Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC June 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumReligion StudiesGrade 12202214 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN RELIGIESTUDIES V1 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 1.1.1 C√ (1) 1.1.2 B√ (1) 1.1.3 D√ (1) 1.1.4 C√ (1) 1.1.5 B√ (1) 1.1.6 C√ (1) 1.1.7 A√ (1) 1.1.8 A√ (1) 1.1.9 D√ (1) 1.1.10 D√ (1) (10) 1.2 1.2.1 Moksha √ (1) 1.2.2 Dwaalleer/Kettery √ (1) 1.2.3 Imam/Hafizi/Alim √ (1) 1.2.4 Joga √ (1) 1.2.5 Pluralisme √ (1) 1.2.6 Wêreldkonferensie vir Godsdienste vir Vrede √ (1) (6) 1.3 1.3.1 G√ (1) 1.3.2 D√ (1) 1.3.3 A√ (1) 1.3.4 H√ (1) 1.3.5 B√ (1) 1.3.6 E√ (1) (6) 1.4 1.4.1  Jerusalem. √  Die ander behoort aan die Bahá'i-geloof. √. (2) 1.4.2  Bahá'u'lláh √  Die ander hou met Islam verband. √ (2) 1.4.3  Soefisme √  Die res is Hindoe-skole. √ (2) 1.4.4  Mitzvot √  Die ander is heilige boeke. √ (2) 1.4.5  Bahá'i √  Die ander is Oosterse godsdienste. √ (2) 1.4.6  Tien Gebooie √  Die ander hou met Taoïsme verband. √ (2) (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 1.5 1.5.1  Onwaar. √  Die goddelike naam van God is Jahweh (YHWH)/ Elohim/Adonai/Ha Shem/ OF Dawid was koning van Israel √ (2) 1.5.2  Onwaar. √  Dit is in Arabies geskryf. √ OF  Die heilige teks van die Christelike godsdiens is in Grieks geskryf. (2) 1.5.3  Onwaar. √  Die wêreld se prosesse het hulle oorsprong in twee magte: Jang en Jin. √ (2) 1.5.4  Waar √√ (2) 1.5.5  Onwaar. √  Die stigter van Boeddhisme is Siddhartha Gautama/Boeddha. OF  Swami Vivekananda is 'n Hindoe-priester wat die Rama Krishna-sending gestig het. √ (2) 1.6 1.6.1  In Taoïsme bestaan alles uit twee magte.  Die Jang is aktief, lig, kragtig, manlik en die Jin is passief, donker, toegewend, vroulik. √ (1) 1.6.2  Ideologie het te make met die heersende, oorkoepelende wêreldbeskouing wat die betekenis en algehele patroon van bestaan vorm.  Dit word as 'n plaasvervanger vir godsdiens gebruik. √ (1) 1.6.3  'n Mite is 'n heilige storie, hoofsaaklik oor die oorsprong of die einde van tyd, of sleutelgebeurtenisse in tyd.  Mites bevat dikwels historiese en metaforiese materiaal.  'n Heilige storie wat verduidelik waarom die wêreld is wat dit is, en die aard van menslike ervaring. √ (1) 1.6.4  Dit dui harmonie tussen godsdienste aan.  Vreedsame saambestaan van godsdienste.  Dit verwys na gemeenskaplike doel en identiteit binne 'n godsdiens. √ (1) 1.6.5  'Uniekheid' verwys na daardie eienskappe van 'n godsdiens wat nie deur ander gedeel word nie.  Die uniekheid van 'n godsdiens is wat dit sy identiteit gee.  Dit is 'n uitdrukking van hoe volgelinge self hulle eie godsdiens beskou. √ (1) 1.6.6 Dit is 'n seremonie/sakrament wat op Jesus se laaste maaltyd / Die Here se laaste maaltyd saam Sy dissipels gebaseer is. (1) Eucharistie staan bekend as die heilige nagmaal.√ LET WEL : Ander antwoorde moet aanvaar word. TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1  Dit is 'n praktyk in sekere godsdienste soos Afrika  Tradisionele Godsdiens en Judaïsme.  Daar is 'n sterk klem op die gemeenskap, met min klem op individualisme.  Struktuur en organisasie van samelewing word gelei deur die oudstes vir wie daar groot respek is. (4) 2.1.2  Dit is die sentrale konsep van Taoïsme.   Dit is 'die weg' wat mense moet volg.  Tao beteken die weg van die heelal.  Die Tao is die vervaardiger van alles wat daar is en die borg van die stabiliteit en gereeldheid daarvan. (4) 2.1.3  Dit is 'n geloof wat Hindoeïsme en Boeddhisme met mekaar  gemeen het.  Dit verwys na die weergeboorte van die siel of gees in 'n nuwe liggaam. (4) 2.1.4  Die Vier Edel Waarhede lê klem op die onderdrukking van  die ego.  Dit is die sentrale doktrine/leerstelling van anatma in Boeddhisme.  