bestudeer die uittreksel uit Homeless deur Paul Simon en Joseph Shabalala hieronder en beantwoord die vrae. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 7 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.1 Besyfer die akkoorde wat (a)–(d) gemerk is, byvoorbeeld G: Ib of I6 of G/B: Antwoord: (a) F: V7 of C7 (b) F: I of F (c) F: IVc of IV6 4 of Bb/F (d) F: vi of Dm 1 punt per akkoord. Geen ½ punte (4) Geen penalisasie as toonsoort uitgelaat is nie 2.2 Benoem die kadens in maat 5. Verskaf die toonsoort, akkoordprogressie en naam van die kadens, byvoorbeeld A: V-vi, onderbroke kadens. Antwoord: F: IV – I Plagale kadens of F: Bb – F Plagale kadens 1 punt vir toonsoort en akkoordprogressie (2 x ½ punte = 1 punt) 1 punt vir naam van kadens. (2) 2.3 Omkring die term wat die tekstuur van die uittreksel in geheel die beste beskryf. Antwoord: A Homofonies 1 punt (1) 2.4 Identifiseer die sangstyl tiperend van Afrikamusiek wat in maat 1–4 voorkom. Antwoord: Vraag-en-antwoordsang Isicathamiya Enige 1 = 1 punt (1) 2.5 Transkribeer die Tenoor 2 (T2) en Bas I (B1) -partye van maat 7 en 8 vir Viool II en Altviool op die partituur hieronder. Antwoord: Viool I Viool II Altviool Tjello 1 punt vir elke maat van Viool II = 2 punte 1 punt vir elke maat van die Altviool = 2 punte Minus ½ punt per fout. Dit moet nie die puntetoewysing van die relevante aspek oorskry nie. Geen penalisasie as toonsoorttekens uitgelaat is nie (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 8 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 2.6 Skryf slegs die toonhoogtes van maat 1 en 2 van die soloparty in solfa- notasie oor. Antwoord: s, s, d s, d d d m r OF s,, s,, d, s,, d, d, d, m, r, 1 punt per maat (2) Minus ½ punt per fout Penaliseer slegs een keer vir foutiewe toonhoogte (bv. s i.p.v. s,) 2.7 Noteer EEN majeurdrieklank en EEN mineurdrieklank wat voorkom in die pentatoniese toonleer wat op G begin. Gebruik die bassleutel en skryf die drieklanke in grondposisie. Antwoord: 2 punte per drieklank Geen ½ punte Drieklanke mag op enige plek op die notebalk genoteer word Geen sleutel, geen punt (4) [18] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 9 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 3 Gebruik enige EEN van die aanvangsmotiewe hieronder om 'n melodie van twaalf mate in ABA-vorm te voltooi. Dui die instrument aan waarvoor jy skryf en voeg dinamiese aanduidings en artikulasietekens by. Moontlike antwoord: Instrument: Klarinet Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Vorm en kadenspunte 6 (3 + 3) Musikaliteit 8 Dinamiek en artikulasie 2 Korrekte notasie 2 Instrument en toepaslike omvang 2 TOTAAL 20 ÷ 2 = 10 [10] Musikaliteit (Nasieners kan ½ punte gebruik) 8 = 100% (A+) 7 = 88% (A) 6 = 75% (B) 5 = 63% (C) 4 = 50% (D) 3 = 38% (E) 2 = 25 % (F) 1 = 13% (G) 0 = 0% (H) OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 10 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Moontlike antwoord: Instrument: Tjello Die melodie sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Vorm en kadenspunte 6 (3 + 3) Musikaliteit 8 Dinamiek en artikulasie 2 Korrekte notasie 2 Instrument en toepaslike omvang 2 TOTAAL 20 ÷ 2 = 10 [10] Musikaliteit (Nasieners kan ½ punte gebruik) 8 = 100% (A+) 7 = 88% (A) 6 = 75% (B) 5 = 63% (C) 4 = 50% (D) 3 = 38% (E) 2 = 25 % (F) 1 = 13% (G) 0 = 0% (H Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 11 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Beantwoord ÓF VRAAG 4 ÓF VRAAG 5. VRAAG 4 Voltooi die vierstemmige vokale harmonisering hieronder deur die alt-, tenoor- en basparty by te voeg. Gebruik TEN MINSTE EEN deurgangsnoot en EEN terughouding in die partye wat jy byvoeg. Moontlike antwoorde: Voorbeeldantwoord 1 Voorbeeldantwoord 2 Voorbeeldantwoord 3 OF Die harmonisering sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Korrektheid: notasie, stemvoering, verdubbeling, 14 spasiëring (14 akkoorde) (Minus ½ punt per fout) Akkoordprogressie: keuse van akkoorde 12 (12 progressies en gebruik van nie-harmoniese note) (Minus ½ punt per fout) Algehele indruk (gebruik van deurgangsnote en 4 terughoudings sal gekrediteer word) TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] As daar slegs ‘n baslyn is, merk “Akkoordprogressie” uit 6 in plaas van 12 en ken geen punte toe vir “Korrektheid“ en “Algehele indruk“. OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 12 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 5 Voltooi End of Term Blues hieronder deur die leë mate in te vul. Maak seker dat jy in die styl van die gegewe materiaal voortgaan. Sluit ten minste TWEE verskillende sewende-akkoorde by jou antwoord in. Moontlike antwoord: Jou antwoord sal volgens die volgende riglyne nagesien word: BESKRYWING PUNTETOEKENNING KANDIDAAT SE PUNTE Korrektheid: notasie, stemvoering, 8 x 2 = 16 spasiëring (Minus ½ punt per fout) (8 akkoorde) Akkoordprogressie: keuse van 8 akkoorde, insluitend die gebruik van (Minus ½ punt per fout) ten minste TWEE verskillende sewende-akkoorde Algehele indruk 6 TOTAAL 30 ÷ 2 = 15 [15] TOTAAL AFDELING A: 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 13 DBE/November 2012 NSS – Memorandum AFDELING B: ALGEMENE MUSIEKKENNIS Beantwoord die vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK wat voorsien word. EEN punt sal vir elke korrekte feit toegeken word. Punte moet toegeken word vir enige ander korrekte antwoorde wat nie in die memorandum verskyn nie. VRAAG 6: ROMANTIESE MUSIEK (Simfonie No. 4 in E mineur Op. 98 deur J Brahms) 6.1 A B A1 Koda Tema, variasies 1–11 Variasies 12–15 Variasies 16–30 √ √ √ √ (4) Minus ½ punt per afdeling as variasienommers ontbreek. Punte sal vir korrekte inligting toegeken word, selfs as dit nie skematies aangebied is nie. 6.2 Seksie A Seksie B Stemming Meestal kragtig en Meestal ontspanne en kalm intens Tonaliteit Mineur toonsoort Majeur toonsoort (3 variasies) Mineur toonsoort (1 variasie) Tempo Lewendige en Stadiger tempo energieke tempo 1 punt vir elke vergelyking tussen Seksie A en B (stemming, tonaliteit, tempo) = 3 punte Geen ½ punte (3) 6.3 • Herverskyning van die hooftema in die houtblasers en koperblasers • Streng agt-maat-frasestruktuur word laat vaar • Tema word vryer behandel as in die openingseksie • Tema word afgewissel tussen trombone, houtblasers en volle orkes • Koda eindig met kragtige herhalende akkoorde wat deur die volle orkes gespeel word (Enige 3 of ander relevante feite) (3) th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 351-358 [10] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 14 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 7: TWINTIGSTE-EEUSE MUSIEK 7.1 Klavierwerk (Karakterstuk): C Debussy - Voiles uit Preludes Boek 1 Definisie van genre: • 'n Instrumentale werk, dikwels vir klavier • Die werk ontlok gewoonlik 'n spesifieke stemming of toneel • Dit het dikwels 'n beskrywende titel en/of is programmaties (Enige 2) (2) 7.2 Kort beskrywing: • Die musiek skep 'n indruk van rustige beweging van seile in die wind • Die werk begin met 'n afgaande heeltoontoonleer in derdes in die regter- handparty (seilmotief) • 'n Lae pedaalpunt word in die linkerhandparty gehoor • Die tweede idee is 'n trapsgewyse melodie in oktawe wat in die middelregister gehoor word • Die derde idee is 'n melodie wat rondom Ab beweeg • Die kort middelseksie is ritmies vinniger • Die middelseksie gebruik 'n opgaande pentatoniese toonleer • Motiewe is kort en word dikwels herhaal • Die heeltoontoonleer, asook die seilmotief, kom weer in die slotseksie voor • Daar is geen gevoel van harmoniese oplossing aan die einde van die werk nie • Pedaalaanduidings word deur Debussy gebruik en dit verdoesel dikwels die harmonieë • Die demperpedaal word dikwels gebruik om die klanke te handhaaf wanneer die toetse verlaat word • Debussy gebruik opeenvolgende parallelle akkoorde (Enige 4) (4) th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 412-419 [6] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 15 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 7.1 Musiekteater: Lerner & Loewe - My Fair Lady (The Rain in Spain) L Bernstein - West Side Story (Maria) A Lloyd Webber - Phantom of the Opera (All I Ask of You) Definisie van genre: • Musiekteater is 'n verhaal wat deur sang, toneelspel, kostumering en dekor in 'n ligte musikale styl weergegee word • Dit bevat gewoonlik gesproke dialoog • Sluit 'n verskeidenheid van style in, maar gebruik in kontras met opera meer eenvoudige harmonieë, melodieë en vorme (Enige 2) (2) 7.2 Kort beskrywing: Lerner & Loewe - My