Downloaded from hlayiso.com
RELIGIESTUDIES
EKSAMENRIGLYNE
GRAAD 12
2021
Hierdie riglyne bestaan uit 6 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to content


_hlayiso.com_--7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102/v1-c17ddb90e7382f6908a3/card.webp)


View all





Religion Studies Grade 12 Religion Studies 2021 Guideline
Grade 12 Religion Studies exam guideline from the Religion Studies 2021 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download.
Religion Studies · Grade 12 · Religion Studies · 2021. Exam guideline, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Exam guideline
- Year
- 2021
- Exam period
- Religion Studies
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 6
- File size
- 237.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 6
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies 2 DBE/2021
Eksamenriglyne
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
1. INLEIDING .................................................................................................................. 3
2. ASSESSERING IN GRAAD 12 ..................................................................................... 4
3. UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV) ......................................... 4
4. SLOT ............................................................................................................................ 6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies 3 DBE/2021
Eksamenriglyne
1. INLEIDING
Die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) vir Religiestudies beskryf die aard en
doel van die vak Religiestudies. Dit gee leiding aan die filosofie wat die basis is van die onderrig
en assessering van die vak in graad 12.
Die doel van hierdie Eksamenriglyne is om:
Duidelikheid te gee oor die diepte en omvang van die inhoud wat in die graad 12 Nasionale
Seniorsertifikaat (NSS) -eksamen in Religiestudies geassesseer gaan word.
Bystand te verleen aan onderwysers om leerders doelmatig vir die eksamens voor te berei.
Hierdie dokument gee aandag aan die finale graad 12 eksterne eksamens. Dit behandel op geen
vlak die Skoolgebaseerde Assessering (SBA) nie.
Hierdie Eksamenriglyne moet gelees word saam met:
Die Nasionale Kurrikulumstelling (NKS) se Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring
(KABV): Religiestudies
Die Nasionale Protokol vir Assessering: 'n Addendum tot die beleidsdokument, die Nasionale
Senior Sertifikaat: 'n Kwalifikasie op Vlak 4 op die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR)
rakende die Nasionale Protokol vir Assessering (Graad R–12)
Nasionale beleid met betrekking tot die program- en promosievereistes van die Nasionale
Kurrikulumstelling, graad R–12
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies 4 DBE/2021
Eksamenriglyne
2. ASSESSERING IN GRAAD 12
2.1 FORMAAT VAN DIE VRAESTELLE
Die eksterne eksamen bestaan uit twee vraestelle van TWEE UUR ELK. Die vraestelle dra
dieselfde gewig, met 'n totaal van 150 punte elk. Die vraestelle is daarop gerig om die leerder se
kennis van die graad 12-vakinhoud in die geheel, sowel as die vakkennis van graad 10 en 11 te
toets. Graad 11-inhoud mag tot 20% van elk van die twee vraestelle uitmaak.
Eksamineerbare Onderwerpe van graad 10 en 11 in graad 12
GRAAD 12 VRAESTEL 1 GRAAD 12 VRAESTEL 2
Hoofdimensies wat algemeen by alle Godsdiens en die regering (van graad 11)
godsdienste gevind word (van graad 10)
Tipes rituele en hulle rolle (van graad 11)
Twee punte word vir elke geldige punt toegeken, bv. 'n vraag wat 10 punte tel, sal vyf geldige feite
vereis. In AFDELING A van Vraestel 1 sal daar egter slegs EEN punt vir elke feit toegeken word,
tensy dit anders aangedui word.
2.2 KOGNITIEWE VLAKKE
Formele assessering in Religiestudies maak voorsiening vir 'n reeks kognitiewe vlakke, soos volg:
GEWIG BESKRYWING VAN KOGNITIEWE VLAK BLOOM SE
(%) TAKSONOMIE
30% Herroep (kennis) Vlak 1 en 2
40% Begrip Vlak 3 en 4
30% Analise, toepassing, evaluering en sintese Vlak 5 en 6
3. UITBREIDING VAN DIE INHOUD VIR GRAAD 12 (KABV)
Die religieë (godsdienste) wat in die vak bestudeer moet word, is op grond van hul
teenwoordigheid in Suid-Afrika gekies. Dit is die volgende:
Afrika Tradisionele Godsdiens/Afrika-godsdiens
Hindoeïsme
Boeddhisme
Baha'i-geloof
Judaïsme
Die Christelike godsdiens
Islam
Taoïsme
Sekere onderwerpe of onderafdelings van onderwerpe in die KABV-dokument (onder 'Wat
onderrig moet word') is as 'Spesialisering in een religie' aangedui. Dit beteken dat hoewel die
relevante inhoud met betrekking tot al agt religieë in die lys hierbo bestudeer moet word, moet 'n
diepgaande studie oor die onderwerp of onderafdelings van die onderwerp met betrekking tot
slegs een religie, soos deur die kandidaat gekies, gedoen word.
Alhoewel die aanbevole handboeke die kerninhoud van die vak verskaf, moet die studie van
hierdie vak ook aktuele kwessies insluit wat die onderlinge verhouding tussen religie en die
samelewing beïnvloed. Dit is derhalwe noodsaaklik dat leerders kennis dra van mediadekking
(beide huidige en onlangse nasionale en internasionale verwikkelings wat 'n impak op religie het).
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies 5 DBE/2021
