Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2018
TOERISME
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 'n Insetsel van 5 bladsye (i–v) met die
volgende BYLAE:
BYLAAG A: Die wêreldtydsonekaart;
BYLAAG B: Van sakke na rykdom;
BYLAAG C: Nuutste oor die impak van vure op Knysna se toerisme
BYLAAG D: Nasienrubriek vir Vraag 7, Konsepkaart;
BYLAAG E: Nasienrubriek vir Vraag 8, Opstel.
Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksie.
7. Kandidate moet 'n sakrekenaar gebruik vir die wisselkoersberekeninge.
8. Kandidate moet kleurpenne/viltpenne gebruik om die konsepkaart te voltooi.
9. Kandidate word aangeraai om 'n dubbel A4-bladsy vir die konsepkaart te gebruik.
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Tourism Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Tourism question paper from the 2018 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Tourism · Grade 12 · 2018 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2018
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 7
- File size
- 138.4 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 2 van 7
VRAAG 1
1.1 Scenario: Jy is die bestuurder van 'n VYFSTERhotel:
1.1.1 Skryf 'n algemene gedragskode vir jou personeel waarin jy VYF
geldige kolpunte verskaf om hulle in die daaglikse uitvoering van
hulle verskeie pligte te lei. (5)
1.1.2 Stel VYF maniere voor waarop jou personeel omgewingsvriendelike
gedrag kan beoefen. (5)
1.1.3 Noem VYF maniere waarop die hotelpersoneel 'n professionele
beeld kan handhaaf. (5)
1.2 Identifiseer TWEE geskikte en gerieflike betalingsmetodes wat toeriste wat
hierdie hotel besoek, kan gebruik. (2)
1.3 Identifiseer TWEE bemarkingsmetodes wat jy sal gebruik om kliënte uit die
binnelandse mark te lok. (2)
1.4 Verduidelik EEN manier waarop Suid-Afrikaanse Toerisme Suid-Afrika
internasionaal bemark. (1)
1.5 Lees die volgende bevinding van Statistieke Suid-Afrika:
Voor jy jou volgende familievakansie beplan, wil jy dalk kyk na die nuutste
plaasliketoerismeopname wat onlangs deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is.
Die opname wys 'n afname in die totale aantal daguitstappies en oornagbesoeke
wat sedert 2013 in Suid-Afrika onderneem is.
Volgens die opname het die totale aantal daguitstappies met 5 miljoen
afgeneem en die oornagbesoeke met omtrent 3 miljoen.
Volgens die toerismesatellietrekening (TSA) 2015, werk een uit 22 permanent
aangestelde mense in Suid-Afrika in die toerismebedryf; dit verteenwoordig
4,5% van die totale werkkrag. Vir die toerismesektor beteken dit 711 746
werksgeleenthede is afhanklik daarvan dat die industrie goed presteer.
[Aangepas uit: <www.statssa.gov.za>]
1.5.1 Verwys na die bogenoemde bevindings om te bepaal of SA
Toerisme sy rol vervul het om binnelandsetoerismevolumes te laat
toeneem. Regverdig jou antwoord. (4)
1.5.2 Lewer kommentaar op die impak van hierdie bevindings op die
plaaslike gemeenskap. Verwys na die uittreksel om jou antwoord te
ondersteun. (4)
[28]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 3 van 7
VRAAG 2
Hierdie jaar is jy aangesê om plaasliketoerismeprodukte/dienste, wat die
potensiaal het om in 'n unieke toerisme-onderneming te ontwikkel, te verken/
ondersoek:
2.1 Stel 'n SSGB-analiseverslag oor hierdie produk/diens saam. (12)
2.2 Gebruik enige VYF P's van die bemarkingsamestelling om hierdie
onderneming te beskryf. (10)
2.3 Verduidelik wat jy beskou as die unieke verkoopspunt/eienskap van
hierdie onderneming/diens. (2)
2.4 Gee DRIE voorstelle om die diens by hierdie onderneming te verbeter. (6)
[30]
VRAAG 3
3.1 Noem TWEE faktore wat bydra tot die professionele beeld van 'n
maatskappy. (2)
3.2 3.2.1 Verduidelik hoe 'n gedragskode in 'n toerisme-organisasie waarde
kan toevoeg tot daardie organisasie. (3)
3.2.2 Verduidelik hoe die gedragskode die werknemers kan bevoordeel. (2)
3.3 Identifiseer VIER faktore wat sal bydra tot die sukses van 'n toerisme-
attraksie/besigheid. (4)
3.4 Martin Knopic het gesê; "Die belangrikheid daarvan om aan die kliënt se
behoeftes te voldoen, is noodsaaklik vir die groei van 'n besigheid."
Identifiseer en verduidelik TWEE metodes om uit te vind wat jou kliënte
se behoeftes is. (4)
3.5 SANParke (Suid-Afrikaanse Nasionale Parke) bestuur en bemark 19
nasionale parke in Suid-Afrika, een van die bekendstes is die Nasionale
Krugerwildtuin.
3.5.1 Identifiseer TWEE kostes wat deur SANParke aangegaan word
wanneer hierdie nasionale parke bemark word. (2)
3.5.2 Verduidelik TWEE voordele wat bemarking van toerismeprodukte
vir die besigheid inhou. (4)
3.5.3 Kies EEN beroep in die Nasionale Krugerwildtuin en beskryf 'n
loopbaanroete vir hierdie spesifieke beroep. (7)
[28]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 4 van 7
VRAAG 4
Verwys na Bylaag A: Die wêreldtydsonekaart, om die volgende vrae te
beantwoord.
4.1 Verduidelik die impak wat tydsones en dagligbesparingstyd (DBT) op
reisbeplanning en reis het. (3)
4.2 Noem VIER redes waarom sekere lande DBT implementeer. (4)
4.3 'n Suid-Afrikaanse toeris wat 'n 14 dag lange toer na twee Suid-Afrikaanse
Ontwikkelingsgemeenskaps- (SAOG)-lande onderneem, vertrek op 18 Julie
om 23:00 vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. (Nie een van die
2 lande beoefen DBT nie.) Sy eerste stop is Mauritius, waar hy 6 ure later
land. Bereken die tyd van sy aankoms in Mauritius (plaaslike tyd). Toon
alle berekeninge. (5)
4.4 Die Suid-Afrikaanse toeris se tweede bestemming is die Seychelles. Hy
arriveer op 25 Julie om 15:45. Hy besluit om sy familie in Kaapstad te bel
om te sê dat hy veilig aangekom het. Indien hy om 15:55 bel, bereken die
tyd wat sy familie in Kaapstad sy oproep sal ontvang. Toon alle
berekeninge. (3)
4.5 Wanneer die toeris op Port St Louis lughawe arriveer, gaan hy deur doeane
en sê dat hy niks het om te verklaar nie. Deur watter deurgang sal hy
gaan? (1)
4.6 Sal hierdie toeris vlugflouheid ondervind? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
4.7 Gee die toeris advies aangaande TWEE gesondheidsvoorsorgmaatreëls
wat hy moet neem wanneer hy 'n SAOG-land besoek. (2)
4.8 Gee die toeris advies aangaande TWEE veiligheidsvoorsorgmaatreëls wat
hy moet neem wanneer hy 'n SAOG-land besoek. (2)
4.9 Identifiseer TWEE reisdokumente wat die toeris moet hê om in Mauritius
toegelaat te word. (2)
4.10 Noem TWEE faktore wat hierdie toeris se begroting sal beïnvloed. (2)
[26]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 5 van 7
VRAAG 5
Verwys na die onderstaande wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat daarop
volg: Die tabel toon die wisselkoers soos op 14 Februarie 2018.
Geldeenheid-
Land/Kontinent Geldeenheid ZAR-koers
kode
Verenigde State van Amerikaanse dollar
1 USD 11,84
Amerika
Engeland Britse pond 1 GBP 16,40
Japan Japannese jen 1 JPY 00,11
China Chinese joean renminbi 1 CNY 01,51
Australië Australiese dollar 1 AUD 09,31
Europa euro 1 EUR 14,61
[Aangepas uit: <https://www.x-rates.com/table/?from=ZAR&amount=1>]
5.1 Verduidelik wat "buitelandse valuta" is. (1)
5.2 Noem die land/kontinent wat die duurste vir Suid-Afrikaanse toeriste na die
buiteland is. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
5.3 Noem die land/kontinent wat die voordeligste in terme van die wisselkoers
vir Suid-Afrikaanse toeriste na die buiteland is om te besoek. Gee 'n rede
vir jou antwoord. (2)
5.4 5.4.1 'n Europese familie (Mnr and Mev Davidson), het 25 000 euro om op
hulle gesinsvakansie te spandeer. Hulle het Kaapstad as hulle
bestemming gekies.
