Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)

Question paperReligion StudiesGrade 1220225 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 5 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2022 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2022 NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. 2. Beantwoord enige DRIE vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Lees AL die vrae aandagtig deur. 5. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Die lengte van jou antwoorde moet ooreenstem met die punte wat aan elke vraag toegeken is. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2022 NSS VRAAG 1 Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. MIDDELMISBRUIK IN SUID-AFRIKA Middelmisbruik is 'n enorme sosiale probleem in Suid-Afrika, soos elders, en dit neem elke dag toe. Alkohol, marijuana (dagga), kokaïen, tik en heroïen is 'n paar van die middels wat die meeste in hierdie land gebruik word, volgens die Suid-Afrikaanse Depressie- en Angsgroep (SADAG). 'Gegewe die skrikwekkende statistiek oor middelmisbruik in die land, is daar 'n ernstige behoefte dat mense oor die gevare en behandeling beskikbaar ingelig word,' sê Marna Acker, 'n arbeidsterapeut by Akeso-kliniek, Nelspruit (Mbombela). [Bron: www.co.za/MyNetcare2018/06] 1.1 Verduidelik VYF faktore wat tot middelmisbruik bydra.  (10) 1.2 Bespreek SES simptome van 'n persoon wat aan dwelms of alkohol verslaaf  is. (12) 1.3 Met verwysing na enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, bespreek die  lerings daarvan met betrekking tot middelmisbruik. (14) 1.4 Stel praktiese strategieë voor wat godsdienstige gemeenskappe kan gebruik  om middelmisbruik te oorkom. (14)  [50] VRAAG 2 2.1 Met verwysing na die sentrale lerings van enige EEN godsdiens wat jy bestudeer het, beantwoord die volgende vrae: 2.1.1 Bespreek die konsep van beloning en straf. (12) 2.1.2 Bespreek die oorsprong en rol van boosheid. (12) 2.2 Wat is die rol van hermeneutiese beginsels by die interpretasie van heilige tekste? (14) 2.3 Vergelyk die rol van heilige tekste in Abrahamitiese en nie-Abrahamitiese godsdienste. (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2022 NSS VRAAG 3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Alle godsdienste begin as 'n soliede monolitiese eenheid, maar as gevolg van sommige verskille met betrekking tot lerings, praktyke en bestuur het hulle almal baie interne verskille. [Aangepas uit Religion Studies Grade 12, Steyn] 3.1 Noem enige TWEE vertakkings binne EEN godsdiens en vergelyk die interne verskille wat bestaan onder die volgende opskrifte: 3.1.1 Praktykverskille (16) 3.1.2 Bestuursverskille (12) 3.2 Bespreek die belangrikheid van inspirasie in die konteks van godsdiens. (10) 3.3 Bespreek die ontwikkeling van enige EEN heilige boek uit enige godsdiens wat jy bestudeer het. (12) [50] VRAAG 4 4.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Wyle Albert Einstein, die fisikus wat in Duitsland gebore is, het geglo dat wetenskap sonder godsdiens gebreklik is, en dat godsdiens sonder wetenskap blind is. Maar die debat oor of wetenskap en godsdiens saam kan bestaan, gaan al sedert die aanvang van die mensdom aan en opinies daaroor is vandag nog verdeeld. [Bron: www.ineos.com/INCH magazine/Nov2014] 4.1.1 Verduidelik waarom Abrahamitiese godsdienste Darwin se evolusieleer verwerp het. (14) 4.1.2 Skryf SEWE feite oor die Oerknalteorie. (14) 4.1.3 Evalueer die reaksie van enige EEN van die volgende godsdienste op die Oerknalteorie:  Bahá'i-geloof  Taoïsme  Hindoeïsme (12) 4.2 Bespreek die impak van die geosentriese en heliosentriese teorieë oor die kerk. (10) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2022 NSS VRAAG 5 5.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Godsdiens speel nie so 'n belangrike rol in die moderne samelewing as wat dit in die verlede gedoen het nie. Dit is omdat godsdienstige instellings in die moderne samelewing nie meer dieselfde mag en invloed het wat hulle honderde jare gelede gehad het nie. Daar is deesdae meer mense wat sekulêre wêreldbeskouings het. Met ander woorde, hulle het nie 'n spesifieke godsdienstige oortuiging nie of hulle behoort nie aan 'n godsdienstige gemeenskap nie. [Bron: Focus on Religion Studies, Grade 12] 5.1.1 Bespreek die faktore wat tot die ontwikkeling van Westerse sekulêre denke gelei het. (12) 5.1.2 Noem enige EEN sekulêre wêreldbeskouing en bespreek die lerings daarvan. (12) 5.2 Die Raad vir Godsdienstige Leiers in Afrika is in 2002 gestig en is die grootste en mees verteenwoordigende multigodsdienstige platform in Afrika. Maak 'n lys van VYF rigsnoere van hierdie organisasie. (10) 5.3 Die Parlement van die Wêreld se Godsdienste is net een intergodsdienstige organisasie. Noem EEN ANDER intergodsdienstige organisasie en bespreek hulle suksesse en mislukkings. (16) [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all