Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V1
2022
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 




_hlayiso.com_--7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102/v1-c17ddb90e7382f6908a3/card.webp)
View all





Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 10
- File size
- 208.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 10
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1The Variety of Religions10 marks
- Question 1.2The Variety of Religions6 marks
- Question 1.3The Variety of Religions6 marks
- Question 1.4The Variety of Religions24 marks
- Question 1.5The Variety of Religions10 marks
- Question 1.6Common Features of Religion6 marks
Show all 22 questions
- Question 2.1Common Features of Religion16 marks
- Question 2.2The Variety of Religions16 marks
- Question 2.3Topical Issues in Society4 marks
- Question 2.4Common Features of Religion4 marks
- Question 2.5The Variety of Religions6 marks
- Question 2.6The Variety of Religions4 marks
- Question 3.1Topical Issues in Society30 marks
- Question 3.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 3.3Topical Issues in Society10 marks
- Question 4.1Common Features of Religion6 marks
- Question 4.2Research Into and Across Religions34 marks
- Question 4.3Research Into and Across Religions10 marks
- Question 5.1Topical Issues in Society8 marks
- Question 5.2Topical Issues in Society6 marks
- Question 5.3Common Features of Religion24 marks
- Question 5.4Topical Issues in Society12 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 2 DBE/2022
SS/NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B.
2. AFDELING A: VERPLIGTEND
AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
3. Lees AL die vrae aandagtig deur.
4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke
vraag toegeken is.
6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 3 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D.
1.1.1 Geloof in die bestaan van gode of god:
A Dualisme
B Judaïsme
C Teïsme
D Monoteïsme (1)
1.1.2 'Die Een lewer die Twee. Die Twee lewer die Drie en die Drie lewer
die tien duisend dinge' ('The One produces the Two. The Two
produces the Three and the Three produces the ten thousand
things') is 'n aanhaling uit die …
A Talmoed.
B Tao Te Ching.
C Boek van Mormon.
D Vedas. (1)
1.1.3 Godsdienstige wette wat deur Ortodokse Jode gehoorsaam word,
word … genoem.
A geloof in die Tora
B lering oor Jahweh
C Genesis
D Halakhah (1)
1.1.4 Om vas te hou aan tradisionele, konvensionele waardes word …
genoem.
A Confucianisme
B Sekularisme
C konserwatisme
D dwaalleer/kettery (1)
1.1.5 Watter EEN van die volgende is NIE een van die Hindoe-geskrifte
NIE?
A Upanishads
B Punjab
C Vedas
D Bhagavad Gita (1)
1.1.6 Boeddhisme is grootliks deur … beïnvloed.
A Hindoeïsme en Islam
B Islam en Sikhisme
C Taoïsme en Hindoeïsme
D Islam, Hindoeïsme en Confucianisme (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 4 DBE/2022
SS/NSS
1.1.7 Die persoon wat Profeet Mohammed na sy dood in 632 AE
opgevolg het, was …
A Abu Bakr.
B Hussein.
C Umar.
D Ismael. (1)
1.1.8 'Niemand sal aan arbitrêre inhegtenisneming, aanhouding of
ballingskap onderworpe wees nie …' is 'n aanhaling uit die …
A Universele Verklaring van Menseregte.
B Handves vir Barmhartigheid.
C Onafhanklikheidsverklaring van die Verenigde State van
Amerika.
D Vryheidsmanifes. (1)
1.1.9 Die sentrale doktrines van die Bahá'i-geloof word in die … vervat.
A Koran
B Tora
C Vedas
D Kitab-i-Aqdas. (1)
1.1.10 Die geslagslyn van 'n voorouer tot by 'n persoon of gesin/familie:
A Voorganger
B Paternaal
C Literalis
D Stamboom (1)
1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf.
Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.2.1 Bevryding uit die siklus van weergeboorte by Hindoeïsme word …
genoem. (1)
1.2.2 Die aanneem van valse godsdienstige oortuiging en praktyk word …
genoem. (1)
1.2.3 Die persoon wat die gemeentegebed in Islam lei, is die … (1)
1.2.4 Hierdie geestelike en fisiese oefening wat spesifieke
liggaamshoudings en asemhalingbeheer gebruik, word … genoem. (1)
1.2.5 'n Geloof wat beweer dat alle godsdienste paaie na die waarheid is
en dat hulle ewe waar is, word … genoem. (1)
1.2.6 Die organisasie wat vir die eerste keer in 1970 in Kyoto, Japan,
byeengekom het, is die … (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 5 DBE/2022
SS/NSS
1.3 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs
die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die
ANTWOORDEBOEK neer. Moet NIE enige letter meer as een keer gebruik
NIE.