Verligting kom deur 'n individu se pogings, en nie deur die ingryping of voorspraak van ander mense of enige ander gode nie.  Gedissiplineerde meditasie is 'n sleutelpraktyk. (4) 2.2 2.2.1  Judaïsme het die sentrale idee van 'n verbond/gelofte tussen  God en die Jode.  God beskerm Sy gekose mense wat weer Sy reëls volg. (4) 2.2.2  Christene glo aan die Heilige Drie-eenheid (God die Vader,  die Seun en die Heilige Gees).  Christene glo dat Jesus die Joodse profesie dat Hy die universele Verlosser is, vervul het. (4) 2.2.3  Bahá'i's glo dat alle godsdienste in dieselfde God glo en Hom  aanbid.  Ten spyte van hulle verskille, deel hulle 'n gemeenskaplike waarheid.  Hulle glo dat alle godsdienste van die wêreld in die toekoms een godsdiens sal word, en daardie godsdiens sal Bahá'i wees. (4) 2.2.4  Hindoes glo daar is net een uiteindelike werklikheid, maar  baie paaie om dit te bereik.  Hindoeïsme word ondersteun deur die geloof in reïnkarnasie wat deur die Wet van Karma beïnvloed word.  Hindoeïsme se sosiale struktuur is op die kastestelsel gebaseer. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 2.3  Morele orde in Afrika Tradisionele Godsdiens word deur die konsep van  Ubuntu gekenmerk.  Ubuntu is 'n Afrika-filosofie van respek en empatie vir mense.  Ubuntu beteken 'n mens is 'n mens deur ander mense. (4) 2.4  Die godsdienstige identiteit van 'n persoon word deur sekere rituele  gevorm.  Die godsdienstige identiteit van 'n individu word ook deur godsdienstige simbole gevorm.  Die kleredragkode van 'n spesifieke godsdiens vorm die godsdienstige identiteit van die volgelinge daarvan.  Leringe en praktyke is nog voorbeelde van wat godsdienstige identiteit vorm. (4) 2.5  Hulle glo beide aan die bestaan van een godheid, bv. God in die  Christelike godsdiens en die Opperwese, bv. Modimo, Unkulunkulu, uMvelinqangi in Afrika Tradisionele Godsdiens.  Hulle het beide onderafdelings.  Hulle het beide gemeenskaplike rituele.  Beide glo aan lewe na die dood. (6) 2.6  Lering kom van die woord 'om te leer/te onderrig', wat eenvoudig  beteken om kennis of begrip op een of ander wyse oor te dra.  Leringe is verwant aan geloof in die sin dat 'n volgeling geloof in 'n spesifieke godsdiens sal hê omdat jy 'n stel leringe geleer het wat jy glo die waarheid is.  'Geloof' word soms as 'n sinoniem vir 'godsdiens' gebruik.  'n Geloof is 'n ferm opinie, hoe 'n mens voel of dink oor 'n godsdienstige wêreldbeskouing. Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (4) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1.1  Wetenskapfakulteite/professors is teenoor Christen-studente bevooroordeeld wat hulle ontmoedig om wetenskap te studeer. (2) 3.1.2  Studente kan hulle godsdienstige identiteit wegsteek om viktimisering te vermy.  Dit kan veroorsaak dat studente hulle godsdienste opsê.  Die gemeenskap kan moontlik kundige wetenskaplikes verloor. (4) 3.1.3  Bron A is nie betroubaar nie want die navorsing is slegs by twee universiteite gedoen. Dis 'n baie klein monster.  Die navorsing is tot die Christelike godsdiens beperk.  Bron B is betroubaar want die navorsingstudie is oor tien jaar in verskillende media gedoen.  Navorsing is in verskillende godsdienste en oor sekulêre wêreldbeskouings gedoen. (8) 3.1.4  Godsdiens word steeds in die taal van populêre kultuur in Engeland verteenwoordig.  Ook word die Christendom steeds as deel van die Britse erfenis verteenwoordig.  Die media is 'n belangrike godsdienstige bron van inligting vir die publiek.  Die aanval op 9/11 op die Amerikaanse Twin Towers het tot meer belangstelling in godsdienste gelei en daarom groter mediadekking. (4) 3.1.5  Islam word as terrorisme/'n probleem voorgestel.  Islam is geblameer vir die aanvalle op 9/11 op die Amerikaanse Twin Towers.  Negatiewe verslaggewing van Islam is oorweldigend.  