Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II
BRONMATERIAALBOEKIE VIR
VRAE 1, 2 EN 3
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentAddendum 











View all





Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)
IEB Grade 12 Life Sciences Paper 2 addendum from the 2019 (Afrikaans), 16 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: IEB
Life Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Addendum, 16 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2019
- Paper
- 2
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 16
- File size
- 1.9 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 16
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy ii van xvi
AFDELING A
VRAAG 1
Lees die onderstaande inligting. Gebruik hierdie inligting asook jou eie kennis om Vraag 1
in die vraestel te beantwoord.
Reuselobelias en -kruiskruid
Die asemrowende woude naby die kruin van Kilimandjaro en ander Oos-Afrika-berge is van die
ongewoonste ter wêreld. Kilimandjaro is die hoogste berg in Afrika en styg tot 5 895 m bo
seespieël. Baie van die ander berge in Oos-Afrika is amper net so hoog. By hierdie hoë hoogtes
is die nagte yskoud en die grond vries dikwels. Die dae is egter warm omdat die berge naby die
ewenaar is. Die pragtige woude op hierdie berge bevat plante wat boaards voorkom,
insluitende reusekruiskruid en reuselobelias.
Die laagliggende gebiede rondom die berge is droog en warm. Hulle is bedek met savanne en
halfwoestynplantegroei, waar reuselobelias en reusekruiskruid nie kan oorleef nie. Dit is omdat
hulle aangepas is vir die spesifieke klimaat bo-op die berge. Verskillende spesies van hierdie
plante kom in baie dele van die wêreld langs die ewenaar voor, altyd op hoogtes wat wissel van
3 000 tot 6 000 m bo seespieël.
Reuselobelias en reusekruiskruid is plante met 'n vreemde voorkoms. Hulle het groot
houtagtige stamme wat baie weefsel bevat om water in te stoor. Die groot blare krul dikwels
snags om die groeiknop en is geneig om op die stam te bly, selfs nadat hulle dood is. Die plante
skei ook 'n natuurlike vorm van 'n teenvriesmiddel af in die water binne-in die stamme. Die
houtagtige stamme groei vinnig en verseker dat die res van die plant ver bokant die koue grond
ondersteun word. Hierdie eienskappe is klaarblyklik aanpassings by ryp in die nag, isolering van
sagte weefsel en die voorkoming van water wat in die stamme vries. Water kan dus vir groei
voorsien word, selfs wanneer die grond soggens steeds bevrore is.
blare krul snags om groeiknop
dooie blare bly op stam
stam verseker vinnige groei weg van grond af
stam met baie waterbergingsweefsel en teen-vries
chemikalieë
[Aangepas: <https://ars.els-cdn.com>]
Tekening van 'n reusekruiskruid wat groei-eienskappe toon
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy iii van xvi
'n Reusekruiskruidwoud 'n Reuselobelia
[Aangepas: <www.wondermondo.com>] [Aangepas: <https://i.etsystatic.com>]
Die verskillende spesies reuselobelias kom voor in Afrika sowel as in baie ander hoogliggende
gebiede van die wêreld en toon 'n "Uit Afrika"-oorsprong. Alle lobelias produseer duisende
stofagtige, windverspreide sade. Die Keniaberg-reuselobelia produseer byvoorbeeld sulke klein
sade dat 36 000 van hulle saam 'n massa van slegs een gram het.
Reuselobelias en reusekruiskruid is nie nou verwant nie, alhoewel hulle baie eienskappe in
gemeen het (byvoorbeeld, groot vinniggroeiende houtagtige stamme, baie waterbergings-
weefsel en blare wat rondom die groeiknop krul). Analise van DNS-volgordes toon dat die groei-
eienskappe in hierdie plante dikwels onafhanklik deur konvergerende evolusie ontwikkel het.
Daarom is ooreenkomste in struktuur waarskynlik 'n swak manier om verhoudings tussen
reuselobelias en reusekruiskruid te bepaal.
Die vyf spesies reusekruiskruid behoort almal aan die genus Dendrosenecio en kom voor op die
berge van ekwatoriaal Oos-Afrika, insluitende Kilimandjaro, Meru en Aberdares soos gesien in
die diagram op bladsy iv.
[Aangepas: Antonelli, A. 2009. Have giant lobelias evolved several times independently?
Life form shifts and historical biogeography of the cosmopolitan and highly diverse subfamily Lobelioideae
(Campanulaceae). BMC Biology 7: 82
Aangepas: Givnish, T. J. 2010. Giant lobelias arose by convergent evolution. BMC Biology 8(1): 3]
Klimaatsverandering bedreig die oorlewing van hierdie bergwoude. Verlies aan habitat word
verwag as gevolg van warmer temperature op hierdie hoë hoogtes bo seespieël. Die
oorblywende klein geïsoleerde dele woud sal ook 'n laer vlak van genetiese diversiteit hê en dit
kan lei tot 'n groter gevaar van uitsterwing van spesies soos reusekruiskruid.
[Aangepas: Buytaert, W. et al. 2011. Potential impacts of climate change on the environmental services of
humid tropical alpine regions. Global Ecology and Biogeography 20: 19–33]
Die diagram op bladsy iv toon die evolusionêre oorsprong van sommige spesies reusekruiskruid.
Stappe 1 tot 5 dui die volgorde aan waarin verskillende bevolkings reusekruiskruid op
verskillende berge verskyn het en spesies gevorm het. Begin met stap 1 op die diagram en werk
deur na stap 5. Die volgende tabel toon die name van die spesies en die afkortings wat in die
diagram gebruik word.
Tabel met name van reusekruiskruidspesies en -afkortings gebruik in diagram op bladsy iv.
Naam van reusekruiskruidspesie Afkorting
Dendrosenecio kilimanjari Dk
Dendrosenecio battiscombei Db
Dendrosenecio brassiciformis Dbr
Dendrosenecio meruensis Dm
Dendrosenecio johnstoni Dj
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy iv van xvi
[Aangepas: Knox, E. B. 2004. Adaptive Radiation of African Montane Plants. In Dieckmann, U., Doebeli, M., Tautz, D & Metz, J. A. J. Adaptive Speciation.
Cambridge University Press. p. 476] [Aangepas: Knox, E. B. & Palmer, J. D. 1995. Chloroplast DNA variation and the recent radiation of the giant
senecios (Asteraceae) on the tall mountains of eastern Africa. Proc. Natl. Acad. Sci. USA 92: 10349-10353
<http://media.springernature.com>; <https://ai2-s2-public.s3.amazonaws.com>; <http://iucnredlist-photos>; <http://ryanphotographic.com >]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy v van xvi
VRAAG 2
Lees die onderstaande inligting. Gebruik hierdie inligting asook jou eie kennis om Vraag 2
in die vraestel te beantwoord.
BLINDE MOLROTTE TOON EVOLUSIE IN AKSIE
Blinde molrotte is 'n siglose groep knaagdiere wat gate grawe. Hul oë is teenwoordig, maar is
nie-funksioneel en word heeltemal deur 'n laag vel bedek.
Daar is baie spesies blinde molrotte wat in die Midde-Ooste voorkom. Hierdie spesies is almal
soortgelyk aan mekaar maar kom in verskillende gebiede voor. Een van hierdie spesies, die
Galilea-molrot, kom in Noord-Israel en die suide van Libanon voor.
voorkoms van
Galilea-molrot
Galilea-molrot
[Aangepas: <https://www.researchgate.net/profile/>]
Kaart toon voorkoms van
Galilea-molrotte
[Bron: <http://ars.els-cdn.com>]
Geslagtelike voortplanting help om gene deur 'n bevolking te versprei. Spesiasie kan voorkom
wanneer 'n berg of 'n ander fisiese versperring die vloei van gene blokkeer – 'n bevolking kan in
twee geneties afsonderlike groepe ontwikkel wat nie meer suksesvol kan kruisteel nie.
Sommige wetenskaplikes beweer egter dat nuwe spesies op 'n ander manier kan ontwikkel.
Hulle beweer dat sommige individue van 'n spesie geneties kan uiteenloop (divergeer) om 'n
nuwe spesie te vorm; selfs wanneer daar geen natuurlike versperring tussen hulle is nie.
Natuurlike variasie beteken dat sommige individue in 'n bevolking anders as ander individue
kan optree, en met verloop van tyd kan die verskille groot genoeg word om geenvloei te
voorkom. Presies hoe dikwels hierdie proses van simpatriese spesiasie in die natuur voorkom,
bly 'n onderwerp waaroor vurig gedebatteer word.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy vi van xvi
Eviatar Nevo, 'n evolusionêre bioloog aan die Universiteit van Haifa in Israel, dink dat
simpatriese spesiasie baie alledaagser kan wees as wat algemeen geglo word – en hy sê dat hy
'n metode gevind het om dit te help bewys. Sy span het die Galilea-molrot in 'n klein gebied van
Noord-Israel bestudeer. In hierdie gebied is daar 'n definitiewe geologiese grens wat harde
kalksteen en sagte kalksteen skei. Hierdie rotstipes vorm totaal verskillende soorte grond.
Verskillende plantspesies groei ook in elke grondsoort. Galilea-molrotte word in beide die harde
en sagte kalkgrond gevind. Nevo se span het mitochondriale DNS in Galilea-molrotte van harde
kalkgrond en sagte kalkgrond ondersoek. Alhoewel die molrotte in die twee grondsoorte nie
geografies geskei is nie en baie dieselfde lyk, het tot 40% van die mtDNS tussen die diere in die
twee streke verskil, wat op beperkte geenvloei dui.
plantegroei op sagte
kalksteen
plantegroei op harde
kalksteen
Foto wat die verskillende soorte plantegroei
toon in die harde en sagte kalkgrond
[Aangepas: <https://www.researchgate.net/profile/Shay_Tzur/publication>]
mtDNS-analise dui aan dat die twee groepe ongeveer 0,2–0,4 miljoen jaar gelede uiteengeloop
het. Daarbenewens het die span verskille in sekere gene tussen harde- en sagtekalkgrond-
bevolkings gevind. Hulle het voorlopige bewyse dat wyfie- en mannetjie-Galilea-molrotte wat
van een grondsoort geneem is, verkies om met mekaar te paar, selfs in die teenwoordigheid
van molrotte van die ander grondsoort. Ten spyte daarvan dat hulle tot dieselfde spesie
behoort, blyk dit dat die twee bevolkings op 'n stadium in die verlede opgehou het om met
mekaar te paar.
[Aangepas: Hadid, Y., et al. 2013. Possible incipient sympatric ecological speciation in blind mole rats
(Spalax). Proc. Natl Acad. Sci. USA. 110 (7) 2587–2592
Aangepas: Shapiro J. A. 2011. Natural selection and natural genetic engineering.
In: Evolution: A View From the 21st Century
Aangepas: Li, K., et al. 2015. Sympatric speciation revealed by genome-wide divergence in the blind
mole rat Spalax. Proc Natl Acad Sci U S A. 22: 112(38): 11905–11910
Aangepas: Fitzpatrick, B. M.,et al. 2008. What, if anything, is sympatric speciation? Epub 21(6): 1452–9]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy vii van xvi
In die winter bevat harde kalkgrond meer water as sagte kalkgrond. Dit beteken dat Galilea-
molrotte in harde kalkgrond minder suurstof kry, wat moontlik daartoe kan lei dat selle vinniger
afsterf. Navorsers het opgemerk dat 'n mutasie in kodon 172 van 'n geen wat bekend staan as
p53 meer algemeen in die hardekalkgrondbevolking voorkom. Die normale p53-alleel laat selle
toe om af te sterf wanneer die toestande ongunstig is (bv. 'n lae suurstofkonsentrasie). Die
mutante alleel verhoed dat dit gebeur, sodat die selle langer in die laesuurstofomgewings kan
oorleef.
Die twee bevolkings leef vandag sy-aan-sy, maar daar is steeds meningsverskille oor of hulle
voldoende geneties verskillend sal word om as afsonderlike spesies beskou te word.
Eviatar Nevo sê dat, met verloop van tyd, die Galilea-molrotte wat in harde kalkgrond woon so
geneties verskillend kan word dat hulle glad nie meer met Galilea-molrotte wat in sagte
kalkgrond woon, kan paar nie − met ander woorde, hy dink sy resultate toon simpatriese
spesiasie in aksie.
Jerry Coyne, 'n evolusionêre bioloog aan die Universiteit van Chicago in Illinois, is egter nie
oortuig nie. Slegs tyd sal bepaal of die twee molrotbevolkings werklik nie in staat sal wees om
met mekaar te kruisteel nie – totdat dit gebeur, is dit te vroeg om hierdie geval by die klein
aantal bevestigde simpatriesespesiasiegebeure te voeg. "Ons beplan om addissionele habitat-
eksperimente en eksperimente rakende die keuse van paringsmaats uit te voer, wat die
beslissende aanduiding van die oorsprong van 'n nuwe spesie is," het Nevo geantwoord.
[Aangepas: <evolution.haifa.ac.il>]
Aangepas: Zhao, Y., et al. 2016. Adaptive methylation regulation of p53 pathway in sympatric speciation of
blind mole rats, Spalax. Proc. Natl. Ac. Sci. USA 113(8): 2146-2151]
Aangepas: <https://www.asianscientist.com>]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy viii van xvi
AFDELING B
VRAAG 3
Lees die onderstaande inligting. Gebruik hierdie inligting asook jou eie kennis om Vraag 3
in die vraestel te beantwoord.
BRON A
SELEKSIEDRUK – Dit is wanneer 'n faktor in die omgewing veroorsaak dat 'n organisme met 'n
spesifieke eienskap oorleef, eerder as 'n ander individu van dieselfde spesie met 'n ander
eienskap.
[Aangepas: <i-base.info/selective-pressure>]
Breingrootte en die twee seleksiedrukhipoteses
Spesies met groter liggame
het dikwels groter breine Menslike breine is
amper 6 keer groter as
verwag vir hul
liggaamsgrootte
Hominiede breine het
verdriedubbel in grootte
oor 7 miljoen jaar. Die
meeste groei het in die
laaste 2 miljoen jaar
plaasgevind
Menslike breine is duur om
te onderhou en gebruik
ongeveer 20% van die
liggaam se energie
Moontlike seleksiedruk vir die evolusie van
hominiedbreingrootte
SOSIALE VERMOË OM KOS IN
SAMEWERKING DIE HANDE TE KRY
[Aangepas: <https://static.scientificamerican.com>]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy ix van xvi
Daar is twee hoofsoorte seleksiedruk vir die evolusie van 'n groot brein
Wat is belangriker?
Hominiede het 'n dieet wat Hominiede leef in groot
moeilik is om te vind, maar groepe en staar sosiale
'n hoë voedingswaarde het uitdagings in die gesig
Ontwikkeling en die gebruik Verhoed om Val ander hominiede
van gereedskap om te jag / Vind 'n verskeidenheid voedsel bevolkings aan
gekul te word
voedsel te verwerk Stoor voedsel om
later te eet Koöperatiewe
Ontwikkeling van kleurvisie jag SOSIALE SAMEWERKING
Voorbereiding en
gaarmaak van
TOEGANG TOT VOEDSEL Kry hulpbronne
voedsel maak dit
maklik eetbaar van groeplede
Vind skuiling terwyl Vind voedsel in Leer lesse van sosiale
Ontwikkeling
daar gejag word savanne wat elke groep en ruil inligting
van spraak
seisoen verander uit
[Aangepas: González-Forero, M. & Gardner, A. 2018. Inference of Ecological and Social Drivers of Human
Brain-size Evolution. Nature 557: 554–557]
BRON B KORRELASIE VAN BREINGROOTTES
Australopithecus afarensis Australopithecus africanus
3 3
BREINGROOTTE: 400–500 cm ; klein voorkop BREINGROOTTE: 600 cm ; klein voorkop
TANDE EN DIEET: aangepas om blare te eet TANDE EN DIEET: aangepas om blare en vrugte te eet
GEREEDSKAPGEBRUIK: eenvoudige gereedskap GEREEDSKAPGEBRUIK: stokke, klippe, geen bewyse van
gereedskapswysiging
Homo habilis Homo neanderthalensis
3 3
BREINGROOTTE: 650 cm ; groot toename in Broca se BREINGROOTTE: 1 500 cm ; groot toename in Broca
area − waar spraak beheer word se area
TANDE EN DIEET: aangepas om groot verskeidenheid TANDE EN DIEET: aangepas om 'n groot verskeiden-
vrugte te eet heid vrugte, neute, graan en vleis te eet
GEREEDSKAPGEBRUIK: eenvoudige kappers en skrapers GEREEDSKAPGEBRUIK: kompleks en gewysig
[Aangepas: How has the human brain evolved over the years? 2013. Scientific American 24 (3): 76;
<http://humanorigins.si.edu>; <https://pages.vassar.edu>; <https://australianmuseum.net.au>;
<https://d330gly30227z7.cloudfront.net>; <http://www.nhm.ac.uk>; <nytimes.com>; <https://sep.yimg.com>]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy x van xvi
BRON C SOSIALE FAKTORE – KORRELASIES MET BREINGROOTTE
Dit verg 'n groot hoeveelheid verstandelike vermoë vir mense om in hul groot sosiale groepe te
bestaan. Hierdie konstante interaksie skep hoë stresvlakke. Daarom redeneer Oxford
antropoloog Robin Dunbar dat ons groot brein hoofsaaklik ontwikkel is om tred te hou met
vinnig veranderde sosiale verhoudings. As 'n individu uit die groep val, verloor die individu
toegang tot kos en maats.
Interaksie met ander groeplede behels die vermoë om ander individue effektief te manipuleer
ten einde die beste hulpbronne en maats te kry. Dit is ook 'n voordeel vir groeplede om
manipulasie te vermy. Daardie individue wat dit effektief kan doen, sal meer nakomelinge hê. 'n
Individu met 'n groter brein sal in staat wees om te manipuleer (en manipulasie te vermy).
[Aangepas: <https://theconversation.com>]
Tabel wat die gemeenskapsgrootte en breingrootte van verskillende Hominied-
spesies toon
Gemiddelde
Spesies Breingrootte (cm3) gemeenskapsgrootte
(aantal individue)
Paranthropus boisei 550 45
Australopithecus
600 48
africanus
Homo habilis 650 50
H. erectus 800 90
H. neanderthalensis 1 500 125
H. sapiens 1 300 150
[Aangepas: <36humanevolution.com>]
[Aangepas: Reader, S. M. & Laland, K. N. 2002. Social intelligence, innovation, and enhanced brain size in
primates. Proc. Natl. Acad. Sci. USA: 99(7): 4141–4142]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy xi van xvi
Wanneer twee individue A en B in 'n aggressiewe ontmoeting betrokke is en 'n derde, C, sluit
aan by die stryd ter ondersteuning van een van hulle, kan 'n alliansie gevorm word. Primate en
hominiede vorm strategiese alliansies en kompeteer vir die ondersteuning van meer
invloedryke individue. Dit beteken dat hominiede 'n brein moet hê wat gevorderd genoeg is om
die groeplede te evalueer in terme van wat hulle uit hulle kan kry.
Evaluering van die sterk punte en swak punte van ander individue is ook 'n voordeel wanneer
een groep 'n ander groep vir kos en leefruimte aanval.
[Reader S. M. & Laland, K. N. 2002. Social intelligence, innovation, and enhanced brain size in primates.
Proc. Natl. Acad. Sci. USA: 99(7): 4141–4142]
Manipulasie kom algemeen by mense voor…
"Maar genoeg oor my, laat ons nou praat oor jou geld".
[Aangepas: <http://straightfromthea.com>]
BRON D TAAL EN GROOTMAAK VAN KINDERS
Bewyse dui aan dat die vroegste hominiede in Afrika ontwikkel het en twee miljoen jaar later,
het sommige na Asië migreer. Migrasie in groot getalle het van hominiede vereis om 'n wyse
van kommunikasie te hê vir spanwerk en samewerking. Daar was dus sterk seleksiedruk vir die
ontwikkeling van primitiewe taal.
Soos sosiale strukture met verloop van tyd meer gesofistikeerd geraak het, het koöperatiewe
jag moontlik geword om groter prooi neer te trek. Dit het ook 'n hoë vlak van kommunikasie
vereis.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy xii van xvi
[Aangepas: <https://previews.123rf.com>]
[Aangepas: Bailey, D. H., & Geary, D. C. 2009. Hominid brain evolution. Human Nature 20(1): 67–79]
Emosies en hul waarskynlike evolusionêre voordeel
Die ontwikkeling van emosies, wat 'n toename in breinkompleksiteit vereis, maak groep-
kommunikasie en die manipulasie van groeplede meer doeltreffend.
Emosie Evolusionêre voordeel
Afkeer Waarskuwing van gevaarlike kos
Gelukkigheid Afwesigheid van bedreiging vir die groep
Hartseer Verkry simpatie van groeplede
Woede Waarskuwing/om dominansie aan te dui
Trots Verhoogde sosiale status
Skande Verlaagde sosiale status/wens vir vergifnis
[Aangepas: Shariff, A. F. & J. L. Tracy. 2011. What are emotional expressions for? Current Directions in
Psychological Science: 20(6): 395]
Die tydsduur wat kinders van hul ouers afhanklik is, korreleer met breingrootte: Hoe langer
kinders by hul ouers bly, hoe meer kan hulle leer. Om egter te leer, moet beide die kinders en
ouers oor groot breine beskik – die kinders om te leer en die ouers om te onderrig.
[Aangepas: <http://www.livescience.com>]
BRON E VRUGTE
Breingrootte is groter in spesies wat vrugte eet of omnivore is as in spesies wat blare eet. Dit is
omdat spesies wat vrugte eet spesiale probleme ervaar: (i) om vrugte te herken wat ryp of
veilig is om te eet en (ii) te onthou waar hulle vrugte gevind het omdat hulle afhanklik is
daarvan om vrugte te vind wat wydverspreid is in beide ruimte en tyd.
[Aangepas: Reader, S. M. & Laland, K. N. 2002. Social intelligence, innovation, and enhanced brain size in
primates. Proc. Natl. Acad. Sci. USA: 99(7): 4141–4142]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy xiii van xvi
Omdat sommige vrugte moeilik bereikbaar is of beskerm word deur verdedigingsmeganismes
soos stekels, benodig primate ook probleemoplossingsvaardighede of selfs gereedskap om
vrugte te verkry. Evolusie kon primate wat vrugte eet gedryf het om groter breine te ontwikkel
om voedsel te verkry of gevaarlike voedselsoorte te hanteer.
[Aangepas: deCasien, A. R., et al. 2017. Primate brain size is predicted by
diet but not sociality. Nature Ecology & Evolution 1: 112]
Verskillende plante en diere
beskikbaar op verskillende
tye van die jaar Groot verskeidenheid
voedselsoorte
WOUDE & SAVANNE
Prooi mag dalk nie
eweredig in omgewing
versprei wees nie
Seleksiedruk vir die ontwikkeling van 'n groot brein
ONTHOU:
Goeie vrugte is geel.
Slegte vrugte is swart/
ONTHOU:
rooi.
Hierdie dier is te vinnig
Goeie vrugte kom
om te vang.
slegs op sekere
Hierdie dier is gevaarlik. plekke voor.
Hierdie dier kom slegs
aan die anderkant van
die rivier voor.
ONTHOU:
Goeie geel vrugte is nou
beskikbaar, maar ander goeie
geel vrugte word later
beskikbaar.
Goeie vrugteboom is oor-
kant rivier, oor heuwel,
deur moeras …
[Prent aangepas: <https://www.economist.com>]
[Aangepas: Khanna, D. R. 2004. Human Evolution. Discovery Publishing House, New Delhi]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy xiv van xvi
Die grafiek toon, vir verskillende spesies, die
korrelasie tussen die persentasie van hulle dieet
wat uit vrugte bestaan en hul breingrootte
Breingrootte
Persentasie van dieet wat
uit vrugte bestaan
[Aangepas: deCasien, A. R., et al. 2017. Primate brain size is predicted by diet but not sociality. Nature
Ecology & Evolution 1: 112]
BRON F KLIMAATSVERANDERING
Menslike breingrootte het die vinnigste ontwikkel gedurende 'n tyd van dramatiese klimaats-
verandering. Groter, meer komplekse breine het die vroeë mense van hierdie tydperk toegelaat
om op nuwe en verskillende maniere met mekaar en hul omgewings in wisselwerking te wees.
Namate die omgewing meer onvoorspelbaar geword het, het groter breine ons voorvaders
gehelp om te oorleef.
WAAROM DIE SKIELIKE TOENAME IN BREINGROOTTE?
[Smithsonian Museum of Natural History]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy xv van xvi
BRON G EKSPERIMENTELE BEWYS
Gereedskapgebruik word dikwels genoem as seleksiedruk vir die evolusie van 'n groot brein.
Byvoorbeeld, ape gebruik gereedskap en hul breine is aansienlik groter as dié van soogdiere
wat min of meer so groot soos ape is.
1 100 wetenskaplike ondersoeke oor primaatgedrag is geanaliseer vir voorbeelde van die
gebruik van gereedskap en innovering in gereedskapgebruik. Dit is vergelyk met die
breingrootte van die betrokke spesies.
"Innovering in gereedskapgebruik" verwys na gereedskap wat vervaardig word, soos stokke wat
op nuwe maniere gebruik word (bv. om termiete te versamel). Hoe meer innovering in 'n
spesie, hoe groter is hulle breine.
Sjimpansee versamel termiete met 'n stok
[Aangepas: <https://images.newscientist.com>]
[Aangepas: Seyfarth, R. M. & Cheney, D. L. 2002. What are Big Brains for? Proc. Natl. Acad. Sci. USA
99(7): 4141-4142]
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: VRAESTEL II – BRONMATERIAALBOEKIE Bladsy xvi van xvi
BRON H GEBRUIK VAN GEREEDSKAP & KOOK
Gebruik van gereedskap in verskillende hominiede spesies
Miljoene jare voor die hede
4 3 2 1 0
Australopithecus afarensis
A. africanus
Homo habilis
H. erectus
eenvoudige H. neanderthalensis
skerpgemaakte klip vir skraap, fynstamp
H. sapiens
en kap
groter sny-
oppervlaktes
handbyle
komplekse vuurklip-
pyle en visvang-
implemente, byle
[Aangepas: <https://i.pinimg.com>; <http://4.bp.blogspot.com>; <https://www.researchgate.net>;
<http://www.bradshawfoundation.com>; <https://i.ebayimg.com>]
Visvang vereis 'n groot brein om op hoogte te wees van getye en om gereedskap te ontwikkel
wat benodig word om vis te vang en gereedskap wat benodig word om skulpvis soos oesters en
mossels oop te forseer.
[Aangepas: Acedo Carmona, C & Gomila A. 2016. A critical review of Dunbar's social brain hypothesis.
Revista Internacional de Sociologica 74(3): 37]
Groot breingrootte kan ook aan die evolusie van kook gekoppel word. Daardie individue met 'n
brein wat kon uitwerk hoe om kos te kook, kon 'n voordeel gehad het, omdat gekookte kos
gewoonlik sagter is as rou kos, sodat mense met kleiner tande en swakker kake dit kan eet.
Kook verhoog ook die energie wat hulle kan kry uit die kos wat hulle eet. Byvoorbeeld,
styselrige aartappels en ander knolle, wat deur mense regoor die wêreld geëet word, is nie
verteerbaar as dit rou is nie.
Antropoloog Richard Wrangham het voorgestel dat kook voor 1,8 miljoen jaar gelede ontstaan
het. As die gebruik so vroeg ontstaan het, kon dit 'n definieerbare eienskap van ons spesie
verklaar het: die toename in breingrootte wat rondom hierdie tyd plaasgevind het.
[Aangepas: Food for Thought: Was Cooking a Pivotal Step in Human Evolution?
<https://www.scientificamerican.com>]
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Life Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Life Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Life Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Life Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Life Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

AddendumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

AddendumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2018 Addendum

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo
Related documents

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

Information sheetIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Information Sheet (Afrikaans)
More from Grade 12 Life Sciences

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 3 2019 Question Paper

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 3 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

Information sheetIEB