Skip to content

Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2022 Memo (Afr)

MemorandumReligion StudiesGrade 12202217 pages

Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 RELIGIESTUDIES V2 NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 150 Hierdie nasienriglyne bestaan uit 17 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1 1.1  Familieagtergrond – enigeen met familielede wat middelmisbruik- kwessies ontwikkel het, staan groter gevaar om middelmisbruik-kwessies van hulle eie te ontwikkel.  Geestelike gesondheidsprobleme kan soms tot alkohol- en dwelmmisbruik lei.  Mense gebruik sekere middels as meganisme om stres, finansiële druk en verhoudingsprobleme baas te raak/te hanteer.  Portuurdruk – wanneer middelgebruik 'n norm is.  Verveeldheid en 'n gevoel dat daar geen doel in die lewe is nie, lei tot middelmisbruik.  Gevoelens van depressie, angs en gebrek aan beheer is ook dryffaktore. (10) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Ken ‘n maksimum van VIER punte toe indien faktore slegs genoem en nie bespreek word nie. 1.2  Gewigsverlies, velkleurveranderinge en uitslagte/letsels.  Intense drange of behoefte aan/lus vir, soos wat die verslawing vorder.  Onttrekkingsimptome, lei tot swak werksprestasie.  Psigologiese/Sielkundige simptome wat algemeen is, soos isolasie, depressie, gewelddadige optrede, angs en paranoia.  Ongesonde vriendskappe met mense wat eenderse gewoontes het.  Finansiële probleme want groot bedrae geld word aan dwelms bestee.  Die persoon kan hulle wend na inbrake en roof om geld vir dwelms te kry.  Skeep verantwoordelikhede af, soos werk of persoonlike verpligtinge.  Swak oordeel, sluit gevaarlike gedrag in soos steel, lieg, onveilige seks, verkoop dwelm of misdaad wat die persoon in die tronk kan laat beland.  Psigose – geestelike versteuring a.g.v. middelmisbruik, hallusinasies. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12) SES punte vir simptome van dieselfde kategorie. Ken ‘n maksimum van VIER punte toe indien simptome slegs gelys word sonder bespreking. 1.3 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS  'Moet julle nie aan drank te buite gaan nie; daarmee gaan losbandigheid gepaard. Nee, laat die Gees julle vervul'. (Ef. 5:18)  Dit beteken dat middelmisbruik jou vatbaar maak vir enige vorm van slegte gedrag.  'Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie' (I Kor. 6:19).  Dit beteken dat jy jou eie liggaam moet respekteer as 'n heilige tempel wat aan God gewy is.  'Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?' (Jes. 55:2)  Dit beteken dat om geld aan dwelms te bestee geen voordeel het nie, en dat dwelms nie 'n noodsaaklike uitgawe is nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Almal wat hulle liggame heilig wil hou, moet hulle van enige vorm van middelmisbruik weerhou.  'afguns, dronkenskap, uitspattigheid, "onsedelikheid" en dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle vroeër gewaarsku het: wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis kry nie.' (Gal. 5:21)  Diegene wat by middelmisbruik betrokke is, sal nie die koninkryk van God kan ingaan nie, middelmisbruik is dus sonde.  Wyn maak jou ligsinnig, drank laat jou lawaai maak' (Spr. 20:1)  Middelmisbruik is verbode wat dit veroorsaak die individu om arrogant en gewelddadig te wees.  'Ellende wag vir dié wat helde is by wyndrinkery, dapper by die meng van hulle drank' (Jes. 5:22)  Die profeet waarsku mense teen die gevaar van drank. VOORBEELD 2: BOEDDHISME  Boeddhisme verkondig dat individue die waarheid oor die menslike belewenis wat binne hulleself lê, moet ontbloot. Daarom verbied dit mense om dwelms/middels te gebruik wat die verstand verander.  Meditasie is ook baie belangrik in Boeddhisme, want dit help om insig en wysheid te bekom. Middelmisbruik meng in met meditasie.  In Boeddhisme word soberheid van gees/verstand hoog aangeslaan.  