Mense wil meer van Islam weet, want dis 'n vreemde godsdiens. (6) 3.1.6 JA  Die media verskaf godsdiensinligting aan die samelewing.  Deur die media kan mense die dinamiek en politiek van godsdiens verstaan.  Die media doen verslag oor godsdienstige gebeurtenisse soos dit gebeur. NEE  Godsdiensdekking is bevooroordeeld, en die samelewing is waningelig.  Die media oordryf inligting.  Media doen verslag uit 'n liberale oogpunt.  Negatiewe dekking oor godsdienste word hoofsaaklik gegee. Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. „n Kombinasie van “JA” en “NEE” mag aanvaar word. Slegs die eerste drie antwoorde sal egter gemerk word. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 3.2  Godsdienste moet verseker dat hulle lede protokol volg.  Hulle moet 'n woordvoerder hê wat mediakwessies hanteer.  Lede moet 'n hoë vlak van dissipline vertoon en verantwoordelik optree.  Hulle optrede en positiewe gebruik van die media sal enige negatiewe verslagdoening teenwerk.  As daar negatiewe verslagdoening is, sal hulle die media kan gebruik sodat daar by die feite gebly word. LET WEL: Ander antwoorde moet aanvaar word. (10) 3.3  Godsdienskonferensies is deur sosiale media gehou.  Godsdienstige dienste is ook deur sosiale media gehou.  Baie mense kon egter nie toegang tot sosiale media bekostig nie. Dit is 'n beperking op die rol van media.  Bedroefde families het berading gekry deur hulle godsdienstige leiers op mediaplatforms.  Godsdienstige virtuele vergaderings is gehou.  Toe beperkings egter opgehef is, het bywoning van godsdienstige byeenkomste laag gebly. Dit is 'n negatiewe uitwerking op godsdiens.  Godsdienstige skole het hulle klasse deur die media gehou.  Godsdiens-leiers het oor die algemeen die regering se Covid-protokol versterk.  Dit is deur mediaverslae beklemtoon.  Deur die media het godsdiens-leiers lede aangemoedig om ingeënt te word. Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 4.1 CHRISTELIKE GODSDIENS  Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.  Geseënd is die vredemakers.  Doen aan ander soos jy wil hêhulle moet aan jou doen. BOEDDHISME  Alles wat 'n persoon doen, sal gunstig wees.  Die regte aksie/optrede en die regte gedagte: Klem op die deugsame/regverdige optrede, sal konflik voorkom, want jy sal nooit ander mense te na kom nie.  Boeddhisme leer ons dat jy nie net goedhartig moet wees teenoor diegene wat jy ken en kief het nie, maar ook teenoor diegene wat vir jou vreemdelinge is. ISLAM  As daar konflik tussen twee partye Gelowiges is, moet daar bemiddeling wees om vrede te bewerkstellig.  Vergifnis is baie groter as wraak.  Moslems glo aan die ideale samelewing waar daar geregtigheid, vrede en liefde is. ATR  Die beginsel van 'Ubuntu' vereis dat geen leed aan ander mense gedoen mag word nie.  Konflik word opgelos deur die aanroep van die voorvaders.  Tradisionele/familieleiers behoort geraadpleeg te word om 'n oplossing te vind. LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet krediet kry. LET WEL: As die kandidaat „n konflik buite Afrika gekies het, of geen area genoem het nie, sal geen punte toegeken word vir 4.2.1. As die korrekte konflikarea egter duidelik genoem word in 4.2 , ken punte toe vir korrekte antwoorde, van hierdie punt af. (6) 4.2 4.2.1 VOORBEELD 1:  Nigerië (2) 4.2.2  Die strydende partye is die Nigeriese regering en die Moslem fundamentalistiese groep, Boko Haram. (4) 4.2.3  Boko Haram beteken 'anti-Weste' (teen Westerse kultuur). 'Boko' is uit die Hausa-taal wat 'Westerse opvoeding' beteken en 'Haram' is uit Arabies wat 'dit is verbode' beteken.  Hierdie fundamentalistiese groep se doel is om 'n Islamitiese staat in noord-Nigerië te stig.  Die Nigeriese bevolking is feitlik gelyk tussen Moslems en Christene verdeel.  Christene is bang dat hulle deur 'n Moslem-regering gedomineer sal word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne  Moslems vrees ook diskriminasie deur Boko Haram se ekstremistiese standpunte.  Sommige Moslem-leiers het geloof/vertroue in die Nigeriese regering verloor.  Hulle het die wet in eie hande geneem, d.i. hulle ondersteun Boko Haram.  Nigerië het nie dig bewaakte grense met hulle buurlande nie.  Die vegters kan dus na naburige lande ontsnap wanneer hulle deur regeringsmagte agternagesit word.  Korrupsie in die Nigeriese regering dra ook tot steun vir Boko Haram by.  Landelike gemeenskappe word benadeel deur die onregverdige verdeling van staatsbronne.  Sulke gemeenskappe word deur groepe soos Boko Haram ondersteun. [Mail and Guardian, 5 April 2012, bl. 24] LET WEL: Eenderse antwoorde oor ander konflikgebiede moet (10) aanvaar word. 4.2.4  Die situasie in die noordelike deel van Nigerië is steeds onstabiel.  Boko Haram ontvoer skoolkinders en sommige skole is gesluit.  Hulle eis groot lospryse om daardie kinders los te laat.  Die regering slaag nie daarin om sekuriteit aan hulle burgers te verskaf nie.  Gemeenskapslede glo dat die veiligheidsmagte ook saam met mededingergroepe werk.  Die vlak van armoede in party state is steeds hoog. Dit vuur die oproerigheid verder aan. (10) 4.2.5  Godsdiensorganisasies moet verenig en staatsgoewerneurs, nasionale beleidsmakers en burgerlike leiers saambring om inklusiewe beleid te ontwerp en te implementeer wat geweld temper.  Hulle moet gemeenskapsgeoriënteerde veiligheidstrukture instel.  Hulle moet 'n Nasionale Vredeskomitee stig wat die Interfaith Action for Peace in Africa (IFAPA) insluit.  Die komitee moet hoëvlaksamesprekings tussen belangrike burgerlike groepe hou, Boko Haram regdeur die land en die Nigeriese regering.  Hulle moet 'n netwerk van Nigeriese professionele mense vorm wat as bemiddelaars in gemeenskapskonflik sal optree.  Godsdienstige organisasies moet ook preek oor vrede tydens godsdienstige samekomste.  Hulle moet fokus op praktiese ondersteuning, soos mediese voorraad, skuilings vir slagoffers en die verskaffing van voedsel. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.1 VOORBEELD 2  Soedan/Suid-Soedan (2) 4.2.2  Die konflik is tussen die Nasionale Islamitiese Front (NIF) gedomineerde regering, wat die Sharia wet op die land en die opposisiepartye opgelê het.  Daar is konflik tussen die nomade en boere wat vir skaars hulpbronne meeding. (4) 4.2.3  Die noorde van Soedan bestaan hoofsaaklik uit Arabies- sprekende stamme.  Die suide bestaan uit 'n aantal stamme, party animiste, terwyl ander Christene is.  Die konflik in Soedan duur nou al meer as 'n honderd jaar lank.  Daar is ook ekonomiese faktore wat 'n rol speel: die ekonomie van die noorde is beter ontwikkel as dié van die suide.  Die ontdekking van olie in die suide (Heglig-velde) het tot faksiekonflik gelei, asook 'n groter poging deur Kartoem om politieke beheer oor die suide uit te oefen.  Die Sudan People Liberation Army (SPLA) is gevorm en het die aanval teen die regering gelei.  Die SPLA het egter gou in verskillende faksies verdeel en mekaar aangeval.  Die verdeling as hoofsaaklik volgens stamlyne.  Selfs nadat Suid-Soedan in 2011 as 'n onafhanklike staat gevestig is, het die gevegte voortgegaan. (10) 4.2.4  Daar is steeds konflik in Suid-Soedan, selfs na onafhanklikheid op 9 Julie 2011.  Die 2013–2015-burgeroorlog het 2,2 miljoen mense ontwortel na baie dele van die wêreld.  Ongeveer ses miljoen mense staan tans voor die gevaar van hongersnood.  Ongeveer 70% van skole is gesluit as gevolg van gevegte.  Daar is 'n nuwe element van etniese haat en konflik wat voeg by dit wat voorheen aangegaan het.  Daar is onrusbarende aanduidings van dreigende volksmoord in die land.  Menseregtegroepe sê dat bewyse van oorlogsmisdade by die dag groei.  Die mense in Suid-Soedan is nou heeltemal afhanklik van hulpgroepe (www.usaid.org). (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 4.2.5  Godsdiensleiers kan bemiddelaars wees en gesprekke met al die partye voer.  Godsdiensleiers word gerespekteer en deur hulle godsdiens het hulle gewoonlik kontakte en konneksies in baie dele van die wêreld.  Hulle het dus toegang tot 'n netwerk van mense uit ander dele van die wêreld wat goed kan help met oplossing van die konflik.  Hulle moet met politieke partye saamsit om 'n oplossing te kry, aangesien die konflik nie godsdiens is nie.  Die meeste godsdienste verkondig vrede en barmhartigheid. Lede moet dus bereid wees om materieel en finansieel vir die slagoffers van die konflik by te dra.  Godsdiensleiers kan 'n intergodsdienstige beraad vir dialoog oor die konflik belê.  Dialoog beteken om met respek te praat en te luister sodat die probleem verstaan kan word en 'n oplossing verkry kan word.  Die dialoog moet lei tot praktiese stappe wat aan beide kante gedoen kan word, ongeag godsdiens, om die probleem te verlig.  Godsdiensorganisasies kan hulle godsdiensoortuiging oor vrede in die wêreld en die heiligheid van die lewe gebruik om leiers van vreedsame gedrag te wees en om te wys hoe dit gedoen moet word.  Godsdiensorganisasies kan saamwerk om menslike lyding, soos 'n gebrek aan voedsel, mediese voorraad of ander noodsaaklikhede te verlig.  Die Afrika-unie, die Verenigde Nasies en ander internasionale hulpagentskappe moet probeer om burgerlikes te beskerm en te ondersteun.  Organisasies, soos die Islamic Relief Agency en die Catholic Agency for Overseas Development, moet fokus op praktiese steun soos mediese voorraad, skuiling vir slagoffers en die verskaffing van voedsel. LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet krediet kry. (8) 4.3 JA  Die afgelope dekade is getuie van 'n skerp styging in gewelddadige sektariese of godsdienstige spanning as gevolg van swak regerings.  Dit wissel van Islamitiese ekstremiste wat wêreldwye djihad voer tot magstryde tussen Soenni- en Sjia-Moslems.  Daar is steeds gewelddadigheid tussen Christene en Moslems in Afrika.  'n 2018-Minderheidsverslag het aangedui dat massaslagtings en ander gruweldade in beide lande wat deur oorlog geaffekteer word of nie.  Bloedige gevegte is in meer as 50 lande, soos Sirië, Irak, Nigerië, Myanmar en Pakistan aangeteken.  Vyandigheid teen Moslems en Jode neem ook regdeur Europa toe.  Om sake te vererger het 55 van die wêreld se 198 lande verhoogde beperkings op godsdienste geplaas, veral Egipte, Rusland, Indië, Indonesië en Turkye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 12 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne NEE  Die meeste lande is demokraties. Dit verminder die voorkoms van konflik.  Demokratiese lande gaan oor goeie regering en veiligheid.  Geloofgebaseerde groepe neem dikwels die leiding om internasionale verdrae en sosiale bewegings te vorm om die wêreld veiliger te maak.  Kwakers help om verdrae/ooreenkomste te sluit wat landmyne en ander oorlogswapens verban.  Italië se Sant-Egidio-beweging ondersteun intergeloofsdialoog en veldtogte om konflikte te voorkom en op te los en bevorder versoening van Albanië af tot Mosambiek.  Islamic Relief ondersteun al baie lank bemiddeling- en versoeningsaktiwiteite in oorloggeteisterde gemeenskappe. (10) LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet [50] krediet kry. „n Kombinasie van “JA” of “NEE” antwoorde mag ook aanvaar word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 13 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1  Godsdiensvryheid word deur die regering op daardie tydstip bepaal.  