Skip to content

Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)

MemorandumVisual ArtsGrade 12202223 pages

Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 VISUELE KUNSTE V1 NOVEMBER 2022 NASIENRIGLYNE PUNTE: 100 TYD: 3 uur Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word: 1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord. 2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate voorsiening gemaak word:  Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in antwoorde gee.  Gee krediet vir laterale denke.  Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur na spesifieke faktore te verwys. 3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees. Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul antwoorde te struktureer. 4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen kunswerke is toelaatbaar. 5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar geen vergelyking plaasgevind het nie. 6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord bespreek, waar van toepassing. 7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike, akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings, kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in die nasienproses wees. ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS  Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien. Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne kan slegs 'n voorgestelde gids wees.  LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.  Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.  Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie. Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.  Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir 'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te ontleed en daarop te reageer PRESTASIE-KODE ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES  Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 80–100%  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.  Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te 70–79% lewer.  Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon uitstekende insig en begrip.  Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 60–69%  Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.  Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale, Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer. 50–59%  Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.  Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar 40–49% te lewer.  Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.  Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Elementêr sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar 30–39% te lewer.  Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.  Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.  Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar 0–29% te lewer.  Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste- terminologie.  Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.  Toon min of geen begrip of insig nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne NASIENERS MOET SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE WAT BEANTWOORD IS MERK EN AS DIE KANDIDAAT MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE BEANTWOORD HET, SAL SAAR SLEGS KREDIET GEGEE WORD VIR DIE EERSTE VYF. KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE IN ENIGE VOLGORDE BEANTWOORD. Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE. 6 punte (maks 3) 8 punte (maks 5) 10 punte (maks 6) 12 punte (maks 7) 14 punte (maks 8) 20 punte (maks 12) As geen vergelyking: -1 BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE. As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS Kunstenaars doen meer as om net die tye te weerspieël. Hulle beeld die verskillende aktiwiteite uit van die gemeenskap waarin hulle leef. FIGUUR 1a: Koboka Welcome Mandla, Mense wat water kry, (People collecting water), olie op bord, datum onbekend. FIGUUR 1b: Ian Mwesiga, Mense en Hoenders,(People and Chicken), olie op doek, 2020. 1.1 Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b bestudeer en die volgende bespreek:  Die gebruik van lyn: FIGUUR 1a: Die kunstenaar werk in 'n gestileerde wyse en gebruik hoekige, gebroke lyne. Die diagonale/gekurfde lyne skep beweging en kontrasteer met die vertikale lyne van die gebou, kraan en figure. Die vorms is omlyn met donkerder kontoerlyne wat 'n 2-d effek skep. Die gebroke hoekige diagonale lyne gesien in die figure, die kraan en die geboue kontrasteer met die horisontale lyne van die dakke, die emmer, boks en dak in die middelgrond. Diagonale lyne word herhaal om tekstuur in die sinkdakke van die geboue te skep. Diagonale lyne kan ook gesien word in die elektriese/telefoon-kabels in die agtergrond en in die voorgrond om die kraan te anker. FIGUUR 1b: Die vertikale lyne van die figure en padteken kontrasteer met die geel horisontale lyn op die pad en skep balans in die kunswerk. Die diagonale en horisontale lyne in die velde lei die oog in die prentvlak in en skep diepte. Diagonale lyne kan ook gesien word in die arms en bene wat loop van die mense wat loop wat „n sin van beweging veroorsaak. In FIGUUR 1b kan die geel lyne ook gesien word as „n teken van gevaar. Die figure en hoenders staan by „n gevaarlike plek, spesifiek wanneer die konteks van die padteken agter die figure in ag geneem word.  