Eksamenriglyne
VRAESTEL 1
Daar word van kandidate verwag om DRIE vrae te beantwoord: een verpligte vraag (kortvrae van
50 punte) en 'n keuse van twee uit drie of vier vrae van 50 punte elk.
AFDELING A (Verpligtend)
Die vrae in AFDELING A vereis antwoorde bestaande uit een woord en kort paragrawe. Hierdie
afdeling sluit ook vrae in wat kort verduidelikings en bondige beskrywings vereis.
Vraagtipes sluit in waar/onwaar-vrae (met redes), pasitems en meervoudigekeuse-vrae.
LET WEL: Elke feit in hierdie afdeling tel EEN punt, tensy anders aangedui.
AFDELING B (Beantwoord TWEE uit drie of vier vrae.)
Vrae fokus op die ondersoek van 'n wye reeks bronne, soos tekste, kaarte, grafieke, ens. en sluit
vergelykende vrae in. Die antwoorde wat verlang word, wissel van kort antwoorde tot paragrawe.
In hierdie afdeling word die volgende onderwerpe geassesseer:
Konseptuele onderskeidings, bv. identiteit, uniekheid, eenheid, ooreenkoms, verskil en
vergelykbaarheid
Waardering vir die uniekheid van verskillende godsdienste
Religieuse leringe
Godsdiensvryheid, menseregte en mense se verantwoordelikhede
Ondersoek mediadekking van publieke kwessies wat godsdienstige implikasies het:
o Evalueer mediadekking van godsdienstige kwessies
o Ondersoek faktore wat godsdienstige kwessies beïnvloed
o Bied bevindinge aan
Godsdiens in gebiede waar konflik onlangs in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld plaasgevind
het:
o Analiseer die situasie
o Op watter maniere is godsdiens deel van die probleem?
o Op watter maniere is godsdiens deel van die oplossing?
VRAESTEL 2
Hierdie vraestel bestaan uit vier of vyf vrae. Daar sal van kandidate verwag word om slegs drie
vrae te beantwoord. Die vrae tel almal dieselfde getal punte, nl. 50 punte elk.
Vrae sal fokus op die ontleding en interpretasie van generiese kwessies rakende godsdienste.
Daar word van kandidate verwag om 'n standpunt in te neem oor die kwessie/kwessies uit 'n
Religiestudies-perspektief, en om argumente ten gunste van en teen hierdie standpunt aan te
voer. 'n Bron kan ingesluit word om as prikkel te dien.
Die volgende onderwerpe word in hierdie vraestel geassesseer:
Die sentrale leringe van een religie (met spesialisering in EEN religie)
o Die aard van godheid
o Die aard van die wêreld
o Die aard van die mensdom, met verwysing na die samelewing en die individu
o Die plek en verantwoordelikheid van menslikheid in die wêreld
o Die oorsprong en rol van die bose
o Oorwinning oor die bose
o Lewe na die dood
Die rol van rituele in religie
Interne verskille in 'n AANTAL religieë (met spesialisering in EEN religie)
o Hoofkenmerke van sodanige differensiasies
o Verduidelik die hoofeienskappe van hierdie groepe met verwysing na Leringe, Bestuur
(Leiding) en Praktyk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies 6 DBE/2021
Eksamenriglyne
Geskiedenis en hedendaagse dinamiek van intergodsdienstige verhoudinge in Suid-Afrika
asook in die internasionale gemeenskap
o Verhouding tussen politiek en godsdiens (kolonialisme, imperialisme,
liberalisme/bevryding en transformasie)
Normatiewe bronne in verskillende godsdienste
Maniere om normatiewe bronne (hermeneutiese beginsels) te interpreteer (met spesialisering
in EEN religie)
o Werklike interpretasie van normatiewe bronne
o Interpretasie in detail van een normatiewe bron
Religie en die wetenskappe
o Ondersoek die veranderende verhouding tussen religie en die natuurlike wetenskappe
o Die skepping en evolusie vanuit wetenskaplike en verskeie godsdienstige oogpunte
Ontleding van ten minste TWEE sekulêre wêreldbeskouings. Die vier vasgestelde
wêreldbeskouings in die KABV is ateïsme, agnostisisme, humanisme en materialisme.
Die oorsprong, doel en invloedryke faktore van ten minste TWEE sekulêre wêreldbeskouings
Die ontwikkeling van 'n strategie om 'n groot probleem in die samelewing op te los, soos
hieronder gespesifiseer
Vir die finale eksamen 2021 en die Mei/Junie-eksamen 2022:
o Morele agteruitgang
o Xenofobie en rassisme
o Geslagsgebaseerde geweld
Vir die finale eksamen 2022 en die Mei/Junie-eksamen 2023:
o Eutanasie/genadedood
o Middelmisbruik
o Omgewingsagteruitgang
Vir die finale eksamen 2023 en die Mei/Junie-eksamen 2024:
o Tienerswangerskap
o Misdaad en korrupsie
o Die huwelik en egskeiding
LET WEL: Die vasgestelde hoof- maatskaplike probleme moet in die konteks van
godsdienstige leringe bestudeer word. Sulke leringe moet uit 'n verskeidenheid
godsdienste gekies word. Aan die einde van die 2023 moet die onderwerpe vir die
drie-jaar-siklus herhaal word, tensy dit deur 'n meer onlangse Eksamenriglyn-
dokument vervang word.
4. SLOT
Hierdie Eksamenriglyne-dokument is bedoel om die assesseringsaspirasies wat in die KABV-
dokument voorgestaan word, te verwoord. Dit is derhalwe nie 'n plaasvervanger van die KABV-
dokument, wat onderwysers vir onderrig moet gebruik, nie.
Kwalitatiewe kurrikulum-dekking, soos uiteengesit in die KABV, kan nie oorbeklemtoon word nie.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 Memo (English)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Eng)
_hlayiso.com_--7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102/v1-c17ddb90e7382f6908a3/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper