Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I
EKSAMENNOMMER
ANTWOORDBOEKIE
Daar is (xv) bladsye in die Antwoordboekie. Skryf asseblief jou eksamennommer in
die bostaande blokkies.
VRAAG 1
1.1 Kies die term in Kolom B wat die beste by die beskrywing in Kolom A pas. Skryf die
letter van die term in die spasie tussen die hakies. Elke letter mag slegs een keer
gebruik word.
KOLOM A KOLOM B
[ ] Veroorsaak sametrekking van uterusspiere tydens A ADH
geboorte
[ ] Afgeskei deur bynier tydens tye van stres B Tiroïed
[ ] Die afwyking word veroorsaak deur oormatige C Homeostase
afskeiding van groeihormoon
[ ] Hormoon wat die herabsorpsie van water in die nier D Prolaktien
stimuleer om die waterinhoud van uriene te verminder
[ ] Klier onder die larinks aangetref E Goiter
[ ] Stel TSH vry wanneer tiroksienvlakke verlaag F Adrenalien
[ ] Proses om stabiele interne omgewing te handhaaf G Glukose
[ ] Gebeurtenis veroorsaak deur hoë vlakke van LH H Pituïtêre klier
[ ] Stimuleer melkproduksie in melkkliere I Gigantisme
[ ] Toestand veroorsaak deur 'n gebrek aan jodium in die J Dwergisme
dieet
K Oksitosien
L Ovulasie
(10)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 