Gebruik van ruimte en diepte: FIGUUR 1a: Die figure in die middel is kleiner as die figure op die voorgrond en dit skep diepte en perspektief soos wat daar na die prentvlak beweeg word. Die figuur links in die komposisie is groter as die ander twee figure in die middel. Die geel fatsoene skei die figure en geboue van mekaar. Die verdwyningspunt is verby die dak van die huis regs geplaas wat ruimte skep. FIGUUR 1b: In die voorgrond is vyf figure lukraak geplaas op 'n geteerde pad met kleiner hoenders wat uit die prentvlak beweeg. Diepte is geskep deur die insluiting van behuising in die agtergrond en die helder blou lug wat die helfte van die komposisie vul. Groen landbougrond vorm die middelgrond van die kunswerk wat kleiner as die figure is om 'n diep ruimte te skep. Die manlike figuur regs is afgesny en lei die oog buite die prentvlak. Die diagonale lyne van die plaaslanderye lei die oog na die behuising op die horisonlyn om. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Beide werke maak gebruik van geel en blou. Wat is die effekte van die keuse in elk van die werke? FIGUUR 1a: 'n Gelukkige, kalm, vreedsame en rustige toneel is uitgebeeld deur die gebruik van gedempte bloue en turkoois. Die pastelgeel in die agtergrond toon dat dit 'n aktiwiteit in die laatmiddag is. Die geel kleur kan die son wat op die mure skyn reflekteer. Dit koel blou kleure kontrasteer met die heldergeel reg deur die prentvlak. FIGUUR 1b: Die gebruik van 'n verskeidenheid van bloue in die klere, asook in die lug, skep 'n helder en gelukkige toneel. Die helder geel en oranje kleure sigbaar in die landerye kontrasteer met die blou in die lug om diepte te skep.  Styl en tegniek: FIGUUR 1a: Ekspressionisties en gestileerd. Die kunstenaar het die olieverf met 'n paletmes aangewend (impasto). Hoekige lyne en vorms skep 'n gefragmenteerde kunswerk wat 'n kubistiese styl skep. FIGUUR 1b: Die kunstenaar het olieverf met 'n kwas met geen sigbare kwashale aangewend . Die naturalistiese kunswerk is amper soos 'n fotobeeld ('snapshot').  Die interaksie tussen die figure en die stemming en atmosfeer wat dit skep. In beide FIGUUR 1a en FIGUUR 1b domineer die figure die komposisie alhoewel daar nie interaksie tussen hulle is nie. Hulle kom voor asof hulle verdiep is in hulle eie gedagtes en aktiwiteitete. Die drie figure in FIGUUR 1a staan hulle beurt en afwag om water te kry. Dit skep 'n vreedsame atmosfeer. Die figure in FIGUUR 1b beweeg in verskillende rigtings wat die oog uit die prentvlak lei. Daar is geen interaksie tussen die figure nie en geen oogkontak met die kyker nie. Dit skep 'n stemming van spanning en afwagting. (10) 1.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek wat die aktiwiteite van hulle gemeenskappe weerspieël. Gebruik die volgende riglyne:  Onderwerp  Kunselemente  Moontlike invloede  Media en tegniek  Moontlike betekenis/boodskappe (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA- EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS Tamar Mason het 'n Suid-Afrikaanse landskap geskep wat invloede van ons Afrika- kultuur/-erfenis/-omgewing toon. FIGUUR 2a-c: Tamar Mason, Suid-Afrikaanse landskap, (South African landscape, borduur- en kralewerk op materiaal, 2 x 1.5 m, datum onbekend 2.1 Kandidate moet die beeldgebruik in FIGUUR 2a en die gedetailleerde vergrote dele in Figuur 2b en 2c bespreek, deur te verwys na die volgende:  Kunselemente (lyn, kleur en tekstuur) Lyn: Geboë lyne is die mees dominante lyne gebruik in hierdie kunswerk. Die gekurfde geel lyn op die horison lyn stel 'n bergreeks voor wat versmelt met 'n doring tak. Diagonale lyne is gebruik in die nek van die kameelperd sowel as in die bergreeks. Die blou lyne in die bergreeks skep diepte. Die diagonale gespikkelde lyne kan reën verteenwoordig wat die oog lei tot by die hand afdrukke in die lug. Organiese en geboë lyne kan gesien word in die patrone, aalwyn en dier motiewe. Die diagonale lyne skep beweging Dit herinner ons ook aan voetpaadjies en die kraal uitleg van die Afrika landskap. Dit lyk ook soos DNA stringe en dalk ook „n konneksie aan die verlede. Die getekstureerde gare staan uit en aksentueer die lyn. Die dorings van die tak verander na vorms wat lyk na vroue wat op landerye werk. Hande rys op van die lande soos „n seën en dit bly in kontak met die land.Die swart agtergrond illumineer/verhelder die ligte gare. Kleur: Die kunswerk is baie kleurvol wat kontrasteer met die swart lap wat vir die agtergrond gebruik is. Die dominante kleur is swart en natuurlike kleure. Die kunswerk bestaan uit primêre en sekondêre kleure. Natuurlike sepia (bruin) en oker is gebruik om die landskap, die diere en die kameelperd uit te beeld. Die helder gele, pienke, oranjes, perse en bloue kontrasteer met die natuurlike oker kleure van die landskap. Gedempte analogiese kleure (wit, pers en blou) is gebruik in die handafdrukke, figure en bokke. Die gebruik van groen is herhaal in die groen aalwyn plant en die groen blare aan die regterkant van die komposisie. Die gebruik van oranje/rooi in die aalwyn en rooi patrone is komplimentêr tot die gebruik van groen. Die gebruik van koeler kleure in die agtergrond skep diepte. Tekstuur: Ware tekstuur word geskep deur die borduursteke en kralewerk. Die borduurwerk word reliëf teksture teen die gladde swart agtergrond. Die verskeie steke skep verskeie teksture op die kameelperdvel , plante en dekoratiewe patrone. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Komposisie: Die komposisie is asimmetries. Die kameelperd links in die komposisie is groter as die plante, simbole en hibriede wat dit die hooffokuspunt maak. Die gekompliseerde komposisie is gevul met plante, simbole en hibriede diere in 'n horisontale formaat. Daar is 'n groep hibried/kombinasie van dierlike koppe met menslike bene aand die regterkant van die werk. Die ligter hand afdrukke en sterre word uitgebeeld in die lug agter die kameelperd. Kleiner diere (bokke) is geplaas in die middelgrond agter die kameelperd wat diepte skep. 'n Semi-sirkelvormige mandala ontwerp is in die middel van die voorgrond geplaas.  Invloede: o Inheemse en/of Afrika kunsvorms en visuele beelde o Spesifieke materiaal en tegnieke gebruik in hierdie werk en die effek op die styl en voorkoms van die werk Die werk herinner aan die Khoi-san beelde, wat in Batiss se 'Symbols of Life' reflekteer. Die dekoratiewe simbole, stippels, lyne en vorms kan verwys na visioene (hallusinasies, drome) van die Shaman. Die doring bos en die aalwyn is tipies Suid-Afrikaanse inheemse plante. Die plat metaforiese beelde van diere en menslike figure is baie soos die Khoi-San skilderye wat in grotte in Suid-Afrika verkry word. Die kameelperd is 'n inheemse dier van Suid-Afrika. Die hand drukke is gebruik om die menslike element te verteenwoordig sowel as 'n spirituele element te simboliseer Gestippelde diagonale lyne kan reën of trane simboliseer met semi- sirkelvormige lyne in die lug wat 'n son skep. Die dig gewerkte steke en die wat wyer uitmekaar is skep tonale waarde in die onderste deel van die kunswerk. Verskeie stik-tegnieke en diktes is gebruik om die vorms in die kameelperd se nek, mandala en plantegroei te skep wat ooreenkom met die San tekeninge op rotswande. Borduurwerk vereenvoudig objekte en word dekoratief. (8) 2.2 Kandidate moet TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek wat 'n Afrika-invloed verken.  Onderwerp  Kunselemente  Media/tegniek  Invloed van Afrika en/of inheemse kunsvorme (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN 1980's INGESLUIT Kunstenaars gebruik kuns as 'n manier om kommentaar te lewer en te besin oor sosiopolitieke kwessies. FIGUUR 3a: Loyiso Mkize, 'Die armistokraat, (The pooristocrat), olie op doek, 2013. Aristokraat: 'n Individu wat deel is van 'n geselekteerde groep magtige mense wat of beroemd, ryk, van 'n hoë klas of die hoogste sosiale klas is. 3.1 Kandidate moet die kunswerk in FIGUUR 3a bespreek deur die volgende te gebruik as 'n riglyn:  Boodskap: blou gekleurde uniform – verwys na die blou kleur van die „overalls‟ wat die werkers dra – die werkers wat die ekonomie dra.  Vernieteging: werkers is gewillig om die siteem te vernietig om verandering vir die mynwerker aan te bring.  Fokus punt: „n strategiese portret geverf teen „n besige, agtergrond.(kontrasterend)  Simbole: hande verteenwoordig die fiesiese veeleisende hande werk.  Kandidate moet drie redes verduidelik waarom die man die fokuspunt in die komposisie is Hy is uitgebeeld as 'n groot dominante portret in die middel van die komposisie. Hy het direkte oogkontak met die kyker. Dit wil voorkom asof hy verwurg word met 'n metaal ratmeganisme. Die getande rat lei die oog na die gesig toe. Daar is ook 'n pyp wat 'n semi-sirkel om die kop vorm, wat 'n stralekrans mimiek. Die portret vorm deel van die simmetriese komposisie. Alle ander objekte is baie kleiner en is gerangskik om die groot gesig. Die groot blou hemp in die voorgrond kontrasteer skerp met die geel en oker agtergrond.  Identifiseer die beelde/objekte wat verband hou met myn Gereedskap vir die myn van grondstowwe, soos grawe, vurke, pikke skoffels en hamers is gerangskik om die area van die sentrale portret. 'n Beeld van 'n trein, wat was en nog steeds die hoof vervoer meganisme is vir mynwerkers, is uitgebeeld aan die regterkant van die komposisie. 'n Olieboor en mynskag kan in die agtergrond, weerskante van die portret gesien word. Die rat, wat algemeen gebruik word in swaardiens masjienerie, kan uitbeeld dat hierdie man geen alternatief het as om in 'n myn te werk nie. Met die rat wat hy as 'n las gedurig moet saamdra. 'n Paar gereedskap is vasgeheg aan die metal rat wat die gereedskap verteenwoordig wat deur mynwerkers gebruik word. 'n Sirkelvormige struktuur wat 'n pyplyn of brug naboots, raam die groot portret met vlae en vlagpale aan weerskante van die hande. 'n Geel band wat word oral in die komposisie gebruik is, word gewoonlik gebruik om 'n plek van gevaar af te kordon. Dit versterk die idee van al die gevare op 'n myn. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Bespreek die balans in hierdie komposisie Simmetriese balans: Griekse pilare en biddende manlike beelde is geplaas bokant die portret wat die skildery balanseer en dit verdeel in twee gelyke dele. Twee hande wat 'n angsvolle, skreeuende gesig vashou, is sigbaar net bokant die kop, en is omring met stukke goud/erts. Aan die regterkant van die komposisie is 'n groep gewapende soldate wat in en uit die prentvlak hardloop wat 'n protes kan verteenwoordig. Dit vorm 'n balans tussen die orde aan die regterkant en die chaos links.  Moontlike betekenis/boodskap deur te verwys na die werk en die titel en die teks 'Under destruction' Die woord aristokraat is 'n individu wat deel is van uitgesoekte groep magtige mense wat bekend, ryk, van 'n hoë klas is of die hoogste sosiale klas is. In kontras is hierdie kunswerk getiteld Die 'pooristocrat' , wat beteken dat hierdie arme arbeider ook deel is van 'n belangrike samelewing maar net belangrik is vir 'n land se ekonomie maar arm is as 'n individu wat rykdom vir ander skep. Die myne kan nie voortbestaan sonder die arbeiders nie. Die portret konfronteer die kyker met 'n gesigsuitdrukking van hartseer, pyn, moegheid en verlorenheid. Die harde lyne om die mond en oë dui op swaarkry en oud word. Die hele portret vertel die verhaal van iemand wat vasgevang is in 'n gekontroleerde kringloop van harde werk waarvan daar geen ontsnapping is nie. Die groot gesig kan ook die onregverdighede/pyn van die mynwerker weergee, wat rykdom vir 'n uitgesoekte groep mense van die samelewing bymekaar maak. In kontras kan dit die mag van outoriteit weerspieël. Die definitiewe kontras in skaal van die groot portret en die kleiner een simboliseer dat net 'n klein groepie is in beheer en die meerderheid is arbeiders. 'n Perderuiter is geplaas aan die linkerkant in die middel van die komposisie en net onder hom is 'n groep mans wat hardloop met hande en vuiste in die lug. Onder hulle is 'n ou man met 'n top-hat. Hy kan die ryk mense van die samelewing voorstel. 'n Vroulike naak figuur is sigbaar aan die regterkant van die komposisie, wat Lady Justice voorstel wat die mynwerkers beskerm. Net onder haar is die beeld van 'n trein.  Die teks: 'UNDER DESTRUCTION' Geel band , (tape) is dwarsdeur die werk sigbaar wat gevaar/oppas/wees versigtig/ geen toegang aandui. Gewoonlik lees die teks 'under construction', wat beteken dat daar 'n bouproses aan die gang is en dat versigtigheid aan die dag gelê moet word as jy die lyn verbysteek. Die kunstenaar gebruik die woorde 'under destruction' wat beteken dat die myne nie alleen die natuur vernietig nie, maar ook die lewens van mense. Die geel band is ook om die mond van Lady Justice geweef asof die waarheid nie gepraat mag word nie. Daar is verskeie figure in die kunswerk van verskeie idees/konsepte verteenwoordig, soos oorlog, chaos, orde, wanorde, myn, rykdom gebed en vervoer. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne 3.2 Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN werk per kunstenaar) bespreek wat hulle bestudeer het wat kommentaar lewer op sosiale- en/of politieke kwessies. Hulle moet die volgende riglyne gebruik: in hulle opstel:  Onderwerp  Media en tegniek  Styl  Boodskap/betekenis (12) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT LANDELIKE SUID-AFRIKA Kunswerke gee vir ons 'n kykie in die lewens van ander. FIGUUR 4a: Marion Boehm( Muinda se gebed),(Muinda's Pray), gemengde media collage, 2017. FIGUUR 4b: Trevor Makhoba, Inguyazane (Caucas) (vat dit rustig), olie op bord, 1995. 4.1 Kandidate moet FIGUUR 4a en 4b bespreek deur die volgende te beantwoord: Bespreek FIGUUR 4a en 4b deur die volgende te beantwoord:  Gee 'n kortlikse beskrywing van elke kunswerk. FIGUUR 4a- Hierdie beeld het beide 'n spirituele en emosionele gevoel. 'n Kind wat bid word uitgebeeld terwyl sy kniel voor 'n kruis wat simbolies is van die Christelike geloof. Die dogter is die dominante figuur omdat sy grooter is en is in die voorgrond geplaas. As die kanidaat na die kruis verwys as die fokuspunt moet hulle keuse verduidelik word. Die dogter se hare is meer tradisioneel in vergelyking met die Westerse bloes was sy dra. Die pêrels op die bloes simboliseer reinheid, passie, en vrede sowel as die af-wit kleur. The druiwe verwys na die wyn en die bloed van Christus sowel as die koringaar wat verwys na die brood in die Christelike geloof. Die koerant/ woorde gesien op die hande en gesig kan na sosiale media verwys. FIGUUR 4b- Hierdie is 'n gemeenskaplike bymekaar kom van 'n groep mense. Hulle is sittende in ''n sirkel met 'n groot boom in die agtergrond. Dit wil voorkom asof hulle besprekings het of 'n vergadering. Sommige mans is aangetrek in tradisionele klere en ander in meer moderne kleredrag. Chiaroscuro is gebruik om die fokus punt te beklemtoon. Die figure aan die regterkant is ten volle geklee met tradisionele diervel oor die skouer en sy hande is op die rug van die figuur in die middel. Dit kan ook gesien word as „n fokus punt.  Identifiseer die dominante visuele beeld in elke kunswerk. Gee redes vir jou antwoord deur te verwys na die komposisie en moontlike betekenis/boodskap. FIGUUR 4a: Beide die jong meisie en die kruis is die fokuspunt. Die kruis met teksture is groter as die klein dogtertjie wat dit meer dominant maak. Die geborduurde kruis kan ook 'n grafsteen van 'n geliefde verteenwoordig wat deur die voorletters aangedui word. Die vertikale lyn van die kruis skep krag en spiritualiteit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 4b: Die boom domineer die komposisie en vorm 'n oorhang oor die sittende figure. Tradisioneel vergader mans onder bome vir belangrike besluitneming of besprekings. Die sterk vertikale lyne van die bome skep krag en spiritualiteit en die boom herinner aan die simbool/logo van die Konstitusionele Hof. 'Geregtigheid onder 'n boom'. Die wapen kan verwys na die voorbereiding om na die gevegsfront te gaan. Die vergadering word in die nag gehou wat verwys daarna dat dit in die geheim gehou word.  Watter rol speel kleur in die skepping van die spesifieke stemming/atmosfeer in elke kunswerk? FIGUUR 4a: Die kleur palet van die kunswerk is hoofsaaklik monochromaties met 'n verskeidenheid van wit, room, goud, swart en bruin. Die kunstenaar het goud in die werk ingesluit wat geassosieer kan word met koninklikheid, rykdom, spiritualiteit en heiligheid. Die gebruik van dowwe beperkte kleure kan verwys na 'n ou foto wat 'n plegtige, spirituele en rustige atmosfeer skep. FIGUUR 4b: Die oranje en geel van die vlamme word op die stam van die boom sowel as die gesigte van die figure weerspieël. Dit skep 'n warm, uitnodigende en vredevolle atmosfeer. Die sagte blou in die voorgrond kontrasteer met die warm oranje wat 'n kalm spirituele toneel skep.  Watter werk verkies jy? Gee redes vir jou antwoord. Kandidate gee 'n respons met redes (10) 4.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN werk per kunstenaar) wie kuns, kunsvlyt en/of spirituele werk skep. Hulle moet die volgende riglyne gebruik:  Onderwerp en/of funksie  Visuele beelde en simbole  Kunselemente  Media en tegniek  Moontlike betekenis en boodskap Internasionale kunswerke sal/kan aanvaar word soos bv. Michelangelo se “Pieta” “David” (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA Kuns word dikwels deur die gebruik van tradisionele metodes en materiale geëvalueer. Kontemporêre kunstenaars daag dit dikwels uit deur alternatiewe media en tegnieke te gebruik. FIGUUR 5a: AdejokeTugbiyele, Hawelose Honger Homo,( Homeless Hungry Homo,) palm stele, draad, metaal, hout, Amerikaanse dollar note (geld),2014. FIGUUR 5b: Wangechi Mutu, Masker, (Mask), gemengde media en collage, 2006. . 