Die regte gemoedstoestand (geestesinstelling) is belangrik om geestelike ontwikkeling ('enlightenment') te bereik; die hoogste doel van Boeddhisme.  Middelmisbruik word veroordeel; dit verhinder jou om geestelike ontwikkeling ('enlightenment') te bereik.  Dit is op hierdie basis dat middelmisbruik in Boeddhisme verbode is.  Boeddhisme veroordeel ook enige middel wat die liggaam skade doen.  Die Boeddha leer ons dat om 'n sedelike/morele lewe te lei selfdissipline en selfbeheer tot gevolg het. Dit is noodsaaklik om die drang na dwelms te stop.  Die Boeddha verkondig dat slegs deur die Agtvoudige Weg te volg, kan mense ongebonde raak en hulleself bevry van die pynlike ervaring van weergeboorte. Dwelmmisbruik is een voorbeeld van die pynlike ervaring (14) van gebondenheid. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. 1.4  Godsdiensorganisasies moet die jeug aanmoedig om aan gesondheid- en sportprogramme deel te neem.  Godsdienstige gemeenskappe moet werkswinkels vir middelmisbruik- bewustheid hou.  Hulle moet met gemeentelede/volgelinge praat en die gevare van middel- misbruik verduidelik. Relevante godsdienslerings moet beklemtoon word.  Godsdiensorganisasies moet met gemeenskappolisiëringsforums saamwerk om onaangekondigde lukrake/toevallige ondersoeke in die gemeenskap te doen.  Hulle moet dwelmbase aan by die polisie aangee aangesien dwelmbase in die gemeenskap woon. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Die organisasies moet vorige verslaafdes na werkswinkels nooi sodat die gemeenskap eerstehands oor die nadelige gevolge van middelmisbruik kan leer.  Moedig die jeugdebatte in die gemeenskap aan waar die jeug oor oplossings vir dwelmmisbruik kan debatteer.  Godsdiensorganisasies moet die plaaslike munisipaliteit en gesondheidsdepartement nader om 'n rehabilitasiesentrum te stig om diegene wat geaffekteer word, te help.  Hulle moet aandring daarop dat daar by elke polisiestasie 'n alkohol-en- dwemmisbruikafdeling is wat deur die provinsiale regering befonds word. Dit sal middelmisbruik holisties teiken. (14) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2 2.1 2.1.1 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS  Beloning en straf in ATR vind in die huidige lewe plaas, nie na die dood nie.  Daar word geglo die lewende dooies/voorouers kan boosdoeners straf en diegene wat goed doen, beloon.  Straf vanaf die lewende dooies kom in verskillende vorms van beproewing/leed.  Daar word gesê dat die persoon wat hierdie beproewing beleef slegte bloed het.  Die geneesmiddel vir slegte bloed is 'n toepaslike vorm van suiwering, wat bedoel is om die lewende dooies te paai.  Wanneer hierdie rituele nodig is, voer die tradisionele geneser die ritueel vir die suiwering van die slegte bloed uit.  Diegene wat die voorouers vereer, word met voorspoed en 'n goeie lewe beloon. VOORBEELD 2: ISLAM  Islam verklaar dat beloning en straf in die huidige wêreld en ná die dood bestaan.  Op die Oordeelsdag sal die hele mensdom opgewek word om deur Allah geoordeel te word.  Diegene wat in Allah glo en hulle verpligtinge aan die Skepper en aan die mensdom nagekom het, sal beloon word en tot die paradys toegelaat word.  Diegene wat die bestaan van Allah ontken, sal gestraf word en aan die hel oorgelewer word.  Diegene wat geglo het maar nie hulle verpligtinge nagekom het nie, sal óf vergewe word óf gestraf word in ooreenstemming met die aard van hulle sonde.  Daar word gesê dat om aalmoese aan die armes te gee, die persoon nader aan Allah bring en hy/sy sal met Allah se genade en goedhartigheid beloon word. (12) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum van TIEN punte mag toegeken word indien slegs BELONING of STRAF bespreek word 2.1.2 VOORBEELD 1: AFRIKA TRADISIONELE GODSDIENS  In Afrika Tradisionele Godsdiens word boosheid gesien as die gevolg van die misnoeë van die voorvaders of omdat hulle uit belangrike geleenthede in die familie uitgesluit is.  Daar word ook geglo dat daar mense soos towenaars en hekse is wat bonatuurlike magte het wat ander mense kan benadeel/kwaad aandoen.  In Afrika Tradisionele Godsdiens 'n heks is 'n bose wese wat bonatuurlike magte het om andere leed aan te doen.  Boosheid veroorsaak dat mense op so wyse optree dat dit teen die etiese beginsels van die beskerming en bevordering van die lewe gaan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Hierdie boosheid kan baie vorms aanneem soos om die lewende dooies en hulle wense te gehoorsaam.  Om ander mense leed aan te doen, is die rol van boosheid, bv. gebruik van toorkuns/heksery.  Die opsetlike versteuring en ontwrigting van die gemeenskaps- en kosmiese orde is ook die rol van boosheid. VOORBEELD 2: ISLAM  Boosheid word aan Satan, of die duiwel, gekoppel.  Allah het Adam, die eerste man, geskep en almal in die skepping beveel om voor hom te buig.  Satan het geweier om te buig, want hy het daarop aanspraak gemaak dat hy beter as Adam was omdat hy uit vuur geskep is waar Adam uit klei geskep is.  Hierdie trots het tot Satan in sonde verval het en homself voorgeneem het om alles in sy mag te doen om mense te mislei en hulle te oorreed om God nie te gehoorsaam nie.  Elke individu is verplig om dit wat Haram (onwettig) is, te vermy omdat dit ernstige wetlike en morele/sedelike gevolge kan dra.  Allah het mense met 'n vrye wil wat hulle kan uitoefen, geskep.  Ons gebruik van vrye wil sal óf goed óf boosheid oplewer.  Ons kan beïnvloed word om boosheid te beoefen deur ons eie basiese begeertes of ons kan deur die duiwel tot boosheid getempteer word.  As ons ons bose dade berou en Allah se vergifnis soek, kan ons vir Sy genade en deernis hoop. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum van TIEN punte mag toegeken word indien slegs OORSPRONG of ROL bespreek word (12) 2.2 Dit help om:  Die betekenis van heilige teks te bepaal en te verstaan.  Die gaping tussen ons denke/verstand en die denke/verstand van die skrywers van die heilige boek te oorbrug.  Oor antieke kulture te leer deur 'n deeglike kennis van die oorspronklike taal en antieke geskiedenis.  Die eenheid van geloof binne 'n godsdiens te bevorder deur gedeelde begrip van heilige boeke/teks.  'n Heelalle metode om geskrifte te interpreteer, te bevorder.  Goddelike geskrifte teen menslike boosheid te beskerm.  Die oorspronklike heilige boodskap vit toekomstige geslagte te bewaar. LET WEL: Indien leerders slegs die hermeneutiese beginsels gelys en bespreek het, kan ‘n maksimum van SES punte toegeken word. (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 7 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 2.3  By Abrahamitiese godsdienste is heilige tekste sentraal tot hulle praktyke en oortuigings. Dit is hoekom dit 'godsdienste van die Boek' genoem word.  Abrahamitiese godsdienste se lerings is gevestig in hulle geskrewe heilige geskrifte.  By nie-Abrahamitiese godsdienste, soos Hindoeïsme, word absolute gesag aan die oorspronklike klank van die gesproke woord en nie die teks nie, gegee.  Nie-Abrahamitiese godsdienste beskou dus hulle oortuigings en lerings as vloeibare voorwerpe.  By Abrahamitiese godsdienste bring heilige tekste 'n dieper konneksie met die Goddelike mee.  By nie-Abrahamitiese godsdienste, soos Boeddhisme, word geskrifte nie as goddelike diktate beskou nie.  Abrahamitiese godsdienste is kenmerkend eksklusief omdat hulle godsdiens fundamenteel in hulle heilige geskrifte gewortel is.  Die nie-Abrahamitiese godsdienste is kenmerkend pluralisties, bv. Hindoeïsme.  By Abrahamitiese godsdienste kweek heilige teks gemeenskaplike identiteit, terwyl by godsdienste soos Hindoeïsme, is daar 'n verskeidenheid tekste en jy kan enige teks/interpretasie volg. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. ‘n Maksimum van AGT punte mag toegeken word indien die leerders slegs Abrahamitiese of nie-Abrahamitiese religieë bespreek (12) [50] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3 3.1 3.1.1 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS Praktyke in Katolisisme  Praktyke in Katolisisme  Bywoning van Heilige Mis op Sondag is verpligtend.  Soos wat 'n kind grootword, so ontvang hy/sy die sakramente op toepaslike stadiums: Eerste Heilige Nagmaal en Aanneming.  Hulle gebruik die bidsnoer ('rosary') tydens hulle gebede.  Katolieke are lief vir die simbool van die kruis en krusifiks – die laasgenoemde is 'n kruis met die figuur van Jesus daarop.  Die sakrament van bieg behels bieg aan 'n priester.  Praktyke in Protestantisme  Hulle woon gereeld kerkdienste op Sondae by.  Soos wat 'n kind grootword, so ontvang hy/sy geskikte vorming, bv. Sondagskool en jeuggroepe.  Hulle plaas baie klem op die geskrifte.  Genesingsdienste word uitgevoer.  Praktyke in die Oosters-Ortodokse Kerk  Hulle rituele behels die gebruik van baie wierook.  Hulle hou van ikone (spesifieke styl van heilige beelde) en hulle kerke is ryklik versier.  Tydens gulle gebede soen hulle die ikone en steek kerse aan.  Oosters-Ortodokse vroue dra wit klere kerk toe. VOORBEELD 2: BOEDDHISME  Praktyke in Theravada-Boeddhisme  Die ideaal in Theravada-Boeddhisme is vir die individu om 'n lewe van meditasie te ly om sodoende geestelik te ontwikkel ('become enlightened').  Die monnike woon in kloosters, bedel vir kos en mediteer amper die heeldag.  Hulle help en werk saam met leke (oningewydes) persone in belangrike geleenthede in hulle lewens, soos geboortes, troues en begrafnisse.  Die monnike lei nie die gebeure nie, maar woon dit by om gewig aan die geleenthede te gee.  Die meeste godsdienstige praktyke word in die tuiste uitgevoer alhoewel daar ook individuele en gemeenskaplike meditasie en kantillering ('chanting') in tempels plaasvind.  Praktyke in Tibettaanse Boeddhisme  Hierdie Boeddhiste beoefen baie rituele.  Hulle gebruik rituele en kantillering in gebede.  Hulle doen meditasie.  Hulle doen beswymings om wysheid te bekom. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Praktyke in Mahayana-Boeddhisme  Hierdie vorm van Boeddhisme het 'n konsep, genoem Bodhisattva, ontwikkel.  'n Bodhisattva is 'n persoon wat op eie meriete Nirvana kan ingaan, maar wat uit deernis/ontferming vir mense wat ly, besluit het om hierdie ingang uit te stel om ander mense te help.  Die Bodhisattva is dus beskikbaar om mense te help om geestelike ontwikkeling ('enlightenment') te bereik en om later 'n Boeddha te word.  By Mahayana-Boeddhisme kan gewone mense goddelike wesens nader om hulle te help in hulle soeke na redding/verlossing.  Mahayana-Boeddhiste kan meer rituele elemente beoefen as wat in Theravada-Boeddhisme waargeneem word.  Voorbeelde is om hulleself neer te werp/buig, kantillering en aansteek van wierook. (16) 3.1.2 VOORBEELD 1: CHRISTELIKE GODSDIENS  Bestuur in Katolisisme:  Die hoof van Katolisisme is die Pous.  Die magsentrum is in Rome (Vatikaan).  Die kerk word bestuur op gemeentevlak deur priesters, by dekanieë deur dekens, by bisdomme deur biskoppe en aartsbisdomme deur aartsbiskoppe.  Die kardinale is die verteenwoordigers van die Pous in verskillende geografiese streke, bv. die Suidelike Afrika-streek van onder Kardinaal Napier.  Bestuur in Protestantisme  Die kerke word deur ingewyde predikante/dominees en biskoppe of verkose ouderlinge bestuur.  Oorhoofse regering/bestuur is deur 'n hoër gesag, soos 'n sinode of algemene vergadering, voorgesit deur 'n biskop.  Sommige Protestante kerke is onafhanklike en nie aan 'n hoër gesag as die gemeente verantwoordelik nie.  By die Presbiteriaanse stelsel word die gemeentes deur die Kerkraad/-sessie bestuur. Die laasgenoemde bestaan uit die kerkdominee en ouderlinge.  