Skip to content

Economics Grade 12 P1 North West Mock 2019 Memo (Afrikaans)

MemorandumEconomicsGrade 12201918 pages

Grade 12 Economics Paper 1 memorandum from the North West Mock Exam 2019 (Afrikaans), 18 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 EKONOMIE V1 SEPTEMBER 2019 MERKRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie merkriglyne bestaan uit 18 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 2 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MULTIKEUSE VRAE 1.1.1 D  - oop 1.1.2 C  - Jugler 1.1.3 B  - 1 April tot 31 Maart 1.1.4 A  - Betalingsbalans 1.1.5 B  - Sanksies 1.1.6 C  - Versnelde en Geddelde Groei Inisiaties van Suid-Afrika 1.1.7 D  - kindermortaliteit 1.1.8 A  - Vaardigheidsontwikkelingsprogram (8 x 2) (16) 1.2 PAS BYMEKAAR 1.2.1 G  - waar langtermynfondse deur verbruikers en ondernemings gespaar en geleen word. 1.2.2 E  - die nasionale produk teen konstante pryse. 1.2.3 B  - sal nie van rigting verander tot nadat die sakesiklus van rigting verander nie. 1.2.4 A  - die geneigdheid van amptenare om reëls en regulasies sonder oordeel te volg. 1.2.5 C  - word toegelaat om binne sekere perke op markkragte te reageer. 1.2.6 H  - word deur die SARB gedryf om stabiele pryse na te streef. 1.2.7 F  - ‘n internasionale instelling wat ekonomiese herstel en ontwikkeling aanmoedig. 1.2.8 I  - word gebruik om die pryse van insette te bepaal. (8 x 1) (8) 1.3 GEE DIE TERM/KONSEP 1.3.1 Reële  1.3.2 Sakesiklus / Ekonomiese siklus  1.3.3 Deregulering  1.3.4 Internasionale Handel  1.3.5 Disinvestering  1.3.6 Lewensverwagting  (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 3 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK. VRAAG 2 2.1 2.1.1 Noem TWEE inspuitings in die ekonomiese kringloop.  Investering   Regeringsbesteding   Uitvoerinkomste  (Enige 2 x 1) (2) 2.1.2. Waarom moet klimaatstoestande by internasionale handel in aggeneem word?  Verskillende klimaatstoestande laat toe dat sekere lande landbouprodukte produseer wat ander lande nie kan nie.   Dit verskaf die geleentheid vir grootskaalse produksie (uitvoere).  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1 x 2) (2) 2.2 Data Response 2.2.1 In watter fase van die sakesiklus word ‘n resessie periode ervaar? Afswaai  / Inkrimping  (1) 2.2.2. Gee enige industrie wat tans ‘n lae groeikoers ervaar.  Handel   Landbou   Vervoer   Mynwese   Vervaardiging   Konstruksie  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1) 2.2.3 Omskryf die term Bruto Binnelandse Produk. Dit is die waarde van alle finale goedere en dienste wat binne die grense van die land  in ‘n gegewe tydperk geproduseer word.  (2) 2.2.4. Omskryf kortliks die uitwerking wat ‘n resessie op die ekonomie kan het.  Ekonomiese aktiwiteite neem af.   Huishoudings ontvang minder inkomste en besteding neem af.   Die reële BBP neem af en die land sal in ‘n inkrimpingsfase wees.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 4 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 2.2.5 Hoe kan fiskale beleid gebruik word om ‘n verswakte ekonomie te stimuleer? Fiskale beleid kan ‘n verswakte ekonomie stimuleer deur:  toename in regeringsbesteding om die ekonomiese aktiwiteite verder te stimuleer.   skep van inkome deur werkskeppingsprogramme wat verbruikers sal help om die vraag na goedere en dienste te verhoog.   daling in die belastingkoers wat verbruikers se besteebare inkome sal verhoog.  (Enige 2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 2.3 Data Response 2.3.1 Gee ‘n voorbeeld van hernubare energie.  Son   Wind   Golf   Biomassa   Biobrandstof  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1) 2.3.2. Lys enige ander Staatsbeheerde Onderneming wat nie in die uittreksel genome word nie.  Sentrale Poskantoor   ACSA / SAL  Telkom   Transnet   Denel   SAFCOL  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1) 2.3.3 Omskryf die begrip nasionalisering. Dit is wanneer die staat eienaarskap en beheer van ‘n bestaande onderneming in die privaatsektor oorneem.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2) 2.3.4. Hoekom sal die privatisering van ‘n SBO die ekonomie bevoordeel?  