Skip to content

Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 12202211 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V1 NOVEMBER 2022 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit AFDELING A en AFDELING B. 2. AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 3 DBE/November 2022 NSS AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 D. 1.1.1 'n Godsdienstige lering met absolute gesag word … genoem. A Jang B karma C dogma D kalief (1) 1.1.2 Die … is die Bahá'i heilige boek. A Tora B mantra C geloofsbelydenis D Kitáb-i-Aqdas (1) 1.1.3 'n Voorbeeld van 'n gewilde Chinese filosofie is … A evolusie. B reïnkarnasie. C Sjintoïsme. D Confucianisme. (1) 1.1.4 Wanneer rituele in die gesin in Afrika uitgevoer word, is die leier die … A eersgebore vrou. B eersgebore man. C jongste kind. D hoofman. (1) 1.1.5 Die mondelinge lerings van die Vedas is in 'n gestandaardiseerde teks deur … saamgestel. A Krishna Dwipayana B Gandhi C die Dalai Lama D Ram Mohum Roy (1) 1.1.6 Die meng van verskillende godsdiensoortuigings wat 'n nuwe geloofstelsel tot gevolg het, word … genoem. A eenheid B sinkretisme C ideologie D pluralisme (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 4 DBE/November 2022 NSS 1.1.7 Die geloof dat elke handeling gevolge het, word … genoem. A oordeel B karma C reïnkarnasie D verlossing (1) 1.1.8 'n Verenigde stelsel van oortuigings en praktyke wat met heilige dinge verband hou, word … genoem. A Kreasionisme B Sekularisme C nie-teïsties D godsdiens (1) 1.1.9 In Afrika Tradisionele Godsdiens verwys die name Modimo, UMvelinqangi en Mukurukuru na … A God. B die voorvaders. C priesters. D die koning. (1) 1.1.10 Die Tanag is die heilige boek van … A Taoïsme. B Hindoeïsme. C Judaïsme. D Islam. (1) 1.2 Voltooi die volgende sinne deur die ontbrekende woord(e) neer te skryf. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.2.1 Die Boeddhiste verwys na 'n toestand van perfekte geluk en vrede as … (1) 1.2.2 Hindoeïsme se geloof in 'n vaste orde in die hele bestaan, word … genoem. (1) 1.2.3 'n Moslem-godsdiensleier wie se gesag van die Profeet Muhammad kom, is die … (1) 1.2.4 Volgens die Tao Te Ching, 'Kom alle dinge van bestaan, en bestaan kom van …' (1) 1.2.5 'n Seremonie waar die 'lewende dooies' as voorouers bevestig word, word … genoem. (1) 1.2.6 Die 50ste dag na Jesus se opstanding, toe die dissipels met die Heilige Gees vervul is, word … genoem. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 5 DBE/November 2022 NSS 1.3 Kies 'n term uit KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 1.3.1 Die oppergesagsliggaam is in Haifa, A ash-Shahada Israel B Afrika Tradisionele 1.3.2 'n Opsomming van godsdiens- Godsdiens oortuigings C reïnkarnasie 1.3.3 Godsdienstige storie waarin diep waarhede oor die lewe onthul word D Taoïsme 1.3.4 'n Wye verskeidenheid geestelike E mite oefeninge F geloofsbelydenis 1.3.5 Gemeenskapsleefwyse G meditasie 1.3.6 Kan getuig van die geloof dat daar geen god behalwe God is nie en dat H Bahá'i-geloof Muhammad sy boodskapper is (6 x 1) (6) 1.4 Kies die woord(e) in ELKE lys hieronder wat NIE by die res pas NIE. Skryf die woord(e) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer en gee 'n rede waarom dit NIE pas NIE. VOORBEELD: Rooi; Geel; Sirkel; Blou ANTWOORD: Sirkel REDE: Die ander drie is kleure. 1.4.1 Muhammad; Boeddha; Jesus Christus; Charles Darwin (2) 1.4.2 Brahma; Modimo; Allah; Apokriewe (2) 1.4.3 Shruti; Theravada; Upanishads; Smriti (2) 1.4.4 Talmoed; Bahá'i, Sjinto; Boeddhisme (2) 1.4.5 Katolieke Kerk; Sion-Christenkerk; Twaalf-Apostels-kerk; Nasaret-Baptistekerk (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 6 DBE/November 2022 NSS 1.5 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Gee 'n rede indien die antwoord ONWAAR is. 1.5.1 Die heilige teks van die Bahá'i-geloof is oorspronklik in Grieks geskryf. (2) 1.5.2 In Judaïsme is Abraham die goddelike naam van God. (2) 1.5.3 Die hoof van die Katolieke vertakking van die Christendom is die Aartsbiskop van Canterbury. (2) 1.5.4 Die woord 'Sutta' beteken 'Profeet' in Boeddhisme. (2) 1.5.5 'Kosjer' is dit wat in Hindoeïsme toelaatbaar is. (2) 1.5.6 In Taoïsme is beide die niks en die gebeurtenis goddelik. (2) 1.6 In die konteks van godsdiens, skryf TWEE feite oor ELK van die volgende: 1.6.1 Koningin Elizabeth II (2) 1.6.2 Tenzin Gyatso (2) 1.6.3 Nagmaal (2) TOTAAL AFDELING A: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 7 DBE/November 2022 NSS AFDELING B Beantwoord enige TWEE vrae in hierdie afdeling. VRAAG 2 2.1 In die konteks van Religiestudies, noem TWEE feite oor ELK van die volgende konsepte: 2.1.1 Vergelykbaarheid (4) 2.1.2 Kanon (4) 2.1.3 Geloof (4) 2.2 Noem enige TWEE unieke kenmerke van ELK van die volgende godsdienste: 2.2.1 Bahá'i-geloof (4) 2.2.2 Afrika Tradisionele Godsdiens (4) 2.2.3 Judaïsme (4) 2.2.4 Boeddhisme (4) 2.3 Noem die VIER kastes in Hindoeïsme. (8) 2.4 Wat is die verskil tussen ELK van die volgende: 2.4.1 Die Koran en die Hadith (4) 2.4.2 Inkarnasie en opstanding (4) 2.4.3 Oludumare in Yoruba en Dzengi in die Aka-godsdiens (4) 2.5 Verduidelik Shabbat in Judaïsme. (2) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 8 DBE/November 2022 NSS VRAAG 3 3.1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. ONS BLAMEER TOORDERY VIR ALLES! Dit is eienaardig dat wanneer 'n swart persoon 'n moeilike tyd beleef, dink hy of sy dikwels aan toorkuns of dat hulle vervloek is. Wêreldstatistiek toon dat ongeveer 3 tot 4 miljard mense oor die wêreld heen onder die broodlyn leef. As ons dus die 'vervloeking-logika' gebruik, dan beteken dit dat al 3 tot 4 miljard mense vervloek of getoor is. Die enigste manier om dinge te verander, is om eers die wyse waarop ons teenspoed en uitdagings beskou, te verander. Is dit nie teenproduktief om teenspoed vir iets wat nie verander kan word nie, te blameer? 'Omdat ons dit nie kan verander nie, beteken dit ons kan onsself nie uit die situasie waarin ons verkeer, uitlig nie.' Afrika se mense weet dat tradisionele genesers van groot waarde is, maar om bygelowige idees te steun wat dit onderdruk, is sinloos. [Aangepas uit die Daily Sun, 'Letter of the Day' deur Molefe Mashilo 2022] 3.1.1 Identifiseer EEN stereotipe wat, volgens die artikel, onder armes bestaan. (2) 3.1.2 Verduidelik die gevolge van hierdie stereotipe op die gemeenskap. (4) 3.1.3 Verduidelik die betekenis bygelowige idees. (4) 3.1.4 'Wêreldstatistiek toon dat ongeveer 3 tot 4 miljard mense oor die wêreld heen onder die broodlyn leef.' Wat kan godsdiensorganisasies doen om die kwessie van bygelowigheid aan te pak? (6) 3.1.5 Volgens die uittreksel is 'tradisionele genesers van groot waarde'. Noem DRIE aspekte waar hulle van groot waarde is. (6) 3.1.6 Dink jy die artikel is bevooroordeeld? Gee redes vir jou antwoord. (6) 3.1.7 Dink jy dat ryk mense aan die 'vervloeking-logika' glo? Gee redes vir jou antwoord. (4) 3.1.8 Waarom dink jy word swart mense spesifiek genoem? (4) 3.2 Hoe kan godsdiensorganisasies hulleself teen negatiewe verslaggewing deur die media beskerm? (6) 3.3 Dink jy die Suid-Afrikaanse media gee regverdige dekking van godsdiens? Gee VIER redes vir jou antwoord. (8) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 9 DBE/November 2022 NSS VRAAG 4 4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. DIE OORLOG IN DARFOER Die oorlog in Darfoer is 'n belangrike gewapende konflik in die Darfoer-streek van Soedan. Dit het in Februarie 2003 begin toe rebellegroepe teen die regering van Soedan begin veg het wat daarvan beskuldig is dat hulle die nie-Arabiese suidelike streek van die land onderdruk. Die regering het op hierdie aanvalle gereageer deur 'n veldtog van gewelddadige aanvalle op beide militante en burgerlikes uit te voer. Een kant van die konflik bestaan hoofsaaklik uit die Soedannese weermag, polisie