5.1 Kandidate moet saamstem of nie saamstem met bogenoemde stelling deur hulle eie verduideliking te gee. (2) 5.2 Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle verwys na Figure 5a en 5b rakende die volgende: o Die spesifieke gebruik van gevonde materiale en tegnieke, byvoorbeeld collage, stikwerk, weefwerk in die skepping van hierdie kunswerke en die funksie/rol in die kunswerke. FIGUUR 5a: Die gebruik van palm stele saam met draad verteenwoordig natuurlike- en mensgemaakte bronne, wat ons skakel met die natuur. Dit kan ook verwys na 'n skakel tussen die verlede en die hede. Die gebruik van nuwe alternatiewe media soos gevonde voorwerpe, metaal, draad en natuurlike vesels en die toepassing daarvan in stikwerk en collage, die kunstenaar skep 'n nuwe persoonlike en egte kunswerke. Die “skakel tussen die verlede en hede”:die masker is gekonstrueer van dollernote wat die invloed van die Weste/ VSA op die Afrika kultuur aandui. Die gebruik van draad dien as „n raamwerk wat struktuur soos „n geraamte verskaf. FIGUUR 5b: Die kunswerk is 'n kombinasie van 'n foto van 'n tradisionele 3- dimensionele Afrika masker, saam met 'n beeld in collage van 'n vroulike figuur. Die uitgesnyde dele van die masker skep die liggaam van die figuur. Dit lyk asof die bladsy uit 'n tydskrif geskeur is wat die masker oorvleuel. Gedrukte tydskrif uitknipsels is gebruik om die hare/horings wat uit die kop van die vroue figuur uitsteek, te skep. Die fotografiese effek op haar vel is “pixilated” en lyk soos slangvel, asof die kunstenaar dit met opset gekies het, wat toevoeg tot die teksturele variasie. o Die invloed van Picasso/Duchamp of enige ander 20ste Eeu kunstenaars op hierdie kunswerke Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne FIGUUR 5a: Die lêende figuur (positiewe ruimte) is geplaas teen 'n wit agtergrond in die galery spasie (negatiewe ruimte). Die figuur verteenwoordig 'n hawelose persoon in die straat. Die plasing en posisie van die kop en skouers kom ooreen met Olympia deur Manet. Die vereenvoudigde, kubistiese gesig kom ooreen met die maskeragtige gesigte van Les Demoiselle d'Avignon van Picasso. Daar is „n versameling van driehoekige vorms wat lyk soos Kubistiese fasette. Die gebruik van gekleurde draad rondom die stamme van die palms lyk soos die “Gay Pride” vlag se kleure, wat dit bind aan die titel van homoseksualiteit. FIGUUR 5b: Picasso was bekend vir sy uitvinding van collage gedurende die Kubistiese periode. Duchamp was bekend met die bekendstelling van die 'ready-mades' in die Dada beweging. Dada was ook verantwoordelik vir die bekendstelling van foto-montage, bv. Hanna Höch en die gebruik van kans ('chance') in die colages van Hans Arp. Enige ander relevante 20 eeuse kunstenaar met relevante invloed kan gekrediteer word. (6) 5.3 Kandidate moet evalueer watter werk is meer suksesvol in die gebruik van materiale. Hulle moet redes gee vir hulle antwoord. (2) 5.4 Kandidate moet TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het bespreek wat die gebruik van nuwe/alternatiewe media toon. Hulle moet na die volgende riglyne verwys:  Tegnieke  Invloede  Media/alternatiewe media  Boodskap en/of betekenis van die kunswerk Twee kunswerke van die kunstenaar kan bespreek word, dit hoef nie een kunswerk van kunstenaars te wees nie. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994 Bewaarder ('Custodian'): Iemand wat na dinge omsien of dit bewaar FIGUUR 6a: Fadiel Hermans, Die Klein Bewaarder (The Little Custodian) olie en houtskool op doek, 2020. 6.1 Fadiel Hermans gebruik verskeie kragtige historiese en fiktiewe karakters. Hierdie karakters speel 'n rol in die vorming van die jong seun se identiteit.  Stem jy saam dat speelgoed 'n rol speel in die skepping van jou identiteit? Gee redes deur te verwys na Figuur 6a.  Verwys na figure en objekte in die komposisie en hulle moontlike betekenis  Kandidate moet die gebruik van spesifieke kleur en fatsoene in die agtergrond bespreek.  Kandidate moet die stemming wat geskep is deur die liggaamshouding van die seuntjie, beelde en kleur bespreek.  Sou jy sê dat die titel relevant is? As jy 'n kunstenaar was, wat sou jy die kunswerk genoem het en hoekom? Kandidate moet identifiseer hoe die rol van speelgoed in hulle grootmaakproses hulle identiteit geskep/gedefinieer het. Die figuurtjies en ikone is in „n boks gepak wat met „Aicon´gemerk is- wat beteken „pak op/preserveer geskiedenis‟-daarom die titel- “ The little Custodian”. Sommige kandidate mag noem dat hulle nie speelgoed gehad het nie. 'n Jong seun wat voorkom asof hy met sy speelgoed buite in die sand speel, domineer die prentvlak. Hy raak aan die groen plastiese speelgoedsoldaatjie wat ooreenkom met die Darth Vader figuurtjie van Star Wars. 'n Klein geel speelgoed eendjie, gewoonlik geassosieer met bad speelgoed, is onder sy voet geplaas. Dit impliseer dat die jong seun „n peuter is. Dia atmosfeer is ontspanne en die klein seuntjie is in sy eie wêreld , onbewus van die aanskouer , onskuldig en speels. Ander objekte op die vloer bestaan uit die koppe van twee leiers, (Dalai Lama en Marthin Luther King) wat geskei word deur 'n dosie Lion vuurhoutjies. Vier figuurtjies, waarvan drie regop staan, is in 'n groot oop doos in die agtergrond van die skildery. Die figure verteenwoordig Mandela met sy arm gelig, 'n beeldjie van Mahatma Ghandi, Superman en die klein geel kop van die strokiesverhaal karakter, Homer Simpson. Die agtergrond is gevul met kleurvolle vertikale lyne en sirkels. Die sirkels kan skietteikens verteenwoordig. Beide primêre en sekondêre kleure is gebruik deur die hele skildery om 'n gelukkige vreugdevolle stemming te skep. Die skildery bestaan uit helder, glimmende pienke en gele. Die pienk en blou muurpapier kan „n geslagsskeiding impliseer. Die regterkant van die komposisie is pienk(vroulik). Die boksie wat gemerk is AICONA beteken nee. Die rolmodelle in die boks is almal manlik. Dit mag suggereer dat daar nie vroulike rolmodelle vir die seuntjie is nie. Die Lions vuurhoutjies(regs) is ook aan die pienk kant van die komposisie geplaas. Dit kan ook die gevaar van die speelgoed aandui. Al die rolmodelle/speelgoed is „n vermenging van verskillende kulture en eras. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne Die klein seuntjie is geklee in 'n blou denim en 'n rooi gestreepte hemp wat ooreenkom met die kleure wat gebruik is in die kostuum van Superman. Dit is asof die kunstenaar die idee van eerbetoon aan super helde wou beklemtoon. Die muur in die agtergrond is versier met vertikale lyne in rooi, blou en wit, wat muurpapier naboots. Konsentriese sirkels in rooi, blou en geel is bo-oor die vertikale lyne aangebring. Die kleur geel wat gesien kan word in die belt van die superman figuur, is herhaal in die vuurhoutjiedosie, sowel as op die vloer van die speelkamer en in die sirkels op die muurpapier. Hierdie warm geel kan die betekenis gee van 'n vreugdevolle, gelukkige aard van 'n kind wat met sy speelgoed speel. Komplimentêre kleure kan gesien word in die groen speelgoed soldaat en die rooi portret, en die blou kortbroek en oranje vloer. Die vibrerende kleure skep 'n speelse atmosfeer, wat 'n sterk kontras vorm met die somber karakters wat oorlede of verbeeldingskarakters is. Die magsfigure is verteenwoordigend van sterk leiers wat vir geregtigheid en vrede staan. Superman, 'n fiktiewe karakter wat gebruik is in kinders se strokiesprentboeke en films, verteenwoordig 'n held wat 'n normale man is met super kragte wat die mense van die wêreld red. Homer Simpson is 'n joviale onskuldige karakter wat aanklank vind by alle mense van alle ouderdomme. Hy word verteenwoordig as 'n sagte speelding en het ook dieselfde posisie as die ander super helde. Die koppe van twee vergete helde op die vloer is nie so goed opgepas soos die ander wat in die speelgoedboks is nie. Die klein speelgoedsoldaatjie kom voor asof hy deur die kind beheer word en is gereed om aan te val. Kinders word van 'n vroeë ouderdom beïnvloed deur magsfigure en wanneer hulle met figure speel manipuleer hulle die aksie en domineer die toneel waar in die werklike lewe word die kind (en die wêreld) gemanipuleer deur magsfigure. Die leiers van die verlede het helde geword as gevolg van die manier waarop hulle verandering in die samelewing teweeggebring het. Kinders is die leiers van more en beroemde fiktiewe karakters soos superman sal altyd deel wees van hulle lewens, Die politieke beeldjies van Mandela en Ghandi verteenwoordig die werklike helde van ons wêreldgeskiedenis. Hulle nagedagtenis en leringe moet gekoester en bewaar word deur die jeug van die wêreld. Die klein bewaarder is 'n kind of jong persoon wat omgee vir historiese figure, kultuur, erfenis en tradisie. Die vraag ontstaan: word alle mense in magsposisies net herinneringe wat deur kinders gehou word? Moet die helde van gister onthou word? Is die klein bewaarder die enigste een wat die herinneringe lewend hou deur die replikas as speelgoed te gebruik? Of verteenwoordig die klein bewaarder die toekoms. Kandidate moet die kunswerk herdoop met hulle eie interpretasie. (10) 6.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat identiteit in ons demokratiese samelewing aanspreek. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID Little boxes on the hillside Klein boksies op die heuwel Little boxes made of ticky-tacky Klein boksies gemaak van optelgoed Little boxes on the hillside Klein boksies op die heuwel Little boxes all the same Klein boksies  almal dieselfde There's a green one and a pink one Daar's 'n groen een en 'n pienk een And a blue one and a yellow one En 'n blou een en 'n geel een And they're all made out of ticky-tacky En hulle is almal van optelgoed gemaak And they all look just the same. En hulle lyk almal net dieselfde. (Afrikaanse vertaling) – Lied deur Malvina Reynolds (1962) en gesing deur Pete Seeger (1963) Die samelewing is geneig om mense in kassies te kategoriseer. FIGUUR 7a: Angela Banks, Verborge drome, (Hidden Dreams), olie op doek, 2019 FIGUUR 7b: Angela Banks, Diep in die Stilte, ( Deep in the Quiet), olie op doek, 2019. 7.1 Dink jy dat mense volgens geslag in kassies/boksies gesit word? Kandidate moet FIGUUR 7a en 7b vergelyk waarin die volgende oorweeg word:  Die betekenis van die hout krat/boks in beide kunswerke Die kunstenaar gebruik 'n klein wêreld binne in 'n krat waar sy haar onderwerpe beperk en bewaar. Die krat word die houer van skatte, feite en idees. Die onderwerpe kan wegkruip in die krat en veilig gehou word. Kratte/bokse word ook gebruik om trofeë en items weg te bêre wat nie gebruik word nie. Dit kan ook as 'n houer gebruik word om as 'n doodskis te dien of vir menslike handeldryf. In FIGUUR 7a en 7b word die kratte gebruik as uitstalkabinette vir die uitbeelding van 'n klein seuntjie en sy objekte/speelgoed van belang en 'n klein dogtertjie met haar objekte/speelgoed van belang. Die skarniere van die krat in FIGUUR 7a is baie eenvoudig in vergelyking met die dekoratiewe, vroulike skarniere van die krat in FIGUUR 7b. Vlugtelinge dra hulle wêreldse besittings in bokse/kratte. Beide die kinders kan as slagoffers gesien word omdat hulle ingeboks is. Die seun se boks is grof met growwe skarniere, terwyl die dogtertjies‟n glad en dekoratief is.  Stereotipiese uitbeelding van die manlike en vroulike kind FIGUUR 7a: Die netjiese en uitgevatte manlike kind is uitgebeeld in 'n staande posisie in die krat en dra 'n paar rooi bokshandskoene. Hy staar na die kyker asof hy poseer vir 'n foto. Hy lyk oortuig, selfversekerd, koel, kalm en beheers. FIGUUR 7b: Die vroulike kind is uitgebeeld met voete naby mekaar in 'n staande posisie in die krat, wat 'n sakkie vasklem, met haar gesig effens na regs gedraai. Sy lyk bang, ongemaklik en onseker van haarself, asof sy afgerig is. Haar hare is netjies in 'n bolla gedraai en sy is afgerond en dra grimering. Volwasse vroue dra gewoonlik grimering. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Kleredrag FIGUUR 7a: Die seun is geklee in 'n denim kortbroek, 'n wit gholf T-hemp met wit sokkies en tekkies. Hy dra ook 'n swart strikdas en swart outydse kruisbande om sy broek bo te hou. Hy het rooi boks- handskoene aan. Hy is nie geklee volgens die tradisionele bokser nie. FIGUUR 7b: Die meisie is geklee in 'n koningsblou, geblomde oosterse rok met kontrasterende warm rooi stewels en handsakkie. Sy dra helderrooi lipstiffie en grimering op haar gesig.  Simboliek van die objekte wat in die krat geplaas is FIGUUR 7a: Geblaarde patroon papier is geplaas reg agter die figuur van die seun. Die krat wat bestaan uit speelgoed wat tipies geassosieer word met seuns sluit in: speelgoed soldaatjies, perd figuurtjie, spin tolle en 'n speelgoed vliegtuig. Daar word van seuns verwag om sterk en taai te wees om hulle families te beskerm of om bakleiers of beskermers te word. Lyn is geweef deur klein gaatjies in die regterkantse paneel van die krat wat moontlike die gekarteerde roetes van vliegtuie simboliseer. In die verlede is vliegtuie gevlieg deur mans en nie deur vroue nie. Die vliegtuig is baie keer geassosieer met gevegte of oorlog en nie met 'n reis nie. Agter die vliegtuig is 'n prent van 'n landskap met 'n figuur in die agtergrond. Dit wil voorkom asof dit 'n vroulike figuur is wat die band/verhouding tussen 'n ma en seun kan voorstel. Die vroulike figuur kan ook gesien word as 'n beskermer. Die insluiting van 'n meerkat kan simboliseer dat seuntjies stout is of dat hulle gewoonlik met troeteldiere assosieer. Die speelgoedperd op wieletjies kan die Trojaanse perd simboliseer wat verraad/voorgee/voorhou kan toon. Die netheid van die seun se voorkoms toon dat hy figuurlik netjies gemaak is om aan te pas by die verwagtinge van die samelewing. Die groot spin tol is 'n outydse speelding wat die verlede met die hede verbind. FIGUUR 7b: 'n Dowwe grys en wit patroon muurpapier is geverf agter die figuur van die klein dogtertjie. 'n Rooi ketel, sopbakkies en verestowwer is simbolies van die tradisionele huislike verwagtinge van 'n vrou. Tradisioneel was daar van vroue verwag om die rol van versorgers en huishoudsters te vervul vanaf 'n baie vroeë ouderdom. Die klein outydse beursie/handsakkie kan heenwys na die feit dat vroue nie geld verdien het nie aangesien hulle die heeldag by die huis gebly het. Die linkerkant van die krat is verdeel in 2, met 'n rak in die middel. Die objekte op die boonste rak lyk soos trofeë van diere, gewoonlik geassosieer met mans en die jag tradisie, tog kan dit ook sinspeel dat die klein dogtertjie die trofeë word en voorkom asof sy te koop is. 'n Prent/foto kan gesien word aan die onderste deel van die krat. Dit is 'n beeld van 'n manlike figuur wat wegloop van die kyker met sy rug na ons. Die figuur kan haar pa of toekomstige eggenoot voorstel. Tipies het dogters 'n beter verhouding met hulle pa en dit kan ook verwerping van 'n ouer voorstel aangesien die figuur wegstap. Die hobbelperd kan onskuld voorstel en word geassosieer met speelgoed vir 'n dogtertjie. Die rooi appel kan verwys na versoeking, verleiding of dit kan die eet van verbode vrugte voorstel. Die appel kan verbind word met stories van Adam en Eva en Sneeuwitjie. Die objekte in die krat word versamelstukke. In beide werke kom die troeteldiere nie oulik en lieftallig voor nie. Die meeste kinders word groot met troeteldiere wat simbolies is van lojaliteit, getrouheid en onvoorwaardelike liefde. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Moontlike betekenisse van die titels Hierdie is narratiewe werke. Die kunstenaar beoog om bloot te stel dat 'all the world is a stage' (Shakespeare aanhaling) en ons is die marionette/akteurs wat moet aanpas by 'n vooroordeelde samelewing. FIGUUR 7a: :'Verborge Drome': Hierdie kunswerk kan te kenne gee dat die seun nie regtig kan wees wat hy wil nie as gevolg van wat die samelewing verwag van 'n seun. Dit wil voorkom asof sy verborge drome uitgebeeld word aan die regterkant van die krat wat wild en vry is. Die tou teen die agterkant van die krat verteenwoordig sy drome om verskillende plekke te verken en die diere kan 'n wilde sorgvrye lewe voorstel. Aan die linkerkant van die krat word die seun as vegter/bokser/soldaat voorgestel wat die verwagting van die samelewing is van mans FIGUUR 7B: 'Diep in die stilte' kan beteken dat dit die ongesproke verwagting is vir meisies om te kook, skoon te maak en vroulik/mooi te lyk. Dit kan ook beteken dat meisies/vroue stil moet bly en net aangaan met hulle werk. 'Diep in die Stilte' kan ook beteken dat sy as 'n trofee aangehou word. Dit kan ook verwys na geslagsgebaseerde geweld , kinderprostitusie, menslike handel of om stil gemaak te word en nie 'n stem te besit nie. Predatore en jagters is gewoonlik stil wanneer hulle hulle prooi jag. (10) 7.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke (EEN per kunstenaar) wat kommentaar lewer oor geslagskwessies. (10) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA Tradisioneel is huise geheel en al met die hand gebou. Met gevorderde tegnologie kan huise nou gebou word deur 3D-drukkers te gebruik. FIGUUR 8a: Witgekalkte korbeelhuise (corbelled houses), klip, modder en klei, Stuurmansfontein Plaas, Karoo, 19de Eeu (gebou deur die nomadiese boere) FIGUUR 8b: Interior detail van die korbeel huise, Stuurmansfontein Plaas, Karoo, 19de Eeu FIGUUR 8c: Mario Cucinella Architects, TECLA, 3D gedrukte huis, 2021. Die huis is op die bouperseel opgerig, deur 'n mengsel van klei, water, die vesels van rys en 'n bindmiddel te gebruik. Hierdie her-bruikbare, herwinbare, koolstof-neutrale materiaal word in 'n groot 3D drukker gevoer wat in 'n sirkelvormige rigting beweeg en is aanpasbaar by enige klimaat. FIGUUR 8d: Mario Cucinella Architects, TECLA house, 3D Gedrukte huis, (interior detail), 2021. 8.1 Kandidate moet 'n opstel skryf deur te verwys na die bron materiale in FIGUUR 8a – 8d deur die volgende riglyne te gebruik: ONDERWYSHULPMIDDEL: TECLA, die wêreld se eerste rou grond prototipe huis opgerig deur gebruik te maak van 3D drukwerk is uitgestal in die Build Better Now virtuele uitstalling en COP26. TECLA vertoon 'n innoverende sirkelvormige behuisingsmodel wat inheemse argitektoniese beginsels kombineer met gevorderde bou tegnologie. Die plaaslike klei is uitgehaal, gevorm, bewoon en as dit nie meer benodig word nie kan dit eenvoudig terug geplaas word in die grond in 'n feitlike infinitiewe sirkel wat geen spoor op die planeet laat nie. Die 3D gedrukte mure is ontwerp met 'n geboë grot formasie wat strukturele stabiliteit bied en ook dien as beskerming teen temperatuur uiterstes. Hierdie tipiese vorm sorg vir strukturele balans asook tydens konstruksie wat die 3D drukproses fasiliteer sonder ekstensiewe tydelike ondersteuning. Intern, bevat die 60 vierkante meter huis meubels wat gedeeltelik gedruk is met plaaslike grond en geïntegreer is met die rou grond struktuur. Die beraamde druktyd was 200 ure en kan herhaal word en aangepas word in verskillende omgewings met betrekking tot plaaslike klimaatstoestande. Die komposisie van die grondmengsel hang af van die beskikbare bronne. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Voordele van volhoubare argitektuur Die gebruik van natuurlike materiale is beskikbaar in die onmiddellike omgewing. Materiale hoef nie vervoer te word na die bouperseel oor lang afstande nie. Dit verminder die koolstof voetspoor. Om op die perseel te bou skep werksgeleenthede. FIGUUR 8a en 8b: Die korbeel huis is meer as 200 jaar gelede gebou. Dit is gebou deur plat klip van die omgewing te gebruik. Alhoewel sement, stene en staal is meer duursaam, is dit duur en nie altyd omgewingsvriendelik nie. Die sirkelvormige struktuur het 'n hoë plafon, dik mure en is geïsoleer wat dit voordelig maak in verskillende klimaatstoestande. FIGUUR 8c en 8d: Die TECLA struktuur is gekonstrueer deur 'n groot drukker te gebruik. Die drukker werk met rou grond materiaal gemeng met 'n verharder en hitte. Die gebou is ekovriendelik en volhoubaar, alhoewel die konstruksieproses is baie duur en verg modern tegnologie sowel as vaardige ingenieurswerke. Industriële afval is beperk omdat die oortollige klei teruggevoer kan word in die grond in 'n feitlike infinitiewe sirkel wat geen spoor op die planeet laat nie. Die konstruksie van hierdie gebou gebruik baie minder energie as 'n standaard woning. Die isolering van die gebou is baie beter as konvensionele geboue.  Konstruksiemetodes – tradisioneel versus moderne FIGUUR 8a en 8b: In die verlede het tradisionele boumetodes natuurlike materiaal soos gras en bamboes ingesluit. Die koepelvormige korbeel huise is gebou deur plat klip op mekaar te stapel en met modder en klei te smeer. Die stapeling van plat klip staan bekend as korbeling. Onderwyshulpmiddel; Omdat daar nie houtsparre was om die dak te ondersteun nie, het hulle gebruik gemaak van die ou manier van konstruksie wat as korbeling bekend staan. Die tegniek is geïmplementeer deur plat klip te stapel waar die een net effens oor die onderste een verbysteek totdat die mure bo by die punt ontmoet. Die okkulus of opening in die dak kon toegemak word met 'n enkele klip. Hierdie dik klipmure was uitstekende isoleerders teen die uiterste hitte in die somer. Die vloere van korbeel huise is gesmeer met grond wat gekleur was in 'n ryk rooi met 'n mengsel van vet en beesbloed, wat dan gepoets was met 'n gladde klip. Vandag kombineer argitekte plat klip en sandsakke met herwonne glas bottels, motorbande, gevulde plastiese bottels en kanne in hulle konstruksie. FIGUUR 8c en 8d: Moderne boumetodes en 3D tegnologie is gebruik om tradisionele koepelagtige strukture van natuurlike materiale te maak. Die modern metode is die gerekenariseerde digitale ontwerp en drukproses.  Fatsoen: FIGUUR 8a en c: Beide geboue mimiek koepel/byekorf rondawel wat geïnspireer kon gewees het deur die vorm van 'n miershoop of voël nes. Die natuurlike vorm van die koepel smelt saam met die omgewing.  Ligbron/bronne: FIGUUR 8a en 8b: 'n Sirkelvormige okkulus in die plafon laat natuurlike lig wat in die huis filtreer. Soms word bottels, plasties/glas gebruik as boumateriaal wat ook kleurvolle ligbron gedurende die dag is. FIGUUR 8c en 8d: Die okkulus plafon lig en die geglasuurde glas deur verskaf natuurlike lig van bo. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste/V1 23 DBE/November 2022 NSS – Nasienriglyne  Moontlike invloede FIGUUR 8A EN 8B: Boere het na die Kaap migreer in die vroeë 1800's. Die Setlaars het die vrylik beskikbare plat rots en rou materiaal in die konstruksie van hulle huise gebruik. Die beskikbaarheid van herwonne materiaal het ook die bou van hierdie huise beïnvloed. Die byekorf vorm en tradisionele boumetodes het die konstruksie beïnvloed. Zoeloe hutte kan ook „n invloed wees. FIGUUR 8c en 8d: Vorige tradisionele geboue wat gebou is met die vermenging van grond en natuurlike materiale het die ontwerp van die TECLA beïnvloed. Die ontwikkeling van tegnologie (3d drukkers) het bygedra tot die innoverende ontwerp van die van hierdie struktuur. Die wêreldwye behuisingsprobleme en bekommernisse oor die omgewing het die ontwerp van hierdie behuising geïnspireer.  Kandidate moet EEN Suid-Afrikaanse gebou/struktuur in wat hy/sy bestudeer het en wat hom/haar inspireer het as gevolg van die innoverende gebruik van materiale en boutegnieke. [20] TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Visual Arts

View all