KOLOM A KOLOM B
1.3.1 Ander onderafdelings binne A kosjer
Protestantisme
B ahimsa
1.3.2 Begrip en vergifnis tussen mense wat
'n slegte verhouding gehad het C mantra
1.3.3 Dit wat in Judaïsme toelaatbaar is D versoening
1.3.4 Toon diep respek of eer vir iemand of E Nirvana
iets
F Eucharistie
1.3.5 Moet nooit enigiets wat lewe skade
berokken nie G kerkverbande
1.3.6 Staat van perfekte geluk en vrede in H verering
Boeddhisme
(6 x 1) (6)
1.4 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die
woord langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.6) in die ANTWOORDEBOEK
neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE.
VOORBEELD: piesang; appel; aartappel; druiwe
ANTWOORD: aartappel
REDE: Die ander is almal vrugte.
1.4.1 Shoghi Effendi; Haifa; Jerusalem; Bahá'u'lláh (2)
1.4.2 Mohammed; Allah; Bahá'u'lláh; Abu Bakr (2)
1.4.3 Saïvisme; Shaktisme; Soefisme; Vaishnavisme (2)
1.4.4 Mitzvot; Tripitaka; Bybel; Vedas (2)
1.4.5 Boeddhisme; Hindoeïsme; Taoïsme; Bahá'i (2)
1.4.6 Tao Te Ching; niebestaan; die Tien Gebooie; onvoorspelbaarheid (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 6 DBE/2022
SS/NSS
1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of
'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK
neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is.
1.5.1 In Judaïsme is Dawid die goddelike naam van God. (2)
1.5.2 Die heilige teks van die Bahá'i-geloof is oorspronklik in Grieks
geskryf. (2)
1.5.3 Volgens die Taoïstiese siening is die oorsprong van al die wêreld
se prosesse tien duisend dinge. (2)
1.5.4 Hindoeïsme leer dat 'n persoon god kan wees. (2)
1.5.5 Die stigter van Boeddhisme was Swami Vivekenanda. (2)
1.6 In die konteks van godsdiens, skryf EEN feit oor ELK van die volgende terme
neer:
1.6.1 Jin en Jang (1)
1.6.2 Ideologie (1)
1.6.3 Mite (1)
1.6.4 Eenheid (1)
1.6.5 Uniekheid (1)
1.6.6 Eucharistie (1)
TOTAAL AFDELING A: 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 7 DBE/2022
SS/NSS
AFDELING B
Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling.
VRAAG 2
2.1 In die konteks van godsdiens, noem TWEE feite oor ELK van die volgende:
2.1.1 Gemeenskaplike lewenswyse (4)
2.1.2 Tao (4)
2.1.3 Reïnkarnasie (4)
2.1.4 Vier Edel Waarhede (4)
2.2 Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste:
2.2.1 Judaïsme (4)
2.2.2 Christenskap (4)
2.2.3 Bahá'i-geloof (4)
2.2.4 Hindoeïsme (4)
2.3 Verduidelik die filosofie van Ubuntu. (4)
2.4 Beskryf TWEE faktore wat die godsdienstige identiteit van mense vorm. (4)
2.5 Bespreek DRIE ooreenkomste tussen Christenskap en Afrika Tradisionele
Godsdiens. (6)
2.6 Verduidelik die verskil tussen die konsepte lering en geloof. (4)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 8 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 3
3.1 Bestudeer die bronne hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
BRON A
VOOROORDEEL TEEN GODSDIENS?
In 'n navorsingstudie by Amerikaanse universiteite is daar bevind dat
Christen-studente 'n baie klein minderheid van hulle wetenskap-fakulteite
uitmaak. Een moontlike verduideliking is dat wetenskapdepartemente/-
fakulteite teen Christen-studente bevooroordeeld is wat aktief deelname kan
ontmoedig en voorkom dat Christen-studente wetenskaplikes word.
Hierdie studie wat by wetenskap-fakulteite op twee universiteitskampusse
gedoen is, het bevind dat 'n biologie-professor 'n Christen-student, wat op 'n
sendingtoer saam met sy kerkgroep gegaan het, as 'minder geskik vir werk,
minder bevoeg en minder innemend' beskou het as studente wat nie hulle
Christen-identiteit onthul het nie. Vooroordeel teenoor Christene in die
wetenskapsveld is moontlik beperk tot 'n spesifieke tipe Christenskap wat
wetenskaplikes fundamentalisties en/of evangelisties genoem het.
[Vertaal en aangepas uit https//www.USAID.religion//Journals.plos.org.]
BRON B
GODSDIENS IN DIE MEDIA
Indien jy voel dat daar die afgelope paar jaar meer godsdiensbesprekings in
die Britse media plaasvind, toon 'n tien-jaar-studie van verskillende
mediavertonings dat jy reg is. Dekking van gewilde godsdiens, Christenskap
en die openbare lewe, Islam en ander godsdienste, en ateïsme en
sekularisme het sedert die aanval op 9/11 op die Amerikaanse Twin Towers
toegeneem.
Dit is nie beperk tot nuusdekking nie, maar is ook duidelik in sport, vermaak
en advertensies. Die heel grootste groei is in die dekking van Islam en dit is
oorweldigend negatief: Islam word as 'n 'probleem' voorgestel. Dekking van
die Christelike geloof is egter ook groot. Waarom sal dit so wees as
kerkbywoning en ortodokse Christelike geloof in dieselfde tydperk afgeneem
het?
Godsdiens word steeds in die taal van populêre kultuur weerspieël en
Christenskap word steeds as deel van die nasionale erfenis en die Britse
landskap voorgestel. In 'n nasie wat toenemend as gevolg van afnemende
deelname godsdienstig ongeletterd is, is die media belangriker as ooit om die
publiek oor godsdienstige sake in te lig.
[Bron: https://www.religionandsociety.org.uk/publications/journal-artikels]
3.1.1 Volgens BRON A, waarom word Christen-studente in wetenskap-
fakulteite onderverteenwoordig? (2)
3.1.2 Met verwysing na BRON A, wat is die invloede van vooroordeel
teen godsdiens by universiteite? (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 9 DBE/2022
SS/NSS
3.1.3 Evalueer die betroubaarheid van die navorsing wat in beide
BRONNE A en B hierbo gedoen is. (8)
3.1.4 BRON B noem dat ten spyte van 'n afname in kerkbywoning,
mediadekking van godsdiens steeds groot is. Gee TWEE redes
waarom dit so is. (4)
3.1.5 Waarom is daar ekstra dekking van Islam (BRON B)? (6)
3.1.6 Dink jy die media kan 'n 'nasie wat toenemend ... godsdienstig
ongeletterd is', help? (BRON B) Gee DRIE redes vir jou antwoord. (6)
3.2 Wat kan godsdienstige organisasies doen om negatiewe mediadekking
te voorkom? (10)
3.3 Die media het tydens die Covid-19-pandemie 'n belangrike rol in godsdiens
gespeel. Brei uit op hierdie stelling. (10)
[50]
VRAAG 4
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GODSDIENS EN KONFLIK
Konflik is 'n lewenswerklikheid. Godsdiens is soms deel van die probleem, maar die
ware bedoeling van godsdiens was nog altyd om konflik te voorkom.
Godsdienste het mettertyd baie meganismes ontwikkel om tot vrede by te dra en om
konflik te voorkom.
[Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn et al.]
4.1 Uit die godsdienste wat jy bestudeer het, noem enige DRIE godsdienstige
lerings wat vrede bevorder. (6)
4.2 Dit blyk dat die Afrika-kontinent gewapende godsdienstige konflikte
in verskeie streke ervaar. Identifiseer EEN so 'n streek en beantwoord die
vrae wat volg.
4.2.1 Noem die gebied waar konflik in Afrika plaasvind. (2)
4.2.2 Noem die partye wat by die konflik betrokke is. (4)
4.2.3 Bespreek die oorsake van die konflik wat jy by VRAAG 4.2.1 hierbo
genoem het. (10)
4.2.4 Lewer kommentaar op die huidige situasie met betrekking tot
hierdie konflik. (10)
4.2.5 Stel praktiese stappe voor wat godsdiensorganisasies kan volg om
hierdie konflik op te los. (8)
4.3 Dink jy dat godsdienstige konflikte wêreldwyd toeneem? Gee redes vir jou
antwoord. (10)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V1 10 DBE/2022
SS/NSS
VRAAG 5
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
GODSDIENS EN MENSEREGTE
Die Westerse benadering tot menseregte, godsdiensvryheid en verdraagsaamheid is
redelik sterk gedryf deur openbare sentiment wat onstaan het uit ervarings wat te
make het met godsdienstige konflikte en vervolgings.
Godsdienstige verdraagsaamheid word gedefinieer as 'verlening van godsdiensvryheid
aan mense van alle godsdienstige tradisies, selfs al kom hulle geloof en/of praktyke
vreemd of onwaar voor'.
[Aangepas uit Shuters Top Class Religion Studies, Grade 12]
5.1 Verduidelik die verhouding tussen godsdienstige verdraagsaamheid en
godsdiensvryheid. (8)
5.2 Gee DRIE voorbeelde van hoe godsdienstige verdraagsaamheid in
Suid-Afrika getoon word. (6)
5.3 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
Alhoewel die term 'menseregte' nie in enige van die godsdienstige bronne
gevind kan word nie, lê die basis van menseregte in godsdienstige idees.
[Aangepas uit Religion Studies, Steyn et al.]
Met verwysing na ELK van die godsdienste hieronder genoem, bespreek
hulle lerings wat menseregte bevorder:
5.3.1 Islam (8)
5.3.2 Boeddhisme (8)
5.3.3 Judaïsme (8)
5.4 Noem SES voordele daarvan om in 'n samelewing te leef wat
godsdiensvryheid aanmoedig. (12)
[50]
TOTAAL AFDELING B: 100
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2023 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Eng)
_hlayiso.com_--7532f532-2cc5-4db4-9d62-24406be0e102/v1-c17ddb90e7382f6908a3/card.webp)
Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2021 QP (Afr)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 Memo

Question paper