Dit is 'n omgewing wat geskep is om vrye uitdrukking en beoefening van godsdienspraktyke toe te laat.  Godsdienstige verdraagsaamheid is hoofsaaklik afhanklik van die ingesteldheid van godsdiensgroepe of individue in 'n gegewe gemeenskap.  Dit is die aanvaarding van en respek vir die godsdienstige geloof en -praktyke van ander mense sonder enige voorwaardes.  Godsdiensvryheid is 'n voorvereiste vir godsdienstige verdraagsaamheid. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (8) 5.2  Tydens die opening van die parlement word alle godsdienste genooi.  Godsdiensseremonies van alle godsdienste word erken.  Skole bied Religiestudies aan wat respek en verdraagsaamheid teenoor alle godsdienste verkondig.  Munisipale regulasies laat godsdiensseremonies toe indien die regte van ander mense gerespekteer word. (6) LET WEL: Ander relevante voorbeelde uit verskeie godsdienste moet krediet kry. 5.3 5.3.1 ISLAM  Moslems glo alle mense is skeppings van God.  Daar is basiese regte wat met alle mense gedeel moet word, ongeag godsdiens.  Hulle glo dat hierdie regte deur God gegee is, nie deur mensgeleide regerings nie.  Hulle glo ook dit is hulle plig om hierdie regte aktief te beskerm.  Moslems glo aan die reg tot godsdiensvryheid.  Hulle glo God het mense met vrye wil en die vermoë om te redeneer, geskep.  daarom is dit onmoontlik om mense te dwing om in iets te glo waarin hulle nie wil glo nie. (8) 5.3.2 BOEDDHISME  Boeddhiste glo dat alle mense vry en gelyk gebore is.  Hulle glo dat mense vir hulle verskillende gelowe gerespekteer moet word.  Respek vir alle mense is sentraal tot die leringe van Boeddhisme.  Respek vir die regte en waardigheid van ander mense is nie net 'n onpraktiese godsdienstige ideaal nie, dit is ook die noodsaaklike bestanddeel in die ontwikkeling van gesonde, vrye en voorspoedige samelewings.  Boeddhiste glo dit is belangrik vir mense om die vryheid te hê om hulle geestelike potensiaal te ontwikkel, sonder om in iets ingedruk te word wat nie uit hulle vrye keuse is nie.  Boeddhiste glo dat jy liefdevolle barmhartigheid aan alle wesens moet betoon. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 14 DBE/2022 SS/NSS – Nasienriglyne 5.3.3 JUDAÏSME  In die Joodse godsdiens is almal, sonder uitsondering, op dieselfde regte geregtig, omdat 'mense goed gebore word'.  Elke persoon het 'n heilige vonk, 'n goddelike siel met onbeperkte potensiaal vir die goeie. Dit wys dat elke persoon met respek en waardigheid behandel moet word.  'Jou naaste liefhê soos jouself.' Dit beteken dat jy alle mense met liefde moet hanteer.  Welgeluksalig is hulle wat regverdigheid handhaaf en te alle tye geregtigheid doen.(Psalm 106 V 3)  Hierdie lering beklemtoon dat alle mense regverdig behandel moet word.  Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskep nie? (Maleagi 2 V 10)  Hierdie lering toon dat mense almal gelyk is. (8) 5.4  Alle godsdienste word gelyk behandel en hulle heilige dae word gelyk (ewe veel) gevier.  Daar is verdraagsaamheid en respek tussen al die godsdienste. Die Konstitusie word deur alle godsdiensgroepe gerespekteer.  Mense word nie gedwing om by enige godsdiens aan te sluit nie, maar het die reg om hulle eie godsdienste te kies.  Die Konstitusie waarborg die reg aan elke burger, gemeenskap en godsdienstige gemeenskap om hulle eie godsdiens in vrede, soos hulle dit goed dink, te beoefen.  Die reg van 'n gemeenskap om hulle godsdiens te beoefen, is ook beperk want hierdie reg mag nie uitgevoer word op 'n wyse wat die Handves van Menseregte teengaan nie.  Baie godsdienstige mense is gemaklik met die humanistiese benadering tot menseregte, waar gewetensvryheid en geloof 'n dominante waarde sonder verwysing na enige godsdiens is. Enige ander relevante antwoorde moet aanvaar word. (12) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all