Skip to content
Question paper

Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

IEB Grade 12 Tourism question paper from the 2019 (Afrikaans), 6 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Publisher: IEB

Subject: TourismGrade 1220196 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2019 TOERISME Tyd: 3 uur 200 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye en 'n Insetsel van 5 bladsye (i–v) met die volgende Bylae: BYLAAG A: Die verhaal van Airbnb BYLAAG B: Wêreldtydsonekaart BYLAAG C: Nasienrubriek vir konsepkaart BYLAAG D: Nasienrubriek vir opstel Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Lees die vrae noukeurig deur. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied. 5. Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is. 6. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksie. 7. Kandidate mag 'n sakrekenaar gebruik om die wisselkoersberekeninge te voltooi. 8. Kandidate moet kleurpenne/viltpenne gebruik om die konsepkaart te voltooi. 9. Kandidate mag 'n dubbel A4-bladsy gebruik om die konsepkaart te konstrueer. IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 2 van 6 VRAAG 1 Verwys na Bylaag A in die Insetsel: Die verhaal van Airbnb. 1.1 Identifiseer na watter sektor van die toerismebedryf daar in hierdie artikel verwys word. (1) 1.2 Verduidelik wat jy as die unieke verkooppunt van hierdie diens sou beskou. (2) 1.3 Identifiseer die teikenmark van hierdie diens. (2) 1.4 Beskryf hierdie diens deur enige VIER P's van die bemarkingsamestelling te gebruik. (8) 1.5 Stel 'n SSGB-analise saam waarin jy verslag lewer op hierdie diens. Noem TWEE geldige punte per opskrif. (8) [21] VRAAG 2 2.1 Met verwysing na die artikel in Bylaag A, identifiseer VIER suksesvolle besigheidseienskappe van Airbnb. (4) 2.2 Toerisme het baie voordele vir 'n land en word gereken as 'n lewenslyn vir baie Afrika-lande. Daar is egter ook baie nadele aan 'n toename in besoekers na 'n land verbonde. Gee 'n algemene oorsig van DRIE negatiewe en DRIE positiewe effekte wat toerisme op 'n land kan hê. (6) 2.3 Noem en verduidelik die DRIE faktore wat volhoubare en verantwoordelike toerisme-ontwikkeling affekteer. (6) 2.4 Noem TWEE spesifieke maniere vir elke faktor wat in Vraag 2.3 genoem is, waarvan 'n toeris in 'n Airbnb gebruik kan maak om volhoubare en verantwoordelike toerismegedrag te beoefen. (6) 2.5 Verskaf DRIE doelstellings van die Fair Trade-organisasie. (3) 2.6 Identifiseer die kategorie globale gebeure wat in hierdie artikel genoem word. (1) 2.7 Demonstreer die verhouding tussen Airbnb en globale gebeure en hoe dit die drievoudige basislyn van die gasheerland affekteer, deur na die artikel te verwys. (3) [29] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 3 van 6 VRAAG 3 3.1 Identifiseer TWEE geskikte en gerieflike betaalmetodes wat toeriste in Suid-Afrika kan gebruik en verskaf een voordeel van elk. (4) 3.2 Definieer die term BBP. (2) 3.3 Analiseer die effek van skommelinge in wisselkoerse op internasionale reise na Suid-Afrika. (4) 3.4 Verduidelik waarom dit meer voordelig vir 'n land is wanneer 'n besigheid/ toerismebestemming internasionale toeriste eerder as plaaslike toeriste trek. (2) 3.5 Verduidelik hoekom Suid-Afrika, as 'n ontwikkelende land, hoë toerisme- standaarde moet handhaaf. (2) 3.6 Bestudeer die onderstaande wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat daarop volg. Die tabel toon die wisselkoers soos op 11 FEBRUARIE 2019. Land/Kontinent Geldeenheid Afkorting ZAR-koers Verenigde State Amerikaanse dollar USD 13,757 van Amerika Engeland Britse pond GBP 17,751 Japan Japanese jen JPY 0,121 China Chinese joean renminbi CNY 2,026 Australië Australiese dollar AUD 9,727 Europa euro EUR 15,551 3.6.1 Identifiseer watter land se wisselkoers is die minste voordelig vir Suid-Afrikaners. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 3.6.2 Identifiseer watter land se wisselkoers die voordeligste vir 'n Suid- Afrikaanse toeris na die buiteland sal wees. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 3.6.3 Die eerste hokkiespan van St. John's College gaan toer in Australië. Tydens die begrotingsbeplanning, is daar besluit dat ZAR10 000 genoeg sal wees vir sakgeld vir elke student. Skakel hierdie bedrag om na die geldeenheid wat hulle sal benodig. Toon alle berekeninge en rond jou antwoord af tot twee desimale plekke. (3) 3.6.4 Mev. Webb van Engeland gaan haar dogter in Kaapstad besoek. Sy het GBP2 500 opsygesit vir hierdie besoek. Bereken hoeveel sakgeld sy in Suid Afrikaanse rand (ZAR) sal hê. (3) 3.6.5 Toe Mev. Webb drie maande later na Engeland toe terugkeer, het sy ZAR4 700 oor en die wisselkoers het verander na GBP1 = ZAR17,00. Verduidelik hoe die nuwe wisselkoers haar finansies sal beïnvloed. Toon alle berekeninge. (6) [30] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 4 van 6 VRAAG 4 Die verskil tussen sukses en mislukking is 'n merkwaardige span. – Garry Baines 4.1 Noem die VYF stadia in die vorming van 'n span. (5) 4.2 Identifiseer DRIE faktore wat bydra tot die professionele beeld van 'n firma. (3) 4.3 Verduidelik die voordele wat 'n effektiewe gedragskode vir 'n besigheid in die toerismebedryf inhou. (5) 4.4 Maak VIER voorstelle aan 'n toerismebesigheid oor hoe hulle personeel hulle professionele beeld kan verbeter. (4) [17] VRAAG 5 Scenario: Jy is 'n reisagent en is besig om 'n vakansie vir 'n paartjie van Botswana, wat Suid-Afrika kom besoek, te beplan. 5.1 Stel VIER gesondheid- en veiligheidsvoorsorgmaatreëls voor wat jou kliënte moet tref vir 'n veilige reis. (4) 5.2 Noem die reisdokumentasie wat vir hierdie reis benodig word. (2) 5.3 Stel die beste tipe bemarkingsmetode voor wat jy sou gebruik om jou reisagentskap internasionaal te bemark. Verskaf 'n voorbeeld van hierdie tipe metode en verduidelik hoekom jy hierdie metode sou gebruik. (4) 5.4 Noem TWEE bemarkingsgeleenthede in Suid-Afrika waar jy jou besigheid kan ten toon stel. (2) 5.5 Identifiseer 'n beroep binne die toerismebedryf en beskryf 'n loopbaanroete waarin jy duidelik die vordering tot by die finale stap in die gekose beroep, aandui. Maak seker dat jy noem hoe elke stap bereik word. (7) [19] IEB Copyright © 2019
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 5 van 6 VRAAG 6 Verwys na Bylaag B in die Insetsel: Die Wêreldtydsonekaart. 6.1 Verduidelik die term DBT. (3) 6.2 Noem VIER redes waarom lande DBT implementeer. (4) 6.3 Onderskei tussen vlugflouheid en vlugmoegheid en verduidelik waarom elke toestand voorkom. (4) 6.4 Identifiseer en verduidelik die belangrikheid van die 180 grade-lengtelyn. (3) 6.5 6.5.1 'n Sterrekundige in Suid-Afrika wat die hemelruim deur sy teleskoop bestudeer, sien 'n maansverduistering om 21:00 op 28 Julie. Hy bel sy kollega in Los Angeles om hom van hierdie gebeurtenis te vertel. Bereken die datum en tyd in Los Angeles wanneer die kollega die oproep ontvang. (DBT sal nie van toepassing wees nie.) (3) 6.5.2 Stel vas of die kollega in Los Angeles ook die maansverduistering sal kan sien en gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 6.6 'n Groep Britse sporttoeriste vlieg Suid-Afrika toe om aan die Ysterman- kompetisie deel te neem. Hulle vertrek op 20 Junie om 17:30 vanaf Heathrow-lughawe en die vlug duur 9 ure. DBT is van toepassing. Bereken hulle aankomstyd op OR Tambo-lughawe (plaaslike tyd). Toon alle berekeninge. (5) [24] VRAAG 7 Konstrueer 'n konsepkaart waarin jy die impak van diensvoortreflikheid op die toerismebedryf analiseer en evalueer. Verwys na die nasienrubriek in Bylaag C, in die Insetsel, wanneer jy jou antwoord beplan. Maak seker dat jy na die volgende subopskrifte verwys: • die verskillende behoeftes en verwagtinge van kliënte • die belangrikheid van kliënteterugvoering en metodes om kliëntetevredenheid te bepaal • strategieë om diensuitnemendheid te bereik en te handhaaf • maak aanbevelings om dienslewering te verbeter, deur na verskeie faktore wat kan bydra tot die sukses van 'n toeriste-aantreklikheid, te verwys • illustreer die impak van dienslewering in een sektor op dienslewering in die ander sektore (m.a.w. die onderlinge verhoudings tussen die toerisme sektore) • hoe die toerismebedryf die ekonomiese groei van die land affekteer Toon die onderlinge verhoudings tussen hierdie punte deur te verduidelik hoe al hierdie skakels saamwerk om uitstekende kliëntediens te verskaf. [30] IEB Copyright © 2019 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 6 van 6 VRAAG 8 Gedurende hierdie jaar is daar van jou verwag om as lid van 'n span aan 'n bedryfsverwante taak (BVT) deel te neem. Skryf 'n opstel waarin jy hierdie onderneming en jou deelname beskryf. Verwys na die nasienrubriek Bylaag D in die Insetsel wanneer jy jou antwoord beplan. Maak seker dat jy na die volgende verwys: • Noem en verduidelik die aard van jou bedrysverwante taak. • Bespreek jou rol in/bydrae tot die span. • Kyk krities na jou eie swak- en sterkpunte en evalueer dit. Verduidelik hoe dit jou algehele prestasie in spanverband geaffekteer het. • Verduidelik die belangrikheid van spanwerk om uitmuntende dienslewering in hierdie onderneming te verskaf. • Analiseer die volhoubaarheid en verantwoordelikheid van hierdie onderneming. • Illustreer, met voorbeelde, hoe hierdie onderneming die vermenigvuldiger- effek in die plaaslike gemeenskap stimuleer. Jou opstel moet een A4 bladsy of langer wees. Verskaf 'n geskikte titel vir jou opstel en skryf netjies. [30] Totaal: 200 punte IEB Copyright © 2019

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Tourism

View all