Skip to content

Tourism Grade 12 NSC June 2019 Question Paper (Afrikaans)

Question paperTourismGrade 12201926 pages

Grade 12 Tourism question paper from the NSC June Exam 2019 (Afrikaans), 26 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN TOERISME 2019 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 2 DBE/2019 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die instruksies aandagtig voordat jy die vrae beantwoord. 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF afdelings. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 4. Rond jou antwoorde op VRAAG 3.1 en 3.2 tot TWEE desimale plekke af. 5. Toon ALLE berekeninge vir die bewerkings. 6. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 7. Gebruik die puntetoekenning van elke vraag as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoord. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Die tabel hieronder is 'n riglyn om jou te help om jou tyd volgens elke afdeling in te deel. AFDELING ONDERWERP PUNTE TYD (minute) A Kortvrae 40 20 B Kaartwerk en Toerbeplanning; Buitelandse valuta- 50 50 verhandeling C Toerismebesienswaardighede; Kultuur- en 50 50 Erfenistoerisme; Bemarking D Toerismesektore; Volhoubare en Verantwoordelike 30 30 Toerisme E Plaaslike, Streeks- en Internasionale Toerisme; 30 30 Kommunikasie en Kliëntediens TOTAAL 200 180 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 3 DBE/2019 SS/NSS AFDELING A: KORTVRAE VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 'n Vlug vanaf Alaska na China kan veroorsaak dat 'n sporttoeris aan … ly. A tuberkulose B cholera C vlugvoosheid D malaria 1.1.2 'n Gesondheidsertifikaat wat vir reisverwante siektes vereis word: A SAID B Ebola C Geelkoors D Diarree 1.1.3 'n Voorgestelde uitgawe wat by 'n reisbegroting ingesluit moet word: A Sigarette B Alkohol C Versekering D Parfuum 1.1.4 'n Voorbeeld van 'n belastingvrye toelating: A Twee liter wyn per persoon B Plante wat in 'n land ingebring word C Vuurwerke of plofstof D Medikasie sonder 'n voorskrif Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 4 DBE/2019 SS/NSS 1.1.5 Die prent hieronder toon 'n afname in die waarde van die rand teenoor die belangrikste geldeenhede. Dit het … A 'n negatiewe uitwerking op die koopkrag van inkomende internasionale toeriste. B 'n positiewe uitwerking op die koopkrag van inkomende internasionale toeriste. C 'n positiewe uitwerking op die koopkrag van uitgaande Suid- Afrikaanse toeriste. D geen uitwerking op die koopkrag van uitgaande Suid- Afrikaanse toeriste nie. 1.1.6 Rotslae wat deur baie jare heen deur die vloei van die Colorado- rivier ontbloot is, het hierdie ikoon op die volgende kontinent gevorm: A Suid-Amerika B Noord-Amerika C Afrika D Europa 1.1.7 By hierdie ikoon kan toeriste die koop van plaaslik gekweekte vrugte en groente ervaar en ook 'n voorsmakie van plaaslik voorbereide kosse kry: A Switserland B Mekka C Drywende markte D Chichen Itza 1.1.8 'n Eienskap van 'n suksesvolle toeristebesienswaardigheid: A Dit vorm deel van toeriste se moet-sien-lys as 'n besienswaardigheid wat besoek moet word. B Dit is een van die Sewe Wonders van die Wêreld wat deur baie toeriste besoek word. C Dit het 'n positiewe uitwerking op die plaaslike gemeenskap en die omgewing. D Dit is deur Trip Advisor as een van die topbestemmings in die wêreld aangewys. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 5 DBE/2019 SS/NSS 1.1.9 Die Wêrelderfenisterrein wat vryheid en die oorwinning van die menslike gees verteenwoordig: A iSimangaliso Vleilandpark B Robbeneiland C Mapungubwe Kulturele Landskap D Hominied-fossielterreine 1.1.10 Suid-Afrika se huidige handelsmerkslagspreuk: A 'Toerisme vir Almal' ('Tourism for All') B 'Ons doen Toerisme' ('We do Tourism') C 'Inspirerende Nuwe Maniere' ('Inspiring New Ways') D 'Suid-Afrika se Speelgrond' ('South Africa's Playgrond') 1.1.11 Die Sunshine-hotelgroep ondersteun die plaaslike jeug- bemagtigingsprogram. Hierdie program is deel van die Sunshine hotelgroep se … A KMB. B SAT. C DBT. D BBP. 1.1.12 Hierdie pilaar van volhoubaarheid skep positiewe bewustheid van kulturele erfenis en nasionale trots: A Ekonomiese B Maatskaplike C Omgewings- D Politiese 1.1.13 'n Voorbeeld van 'n … wat aan 'n toerisme-verwante besigheid/ organisasie behoort. A kontrak B slagspreuk C visie D logo Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 6 DBE/2019 SS/NSS 1.1.14 'n Getekende ooreenkoms tussen werkgewer en werknemer wat inligting oor werksure, posbeskrywing en diensvoorwaardes bevat: A Vennootskapskontrak B Eienaarskapskontrak C Permanensiekontrak D Dienskontrak 1.1.15 'n Gedragskode bevorder … in die werkplek. A e-leer B unievergaderings C eerlike aktiwiteite D loononderhandelings 1.1.16 Die natuurramp wat in die satellietfoto van die Karibiese Eilande hieronder uitgebeeld word: A Aardbewing B Grondstorting C Orkaan D Droogte 1.1.17 'n Positiewe uitwerking vir plaaslike toerisme wanneer Suid-Afrika 'n wêreldgebeurtenis aanbied: A Plaaslike en internasionale toeriste betaal hoër pryse B Toeriste vanaf Noord-Amerika gaan op post-gebeurtenistoere C Baie Suid-Afrikaners verlaat die land om die buiteland te besoek D Suid-Afrikaners reis na en spandeer geld by die gebeurtenis Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 7 DBE/2019 SS/NSS 1.1.18 'n Nadeel daarvan om EFO ('EFT') te gebruik om 'n betaling te maak: A Die bank kan nie die betaling omkeer as die verkeerde rekeningnommer ingesleutel is nie. B Daar is 'n klaringstydperk van drie maande voordat die betaling verwerk kan word. C Die ontvanger moet op dieselfde tyd as die persoon wat die transaksie doen aanlyn wees. D Die betaling kan slegs gedurende amptelike werksure binne-in die bank gedoen word. 1.1.19 Suid-Afrikaanse provinsies met … sal 'n groter aantal inkomende internasionale toeriste hê. A vraglughawens B plaaslike lughawens C internasionale lughawens D lughawens in privaat besit 1.1.20 'n Stap wat vereis word voordat 'n toerismebesigheid 'n intervensie (ingrypings-)proses kan begin wat op terugvoering van kliënte gebaseer is: A Adverteer vakatures in die maatskappy se nuusbrief B Ontwerp 'n aksieplan wat geïmplementeer kan word C Evalueer die sukses van die ingryping D Dien boekhourekords vir ouditdoeleindes in (20) 1.2 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die term langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. Japan; Vryheidstandbeeld; banknote; bankaankoopkoers; reisigerstjeks; internetbetaling; konsentrasie; Eiffeltoring; diversifikasie; Spanje 1.2.1 Die beste vorm van betaling van klein bedrae sonder die gebruik van tegnologie wanneer internasionaal gereis word (1) 1.2.2 'n Elektroniese deposito vir 'n hotelbespreking (1) 1.2.3 'n Geskenk van Frankryk aan die Verenigde State van Amerika (1) 1.2.4 Stiergevegte is 'n kulturele aktiwiteit in hierdie land (1) 1.2.5 Stel landelike gemeenskap in staat om deur inkomste uit toerisme minder afhanklik van 'n enkele bedryf, soos boerdery, te wees (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 8 DBE/2019 SS/NSS 1.3 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.3.6 paspoort. 1.3.1 Die uitbarsting van die Kilauea-vulkaan in Hawaii is 'n voorbeeld van 'n (natuurramp/wêreldgebeurtenis). (1) 1.3.2 Wanneer iemand deur 'n besmette muskiet gesteek word, kan dit tot (ingewandskoors/geelkoors) lei. (1) 1.3.3 Daar word dikwels na (Chichen Itza/Machu Picchu) as die Verlore Stad van die Inkas verwys. (1) 1.3.4 (Ayers-rots/Koepel van die Rots) is op die Australiese kontinent geleë. (1) 1.3.5 Om vir 'n vriend gratis toegang tot 'n besienswaardigheid te gee, kan as (etiese/onetiese) optrede beskou word. (1) 1.4 Kies die voorbeeld uit KOLOM B wat by die term in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.4.6 G. KOLOM A KOLOM B 1.4.1 Orkaan A 'n Skudding het vir 20 sekondes lank die aardoppervlak in Meksiko hewig geskud wat 1.4.2 Terrorisme veroorsaak het dat geboue ineenstort en 370 mense dood en 6 000 beseer is. 1.4.3 Aardbewing B Die Suid-Afrikaner, Kevin Anderson, het in 1.4.4 Ongeluk die finaal van die 2017 Amerikaanse Ope- tennistoernooi gespeel. 1.4.5 Siektes C Daar was in 2017 'n uitbreking van die plaag in Madagaskar. D 'n Man het skote uit sy hotelkamer op 'n skare van 22 000 toeriste by 'n konsert in Las Vegas geskiet. E Ongeveer 70 000 mense is as gevolg van 'n verwoestende tropiese storm in Puerto Rico na veiligheid gebring. F 'n Vlug van Parys na Kaïro het in Mei 2016 in die Middellandse See as gevolg van onklaar enjin neergestort. (5 x 1) (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 9 DBE/2019 SS/NSS 1.5 Identifiseer die VYF reisverwante dokumente (A–E) in die prent hieronder. Pas die dokumente by die beskrywings (1.5.1 tot 1.5.5) wat volg. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.5.6 F. REISVERWANTE DOKUMENTE 1.5.1 Die verpligte dokument wat 'n bewys van voorkomende maatreëls ten opsigte van reisverwante siektes is (1) 1.5.2 Die reisdokument wat die toegang- en uitgangstempels bevat van lande of stede besoek (1) 1.5.3 Die dokument waarop die sitpleknommer verskyn en wat toegang tot die vliegtuig gee (1) 1.5.4 Die reisdokument wat deur die Automobiel Assosiasie uitgereik word (1) 1.5.5 Die dokument wat deur 'n ambassade uitgereik word wat toegang tot die bestemmingsland gee (1) TOTAAL AFDELING A: 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 10 DBE/2019 SS/NSS AFDELING B: KAARTWERK EN TOERBEPLANNING; BUITELANDSE VALUTA- VERHANDELING VRAAG 2 2.1 Bestudeer die Wêreldtydsonekaart, lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 11 DBE/2019 SS/NSS SCENARIO Twee Britse toeriste, die 14-jarige Gareth en sy ma, het op 10 Mei 2019 vanaf die Londen-Heathrow-lughawe na die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gereis. Hulle vertrekvlug, wat op die elektroniese inligtingsbord van die vertreksaal in die prent hieronder getoon word, is met twee uur vertraag. Toe hulle in Suid-Afrika aangekom het, het hulle om 12:00 'n een-uur- aansluitingsvlug met Kulula.com na Durban geneem. Gareth het vanaf 12 tot 14 Mei 2019 aan die internasionale branderplankkampioenskap in Durban deelgeneem. Gareth en sy ma het op 'n allesomvattende basis by die Blue Waves Hotel op die strandfront tuisgegaan en het die hotel se pendeldiens vir vervoer gebruik. Met hulle aankoms by die Sun Coast-strand in Durban, het Gareth vanaf 16:00 tot 17:00 'n laatmiddag-branderplankoefensessie gehad. Daarna het hy sy afrigter in Londen gebel om oor die seetoestande in Durban verslag te doen. LONDEN-HEATHROW-LUGHAWE – VERENIGDE KONINKRYK 2.1.1 Noem die vlugnommer van die vlug na Johannesburg. (1) 2.1.2 Die Verenigde Koninkryk het vanaf 25 Maart 2019 tot 28 Oktober 2019 dagligbesparingstyd toegepas. Gee EEN rede waarom dagligbesparingstyd by die vertrektye op die elektroniese inligtingsbord in die prent hierbo ingesluit is. (2) 2.1.3 Die vlug na Johannesburg is met 2 uur vertraag. Bereken die nuwe vertrektyd vir die vlug na Johannesburg. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 12 DBE/2019 SS/NSS 2.2 2.2.1 Die vliegtyd vanaf die Londen-Heathrow-lughawe na die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg was 11 uur. LET WEL: Die vertrekvlug is met twee uur vertraag en DBT was reeds ingesluit. Bereken die tyd en datum waarop hulle in Johannesburg aangekom het. Toon ALLE berekeninge. (6) 2.2.2 Nadat Gareth sy branderplankoefensessie teen 17:00 voltooi het, het hy sy afrigter in Londen gebel om oor die seetoestande in Durban verslag te doen. LET WEL: Londen pas DBT toe. Bereken hoe laat sy afrigter die oproep in Londen ontvang het. Toon ALLE berekeninge. (4) 2.3 Gebruik die inligting wat in die scenario in VRAAG 2.1 gegee is om die tweede dag van Gareth en sy ma se reisprogram saam te stel. (5) LET WEL: Dit sal tot jou voordeel strek om die formaat vir reisprogramme te gebruik en volledige sinne in 'n paragraaf te skryf. (3) 2.4 2.4.1 Regulasies vir kinders onder die ouderdom van 18 jaar, wat saam met of sonder hulle ouers reis, het in 2014 in Suid-Afrika verander. Daar word nou van kinders verwag om 'n bykomende reisdokument by hulle te hê. Behalwe vir 'n paspoort, noem die reisdokument wat Gareth as gevolg van sy ouderdom by paspoortbeheer moes toon. (1) 2.4.2 Verwys na die sporttoerusting wat Gareth in die prent by hom gehad het. Stel EEN manier voor waarop Gareth aan die bagasieregulasies van die lugdiens kon voldoen. (2) 2.4.3 Verduidelik EEN rede waarom Gareth en sy ma deur die sekuriteitskontrolepunt by die lughawe moes gaan voordat hulle na Hek 14 kon gaan. (2) 2.4.4 Noem EEN manier waarop Gareth en sy ma hulle handbagasie veilig kon hou. (2) 2.5 2.5.1 Afgesien van Gareth en sy ma se bagasie, noem DRIE items wat toeriste by hulle dra wat 'n permit vereis wanneer hulle Suid-Afrika binnekom. (3) 2.5.2 Gareth en sy ma het deur die GROEN KANAAL op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gegaan. Gee EEN rede waarom hulle deur die groen kanaal gegaan het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 13 DBE/2019 SS/NSS 2.6 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. GESONDHEIDSAANBEVELINGS KYK MOOI NA JOUSELF WANNEER JY REIS Kry inentings Neem malariamedikasie Eet en drink veilig Voorkom insekbyte Bly weg van diere af Verminder jou blootstelling aan kieme Kies enige TWEE toepaslike gesondheidsaanbevelings hierbo. Verduidelik elke aanbeveling aan Gareth en sy ma om hulle vir hulle reis na Durban voor te berei. (4) 2.7 Kriminele aktiwiteite by die OR Tambo Internasionale Lughawe het daadwerklik toegeneem en toeriste is gewaarsku om versigtig te wees. Stel TWEE veiligheidsmaatreëls aan Gareth en sy ma voor nadat hulle op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Suid-Afrika aangekom het. (4) [43] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 14 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 3 3.1 Gebruik die wisselkoerstabel hieronder om die vrae wat volg te beantwoord. WISSELKOERSTABEL GELDEENHEID BAK BVK Pond Sterling (GBP) 18.02 18.10 Met hulle aankoms in Suid-Afrika, het Gareth en sy ma GBP4000 vir Suid-Afrikaanse rand geruil. Bereken hoeveel hulle in rand ontvang het. Rond jou antwoord tot TWEE desimale af. (3) 3.2 Gareth en sy ma het teen die einde van hulle reis ZAR2000 oorgehad en het die geld vir GBP op OR Tambo Internasionale Lughawe geruil voordat hulle vir hulle vlug terug na die VK aan boord gegaan het. Bereken die bedrag wat hulle in GBP ontvang het. Rond jou antwoord tot TWEE desimale af. (3) 3.3 Noem EEN reisdokument wat Gareth se ma moes toon voordat sy valuta kon ruil. (1) [7] TOTAAL AFDELING B: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 15 DBE/2019 SS/NSS AFDELING C: TOERISMEBESIENSWAARDIGHEDE; KULTUUR- EN ERFENIS- TOERISME; BEMARKING VRAAG 4 4.1 Bestudeer die ikone hieronder en bantwoord die vrae wat volg. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.6 Eiffeltoring. A B C D E F G 4.1.1 Gee die naam van die ikoon wat die amptelike woning van die President van Rusland is. (1) 4.1.2 Noem die stad waar ikoon C aangetref word. (1) 4.1.3 Noem die kontinent waar ikoon E aangetref word. (1) 4.1.4 Noem die ikoon by F. (1) 4.1.5 Noem die land waar ikoon G aangetref word. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 16 DBE/2019 SS/NSS 4.2 4.2.1 Noem die kulturele groep wat met ikoon E verbind word. (1) 4.2.2 Gee EEN rede vir die oprigting van die ikoon by F. (2) 4.2.3 Verduidelik EEN rede waarom die besienswaardigheid by B nie as 'n ikoon wat die VSA verteenwoordig, beskou kan word nie. (2) 4.3 Lees die inligting oor die ikoon Petra en antwoord die vrae wat volg. HET JY GEWEET???  Daar word na Petra as Die Verlore Stad verwys.  Dit is een van die Sewe Wonders van die Wêreld.  Indiana Jones and the Holy Grail is in Petra verfilm.  The Transformers: Revenge of the Fallen is in Petra verfilm.  Ten minste 11 ander films is by Petra verfilm. INDIANA JONES AND EEN VAN DIE SEWE THE HOLY GRAIL WONDERS VAN DIE WÊRELD TRANSFORMERS: REVENGE OF THE FALLEN RIGLYNE VIR VERANTWOORDELIKE TOERISME BY PETRA Moet asseblief nie Beskerm en Moet asseblief nie Gooi alle rommel enige oudhede respekteer die op die weg (rots of munt- erfenisterrein monumente stukke) koop nie loop nie Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 17 DBE/2019 SS/NSS TOEGANGSGELD VIR BESOEKERS WAT VIR TEN MINSTE EEN NAG OORBLY TOEGANGSKAARTJIE PRYS Een dag 50(JD) Twee dae 55(JD) Drie dae 60(JD) JD – Jordaniese dinar BESOEKERSGETALLE AAN PETRA JAAR GETAL BESOEKERS 2013 574 729 2014 551 491 2015 410 371 2016 464 154 [ Aangepas uit www.nationalgeographic.com] 4.3.1 Noem die land waar die ikoon Petra aangetref word. (1) 4.3.2 Gee EEN rede waarom daar na Petra as Die Verlore Stad verwys word. (2) 4.3.3 Jy skryf 'n blog (elektroniese artikel wat op die internet gedoen word) vir 'n reismaatskappy. Bespreek Petra se sukses as 'n toeristebesienswaardigheid. Sluit die volgende by jou blog in:  EEN neiging met betrekking tot besoekersgetalle aan Petra (2)  EEN kenmerk van Petra (2)  EEN positiewe invloed wat Petra as 'n gewilde plek vir films het (2)  EEN bedreiging vir Petra (1)  TWEE maniere waarop die bedreiging wat hierbo geïdentifiseer is, deur die owerhede van die land hanteer moet word. (2 x 2) (4) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 18 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 5 Bestudeer die kaart van Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die name van die terreine wat op die kaart hierbo verskyn, is volgens UNESCO se inskrywings van Suid-Afrika se Wêrelderfenisterreine. Ander name wat in Suid-Afrika vir sommige van die Wêrelderfenisterreine gebruik word, sluit in: Die Fossiel hominied-terrein (ook bekend as die Sterkfonteingrotte of die Wieg van die Mensdom) Maloti-Drakensbergpark (ook bekend as die uKhahlamba-Drakensbergpark) [Aangepas uit www.unesco.org] 5.1 Skryf die letter van die Wêrelderfenisterrein neer wat in Limpopo geleë is. (1) 5.2 Skryf die letter neer van die gemengde Wêrelderfenisterrein. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 19 DBE/2019 SS/NSS 5.3 Noem die provinsie waar Wêrelderfenisterrein B aangetref word. (1) 5.4 Noem die Wêrelderfenisterrein wat die Nuwe Sewe Wonders van die Natuur insluit. (1) 5.5 Gee EEN rede waarom die Richtersveld Kulturele en Botaniese Landskap as 'n Wêrelderfenisterrein verklaar is. (2) 5.6 Gee die name van die TWEE Wêrelderfenisterreine wat die volgende verteenwoordig: 5.6.1 Antieke kulture (1) 5.6.2 Antieke menslike fossiele (1) 5.7 Verduidelik die verskil tussen die iSimangaliso-vleilandpark en die Kaapse Blommeryk met betrekking tot diversiteit. (4) [12] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 20 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 6 Bestudeer die webblad van Suid-Afrikaanse Toerisme hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SEPTEMBER IS TOERISMEMAAND EK DOEN TOERISME Gelukkige Wêreld- DOEN TOERISME toerismedag TOMSA-heffingbydraers!! Adverteer JOU Toerisme- Volg ons op Twitter, maand-aanbiedinge by Facebook en ons! Instagram Kliek hier om uit te vind hoe jy jou besigheid GRATIS kan bevorder. [Aangepas uit www.southafrica.net] 6.1 Gee die naam van die organisasie wat vir die invordering van die toerismeheffing verantwoordelik is. (1) 6.2 Identifiseer by wie sekere verblyfondernemings die 1%- toerismeheffing invorder. (1) 6.3 Slegs sekere toerismebesighede vorder die 1%-toerismeheffing in en dit word op 'n vrywillige basis deur toerismebesighede gedoen. Bespreek TWEE redes waarom hierdie praktyk verander moet word, sodat alle toerismebesighede verplig sal wees om die 1%-toerismeheffing in te vorder. (4) 6.4 6.4.1 Verwys na die webbladsy en identifiseer EEN manier waarop Suid-Afrikaanse Toerisme besighede wat tot die 1%-heffing bydra, ondersteun. (2) 6.4.2 Verduidelik TWEE redes waarom besighede wat tot die 1%-toerismeheffing bydra, die ondersteuning waarna in VRAAG 6.4.1 verwys word, moet benut. (4) 6.5 Die EK DOEN TOERISME-veldtog ('I DO TOURISM') is by die 2017 Toerisme-indaba bekendgestel. Stel EEN manier voor waarop hierdie veldtog jou, as 'n Toerismeleerder, aanmoedig om deel van toerisme in Suid-Afrika te wees. (2) [14] TOTAAL AFDELING C: 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 21 DBE/2019 SS/NSS AFDELING D: TOERISMESEKTORE; VOLHOUBARE EN VERANTWOORDELIKE TOERISME VRAAG 7 7.1 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Zach, 'n gekwalifiseerde toeroperateur, wil sy eie reisagentskapmaatskappy begin. Hy is daarvan bewus dat die professionele beeld van sy maatskappy vir die sukses van sy besigheid belangrik is. 7.1.1 Verduidelik hoe die volgende tot die professionele beeld van Zach se besigheid kan bydra: (a) Skryfbehoeftes met sy handelsmerk (2) (b) 'n Geskikte naam vir die besigheid (2) 7.1.2 Bespreek TWEE redes waarom die meeste toerismebesighede verkies dat hulle personeel uniforms dra. (4) 7.