Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
TEGNIESE WETENSKAPPE: CHEMIE (V2)
MODEL 2016
PUNTE: 150
TYD : 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye en 1 gegewensblad.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Technical Sciences Grade 10 P2 National November 2016 QP
Grade 10 Technical Sciences Paper 2 question paper from the National November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.
Technical Sciences · Grade 10 · National November · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Technical Sciences
- Grade
- Grade 10
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- National November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 11
- File size
- 494.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 11
This exam
National November 2016
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 2 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae in die
ANTWOORDEBOEK.
2. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.
3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
4. Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
VRAAG 2.2.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAD te gebruik.
7. Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
plekke af.
8. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.
9. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 3 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE
Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag
het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D)
langs die vraagnommer (1.1–1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.11 E.
1.1 Watter EEN van die volgende elemente is 'n goeie elektriese geleier by
kamertemperatuur?
A Koper
B Hout
C Silikoon
D Plastiek (2)
1.2 'n Ligte metaal wat maklik met 'n masjien verwerk kan word:
A Chromium
B Vanadium
C Platinum
D Aluminium (2)
1.3 Die SI-eenheid vir temperatuur is …
A grade Celsius.
B kelvin.
C joule.
D watt. (2)
1.4 Die formule vir 'n nitriet-ioon:
A NO 3 -
B NO 2 -
C N3-
D N2+ (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 4 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
1.5 Die NAAM van 'n verbinding wat deur die chemiese formule CuO
verteenwoordig word:
A Kopersuurstof
B Koper(I)oksied
C Koper(II)oksied
D Koperperoksied (2)
1.6 Die sp-notasie vir magnesium:
A 1s2 2s2 2p6 3s1
B 1s2 2s2 2p6
C 1s2 2s2 2p6 3s2
D 1s2 2s2 2p6 3s2 3p2 (2)
1.7 Watter EEN van die volgende verbindings is 'n suiwer stof?
A Tafelsout
B Modderige water
C Diamant
D Potlood (2)
1.8 Watter kombinasie elemente het dieselfde getal valensie-elektrone?
A Swawel, fluoor en helium
B Suurstof, swawel en selenium
C Swawel, chloor en argon
D Stikstof, swawel en broom (2)
1.9 Twee isotope van chloor, Cℓ-37 en Cℓ-35, word gegee. Watter EEN van die
volgende pare verteenwoordig die hoeveelheid neutrone in die twee isotope
onderskeidelik?
A 20 en 18
B 18 en 20
C 37 en 17
D 35 en 17 (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 5 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
1.10 Stowwe waarvan die geleiding verhoog met 'n verhoging in temperatuur, is …
A niemetale.
B metalloïede/halfmetale.
C metale.
D alkalimetale. (2)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 6 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
2.1 Gee die definisie van 'n suiwer stof. (2)
2.2 Beskou die lys van stowwe hieronder.
swawel; chloor; lood; goud; loodsulfied; koper; natrium;
kwiksulfied; magnesium; suurstof; kwik; fluoor
Uit die lys hierbo, skryf neer die:
2.2.1 Metale (5)
2.2.2 Niemetale (4)
2.2.3 Verbindings (2)
Skryf die NAME neer van verbindings wat gevorm word uit die kombinasie
van elemente wat hieronder gegee word.
2.2.4 Natrium en chloor (2)
2.2.5 Magnesium en suurstof (2)
2.2.6 Koper en chloor (2)
2.3 Wat is die NAAM wat gegee word aan elemente wat in dieselfde groep as
chloor is? (2)
[21]
VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
3.1 Onderskei tussen 'n katioon en 'n anioon. (4)
3.2 Skryf die NAAM en die LADING van ELK van die onderstreepte ione neer:
3.2.1 Mg(OH) 2 (2)
3.2.2 CaSO 4 (2)
3.2.3 KNO 3 (2)
3.3 Skryf die CHEMIESE FORMULE van die binêre verbindings neer:
3.3.1 Natriumbromied (2)
3.3.2 Magnesiumoksied (2)
3.3.3 Waterstofchloried (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 7 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
3.4 In Stock-notasie word die aantal ladings op die metaalioon in 'n verbinding
met Romeinse syfers aangedui wanneer die metaal meervoudige valensies
vertoon.
Gebruik Stock-notasie om die chemiese formules te skryf van die verbindings:
3.4.1 FeI 3 (2)
3.4.2 HgO (2)
[20]
VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Beskou die tabel met elemente hieronder.
ELEMENT SIMBOOL
Suurstof
Waterstof
Koolstof
Verwys na die tabel met elemente hierbo en diagram A, B en C hieronder om die vrae
wat volg, te beantwoord.
A B C
4.1 Skryf die chemiese formules neer van ELK van die verbindings
verteenwoordig deur A, B en C. (6)
4.2 Wat is die verhouding van atome wat verbind is om verbinding A te vorm? (2)
4.3 Hoeveel atome bevat verbinding A? (1)
4.4 Skryf die NAAM van verbinding C neer. (2)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 8 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
5.1 Teken die tabel hieronder in die ANTWOORDEBOEK oor en voltooi dit.
NAME VAN IONE CHEMIESE FORMULE
Sulfaat 5.1.1
5.1.2 SO 3 2-
Karbonaat 5.1.3
5.1.4 OH-
(4)
5.2 Voltooi en balanseer die volgende vergelykings:
5.2.1 Zn + HCℓ →________ + H 2 (2)
5.2.2 N 2 + _______ → NH 3 (2)
5.2.3 Na 2 CO 3 + HCℓ →NaCℓ + _________ + ________ (3)
5.3 Skryf 'n gebalanseerde vergelyking neer vir ELK van die reaksies hieronder.
5.3.1 Swaweldioksied + Suurstof → Swaweltrioksied (3)
5.3.2 Waterstofsulfied + Suurstof → Water + Swaweldioksied (3)
[17]
VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
Grade 10 Tegniese Wetenskappe-leerders stel 'n eksperiment op om die elektriese
geleiding van sekere materiale te toets. Hulle word voorsien van die volgende
apparaat: 'n koperstafie, plastiekliniaal, drie selle, verbindingsdraad, 'n gloeilampie en
'n skakelaar.
6.1 Vir hierdie eksperiment, identifiseer die:
6.1.1 Onafhanklike veranderlike (1)
6.1.2 Afhanklike veranderlike (1)
6.1.3 Kontroleveranderlike (1)
6.2 Teken 'n elektriese stroombaan met byskrifte om te toon hoe die apparaat
aanmekaar gesit sal word om die eksperiment uit te voer. (5)
6.3 Hoe sal die leerders vasstel of die materiaal wat voorsien is, elektrisiteit sal
gelei? (2)
6.4 Die gloeilamp brand gedurende die eksperiment uit. Watter instrument kan
die leerders gebruik om vas te stel of daar 'n stroom in die stroombaan vloei? (1)
[11]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 9 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
7.1 Baie mense woon in sinkhuisies gebou van gegolfde ysterplate, wat in die
somer baie warm en in die winter baie koud is. Die gebruik van uitgerekte
polistireen as 'n boumateriaal in die konstruksietegnologie kan die oplossing
vir hierdie mense wees. Die materiaal kan gebruik word om die binnekant van
die huisies uit te voer omdat dit 'n termiese isolator is.
7.1.1 Definieer 'n termiese isolator. (2)
7.1.2 Gee TWEE voorbeelde van ander materiaal wat as termiese
isolator gebruik kan word. (2)
7.2 Klassifiseer die volgende materiaal as magneties of niemagneties:
7.2.1 Yster (1)
7.2.2 Plastiekliniaal (1)
7.2.3 Aluminium (1)
7.3 Noem enige DRIE praktiese toepassings van magnete in die alledaagse lewe. (3)
[10]
VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
8.1 Twee isotope van element X word hieronder gegee.
14 12
6 X 6 X
8.1.1 Definieer die term isotoop. (2)
8.1.2 In watter groep en periode kom element X voor? (2)
8.1.3 Wat is die naam en simbool van element X? (2)
8.1.4 Bepaal die aantal neutrone van element X-14 en X-12. (4)
8.2 Hoeveel protone het ELK van die volgende elemente?
8.2.1 Silikoon (1)
8.2.2 Stikstof (1)
8.2.3 Aluminium (1)
8.3 Onderskei tussen kernelektrone en valensie-elektrone. (4)
[17]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Tegniese Wetenskappe/V2 10 DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)
9.1 Onderskei tussen hitte en temperatuur. (4)
9.2 Verander die volgende waardes:
9.2.1 126 °C na Kelvin (2)
9.2.2 173 K na °C (2)
9.3 Noem DRIE tipes termometers. (3)
9.4 Noem enige DRIE gebruike van termometers in die alledaagse lewe. (3)
9.5 Die eksperiment hieronder is gebruik om die smeltpunt van paraffienwas
te bepaal.
9.5.1 Gee die name van apparaat A tot E. (5)
9.5.2 Wat is die funksie van apparaat B? (2)
9.5.3 Hoekom word die paraffienwas nie direk op 'n oop vlam verhit nie? (2)
[23]
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Tegniese Wetenskappe/V2
Downloaded from hlayiso.com DBE/2016
KABV – Graad 10 Model
TABLE 3: THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS/TABEL 3: DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18
(I) (II) (III) (IV) (V) (VI) (VII) (VIII)
1 Atomic number 2
KEY/SLEUTEL Atoomgetal
2,1 H He
1 4
3 4 29 5 6 7 8 9 10
Electronegativity Symbol
1,0 Li 1,5 Be Elektronegatiwiteit 1,9 Cu Simbool 2,0 B 2,5 C 3,0 N 3,5 O 4,0 F Ne
7 9 63,5 11 12 14 16 19 20
11 12 13 14 15 16 17 18
0,9 Na 1,2 Mg Approximate relative atomic mass 1,5 Aℓ 1,8 Si 2,1 P 2,5 S 3,0 Cℓ Ar
23 24 Benaderde relatiewe atoommassa 27 28 31 32 35,5 40
19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36
0,8 K 1,0 Ca 1,3 Sc 1,5 Ti 1,6 V 1,6 Cr 1,5 Mn 1,8 Fe 1,8 Co 1,8 Ni 1,9 Cu 1,6 Zn 1,6 Ga 1,8 Ge 2,0 As 2,4 Se 2,8 Br Kr
39 40 45 48 51 52 55 56 59 59 63,5 65 70 73 75 79 80 84
37 38 39 40 41 42 43 44 45 46 47 48 49 50 51 52 53 54
0,8 Rb 1,0 Sr 1,2 Y 1,4 Zr Nb 1,8 Mo 1,9 Tc 2,2 Ru 2,2 Rh 2,2 Pd 1,9 Ag 1,7 Cd 1,7 In 1,8 Sn 1,9 Sb 2,1 Te 2,5 I Xe
86 88 89 91 92 96 101 103 106 108 112 115 119 122 128 127 131
55 56 57 72 73 74 75 76 77 78 79 80 81 82 83 84 85 86
0,7 Cs 0,9 Ba La 1,6 Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg 1,8 Tℓ 1,8 Pb 1,9 Bi 2,0 Po 2,5 At Rn
133 137 139 179 181 184 186 190 192 195 197 201 204 207 209
87 88 89
0,7 Fr 0,9 Ra Ac 58 59 60 61 62 63 64 65 66 67 68 69 70 71
226
Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu
140 141 144 150 152 157 159 163 165 167 169 173 175
90 91 92 93 94 95 96 97 98 99 100 101 102 103
Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr
232 238
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Technical Sciences Grade 10 P2 National November 2016 QP

Memorandum
Technical Sciences Grade 10 P2 National November 2016 Memo

Question paper
Technical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 QP

Question paper
Technical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 QP

Memorandum
Technical Sciences Grade 10 P1 National November 2016 Memo

Question paper
Technical Sciences Grade 10 P2 Eastern Cape November 2019 QP
More from Grade 10 Technical Sciences

Memorandum
Technical Sciences Grade 10 P1 November Mock 2026 Memo (Eng)

Memorandum
Technical Sciences Grade 10 P2 November Mock 2026 Memo (Eng)

Memorandum
Technical Sciences Grade 10 P1 2026 Memo (Eng)

Memorandum
Technical Sciences Grade 10 P2 2026 Memo (Eng)

Annual teaching plan
Gr 10 Tech Sci ATP 2023 24

Memorandum