Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
TOERISME
NASIENRIGLYNE
Tyd: 3 uur 200 punte
Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en
hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings-
vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk
en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte.
Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige
nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van
beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand
liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings-
vergadering, daar verskillende vertolkings mag wees oor die toepassing van die
nasienriglyne.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentMemorandum 





View all
Tourism Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)
IEB Grade 12 Tourism memorandum from the 2017 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.
Publisher: IEB
Tourism · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 12
- File size
- 567.6 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 12
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 12
VRAAG 1
1.1 Fisiese voorkoms – helder kleure, onrustige atmosfeer, onvanpaste dekor.
Diens – daar was geen.
Personeel se kommunikasievaardighede – sjef was nie in staat om met
die kliënte te kommunikeer nie.
Persoonlike versorging/higiëne – die sjef se hare was vuil en sy naels
was lank.
1.2 Fisiese voorkoms – van die besigheid, dekor, beligting, kleure moet meer
verwelkomend wees, minder bont.
Diens – daar was geen. Geen kommunikasie wat aandui dat die kliënte
hulleself moes bedien nie. Daar behoort borde op te wees wat dit duidelik
uitspel.
Personeel se kommunikasievaardighede– die sjef behoort bekwaam
genoeg te wees om met die kliënte te kan kommunikeer om sodoende
moontlike misverstande te vermy.
Persoonlike versorging/higiëne – hare moet skoon en netjies weggebind
wees en naels moet skoon en kort wees.
1.3 Voordele van kliëntklagtes: klagtes van kliënte kan baie nuttig wees
wanneer jy hulle probleem kan oplos; 'n klagte van 'n kliënt kan probleme
met werknemers of interne prosesse beklemtoon en dit kan uitsorteer word
voordat verdere probleme ontwikkel en 'n slegte ondervinding vir kliënte
veroorsaak; jy kan positiewe terugvoering gebruik as sosiale bewys en
nuwe kliënte lok; jy kan negatiewe terugvoering gebruik om enige interne
prosesse uit te sorteer en jou kliënte gelukkig te hou; klagtes bring die
behoeftes van kliënte wat nie bevredig is nie onder jou aandag; dit kan jou
'n voordeel bo jou kompetisie gee.
Besigheid word volhoubaar, kliënte voel waardeer en dat hulle opinie
geag word.
1.4 Opnames – gedetailleerd, persoonlik;
Vraelyste – kliënte kan gedetailleerde voorstelle maak;
Opvolgoproepe – vinnig, minder persoonlik, groter kans vir eerlikheid;
Terugvoerkaarte – kort, neem net 'n paar minute van jou tyd;
SMS boodskappe – onpersoonlik en maklik om op te reageer, ook vinnig;
Webgebaseerde terugvoer – persoonlike gevoel, kliënt sien die waarde
van sy/haar bydrae, voel hulle het 'n verskil gemaak, geen koste betrokke,
papierloos;
Verborge 'spook' kliënte – anonieme kliënt, personeel is nie bewus
daarvan nie en sal nie voorgee om hulle beste voetjie voor te sit nie, 'n
akkurate idee van die tipe dienslewering word verkry, eerlik en
gedetailleerd;
Voorstelkassies/boksies – anoniem, maklik uitstalbaar.
Aangesig tot aangesig ondervraging deur die eienaar of die
vloerbestuurder – dit is ʼn persoonlike stempel en kwessies kan onmiddellik
hanteer word, kliënte voel waardeer en dat sy/haar opinies saak maak.
Besoekersboek/Kommentaarboek – maklik vertoonbaar, toekomstige
kliënt kan kommentaar lees, kan ingevul word voor kliënt vertrek.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 12
1.5 Uitstekende bemarking, plaaslik en internasionaal (leerders kan die P's van
bemarking noem, maar dit tel net een punt); effektiewe en etiese gedrag
van personeel en bestuur; veiligheid en misdaadvoorkoming; algemene
voorkoms en onderhoud; inagneming van die behoeftes van gestremdes;
universele toegang, positiewe ondervinding van besoekers.
Bekomende punte wat aanvaarbaar is:
Aanpasbaarheid in ʼn veranderende mark
Werknemer se houding en inkoop
Aanwending van tegnologie
Globale voetspoor, d.i. aansluitbaarheid, kommunikasie, netwerking
Spanwerk
Ligging
ʼn Uitstekende besigheidsplan
Aanvangskapitaal
VRAAG 2
2.1 Dit beteken om terug te gee aan die plaaslike gemeenskap en die
natuurlike omgewing (fauna en flora) in plaas daarvan om hulle uit te buit vir
finansiële wins.
2.2 Dit is toerisme wat:
negatiewe sosiale-, ekonomiese- en omgewingsimpak minimaliseer
beter ekonomiese voordele vir die plaaslike mense genereer en die
welstand van die gasheergemeenskappe verbeter
werksomstandighede en toegang tot die bedryf verbeter
plaaslike mense betrek by besluite wat hulle lewens en lewenskanse
affekteer
'n positiewe bydrae maak tot die bewaring van natuurlike en kulturele
erfenis, en diversiteit koester
meer genotvolle ondervindings aan toeriste verskaf deur meer
betekenisvolle konneksies met plaaslike mense, en 'n groter begrip van
die plaaslike kulturele-, sosiale- en omgewingskwessies
toegang verskaf aan fisies gestremde mense
kultureel sensitief is, respek tussen toeriste en gashere aanmoedig, en
plaaslike trots en selfvertroue bou
2.3 Die finale stelling beweer dat toerisme volhoubaar en verantwoordelik raak.
Die voorbeelde hieronder steun hierdie stelling, want besighede in die
bedryf het ten doel om:
te weet of hulle bydrae tot toerisme die plaaslike gemeenskappe sowel
as die flora en fauna bevoordeel (gemeenskap en omgewing)
Toerismebesighede kry soveel as moontlik van hulle produkte van
plaaslike verskaffers (gemeenskap en ekonomies – verminder kostes)
Stel plaaslike werkers aan (gemeenskap)
Baie hotelle gee 'n opsie om 'n boom te koop wat in die omgewing
geplant word om hulle reis-koolstofvoetspoor teen te werk. (omgewing)
Hierdie jaar sien ons baie kampe in die mark wat sonkrag gebruik.
(ekonomies, geldbesparing en omgewing)
Hulle rioolsuiwering sisteem verminder besoedeling. (omgewing)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 12
Die gebruik van sosiale media en aanlynbesprekingsisteme. (omgewing
en ekonomies, spaar geld)
Ontmoet plaaslike mense, ervaar kos en kulture.
Laat diere toe om vry rond te loop en om na mense toe te kom, in stede
daarvan om die diere te versteur.
2.4 Uitputting van reeds skaars bronne soos water, energie, kos en
natuurlike habitat areas
mag lei tot gronderosie, toename in besoedeling en afval, afvalstorting in
die see en waterweë
verhoogde druk op bedreigde dier- en plantspesies
verhoogde kwesbaarheid vir ontbossing, sowel as verlies aan
biodiversiteit
massa toerisme mag ook tradisionele waardes vernietig deur die
bekendstelling van vreemde elemente in konflik met die kulturele-,
historiese- en godsdienstige erfenis van die gemeenskap (kulturele
afwatering)
kulturele misverstande
oorlading
verhoging in pryse veroorsaak finansiële spanning vir die plaaslike
gemeenskap
toerisme is seisoenaal; die voordele is seisoenaal, werk is seisoenaal en
onder betaal
skade aan infrastruktuur bv. paaie
2.5 Leerders genereer eie antwoorde, dit moet duidelik blyk dat hy/sy die
beroepsroete nagevors het.
2.6 2.6.1 Gedragskode vir werknemers
2.6.2 Die publiek het meer vertroue in 'n besigheid wat reëls neerlê vir die
personeel om etiese gedrag te verseker. Dit word gesien dat die
besigheid omgee vir sy beeld en daarom ook vir die kliënte. Meer
vertroue in 'n besigheid wat samewerking aanmoedig en wat
integriteit het.
2.7 Help hulle om etiese besluite te neem wanneer hulle 'n dilemma beleef; al
die werknemers werk om dieselfde doelstellings te bereik; het 'n duidelike
idee wat is aanvaarbaar en wat nie; ondersteun die missie en die
doelstellings van die organisasie; werknemers het 'n duidelike begrip van
wat die take is en die gedrag wat van hulle verwag word; elimineer
misverstande en verwarring.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 12
VRAAG 3
3.1 Die voordele van spanwerk vir die span self sluit in: deel die
verantwoordelikhede wat die voltooiing van die taak bespoedig; elke spanlid
kan op sy/haar eie sterkpunte fokus tot voordeel van die taak, verminder
konflik, bou kameraderie, gedeelde gevoel van die doel en sukses wanneer
doelstellings bereik word. 'n Groep moet dieselfde doel of missie voor oë
hê, sodat almal hulle bes sal probeer om daardie een doel te bereik. Goeie
spanwerk lei tot doeltreffende diens, goeie kommunikasie, 'n positiewe
reputasie en verhoogde besoekers getalle, groter wins. Die doelstellings
van die organisasie sal meer doeltreffend bereik word en die behoeftes en
verwagtinge van die kliënte sal bevredig en oortref word. Dit sal aan die
besigheid 'n meer professionele beeld gee en dit sal lei tot positiewe
terugvoer, kliënte wat na die besigheid terugkeer, meer kliënte en groter
wins. Dit sal ook lei tot meer besprekings, groter bydrae tot die BBP en baie
meer ekonomiese voordele.
3.2 Prestasiestadium: "Met die bepaling van groep norme en rolle, fokus
spanlede daarop om gemeenskaplike doelstellings te bereik, en bereik
dikwels 'n onverwagte hoë suksesvlak." Probleemoplossing, samewerking,
individuele take word uitgerig, konflik word konstruktief hanteer.
3.3 Verdaging (of rou) (ook bekend as 'opbreek' en 'herintegrasie' volgens
verskillende spanwerkmodelle in die industrie).
3.4 Storm
3.5 3.5.1 Beskrywing van elke spanlid se take, wat van hulle verwag was om
te doen, naam van die tipe besigheid (bv. restaurant, bewaring
organisasie, spa)
3.5.2 Beskrywing van die span se doelstellings, eerlik, klink geloofwaardig.
Moet 'n taak wees waar 'n diens verskaf is in die toerismebedryf.
3.6 Evaluasie moet eerlik wees, sterkpunte EN swakpunte moet genoem word.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 12
VRAAG 4
4.1 4.1.1 Miami is by –5
08:00 – 4 ure = aankoms om 04:00 vm. 16 Mei.
04:00 vm. – 12 ure vlug = 16:00 nm. 15 Mei (SA tyd)
SA is by +2, Miami is by –5, 7 ure verskil. (As die kandidaat weet dat
Miami DBT toepas, moet daar ʼn punt aan hom/haar toegeken word
vir die stelling dat Miami by –4 is en die antwoord sal ʼn uur verskil
wees).
16:00 – 7ure = 09:00 vm. op 15 Mei 2017
4.1.2 Aankoms om 04:00 vm. 16 Mei 2017
SA is by +2, Moskou is by +3 = 1 uur verskil. 04:00 vm. in SA sal
05:00 vm. in Moskou wees. As kandidate sê dat Moskou by +4 is kan
dit aanvaar word aangesien die kaart geen punte gehad het om die
posisie van stede aan te dui nie. Die antwoord kan daarom 6 vm. in
Moskou wees.
4.1.3 Nee, dit is winter in die suidelike hemisfeer en DBT sal nie toegepas
word nie. OF Suid-Afrika implementeer nie DBT nie.
4.1.4 Maak meer produktief gebruik van daglig ure, spaar elektrisiteit,
minder besoedeling, minder padongelukke, minder
voetgangerongelukke, meer ontspanningstyd met familie gedurende
daglig ure, ʼn daling in misdaadsyfers, mense bly vir langer uit,
spandeer meer geld, lei tot ʼn ekonomiese versterking.
4.2 Ja hulle vlieg oor meer as 3 tydsones.
4.3 4.3.1 Hepatitus A en B inentings, bring eie water of koop gebottelde water
(NIE GEELKOORS.) Hê veilige seks om MIV te voorkom, ook
malaria en cholera.
4.3.2 Hou waardevolle besittings buite sig, bly weg van bekende, hoë
misdaad areas, reis altyd in groepe, hou kopieë van reisdokumente
op rekord.
4.3.3 Enige 2 van die volgende kan genoem word: Respekteer die
plaaslike mense, vra toestemming om foto's te neem; probeer om
plaaslike besighede te ondersteun deur plaaslike produkte te koop
en proe die plaaslike kookkuns; moenie aandenkings/kuns koop wat
van bedreigde plant- of diermateriaal gemaak is nie; gebruik
plaaslike publieke vervoer of huur 'n fiets of loop; moenie
waardevolle natuurlike hulpbronne soos water en elektrisiteit mors
nie; ondersteun besighede wat gebruik maak van eko-produkte soos
sonkrag en "Fair Trade" produkte; probeer om 'n paar nuwe woorde
in 'n plaaslike taal te leer; moenie daarop aandring dat kamers elke
dag skoongemaak en handdoeke elke dag gewas word nie; stort in
plaas van bad.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 12
4.4 DBT word geïmplementeer in lande wat nie baie daglig in die somer kry nie.
S.A. ondervind baie sonlig ure – genoeg dat ons nie die horlosie vorentoe hoef
te skuif nie omdat die son vroeg opkom en laat ondergaan.
NB die kandidaat moet aandui dat daar meer ure sonlig is, NIE meer ure in die
dag of ʼn langer dag nie. 'n Aanvaarbare verduideliking mag reg gemerk word
volgens die diskresie van die merker. Daar is baie antwoorde waarmee die
kandidaat vorendag kan kom.
4.5 Wanneer mense reis sal hulle op verskillende tye moet wakker word en
gaan slaap wat jou liggaam se biologiese horlosie/klok kan beïnvloed.
Vlugflouheid: jou biologiese ritme is nie gesinchroniseer nie en veroorsaak
dat jy baie moeg raak en dit mag vir 'n paar dae duur.
As 'n reisiger die IDL kruis sal hulle 'n dag bykry (gaan terug na die vorige
dag)
'n Toeris moet die bestemming se tydsone in ag neem wanneer hulle
planne of reëlings maak. Die bestemming se plaaslike tyd mag anders
wees as die tydsone van die vertrekpunt. Die duur van die vlug sal dan by
die bestemming se plaaslike tyd gevoeg word.
VRAAG 5 KONSEPKAART
5.1 Siklone is natuurlike rampe/weerrampe, of onvoorsiene gebeure.
Impak van hierdie gebeurtenis is negatief:
Impak sluit in storms en vloede, hoë winde wat skade veroorsaak,
stormgolwe/deinings aan die kuslyn wat beteken dat kusoorde gevaar loop
om vloede en waterskade te ondervind.
Die bedreiging van gevaar mag daartoe lei dat toeriste hulle ritte kanselleer
of kort knip
Dit mag lei tot 'n verlies aan verdienste en buitelandse inkomste
Besighede mag inkomste verloor; aanhoudende verliese kan veroorsaak
dat werknemers hulle werk verloor omdat die aanvraag vir produkte en
dienste afneem
Sommige kleiner besighede mag selfs hulle deure moet sluit
Skade aan oorde, paaie en ander infrastruktuur mag lei tot enorme kostes
vir herstelwerk
Sommige toerisme oorde mag selfs moet toemaak vir herstelwerk om die
veiligheid van toeriste te verseker, wat tot groot verlies aan inkomste kan
lei.
Moontlike lewensverlies kan veroorsaak dat toeriste in die toekoms sal
wegbly gedurende die reënseisoen
Die vloede in die Kruger Park mag lei tot die dood van diere wat die
natuurlike aantrekkingskrag is. (enige geldige negatiewe punte).
Positief: die broodnodige reënval in 'n droogtegeteisterde gebied sal in die
toekoms tot groei en ontwikkeling lei.
'n Tekort aan toerisme mag die area die geleentheid gee om te herstel van
die skade
Minder toerisme beteken minder hulpbronne word gebruik
Laer pryse mag beteken dat die plaaslike bevolking dit kan bekostig om na
die area te reis, minder opeenhoping, minder besoedeling, minder
afwatering van kultuur
(enige geldige positiewe punte)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 12
5.2 Sosiale impak:
Negatiewe punte:
Dakke van huise en besighede afgeruk en weggewaai
Oorhoofse elektrisiteit- en telefoonkabels beskadig en bome ontwortel
Skade aan die infrastruktuur beloop hoë koste om te herstel
Lewensverlies veroorsaak verlies van moontlike broodwinners en hierdie
families mag nou welsyn en bystand benodig
Mediese noodgevalle is ook duur
Vloede mag Cholera uitbrekings veroorsaak wanneer rioolsisteme nie
funksioneer nie
Ontruiming van mense mag lei tot moontlike haweloosheid
(enige geldige negatiewe punte)
Positief:
Soos vir impak op toerisme
(enige geldige positiewe punte, maar geen herhaling)
Impak op omgewing:
Negatief:
Riviere wat oorstroom veroorsaak erosie
'Wegwas' van bogrond en landbou verliese
Kruger Park vloede: verlies van natuurlike habitat
Dieresterftes
Skade aan kuslyn, verwoesting van strande (enige geldige negatiewe punte)
Positief:
Minder besoedeling en dreinering van hulpbronne (enige geldige positiewe punte)
Impak op ekonomie:
As mense beseer word of sterf kan inkomste nie verdien word nie
Minder toerisme veroorsaak kleiner bydrae tot BBP
Werkloosheidvlakke styg en dit lei tot armoede en haweloosheid
Stremming op geldbronne as herstelwerk baie duur is
Onderhoudskoste a.g.v. beskadigde infrastruktuur
Moontlikheid dat stapelvoedsel ingevoer sal moet word a.g.v.
voedselbronne wat verwoes is (landbou)
Gesondheidsrisiko's verhoog dreinering van publieke gesondheid en
welsyndienste
Geen positiewe ekonomiese impak word voorsien nie
(enige geldige positiewe punte)
5.3 Skakels moet verbande/verhoudings tussen konsepte wys.
5.4 Gebruik van sleutel en kleure.
Verwys na die nasienrubriek gemerk Bylaag D in die Insetsel om
hierdie antwoord na te sien.
Maak 'n lys van moontlike antwoorde vir die konsepkaart en opstel.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 12
VRAAG 6
6.1 Europa – alhoewel die Rand swakker as beide geldeenhede is, sal die
Rand effens meer werd wees in Europa, aangesien die rand nog swakker
teenoor die Pond is. Dit beteken dat SA toeriste effens meer koopkrag in
Europa as in Engeland sal hê.
6.2 Mauritius omdat een Rupee net 37 sent sal kos, goedkoper as Seychelles,
Botswana of Namibië.
6.3 R50 000 gedeel deur 12,96 = USD 3858,02
6.4 ZAR 2 400 gedeel deur USD 200 = 12. Die wisselkoers vir USD is nou
ZAR12, wat beteken dat die Rand se waarde versterk het teenoor die USD.
VRAAG 7:
7.1 7.1.1 Geskrewe en visuele/luister promosietegnieke Aanbieding van
persoonlike optrede.
7.1.2 Voordele van geskrewe en visuele/luister promosietegnieke – kan 'n
groot teikenmark bereik, verbeter handelsmerk-herkenning, kliënte
kan dink oor hulle opsies, hoef nie dadelik 'n besluit te neem nie,
24/7 beskikbaar. Nadele – baie duur, onpersoonlik.
Voordele van aanbieding van persoonlike optrede – meer persoonlik,
kies teikenmark, kan bemarking op 'n
spesifieke teikengroep rig, goedkoper vorm van bemarking. Nadele –
bereik minder mense, gewoonlik mensgedrewe so personeel moet
beskikbaar wees, nie altyd beskikbaar nie, maak staat op direkte
kontak so geleenthede mag verlore gaan as daar geen kontak
gemaak word tussen die verkoper en die kliënt nie. (As kandidaat
een voordeel en een nadeel van elke tipe gegee het, sal hy/sy 4 volle
punte kry. As kandidaat 2 voordele en 2 nadele van geskrewe en
visuele/luister promosietegnieke OF 2 voordele en 2 nadele van
aanbieding van persoonlike optrede sal hulle 4 volle punte kry.
Solank begrip van die positiewe en negatiewe aspekte van elke tipe
ten toon gestel is.)
7.1.3 Geskrewe en visuele/luister promosietegnieke: Televisie, radio,
koerante/gedrukte materiaal, fliek/teaters (produkplasing), buite die
huis media. (enige 1)
Aanbieding van persoonlike optrede: pamflette, brosjures, deur-tot-
deur verkope, verkoopspromosies, borgskappe, ekspo's, uitstallings
(enige 1)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 12
7.2 Reisigers kan die produk en beskikbaarheid 'sien' voordat hulle by die
bestemming aankom, kan meer ingeligte keuses maak, kan meer selektief
wees en baie meer inligting oor die produk en bestemming bekom,
voorbereiding is minimaal aangesien dit aanlyn plaasvind.
7.3 7.3.1 SA Toerisme. (TOMSA kan aanvaar word aangesien die vraag vir die naam
van die organisasie vra wat die heffing invorder en baie onderwysers leer vir
leerders dat TOMSA die heffing invorder en SAT die fondse gebruik.)
7.3.2 Verhoog bemarking vir SA toerisme beide plaaslik en internasionaal,
vergroot die produkplatvorm, verwyder hindernisse wat toerisme
belemmer, hou toerisme standaarde in SA vergelykbaar met
internasionale standaarde, koördineer al die rolspelers in toerisme.
7.3.3 Die geld wat ingesamel word, word gebruik om internasionale
bemarkingsaktiwiteite vir SA te befonds, verbeter handelsmerk Suid-
Afrika.
7.4 7.4.1 Bemarkingsnavorsing, reiskoste, kommunikasiekoste, personeel
onkoste. Advertering, drukkostes, webontwerp.
7.4.2 Beplanning is baie belangrik aangesien jy moet navorsing doen om
uit te vind of daar 'n behoefte of aanvraag vir die produk is, jy moet
bepaal wat mense vir die produk sal betaal, wie jou teikenmark sal
wees, wat die produksiekoste sal wees. Sonder die
bemarkingsamestelling mag jy baie geld verloor, 'n produk produseer
wat nie in aanvraag is nie, in die verkeerde area wees, te veel of te
min daarvoor vra, nie wins maak nie.
7.4.3 Leerder se eie keuse uit 2 van die 7/8 P's van bemarking met 'n geldige
rede vir die keuse. Produk, prys, promosie, personeel (hierdie faktor
kan ook die personeelvoorsiening vir die onderneming insluit, soos in
Besigheidstudies) , plek, verpakking (packaging)/fisiese bewys (physical
evidence), proses; vennootskap (partnering).
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 12
VRAAG 8 OPSTEL
8.2 Die definisie van die vermenigvuldiger-effek is wanneer geld wat deur
die toeriste spandeer word na verskillende sektore en sub-sektore en
industrieë van die ekonomie deurfilter en die verskillende organisasies en
plaaslike gemeenskap voordeel daaruit trek.
8.3 Diensvoortreflikheid is wanneer die kliënte se verwagtinge deur die
dienslewering oortref word en daar nie net aan hulle behoeftes voldoen
word nie, maar dit na 'n vlak geneem word waar behoeftes voorspel word
en daar die ekstra myl geloop word om die kliënte gelukkig te maak.
Swak dienslewering vind plaas wanneer kliënte nie waarde vir hulle geld
kry nie, daar nie aan hulle behoeftes voldoen word nie en kliënte raak
ontnugter en kwaad.
8.4 Die verbetering van die kwaliteit van dienslewering en die vlak van
kliëntesatisfaksie sal lojale kliënte voortbring.
Lojale kliënte sal na die bestemming terugkeer en dit vir ander
aanbeveel, waar swak diens verwoestende effekte op 'n organisasie kan
hê omdat kliënte gereeld van verskaffer verander wanneer hulle swak
diens ondervind.
Kliënte wie se probleme opgelos word sal meer geredelik lojaal bly
teenoor die diensverskaffer. (enige geldige punte gemaak)
8.5 In toerisme, spandeer buitelandse besoekers (en plaaslike toeriste) hulle
geld op vervoer, akkommodasie, besoeke aan attraksies en neem deel aan
aktiwiteite.
Indien die diens wat hulle by die verskeie plekke gekry het, goed of
uitstekend is, sal hulle reisondervinding positief wees en sal hierdie
toeriste heelwaarskynlik op 'n later datum terugkeer (herhaalde
besoeke)
En sal waarskynlik vir baie ander vertel van hulle fantastiese vakansie
(positiewe terugvoer)
Dit mag lei tot 'n verhoging in toeriste getalle na hierdie attraksies.
Toeriste spandering in die vervoer-, gasvryheid- en attraksie sektore sal
ook toeneem.
Bydrae tot die land se BBP sal toeneem en dit sal voordelig wees vir die
land se ekonomie. (ekonomiese groei)
Die inkomste van toerisme ondernemings (hotelle, restaurante, oorde,
vervoer) sal toeneem a.g.v. hierdie verhoogde toerisme getalle en
besteding.
Die aanvraag na goedere en dienste neem toe, wat beteken dat die
ondernemings meer goedere moet aanskaf (koop) en meer personeel
moet aanstel.
As die ondernemings plaaslike mense aanstel en plaaslike goedere
aankoop, sal die geld binne die plaaslike gemeenskap sirkuleer en
sodoende word die plaaslike gemeenskap bevoordeel.
Dit word 'n verbinding/skakel of aaneenskakeling genoem.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 12
Die personeel wat in hierdie ondernemings werk, word betaal met die
geld wat bestee word deur die toeriste.
Die personeel se lewenstandaard verbeter omdat hulle werk het, en
daarom kan hulle meer kos, goedere en dienste bekostig.
Weereens neem die aanvraag toe en die plaaslike besighede moet in
die aanvraag voorsien.
Op hierdie manier word meer werk geskep, meer geld sirkuleer in al die
besighede en die gemeenskap, die ideaal is dat almal bevoordeel word.
(gemeenskapsontwikkeling)
8.6 Strategieë/aanbevelings om diensvoortreflikheid te bereik en te behou:
kwaliteit kontrole,
prestasiebestuur,
kliëntopnames,
span en kollega-resensies,
in-diens opleiding,
personeel bonusse en aansporing
Gebruik die nasienrubriek gemerk Bylaag E om hierdie vraag na te sien.
NB as die kandidaat onderopskrifte in die opstel ingesluit het tesame met
nommering, sal dit aanvaarbaar wees, maar die formaat moet ʼn opstel
weerspieël. Indien daar geen opstel en slegs paragrawe teenoor nommers
is, het die kandidaat nie die instruksies om ʼn opstel te antwoord gevolg nie
en moet ʼn 0 (nul) vir 'organisasie en meganika' gegee word.
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.
Related documents

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Addendum (Afrikaans)

Question paperIEB