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. 'n Besigheidskaartjie is 'n belangrik kommunikasie- en netwerkinstrument wat indirek vir bemarking gebruik word, maar wat dikwels nie effektief deur maatskappye gebruik word nie. BESIGHEIDSKAART 7.2.1 Identifiseer TWEE items wat op die besigheidskaartjie hierbo verskyn. (2) 7.2.2 Verduidelik TWEE redes waarom die besigheidskaart hierbo nie as 'n effektiewe kommunikasie- en netwerkinstrument, wat 'n besigheid moet bevorder, beskou kan word nie. (4) [14] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 22 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 8 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SUN MOUNTAIN LODGE – DIE SUKSESVERHAAL Die Sun Mountain Lodge is oortuig daarvan dat hulle op die regte pad is om verantwoordelik, volhoubaar en verantwoordbaar te wees. Die Sun Mountain Lodge is naby die Batlokoa-gemeenskap op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal geleë. Van die hotel se belangrikste inisiatiewe om die pilare van volhoubaarheid te inkorporeer, sluit in:  Die interne koerant wat aan gaste gegee word, word op herwinde papier gedruk.  Inligting oor die algemene bedrywighede van die lodge word op inligtingsborde, eerder as in inligtingsboekies, geplaas om die gebruik van papier te beperk.  Gebruikte kookolie word aan 'n plaaslike boer (wat hulle groenteverskaffer is) geskenk wat biodiesel maak om die afleweringswaens aan die gang hou.  Plaaslike kunshandwerkers word die geleentheid gebied om 'n ekstra inkomste te verdien deur die binneversiering van die Sun Mountain Lodge oor te doen. Die Sun Mountain Lodge is besig om aansoek te doen vir hulle Fair Trade Tourism- akkreditasie. [Aangepas uit www.traveller24news.com] 8.1 Verwys na die uittreksel en identifiseer EEN voorbeeld van hoe die Sun Mountain Lodge effektiewe afvalbestuur toepas deur die volgende: 8.1.1 Vermindering (2) 8.1.2 Herwinning (2) 8.1.3 Hergebruik (2) 8.2 Toerismebesighede moet vennootskappe met die gemeenskap aangaan waarin hulle besigheid doen. Verduidelik EEN manier waarop die Sun Mountain Lodge die plaaslike gemeenskap by hulle besigheidsbedrywighede betrek. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 23 DBE/2019 SS/NSS 8.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BILLIKE HANDEL IN TOERISME Die organisasie, Fair Trade in Tourism South Africa (FTTSA), het in Mei 2013 hulle naam na Fair Trade Tourism (FTT) verander. Die rede hiervoor was om op streeksvlak 'n rolspeler in toerisme te word. UIT MET DIE OUE IN MET DIE NUWE 8.3.1 Gee die funksie van die Fair Trade Tourism-organisasie. (2) 8.3.2 Stel EEN manier voor waarop die bestuurder van die Sun Mountain Lodge die volgende 'Billike Handel-/Fair Trade'-beginsels kan implementeer: (a) Billike lone (2) (b) Billike werksvoorwaardes (2) (c) Deursigtigheid (2) [16] TOTAAL AFDELING D: 30 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 24 DBE/2019 SS/NSS AFDELING E: PLAASLIKE, STREEKS- EN INTERNASIONALE TOERISME; KOMMUNIKASIE EN KLIËNTEDIENS VRAAG 9 9.