Downloaded from hlayiso.com
SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN
RELIGIESTUDIES V2
2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 150
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC June Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC June Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 435.1 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC June Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Topical Issues in Society8 marks
- Question 1.2Topical Issues in Society12 marks
- Question 1.3Common Features of Religion32 marks
- Question 1.4Topical Issues in Society14 marks
- Question 2.1The Variety of Religions20 marks
- Question 2.2Common Features of Religion16 marks
Show all 14 questions
- Question 2.3Common Features of Religion64 marks
- Question 3.1The Variety of Religions4 marks
- Question 3.2The Variety of Religions24 marks
- Question 3.3The Variety of Religions12 marks
- Question 3.4The Variety of Religions14 marks
- Question 4.1Research Into and Across Religions12 marks
- Question 4.2The Variety of Religions
- Question 4.3The Variety of Religions10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1
1.1 Morele agteruitgang impliseer die verswakking/vermindering of verlaging
van morele standaarde by 'n persoon of veral 'n gegewe groep mense,
gemeenskap of samelewing.
Voorbeelde:
As 'n kind daarvan getuie is dat sy ouers vulgêre taal tuis gebruik, sal die
kind leer om dieselfde te doen.
Baie politieke leiers is moreel bankrot. Daarom neem hulle deel aan
misdadige aktiwiteite sonder dat hulle gestraf word.
Hierdie korrupte leiers word deur lojale ondersteuners tot magsposisies
verkies.
Politieke korrupsie lei tot hoë misdaadsvlakke en gevolglike armoede.
Godsdiensleiers self bedrieg mense en buit die kwesbare lede van die
samelewing uit.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum
van SES punte mag toegeken word as geen verduideliking van morele
agteruitgang gegee word nie. (8)
1.2 Moraliteit is nie meer die standaard van uitnemendheid in die samelewing
nie, want morele agteruitgang verander kulturele en sosiale norme. Dit
laat dit lyk asof immorele gedrag aanvaarbaar is.
Dit bevorder openbare aanvaarding van geweld en regverdig
diskriminasie en ongeregtigheid.
Die samelewing raak minder sensitief vir die pyn en hartseer wat deur
morele agteruitgang veroorsaak word.
Die politiek het vuil geword; politici het 'n gebrek aan morele beginsels.
Dit is so algemeen dat wetsgehoorsame, moreel opregte mense wegbly
van die politiek af.
Morele agteruitgang beperk geleenthede vir sosiale ontwikkeling en lei tot
die verval van die samelewing.
Die publiek verloor vertroue in regeringstrukture soos die polisie. Dit gee
aanleiding tot 'n styging in boendoegeregtigheid ('vigilantism').
'n Korrupte samelewing lok nie buitelandse belegging nie. Dit lei tot
werksverlies.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
1.3 VOORBEELD 1: ISLAM
Volgens die heilige Koran is die fundamentele oorsaak van alle boosheid
'n gebrek aan taqwa (Godsbewustheid).
Verpligte rituele soos salaat (gebed), vas en pelgrimstogte help almal om
jou vlak van Godsbewustheid te versterk.
Dit bou weer sterk sedes en voorkom dat 'n persoon kwaad doen.
Die Koran verkondig dat salaat 'n individu van die pleeg van
sonde/kwaad red deur sy/haar vlakke van Godsbewustheid te verhoog.
(Sura 29:45)
Islam leer ons dat ons vir die hele mensdom moet goed doen. Die Koran
verklaar, 'Enjoin what is good, and forbid what is evil.' (Moedig wat goed
is, aan en verbied dit wat boos is.') (Sura 3:104; 9:71)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 3 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
Hierdie opdrag vereis nie net dat elke Moslem moet goed doen en hulle
van kwaad doen moet weerhou nie, dit beveel dat elke Moslem ander
mense moet aanmoedig om dieselfde te doen.
Dit sal tot 'n moreel opregte samelewing lei.
Islam plaas groot klem op die gesinseenheid want dit is die boublok van
die samelewing.