Fair Lady (The Rain in Spain) • The Rain in Spain (My Fair Lady) is gebaseer op die vrolike ritme van die habanera in tweeslagmaat • Die lied eindig met 'n opruiende Spaanse dans in drieslagmaat • Interaksie tussen Eliza and Higgins – met gesproke dialoog deur Higgins (Enige 2) L Bernstein - West Side Story (Maria) • Die vers of inleiding is in 'n quasi-resitatiefstyl terwyl die refreinseksie meer 'n lied- of ariastyl het • Die naam 'Maria' word ses keer, net voor die begin van die ariaseksies, herhaal • Die tritonus (ook bekend as vergrote vierde) word deurgaans in die werk gebruik, byvoorbeeld in die woord 'Maria' in die lied Maria • 'n Herhaalde tango-ritme kom in die ariaseksie in die baslyn voor • Chromatiese harmonieë word dikwels gebruik • Die sterk emosionele kwaliteit van die lied word deur 'n wye dinamiese omvang bevestig (Enige 2) A Lloyd Webber - Phantom of the Opera (All I Ask of You) • Die solo-seksies van die lied word hoofsaaklik afwisselend tussen Raoul en Christine gesing • 'n Mate van duetsang kom slegs in die laaste seksie voor waar Christine en Raoul hoofsaaklik in derdes sing • Melodiese materiaal van hierdie liefdeslied is liries en pas goed by die romantiese omstandighede van die toneel waarin die duet voorkom • Die harmoniese taal is diatonies, die toonsoort is Db majeur en 'n paar chromatiese note kom voor • Die metrums verander dikwels om by die ritme van die lirieke te pas, bv. 4/4, 2/4, en 3/4 • Die Andante-tempo van die lied versterk die stemming van die werk (Enige 2) (Verduideliking van ten minste TWEE van die drie moet gegee word – 2 punte elk). = Enige 2 x 2 = 4 punte (4) Bespreking van elke musiekblyspel in geheel sal ook aanvaar word. Kamien, R: Music: An Appreciation, 8th edition, 2004. McGraw-Hill, p 545-554 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, p 123-143 [6] Wikipedia.org OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 16 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 7.1 Ballet: I Stravinsky - Le Sacre du printemps (The Rite of Spring) Definisie van genre: • 'n Ballet is 'n meerdelige werk wat 'n verhaal deur die mediums dans, kostumering en dekor uitbeeld • Musiekbegeleiding word deur 'n orkes of ensemble verskaf (2) 7.2 Kort beskrywing: • Die werk word verdeel in twee hoofdele wat sonder onderbreking in subseksies, wat mekaar volg, verdeel word • Die titels van die danse suggereer primitiewe onderwerpe • Deel I – Inleiding: hoë fagotsolo, Engelsehoring-melodie, pizzicato- strykers • Omens of Spring – Dances of the Youth and Maidens: skielike herhaalde dissonante poli-akkoorde, vinnige tussenwerpsels deur hoë trompet en piccolo, legato-melodie wat deur die Franse horing gespeel word • Ritual of Abduction: aangehoue koperblaas-akkoorde, heftige slae op timpani, staccato-passasies met wisselende metrum, ff-trillers in viole • Deel II – Sacrificial Dance A: Kragtige perkussie-akkoord en brutale slae op timpani, aanhoudende verandering van tydmaattekens. Swaar en skielike aksente skep intense opwinding; B: Verminderde dinamiese vlak, 'n enkele akkoord word herhaal; C: Gebruik koperblasers en slagwerkklanke van vyf timpani's, 'n tam-tam en bastrom • Ritme is 'n belangrike strukturele element, gebruik dikwels ostinato- patrone en poli-ritmiese motiewe • Gebruik melodieë met 'n nou omvang wat aan Russiese volksmusiek- melodieë ontleen word • Melodiese en harmoniese herhaling gee die musiek 'n ritualistiese en hipnotiese kwaliteit (Enige 4) (4) th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 424-432 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, p 207-212 Edited by Don Michael Randel: The New Harvard Dictionary of Music. The Belknap Press of Harvard University Press [6] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 17 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 8: ROMANTIESE PERIODE 8.1 Simfoniese gedig: Die Moldau - B Smetana 8.1.1 Waar 8.1.2 Waar 8.1.3 Onwaar 8.1.4 Onwaar th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 339-314 and 619 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, (4) p 90-96 OF 8.2 Kunslied: Der Erlkönig - F Schubert 8.2.1 Onwaar 8.2.2 Onwaar 8.2.3 Waar 8.2.4 Waar th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 286-288 and 597 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, (4) p 