View all





Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Life Sciences Paper 1 memorandum from the 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Life Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2019
- Paper
- 1
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 15
- File size
- 1.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 15
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy ii van xv
1.2 Sewe meervoudigekeusevrae word gevra. Kies die mees korrekte antwoord vir elke
vraag en skryf die letter van jou keuse in die onderstaande tabel neer.
Vraag 1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5 1.2.6 1.2.7
Antwoord
1.2.1 Watter van die volgende beskrywings is waar van geslagtelike voortplanting
in organismes?
(i) produseer klone van die ouer
(ii) maak voorsiening vir evolusie om plaas te vind
(iii) behels altyd interne bevrugting
(iv) is 'n stadige voortplantingstempo
(v) behels die proses van meiose
A (i), (ii), (iii), (iv) en (v)
B (i), (ii), (iii) en (v)
C (ii), (iv) en (v)
D (ii), (iii), (iv) en (v) (2)
Gebruik die diagram van 'n lengtesnit deur die onderstaande ertjieblom om vrae
1.2.2 en 1.2.3 te beantwoord.
1
2
3
4
5
6
[Aangepas uit: <http://www.uq.edu.au>]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy iii van xv
1.2.2 Identifiseer die nommer/s (uit die diagram) van die struktuur/strukture wat
die gamete bevat.
A 3 en 4
B 2 en 3
C 4 en 5
D slegs 2 (1)
1.2.3 Identifiseer die nommer uit die diagram wat die struktuur aandui wat in die
saad ontwikkel.
A 3
B 4
C 6
D 2 (1)
1.2.4 Die volgende diagram illustreer 'n metode wat deur Mendel gebruik is tydens
sy ondersoek na oorerwing in ertjieplante.
STAP 1 STAP 2 STAP 3
Z
Blom A Blom B Blom A
[Aangepas: <https://www.sciencelearn.org>]
Die doel van die verwydering van strukture Z van blom A was om:
A selfbestuiwing in blom A te verhoed.
B selfbestuiwing in blom A toe te laat.
C te verhoed dat meiose in blom A voorkom.
D te verhoed dat bevrugting in blom A voorkom. (1)
1.2.5 Die data wat deur Mendel versamel is tydens die kruising van ertjieplante
kan as betroubaar beskou word, omdat:
A hy slegs sy data van die F1-generasie ingesamel het.
B hy 'n deeglike kennis van gene en chromosome gehad het.
C hy nie sy eksperiment met suiwer teelplante begin het nie.
D hy resultate van data van 21 000 plante verkry het. (1)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy iv van xv
1.2.6 Watter stelling is 'n korrekte afleiding wat van Mendel se werk met
ertjieplante gemaak kan word?
A 'n Mengsel van ouers se eienskappe sal in hul nageslag voorkom.
B Poligeniese oorerwing is as gevolg van meer as twee allele.
C Gene kom in pare voor en word as afsonderlike eenhede oorgeërf.
D Die wette van oorerwing is slegs op plante van toepassing. (1)
1.2.7 In blomme van ertjieplante, is die kleur pers dominant oor die kleur wit. Toe
Mendel twee ertjieplante met pers blomme gekruis het, het hy die volgende
verhouding van plante in die nageslag verkry:
705 pers blomme : 224 wit blomme.
Die genotipes van die ouers is:
A homosigoties dominant en heterosigoties
B beide heterosigoties
C homosigoties resessief en heterosigoties
D homosigoties resessief en homosigoties dominant (2)
1.3 Die onderstaande mikrograaf toon 'n snit deur 'n naelstring van 'n 14 week oue
menslike fetus.
A
Naelstring-
arterieë
Naelstring-
vene
B
[Aangepas uit: <https://embryology.med.unsw.edu.au>]
1.3.1 Toon hierdie mikrograaf 'n dwarssnit of 'n lengtesnit deur die naelstring?
(1)
1.3.2 Noem TWEE funksies van die bloedvate in die naelstring.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy v van xv
1.3.3 Stel 'n rede voor waarom sommige ouers verkies om die bloed van hul baba
se naelstring te stoor.
(2)
1.3.4 Die werklike lengte van A tot B is 5 mm. Bereken die vergroting van die
mikrograaf. Toon jou berekeninge.
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy vi van xv
1.4 Die onderstaande diagram toon 'n ontwikkelende menslike fetus.
A
B
C
D
[Aangepas: <https://waeconline.org.ng>]
1.4.1 Verskaf benoemings vir A tot D.
A: _________________________________________________________
B: _________________________________________________________
C: _________________________________________________________
D: _________________________________________________________
(4)
1.4.2 Teken die naelstring op die diagram in om sy korrekte posisie aan te toon.
(2)
1.4.3 Noem die biologiese belang van B.
(2)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy vii van xv
1.5 Daar word dikwels na DNS verwys as die "molekuul van lewe".
1.5.1 Verduidelik waarom hierdie stelling as korrek beskou kan word.
(2)
1.5.2 Teken en benoem die basiese struktuur van 'n DNS-nukleotied in die spasie
hieronder.
(4)
1.5.3 Daar is 16 nukleotiede in 'n gedeelte van 'n DNS-molekuul. Daar is drie
adenine-stikstofbasisse in die gedeelte van DNS. Bereken die aantal
guanine-stikstofbasisse teenwoordig. Toon alle berekeninge.
(3)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy viii van xv
1.6 Die onderstaande diagram toon 'n deel van die proses van proteïensintese.
DNS P
Q
[Aangepas: <https://za.pinterest.com>]
1.6.1 Verskaf benoemings vir die volgende strukture:
N: _________________________________________________________
Z: _________________________________________________________
P: _________________________________________________________
(3)
1.6.2 Noem die proses wat by Q voorkom.
(1)
1.6.3 Noem die ensiem wat die proses wat by Q voorkom, kataliseer.
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy ix van xv
1.6.4 Molekuul N, soos in die diagram getoon, kodeer vir die volgende
aminosuurvolgorde:
Ser – Gly – Thr
(a) Waar in die sel vind die proses, om aminosure in 'n polipeptiedketting
te verbind, plaas?
(1)
(b) Identifiseer die binding tussen aangrensende aminosure.
(1)
(c) Indien Z in die diagram op die vorige bladsy kodeer vir Ser, skryf die
nukleotiedvolgorde wat vir Gly kodeer, neer.
(1)
(d) 'n Puntmutasie het plaasgevind tydens die vorming van molekuul N.
Molekuul N kodeer nou vir die volgende aminosuurvolgorde:
Ser – Val – Thr
Indien GUC vir Val kodeer, identifiseer die tipe mutasie en verduidelik
presies watter verandering in die DNS plaasgevind het, wat tot die