Aktiwiteite wat 'n gesin kan vernietig, word swaar gestraf (bv. owerspel,
ontug pleeg en middelmisbruik word streng verbied).
Die ideale Islamitiese gesin begin met die huwelik van 'n gelowige man
en 'n aanpasbare gelowige vrou en loop uit op die grootmaak van
gelowige kinders (Sura 4:35).
Gelowiges is verantwoordelik daarvoor om hard te streef om hulleself en
hulle gesinne te beskerm teen die verbreking van enige en alle grense
van menslike gedrag soos deur Allah beveel (Sura 66:7).
Istighfar (Berou) is die uiterste Islamitiese skerm teen morele
agteruitgang. As 'n persoon gesondig het, is hy verseker dat God dikwels
vergewend en genadig is ('oft forgiving, merciful'), sodat die sondaar nooit
hoop verloor en homself sal verlos nie.
(16)
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.
VOORBEELD 2: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS
Volgens ATR word morele agteruitgang in terme van die konsep 'Ubuntu'
veroordeel.
ATR verkondig dat 'Umuntu ngumuntu ngabantu'.
Dit bevorder wedersydse liefde en respek onder individue, families en
gemeenskappe oor die algemeen.
Dit beteken dat volgens ATR daar geen ruimte vir korrupsie, bv.
nepotisme, is nie.
Harmonie in jouself en in die clan, samelewing, natuur en die geestelike
wêreld vorm die basis van 'n gesonde samelewing.
Wat reg en verkeerd is, word geassesseer deur die impak wat dit op
ander mense het.
In ATR is daar geen ruimte vir verkragting, moord, diefstal, ens. nie.
Versteuring van harmonie en om nie die lewendes te respekteer nie en
lei tot strafbare aksies wat deur die voorvaders/lewende dooies uitgevoer
word.
Diegene wat sedelose lewens lei, word deur die voorvaders gestraf.
Hulle word ook nie voorvaders wanneer hulle sterf nie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum
van AGT punte mag toegeken word as leringe bloot gelys word en nie
bespreek word nie. (16)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 4 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
1.4 Godsdiensorganisasies moet met politieke partye saamwerk om oor
sedelikheid te preek en mense daarmee vertroud te maak.
Moedig lede van alle godsdienste aan om voort te gaan om bewaarders
van goeie sedes te wees, selfs in hulle werksomgewing.
Laat hulle werktuie van goeie sedes word.
Godsdiensorganisasies moet hulle gemeentelede oplei om in alle sfere
van die lewe regverdig op te tree, private en openbare lewe ingesluit.
Godsdiensorganisasies moet mense steun wat in openbare posisies is
(sterre, sportpersoonlikhede, ens.) om rolmodelle te wees.
Spesiale seminare moet vir sulke mense georganiseer word aangesien
daar groter morele uitdagings vir leiers is.
Godsdiensleiers self moet as voorbeeld van moreel opregte mense dien.
Die gemeenskaps- en individuele voordele van godsdienstige waardes
moet in preke, toesprake en seminare beklemtoon word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
[50]
VRAAG 2
2.1 2.1.1 VOORBEELD1: TAOÏSME
Mense is net 'n klein, mikrokosmiese neweproduk van die Tao se
kreatiewe aktiwiteit.
Mense is nie spesiaal nie en beheer ook nie die wêreld nie.
Hulle word nie benodig om dit te versorg nie.
Die wêreld en die heelal sal voortbestaan of menslike wesens
voortbestaan of nie.
Die wêreld sal die vorm wat Tao ook al daaraan wil gee, aanneem.
Mense het die potensiaal om slegs 'n baie klein gedeelte van die
skepping te vernietig.
Selfs al word 'n klein gedeelte vernietig, sal die ongelooflike en
oorvloedige kreatiewe aktiwiteit van die Tao voortduur.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
Mense is na die beeld van God geskep.
Adam en Eva is beveel om na die Tuin van Eden en die hele
skepping om te sien.
Mense is God se verteenwoordigers op aarde.
Hulle is aangestel om na Sy eiendom te kyk.
God het mense beveel om oor alles in die wêreld te heers.
Hulle is aan God verantwoordelik.
Mense heers oor alles in die skepping aangesien hulle na God se
beeld geskep is.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 5 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
2.1.2 VOORBEELD 1: TAOÏSME
Die Taoïstiese siening van die dood is dat ons die lewe moet
waardeer om die dood te aanvaar.
Wanneer jy besef dat wat die lewe wonderlik maak, die sikliese
prosesse daarvan is, word dit makliker om te aanvaar dat die lewe
tot 'n einde kom. Daarom die aanvaarding van die dood.
In hierdie godsdiens is die doodeenvoudig 'n proses van
transformasie waar jy van een vorm na die volgende gaan.
Dit beteken dat jy van die begin af deel van die heelal was en sal
voortgaan om beide vreugde en hartseer te ervaar.
Jy het nie die lewe na die dood in een of ander hemel nodig nie, of
een of ander sikliese lewe na die dood wat in Hindoeïsme gevind
word.
Jy word eenvoudig getransformeer en eindig iewers anders op.
VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
Volgens die Christelike godsdiens eindig die lewe nie met die dood
nie, maar duur voort anderkant die graf.
Die dood is nie die einde van die lewe nie maar 'n fase in die reis
van die mensdom.
Sondaars gaan hel toe waar hulle gestraf word.
Diegene wat 'n heilsame lewe gelei het, gaan 'n nuwe fase,
genoem die paradys, binne.
Op die laaste dag sal die gewone wêreld nie meer bestaan nie.
Die heerskappy van God sal seëvier.
Slegs diegene wat volgens die wil van God gelewe het, sal die
ewige lewe verkry.
Daar is 'n opstandingsdag waartydens die goeie en die bose
geoordeel sal word volgens hulle handelinge in hierdie wêreld.
Opstanding impliseer dat die lewe 'n doel en verantwoordbaarheid
het.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10)
2.2 GRAMMATIKA EN HISTORIESE KONTEKS:
Vir akkurate interpretasie moet die grammatikareëls en die historiese feite
in ag geneem word.
Die beteken dat die geskrifte binne die konteks van die tyd en
omstandighede waarin die teks geskryf is, verstaan moet word.
DUIDELIKSTE BETEKENIS:
Die betekenis wat vir die leser die duidelikste is, moet in ag geneem word.
PLAN, DOEL EN KONTEKS:
Die skryfplan of struktuur van die hele dokument moet in ag geneem word.
'n Uittreksel moet as deel van die geheel beskou word.
Bv. Is die skryfwerk in die vorm van poësie of prosa?
BETEKENIS VAN WOORDE:
Die betekenis van woorde verander dikwels oor tyd en konteks.
Vir die korrekte interpretasie moet die oorspronklike betekenis in ag
geneem word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 6 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
FIGURATIEWE TAAL:
Figuratiewe taal word algemeen in heilige tekste gebruik.
Dit moet as sodanig geïdentifiseer word, sodat dit nie letterlik
geïnterpreteer word nie.
Figuratiewe taal vereis die toepassing van al die ander hermeneutiese
beginsels vir korrekte interpretasie.
ANDER HEILIGE TEKSTE:
Een heilige teks kan gebruik word om ander heilige tekste van dieselfde
godsdiens te interpreteer.
Dit is omdat daar konsekwentheid tussen die leringe van die godsdiens
en die heilige tekste daarvan moet wees. (16)
2.3 In alle godsdienste is die oorspronklike inspirasie eers volgens die
mondelinge tradisie versprei.
Dit beteken dat die oorspronklike boodskap van geslag tot geslag
mondelings oorgedra is.
Die mondelinge tradisie was regdeur die geskiedenis van godsdiens 'n
normatiewe bron van primêre belang.
Die tegnologie van skryf/skrif het ongeveer 4 000 jaar gelede by godsdiens
betrokke geraak.
Mondelinge tradisies wat neergeskryf is, het meer rigied geword.
Die heilige teks, bv. vir die Christelike godsdiens, is die Bybel.
Dit bevat die leringe van Jesus Christus. Dit is eers mondelings van geslag
tot geslag oorgedra.
Abrahamitiese gelowe plaas meer klem op heilige tekste as Oosterse
godsdienste.
Dit is omdat die eersgenoemde glo dat hulle heilige tekste goddelik
geopenbaar is.
Deesdae komplementeer die mondelinge tradisie geskrewe heilige tekste.
By sommige godsdienste (bv. Afrika Tradisionele Godsdiens) bly die
heilige teks in die vorm van die mondelinge tradisie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 7 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3
3.1 VOORBEELD 1: ISLAM:
Soenni- en Sjia-vertakkings (4)
3.2 3.2.1 VERSKILLE IN BESTUUR/BEHEER/LEIDING
SOENNI
Daar is geen geestelike leiers in Soenni-Islam nie.
Enige Moslem kan op gemeenskaprade dien.
Bestuur/Beheer/Leiding is gemeenskapsgebaseerd.
Geleerdes van Islam (ulema) en gemeenskapslede
(vrywilligers) dien op bestuursrade van moskees, madrassas
en skole.
SJIA
Sjia-Moslems vereer die afstammelinge van die Profeet
Mohammed en glo dat hulle die goddelike reg het om Moslems
te bestuur.
So 'n leier staan as 'n 'imam' bekend.
Die finale woord by enige onsekerheid oor enige godsdienstige
of politieke kwessie lê by die verteenwoordiger van die imam.
Bestuur/Beheer/Leiding is in die hande van moellas (priesters)
wat by godsdienstige dekreet bestuur. (12)
3.2.2 VERSKILLE IN LERINGE
SOENNI
Soenni verwys na 'volg' die sunnah (voorbeeld) van die Profeet
Mohammed.
Die Hadith, vertel deur die metgeselle van die Profeet, het ewe
veel status as dit wat deur sy familielede vertel word.
Die Soenni-vertakking glo dat al die leringe wat in die Boeke
van Hadith bevat word, ewe belangrik is.
Soenni's volg die leringe van geleerdes uit die 7de en 8ste
eeue.
Soenni's aanvaar nie dat 'n kalief uitsluitlik uit die Profeet se
familie kan kom nie.
SJIA
'Sjia' beteken 'partisaan' of 'aparte party'.
Die Hadith wat deur die metgeselle van die Profeet vertel
word, het minder betekenis as daardie wat deur sy familielede
vertel word.
Die Sjia volg slegs die leringe en opinies van 'n lewendige
geleerde.
Hulle glo dat die laaste kalief wat uit die Profeet se familie
gekom het, in 'n grot versteek is en eendag weer as leier te
voorskyn sal kom. Hy staan as 'imam' bekend. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 8 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
3.1 VOORBEELD 2: CHRISTELIKE GODSDIENS
Katolisisme/Oosters-Ortodokse Kerk/Protestantisme (4)
3.2 3.2.1 VERSKILLE IN BESTUUR/BEHEER/LEIDING
KATOLISISME
Die hoof van Katolisisme is die Pous.
Die magsentrum van hierdie vertakking is die Vatikaan.
Die Katolieke vertakking het baie ordes, naamlik monnike,
nonne, priesters en kloostermonnike ('friars').
Die Katolieke vertakking word op gemeentevlak gelei deur
priesters, dekanies deur dekens, bisdomme deur biskoppe en
aartsbisdomme deur aartsbiskoppe.
'n Kardinaal kan óf 'n hele land óf 'n geografiese streek lei.
OOSTERS-ORTODOKSE KERK
Politieke beheer was tradisioneel in Konstantinopel (Istanboel).
Deesdae is dit gedesentraliseerd.
Hierdie vertakking word deur priesters en biskoppe beheer.
Gesag in die kerk is in die hande van 'n groep biskoppe.
'n Bisdom is 'n groep gemeentes onder die leierskap van 'n
biskop en aartsbiskoppe.
Hulle is as geestelikes (predikers), priesters, biskoppe en
aartsbiskoppe ingeseën.
PROTESTANTISME
Die kerke word beheer deur ingeseënde predikante en
biskoppe of gekose Oudstes.
Algehele bestuur is deur 'n hoër gesag soos 'n sinode of
algemene vergadering waarvan die biskop die voorsitter is.
Sommige Protestante kerke is onafhanklik en nie aan enige
hoër gesag as die gemeente self verantwoordbaar nie.
By Protestantisme is elke kerk onafhanklik.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
3.2.2 VERSKILLE IN LERINGE
KATOLIEKE
Die Katolieke Kerk glo dat hulle die oorspronklike kerk is.
Hulle glo dat almal in sonde gebore is as gevolg van Adam en
Eva se ongehoorsaamheid aan God.
God bestaan uit drie persone: Vader, Seun en Heilige Gees.
Die Heilige Gees kom van God die vader en die Seun.
OOSTERS-ORTODOKSE
Die Drie-eenheid en die Heilige Gees word anders as die
siening van die Katolieke Kerk verstaan.
Hulle verkondig dat die Heilige Gees slegs van God die Vader
kom.
Hulle glo dat hulle die regverdig geleide kerk is.
PROTESTANTISME
Die Bybel het meer gesag as die Pous.
Hulle verkondig dat geloof die weg na verlossing is.
Hulle verkondig dat verlossing 'n geskenk is wat vrylik deur die
werk van Jesus Christus gegee word.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 9 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
3.3 VOORBEELD 1:
AGNOSTISISME
Hierdie term is in 1869 die eerste keer deur 'n filosoof, TH Huxley,
gebruik. Agnostiese idees antedateer die gebruik van die term
'agnostisisme'.
Agnostisisme kom van die Grieks 'a', wat beteken 'sonder' en 'gnosis'
wat 'kennis' beteken.
Agnostici glo dat dit nie moontlik is om die bestaan van God of 'n
bonatuurlike wese te bewys, of nie.
Dit verwys na onsekerheid oor Godskennis.
Agnostici is skepties oor godsdiensleringe.
Hulle verwerp godsdienstige leerstellings, veral godsdienste wat
beweer dat hulle kennis van goddelike wesens het.
VOORBEELD 2:
ATEÏSME
Ateïste verwerp die geloof dat goddelike of bonatuurlike magte
bestaan.
Daar is verskillende grade van ateïsme.
Sterk of positiewe ateïste glo daar is bewyse om hulle ateïstiese
sienings te ondersteun.
Sagte of neutrale ateïste verwerp nie die bestaan van 'n bonatuurlike
wese aktief nie.
In sommige gevalle verwerp sagte ateïste beide teïsme en sterk
ateïsme.
Dit is omdat hulle voel dat beide wêreldbeskouings van bewyse afhang
om hulle bewerings te ondersteun.
Ateïste wend hulle dikwels na die wetenskap om die aard van die
heelal te verduidelik eerder as om op geloof staat te maak.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12)
3.4 'n Sekulêre wêreldbeskouing lei tot die ontwikkeling van demokratiese
regering.
Sekulêre wette het die hoogste wette van die land geword.
Die meeste godsdienstige mense het by die sekulêre siening aangepas
deur die skeiding van godsdiens en die staat te aanvaar.
Dit bevorder gewetensvryheid en geloof.
Dit gee 'n raamwerk van beginsels en etiese riglyne vir die lewe.
Die samelewing is vry om die gesag van godsdienstige leringe te
bevraagteken.
Sekulêre sienings het tot die bevordering van wetenskap en tegnologie
gelei.
Sekulêre sienings het tot die ontwikkeling van die Universele Verklaring
van Menseregte gelei.
Dit verminder godsdienstige konflik aangesien alle godsdienste ewe veel
status volgens wet het.
Met betrekking tot negatiewe impak, het sekularisme godsdienstige
aanhang ondermyn.