97-102 OF b 8.3 Klavierstuk: Polonaise in A Op. 53 - F Chopin 8.3.1 Waar 8.3.2 Waar 8.3.3 Onwaar 8.3.4 Waar th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 305-306 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, (4) p 103-106 OF 8.4 Opera: La Bohème - G Puccini 8.4.1 Onwaar 8.4.2 Onwaar 8.4.3 Waar 8.4.4 Waar th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 368-377 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, (4) p 72-77 OF 8.5 Concerto: Vioolkonsert in E mineur Op. 64 - F Mendelssohn 8.5.1 Onwaar 8.5.2 Onwaar 8.5.3 Onwaar 8.5.4 Waar Kamien, R: Music: An Appreciation, 8th edition, 2004. McGraw-Hill, p 313-315 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, p 60-65 Wikipedia.org (4) [4] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 18 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 9: AFRIKA-KOORMUSIEK Beskrywing van die werk = Enige 7 feite = 7 punte Opstelformaat = 1 punt 9.1 Monna e motenya: B Gcisa • 'n Tradisionele lied met 'n humoristiese karakter • Die lewendige tempo versterk die lighartigheid van die karakter • Enkelvoudige tweeslagmaat • Die lied word verskeie kere in die uitvoering herhaal • Vraag-en-antwoordsang kom tussen die sopraanparty en die res van die koor (alt, tenoor en bas) voor • Gebruik diatoniese harmonieë • Gebruik 'n eenvoudige akkoordsiklus in die eerste frase (IV-iib-Ic-V-vi-ii-I- Vb) • Die lied is in F majeur sonder enige modulasies • Gebruik tipiese Afrika-harmonieë met parallelle beweging tussen die stemme • In 'n voordraguitvoering word die lied van geskikte dansbewegings vergesel (7 + 1) [8] OF 9.2 Gabi Gabi: Tradisioneel, verwerk deur W Powell • 'n Tradisionele lied met 'n godsdienstige karakter • Matige tempo wat met energie gesing word om die karakter van lof en verheerliking te versterk • Eenvoudige tweeledige vorm • Die lied word verskeie kere in die uitvoering herhaal • Vraag-en-antwoordsang kom tussen die tenoorparty en die res van die koor (sopraan, alt en bas) voor • Gebruik diatoniese harmonieë • Hoofsaaklik op tonika en dominantakkoorde gebaseer • Die lied is in F majeur, sonder modulasies, en daar is 'n sekondêre dominant wat voor IV (in maat 5) gebruik word • In 'n voordraguitvoering word die lied van geskikte dansbewegings vergesel (7 + 1) [8] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 19 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 9.3 Plea from Africa: J Bokwe • 'n Kerklied met 'n sterk godsdienstige karakter • Stadige tempo versterk die plegtige/ernstige karakter • Tweeledige vorm: Vers I – refrein, Vers 2 – refrein • Die vers word deur 'n solis gesing en die gemengde koor val by die refreingedeeltes in • 'n Eenvoudige vorm van vraag-en-antwoordsang kom slegs in die refreingedeelte tussen die sopraanparty en die res van die koor voor • Gebruik meestal primêre drieklanke • Die harmoniese taal is diatonies • Eenvoudige akkoordsiklus (I-IV-Ic-V7-I) word in die eerste frase gebruik • Die toonsoort is F majeur, maar sekondêre dominante / modulasies kom in maat 19 en 27 voor • 'n Chromatiese onder-hulpnoot kom in maat 20 en 22 voor • Die stemme moet met klavier, orrel of orkes begelei word • Lirieke is verskaf deur ‘n onbekende vrou met die bynaam The Glasgow Lady (7 + 1) [8] OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs VRAAG 10: INTERNASIONALE POPULÊRE MUSIEK • Metallica 10.1 Heavy metal (1) 10.2 • 'n Rockmusiek-genre wat in die laat 1960's en vroeë 1970's ontwikkel het • Heavy metal-orkeste ontwikkel 'n digte massiewe klank wat tipies gekarakteriseer word deur dawerende tromme, kragtig versterkte bas en ritmekitare • Komplekse verwerkings waarin uitgebreide kitaarsolo's dikwels voorkom • Hoogs versterkte verwronge kitaarklanke • Tiperend van metal-musiek is die beklemtoonde maatslae deur tromspelers wat op spoed , krag en akkurate tromspel fokus • Die deurgaans harde musiek word as 'n belangrike kenmerk beskou • Die prominente rol van die bas is belangrik vir die metal-klank, sowel as die interaksie van die bas en kitaar wat 'n sentrale element vorm • Heavy metal-lirieke en -voordragstyle word gewoonlik met manlikheid en machismo geassosieer • 'n Verskeidenheid heavy metal-style ontwikkel, byvoorbeeld glam metal en thrash metal (3) (Enige 3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 20 DBE/November 2012 NSS – Memorandum 10.3 • Word beskou as een van die innoveerders wat die weg na thrash metal met ander orkeste soos Slayer, Anthrax en Megadeth baan • Breek deur die beperkinge van heavy metal deur die gebruik van spoed en volume en skep ingewikkelde gestruktureerde komposisies • Metallica neem die klank van thrash metal na die top 40 van die Billboard- album-trefferlys in 1986 met Master of Puppets en twee jaar later met ....And Justice for All • Gedurende die vroeë 1990's het thrash metal se bewonderaars dramaties toegeneem • In 1991 bereik Metallica se album, wat na hulself vernoem is, die top van die Billboard-gewildheidslys (Enige 2) (2) 10.4 Enige relevante antwoord aan die stylkenmerke gekoppel, kan aanvaar word. (1) [7] OF • Michael Jackson 10.1 R&B (1) 10.2 • Die term R&B word dikwels gedefinieer as 'n Afrika-Amerikaanse styl wat na die afname in populariteit van disko in die 1980's ontstaan het • Kontemporêre R&B kombineer elemente van hip hop, soul en funk • Dit vermeng Blues, Jazz en Gospel-style • Dit het 'n afgewerkte opnamestyl, trommasjien-agtergrondritmes met vloeiende digte vokale verwerkings • 'n Oorheersend vokale styl met 'n hoofstem wat bekend is vir die gebruik van melismas • Word toenemend deur elektronika beïnvloed (Enige 3) (3) 10.3 • Michael Jackson was een van die eerste swart musikante wat na die disko-era die hoofstroom betree het (in die 1980's) • 'n Revolusionêre transformasie van musiekvideo's word verpersoonlik in 1983 se Thriller • Moonwalk ('n dansbeweging) word deur hom gewild gemaak • Deur Michael Jackson word kontemporêre R&B gedurende die1990's in die hoofstroom ingeneem • Hy kombineer tradisionele R&B met elemente van kontemporêre Pop, Rock en Danspop om ligter en jeugdiger klanke te skep (Enige 2) (2) 10.4 Enige relevante antwoord aan die stylkenmerke gekoppel, kan aanvaar word. (1) [7] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 21 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • David Bowie 10.1 Glam rock (1) 10.2 • 'n Rock en pop musiekstyl wat in die vroeë 1970's in die VK ontwikkel het • Glam Rock gebruik al die styleienskappe van rock en heavy metal, maar gebruik 'n ligter en vinniger styl • Glam rock was musikaal baie uiteenlopend met style wat varieer van eenvoudige rock 'n' roll tot komplekse kunsrock • Die orkes (band) bestaan uit ritmekitaar, hoofkitaar, baskitaar, tromspeler en sanger (wat dalk ook 'n instrumentalis kan wees) • Het 'n sterk visuele en beeldkomponent, bv. kleredrag van die voordraer en die indruk wat hy projekteer – uitspattige kleredrag, grimering en haarstyle (Enige 3) (3) 10.3 • Bowie vervang die akoestiese kitaarklank met heavy rock- klankbegeleiding • Hy dra flambojante uitrustings • Gebruik oktaafwisseling vir verskillende herhalings van dieselfde melodie • Innoverende verhooghandwerk • Bowie word beskou as 'n invloedryke innoveerder (om iets nuuts te skep), veral vir sy werk deur die sewentigerjare • Hy word 'n internasionale superster wat glamstyle by bedrywe soos Lou Reed en Iggy Pop inspireer en aanhits • Hy inspireer die innoveerders van die punk rock-musiekbeweging (Enige 2) (2) 10.4 Enige relevante antwoord aan die stylkenmerke gekoppel, kan aanvaar word. (1) [7] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 22 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Oasis 10.1 Brit Pop (1) 10.2 • Brit pop is 'n subgenre van alternatiewe rock wat in die VK ontstaan het • Die elektriese kitaar word gebruik as hoofinstrument en klawerborde en sintetiseerder word gebruik • Musiek afhanklik van interessante vassteekwysies ('hooks') wat uit eenvoudige melodieë met 'n herhalende struktuur bestaan • Rockritmes word dikwels gebruik • Lirieke relevant en afgestem op die Britse jeug en verwys na unieke Britse onderwerpe • Lirieke word dikwels met Britse streeksaksente uitgevoer • Die styl reflekteer ook die klanke van die verlede, veral Britse kitaarpopmusiek van die 1960's en 1970's (British invasion, glam rock en punk rock) (Enige 3) (3) 10.3 • Oasis het 'n hele generasie van musiekbewonderaars en nuwe orkeste soos Kasabian en Arctic Monkey geïnspireer met hul verpersoonliking van hedonisme en spoggerigheid • Neem Britse alternatiewe rock na die hoofstroom • Oasis het 'n sterk sin vir selfversekerdheid en ook arrogansie by die populêre musiektoneel gevoeg • Maak grotendeels staat op die invloed van The Beatles • Was in staat om volgehoue verkope en kommersiële sukses in die Verenigde State van Amerika te behaal • Post-Brit poporkeste soos Coldplay en Stereophonics is deur Oasis beïnvloed en word van die suksesvolste rockkunstenaars in die laat 1990's en vroeë 2000's (Enige 2) (2) 10.4 Enige relevante antwoord aan die stylkenmerke gekoppel, kan aanvaar word. (1) [7] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 23 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Spice Girls 10.1 'Girl group' (Damesgroep) (1) 10.2 • 'n 'Girl group' (Damesgroep) is 'n populêre musiektipe waar verskeie jong vroulike sangers gewoonlik saam harmoniseer • Ensemble-sang met digte, fyn afgewerkte instrumentale verwerkings in plaas van solosang • Hierdie groepe werk in 'n verskeidenheid van genres wat disko, kontemporêre R&B en countrymusiek insluit • Hulle werk dikwels saam met skadu-liedskrywers en musiekregisseurs om enkelsnittreffers te skep • Musiek fokus op dames/meisies • Lirieke handel oor liefde, seks en die uitdrukking van die sterk band tussen vriendinne • Die musiek is maklik om na te luister en is verstaanbaar • Die klank is gewoonlik energiek en vars • Die indruk van vrolikheid en opgewektheid word geskep (Enige 3) (3) 10.3 • Pioniers wat 'n kommersiële deurbraak in popmusiek vir tieners in die laat 1990's maak • Hulle word die mees kommersiële en suksesvolste Britse groep na The Beatles • Hulle slagspreuk ''Girl Power'', word 'n simbool vir vrouebemagtiging • Hulle het die grootste invloed op damesmodes van die 1990's gehad • Die Pussycat Dolls, Sugababes, Atomic Kitten en Girls Aloud is voorbeelde van moderne 'girl groups' wat suksesvol in die post-Spice Girls-era was (Enige 2) (2) 10.4 Enige relevante antwoord aan die stylkenmerke gekoppel, kan aanvaar word. (1) [7] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 24 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Westlife 10.1 'Boy band' (1) 10.2 • 'n 'Boy band' is 'n populêre aanbieding wat slegs uit manlike sangers bestaan • Ensemble-sang met digte, fyn afgewerkte instrumentale verwerkings in plaas van solosang • Interessante pop-vassteekwysies ('hooks'), melodieë en harmonieë oorheers • Teikengehore is voor-tienderjarigers, jong seuns en tienderjarigers • Die groep se beeld is 'n belangrike deel van hulle kommersiële sukses. Elke lid van die groep het op tipiese wyse 'n uitsonderlike kenmerk wat 'n spesifieke stereotipe persoonlikheid uitbeeld • Lirieke gaan oor liefde • R&B en Pop musiek-genres word gewoonlik deur 'boy bands' gebruik (Enige 3) (3) 10.3 • Die orkes (band) het van 'n jeugdige klank tot 'n meer populêre klank ontwikkel met besondere klem op ballades • Eksperimenteer met Jazz en Big Band-style in Allow Us To Be Frank • Klub- of elektroniese klanke word in hervermengde enkelsnit- vrystellings gebruik (Enige 2) (2) 10.4 Enige relevante antwoord aan die stylkenmerke gekoppel, kan aanvaar word. (1) [7] OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs Wikipedia.org Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 25 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 11: JAZZ 11.1 BLUES Ritme en metrum: • Sinkopasie en ritmiese buigbaarheid is algemeen • Gebruik dikwels swing-ritmes en triole in die begeleiding • Gebruik meestal vierslagmaat • Note word dikwels net voor of na 'n maatslag beklemtoon (Enige 2) Harmonie en tonaliteit: • Maak gebruik van die standaard 12-maat bluesprogressie • Sluit meestal die drie primêre drieklanke in: tonika, subdominant en dominant • Dieselfde toonsoort word gewoonlik gebruik • Gebruik van die Blues-toonleer (Enige 2) Struktuur en vorm: • 'n Standaard harmoniese patroon bekend as die 12-maat blues vorm die basis van baie komposisies • Vraag-en-antwoordpatrone word dikwels tussen die sanger en die instrumentale solis gebruik • Lirieke bestaan uit verskeie strofes wat uit drie lyne bestaan (Enige 2) SWING Ritme en metrum: • Ontspanne ritmiese styl • Gebruik swing-ritmes • Gebruik 'n 'walking bass'-ritme • Sinkopasies en ritmiese onafhanklikheid van die melodiese instrumente skep 'n gevoel van opwinding • Gewoonlik in vierslagmaat (Enige 2) Harmonie en tonaliteit: • Maak gebruik van standaard 12-maat-blues en meer gevorderde harmoniese progressies • Gebruik basiese primêre drieklanke, toegevoegde 7de-akkoorde en 13de- akkoorde • Gebruik meer gevorderde akkoorde en modulasies • Gebruik van die Blues-toonleer (Enige 2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 26 DBE/November 2012 NSS – Memorandum Struktuur en vorm: • Gebruik die 12-maat blues-akkoordpatroon as basis vir die komposisie- struktuur • Gebruik ook die 32-maat populêre liedvorm (AABA) • Big Band groepeer in drie afdelings: saksofone, koperblasers en ritme- seksie (Enige 2) (12 ÷ 2) (6) 11.2 Enige korrekte kunstenaar en werk sal aanvaar word Blues: 1 kunstenaar + 1 werk = 2 punte Swing: 1 kunstenaar + 1 werk = 2 punte Moontlike antwoorde: Styl Komponis/Voordraer Werk Blues Bessie Smith Lost Your Head Blues Downhearted Blues Back-water Blues Ma Rainey Bo-weevil Blues Moonshine Blues Soon This Morning Swing Duke Ellington Satin Doll Sophisticated Lady In A Sentimental Mood Count Basie One O' Clock Jump April in Paris Everyday (I have the Blues) (4) [10] th Kamien, R: Music: An Appreciation, 8 edition, 2004. McGraw-Hill, p 522-534 OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, p 213-217 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 27 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 12: SUID-AFRIKAANSE KOMPONISTE • Mzilikazi Khumalo 12.1 Biografiese besonderhede • Gebore op 20 Junie 1932 in KwaNgwelu in KwaZulu-Natal • Ontwikkel by die Salvation Weermagkerk 'n passie vir koormusiek • Het reeds op laerskool 'n koor afgerig • Komponeer sy eerste werk in1959 • Bestudeer sang onder prof. Khabi Mngoma • Hy is Musiekdirekteur van die jaarlikse Caltex Sowetan Nation-building Massed Choir Festival • Dirigent en Direkteur van die Salvation Army's Soweto Songsters en Central Division Songsters (Enige 3) (3) 12.2 Stylkenmerke • Gebruik baie kontraste, bv. solo's, vrouens versus mans, modulasies, ens. • Weerspieël duidelike Afrika-elemente ten opsigte van ritme-, akkoorde- en intervalverwantskappe • Gebruik dikwels gesproke teks teenoor neurieklanke • Hy kombineer in sy werk Ushaka ka senzangakhona, Zoeloedigkuns en lieder met 'n Europese orkestradisie • Sy musiek is meesal in isiZulu • Komplekse ritmes • Herhaling • Vraag en antwoord • Gebruik eenstemmige sang/dreunsang (Enige 4) (4) 12.3 TWEE komposisies • Ushaka KaSenzangakhona • Kwadedangendlale • Ma Ngificwa Ukufa (Enige 2) (2) 12.4 Opstelformaat (1 punt) (1) (9 + 1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 28 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Niel van der Watt 12.1 Biografiese besonderhede • Gebore op 28 Desember 1962 in Pretoria, Gauteng • Meer as 20 jaar betrokke by koormusiek • Voltooi sy MMus by die Universiteit van Pretoria onder leiding van prof. Stefans Grové • Voltooi sy doktorsgraad by die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) • Werk tans as Hoof van Musiek by Pretoria Boys' High School • Komponeer opdragwerke en die meeste van sy komposisies is vir koor en solostem • Komponeer ook kamermusiek en orkesmusiek (Enige 3) (3) 12.2 Stylkenmerke • Sterk gevestig in die Westerse en Suid-Afrikaanse vokale tradisies • Gebruik teks van verskillende tale, o.a. Afrikaans, Engels, Sepedi, Duits en Latyn • Musiek is tonaal, dog uitgebreide tonaliteit word dikwels toegepas • Sy komposisies is in verskillende style: Neo-Barok tot Afrika-jazz • Gebruik melodiese en harmoniese intervalle in vierdes • Tipiese Afrika ritmiese patrone word duidelik gehoor • Ostinato-patrone • Volksmelodieë (Enige 4) (4) 12.3 TWEE komposisies • Liedwerk van Klip • Missa de Meridiana Terra • Chamber Music/Kamermusiek – African Carol; Leaving School Blues (Enige 2) (2) 12.4 Opstelformaat (1 punt) (1) (9 + 1) [10] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 29 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • SJ Khoza 12.1 Biografiese besonderhede • Gebore op 5 Mei 1936 in Mapaplia, Limpopo • Sing sedert sesjarige ouderdom in sy familiekoor • Van sy laerskooljare reeds bekend met solfa-notasie • Studeer vir 'n BA-graad by die Universiteit van die Noorde • Voltooi sy DMus by die Universiteit van Pretoria • Voltooi meer as 400 liedere waarvan 80 