Bestuur in Oosters-Ortodokse Kerk  Die verskille tussen die Katolieke en Ortodokse Kerke is dat die laasgenoemde nie die leierskap van die Pous aanvaar nie.  Gesag in die kerk is in die hande van die biskoppe en aartsbiskoppe.  Hulle ingewyde dominees/predikante sluit priesters, biskoppe en aartsbiskoppe in.  Hulle ingewyde klerikale personeel mag trou. Hulle hoef nie selibaat te wees nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2: BOEDDHISME  Bestuur in Theravada-Boeddhisme.  Die bestuur van die Theravada- en Mahayana-vertakkings is basies dieselfde.  Theravada-Boeddhisme is een kompakte vertakking met min of geen afwyking in verskillende dele van die wêreld nie.  Die klooster het groter betekenis in Theravada-Boeddhisme as in ander vertakkings.  Bestuur in Mahayana-Boeddhisme  Elke groep van die Mahayana word deur 'n senior monnik bestuur.  Die senior monnik word bygestaan deur 'n raad van ander senior monnike en soms senior nonne.  Hierdie vorm van Boeddhisme het in baie groeperings ontwikkel wat tot baie buigsaamheid m.b.t. bestuur gelei het.  Bestuur in Tibettaanse Boeddhisme  Tibettaanse Boeddhiste het 'n leier genaamd die Dalai Lama.  Daar was sedert die 17de eeu tot 1959 'n opeenvolging van Dalai Lamas.  Toe die Volksrepubliek van China in 1959 Tibet ingeval het, het die huidige Dalai Lama, Tenzin Gyatso, uit Tiber gevlug.  Hy is sedertdien 'n geestelike leier in ballingskap. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (12) 3.2  Inspirasie is 'n belangrike normatiewe bron in baie godsdienste.  Dit is die ware oorsprong van alle godsdienste.  Inspirasie verwys na die mag of krag van 'n buitengewone wese wat 'n uitverkose wese oorneem.  Die stigtersfigure van baie godsdienste is deur 'n hoër mag of wysheid geïnspireer.  Sulke mense voel dat hulle 'n 'openbaring' van 'n buitengewone wese ontvang het.  In Afrika Tradisionele Godsdiens ontvang die mediums of waarsêers inspirasie terwyl hulle in 'n beswyming is.  Inspirasie is 'n kragtige motivering vir die volgelinge van 'n godsdiens.  Daar is verskillende tipes inspirasie, naamlik: o Goddelike inspirasie wat direk en onmiddellik is en wat deur die stigters van godsdienste geïnspireer is o Kontemporêre inspirasie wat deurlopend is en dien om aanbidders met hulle Skepper te verenig  Mediums en waarsêers in ATR kommunikeer met die geestelike ryk deur inspirasie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.3 VOORBEELD 1: HINDOEÏSME  Die Vedas het in antieke Indië ontstaan.  Die Vedas vorm deel van die hoof- skriftuurlike bronne vir Hindoes.  Baie Hindoes glo dat die Vedas nie in werklikheid deur enigiemand geskryf is nie, Ishvara ingesluit.  Geskiedkundiges beraam dat dit tussen ongeveer 2500 en 500 VHJ neergeskryf is.  Die Vedas is deur die groot wysgeer of wyse man, Krishna Dwipayana, saamgestel.  Die doel is om 'n gestandaardiseerde weergawe van Hindoe-lerings vir alle Hindoe-volgelinge saam te stel.  Dwipayana het al die mondelinge lerings bymekaar gemaak wat deur die rishis, onderwysers en die studente aangegee is en dit in vier standaardversamelings of boeke saamgestel, naamlik Rigveda, Yajurveda, Samaveda en Atharaveda. VOORBEELD 2: ISLAM  Moslems glo dat Allah sy finale boodskap vir die mensdom aan die Profeet Muhammad deur die aartsengel Gabriël onthul het.  Die Profeet kon nie lees of skryf nie, dus het hy die openbaringe op mondelinge wyse met sy volgelinge gedeel.  Die volgelinge van Muhammad het die openbaringe neergeskryf.  Die teks wat al hierdie openbaringe bevat, het as die Koran bekend geword.  Die Koran word dus as die Woord van God beskou.  Die Koran is oor 'n tydperk van 23 jaar aan die Profeet Muhammad onthul.  Net voordat hy gesterf het, het die Profeet die hele Koran uit die hoof aangehaal.  Die Woord van God is aan die Profeet in Arabies onthul en baie Moslems glo dat die Koran nie vertaal kan word sonder om betekenis te verloor nie.  Dit is omdat die boodskap en die lerings wat in die Koran bevat is, nie van die taal waarin dit geskryf is, geskei kan word nie. (12) (50) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4 4.1 4.1.1  Abrahamitiese godsdienste verwerp oor die algemeen die evolusieleer omdat dit teen hulle fundamentele lerings oor die skepping van mense en hulle status in die heelal gaan.  Darwin se leer erken nie die bestaan van 'n Skepper nie.  Volgens hierdie leer is 'n menslike wese bloot nog 'n biologiese organisme.  Dit is in teenstelling met die lerings van Abrahamitiese godsdienste.  Abrahamitiese godsdienste verklaar dat menslike wesens na die beeld van God geskape is, wat menslike wesens bo alles in die skepping plaas.  Volgens die evolusieleer is mense deel van die lewensproses, hulle ontstaan en gaan dood.  Dit gaan teen Abrahamitiese godsdienstige lerings wat verklaar dat menslike wesens onsterflik is en dat hulle 'n geestelike deel (siel) besit.  Abrahamitiese godsdienste verkondig dat alles deur God geskep is en dat die skepping perfek was.  Dit impliseer dat menslike wesens perfek geskep is en nie uit primate geëvolueer het nie.  Hulle redeneer verder dat die evolusie van nuwe spesies nog nooit aangeteken is nie. (14) 4.1.2  Volgens die Oerknalteorie weet ons nie wat voor die Oerknal bestaan het nie.  Die teorie beweer dat daar 'n enorme ontploffing in die ruimte was, en dat die heelal binne 'n sekonde verskyn het en tot 'n enorme grootte uitgebrei het.  Die Oerknal het ongeveer 13,7 miljard jaar gelede plaasgevind.  Die Oerknalteorie verklaar dat die skeppingsproses net 'n breukdeel van 'n sekonde geneem het.  Klein temperatuurverskille in die aanvanklike ontploffing het tot die vorming van stof en energie gelei.  Die stof het gekondenseer en die sterre en sterrestelsels gevorm het.  Wetenskaplikes glo dat die heelal steeds uitbrei.  Dit is nie bekend of en hoe die heelal sal eindig nie. (14) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 13 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 4.1.3 VOORBEELD 1: BAHÁ'I-GELOOF  Bahá'u'lláh verkondig duidelik dat die studie van godsdiens en die ondersoek van die wetenskap versoenbaar is.  Dit is albei weë na een waarheid in die wêreld van skepping.  Beide die geestelike en fisiese ryke is skeppings van dieselfde God.  Hulle is nie in konflik nie aangesien dit van dieselfde God af kom.  Indien dit geblyk het asof die wetenskap en godsdiens op 'n stadium mekaar weerspreek, is dit duidelik dat óf die wetenskap óf godsdiens te blameer is.  Dit is dikwels mense se beperkte begrip wat 'n probleem is.  Soms interpreteer hulle heilige boeke letterlik.  Om die konflik in hulle begrip te vermy, moet hulle heilige boeke figuurlik interpreteer.  Hulle moet die metafore wat geestelike waarhede illustreer, toepas. VOORBEELD 2: TAOÏSME  In Taoïsme kom die wêreld en alles daarbinne outomaties tot stand as deel van die Tao se aktiwiteit.  Dit word nie beplan nie, maar dit is nie onbeplan nie.  Die Tao het nie bedoel dat die wêreld bestaan nie, maar ook nie dat die wêreld nie bestaan nie.  Taoïsme is nie in teenstelling met die Oerknalteorie nie.  Wetenskaplik is die wêreld nie deur enige God of gode geskep nie, dit het toevallig gebeur.  Die wêreld het eenvoudig as 'n klein spikkeltjie in die enorme 'kom' ('bowl') van skepping ontstaan soos die Tao op sy weg gegaan het.  Volgens Taoïsme bestaan die wêreld uit prosesse van skepping en vernietiging.  Die Taoïstiese beskouing van die heelal is baie op hulle waarneming van die natuurlike en menslike wêrelde gebaseer.  Die Oerknalteorie is ook op waarneming van die natuurlike en menslike wêrelde gebaseer.  Daarom Taoïsme se aanvaarding van die Oerknalteorie. VOORBEELD 3: HINDOEÏSME  Hindoes glo dat die Oerknal 'n alternatiewe wyse is om te verduidelik hoe die heelal ontstaan het.  In Hindoeïsme bestaan die Skepper aktief of passief.  Die passiewe staat is 'n staat van rus wanneer niks gebeur nie.  Wetenskaplik was die passiewe staat voor die Oerknal.  Lank daarna het die Skepper weer aktief geword.  Dit is wanneer 'n gedeelte van die heelal anders as ander word en skepping begin.  Volgens Hindoeïsme het die Oerknal plaasgevind toe die skepper aktief geword het.  Vir Hindoes weerspreek die Oerknalteorie nie hulle oortuigings oor skepping nie. (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 14 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 4.2  Die geosentriese teorie verklaar dat die aarde die middelpunt van die heelal is en dat alles daar rondom wentel.  Die kerk het die geosentriese teorie geglo want dit het met hulle interpretasie van geskrifte ooreengekom.  Die heliosentriese teorie verklaar dat dit nie die aarde is wat bewegingloos aan die middelpunt van die sonnestelsel is nie, maar die son.  Die kerk het nie die heliosentriese teorie aanvaar nie want dit kontrasteer met die fundamentele lerings van die kerk.  Die Katolieke Kerk het die heliosentriese teorie as onwaar afgekeur.  Die heliosentriese teorie het egter die persepsie van hoe die heelal geskep is, verander.  Daar is nou 'n paradigmaverskuiwing van die letterlike interpretasie van geskrifte na figuurlike interpretasie. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) (50) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 15 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5 5.1 5.1.1  Die Duitse monnik Martin Luther het in die 15de eeu sekere verandering aan die gang gesit wat tot die versplintering van die Christelike godsdiens gelei het.  Dit het tot dekades van godsdienstige oorloë in Europa gelei.  Verskeie Christen-groepe het vir dominansie geveg.  Die kerk was op daardie stadium polities en sosiaal baie invloedryk.  Die meeste lande was nie demokraties nie want hulle is deur keisers, konings, koninginne of die adel regeer.  Hierdie heersers het die kerk gebruik om hulle mag te vestig.  Godsdienstige leiers het weer heersers beïnvloed om hulle interpretasie van oortuigings te bevorder.  Protestante hervormers en Katolieke was nie verdraagsaam teenoor godsdienstige diversiteit nie.  Katolieke en Protestante het hulle oortuigings op mekaar afgedwing.  Die intellektuele het tot die slotsom gekom dat godsdiens eerder verdelend as verenigend was.  Mense het begin met 'n soektog na staat waar daar godsdienstige verdraagsaamheid is.  'n Regering wat suiwer op redeneervermoë en begrip van die menslike aard gebaseer is, was toe die antwoord.  Regering en moraliteit is dus geskei van godsdiens.  Sekulêre humanisme is dus gevestig.  Wetenskaplike denke en ontdekkings het ook die groei in sekulêre denke sterk beïnvloed. (12) 5.1.2 VOORBEELD 1:  MATERIALISME  As 'n sekulêre wêreldbeskouing glo materialisme dat stof/materie die enigste werklikheid is.  Materialisme leer hulle volgelinge dat daar geen bonatuurlike werklikheid is nie.  Hierdie wêreldbeskouing staan teen die godsdienstige wêreldbeskouings gebaseer op die geloof dat die bestaan van enige geestelike werklikheid bevestig kan word.  Materialisme leer dat niks behalwe die natuur bestaan nie.  Volgens materialisme is enige wese wat as buite die natuur (bonatuurlik) beskou word, 'n wese van die verbeelding.  Materialisme verbied hulle volgelinge om hulleself aan enige geestelike afhanklikheid te onderwerp.  Nuwe terme is uit materialisme ontwerp, naamlik dialektiese materialisme en historiese materialisme.  In dialektiese materialisme word stof/materie beskou as die fundamentele oorsaak van alles.  Historiese materialisme: dit ondersoek ekonomie en die verhoudings tussen werkers en eienaars as die fundamentele struktuur in die samelewing.  Kontemporêre fisici en neurowetenskaplikes daag egter die materialistiese verduidelikings van werklikheid uit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 16 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VOORBEELD 2:  SEKULÊRE HUMANISME  Dit is in die 1950's die eerste keer as 'n konsep gebruik.  Sekulêre humanisme is 'n tak van humanisme.  Die term 'humanisme' was oorspronklik 'n godsdienstige term.  Gedurende die Renaissance was 'n humanis iemand wat Klassieke letterkunde en onderwys gestudeer het.  Gedurende die 19de eeu het die betekenis van 'humanisme' verskuif om vir die meeste Engelsprekendes 'ateïsme' te beteken.  Sekulêre humanisme het ontstaan omdat spesifieke filosowe hulle eie teorie wat godsdiens sou vervang moes voorbring.  Die Sekulêre Humanismeraad is in 1980 gestig.  Dit het 'n verklaring uitgereik wat hulle lede se oortuigings weerspieël het, ' 'n Sekulêre Humanistiese Verklaring' genoem.  Die 25ste herdenking van die Sekulêre Humanismeraad is in 2005 gevier.  Dit was tydens die viering dat die Wêreldkongres gehou is.  By die Wêreldkongres het die Sekulêre humaniste 'n beroep gedoen op 'n nuwe verligting ('enlightenment').  Die nuwe verligting was bedoel om na die Midde-Ooste en ander dele van die wêreld te versprei. LET WEL: ‘n Maksimum of TWEE punte mag toegeken word indien SEKULARISME verduidelik word as ‘n inleiding (12) 5.2 Die rigsnoere (beginsels) van die Raad van Godsdienstige Leiers in Afrika ('ACRL') is soos volg:  Om godsdienstige verskille te respekteer.  Op te tree oor diepsinnige morele/sedelike kwellings en waardes wat deur baie mense gedeel word.  Behoud van die identiteit van elke godsdienstige gemeenskap.  Respekteer die verskillende wyses waarop godsdienstige gemeenskappe in Afrika georganiseer word.  Ondersteun multigodsdienstige strukture wat plaaslik in die ACRL- netwerk in die kontinent gelei word.  Onderhou die beginsels van verteenwoordiging, ondergeskiktheid en solidariteit. LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Religiestudies/V2 17 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 5.3 VOORBEELD 1  Raad van Godsdienstige Leiers in Afrika ('ACRL') – Religions for Peace. SUKSESSE  Hulle het godsdienstige leiers in Afrika suksesvol bymekaar gebring met 'n gesindheid van inklusiwiteit, respek en dialoog.  Hulle ondersteun intergeloofsaktiwiteite en dienste wat plaaslik gelei word.  Hulle het aan die Wêreld Sosiale Forum deelgeneem.  Die positiewe werk wat gedoen is, het 'n verskil in daardie gemeenskappe gemaak en word waardeer. MISLUKKINGS  Daar is steeds baie swaarkry in Afrika as gevolg van konflik.  Daar is steeds swaarkry as gevolg van armoede en 'n gebrek aan hulpbronne in Afrika.  Nie alle lande en regeringsowerhede erken en ondersteun die Raad van Godsdienstige Leiers in Afrika ('ACRL') – Religions for Peace nie.  Die organisasie het beperkte hulpbronne en dit steun op openbare skenkings. VOORBEELD 2  Wêreldkonferensie van Godsdienste vir Vrede. SUKSESSE  Die organisasie is op elke kontinent aktief.  Dit het baie intergodsdienstige groepe gevorm om algemene probleme aan te pak.  Hierdie groepe werk ook om wêreldvrede te bevorder.  Hulle het in verskeie konfliksituasies as bemiddelaar opgetree., bv. Sierra Leone, Bosnië, Kosovo.  Hulle het 'n internasionale netwerk van godsdienstige vroue-organisasies gevorm. MISLUKKINGS  Ten spyte van die groot en toegewyde werk deur hierdie organisasie, lyk dit asof die wêreld 'n toename in konflik en 'n gebrek aan vrede ervaar.  Dit lyk selfs of daar 'n toename in godsdienstige konflik in die wêreld is.  Vrywilligerorganisasies soos hierdie sukkel voortdurend om hulpbronne te bekom om aan hulle behoeftes te voldoen. (16) LET WEL: Ander relevante antwoorde moet krediet kry. Indien 'n kandidaat slegs SUKSESSE of slegs MISLUKKINGS bespreek, kan 'n maksimum van 12 PUNTE toegeken word [50] TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Religion Studies

View all