Daar kan ook aangevoer word dat dit tot 'n afname in moraliteit gelei het.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 10 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4
4.1 4.1.1 VOORBEELD 1: TAOÏSME
In Taoïsme kom die wêreld en alles daarin outomaties as deel
van die Tao se aktiwiteit tot stand.
Dit is nie beplan nie, maar dit is ook nie onbeplan nie.
Die Tao het nie beplan dat die wêreld bestaan nie, dit wou ook
nie hê dat die wêreld nie bestaan nie.
Taoïsme weerspreek nie die Oerknalteorie nie.
Wetenskaplik is die wêreld nie deur enige God of gode geskep
nie, dit het per toeval gebeur. Die wêreld het eenvoudig te
voorskyn gekom as 'n klein spikkeltjie in die enorme 'bak/'kom'
van die skepping soos wat die Tao op sy weg voortgegaan
het.
Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van
skepping en vernietiging.
Dit kom ooreen met die Oerknalteorie wat beweer dat daar 'n
enorme ontploffing was.
Die heelal het binne sekondes verskyn en tot 'n enorme
grootte uitgedy.
Volgens die wetenskap brei die heelal voortdurend uit. Daar is
geen rusperiode nie.
Die Taoïstiese siening van die heelal is grootliks gebaseer op
hulle waarneming van die natuur en die menslike wêreld.
Die Oerknalteorie is ook op waarneming van die natuur en die
menslike wêreld gebaseer.
Gevolglik Taoïsme se aanvaarding van die Oerknalteorie.
VOORBEELD 2: HINDOEÏSME
By Hindoeïsme bestaan die Skepper in óf aktiewe óf passiewe
toestand.
Die passiewe toestand is 'n toestand van rus wanneer niks
gebeur nie.
Wetenskaplik was die passiewe toestand voor die Oerknal.
Ná 'n baie lang tydperk het die Skepper weer aktief geword.
Dit is toe 'n gedeelte van die heelal anders as ander gedeeltes
geword het, en skepping begin het. Vir Hindoes is die heelal
self die Skepper.
Dit weerspreek nie die Oerknalteorie nie.
In Hindoeïsme is die Skepper nie manlik of vroulik nie.
Geen Skepper word in die Oerknalteorie genoem nie.
Hindoes glo dat die Oerknalteorie 'n alternatiewe manier is om
te verduidelik hoe die heelal tot stand gekom het.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry.’n
MAKSIMUM vanTIEN punte mag toegeken word as slegs die
godsdiens OF Oerknalteorie bespreek word. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 11 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.1.2 Darwin se evolusieleer het 'n alternatiewe verduideliking van
die skepping verskaf wat van die Abrahamitiese godsdienstige
se verduideliking van die skepping verskil.
Hierdie teorie gee 'n verduideliking wat nie die idee van 'n
intelligente ontwerper vereis nie.
Darwin se teorie/leer het dus die betroubaarheid van die
Abrahamitiese heilige tekste uitgedaag.
Gevolglik het die meeste mense begin om die Genesis-verhaal
van die skepping as simbolies te vertolk.
Hierdie teorie het veroorsaak dat diegene wat in die
Abrahamitiese godsdienste glo, begin het om die heilige tekste
meer noukeurig te ondersoek.
Darwin se teorie het ook godsdienstige mense aangespoor om
die wetenskap te bestudeer.
Godsdienste het gereageer met die konsep van 'intelligente
ontwerp', om die variasie in spesies te verduidelik.
Oosterse godsdienste, soos Hindoeïsme en Taoïsme, word
nie deur Darwin se teorie geaffekteer nie.
Dit is omdat hulle minder klem op regte geloof en meer klem
op regte aksie/optrede/handeling lê.
Hindoeïsme glo aan die evolusie van die siel en dit kom
ooreen met Darwin se teorie.
In Taoïsme het mense nie spesiale status nie, hulle is slegs
die gevolg van Jin en Jang, net soos Darwin se teorie mense
nie spesiale status gee nie.