liedere verwerkings van tradisionele en volksmusiek is • Kry in 2003 'n toekenning as liedkomponis van die jaar by SARRAL vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse koormusiek (Enige 3) (3) 12.2 Stylkenmerke • Sy werke is meesal in Xitsonga geskryf • Sy musiek is meesal eenvoudig met baie woordherhaling • Hy skryf oor tradisie en moraliteit • Baie van sy liedere is geskryf vir kinders en is dus lighartig en spelerig • Vraag en antwoord • Parallelle beweging van stemme • Volksmelodieë (4) (Enige 4) 12.3 TWEE komposisies • Famban' Kahle • Ndzaka ya tinsimu • Chunchani (2) (Enige 2) 12.4 Opstelformaat (1 punt) (1) (9 + 1) [10] OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, p 169-184 Wikipedia.org Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 30 DBE/November 2012 NSS – Memorandum VRAAG 13: MUSIEKBEDRYF • SAMRO beskerm die intellektuele eiendom van komponiste en administreer die betaling van outeursregte aan komponiste wanneer hul werke gespeel of opgevoer word • Administreer pensioene wat lede opgebou het • Bevorder die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en vorder geld vir Suid-Afrikaanse outeurs (liedskrywers, komponiste, ens.) internasionaal in • Beheer die regte van hulle lede se musiek op elektroniese antwoordmasjiene • SAMRO verkoop liedlisensies aan persone deur geld vir hul liedjieskrywers in te samel • Instansies wat lisensies van SAMRO koop sluit TV-stasies, radiostasies, Internet- webtuistes, restaurante, klerewinkels, lewende uitvoerings by besighede, ens. in • SAMRO versprei geld wat tussen al sy lede ingesamel word, afhangende van die lugtyd wat gebruik word • Die wyse waarop SAMRO lugtyd bepaal, is om speellyste van lewende uitvoerings, opnames by televisiestasies en speellyste van radiostasies saam te stel (Enige 5) SAMRO-webtuiste [5] VRAAG 14: SUID-AFRIKAANSE POPULÊRE MUSIEK • Mandoza 14.1 • Mandoza se musiek is in kwaito-styl • Net soos 'house'- en 'rave'-musiek word kwaito-musiek nie dikwels met lewende instrumentale musiek opgevoer nie, maar eerder met melodiese en ritmiese voorbeelde wat reeds opgeneem is • Diep baslyne is kenmerkend van kwaito • Kwaito word dikwels in 'n stadiger tempo as 'house'- en 'rave'-musiek gespeel • Lirieke word dikwels geskreeu of gedreunsing ('chant'), eerder as om dit te 'rap' of te sing • Lirieke vertoon konstruktiewe inhoud • Lirieke word in inheemse Suid-Afrikaanse tale, insluitende Afrikaans, gesing • Kombineer musiekstyle soos hip hop, mbaqanga en tradisionele Afrika- musiek • Mandoza gebruik 'n donker stemtoonkleur (Enige 4) (4) 14.2 Album/Lied: Nkalakatha, Godoba (Enige 1 – ander korrekte opsies sal aanvaar word) (1) [5] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Musiek/V1 31 DBE/November 2012 NSS – Memorandum • Lucky Dube 14.1 • Tipiese reggae-styl • Gekarakteriseer deur reëlmatige beklemtoning op die swak maatslag • Ritme-kitaar speel dikwels die akkoorde by die opslag ('off beats') • 'Off beats' word dikwels vir 'n spesifieke reggaedans gebruik • Lirieke word op werklike lewenservaring baseer • Musiek beeld die spirituele en politieke stryd van die mense van Suid- Afrika uit • Sagte en sagmoedige sangkwaliteit in sy sang wat dikwels met Peter Tosh vergelyk word • Sy reggae-styl word sterk deur Afrika-musiek (mbaqanga) beïnvloed (Enige 4) (4) 14.2 Album/Lied: Rastas Never Die, Think About the Children, Trinity, Prisoner (Enige 1 – ander korrekte opsies sal aanvaar word) (1) [5] OF • Steve Hofmeyr 14.1 • Hy sing hoofsaaklik in 'n rock-styl • Hy gebruik ook ander musiekstyle, insluitende Afrikaanse pop-, volks- en country-musiek • Sy sangstyl word dikwels met dié van Neil Diamond vergelyk • Lirieke is dikwels autobiografies • Hy staan ook bekend as 'n digter en sy lirieke reflekteer poëtiese karaktereienskappe • Musiek sluit baie nuwe weergawes van Neil Diamond- en Kris Kristofferson-liedere in • Hy gebruik gewoonlik 'n lewende orkes vir sy opvoerings (Enige 4) (4) 14.2 Album/Lied: Desertbound, Tribute, Die Blou Bulle, Pampoen (Enige 1 – ander korrekte opsies sal aanvaar word) (1) [5] OBE Plus: Music Learner's Book, Grade 12, Module 1-3. Future Entrepreneurs, p 222-224 Wikipedia.org TOTAAL AFDELING B: 65 GROOTTOTAAL: 125 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Music

View all