Skip to content
Memorandum

Tourism Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

IEB Grade 12 Tourism memorandum from the 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

Publisher: IEB

Subject: TourismGrade 12201912 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 TOERISME NASIENRIGLYNE Tyd: 3 uur 200 punte Hierdie nasienriglyne word voorberei vir gebruik deur eksaminatore en hulpeksaminatore. Daar word van alle nasieners vereis om 'n standaardiserings- vergadering by te woon om te verseker dat die nasienriglyne konsekwent vertolk en toegepas word tydens die nasien van kandidate se skrifte. Die IEB sal geen gesprek aanknoop of korrespondensie voer oor enige nasienriglyne nie. Daar word toegegee dat verskillende menings rondom sake van beklemtoning of detail in sodanige riglyne mag voorkom. Dit is ook voor die hand liggend dat, sonder die voordeel van bywoning van 'n standaardiserings- vergadering, daar verskillende interpretasies mag wees oor die toepassing van die nasienriglyne. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 2 van 12 VRAAG 1 1.1 Gasvryheid-; akkommodasie sektor. (Enige 1 punt) 1.2 Bekostigbaarheid; huislike omgewing; kom en gaan soos dit jou pas, unieke konsep, oorspronklike idee, plaaslike kennis en kultuur maklik bekombaar, egtheid van die ondervinding (nie kunsmatig). (Enige 2) 1.3 Mense wat die plaaslike manier van leef/kultuur eerstehands wil ervaar, reisigers met 'n beperkte begroting. 1.4 Enige van die VIER P's van die bemarkingsamestelling kan gebruik word, met geldige punte wat elke opskrif beskryf. Kies uit: produk; prys; plek; persone; promosie; proses; fisiese bewyse (physical evidence). Produk: Airbnb – 'n aanlyn-mark wat mense die geleentheid gee om kamers of hulle hele huis aan reisigers uit te huur. Prys: beperkte begroting/middelklas, laer inkomste; varieer volgens die ligging. Plek: wêreldwyd Persone: reisigers met 'n beperkte begroting, reisigers wat op 'n meer persoonlike vlak met die plaaslike mense wil omgaan, en dié wat nie noodwendig op die gebaande weë wil bly nie. Aanvaar ook die personeel en eienaars van hierdie huise wat die toeriste ontvang. Promosie: aanlyn platvorms soos sosiale media, advertensies Proses: hoe is die dienslewering: raakvat en persoonlike interaksie? Fasiliteite in die huise/kamers word gewoonlik aan die toeriste beskikbaar gestel; diens hang af van elke spesifieke eienaar. Fisiese bewyse (physical evidence): die huise/woonstelle/kamers wat deur die reisigers gehuur word. (Verpakking/programmering en vennootskap (partnership) is opsioneel. (Een vir die naam, een vir die beskrywing) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 3 van 12 1.5 Al vier SSGB-opskrifte moet genoem word (sterk punte; swakhede; geleenthede en bedreigings) 'n Punt word toegeken vir maksimum twee korrekte punte per opskrif. Sterk punte: • Bekostigbaarheid – tariewe baie laer as hotelle en erkende akkommoda- siefasiliteite. • Bereikbaarheid • Wêreldwyd: wye keuse van akkommodasie • Bestaande infrastruktuur beteken geen of minimale konstruksiekoste. • Gebruikervriendelike webtuiste help toeriste om hulle ideale plek te vind. • Toeriste kan plaaslike kultuur en kookkuns op grondvlak ondervind. (Enige 2 geldige punte ) Swakhede/swak punte: • Probleme rondom privaatheid mag opduik wanneer mense in iemand anders se privaat woning tuisgaan. • Gasheer en/gasvrou is nie opgelei in die gasvryheidsveld nie. • Te kort aan fasiliteite, parkering en betaalmetodes. • Die beeld van die industrie kan skade lei deur die gedrag van individuele gashere. • Uitbreiding van die industrie mag toerismewette in sommige lande oortree. • Eiendomsontwikkeling mag residensiële bouwette oortree en die privaatheid van bure in die area bedreig. (Enige 2 geldige punte ) Geleenthede: • Airbnb kan nuwe dienste, geleenthede vir uitbreiding en diversifikasie skep. • Grenslose geleenthede vir Airbnb's om in die platteland te open, verhoog die beskikbaarheid van akkommodasie in areas wat nie voorheen verken is nie. • Geleenthede vir bydraes tot sosiale inisiatiewe, korporatiewe gemeenskapsbeleggings. • Skep werksgeleenthede en skakels. • Vennootskappe met toerisme-organisasies kan meer volledige pakkette aanbied en besighede in staat stel om uit te brei. • Gasheerlande se ekonomie vind baat by buitelandse valuta. (Enige 2 geldige punte ) Bedreigings: • Prysstrukture word nie gereguleer nie, en sommige gashere mag die sisteem uitbuit deur te veel te vra vir dienste. • Die mark kan vinnig versadig word wanneer opportuniste die geleentheid aangryp om ekstra geld te maak. • Verhoogde koste in industrieë wat dienste verskaf mag die winsgewendheid van Airbnb verminder. • Kompetisie wat 'n soortgelyke diens aanbied kan tot die industrie toetree en 'n bedreiging inhou vir die Airbnb-bedryf. (Enige 2 geldige punte ) [<https://www.freeswotanalysis.com/online-marketplace/774-swot-analysis-of-airbnb.html>] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 4 van 12 VRAAG 2 2.1 Uitstekende aanlyn bemarking; positiewe ervaring van besoekers; bekostigbaarheid; wêreldwyd geleë; universeel bereikbaar; kliënteterugvoer is aanlyn beskikbaar; toeriste kan gratis van fasiliteite gebruik maak; verskeie huuropsies (kan 'n hele huis of net 'n kamer huur); kompeterende speler in die globale mark; bewyse van 'n groeiende mark/ aanvraag. (Enige 4) 2.2 Negatiewe: Verhoogde misdaad en dwelmmisbruik in plaaslike gemeenskappe; besoedeling; oorgebruik van hulpbronne soos water en elektrisiteit; tydelike en onderbetaalde indiensneming; verhoogde aanvraag na goedere en dienste wat problematies kan wees indien daar nie in die behoefte voorsien kan word nie; kultuurafwatering en misverstande mag voorkom; beskadiging van infrastruktuur; verhoogde koolstofvoetspoor; prysverhogings affekteer die plaaslike gemeenskap; oorbevolking; verkeersopeenhopings; opgeblaasde huispryse (of tariewe en belasting) kan daartoe lei dat die plaaslike gemeenskap dit nie kan bekostig om in die area te woon nie. (Enige 3) Positiewe: Werksgeleenthede; geleenthede vir entrepreneurs; beleggingsgeleenthede; blootstelling aan toekomstige reisgeleenthede/bemarkingsgeleenthede; toename in aanvraag na goedere en dienste; vermenigvuldiger-effek; bydrae tot die BBP; verhoogde buitelandse inkomste kan aangewend word vir infrastruktuur-ontwikkeling en bewaringspogings; gemeenskapstrots neem toe; lewenstandaard van die plaaslike gemeenskap verbeter (Enige 3) 2.3 Mense/sosiaal: konsidereer die positiewe en negatiewe effekte van toerisme op die plaaslike gemeenskappe, kultuur en erfenis. Korporatiewe gemeenskapsbeleggings (CSI) in toerisme, soos finansiële en nie-finansiële bystand deur toerisme-organisasies vir gesondheid/sport/onderwys/jeug projekte. Omgewing/planeet: goeie omgewingspraktyke soos hulpbronbestuur (energie en water), afvalbestuur (verminder, hergebruik, herwin), rommelbeheer, besoedelingkontrole, omgewingsvriendelike bouwerk, bevordering van inheemse flora en kontrolering van uitheemse, indringer- plante in gronde en tuine. Ekonomie/wins: die rol van besigheid. Die verantwoordelike houding van 'n toerismebesigheid teenoor die mense en die omgewing wat geaffekteer word. Maniere om dit te praktiseer: eienaarskap, indiensneming, verkryging van plaaslike goedere en dienste, ens. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 5 van 12 2.4 Gemeenskap/mense/sosiaal: koop plaaslik vervaardigde voedsel en artikels; respekteer plaaslike tradisies en oortuigings; leer 'n paar groet- frases in die plaaslike taal; vra toestemming voordat foto's geneem word; moenie toegee aan bedelaars nie omdat dit bedelary bevorder; ondersteun plaaslike gidse omdat dit werkskepping bevorder. Omgewing/planeet: herwinning van plastiek/bottels; ondersteun volhoubare en verantwoordelike toerismeorganisasies; vrywilligerwerk; gebruik plaaslike vervoer of stap; moenie bedreigde dier- of plantprodukte koop nie – daardeur word die aanvraag na hierdie produkte verminder; geen beskadiging van plaaslike aantreklikhede deur stukke af te breek of rommel te strooi nie; verminder afval deur nie plastieksakke te gebruik nie of jou eie waterbottels te hê wat weer gebruik kan word; vlieg ekonomiese klas en gebruik sodoende die spasie in die vliegtuig meer effektief; koop "groen"; (bv. 'n Groen Sitplek), daardie geld kan gebruik word om projekte reg rondom die wêreld, wat omgewingsimpak verminder, te finansier; weier daaglikse wasgoeddienste om watergebruik te verminder; stort een maal daagliks i.p.v. om te bad; gebruik sonskerm wat nie koraalriwwe beskadig nie. Ekonomies/profyt/wins: Ondersteuning van plaaslike besighede skep skakels en die vermenigvuldiger-effek, om nie die plaaslike mense te druk vir afslag nie, respekteer plaaslike tradisies. Vermindering van water- en elektrisiteitsverbruik hou ook ekonomiese voordele in. (Een punt elk vir 6 korrekte punte) 2.5 Regverdige winsverdeling, regverdige werksomstandighede, demokrasie (die reg en geleentheid om besluite te maak), respek (vir menseregte, kultuur en omgewing), betroubaarheid aangaande diens gelewer (uitstekende kwaliteit en gewaarborgde veiligheid), deursigtigheid (aanspreeklikheid van eienaarskap en toegang tot inligting), volhoubaarheid (gebruik van hulpbronne), geen kinderarbeid. (Een punt vir enige 3 korrekte punte.) 2.6 Sportgebeurtenisse/nasionale konferensies/gasheergebeurtenisse. 2.7 Airbnb's verskaf ekstra akkommodasie naby groot gebeurtenisse en maak dit moontlik vir meer mense om hierdie gebeurtenisse by te woon. Dit bring groot hoeveelhede geld in die land waar 'n groot gebeurtenis gehou word in en dit syfer deur na die plaaslike gemeenskappe. Airbnb moedig kulturele interaksie en begrip vir verskillende kulture aan. Om 'n huis te deel lei tot meer effektiewe gebruik van bronne en a.g.v. die nabygeleë plek/lokaal word reiskostes verminder en dit bevoordeel die omgewing. (Enige 3 korrekte punte) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 6 van 12 VRAAG 3 3.1 • elektroniese fondsoorplasings (EFT/EFO) – aanlyn, vinnig, geen kontant nodig nie, kan rekord hou van betalings, veilig • telegrafiese oorplasings (SWIFT) – persoonlik • bankwissel – veilig • internetbetalings – aanlyn, vinnig, geen kontant nodig nie, kan rekord hou van betalings, veilig • buitelandse banknote (kontant) – geen elektrisiteit of internet nodig nie, ontwikkelende lande se voorkeur betalingsmetode – plaaslike mense verkies kontant. • kredietkaarte (Visa, MasterCard, American Express, Diners Club) – aanlyn, vinnig en geen kontant nodig nie, kan rekord hou van betalings , veilig • reisigerstjeks – kan van versekering geëis word indien gesteel word • voorafgelaaide buitelandse debietkaarte soos Cash Passport Card/ Travel Wallet/Internal Travel Card – aanlyn, vinnig, geen kontant nodig nie, kan rekord hou van betalings, veilig 3.2 Bruto binnelandse produk – bepaal 'n land se totale ekonomiese aktiwiteit. (Verteenwoordig die monetêre waarde van alle goedere en dienste deur 'n land geproduseer/gelewer oor 'n spesifieke tyd/finansiële jaar.) 3.3 Indien die rand swak is in vergelyking met 'n ander land se geldeenheid, is dit goedkoper vir daardie land se mense om na Suid-Afrika te reis en hulle sal heel moontlik langer hier bly en meer geld spandeer terwyl hulle in die land is. Indien die rand sterk is in vergelyking met die geldeenheid van 'n ander land, sal dit duurder wees vir mense van daardie land om na Suid-Afrika te reis en die kanse is kleiner dat hulle wel na Suid-Afrika sal reis. Indien hulle wel hierheen reis sal hulle heel moontlik vir 'n korter tyd bly en minder geld spandeer terwyl hulle hier is. 3.4 Meer internasionale toeriste wat nie vantevore hier was nie, bring geld in die land in en dit bevoordeel ons ekonomie. Met plaaslike toeriste sirkuleer dieselfde hoeveelheid geld in ons ekonomie; daar is geen netto invloei van geld in die land nie. 3.5 Internasionale toeriste bring geld in die land in wat nie vantevore hier was nie en dit bevoordeel ons ekonomie. Met plaaslike toeriste sirkuleer dieselfde hoeveelheid geld in ons ekonomie; daar is geen netto invloei van geld in die land nie. (Enige 2 goeie punte) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 7 van 12 3.6 3.6.1 Engeland. Elke Britse pond sal jou ZAR17,751 kos. Dit maak dit baie duur vir Suid-Afrikaners om na Engeland te reis. 3.6.2 Japan. Elke jen sal jou ZAR0,121 kos. Suid-Afrikaners sal baie meer jen vir hulle rande kry. 3.6.3 ZAR = 10 000 AUD = 9,727 R10 000 ÷ 9,727 = AUD 1 028,07 3.6.4 GBP = 2 500 ZAR = 17,751 ZAR2 500 × 17,751 = ZAR 44 377,50 3.6.5 ZAR 4 700 GBP = 17,00 ZAR4 700 ÷ 17, 00 = GBP 276,47 Teen die ou wisselkoers (17,751) sou Mev Webb ZAR4 700 ÷ 17,751 = GBP264,77 ontvang het. Gedurende haar verblyf in Suid-Afrika, het die rand (ZAR) verstewig teen die Britse pond (GBP). Daarom het sy meer Britse pond (GBP) teen die nuwe wisselkoers gekry as wat sy teen die ou koers sou kry. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 8 van 12 VRAAG 4 4.1 Vorm, storm, normeer, presteer, verdaag. 4.2 Die firma se naam, embleem/logo en slagspreuk, firma se skryfbehoeftes, fisiese voorkoms van die besigheid; bemarkingsmateriaal en die produk; kliëntediensbeleid; omgewingsbeleide. (Enige 3 korrekte punte) 4.3 • Dit stel standaarde vir die werknemers om 'n professionele werkomgewing te verseker. • Dit spel 'n gemeenskaplike doelwit uit. • Dit mag produktiwiteit en werkprestasie verbeter. • Dit verbeter kommunikasie en maak dat daar begrip en respek vir verskille en vir mekaar is. • Dit bevorder integriteit in die werkplek. • Dit verseker dat alle personeellede bewus is van wat van hulle verwag word in die werkplek. • Dit verbeter die reputasie van die besigheid; en skep vertroue by die kliënte. • Dit kan die kliëntebasis verbeter en sodoende ook die winsgewendheid. • Dit verduidelik die take en verantwoordelikhede tussen die personeel. • Dit verminder verwarring. (Enige 5 korrekte punte) 4.4 Goeie produkkennis, verseker dat daar aan die kliënte se behoeftes voldoen word, die ekstra myl loop, toepaslik aangetrek/kleredragkode/ higiëne/uniform/versorging, stiptelikheid, respekteer kulturele verskille, nakoming van die firma se gedragskode, verbeter kommunikasie- vaardighede. (Enige 4 geldige punte) IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 9 van 12 VRAAG 5 5.1 Gesondheid: drink gebottelde water, gebruik sonblok en dra 'n hoed wanneer in die buitelug, beoefen veilige seks, koop kos van betroubare verkopers, neem voorsorgmedikasie teen malaria as 'n malaria-area besoek sal word, kry cholera-inentings, hepatitis A- en B-inentings, tetanus- inentings, witseerkeelinenting. (Enige 2) Veiligheid: Moenie alleen laat in die aand rondloop nie, sluit waardevolle artikels toe, moenie glinsterende/duur juweliersware dra nie, maak seker jy weet waarheen jy gaan, moenie saamrygeleenthede aanvaar van vreemdelinge nie, dra altyd identifikasie saam met jou, gebruik betroubare vervoer/reisfirmas. (Enige 2) 5.2 Geen visum word benodig nie, geldige paspoort, gesondheidsertifikaat met cholera-inentings. 5.3 Geskrewe en visuele promosietegnieke (bo die lyn), bv. sosiale netwerk, internasionale publikasies soos reistydskrifte, reiswebjoernale (blogs) ( vir 'n goeie voorbeeld). Versprei op 'n groot skaal en het 'n wye gehoor-/ kykertal sodoende kan dit meer voornemende reisigers bereik. 5.4 World Travel Market (Londen), Afrika se Toerisme Indaba, Getaway-skou. (Enige 2) 5.5 Die leerder moet 'n beroep kies en definitiewe stappe lys wat die vordering vanaf 'n kwalifikasie tot 'n finale beroepstitel aandui. (1 punt vir die titel van die beroep), opleiding, werkskadu en dit moet 'n geldige resultaat toon. (6 goeie punte wat vordering vanaf intreevlak tot die hoogste vlak/posisie in daardie loopbaanroete aandui). Voorbeeld: Die gasvryheidsektor – uitvoerende sjef (spesifieke beroep binne daardie sektor). • sekondêre onderwys: na graad 9 of 12, kandidate verlaat skool • tersiêre onderwys: universiteitsgraad, diplomas, sertifikate wees spesifiek oor waar die persoon moet studeer, bv.– sjef – Prue Leith Chefs Academy • in-diens-opleiding: interne opleiding/proefonderwyser • begin as 'n junior sjef • klim die leer en word 'n senior in jou veld van kundigheid (bv. 'n gespesialiseerde sjef, deegsjef) • bestuursposisie is die hoogste vlak wat jy kan bereik IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 10 van 12 VRAAG 6 6.1 Dagligbesparingtyd is die praktyk waar horlosies in die somer 1 uur vorentoe en die volgende winter weer 1 uur teruggedraai word of om sonligure meer produktief te gebruik. 6.2 DBT maak meer produktief gebruik van die sonlig-/dagligure, dit bespaar energie/nie nodig om ligte aan te hê nie, gesondheidsredes – families kan meer tyd buitenshuis spandeer na werk, minder ongelukke op die paaie, minder misdaad aangesien mense voor donker terug by hulle huise is, toerisme- en ontspanningsbesighede kan langer ure oopbly, sodoende is daar meer inkomste/wins en werksgeleenthede aangesien mense skofte kan werk, kleiner koolstofvoetspoor. (Enige 4 goeie punte) 6.3 Vlugflouheid: wanneer reisigers aan disoriëntasie, naarheid, moegheid, geswelde voete lei a.g.v. die kruising van baie tydsones (3 en meer) wanneer hulle na hulle bestemmings vlieg. Vlugmoegheid: wanneer reisigers moeg is en hulle voete swel tydens 'n langafstandvlug (baie ure van vlieg), en hulle kruis net oor 1–3 tydsones. 6.4 Dit is 'n denkbeeldige lyn wat vertikaal rondom die aardbol loop en word ook die Internasionale Datumlyn genoem. Hierdie lyn dui die begin van 'n nuwe dag aan (wanneer jy dit van wes na oos kruis verkry die toeris 'n ekstra dag, datum verander terug na die vorige dag). 6.5 6.5.1 Los Angeles is by –8, SA is by +2, 10 ure verskil 21:00 – 10 ure = 11:00 dag 28 Julie 6.5.2 Nee, dit is dag in LA. 6.6 Londen is by 0 +1 (DBT is van toepassing) SA is by +2, 1 uur verskil. Vertrek om 17:30 plaaslike tyd, = 18:30 in SA, + 9 uur vlug= 18:30 + 9 = 03:30 vm. op 21 Junie die volgende dag. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 11 van 12 VRAAG 7 Verwys na die rubriek. Verskillende behoeftes van kliënte Kulturele en godsdiensverskille, ouderdomsverskil, fisiese gestremdhede en toeganklikheid, verstaan die teikenmark, verskillende tipes, rolstoelvriendelik, vertaler vir verskillende tale, internet en Wi-Fi konneksie vir besigheidsmense, verskillende kossoorte vir godsdiens en kulturele en dieetredes. Verwagtinge – waarde vir geld, uitmuntende diens, bedagsame en goedgemanierde personeel, konsiderasie en konsekwentheid. Belangrikheid van kliënteterugvoering en metodes om kliëntetevredenheid te meet Vooraf waarskuwing aangaande probleemareas sodat dit reggestel kan word; behou kliënte om te verseker dat hulle terugkeer en positiewe mondelinge verslag doen; eksterne prestasieterugvoer oor waar dit kan verbeter, help om 'n beter besigheid te skep en om dit volhoubaar te maak, 'n mededingende voordeel te kry en 'n unieke verkoopspunt te hê. Opnames, vraelyste, terugvoerkaarte, opvolgoproepe, SMS-boodskappe, web- gebaseerde response, besoekersboeke, voorstelkassies, verborge ('spook') kliënte, fokusgroepe. Strategieë om kwaliteitdiens te behaal en te handhaaf Voortdurende personeelopleiding, bied personeel aansporings om topprestasie te handhaaf, effektiewe gedragskode, identifiseer probleemareas en stel 'n plan van aksie in werking om te verbeter, verander negatiewe terugvoer na positiewe terugvoer, analiseer kliënteterugvoer, kwaliteitsbeheerondersoeke, eweknie evaluasies, prestasie-evaluasie en -bestuur. Aanbevelings om dienslewering te verbeter met verwysing na faktore wat bydra tot die sukses van 'n toerisme-aantreklikheid Verseker goeie omgewingspraktyke, verantwoordelikheid aan die plaaslike gemeenskappe, ondersteun plaaslike produkte en dienste, handhaaf goeie bemarkingstegnieke, handhaaf 'n drievoudigebasislynbenadering tot die besigheid, verseker effektiewe en etiese gedrag van die personeel, instandhouding en onderhoud van die fasiliteit om die fisiese voorkoms te verbeter, neem die behoeftes van mense met gestremdhede in ag en verbeter universele toeganklikheid. Hoe dienslewering in een sektor dienslewering in ander sektore affekteer Swak diens het 'n opvolgreaksie/negatiewe vermenigvuldiger-effek bv. as 'n besigheid nie goed doen nie, kan dit uiteindelik toemaak, met die gevolg dat die verskaffer aan hierdie besigheid in die ketting ook inkomste verloor en so beweeg die effek aan dwarsdeur die toerismebedryf. 'n Negatiewe ondervinding in een sektor sal daartoe lei dat die hele ketting 'n slegte reputasie kry, gevolg deur verlies aan besigheid en moontlik sal hulle hulle deure moet toemaak. Negatiewe mondelinge terugvoer sal die ekonomie negatief beïnvloed. Hoe toerisme die ekonomiese groei van die land affekteer/beïnvloed Goeie mondelinge terugvoer verseker 'n verhoging in verkope en herhaalverkope; lojale kliënte, 'n verbeterde publieke beeld is gelyk aan 'n erkende naam; strewe na goed opgeleide en gemotiveerde, effektiewe personeel; kwaliteit diens kan ook die behoefte aan voortdurende, duur bemarkingskostes verminder. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME – NASIENRIGLYNE Bladsy 12 van 12 VRAAG 8 Verwys na die rubriek. Noem en verduidelik die aard van die bedrysverwante taak 'n Duidelike en bondige beskrywing en verduideliking word vereis. Die besigheid moet 'n wettige onderneming wees of dit moet die toerismebedryf naboots. Bespreek jou rol in/bydrae tot die span. Leerderspesifiek – die kandidaat moet sy/haar rol in die span duidelik uitspel deur sy/haar verantwoordelikhede te beskryf. Evalueer jou eie sterk en swak punte en hoe dit die algehele prestasie van die span geaffekteer het. Eie sterk en swak punte moet bespreek word, maar die leerder moet analiseer hoe dit die algehele prestasie van die span in effektiewe dienslewering geaffekteer het. Die analise moet reflektief van 'n werklike scenario wees, eerlik en krities. Verduidelik die belangrikheid van spanwerk om uitmuntende dienslewering te verskaf. Goeie mondelinge terugvoer, herhaalverkope, kliënte wat terugkeer, verhoogde wins, langtermynvolhoubaarheid vir die besigheid/diens/onderneming. Analiseer die volhoubaarheid en verantwoordelikheid van hierdie onderneming. Positiewe punte: Noem volhoubare praktyke en verantwoordelikheid teenoor die plaaslike bevolking/gemeenskap, leerderspesifiek. Kandidate moet verwys na werklike aspekte van die besigheid wat verantwoordelike praktyke is soos of die besigheid betrokke is by korporatiewe gemeenskapsbeleggings (CSI) of korporatiewe gemeenskapsverantwoordelikheid (CRS), uitreikingsaktiwiteite, deelname in sosiale en gemeenskapsontwikkeling. Kandidate behoort ook na groen praktyke wat die besigheid aangeneem het, te verwys, soos herwinning, hergebruik, komposmaak, sonkrag, ondersteuning van plaaslike verskaffers. Negatiewe punte: Identifisering van enige gapings in die volhoubare/ verantwoordelike bestuurplanne. Illustreer die impak van die vermenigvuldiger-effek op die plaaslike gemeenskap. Verwys na beide langtermyn- en korttermynvoordele vir die plaaslike gemeenskap. 'n Verhoging in aanvraag na goedere/dienste wat deur hierdie onderneming verskaf word, sal lei tot 'n noodsaaklikheid om in hierdie aanvraag te voorsien. Dit sal lei tot werkskepping, 'n verhoging in omset, werksekuriteit, geleenthede vir entrepreneurs, bydrae van die onderneming tot die BBP, ontwikkeling van infrastruktuur. Ander ekonomiese sektore wat sal baat vind mag kleinhandel wees (bv. Pick n Pay), vervaardiging (bv. meubels), tekstielbedryf (bv. linne, klere), vervoer (bv. heen-en-weerdiens, taxi's, motorhuur), tersiêre sektore soos die bankwese, mediese ondersteuning, onderwysinstansies, sekuriteitsorganisasies, landbou-industrieë (boerdery), telekommunikasie en tegnologie; munisipale dienste (soos riool- en afvalverwydering). Die informele ekonomiese sektore soos handwerk en aandenkings wat deur plaaslike werklose mense gemaak word mag ook baat vind, ook karwassers en karwagte, plaaslike toergidse. Al hierdie ekonomiese sektore skep skakels, genereer inkomste, betaal belasting en bevoordeel dus die plaaslike ekonomie en gemeenskap. Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Tourism

View all