Vir volgelinge van die Abrahamitiese gelowe, (die Christelike
godsdiens in besonder) daag Darwin se teorie beslis hulle
godsdiens se siening uit.
Die Oosterse godsdienste is meer gesinchroniseerd met
Darwin se teorie.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘ (12)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 12 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.2 VOORBEELD 1: INTERFAITH ACTION FOR PEACE IN AFRICA (IFAPA)
Hierdie organisasie werk saam met godsdienstige gemeenskappe op die
kontinent wat een van die hoofredes vir die sukses daarvan is.
IFAPA werk nie in isolasie nie; hulle werk nou saam met ander
godsdiensorganisasies.
IFAPA is suksesvol met hulle poging om met soveel godsdienste as
moontlik inklusief te wees, bv. dit sluit in Afrika Tradisionele Godsdiens,
Judaïsme, Christenskap, Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme, Baha'i-geloof.
Hierdie organisasie het daarin geslaag om afvaardigings na
konflikgebiede te stuur. Lede van die afvaardiging het bygedra tot die
saambring van konflikterende groepe om begrip en samewerking te
verbeter.
Die organisasie het burgerlikes, die private sektor en regerings suksesvol
byeengebring; een van die redes vir hulle prestasie.
Ten spyte van hierdie pogings het die organisasie nie daarin geslaag om
permanente, blywende vrede tussen konflikterende groepe te bring nie.
Die rede hiervoor is politieke inmenging.
Hulle sukses word ook verhinder deur kulturele en stamgroepe wat
godsdiens in die nastreef van hulle doelwitte gebruik.
4.3 VOORBEELD 2: RAAD VIR GODSDIENSTIGE LEIERS IN AFRIKA-
RELIGIONS FOR PEACE
Hierdie organisasie het geslaag as gevolg van hulle beginsels en
waardes van respek en verdraagsaamheid vir godsdiensverskille.
Dit het ook geslaag want dit wend altyd 'n poging aan om vreedsame
saambestaan tussen 'n verskeidenheid godsdienste aan te moedig.
Hulle handelinge is ook op diepgaande en hoofsaaklik gedeelde morele
kwessies oor waardes gebaseer.
Nog 'n rede vir hulle sukses is die bevordering en beskerming van elke
godsdiensgemeenskap se identiteit.
Die erkenning van godsdienstig diverse gemeenskappe in Afrika het ook
tot hulle sukses gelei.
Hulle ondersteun plaaslike geleide multigodsdienstige strukture onder die
sambreel van Religions for Peace.
Hulle onderhou die beginsels van verteenwoordiging, ondergeskiktheid
en solidariteit.
Hulle het aan die World Social Forum deelgeneem
Alhoewel daar suksesse in hierdie organisasie was, was daar ook 'n paar
mislukkings.
Die mislukkings is hoofsaaklik die gevolg van politieke inmenging.
LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (14)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/2022
SS/NSS – Nasienriglyne
4.3 Die stigting van die Parlement van die Wêreld se Godsdienste het in
1893 in Chicago plaasgevind.
Die doel daarvan was om 'n globale dialoog oor gelowe te skep.
Die Parlement is weer in 1993 in Chicago gehou om saam te werk om
wêreldkwessies en om 'n verklaring met die titel 'Towards a Global Ethic'
op te stel.
Die Kaapstadse Parlement het in 1999 die kwessie van MIV en Vigs
beklemtoon.
Die Parlement het in 2004 in Barcelona, Spanje, byeengekom en op
godsdienstige geweld, veilige water, vlugtelinge en die eliminasie van
eksterne skuld in ontwikkelende lande gefokus.
Die fokus in 2007 was op die Millennium Development Goals vir die
uitwissing van armoede.
Die Parlement het in 2009 in Melbourne, Australië, byeengekom en het
kwessies rondom rekonsiliasie van Australiese inboorlinge,
volhoubaarheid en globale aardverwarming hanteer. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2022 QP (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2021 Memo (English)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC June 2018 Memo (English)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper