Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME: INSETSEL Bladsy i van vi
BYLAAG A: 'n Aand by die Burger Shebeen
Gisteraand het ek die ongelukkige ervaring gehad om by die Burger Shebeen te eet, 'n restaurant
wat in Oak Valley geleë is. Wat ek gehoop het om 'n romantiese herdinkingsete saam met my
vrou te wees, het uitgedraai in 'n baie teleurstellende uiteet ondervinding.
Ek het my bedenkinge begin kry die oomblik toe ons ingestap het. Die eetkamer was skoon, maar
die dekor was heeltemal te blink na my smaak. Bont prente van grinnikende hansworse en
enorme tekenprente van diere het op omtrent elke muur gepryk. Die eethokkies was glimmend
oranje; die tafels 'n helder lemmetjiegroen.
Ons het, vir wat soos 'n uur gevoel het, gestaan en wag om na ons sitplekke geneem te word,
maar nie 'n enkele werknemer het in ons rigting gekyk nie. Uiteindelik het ons besluit om net self
'n tafel te soek. Ons het gaan sit en gewag vir 'n kelner om vir ons die spyskaarte te bring.
'n Onuithoubare tyd het verloop en nog steeds was daar geen teken van 'n kelner nie. 'n Kliënt
wat by die tafel langsaan gesit het, het miskien ons frustrasie opgemerk en ons vertel dat daar
geen kelners is nie. In plaas daarvan moes ons ons bestellings voor in die restaurant plaas en dan
ons eie kos terugbring na ons tafel toe.
Geen kelners? Wie het met so 'n konsep opgekom? Wat is die doel van uiteet as jy moet opstaan
en jouself bedien? Waar was die borde wat sê 'help jouself'?
Ons het opgestaan om met die sjef te praat en gesien dat sy hare lank en sy uniform vuil was en
hy kon nie 'n woord Engels praat nie!
Ek het dit op 'n manier reggekry om 'n hamburger te eet, maar dit was heeltemal te vetterig na
my smaak. Die sjokolademelkskommel was aanvaarbaar, maar die koppie waarin dit gekom het,
was so klein dat dit gevoel het asof ek uit 'n vingerhoed drink.
In totaal maak die kombinasie van afgryslike dekor, diens wat nie bestaan nie, die sjef se
voorkoms en die teleurstellende kos die Burger Shebeen 'n plek om te vermy. Ek hoop van harte
dat ons volgende jaar 'n beter plek sal kry om ons 51ste herdenking te vier.
[Aangepas uit: <www.ReadTheory.org>]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentAddendum 











View all
Tourism Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)
IEB Grade 12 Tourism addendum from the 2017 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download.
Publisher: IEB
Tourism · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Addendum, 6 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Addendum
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 6
- File size
- 1.2 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 6
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME: INSETSEL Bladsy ii van vi
BYLAAG B: Toerisme hersiene uitgawe
TENDENSE 2017 Deur: Fiona Davids
Gee terug
Toeriste is geïnteresseerd daarin om te sien watter rol hulle geld in die gemeenskap speel. Hulle
wil weet of hulle bydrae tot toerisme die plaaslike gemeenskappe asook die flora en fauna
bevoordeel. Die resultaat is dat ons kan sien dat toerisme ondernemings so veel as moontlik van
hulle produkte plaaslik aanskaf en dat hulle ook plaaslike werkers in diens neem. Baie hotelle bied
ook die opsie aan om 'n boom te koop wat in die omgewing geplant word om toeriste se
koolstofvoetspoor teen te werk.
Baie gaste wil nie die natuurlewe rondom hulle versteur nie en wil hê dat die diere na hulle toe
kom in plaas van om op safari's te gaan. Toevlugsoord se eiendomme in die Okavango Delta is in
die bos en laat diere toe om nader aan die kampe te kom.
Toeriste wat Afrika besoek is ook altyd op die uitkyk vir nuwe en unieke ondervindings. Dit sluit
avontuur gevulde vakansies in waar toeriste die plaaslike mense kan ontmoet; die ligging, kulture,
kos en feeste regtig kan beleef.
Hierdie jaar sien ons baie kampe in die mark wat met sonkrag funksioneer. Toevlugsoord se
hoofkamp sal 100% hernieude energiebronne afkomstig van die sonkrag op die plaas, vir die kamp
gebruik.
Die kampe met sonkrag help om enige negatiewe impak op die omgewing te verminder. Hulle
rioolsuiweringsisteem verminder besoedeling.
Terwyl sommige kampe Wi-Fi by hulle aanbieding voeg, verkies ander kampe om ontkoppel te bly.
Die hooftendens vir Toerisme 2017 sal die gebruik van sosiale media en aanlynbesprekings wees.
Soos jy kan sien, sal 2017 die jaar wees wat Suid Afrikaanse toerisme-ondernemings hulle ten
doel stel om verantwoordelike bestuursplanne te gebruik wat die drievoudige-basislyn in
berekening bring.
[Aangepas uit: <http://www.tourismupdate.co.za>]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME: INSETSEL Bladsy iii van vi
BYLAAG C: Die wêreldtydsonekaart
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME: INSETSEL Bladsy iv van vi
BYLAAG D: Sikloon Dineo tref Mosambiek, sit die Kruger en KZN op
gereedheidsgrondslag.
Sikloon Dineo tref Mosambiek, sit die Kruger en KZN op gereedheidsgrondslag
2017-02-15 – Selene Brophy
Die Kruger Nasionale Park sowel as die Provinsie van KwaZulu-Natal het hulle rampbestuurspanne
gewaarsku teen storms en vloede, soos wat Sikloon Dineo sterker word en daar is verwag dat dit
swaar reënval in Limpopo en KZN sal veroorsaak.
Daar word verwag dat dit windspoed van ongeveer 166 km/u sowel as strawwe reën wat vloede
kan voortbring, sal oplewer. Die kuslyn sal veral blootgestel wees aan stormdeining/golwe.
William Mabasa van die Kruger Nasionale Park sê, "Die sikloon sal moontlik die hele park tref.
Besoekers wat Vrydag en Saterdag in die Park is moet veiligheidsmaatreëls tref en in die kampe
bly as dit reën. Diegene wat moontlik buite vasgekeer word, sal moet bel of watter kommunikasie
ook al na ons noodsentrum stuur".
Swaar reën oor die suidelike dele van die Kruger Nasionale Park het veroorsaak dat baie van die
grondpaaie toegemaak is. Moet nooit in vloedwater bestuur, ry of loop nie. Vul emmers,
wasbakke en baddens met water ingeval die watervoorraad beperk raak.
[Aangepas uit: <alerthttp://traveller24.news24.com>]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME: INSETSEL Bladsy v van vi
BYLAAG E – VRAAG 5: Nasienrubriek vir konsepkaart
Moontlik
Kriteria 4 3 2 1 0
e punte
(a) Kandidate Addisioneel tot Kandidaat Kandidaat toon Kandidaat Hierdie
identifiseer al die elemente identifiseer tot 'n mate toon 'n kollyspunt is
die tipe van Kode 3, die tipe globale begrip van die beperkte nie
globale deur situasie impak van begrip van die aangespreek
situasie en sorgvuldige duidelik en hierdie situasie impak van nie.
analiseer die organisasie analiseer die op toerisme. hierdie
impak van van die impak van Kwoteer situasie op
hierdie konsepkaart, hierdie situasie sommige van toerisme.
situasie op toon die op toerisme. die voorbeelde Slegs
toerisme, kandidaat 'n Voorbeelde uit uit die positiewe
deur gebruik gesofistikeerde die leesstuk leesstuk. Of impak of slegs
te maak van insig in die staaf positiewe OF negatiewe 4 × 3 = 12
voorbeelde onderlinge antwoord. negatiewe impak EN/ OF
uit die verhoudings Beide impak is geen
leesstuk om van die positiewe en bespreek, OF voorbeelde uit
hulle konsepte en negatiewe slegs een of die leesstuk is
antwoord te hulle relatiewe impak is twee is kwoteer nie.
staaf belangrikheid. bespreek. bespreek. Een Baie aspekte
aspek van die van die vraag
vraag is is uitgelaat.
uitgelaat.
x3 x3 x2 x1
(b) Kandidaat Addisioneel tot Kandidaat Kandidaat toon Kandidaat Hierdie
analiseer die al die elemente analiseer die 'n mate van toon 'n kollyspunt is
impak van van Kode 3, impak van die begrip van die beperkte nie
die situasie deur situasie op die impak op die begrip van die aangespreek
op die drie sorgvuldige drie pilare/ drie pilare/ impak op die nie.
pilare /die organisasie drievoudige- drievoudige- drie pilare/
drievoudige van die basislyn. basislyn. drievoudige-
– basislyn. konsepkaart, Voorbeelde uit Enkele basislyn. Meer
Voorbeelde toon die die leesstuk voorbeelde is as 1 aspek
uit die kandidaat 'n sowel as eie uit die leesstuk van die vraag
leesstuk gesofistikeerde kennis is kwoteer. Of is uitgelaat in
sowel as eie insig in die verskaf om positiewe OF die antwoord. 4 × 3 = 12
kennis is onderlinge antwoord te negatiewe
verskaf om verhoudings staaf. impak is
antwoord te van die bespreek, OF
staaf konsepte en slegs een of
hulle relatiewe twee van elk is
belangrikheid. bespreek, OF
al 3 pilare is
nie genoem
nie.
x3 x3 x2 x1
(c) Verbande Al die Enkele Verbande is Geen
wat moontlike betekenisvolle soos verbande is
onderlinge verbande is verbande is spaghetti, gemaak nie.
verhoudings aangedui met aangedui. lukraak oor
tussen die 'n gevoel vir die bladsy 3
konsepte hulle versprei.
aandui; kompleksiteit
oorsaak en
effek
(d) Sleutel Sleutel in Enkele klein Groot Geen sleutel.
verskillende probleempies probleme met
kleure dui die met die sleutel. sleutel. 3
verskillende
konsepte aan.
[30]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME: INSETSEL Bladsy vi van vi
BYLAAG F – VRAAG 8: Nasienrubriek vir nasien van die opstel
Moontlike
Kriteria 4 3 2 1 0
punte
Kandidaat verskaf Definisie is Die term Die term Geen
'n kort en bondige gegee vir die 'vermenigvuldi- 'vermenigvuldi definisie
definisie vir die term gereffek is -gereffek' is gegee.
term 'vermenigvuldi- verduidelik, verduidelik, 3
'vermenigvuldiger gereffek' maar een maar met min
effek' aspek is begrip.
uitgelaat.
Kandidaat Duidelike 'n Poging is Kandidaat Kollyspunt is
onderskei tussen onderskeid is aangewend om verstaan nie nie
swak en gemaak tussen te onderskei die verskil aangespreek
uitmuntende swak en tussen swak en tussen swak in hierdie
4
dienslewering in uitmuntende uitmuntende en opstel nie.
die toerismebedryf diens. diens, maar uitmuntende
een aspek is dienslewering
uitgelaat. nie.
Kandidaat Dit blyk Analise toon 'n Kandidaat Kandidaat het Geen poging
analiseer die duideIik uit die duidelike begrip slaag nie daarin of die analise om hierdie
direkte positiewe kandidaat se van die om 'n uitgelaat OF kollyspunt
en negatiewe analise dat positiewe en betekenisvolle het slegs een aan te spreek
impak van hy/sy 'n negatiewe analise te doen positiewe of nie.
dienslewering op gesofistikeerde impak van nie, maar mag een negatiewe
4
die toerismebedryf en diepgaande dienslewering steeds 'n impak verskaf.
kennis van die in die toerisme positiewe en
impak van bedryf. negatiewe
dienslewering impak op 'n
in die toerisme oppervlakkige
bedryf het. manier verskaf.
Kandidaat Diepgaande en Duidelike Kandidaat het Antwoord is Geen poging
verduidelik die gesofistikeerde begrip van die of die positiewe oppervlakkig om hierdie
impak van die begrip van die impak op beide of die en swak kollyspunt te
vermenigvuldi- impak op beide ekonomiese negatiewe gestel. antwoord nie.
gereffek op ekonomiese groei en impak uitgelaat,
ekonomiese groei groei en gemeenskaps- of die impak op
en gemeenskaps- gemeenskaps- ontwikkeling; gemeenskaps-
ontwikkeling ontwikkeling. positiewe en ontwikkeling
4 × 3 = 12
Kandidaat negatiewe uitgelaat of die
verskaf faktore is in ag impak op
positiewe en geneem. ekonomiese
negatiewe groei uitgelaat
impak. OF dit is in
oppervlakkige
detail
x3 x2 x2 x1
Kandidaat stel Kandidaat het Kandidaat het 'n Vae poging Hierdie
strategieë voor om ten minste 3 1–2 goeie is aangewend kollyspunt is
kwaliteit goeie strategieë om 'n strategie nie
dienslewering te strategieë voorgestel om voor te stel om aangespreek
bereik en in stand voorgestel om kwaliteit dienslewering nie. 4
te hou kwaliteit dienslewering te verbeter.
dienslewering te bereik en te
te bereik en te onderhou.
onderhou.
Organisasie en Inligting is baie Georganiseerd Ongeorgani- Geen titel nie.
meganika goed met goed seerd en baie
georganiseer gekonstrueerde grammatika-,
met 'n titel en paragrawe. 'n spel- en/of
goed Paar punktuasie
gekonstrueerde grammatika-, foute.
paragrawe. spel- en/of 3
Geen punktuasie
grammatika-, foute. Titel is
spel- en/of verskaf.
punktuasie
foute nie. Titel
is geskik.
[30]
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Addendum

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Addendum (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Addendum

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper
Related documents

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

MemorandumIEB




