Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2019
LEWENSWETENSKAPPE: PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
EKSAMENNOMMER
Tyd: 1½ uur 50 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Skryf jou eksamennommer in die bostaande blokkies.
2. Hierdie Praktiese assesseringstaak bestaan uit 10 bladsye en 'n aparte geel
Inligtingsblad van 2 bladsye (i – ii). Maak asseblief seker dat jou PAT volledig is.
3. Jy het tien minute leestyd voordat jy begin. Jy word aangeraai om noukeurig te lees
en tyd te spandeer om jou werk te beplan.
4. Voer die taak sorgvuldig uit. Jy sal geassesseer word op jou vermoë om instruksies
te volg.
5. Standaard toegewings sal van toepassing wees in hierdie PAT.
6. Beantwoord asseblief die vrae in die spasies wat voorsien word. Indien jy meer
spasie vir jou antwoorde benodig, gebruik SLEGS die laaste bladsye in hierdie
vraestel. Geen ekstra papier mag by hierdie boekie bygevoeg word nie.
Toesighouers word versoek om die volgende na die PAT te voltooi.
KRITERIA
Volg instruksies 0 1
Prosesvaardighede 0 1
Manipulerende vaardighede 0 1
TOTAAL (3)
SLEGS VIR GEBRUIK DEUR NASIENERS
Prosedure Totaal
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all





Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Life Sciences Paper 3 question paper from the 2019 (Afrikaans), 10 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Life Sciences · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Life Sciences
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2019
- Paper
- 3
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 10
- File size
- 292.7 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 10
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 2 van 10
Lees asseblief die Inligtingsblad baie noukeurig deur voordat jy begin en verwys
daarna tydens jou ondersoek.
Daar is twee dele in hierdie PAT: Deel 1 − Ondersoek en Deel 2 − Eksperimentele
Ontwerp.
'n Farmaseutiese maatskappy, tesame met herpetoloë (mense wat slange
bestudeer), het 'n nuwe polivalente (veeldoelige) slang teengif (PVSA) ontwikkel
teen 18 slangspesies wat in Afrika voorkom. Dit het die potensiaal om verdun te
word, waardeur meer teengif oor die langtermyn beskikbaar gestel word.
Jy is gevra om die doeltreffendheid van die nuwe PVSA by 'n verskeidenheid
konsentrasies te toets ten einde die laagste konsentrasie waarby die PVSA steeds
aktief is, te bepaal.
Voordat jy met die ondersoek begin, maak asseblief seker dat jy die volgende toerusting
en oplossings by jou werkstasie het:
• vyf identiese bekers of houers
• 'n beker of houer gemerk PVSA* (100% konsentrasie)
• pipet of drupper
• 20 ml spuit
• 10 ml spuit
• soutoplossing in 'n koppie of beker
• polistireenkoppie of -beker wat kraanwater bevat vir afspoel
• balpuntpen-buisie of strooitjie of glasbuis
• dissekteernaald/tang
• papierhanddoek
• permanente merkpen
• een vel A4 gewone wit papier
• toegang tot 'n muurklok of horlosie
• roerstafie of sosatiestokkie
• een Petri-bakkie met 'n blou gel wat 'n mengsel van slanggif** bevat
* Die PVSA wat in hierdie ondersoek voorsien is, is nie 'n ware teengif nie; dit is voorberei om teengif na te
boots.
** Die Petri-bakkie wat in hierdie ondersoek voorsien is, bevat geen slanggif nie; dit is voorberei om slanggif
na te boots.
Onthou
Lees asseblief die Inligtingsblad baie noukeurig deur voordat jy begin en verwys
daarna tydens jou ondersoek.
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 3 van 10
DEEL 1 ONDERSOEK
1.1 Plaas die Petri-bakkie in die middel van die vel wit papier.
1.2 Gebruik 'n merkpen en maak 'n merk by die "12 uur", "3 uur", "6 uur" en "9 uur"
posisies op die papier. Gebruik die Petri-bakkie soos die horlosiegesig wat in
Figuur A op jou inligtingsblad getoon word. Skryf "A", "B", "C" en "D" op die papier,
soos in Figuur A getoon.
1.3 Gebruik die plastiese "buis" gedeelte van die pen (of glasbuis of strooitjie) en steek
vyf gate in die gel soos getoon in Figuur B op jou inligtingsblad. Indien 'n pen se
buis gebruik word, gebruik die grootste kant (gewoonlik die agterkant) van die buis
om die holtes te maak. Die holtes moet 15 mm van die rand van die Petri-bakkie
wees, soos getoon in Figuur B. Maak holte E in die middel van die Petri-bakkie.
1.4 Gebruik die dissekteernaald of tang om die vyf "proppe" van die vyf "holtes" wat jy
in 1.3 geskep het, te verwyder. Plaas die proppe op die papierhanddoek. Hierdie
proppe sal weggegooi word.
1.5 Gebruik 'n liniaal en meet die deursnit van holte E. Teken die deursnit in die
onderstaande spasie aan.
_________________________ mm (1)
1.6 Gebruik 'n merkpen en merk vyf bekers/houers A, B, C, D en E.
1.7 Gebruik 'n geskikte spuit en plaas 40 ml soutoplossing in bekers A tot D. Spoel die
spuit uit.
1.8 Gebruik 'n geskikte spuit en plaas 50 ml PVSA in houer E.
1.9 Gebruik 'n geskikte spuit en verwyder 10 ml van PVSA uit houer E en plaas dit in
houer D. Roer met roerstokkie of sosatiestokkie om te meng.
1.10 Gebruik dieselfde spuit en verwyder 10 ml van die oplossing uit houer D en plaas
dit in houer C. Roer met roerstokkie of sosatiestokkie om te meng.
1.11 Gebruik dieselfde spuit en verwyder 10 ml van die oplossing uit houer C en plaas
dit in houer B. Roer met roerstokkie of sosatiestokkie om te meng.
1.12 Gebruik dieselfde spuit en verwyder 10 ml van die oplossing uit houer B en plaas
dit in houer A. Roer met roerstokkie of sosatiestokkie om te meng.
1.13 Gebruik dieselfde spuit en verwyder 10 ml van die oplossing uit houer A en plaas
die spuit op die vel wit papier langs die Petri-bakkie.
ROEP DIE TOESIGHOUER OM JOU WERK TE ASSESSEER
1.14 Gebruik 'n pipet en plaas genoeg van die oplossing van houer A (sowat 1 tot 3
druppels) in holte A in die Petri-bakkie. Moenie oorvol maak of toelaat dat die
holtes oorloop nie.
1.15 Sonder om die pipet uit te spoel, herhaal stap 1.14 en plaas die oplossings van
houers B tot E in die ooreenstemmende holtes B tot E in die Petri-bakkie.
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 4 van 10
1.16 Bedek die Petri-bakkie met die deksel en laat vir 20 min ongehinderd bly. Gaan
voort met die res van die vrae vanaf 1.23 en verder, gedurende hierdie tyd.
1.17 Verwyder die deksel van die Petri-bakkie teen 20 minute en teken jou resultate in
die onderstaande tabel aan. Bereken die konsentrasie van die PVSA-oplossing van
holtes B, C en D. Verskaf 'n gepaste opskrif vir die tabel.
Opskrif: __________________________________________________________
__________________________________________________________________
Teenwoordigheid van geel
Holte Konsentrasie kring* rondom holte teen 20
PVSA-oplossing (%) minute (ja of nee)**
A 0,16
B
C
D
E 100
*kring: sirkelvormige area of ring van 'n verskillende kleur rondom die holte
**moenie enige kleurveranderinge na 20 minute aanteken nie (5)
1.18 (a) Teken die letter van die holte met die grootste kring aan: _________ (1)
(b) Teken die deursnit van die grootste geel kring aan: _____________mm (1)
1.19 Identifiseer EEN gekontroleerde/vaste veranderlike wat relevant is vir hierdie
ondersoek en verduidelik hoe hierdie veranderlike beheer is.
(3)
1.20 Skryf 'n gevolgtrekking neer om die waarnemings in jou tabel te verduidelik. Sluit 'n
opmerking oor die effektiwiteit van die verdunning van die PVSA in jou antwoord in.
(3)
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 5 van 10
1.21 In plaas daarvan om slegs die teenwoordigheid/afwesigheid van 'n geel kring
rondom elke holte waar te neem, wat kan eerder gedoen word om die resultate
meer kwantitatief te maak?
(2)
1.22 Indien dit "werklike" monsters van PVSA en slanggif was, noem enige
voorsorgmaatreël wat tydens die toetsing van die monsters in die laboratorium
geneem moet word.
(1)
1.23 Hieronder is 'n skanderings- (oppervlak-) elektronmikrograaf wat die prominente
groef (aangedui deur die horisontale pyl) op die giftand van 'n gebande slang
(Bothryum lentiginosum) aandui. Maak 'n biologiese skets van slegs die giftand in
die onderstaande spasie en benoem die groef. Jou skets moet groter as die
oorspronklike mikrograaf wees.
[Aangepas: < https://www.researchgate.net/>]
(5)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 6 van 10
1.24 'n Studie is uitgevoer waarin die tyd wat geneem is vir die neutralisering van die
slanggif, getoets is vir drie verskillende universele antisera. Die resultate van die
eksperiment word in Tabel 1.24 getoon. Gebruik die data in die tabel en teken die
grafieklyne in op die onvoltooide onderstaande grafiek. Voeg die benoemings vir
die asse by en verskaf 'n sleutel.
Tabel 1.24: Tyd geneem vir die neutralisering van slanggif deur drie
universele antisera.
Antiserum naam Slanggif konsentrasie (µg/L)
0 ure (begin) 6 ure 12 ure 18 ure 24 ure 36 ure
PAN AFRICA CLEAR 400 300 200 100 0 0
PROVALENT 400 250 100 50 25 0
VIPERA 450 150 75 0 0 0
500
450
400
350
300
250
200
150
100
50
0
0 6 12 18 24 30 36
(8)
(a) Watter van die drie universele antisera het die vinnigste tempo van
neutralisering gehad?
(1)
(b) Daar is 'n eksperimentele fout in die ontwerp van hierdie studie. Identifiseer
hierdie fout deur die inligting uit die grafiek of Tabel 1.24 te gebruik.
_______________________________________________________
(1)
[35]
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 7 van 10
DEEL 2 EKSPERIMENTELE ONTWERP
Jy is voorsien van vier nuut ontwikkelde kobra-antisera (W, X, Y en Z). Elk van die antisera het
dieselfde konsentrasie. Jy is gevra om 'n eenvoudige toets te ontwerp om te sien watter
antiserum die kobragif kan neutraliseer. 'n Paar Petri-bakkies wat 'n blou gel en kobragif bevat,
word ook aan jou voorsien. Die blou gel sal 'n geel kring tydens neutralisasie met die antiserum
produseer.
2.1 Formuleer 'n hipotese vir hierdie eksperiment wat jy ontwerp.
(3)
2.2 Noem die onafhanklike veranderlike wat in hierdie eksperiment gebruik
word.
(2)
2.3 Noem die afhanklike veranderlike wat in hierdie eksperiment gebruik word.
(2)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 8 van 10
2.4 Omskryf jou metode op die eenvoudigste manier deur gebruik te maak van
genommerde punte.
(8)
[15]
Totaal: 50 punte
IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE – PAT Bladsy 9 van 10
BYKOMENDE BLADSYE (gebruik slegs indien nodig)
IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: LEWENSWETENSKAPPE: PAT Bladsy 10 van 10
IEB Copyright © 2019
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Life Sciences notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Life Sciences questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Life Sciences quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Life Sciences past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Life Sciences and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P1 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Question Paper

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P2 2019 Question Paper (Afrikaans)
Related documents

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Question Paper (Afrikaans)

Information sheetIEB
Life Sciences Grade 12 IEB P3 2019 Information Sheet (Afrikaans)

Question paperIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 3 2019 Question Paper

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 3 2019 Memo
More from Grade 12 Life Sciences

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Memo

MemorandumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 1 2019 Memo

AddendumIEB
Life Sciences Grade 12 IEB Paper 2 2019 Addendum

Information sheetIEB
Life Sciences Grade 12 IEB 2019 Information Sheet

Question paperIEB