Dit genereer addisionele fondse deur belastinginkomste.   Dit sal die belasting basis te verbreed deur totale bates, beleggings en inkomste onderhewig aan belasting.   Dit sal groter effektiwiteit in die ekonomie te bewerkstellig , want winsgedrewe ondernemings is meer doeltreffend.   Bevorder groter buitelandse beleggings in SA en die invloei van kapitaal.   Verlig druk op die begroting om tekorte te verminder.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 5 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 2.3.5 Hoe kan Eskom meer effektief funksioneer om verbruikers te bevoordeel? Eskom kan meer effektief funksioneer deur:  verbruikers toe te laat om direk by Eskom te koop en die middelman uit te sny.   teen laer koste te produseer, bv. goedkoper verskaffers.   meer effektiewe bestuur en kontrole - geen korrupsie en nepotisme.   gekwalifiseerde en bevoegde werknemers op alle vlakke in diens te neem.  (Enige 2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (4) 2.4 Bespreek rentekoerse en invoervervanging as metodes wat gebruik word om die betalingsbalans te herstel. Rentekoerse  Rentekoerse kan verhoog word om besteding op invoere te verminder.   Buitelanders aan die ander kant kan probeer om voordeel te trek deur in die land met die hoogste rentekoerse te belê.  (Enige 2 x 2) Invoervervanging  Invoerbeheer kan verskerp word d.m.v. verhoogde doeaneregte.   Plaaslike produsente kan gemotiveer word om meer plaaslike produkte te produseer m.b.v. subsidies.   Goedere e wat ingevoer is, kan plaaslik geproduseer word.  (Enige 2 x 2) (8) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (‘n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir die noem van feite/voorbeelde) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 6 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 2.5 Evalueer die funksionering van markte in die ekonomiese kringloopmodel. Die funksionering van markte kan ‘n positiewe impak hê deur:  die produksiefaktore te benut vir ekonomiese aktiwiteite,  bv. kapitaal vir beleggings deur die faktormark.   verbruikers ‘n inkomste verdien deur die verkoop van produksiefaktore en die aanwending van die inkomste om goedere en dienste mee te koop in die produktemark.   huishoudings, die sakesektor en ander deelnemers toegang tot surplusfondse te bied vir handel en produksie,  deur die finansiële markte soos banke.   nywerhede toegang te bied om kapitaalgoedere van ander lande af te bekom wat nie plaaslik beskikbaar is nie,  soos om masjinerie op die buitelandse valutamarkte te koop.   verdien waardevolle inkomste deur uitvoere deur middel van buitelandse valutamarkte.  Die funksionering van markte kan ‘n negatiewe impak hê deur:  nie genoeg opleiding te bied en beperkte werksgeleenthede te hê as die faktormark oneffektief funksioneer.   ondernemings wat sukkel om kwaliteit goedere en dienste vir die produkmark te produseer.   nie die behoeftes en begeertes van verbruikers te bevredig nie.   onvoeldoende vervoer, tegnologie en kommunikasie te verskaf sodat markte nie bereik kan word nie.  (8) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (‘n Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir die lys van feite / voorbeelde.) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 7 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne VRAAG 3 3.1 3.1.1 Noem TWEE elemente in die telkaart van Swart Ekonomiese Bemagtiging.  Aandelebesit   Bestuur en beheer   Billike indiensneming   Voorkeuraankope / Tenders   Ondernemingsontwikkeling   Sosiale verantwoordelikheid (Enige 2 x 1) (2) 3.1.2. Hoekom word ekonomiese aanwysers gebruik om die ekonomie mee te meet?  Dit word gebruik om die toestand van die ekonomie meet e bepaal.   Statistieke lig ons in oor veranderinge in die ekonomie.   Verskaf betekenisvolle terugvoer.   Dit word saamgestel vir spesifieke doelwitte, bv. die VPI.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Enige 1 x 2) (2) 3.2 Data Response 3.2.1 Gee EEN faktor wat gebruik word om menslike ontwikkeling mee te meet?  Lewensverwagting   Geletterdheid   Onderwysvlak   Lewenstandaard  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1) 3.2.2. Hoekom is ekonomiese vryheid in Suid-Afrika so belangrik? Sodat elke burger in staat is om ‘n beter lewe te leef wat tot meer (1) geleenthede en ‘n beter lewenstandaard lei.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 3.2.3 Omskryf die term demografie. Dit is die fisiese samestelling van die bevolking soos ras, geslag, ens.  (Enige 1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 3.2.4. Hoe kan verbeterde fisiese infrastruktuur bydrae tot ‘n styging in lewensgehalte?  Verbetering van die mobiliteit van die produksiefaktore en die toegang tot verskillende bronne of geleenthede.   Stel mense in staat om vinniger en makliker by hul bestemmings kan uitkom - verbeterde tydsbestuur.   Verseker meer kommunikasiemetodes soos selfoon netwerke, internet, advertensies, ens.   Verseker verbeterde gesondheidsorg soos moderne teaters en toerusting in hospitale.  (Enige 1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 8 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 3.2.5 Lewer kommentaar oor die sukses van die Suid-Afrika se sosiale beleid aangaande die bevordering van die ekonomiese ontwikkeling. Die sosiale beleid is suksesvol om ekonomiese ontwikkeling te bevorder deur:  maatskaplike toelaes wat die belangrikste bron van inkomste is vir mense wat in armoede leef.   werkskepping deur die Openbare werke-programme wat werk skep vir armes en hul vaardighede leer.   gemeenskapsgebaseerde projekte wat deur die regering gedryf word wat toegang gee tot inkomstes.   aan arm huishoudings beperkte gratis water en elektrisiteit in ‘n maand te verskaf.   skoolvoedingskemas by staatskole wat voedsel aan arm kinders voorsien.   munisipaliteite wat goeie dienste lewer en toegang tot, o.m. skoon water, riolering en vullisverwydering bied.   arm mense wat gratis hospitalisasie en medisyne ontvang.   huishoudings wat nie skoolgeld kan bekostig nie, nie verplig om dit te betaal nie.  EN/OF Die sosiale beleid is onsuksesvol om ekonomiese ontwikkeling te bevorder deur:  dat dit nie nepotisme en korrupsie uitwis nie.   huise word voorsien aan familielede van senior amptenare.  (4)  gesondheidsorgfasiliteite word nei goed bestuur nie.  (2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 3.3 Data Response 3.3.1 Gee enige faktor wat die produksiekapasiteit van ‘n besigheid kan verbeter.  Beter tegnologie   Opgeleide en vaardige werkers   Produksie subsidies  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1) 3.3.2. Hoekom moet ‘n land meer goedere en dienste kan produseer?  Om in al die behoeftes en begeertse van die inwoners te voorsien.   Om ekonomiese ontwikkeling te verseker.   Om die BBP te verbeter. (1) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 3.3.3 Beskryf die term kapitaalverdieping. Kom voor wanneer die kapitaalvoorraad per werker toeneem.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 9 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 3.3.4. Watter positiewe rol kan die regering speel in die verbetering van die kwaliteit van natuurlike hulpbronne?  Deur die implementering en afdwinging van streng reëls en regulasies om besoedeling, ens. te bekamp.   Deur streng wette af te dwing wat dit beskerm en bewaar.   Deur streng wette af te dwing wat uitputting en uitbuiting voorkom.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2) 3.3.5 Hoe suksesvol was die Suid-Afrikaanse regering om die kwaliteit van arbeid te verbeter? Positief  Arbeid is verbeter deur vaardigheidsontwikleing soos SOOo’s.   Fisiese en sosiale infrastruktuur is verbeter soos meer opvoedkundige instellings op te rig na 1994.   Beurse en studielenings elke jaar beskikbaar te stel.  EN/OF Negatief  Nie alle kinders gaan skool nie - sommiges word uitgesluit, a.g.v. armoede of oningeligtheid.   Sommige mense kan nie naskoolse studies aan, bv. universiteite, bekostig nie.   Uiters nodige opgradering van infratsruktuur soos paaie en brûe is niegedoen nie, wat baie werk kon geskep het.  (Enige 2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 3.4 Bespreek behuising en verstedeliking as sosiale aanwysers. Behuising  Baie Suid-Afrikaners is arm en kan nie behuising bekostig nie.  Die regering verskaf behuisingsubsidies en die privaatsektor verskaf huislenings.  (Enige 2 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) Verstedeliking  Die natuurlike groeikoers van die stedelike populasie is ‘n aanwyser van ‘n land se sosiale ontwikkeling.   Migrasie van landelike na stedelike areas dui op ontwikkeling.   Die vestiging van nuwe dorpe dui op ‘n valk van sosiale ontwikkeling.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Enige 2 x 2) (‘n Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir die lys van (8) feite/voorbeelde.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 10 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 3.5 Hoe suksesvol is Suid-Afrika se Nuwe Groeipad daarin om ekonomiese groei en ontwikkeling te beïnvloed? Die NGP was suksesvol om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder deur:  werkskepping het plaasgevind deur die uitbreiding van fisiese en sosiale infrastruktuur in gebiede soos energie, vervoer, kommunikasie, water en behuising.   werkskepping in die landbou waardeketting deur die hoë koste van bemesting en ander insette aan te spreek en uitvoerbemarking en prosessering te verbeter en te bevorder.   werkskepping in die mynbou waardeketting deur meer minerale te ontgin, infrastruktuur te verbeter en vaardighede te ontwikkel, asook ondersteuning aan die vervaardiging van verbruiks- en kapitaalgoedere.   ‘n groen ekonomie te bevorder deur die uitbreiding van infrastruktuur en tegnologie vir sonenergie, windenergie en bio-brandstowwe.   verbeterde vervaardigingsektore deur innovasie, vaardigheidsontwikkeling, navorsing en investering.   uitbreiding van toerisme en sekere hoëvlak dienste.  Die NGP was onsuksesvol om ekonomiese groei en ontwikkeling te bevorder deur:  hoë werkloosheidskoerse wat nog in alle sektore van die ekonomie voorkom.   groeikoerse neem af in alle sektore van die ekonomie.   hoë besoedeling en oneffektiewe allokering van hulpbronne.  ‘n groot tekort aan energie (beurtkrag) en watervoorsiening word ervaar.   Daar is steeds nie ‘n gelyke verdeling van inkomste en rykdom.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Enige 4 x 2) (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 11 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne VRAAG 4 4.1 4.1.1 Gee enige TWEE lidlande wat nog deel van BRICS is.  Brasilië   Rusland   Indië   Sjina   Suid-Afrika  (Enige 2 x 1) (2) 4.1.2 Wat is die uitwerking van die depresiasie van die Rand op die vraag na buitelandse goedere? Vraag na buitelandse goedere sal afneem, omdat dit te duur word om in te voer.  (2) 4.2 Data Response 4.2.1 Wat is die grootste bron van staatsinkomste? Persoonlike inkomstebelasting  (1) 4.2.2. Hoekom word sekere voedselsoorte van BTW vrygestel? Om seker the maak dat die armeste mense die basiese goedere (1) kan koop.  4.2.3 Omskryf die term kapitaalwinsbelasting. Dit is die belasting wat betaal word op die opbrengs by die verkoop van ‘n bate.  (2) 4.2.4. Verduidelik kortliks waarom onderwys die grootste gedeelte van die begroting ontvang. Menslike hulpbronne is die belangrikste bate om werk te skep en ekonomiese groei en ontwikkeling te verhoog.  (Enige 1 x 2) (2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 4.2.5 Hoe sal die toename in BTW die ekonomiese gemarginaliseerde mense beïnvloed?  Die styging in die BTW-koers maak pryse van goedere en dienste duurder en mense kan minder daarvan bekostig.   Hulle word armer en hul lewenstandaard daal.   Ekonomies kwesbare mense sal swaar getref word en kan slegs die nodigste koop.  (Enige 2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 4.3 Data Response 4.3.1 Gee enige land wat deel van die Noorde uitmaak.  Norweë   Australië   Kanada   Japan   Suid-Korea   VSA   Duitsland  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 12 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 4.3.2. Noem EEN kategorie wat gebruik word om ontwikkelde en ontwikkelende lande mee te vergelyk.  Lewenstandaard   Globaliseringsongelykhede   Omgewing   Volhoubare ontwikkeling  (1) 4.3.3 Omskryf die term globalisering. Globalisering is die wêreldwye interaksie tussen lande met handel as sleutelement en IKT wat dit moontlik maak.  (2) 4.3.4. Watter negatiewe uitwerking kan HIV/Vigs op lande in die Suide hê? Die lewensverwagting daal, want die lande is te arm om te sorg vir behoorlike gesondheidsorg.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (2) 4.3.5 Hoe word die Suid-Afrikaanse ekonomie deur die uitwerking van internasionale handel beïnvloed?Hoe kan die speelveld tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande gelyk gemaak word?  Ontwikkelde lande se regerings kan die subsidies op landbougoedere verminder of afskaf, sodat ontwikkelende lande kan meeding.   Ontwikkelende lande kan hul tariewe op vervaardigde goedere afskaf.  (2 x 2) (4) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) 4.4 Verduidelik kortliks, m.b.v. die Phillips-kurwe, die verband tussen werkloosheid en inflasie. Inflasie (%) Korttermyn PC Toekenning van punte Benoeming van die asse = 1 Benoeming op die asse = 1 Regte vorm van die PK-kurwe = 1 Korrekte verskuiwing na PC1 = 1 Max 4 Korttermyn PC Werkloosheid (%)  The PC-kurwe toon die oorspronklike situasie (A is die punt waar die PC- kurwe met die x-as kruis.), dit toon die natuurlike % WLH, bv. 8%.   Hier is geen druk op lone nie - as werkloosheid na links van A skuif, gaan inflasie toeneem.   As die ekonomie gestimuleer word sodat die werkloosheid afneem, bv. na B 3%, sal lone toeneem en gevolglik sal inflasie 2% wees.   As werkloosheid daal na C, bv. 8%, gaan inflasie deur verhoogde lone toeneem tot 6%.   Teenoorgestelde, as werkloosheid vermeerder van D na C, gaan inflasie afneemvan 6% na 2% . (8)  Die kurwe toon dus ;n omgekeerde verhouding tussen werkloosheid en inflasie.  (Enige 4 x 2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 13 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne 4.5 Hoe word die Suid-Afrikaanse ekonomie deur die uitwerking van internasionale handel beïnvloed? Die SA ekonomie sal positief beïnvloed word deur:  Die lewenstandaard van Suid Afrikaners sal verhoog deur spesialisering in die produksie van sekere goedere.   Die toename in tegnologie lei tot massaproduksie, bv. die gebruik van selfone.   Verbeter effektiwiteit in produksie, bv. hulpbronne word meer effektief aangewend - minder vermorsing.   Daar is meer keuses in goedere en dienste from regoor die wêreld, nie net van SA nie.   Verhoogde kompetisie lei tot innovering en hoër standaarde in ekonomiese kapasiteit.   Globalisering bring lande bymekaar en deel kennis.  Die SA ekonomie sal negatief beïnvloed word deur:  Minder ontwikkelde lande soos SA sal moontlik nie met ontwikkelde lande kan meeding nie.   Spesialisasie veroorsaak dat sommige produsente hul besighede moet sluit.   Globalisering veroorsaak soms dat mense hul herkoms vergeet en inheemse kennisstelsels verlore gaan.   Massaproduksie laat plaaslike verbruikers goedere van lae kwaliteit van ander lande koop, ten koste van plaaslike produsente.  (Enige 4 x 2) (8) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) [40] TOTAL SECTION B: 80 AFDELING C Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 14 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne Beantwoord EEN vraag uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 5  Bespreek uitvoerbevordering onder die volgende sub-opskrifte:  Oorsake (4)  Metodes (6)  Voordele (8)  Nadele (8) (26 punte)  Evalueer die sukses van Suid-Afrika se handelsbeleid om die plaaslike tekstielbedryf teen buitelandse kompetisie te beskerm? (10 punte) Inleiding Uitvoerbevordering is deel van Suid-Afrika se internasionale handelsbeleid wat die produksie van uitvoergoedere aanmoedig.  (Maks. 2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) Inhoud HOOFGEDEELTE Redes vir uitvoerbevordering  S.A. behaal aansienlike uitvoergeleide groei.   Uitvoerbevordering vergroot die land se produksiekapasiteit.   Uitvoermarkte is baie groter as plaaslike markte.   Verhoogde produksie lei tot meer werksgeleenthede en meer werkers word in diens geneem.   Dit lei tot ‘n verlagiging in pryse a.g.v. massaproduksie.  (Maks 4) Metodes van uitvoerbevordering  Aansporings  - Die regering verskaf inligting oor uitvoermarkte, navorsing oor nuwe markte, konsessies op vervoerkoste, uitvoerkrediet, ens. om uitvoere te stimuleer.   Subsidies  - Direkte subsidies soos kontant betalings aan uitvoerders.  - Indirekte subsidies behels die terugbetaling van invoertariewe en algemene belastingskortings.   Handelsneutraliteit  Subsidies wat gelykstaande aan die waarde van die invoertariewe word betaal wat deur handelsbevryding verkry word.  (Maks 6) Voordele van uitvoerbevordering   Daar is geen beperking op die grootte en skaal van die mark nie.   Produksie word op koste en doeltreffendheid gebaseer.   Daar is ‘n toename in plaaslike produksie.   Wisselkoerse is meer realsities  (Maks 8) Nadele van uitvoerbevordering  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 15 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne  Die werklike produksiekoste is verskuil  - Werklike produksiekoste word deur subsidies en aansporings verlaag.  - Die produk kan dalk nie in staat wees om in die ope mark te kompeteer nie.   Die gebrek aan mededinging  - Aansporings en subsidies verlaag pryse en dwing mededingers uit die mark. - Dit lei tot ‘n gebrek aan kompetisie.  - Totale potensiële handel word verminder met subsidies, eerder as daarsonder.   Verhoogde tariewe en kwotas  - Oorsese lande kan as teenvoeter tariewe en kwotas instel vir soortgelyke goedere en dit teen laer pryse as produksiekoste hier verkoop.  - Uitvoerbevordering lei tot verhoogde tariewe en kwotas deur magtige oorsese mededingers.  - Dit lei tot die beskerming van arbeidsintensiewe nywerhede deur ontwikkelde lande.   Beskerming van arbeidsintensiewe bedrywe.  − Ontwikkelende lande handhaaf dikwels hoë vlakke van doeltreffende beskerming vir hul nywerhede wat arbeidsintensiewe goedere produseer waarin ontwikkelde lande reeds teen vergelykende voordeel kan produseer.  (Maks 8) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Die regering is suksesvol daarin om die plaaslike tekstielbedryf te beskerm deur:  die implementering van die Trots Suid-Afrikaanse veldtog om die plaaslike produksie te ondersteun en werk te skep.   fondse te herprerioritiseer vir die klere en tekstiel produksie insentiewe vanaf die spesiale ekonomiese sones.   direkte en indirekte subsidies aan suigelingnywerhede te verskaf.   te verseker dat suigelingnywerhede instaat is om te groei en voordeel te trek uit skaalvoordele om kompeterend te word.  Die regering is onsuksesvol daarin om die plaaslike tekstielbedryf te beskerm deur:  plaaslike nywerhede wat te afhanklik van beskerm raak en daarom moet baie tekstielvervaardiigers sluit.   baie plaaslike tekstielvervaardigers het toegemaak a.g.v. ongelyke internasionale mededinging.   baie groothandelaars maak van oorsese verskaffers gebruik, bv. Woolworths.   stroting kom steeds voor, want Europese vervaardigers stort steeds klere in Afrika teen pryse wat laer as kosprys is.   werksverliese neem toe a.g.v. ‘n gebrek aan beskerm in die industrie.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Maks. 10) Slot Die regering moet uitvoere aanmoedig sodat die beste moontlike beleggings gemaak word en die betalingsbalans positief bly.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Maks. 2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 16 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne VRAAG 6  Verduidelik streeksontwikkeling in Suid-Afrika die volledig t.o.v. “benchmark kriteria”. (26 punte)  Evalueer die sukses van Suid-Afrika se streeksontwikkelingsbeleide. (10 punte) INLEIDING Streeksontwikkeling verwys na die toename in die ekonomiese voortbestaan van spesifieke gebiede of geografiese streke.  (Maks 2) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante definisie/antwoord.) INHOUD HOOFGEDEELTE Doelwitte van streeksontwikkeling  Dit poog om die negatiewe uitwerking van sentralisering te beperk, bv. konsentrasie van ekonomiese aktiwiteite in ‘n paar stedelike gebiede.   Dit poog om ontwikkleing te stimuleer in armer gebiede deur opgeleide werkers, ander hulpbronne en infrastruktuur in onderontwikkelde gebiede aan te wend.   Die implementering en koördinasie van nasionale beleide en streeksnywerheidsbeleide.   Om nuwe ongebalanseerdehede soos monopolië te voorkom.   Om die ekonomiese en sosiale verandering in gebiede wat infrastruktuur probleme ervaar te ondersteun.  “Benchmark” kriteria Goeie bestuur   Streeksontwikkelingstrategieë moet doeltreffend en korrupsievry bestuur word.   Demokratiese besluitneming, deursigtigheid, finansiële bestuur en beheer moet plaasvind.   Projekte moet korrek beplan, gemonitor en geevalueer word.  Integrasie   ‘n Integrasie-benadering moet gevolg word om te verseker dat die voordele van een streek oorspoel na ander nywerhede en gebiede.  Vennootskappe   Dit moet plaasvind tussen die sentrale regering, plaaslike owerhede, burgerlike samelewing, spesiale belangegoepe, NRO’s en die privaatsektor plaas.  Hulpbronvoorsiening   Voldoende hulpbronne moet aan hulpbron-arme gebiede voorsien word, bv. infrastruktuur.   Voorbeelde van hulpbronne is opgeleide werkers, sosiale en fisiese infrastruktuur.  Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 17 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne Belegging in sosiale kapitaal   Regerings moet die kwaliteit van onderwys & gesondheid in die streek verbeter.  Mededinging   Gevestigde nywerhede of ondernemings moet, a.g.v. streeksbeleide, mededingend wees en nie steeds finansiële hulp van die regering nodig hê nie.  Ontwikkeling van mense, vir mense, deur mense   Werkers-na-werk gee voorkeur aan werkskepping.   Werksgeleenthede mag moontlik niebinne pendelafstand voorkom waar werkloses is nie - werkers moet verhuis na waar werk is.   Werk-na-werkers is moontlik die beste oplossing vir langtermyn probleme vir werkloosheid en streeksverskille in groei en ontwikkeling.   Dit stimuleer ekonomiese aktiwiteit en verhoed werkers om areas te verlaat waaraan hul geheg is en waar hul familiebande het.   Dit verminder ook oorbevolking in stedelike gebiede en verhoed ongewenste bykomende gevolge soos besoedeling, dwelmmisbruik, vigs en misdaad.  Ontwikkeling van onder   Konstentreer op kwessies op voetsoolvlak waar die dringendste menslike behoeftes bestaan.   Dit begin met die hantering van die armoedeprobleem.  Totale ontwikkeling as ‘n multi-dimensionele proses   Beskou ontwikkeling vanuit ‘n globale perspektief deur alle dimensies van die mense se bestaan in ag te neem. Insluitend die interaksie van maatskaplike kragte in ‘n gemeenskap, bv. onderwys, gesondheid, voeding.  (Maks 26) (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) ADDISIONELE GEDEELTE SA was suksesvol in hulle Streeksontwikkelingsbeleide deur:  Intervensies in nywerhede was op goeie ekonomiese navorsing en analises gebaseer.   Goeie vooruitgang en groei in die opgradering van waarde toegevoegde en arbeidsintensiewe vervaardigingsektore.   Goot sukses te behaal in die bekamping van doeanebedrog en die teiken van onwettige invoere en produkte van minderwaardige kwaliteit.   Die handelsbeleid en industriële beleid is in lyn gebring.   SA is gevolglik meer kompeterend in die globale ekonomie.  SA was onsuksesvol in hulle Streeksontwikkelingsbeleide deur:  industrieës wat gesluit het a.g.v. die regering wat finansiële ondersteuning onttrek het.   dat daar nie spoor is van goeie bestuur nie, a.g.v. korrupsie en nepotisme,  bv. staatskaping.   ‘n gebrek aan verantwoordbaarheid en deursigtigheid van programme wat nie korrek gemonitor en geëvalueer word nie.   Beleide wat geïmplementeer is met korttermyn doelwitte en nie volhoubaar is nie, bv. die OWP en beskermingsbeleide vir natuurlike hulpbronne.   ‘n gebrek aan dissipline in skole en swak bestuur van gesondheidsorg fasiliteite wat ‘n negatiewe impak op streeksontwikkeling het.  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Maks. 10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Ekonomie/V1 18 NW/September 2019 NSS-Merkriglyne SLOT Al vergelyk SA se streeksontwikkelingsbeleide goed met internasionale beste praktyk, is daar nog baie tekortkominge wat aangespreek moet word deur NIBR (NIPF) en IPAP 1 en 2  (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.) (Maks. 2) [40] TOTAL SECTION C: 40 GRAND TOTAL 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Economics

View all
Economics Grade 12 P1 North West Mock 2019 Memo (Afrikaans) | Hlayiso