mutasie gelei het.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy x van xv
1.7 Lees die onderstaande teks en gebruik die inligting wat verskaf word om die tabel
op die volgende bladsy te voltooi.
Gebruik O-DNS om haaispesies te identifiseer
Mense werp elke uur tienduisende velselle af en laat dit oral waar hulle gaan. Elk van
hierdie selle bevat 'n volledige stel van 'n individu se DNS. Haaie is nie anders nie en
wetenskaplikes het begin om bottels water uit die oseaan te versamel om selle te vind as
leidrade van 'n spesie se teenwoordigheid in die area. Dit staan bekend as "omgewings-
DNS", of "O-DNS".
Die selle of genetiese materiaal van haaie kan afkomstig wees van:
• natuurlike afwerping van vel (vervelling)
• weefsel deur besering van die liggaam geskei
• selle in die water vrygestel tydens voortplanting
• ontbinding van dooie haaie
Omgewings-DNS ondersteun ander metodes van steekproefneming vir die identifisering
van haaispesies, eerder as wat dit die ander metodes vervang.
Twee van die steekproefmetodes wat wetenskaplikes gebruik om verskillende haaispesies
te identifiseer, is: omgewings-DNS (O-DNS) uit seewater, en waarnemings van menslike
duikers wat haaie bestudeer.
Die resultate van hul steekproefneming in 'n bepaalde gebied word in die onderstaande
tabel getoon.
Tabel toon die resultate van haai-identifikasie deur twee verskillende
steekproefmetodes te gebruik
Naam van haai O-DNS Duiker
Bulhaai
Groot hamerkophaai
Koperhaai
Silwertiphaai
Skerptand-suurlemoenhaai
Sebra-haai
Geelbruin verpleegsterhaai
Mantelskulp-hamerkophaai
Tierhaai
[Aangepas: <https://fishbio.com> and <https://www.sciencenews.org>]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy xi van xv
Die ses stellings in die onderstaande tabel verwys na die inligting op die vorige
bladsy. Vir elke stelling, besluit of:
A die stelling deur die inligting in die artikel ondersteun word.
B die stelling deur die inligting in die artikel weerspreek word.
C die stelling nie deur die inligting in die artikel ondersteun of weerspreek word
nie.
Stelling A, B of C
1.7.1 O-DNS van haaie kan verkry word uit
voortplantingselle wat in seewater voorkom.
1.7.2 Die verkryging van O-DNS van haaie vereis direkte
kontak met die haai.
1.7.3 Die sebra-haai is geïdentifiseer deur slegs een
steekproefmetode te gebruik.
1.7.4 Die gebrek aan O-DNS van die tierhaai dui aan dat
die haai nooit in die gebied was nie.
1.7.5 O-DNS kan ander metodes van identifisering van
haaie vervang.
1.7.6 Volgens die resultate in die tabel is dit meer
doeltreffend om O-DNS te gebruik as om menslike
duikers te gebruik om die teenwoordigheid van
haaie te identifiseer.
(6)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy xii van xv
1.8 Bestudeer die volgende tabel wat bestaan uit rye met twee items (genommer 1 en
2) in die eerste kolom en 'n term in die tweede kolom. Besluit watter item(s)
verband hou met die term.
Skryf jou keuse neer in die spasie wat in die Antwoordkolom verskaf word, deur
die volgende kodes te gebruik:
A slegs item 1 hou verband met die term
B slegs item 2 hou verband met die term
C beide items 1 en 2 hou verband met die term
D nie item 1 of item 2 hou verband met die term nie
Item Term Antwoord
1. Word as 'n vektor gebruik om vreemde Plasmied
genetiese materiaal in 'n ander sel in oor te
dra
2. Sirkelvormige DNS-string
1. Produksie van insulien in bakteriese selle Geenterapie
2. Inplasing van normale gene in selle om
defektiewe of foutiewe gene te vervang
1. Sel het meer as twee stelle gepaarde Kloning
chromosome
2. Produseer identiese genetiese kopieë
1. 'n Kragtige instrument vir die redigering van CRISPR
gedeeltes van DNS
2. Word slegs in gameetselle gebruik
1. Bepaling van die genome in baie Menslike Genoom
verskillende spesies Projek
2. Verandering van die menslike genoom
deur gene van 'n ander organisme oor te
dra
(5)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy xiii van xv
1.9 Die onderstaande mikrograwe toon die fases van meiose in 'n sel. Die mikrograwe
is in die korrekte volgorde.
A B C D
E F G H
[Aangepas: <http://www.macmillanhighered.com>]
Kies die letter van die diagram wat die beste pas by die beskrywing in die
onderstaande tabel.
Beskrywing Letter van diagram
Oorkruising vind plaas.
DNS-replisering vind plaas.
Chromatiede het geskei en beweeg na
teenoorgestelde pole.
Haploïede gamete word gevorm.
Homoloë chromosome skei en beweeg weg van
mekaar.
(5)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy xiv van xv
1.10 'n Nasionale park in Kenia met 'n oppervlak van 2 200 km2 is in vierkante verdeel.
Elke vierkant het 'n oppervlakte van 20 km2. Agt vierkante is ewekansig gekies vir
waarneming. 'n Helikopter is gebruik om oor die vierkante te vlieg en die getal
olifante wat waargeneem is, is getel.
Die getal olifante wat in elke vierkant getel is, word in die onderstaande tabel
getoon:
Vierkant-
1 2 3 4 5 6 7 8
nommer
Getal
4 1 3 2 0 1 3 6
olifante
1.10.1 Bereken die beraamde grootte van die olifantbevolking in die nasionale
park. Toon alle berekeninge.
(4)
1.10.2 Waarom was die waarneming en tel van die olifante vanuit 'n helikopter 'n
geskikte steekproefneming om te gebruik?
(1)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL I – ANTWOORDBOEKIE Bladsy xv van xv
1.10.3 Waarom is dit belangrik om ewekansige steekproewe te gebruik wanneer
bevolkingsgroottes bereken word?
(2)
1.10.4 Verduidelik die betekenis van die volgende terme met betrekking tot
olifante:
(a) vivipaar
(1)
(b) K-strateeg
(2)
[80]
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Life Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Life Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Life Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Life Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Life Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 3 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2018 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Memo
Related documents

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Question Paper (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 3 2019 Question Paper

AddendumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

AddendumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

Information sheetIEB