en die Janjaweed, 'n Soedannese burgermaggroep. Die ander kant bestaan uit rebellegroepe, vernaamlik die SLM (Sudan Liberation Movement) en die JEM (Justice and Equality Movement). Lede van hierdie rebellegroepe word hoofsaaklik uit nie-Arabiese Moslem-stamme gewerf. Daar is verskeie ander verduidelikings vir die oorsprong van die huidige konflik. Een verduideliking behels die grondgeskille tussen semi-nomadiese veewagters en diegene wat saaiboerdery beoefen. Toegang tot water is ook geïdentifiseer as 'n belangrike bron vir die konflik. Die Soedannese regering en die JEM het in Februarie 2010 'n skietstilstandooreenkoms onderteken, met 'n tentatiewe ooreenkoms om vrede na te streef. Die JEM sou die meeste by die samesprekings baat en kon dalk onafhanklikheid verkry, baie soos Suid-Soedan. Die samesprekings is egter ontwrig deur beskuldigings dat die Soedannese weermag invalle en lugaanvalle teen 'n dorpie geloods het wat die vredesooreenkoms geskend het. Die JEM, die grootste rebellegroep in Darfoer, het plegtig verklaar dat hulle onderhandelinge sou boikot. 'n Omvattende vredesooreenkoms is na baie jare van sporadiese konflik op 31 Augustus 2020 tussen die Soedannese owerhede en verskeie rebellegroepe onderteken om die gewapende vyandskap te beëindig. [Bron: https.www.visionofhumanity.org Darfur-estimated-imp.] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 10 DBE/November 2022 NSS 4.1.1 Op watter kontinent is Soedan geleë? (2) 4.1.2 Noem TWEE ander lande wat deur die Darfoer-konflik beïnvloed sal word. (4) 4.1.3 Noem TWEE rebellegroepe wat teen die Islamitiese nasionale regering in Soedan veg. (4) 4.1.4 Tot watter mate is godsdiens deel van hierdie konflik? Gee redes vir jou antwoord. (6) 4.1.5 Bespreek kortliks die gebeure wat tot die stigting van Suid-Soedan gelei het. (6) 4.2 Waarom, dink jy, vind godsdiensorganisasies dit gewoonlik moeilik om konflik in baie dele van die wêreld op te los? (10) 4.3 Volgens die 'Just wars'-doktrine kan ons aanneem dat God onder sekere omstandighede oorlog sou toelaat. Bespreek kortliks die VIER omstandighede waaronder 'n regverdige ('just') oorlog toelaatbaar kan wees. (8) 4.4 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die leringe daarvan met betrekking tot hoe om konflik te vermy. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V1 11 DBE/November 2022 NSS VRAAG 5 Lees die koerantuittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GODSDIENS EN MENSEREGTE Godsdiens is nie net oor geloof/oortuiging nie; dit gaan ook oor die kapasiteit daarvan om menslike welstand te verbeter. Daarom moet menseregte die kern van 'n individu se regte vorm. Die Menseregteraad verklaar: 'Om spesifiek die reg van alle mense te verseker om met betrekking tot 'n godsdienstige oortuiging of geloof te aanbid of bymekaar te kom.' [Bron: https://www.openglobalrights.org] 5.1 Godsdiensvryheid is 'n mensereg. Noem enige TWEE ander menseregte en bespreek EEN verantwoordelikheid wat met ELKEEN geassosieer word. (8) 5.2 Gebruik EEN voorbeeld en illustreer hoe godsdienstige leringe gebruik kan word om sekere mense hulle basiese menseregte te ontsê. (6) 5.3 Hieronder is 'n lys van godsdiensorganisasies wat spesifiek by die hantering van menseregtekwessies betrokke is. Kies enige TWEE en beskryf in detail die werk wat hulle doen:  Karuna  Gift of the Givers-stigting  Heilsleër ('Salvation Army') (12) 5.4 Godsdiensorganisasies het op vlak 5 gedurende die Covid-19-grendel- tydperk gekla dat die regering hulle godsdiensreg om te aanbid, skend. Regverdig dat die regering se optrede met menseregte ooreengestem het. (10) 5.5 Minderheidsgodsdienste in Suid-Afrika kan benadeel word. Stem jy met hierdie argument saam? Gee redes vir jou antwoord. (6) 5.6 Gee VIER moontlike redes waarom daar 'n globale toename in godsdiensonverdraagsaamheid is. (8) [50] TOTAAL AFDELING B: 100 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all