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg. BRASILIË EN SUID-AFRIKA SPAN KRAGTE SAAM BRASILIË SUID- AFRIKA Die Minister van Buitelandse Sake van Brasilië het in 2017 Suid-Afrika besoek om bande tussen die twee lande te versterk en het die volgende gesê: 'Brasilië en Suid-Afrika het gemeenskaplike uitdagings as ontwikkelende lande en streef na demokrasie, menseregte en inklusiwiteit vir al hulle mense.' Die twee lande werk wêreldwyd op verskeie platforms saam, soos by die Verenigde Nasies, die BRICS-beraad en die G20. Brasilië en Suid-Afrika het albei hulle wêreldklas infrastruktuur en bewese organisasievermoë met die aanbied van wêreldgebeurtenisse getoon. Voorbeelde hiervan sluit die FIFA-Wêreldbekertoernooie wat in 2010 in Suid- Afrika en in 2014 in Brasilië gehou is in. Die Rio Olimpiese Spele en die Paralimpiese Spele is ook in 2016 in Brasilië gehou. [Aangepas uit www.sabc.co.za] 9.1.1 Noem TWEE eienskappe wat die FIFA-Wêreldbekertoernooie en die Olimpiese Spele gemeen het. (4) 9.1.2 Verwys na die uittreksel en identifiseer TWEE positiewe uitkomste van die aanbied van die gebeurtenisse in VRAAG 9.1.1. (4) 9.1.3 Verduidelik EEN positiewe invloed wat die aanbied van 'n wêreldklas G20-beraad op die gasheerlande het. (2) 9.1.4 Politieke onstabiliteit in Brasilië of Suid-Afrika kan tot gevolg hê dat hulle die bod om toekomstige BRICS-berade aan te bied, verloor. In die lig van politieke onstabiliteit, bespreek TWEE faktore wat die BRICS-keurkomitee in gedagte moet hou wanneer enige van die lande hierbo oorweeg word om die beraad aan te bied. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 25 DBE/2019 SS/NSS 9.2 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. TOERISTE-AANKOMSTE UIT BRASILIË IN SUID-AFRIKA JANUARIE TOT JUNIE 2016 EN 2017 Toeriste wat na Suid-Afrika reis, word in inkomende buitelandse markte- kategorieë geplaas volgens hulle land van herkoms. 'n Vergelykende studie van al die opkomende lande het getoon dat Brasilië gedurende die 2016–2017-tydperk die beste presteer het met 'n toename in internasionale toeriste-aankomste in Suid-Afrika. Die internasionale aankomstegetalle vir die eerste ses maande van elke jaar is: JANUARIE–JUNIE 2016 JANUARIE–JUNIE 2017 18 202 32 368 Volgens die 2016-toerismejaarverslag was die gemiddelde bedrag wat 'n Brasiliaanse toeris in Suid-Afrika spandeer het, R17 400 per reis. [Aangepas uit www.statssa.gov.za en www.southafrica.net] 9.2.1 Bereken die toename in inkomende internasionale aankomstegetalle vanaf Brasilië in die 2016–2017-tydperk. (2) 9.2.2 Voorspel EEN uitwerking wat die antwoord in VRAAG 9.2.1 op buitelandse verdienste vanaf Brasiliaanse toeriste sal hê. (2) 9.2.3 SAToerisme het vasgestel dat Brasilië 'n opkomende mark is. Stel DRIE maniere voor waarop SAToerisme die inligting uit die statistiek kan gebruik om die Brasiliaanse mark verder te laat groei. (6) [24] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Toerisme 26 DBE/2019 SS/NSS VRAAG 10 Bestudeer die terugvoeringsinstrument hieronder en beantwoord die vrae wat volg. x EVALUEER ONS NOU Vertel ons van jou besoek. Voltooi die inligting in die spasies hieronder en druk die stuur-knoppie. Dankie vir jou terugvoering en ondersteuning! 1. Gee ons 'n ster-gradering. 2. Wat sal jy ander oor jou ervaring vertel? 3. Vul jou naam en van in. Jou naam en van 4. Vul jou e-pos adres in. naam@voorbeeld.com STUUR EVALUERING REVIEW [Bron: www.support.grade.ons] 10.1 Gee EEN manier waarop die voltooide terugvoeringsinstrument van die kliënte die toerismebesigheid gaan bereik. (2) 10.2 Verwys na vraag 2 ('Wat sal jy ander oor jou ervaring vertel?') op die terugvoeringsinstrument. Gee TWEE redes waarom die toerismebesigheid hierdie vraag op die terugvoeringsinstrument ingesluit het. (4) [6] TOTAAL AFDELING E: 30 GROOTTOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Tourism

View all