Downloaded from hlayiso.com
GRAAD 12
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
RELIGIESTUDIES V2
NOVEMBER 2013
MEMORANDUM
PUNTE: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2013 papers 





View all





Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2013 Memo (Afr)
Grade 12 Religion Studies Paper 2 memorandum from the NSC November Exam 2013 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Religion Studies · Grade 12 · NSC November Exam · 2013. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Religion Studies
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2013
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 298.2 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
NSC November Exam 2013
Questions in this paper
- Question 1.1Common Features of Religion30 marks
- Question 1.2Common Features of Religion20 marks
- Question 2.1Topical Issues in Society20 marks
- Question 2.2Topical Issues in Society10 marks
- Question 2.3Common Features of Religion20 marks
- Question 3.1The Variety of Religions10 marks
Show all 13 questions
- Question 3.2The Variety of Religions10 marks
- Question 3.3The Variety of Religions10 marks
- Question 3.4The Variety of Religions10 marks
- Question 3.5The Variety of Religions10 marks
- Question 4.1The Variety of Religions20 marks
- Question 4.2The Variety of Religions20 marks
- Question 4.3The Variety of Religions10 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 2 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
VRAAG 1
LW: In 1.1. Alhoewel daar drie voorbeelde vir elke onderafdeling aangebied word, word
die kandidaat gekrediteer vir ENIGE ander godsdiens gekies.
1.1 1.1.1 Inspirasie
LW.: Spirituele inspirasie voortspruitend uit gebed/meditasie
is aanvaarbaar.
Afrika Tradisionele Godsdiens
• Mense kommunikeer met die voorvaders en ontvang
boodskappe van hulle deur drome en visioene.
• Mediums en waarsêers spesialiseer in kommunikasie met die
voorvaders en geeste in die algemeen. Daar word geglo dat
hulle op 'n bonatuurlike manier insig in die onbekende of die
toekoms gekry het of dit ontdek het.
• Die mediums gaan dikwels deur die proses van dood en
hergeboorte gedurende hul opleiding.
• Die persoonlikheid van die medium word beëindig en die
medium of waarsêer ontvang 'n nuwe persoonlikheid.
• In Suidelike Afrika rus die priesterlike funksie van
tussenganger tussen die godheid en mense gewoonlik by die
hoof van die familie.
• Hierdie tussengangers is die voorvadergeeste (soms ook
bekend as die lewende dooies, die skadu's of geringe
godhede).
• In sommige gebiede kan 'n natuurlike voorwerp, veral 'n dier,
aangeneem en gerespekteer word as 'n embleem van 'n stam
of individu. Die stam of individu kry dan die naam van die dier
of natuurelement om te bewys dat hulle geïnspireer is.
Hindoeïsme
• In Hindoeïsme word absolute voorkeur gegee aan die
oorspronklike klank van die gesproke woord.
• Die oorspronklike inspirasie het ten minste 4 000 jaar gelede
gebeur.
• Die oorspronklike inspirasie is deur geskrewe teks aan latere
generasies oorgedra sodat hulle daardeur bevoordeel kon
word.
• Oorspronklik geopenbaarde en gehoorde geïnspireerde skrifte
word onderskei van sekondêre skrifte.
• Die Hindoegodsdiens het baie godhede wat vir hulle as
inspirasie dien en hierdie godhede hou hul spirituele lewens
gesond.
• Hindoeïsme gebruik ook baie ander heilige tekste soos die
Puranas waarin die antieke geskiedenis van Hindoeïsme
opgeteken is.
• Die Puranas handel ook oor onderwerpe soos die skepping en
die einde van die heelal.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 3 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
Judaïsme
• In Judaïsme is daar 'n Tora wat op die Berg Sinai aan die
Joodse volk geopenbaar is.
• Inspirasie het plaasgevind toe God met individue gepraat het
soos dit in die Bybel aangeteken is – dus, die Ou Testament.
• God het Homself deur die profete geopenbaar.
• God het met die profeet Jesaja, Hosea, Maleagi, Jeremia en
ander gepraat.
• Die Joodse godsdiens het oor oorspronklike en sekondêre
inspirasies wat tot die samestelling van baie boeke oor
Judaïsme gelei het.
• Die primêre geskrifte word gesamentlik die Tanag genoem en
dit is bekend dat dit deur inspirasie geopenbaar is. Dit word
dus beskou as die openbaring van God se Woord.
• Moses is geïnspireer toe hy die mondelinge wet op die Berg
Sinaï ontvang het.
• Hierdie geïnspireerde boodskappe is van een generasie na die
volgende oorgedra tot vandag.
• Die profete en die geskrifte word beskou as goddelik
geïnspireer, maar nie goddelik gedikteer nie. (10)
1.1.2 Mondelinge tradisie
Afrika Tradisionele Godsdiens
• In hierdie godsdiens speel mondelinge tradisie 'n belangrike
rol.
• ATG het nie 'n heilige boek nie.
• In ATG is mondelinge tradisie die heiligste metode om heilige
boodskappe oor te dra.
• Die heilige stories help om die norme en waardes van die
Afrikasamelewing oor te dra.
• Die stories bevat die kernleringe van Afrika Tradisionele
Godsdiens.
• Die oudstes ('elders'), soos die verantwoordelike en
gerespekteerde ooms en tantes, speel 'n belangrike rol om te
verseker dat die jonger generasie behoorlik tot volwassenes
ontwikkel.
• Die familie-oudstes speel 'n belangrike rol as die houers en
interpreteerders van heilige teks.
• Tradisionele kennis word mondelings oorgedra na die
volgende generasie.
• Mondelinge tradisie laat buigbaarheid en plaaslike konteks toe.
Hindoeïsme
• Die Hindoegodsdiens plaas klem op die klank van 'n gesproke
woord.
• Soos in baie ander godsdienste is die oorspronklike inspirasie
in Hindoeïsme eers deur mondelinge tradisie oorgedra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 4 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
• Deur mondelinge tradisie kon Hindoevolgelinge toegang tot die
oorspronklike boodskappe kry.
• Die Hindoegelowiges kan ook die boodskappe van een
generasie na die volgende oordra.
• Alhoewel mondelinge tradisie oor tyd baie verander, ontwikkel
en aangepas het, word dit steeds vandag ervaar.
Judaïsme
• Die Jode praat van 'n skriftelike en mondelinge wet.
• Alhoewel dit heilig is, het die mondelinge tradisie nie dieselfde
status as die Tora nie.
• Die mondelinge gedeeltes van die Tora kan nie van die Tora
geskei word nie.
• Die mondelinge wet verduidelik die Tora. Die mondelinge Tora
is van een generasie na die volgende oorgedra totdat dit
opgeskryf is.
• Toe die Tora geskryf is, is dit vergesel van 'n ryk mondelinge
tradisie. (10)
1.1.3 Heilige skrif
Afrika Tradisionele Godsdiens
• ATG het nie 'n heilige boek nie.
• Verskillende kulturele skrywers het egter geskrewe dokumente
oor die norme en waardes in ATG opgestel.
• Skrywers soos Credo Muthwa het ook waardevolle inligting
aangeteken.
• Die San het ook belangrike dokumente geskryf wat nuttig is in
die spirituele lewe van die volgelinge van ATG.
• Daar is gedigte wat deur verskillende skrywers geskryf is, wat
ook dien as 'n poging om die morele waardes van die
gemeenskap oor te dra.
• Daar is Afrikastories wat dien as die heilige bron van spirituele
en sosiale lewe vir diegene wat Afrika Tradisionele Godsdiens
beoefen.
Hindoeïsme
• Die eerste van die heilige boeke is die Vedas.
• Die Hindoes glo dat hierdie geskrifte 'n heilige oorsporing het.
• Die Vedas gee kennis van die heilige lewe.
• Die Vedas is geskryf deur die mense bekend as Rishi's –
sieners of wyses wat na lewenswaarhede gesoek het.
• Die skrywers van die Vedas het probeer om 'n begrip van die
ewige wêreld te verseker.
• Die innerlike ondersoek word in die Upanishads verduidelik.
• Hindoeïsme het groot versamelings met ander godsdienstige
literatuur, insluitend handboeke van die ses skole van
Hindoefilosofie. Hierdie versamelings is daar om
Hindoevolgelinge te help met inligting wat hulle spiritueel sal
voed. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 5 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
Judaïsme
• Die primêre geskrifte staan bekend as die Tanag.
• Die korpus geskrifte word gebruik van die geopenbaarde
Woord van God waardeur God met sy volk kommunikeer.
• Die geskrewe Tora word in die volgende afdelings verdeel: Die
Tora, Nevim en Ketuvim.
• Die Tora speel 'n belangrike rol in die gebruik van die Tanag
om te verseker dat die heilige wet aan al die generasies
oorgedra word.
• Die geskrewe tradisie, soos die Tanag, stel die leser in staat
om die teks volledig te ontleed om sodoende die teks en al sy
boodskappe en lesse ten volle te verstaan.
• Die Talmoed dra dikwels regsbegingsels deur stories oor.
1.2 Islam
• Koran 4:32 en 33:35 handel oor die verhouding tussen mans en vroue
wat gelyke regte het en die feit dat beide mans en vroue gelyke pligte het
wat God wil hê hulle as sy volk moet vervul.
• Die bogenoemde kan verkeerd geïnterpreteer word asof dit beteken dat
vroue en mans dieselfde pligte en verantwoordelikhede as man en vrou
in die huwelik het.
• Dit kan buite konteks geïnterpreteer word en so die bedoelde betekenis
verloor.
• Dit kan ook verkeerd geïnterpreteer word asof vroue nie hul pligte as
moeders en vroue in hul gesinne moet vervul nie.
• Die ander verkeerde interpretasie kan wees dat vroue alles kan doen wat
mans doen, wat die feit dat mans en vroue fisiologies nie dieselfde is nie,
miskyk.
• Hierdie verkeerde interpretasie kan maklik die oorspronklike bedoeling
miskyk, bv. gelyke spirituele vergoeding en prestasie, gelyke status en
vryheid en gelyke ekonomiese regte.
• Dit kan ook verkeerd geïnterpreteer word asof mans nie hul vroue en
gesinne as mans en vaders hoef te ondersteun nie.
• Mans kan deur verkeerde interpretasie hul vroue finansieel oorlaai en nie
hul primêre pligte as broodwinners en beskermers van hul gesinne
nakom nie.
• Vroue kan in sekere gevalle die geskrifte verkeerd interpreteer en vind
dat hulle mans uitdaag en hulle nie gerespekteer, (wat tot wedersydse
respek lei), nie.
• Hierdie verse kan ook verkeerd deur vroue geïnterpreteer word as hulle
aanvaar dat daar geen reëls is vir mans en vroue in hul daaglikse
ontmoetings nie.
• Die beginsel van geregtigheid kan misgekyk word, al beklemtoon die
verse dit eintlik deur hul klem op gelykheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 6 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
Christendom
• In 'n brief wat deur Paulus aan die Efesiërs geskryf is, word gesê dat
vroue hul mans moet respekteer en mans hul vroue moet liefhê.
• Die mans is geneig om respek te vereis, selfs al mishandel hulle hulle
vroue.
• Mans is geneig om te vergeet dat vroue waardigheid as mense het en
soos alle mense en God se skeppings, ook respek verdien.
• Mans is ook geneig om te dink dat egbreek tussen hulle aanvaarbaar is
en dat dit net 'n sonde word as dit deur 'n vrou gedoen word.
• Die waninterpretasie van hierdie vers kan ook die mishandeling van
vroue, soos fisiese aanranding, vererger.
• Indien die beginsels van hermeneutiek nie in die interpretasie van hierdie
vers en ander tekste toegepas word nie, kan mans van vroue verwag om
minderwaardig teenoor mans op te tree wees deur kan hulle so
eienaarskap oor hul liggame eis.
• Mans kan ook dink dat seksuele mishandeling van vroue hul reg is, wat
tot verkragting in die konteks van die huwelik kan lei.
• Die waninterpretasie van hierdie vers kan ook veroorsaak dat vroue van
mans verwag om hul lief te hê en dat hulle sal dink dit is nie nodig om hul
mans ook lief te hê nie. Vroue kan ook van mans verwag om hul liefde op
'n onredelike manier deur materiële geskenke te wys.
• Die gebrek aan balans tussen liefde en respek tussen getroude mans en
vroue kan veroorsaak dat huwelike verbrokkel.
Afrika Tradisionele Godsdiens
• Die lering oor ilobolo/mahadi as 'n lering in die normatiewe bronne word
op 'n verskeidenheid maniere verkeerd geïnterpreteer.
• Die betaling van ilobolo/mahadi kan verkeerdelik as 'n verkoopprys deur
die bruidegom geïnterpreteer word.
• Ilobolo/Mahadi kan verkeerd deur die bruid se familie geïnterpreteer word
as 'n prys, wat tot te hoë bedrae kan lei.
• Nadat hy ilobolo/mahadi betaal het, kan die bruidegom dink hy het
toestemming om die vrou as 'n voorwerp of eenvoudig as sy besitting te
behandel.
• Die waninterpretasie van hierdie lering kan veroorsaak dat mans dink
hulle is beter as vroue.
• Mans kan ook dink dat hulle, deur ilobolo/mahadi te betaal, die vroue as
hul seksobjek gekoop het.
• Die waninterpretasie kan ook veroorsaak dat mans dink vroue is geskep
om hulle seksuele behoeftes te bevredig.
• Sommige mans kan ook dink dat hulle volle gesag oor die vroue het.
• Die waninterpretasie kan ook veroorsaak dat vrouens gedwing word om
kinders te hê selfs al is hulle liggaamlik swak.
• Die waninterpretasie kan ook veroorsaak dat vroue in 'n huwelik bly, selfs
al word hulle onuithoudbaar mishandel. Die vrou kan dink dat sy nie die
huwelik mag verbreek nie, omdat ilobolo betaal is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 7 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
• Die kombinasie van bekendheid en respek waarmee die lewendes die
dooies behandel, hang af van 'n sekere gesin of familie se kennis van hul
geskiedenis. Indien dit nie bekend is nie, kan dit baie waninterpretasies in
die primêre heilige teks veroorsaak.
• Sekere prosedures vir interpretasie van heilige tekste moet gevolg word.
Gewoonlik is die broer aan moederskant (malome) en die suster aan
vaderskant (rakgadi) die sleutel om die heilige stamboomteks te ontsluit
in orde van senioriteit en bekendheid. Op hierdie manier het mans nie 'n
kans om vroue te onderdruk nie, omdat hulle die seën van beide families
het en die korrekte prosedures gevolg het.
• In die interpretering van sekondêre tekste neem die koning of stamhoof
die leiding. Die tradisionele geneser van die koninkryk moet ook
deelneem. Indien die bogenoemde uitgesluit word, word dit 'n
waninterpretasie en kan dit probleme in die familie veroorsaak sodat
mans vroue onderdruk.
LW: Die kandidaat moet gekrediteer word vir generiese hermeneutiese
beginsels wat met die onderdrukking van vroue verbind kan word. (20)
[50]
VRAAG 2
2.1 • Vroeë skoolverlaters – Die meeste seuns wat die skool te vroeg verlaat,
dwaal in die townships rond en raak gefrustreerd. Hulle wend hulle dan
tot hierdie gewelddadige gedrag as 'n vorm van verligting.
• Groepsdruk – Die mense jong seuns hou daarvan om hulle vriende
tevrede te stel om so te voel dat hulle aan die groep behoort (identiteit).
Hulle wil voel dat hulle deel van die groep (bende) is.
• Dwelm- en alkoholmisbruik – Omdat so baie jongmense by dwelms
betrokke is, doen hulle as gevolg van hulle toestand dinge waarvan hulle
nie bewus is nie.
• Werkloosheid – Werklose jeugdiges raak verveeld en raak betrokke by
seksuele geweld, wat tot misdaad lei om geld te kry om in hul behoeftes
te voorsien.
• Gesinne met kinderhoofde – In sommige gesinne is seuns die
broodwinners en hulle gaan uit om 'n manier te soek om hul gesinne te
onderhou.
• Armoede – Die meeste jong seuns is van arm gesinne en word erg
verwaarloos. Hulle pleeg dan misdade om aandag te kry en om wraak te
neem omdat hulle nie die liefde kry wat hulle verdien nie.
• Seksueel aktief op 'n vroeë ouderdom – Dit veroorsaak 'n leuen dat
hulle met alle ouderdomsgroepe moet eksperimenteer om ware mans te
wees.
• MIV/Vigs – Daar is die geloof dat as jy MIV-positief is, jy by 'n ouer vrou
moet slaap om van die virus ontslae te raak.
• Kultuur – Die meeste van ons Afrika-kulture gee mans tradisioneel mag
oor vroue. Vroue word dus in verhoudings geforseer waar mishandeling
soos fisiese geweld, en dikwels verkragting plaasvind.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 8 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
• Gebrek aan onderwys – Gesondheid en seksuele onderwys moet na
jongmense gebring word sodat hulle bewus kan wees van seksuele
kwessies, skole, huise, gemeenskapsorganisasies en godsdienstige
groepe.
• Gebrek aan deelname aan sport – As die gemeenskap nie
sportprogramme het om die jeug konstruktief besig te hou nie, sal
jongmense misdaad pleeg.
• Seksuele materiaal – Maklike toegang tot pornografie en eksplisiete
seksuele materiaal dra by tot seksuele eksperimentasie.
• Oneffektiewe geloofgebaseerde organisasie – geloofsgebaseerde
organisasies is nie so effektief om die jeug te bereik soos wat dit in die
verlede was nie.
LET WEL: Die bogenoemde is moontlike antwoorde. Ander soortgelyke
antwoorde moet as korrek aanvaar word. Dit is nie nodig vir die
kandidaat om op elke gestelde rede uit te brei nie. (20)
2.2 • Begin seksopvoeding onder die jeug.
• Debatteer die ABC-benadering tot seksualiteit en vergelyk met Joodse
leringe oor seks.
• Die vereiste dragkodes van godsdienste moedig kuisheid aan en
verminder verleiding.
• Leer regte en verantwoordelikhede, asook respek, vir mans en vroue.
• Seks voor die huwelik word ontmoedig. Dit moet beklemtoon word dat dit
as 'n groot sonde in die meeste godsdienste beskou word. Godsdienstige
inisiasie (deurgangsrites) moet aangemoedig word onder die jeug, omdat
dit seksopvoeding insluit.
• Verduidelik die grense van gedrag tussen mans en vroue.Neem deel aan
gesondheids- en sport-/jeugprogramme.
• Regering ondermyn nie godsdienstige leringe nie, maar ondersteun dit,
bv. Morele Hergenerasieprogram.
• Moedig bespreking aan oor hoe die Grondwet met ander godsdienstige
leringe vergelyk kan word, bv. Wet op Kinderbeskerming laat 'n 12-jarige
toe om sonder ouertoestemming toestemming te gee vir MIV-toetsing.
• Bespreek godsdienstige leringe oor voorbehoedmiddels.
• Gemeenskapsorganisasies soos LeadSA, POWA kan saam met
godsdienstige organisasie werk aan 'n veldtog teen verkragting.
LET WEL: Die bogenoemde is sommige van die moontlike antwoorde.
Ander soortgelyke antwoorde moet as korrek aanvaar word. (10)
2.3 • Besnydenis in die Afrika Tradisionele Godsdiens help seuns om hul
bestaan as mans te verstaan en om te weet hoe om hulself en vroue te
respekteer.
• Die lering van die ATG dat seuns inisiasieskole moet bywoon, kan help
om die hoë voorkoms van verkragting te verlaag.
• In die inisiasieskool kan die jeug opgelei word oor die norme en waardes
man- en vrouwees.
• Die wet van Karma moedig verantwoordelike gedrag aan.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 9 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
• Hierdie lering leer dat 'n persoon se optrede in die verlede
verantwoordelik is vir sy/haar huidige staat. Hierdie lering kan in die
gemeenskap en in gesinne beklemtoon word.
• Tien gebooie in Christendom.
• Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
• Christendom leer dat jy jou medemens moet liefhê en respekteer.
• Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê.
• Die Bybel leer dat jy nie aan ander moet doen wat jy nie aan jouself
gedoen wil hê nie.
• In die Ou Testament word gesê dat indien 'n deel van jou liggaam
veroorsaak dat jy sondig, jy daardie deel moet verwyder.
• Die morele kodes van die Baha'i-geloof.
• Baha'i verbied losbandigheid, egbreuk, moord, dwelmmisbruik en ander
vorme van die bose.
LET WEL: Die bogenoemde is sommige van die moontlike antwoorde.
Ander soortgelyke antwoorde moet as korrek aanvaar word.
Verwysing na TWEE of meer godsdienste is aanvaarbaar.
Indien ‘n kandidaat slegs na een godsdiens verwys, word ‘n
maksimum van 10 punte toegeken. (20)
[50]
VRAAG 3
3.1 Boeddhisme
• Baie Boeddhiste sê dat ewolusieleer en Boeddhisme ooreenstem.
• Dit is as gevolg van drie eienskappe van Boeddhisme.
• Boeddhisme het nie 'n skeppingsverhaal nie.
• Die Boeddhiste gee nie om wat wetenskap oor die skepping sê nie.
• Boeddhiste glo dat alle lewe ewolueer deur konstante transformasie en
ewolusie.
• Boeddhiste glo in die kontinuïteit van alle lewende wesens.
• Boeddhiste het nie 'n probleem met die idee dat mense uit aapagtige
vorme ontstaan het nie. (10)
3.2 Afrika Tradisionele Godsdiens
• Daar is 'n verhouding tussen ATG se leringe en ewolusieleer.
• Die vanne van sommige Afrika-gemeenskappe word verbind met die
name van diere, bv. Ndlovu, Tau.
• Daar is 'n spirituele verbinding tussen ATG se leringe en die diere.
• Die Afrika-konings word ook in sommige gemeenskape na sekere sterk
diere vernoem, bv. die koning van die Zulu's word 'iNgonyama' genoem.
• Wanneer die waarsêer (Isangoma)-leerling sy opleiding as Isangoma
voltooi, moet hy/sy eers in 'n rivier soos die Vaalrivier in Gauteng en die
Thukelarivier in KwaZulu-Natal ingaan.
• ATG is nie teenstrydig met ewolusieleer nie.
• Volgelinge van die ATG mag egter aanvaar dat die mens nie vanaf ape
ontwikkel het nie. (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 10 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
3.3 Judaïsme
• Die groot Joodse rabbi van die Middeleeue, Maimonides, het gesê dat
Bybelse teks as simbolies, en nie as letterlik beskou moet word nie.
• Hy het ook gesê dat teenstrydighede tussen wetenskap en Judaïsme
slegs kan gebeur as Bybelse tekse verkeerd geïnterpreteer word.
• Judaïsme sien nie enige teenstrydigheid tussen Judaïsme en
ewolusieleer nie. Jode glo steeds dat God in alle situasies die Skepper
bly.
• Ewolusieleer onthul sommige van die wette wat God se skepping regeer.
• Ortodokse Jode verwerp ewolusie omdat hulle glo dat dit die letterlike
woorde van die geskifte weerspreek. (10)
3.4 Islam
• Islam bevat 'n reeks sienings wat wissel van verwerping tot aanvaarding
van die ewolusieteorie.
• Een siening verwerp ewolusieleer heeltemal omdat dit na bewering die
Koran weerspreek.
• Islam glo dat die Koran letterlik gelees moet word.
• 'n Ander siening aanvaar gedeeltes van die teorie, solank verstaan word
dat die teorie beperk is en dat Islam die prentjie voltooi.
• Met ander woorde, ewolusie vertel ons hoe die skepping werk, maar nie
hoekom ons 'n skepping het of wie die wette van die heelal geskep het
nie. (10)
3.5 Christendom
• Vir die Christendom is daar verskeie sieninge oor ewolusieleer.
• Die konserwatiewe Christene interpreteer die Bybel baie letterlik.
• Die konserwatiewe Christene verwerp die idee dat die wêreld meer as 'n
miljoen jaar gelede ontstaan het.
• Die konserwatiese Christene verwerp ook die teorie dat mense uit
aapagtige vorme kon ontstaan het.
• Die konserwatiewe Christene glo dat daar 'n groot vloed was en dat die
mensdom na die vloed oorbegin het.
• Baie Christene glo ook dat die Bybel simbolies geïnterpreteer moet word,
en nie letterlik nie.
• Sommige Christene beweer dat sekere aspekte van die skepping te
kompleks is om deur natuurlike seleksie te kon ontstaan het.
• Hulle sien geen konflik tussen wetenskap en godsdiens nie, solank mens
verstaan dat wetenskap die wette ontdek wat God ingestel het om die
heelal te skep.
• Hulle glo ook dat slegs God sulke komplekse realiteite kon skep.
LW.: ‘n Kandidaat se antwoord mag die sentrale leringe van godsdienste
(10)
insluit en word sodanig gekrediteer.
[50]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 11 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
VRAAG 4
4.1 • Die eerste intergodsdienstige dialooginisiatief is in 1893 begin
(Wêreldparlement van Godsdienste).
• Dit is die Wêreldparlement van Godsdienste genoem en in Chicago
gehou.
• Die Unitariese en Universalistiese kerke was die grootste dryfvere agter
die inisiatief.
• Westerse en Oosterse godsdienste is verteenwoordig.
• Swami Vivekananda het Hindoe-denke aan die Weste bekendgestel.
• Amerikaans-Indiaanse en Afrikagodsdienste is nie verteenwoordig nie.
• Dit was 'n belangrike stadium in intergodsdienstige dialoog, omdat
Oosterse godsdienste nie voorheen deur die Westerse wêreld verstaan
of aanvaar is nie.
• Christendom, Islam, Boeddhisme en Judaïsme is verteenwoordig. Dit
was die beginpunt van moderne intergodsdienstige dialoog.
• 'n Honderd jaar later is die tweede parlement in Chicago gehou.
• Hier is 'n besluit geneem om die Parlement elke vyf tot ses jaar in
verskillende stede te hou.
• Die 1993-Parlement het 'n dokument genaamd Towards a Global Ethic
gepubliseer.
• Die 1999-Parlement in Kaapstad het verteenwoordiging van bykans al die
wêreld se godsdienste gehad.
• Die laaste Parlement is in 2004 in Barcelona gehou. Die fokus was op
godsdienstige toegewydheid om wêreldprobleme op te los.
• Bv. oorlog/godsdienstige konflik, dwelmhandel, armoede,
aardverwarming, ens.
• Intergodsdienstige liggame voer hul beloftes uit, omdat hulle sterk
oortuigings het. (20)
4.2 • Sedert die eerste Parlement in 1893, het die wêreld meer 'globaal'
geword.
• As gevolg hiervan is daar nou 'n groter behoefte aan intergodsdienstige
dialoog as ooit tevore.
• Ongelukkig is dit nie die geval nie.
• Godsdienstigheid is wêreldwyd aan die afneem.
• Omdat die doeltreffendheid van intergodsdienstige dialoog afhanklik is
van die invloed van godsdienste, neem die doeltreffendheid van hierdie
dialoog af.
• Na die eerste Wêreldparlement van Godsdienste het dit 100 jaar geneem
om weer een te hou.
• In 1999 en 2004 het die getalle dieselfde gebly.
• Hierdie parlemente het nie enige wetgewende magte nie, en kan nie
bestaande beleide verander nie.
• In sekere lande, soos Suid-Afrika, Israel, Nigerië, die Verenigde
Koninkryk, is daar doelbewuste pogings om intergodsdienstige dialoog te
versterk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religion Studies/P2 12 DBE/November 2013
NSC-Memorandum
• Sommige sulke organisasies is die 'Gift of the Givers' in Suid-Afrika, die
Wêreldraad van Kerke en die WRGV.
• By 'n Hong Kongse konferensie oor intergodsdienstige samewerking in
1985 het die hoofspreker erken dat sosiale probleme toeneem.
• Die rede, het hy gesê, was dat godsdienstige organisasies nie eerlik was
in hul bedoeling nie (Rev Sun Myung Moon, Assembly of World’s
Religions, Nov 15, 1985).
OF
• Sedert die eerste Parlement in 1893 het die wêreld meer 'globaal'
geword.
• As gevolg hiervan is daar 'n groter behoefte aan intergodsdienstige
dialoog as ooit tevore.
• Die Wêreldparlement van Godsdienste is in die afgelope jare meer
gereeld gehou.
• Die Parlement het besluit om meer gereeld, elke vyf jaar, bymekaar te
kom.
• Ongeveer 8 000 afgevaardigdes woon hierdie funksies by.
• Amper alle godsdienste uit verskillende dele van die wêreld is by
onlangse Parlemente verteenwoordig.
• Die Parlement en ander intergodsdienstige organisasies ontmoet ook in
tye van nasionale en internasionale krisis.
LW. Die kandidaat mag beide suksesse en mislukkings stel – en moet
ooreenstemmig gekrediteer word. (20)
4.3 Die Wêreldkonferensie van Godsdiens vir Vrede (WKGV)
• Dit is in 1970 gestig.
• Dit het bestaan uit leiers van alle godsdienste.
• Die gemeenskaplike doelwit was vrede.
• Hierdie liggaam glo dat intergodsdienstige verhoudinge die beste manier
is om mense van verskillende rasse, klasse en kulture bymekaar te bring
vir 'n gemeenskaplike doelwit.
• Dit is omdat godsdienste mense in verenigde liggame organiseer wat
toegewyd is om ander in nood te help.
• Konflik en versoening
• Kinders en gesinne
• Ontwapening en sekuriteit
• Menseregte en verantwoordelikheid Vredesonderwys
• Dit is betrokke by samesprekings en ooreenkomste tussen groepe wat
teen mekaar oorlog verklaar het in lande soos Sierra Leone.
• Help met versoening in gemeenskappe wat in konflik met mekaar staan
as gevolg van etniese en politieke verskille, soos in Bosnië-Herzegovina
en Kosovo.
• Godsdienste vir Vrede, het die hulp van ander organisasies, het gewerk
om vredesonderwyspogings in lande soos Israel, Thailand en Japan te
versterk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Religiestudies/V2 13 DBE/November 2013
NSS – Memorandum
'African Women of Faith Network' (AWFN)
• Hierdie organisasie bestaan uit vroue van verskillende godsdienstige
groepe.
• Hulle werk in Afrikalande om sosiale probleme soos konflik, armoede en
siekte op te los.
• Die AWFN is gevorm sodat vroue 'n gesamentlike poging kon aanwend
om 'n bydrae tot verandering en ontwikkeling in Afrika te lewer.
• Die AWFN bou verhoudings met ander vroue-organisasies en
godsdienstige gemeenskappe.
• Vroue word vaardighede geleer en ontvang finansiële ondersteuning om
hulle te help om selfversorgend te word.
• Dit help gesinne om 'n beter lewe te hê.
• Kulturele praktyke wat vroue onderdruk, word bevraagteken.
• 'n Voorbeeld is geforseerde vroulike besnyding wat algemeen is in lande
soos Etiopië, Tanzanië and Nigerië.
LW. Enige ander multi-godsdienstige organisasie kan bespreek word. (10)
[50]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2013 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P1 NSC November 2013 Memo (Afr)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 Memo

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2020 Memo (Eng)

Memorandum
Religion Studies Grade 12 P2 NSC November 2018 Memo (Eng)
More from Grade 12 Religion Studies

Annual teaching plan
Gr 12 Rel Stu ATP 2023 24

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 QP

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper
Religion Studies Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)

Question paper