Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFKAAT-EKSAMEN
NOVEMBER 2017
TOERISME
Tyd: 3 uur 200 punte
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR
1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye en 'n insetsel van 6 bladsye (i–vi),
BYLAAG A: 'n Aand by die Burger Shebeen; BYLAAG B: Toerisme hersiene
uitgawe, BYLAAG C: Die wêreldtydsonekaart; BYLAAG D: Sikloon Dineo tref
Mosambiek, BYLAAG E: Nasienrubriek vir Vraag 5, Konsepkaart en BYLAAG F:
Nasienrubriek vir Vraag 8, Opstel. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is.
2. Lees die vrae noukeurig deur.
3. Beantwoord AL die vrae.
4. Nommer jou antwoorde presies soos wat die vrae genommer is.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Gee spesiale aandag aan spelling en sinskonstruksie.
7. Jy moet 'n sakrekenaar gebruik vir die wisselkoersberekeninge.
8. Trek 'n lyn aan die regterkant en moenie daarin skryf nie aangesien dit vir
nasiendoeleindes gebruik word.
9. Kandidate moet kleurpenne/viltpenne gebruik om die konsepkaart te voltooi.
10. Kandidate word aanbeveel om van 'n dubbel A4 bladsy gebruik te maak vir die
konsepkaart.
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Skip to contentQuestion paper 











View all
Tourism Grade 12 IEB 2017 Question Paper (Afrikaans)
IEB Grade 12 Tourism question paper from the 2017 (Afrikaans), 7 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.
Publisher: IEB
Tourism · Grade 12 · 2017 · Afrikaans. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Tourism
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Publisher
- IEB
- Curriculum
- IEB
- Pages
- 7
- File size
- 219.8 KB
Loading document…
Loading document…
1 of 7
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 2 van 7
VRAAG 1
Verwys na BYLAAG A: 'n Aand by die Burger Shebeen. Bestudeer die resensie
en beantwoord die volgende vrae.
1.1 Verwys na die restaurant resensie en verduidelik watter DRIE faktore van
'n professionele beeld in die toerismebedryf, die Burger Shebeen moet
verbeter om beter resensies te ontvang. (6)
1.2 Maak een voorstel vir elke faktor wat jy in Vraag 1.1 genoem het om die
professionele beeld van hierdie restaurant te verbeter. (3)
1.3 Hierdie resensie is per e-pos na die bestuur van die Burger Shebeen
gestuur. Omskryf DRIE voordele wat kliëntklagtes vir 'n besigheid inhou. (3)
1.4 Identifiseer en beskryf die voordele van DRIE ander vorms van
kliënteterugvoer-metodes wat gebruik kan word. (6)
1.5 Verskeie faktore dra by tot die sukses van 'n besigheid, soos bv. uitstekende
bemarking van toerismeprodukte. Adviseer die eienaar van die Burger
Shebeen aangaande VYF addisionele faktore wat sal bydra tot die sukses
van sy besigheid. (5)
[23]
VRAAG 2
Verwys na BYLAAG B: Toerisme hersiene weergawe. Lees die artikel en
beantwoord die volgende vrae.
2.1 Waarna verwys die uitdrukking "Gee terug" in die konteks van hierdie
artikel? (2)
2.2 Definieer die term 'volhoubare en verantwoordelike toerisme'. (3)
2.3 Evalueer die finale stelling in die artikel deur agt voorbeelde uit die artikel
aan te haal. (8)
2.4 Omskryf SES moontlike negatiewe gevolge wat toerisme op die
drievoudige-basislyn kan hê. (6)
2.5 Die toerismebedryf verskaf werk aan baie mense aangesien dit
arbeidsintensief is. Identifiseer EEN beroep in hierdie bedryf en sit 'n
loopbaanroete vir hierdie beroep uiteen. (7)
2.6 2.6.1 Identifiseer die dokument in 'n organisasie wat die kern
verantwoordelikhede van 'n werknemer beskryf. (1)
2.6.2 Verduidelik hoe hierdie dokument die publieke persepsie van hierdie
besigheid beïnvloed. (2)
2.7 Verduidelik hoe die verskaffing van etiese riglyne werknemers help. (3)
[32]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 3 van 7
VRAAG 3
3.1 Verskaf 'n argument vir effektiewe spanwerk in 'n besigheidsomgewing. (5)
3.2 Beskryf die volgende stadium in die ontwikkeling van 'n span nadat die
groep/span se doelstellings geïdentifiseer is. (2)
3.3 Noem die stadium in die span se ontwikkeling wat die ontbinding van die
span insluit nadat 'n taak voltooi is. (1)
3.4 Watter van die vyf stadia beskryf 'n tyd waar konflik en kompetisie mees
pertinent is? (1)
3.5 Jy het hierdie jaar 'n taak gedoen waar jy veronderstel was om jou vermoë
te demonstreer om in die bedryf en/of 'n goeie nabootsing daarvan te werk.
3.5.1 Beskryf die aard van die taak wat jy in jou span moes uitvoer, asook
die tipe toerismebesigheid waarin jou span gewerk het. (3)
3.5.2 Beskryf die doelstellings van die span as geheel. (3)
3.6 Beoordeel jou eie vermoë om effektief in 'n span te werk, op 'n eerlike
manier, deur jou sterkpunte en swakpunte te analiseer. (6)
[21]
VRAAG 4
Verwys na BYLAAG C: Wêreldtydsonekaart, om die volgende vrae te antwoord:
4.1 'n Groep besigheidstoeriste vertrek met 'n privaat straler vanaf Miami om
die Toerisme Indaba in Durban, Suid-Afrika by te woon. Die Indaba se
deure maak amptelik oop om 08:00 op 16 Mei 2017. Die groep arriveer op
King Shaka Internasionale Lughawe, 4 ure voor die opening van die Indaba.
4.1.1 Bereken die vertrektyd en datum in Miami as die duur van die vlug
12 ure is. (4)
4.1.2 Een van die besigheidstoeriste van Miami moet met aankoms sy
kollega in Moskou kontak. Bereken die tyd wat die foonoproep in
Moskou ontvang is. Toon alle berekeninge. (2)
4.1.3 Verduidelik of DBT in hierdie tyd in Durban geïmplementeer word of
nie en verskaf 'n rede vir jou antwoord. (2)
4.1.4 Gee DRIE redes vir die implementering van DBT in lande waar die
praktyk toegepas word. (3)
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 4 van 7
4.2 Beoordeel of die groep besigheidstoeriste vlugflouheid sal ondervind en
staaf jou antwoord. (2)
4.3 Voor hulle vertrek na Suid-Afrika, het die groep besigheidstoeriste 'n reis-
webwerf geraadpleeg om uit te vind watter voorsorgmaatreëls hulle moet
tref. Beskryf die advies wat hulle sou kry aangaande:
4.3.1 Gesondheidsmaatreëls wat hulle moet nakom wanneer hulle Suid-
Afrika toe kom; (2)
4.3.2 Veiligheidsmaatreëls wat hulle moet nakom wanneer hulle Suid-
Afrika besoek; (2)
4.3.3 Verantwoordelike gedrag as toeris wanneer hulle in Suid-Afrika reis. (2)
4.4 Verskaf TWEE argumente wat die implementering van DBT in Suid Afrika
teenstaan. (2)
4.5 Beskryf DRIE maniere hoe tydsones toeriste en toerbeplanning sal
beïnvloed. (6)
[27]
VRAAG 5 KONSEPKAART
Verwys na BYLAAG D: Sikloon Dineo tref Mosambiek, sit die Kruger en KZN
op gereedheidsgrondslag.
Gebruik die artikel en jou eie kennis as verwysing en konstrueer 'n konsepkaart
waarin jy:
5.1 Die tipe globale gebeurtenis/sake van die dag identifiseer soos geïllustreer
in die artikel en analiseer die impak van hierdie situasie op toerisme.
Gebruik voorbeelde uit die artikel om jou antwoord te staaf.
5.2 Analiseer die impak van hierdie situasie op die drievoudige-basislyn.
Gebruik voorbeelde uit die teks sowel as jou eie kennis om jou antwoord te
staaf.
5.3 Toon die onderlinge verhoudings tussen die konsepte deur hulle te verbind
en verduidelik hoe hierdie skakels oorsaak en effek illustreer. Kleur-
kodeer jou konsepkaart.
5.4 Verskaf 'n sleutel.
Verwys na die nasienrubriek gemerk Bylaag E in die Insetsel wanneer jy
hierdie antwoord beplan.
[30]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 5 van 7
VRAAG 6
Verwys na die onderstaande wisselkoerstabel en beantwoord die vrae wat daarop
volg:
Land/Streek Geldeenheid ZAR- koers (BVK)
Engeland Britse pond 16,20
Japan Japanese yen 0,11
Europa Euro 13,78
Namibië Namibiese dollar 1,00
Botswana Pula 1,25
VSA Amerikaanse dollar 12,96
Mauritius Mauritiaanse 0,37
Rupee
Seychelles Seychellese Rupee 0,96
Indië Indiese Rupee 0,195
[Aangepas uit: <http://www.x-rates.com> (Toegang 16 Februarie 2017)]
6.1 Onderskei tussen die koopkrag van 'n Suid-Afrikaanse toeris in Europa en
sy/haar koopkrag in Engeland. (4)
6.2 'n Suid-Afrikaanse toeris wat die SAOG streek wil besoek gebruik die
bostaande wisselkoerstabel om te besluit op 'n bestemming. Watter land
voorspel jy sal hy/sy kies om te besoek? Gee 'n rede vir jou antwoord. (3)
6.3 'n Toeris van Suid-Afrika reis na die VSA en verruil R50 000. Hoeveel van
die buitelandse valuta sal hy/sy ontvang? Toon al jou berekeninge. (3)
6.4 Wanneer die toeris terugkeer, het hy/sy USD 200 en verruil hy/sy die
oorblywende valuta terug na ZAR. Hy/sy ontvang ZAR 2 400. Verduidelik
wat het met die wisselkoers gebeur. Toon al jou berekeninge. (3)
[13]
IEB Copyright © 2017 BLAAI ASSEBLIEF OM
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 6 van 7
VRAAG 7
7.1 Internasionale besoekers gebruik 'n verskeidenheid inligtingsbronne om
navorsing te doen oor bestemmings voordat hulle reis.
7.1.1 Identifiseer die TWEE promosie-/advertensie-tegnieke wat in die
toerismebedryf gebruik word. (2)
7.1.2 Gee TWEE voordele en TWEE nadele van elke tipe. (4)
7.1.3 Verskaf EEN voorbeeld van elke tipe bemarkingstegniek. (2)
7.2 Verduidelik die voordeel van aanlyn-inligting, voor hulle aankoms in 'n
land, aan besoekers. (2)
7.3 Die organisasie wat die logo aan die regterkant gebruik, het 'n spesifieke
taak om uit te voer:
7.3.1 Identifiseer die organisasie wat
hierdie heffing insamel en gebruik
maak daarvan in toerisme. (1)
7.3.2 Beskryf DRIE rolle van hierdie
organisasie. (3)
7.3.3 Verduidelik die doel van die
insameling van hierdie heffing. (2)
7.4 7.4.1 Noem enige TWEE kostes verbonde aan 'n bemarkingsbegroting. (2)
7.4.2 Verduidelik die belangrikheid van die ontwikkeling van 'n
bemarkingsplan vir 'n nuwe onderneming. (2)
7.4.3 Stel TWEE aspekte van 'n bemarkingsamestelling voor wat jy voel
die belangrikste is om in ag te neem wanneer 'n produk bemark word
en staaf jou keuses. (4)
[24]
IEB Copyright © 2017
Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: TOERISME Bladsy 7 van 7
VRAAG 8 OPSTEL
Skryf 'n opstel waarin jy die impak van dienslewering by toerisme
ondernemings/bestemmings op die vermenigvuldiger-effek van die land se
ekonomie analiseer.
Gebruik die volgende kollyspunte ter voorbereiding van jou opstel:
8.1 Verskaf 'n titel vir jou opstel.
8.2 Verskaf 'n definisie vir die term 'vermenigvuldiger-effek'.
8.3 Onderskei tussen swak en voortreflike diens by toerisme ondernemings/
bestemmings.
8.4 Analiseer hoe dienslewering die toerismebedryf positief en negatief
beïnvloed.
8.5 Verduidelik die impak van die vermenigvuldiger-effek op ekonomiese groei
en gemeenskapsontwikkeling.
8.6 Stel strategieë voor om diensvoortreflikheid te bereik en te handhaaf.
8.7 Gee aandag aan die organisasie en meganika van jou opstel.
Gebruik die nasienrubriek gemerk Bylaag F om jou te help om hierdie vraag
te beantwoord.
[30]
Totaal: 200 punte
IEB Copyright © 2017
Study this subject
Revise the topics in this paper, then practise them question by question.
- Grade 12 Tourism notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Tourism questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- Grade 12 Tourism quizzes
Short topic quizzes with instant feedback.
- All Grade 12 Tourism past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 IEB past papers
More Tourism and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Question Paper

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Question Paper (Afrikaans)

Question paperIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Question Paper

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum
Related documents

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2017 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2019 Memo (Afrikaans)

AddendumIEB
Tourism Grade 12 IEB 2018 Addendum (Afrikaans)

MemorandumIEB