Bereken hoeveel plaaslike valuta hulle sal ontvang wanneer hulle
hulle valuta verruil. Toon al jou berekeninge. (3)
5.4.2 Onderskei tussen die bankverkoopswisselkoers (BVK) en die
bankkoopwisselkoers (BKK) en verskaf EEN rede waarom hierdie
koerse vir slegs een dag geldig is. (3)
[11]
IEB Copyright © 2018 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 6 van 7
VRAAG 6
Gedurende die verloop van hierdie jaar is daar van jou verwag om as 'n lid van 'n
span aan 'n bedryfsverwante taak (BVT) deel te neem. Gee terugvoer aangaande
die volgende:
6.1 Noem en verduidelik die aard van jou bedrysverwante taak. (3)
6.2 6.2.1 Bespreek jou rol in die span. (2)
6.2.2 Beskryf jou eie bydrae t.o.v. diensuitnemendheid. (4)
6.3 Verduidelik die belangrikheid van spanwerk om uitnemende kliëntediens te
lewer. (4)
6.4 Kies EEN van die stadia in die ontwikkeling van 'n span en in 'n kort
paragraaf, beskryf jou persoonlike ondervinding van jou deelname in
hierdie stadium van jou BVT. (4)
[17]
VRAAG 7
Verwys na Bylaag B: Van sakke na rykdom.
Gebruik die artikel EN JOU EIE KENNIS as verwysing en konstrueer 'n
konsepkaart waarin jy na die volgende kolpunte verwys:
• Verduidelik jou begrip van die term "volhoubare toerisme" en bring dit in
verband met die artikel.
• Dui die DRIE faktore (pilare) wat 'n impak op volhoubare en verantwoordelike
ontwikkeling het, aan.
• Analiseer die volhoubaarheid en verantwoordelikheid van hierdie
onderneming.
• Illustreer hoe die vermenigvuldigereffek hierdie plaaslike gemeenskap sou
beïnvloed.
Toon die onderlinge verhoudings tussen die konsepte deur te verduidelik hoe
hierdie skakels werk.
Verskaf 'n kleurgekodeerde sleutel en 'n geskikte titel.
Verwys na die nasienrubriek (Bylaag D) in die Insetsel wanneer jy hierdie
antwoord beplan.
[30]
IEB Copyright © 2018
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 7 van 7
VRAAG 8
Lees Bylaag C: Nuutste oor die impak van brande op Knysna-toerisme.
Gebruik die artikel EN JOU EIE KENNIS as verwysing en skryf 'n opstel waarin jy
die impak van die situasie op toerisme en die drievoudige basislyn in die plaaslike
omgewing analiseer. Verwys na voorbeelde uit die leesstuk om jou antwoord te
staaf.
Verwys na die volgende kolpunte in jou opstel:
• Verskaf 'n geskikte titel vir jou opstel.
• Identifiseer die tipe situasie waarna in die artikel verwys word en verskaf nog
TWEE voorbeelde van soortgelyke gebeure wat globaal voorkom.
• Analiseer die ekonomiese impak wat toerisme op die groter Knysna-omgewing
het.
• Analiseer beide die korttermyn- en langtermyneffekte wat hierdie ramp op
toerisme en die drievoudige basislyn gehad het.
• Verskaf voorbeelde van watter strategieë geïmplementeer is om te verseker
dat daar aan toeriste se behoeftes voldoen word en toeristebesoeke
aangemoedig word. Meld hoe hierdie strategieë langtermynvoordele vir die
plaaslike gemeenskap sal hê.
Verwys na die nasienrubriek (Bylaag E) in die Insetsel wanneer jy hierdie
antwoord beplan.
[30]
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2018
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Question Paper

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum
Related documents

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB




