Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
VISUELE KUNSTE V1
NOVEMBER 2022
NASIENRIGLYNE
PUNTE: 100
TYD: 3 uur
Hierdie nasienriglyne bestaan uit 23 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all





Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 Memo (Afrikaans)
Grade 12 Visual Arts Paper 1 memorandum from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 23 pages. Read online or download the free PDF.
Visual Arts · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Memorandum. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Memorandum
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 23
- File size
- 500.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 23
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 2SA Artists Influenced by African and Indigenous Art Forms20 marks
- Question 3Socio-Political Art20 marks
- Question 4Visual Literacy and Art Analysis20 marks
- Question 5Multi-Media and New Media Art20 marks
- Question 6Post-1994 Democratic Identity in South African Art20 marks
Show all 7 questions
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 2 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat met die nasien begin word:
1. Hierdie nasienriglyne bestaan uit AGT antwoorde. Kandidate moes enige
VYF vrae vir 'n totaal van 100 punte beantwoord.
2. Dit is BAIE BELANGRIK dat daar in die volgende gevalle vir die kandidate
voorsiening gemaak word:
Kandidate moet krediet ontvang as hulle hul eie menings en idees in
antwoorde gee.
Gee krediet vir laterale denke.
Argumente en stellings moet goed beredeneer en gemotiveer word deur
na spesifieke faktore te verwys.
3. Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik en korrek genommer wees.
Kolpunte ('Bullets') dien gewoonlik as riglyne om kandidate te help om hul
antwoorde te struktureer.
4. Inligting en kunswerke wat in een antwoord bespreek is, mag nie krediet kry
as dit in ander antwoorde herhaal word nie, maar kruisverwysings tussen
kunswerke is toelaatbaar.
5. Kandidate moet die naam van die kunstenaar en die titel van elke kunswerk
noem, waar van toepassing. Slegs EEN punt word vir die korrekte kunstenaar
en titel van die werk toegeken. Een punt word afgetrek as daar geen
vergelyking plaasgevind het nie.
6. Kandidate kan beide twee- en driedimensionele kunswerke in enige antwoord
bespreek, waar van toepassing.
7. Onthou dat baie kandidate hierdie voorbeelde sal bespreek alhoewel
hulle dit nog nooit gesien het nie. Nasieners kan daarom nie feitelike,
akademiese inligting verwag nie. Hulle moet uit hul eie ervarings,
kulture en interpretasies van die kunswerke put, binne die konteks van
die vraag. Daarom moet nasieners onbevooroordeeld en buigsaam in
die nasienproses wees.
ALGEMENE INLIGTING VIR NASIENERS
Hierdie nasienriglyne moet as 'n riglyn vir nasieners en 'n onderrigmiddel dien.
Daarom is die nasienriglyne vir sekere vrae in groter diepte behandel sodat die
materiaal as onderrigmiddel gebruik kan word. Ander dele van die nasienriglyne
kan slegs 'n voorgestelde gids wees.
LET WEL: Nasieners word aangemoedig om kandidate te beloon vir wat hulle
weet, eerder as om hulle te straf vir wat hulle nie weet nie.
Alhoewel die inligting vir die vrae puntsgewys gegee word, moet kandidate in
opstel-/paragraafformaat skryf en hul inligting op 'n holistiese wyse bespreek.
Kandidate moet alle vrae in VOLSINNE of PARAGRAWE beantwoord, volgens die
vereistes van elke vraag. Puntsgewyse antwoorde kan nie volpunte behaal nie.
Volpunte kan nie gegee word as die titel of kunstenaar verkeerd is nie.
Nasieners moet na die KABV-dokument vir Visuele Kunste, bladsy 45, verwys vir
'n riglyn om die prestasievlakke te assesseer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 3 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Assessering van kandidate se vermoë om voorbeelde van visuele kultuur te
ontleed en daarop te reageer
PRESTASIE-KODE ONDERWERP 3: VISUELEKULTUUR-STUDIES
Toon uitstekende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Uitstekend politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
80–100% Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon uitstekend ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van
kuns.
Toon buitengewone insig en begrip en gebruik uiteenlopende benaderings.
Toon 'n goed ontwikkelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Verdienstelik sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te
70–79% lewer.
Toon uitstekende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon hoogs ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon uitstekende insig en begrip.
Toon aansienlike vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Aansienlik politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
60–69% Toon aansienlike vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon goed ontwikkelde skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n goeie vlak van insig en begrip.
Toon gemiddelde vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele, sosiale,
Gemiddeld politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar te lewer.
50–59% Toon gemiddelde vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon bedrewe skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n redelik goeie vlak van insig en begrip.
Toon bevredigende vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Bevredigend sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
40–49% te lewer.
Toon bevredigende vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon bevredigende skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n bevredigende vlak van insig en begrip.
Toon slegs 'n basiese vermoë om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Elementêr sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
30–39% te lewer.
Toon beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-terminologie.
Toon basiese skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon 'n elementêre vlak van insig en begrip.
Toon 'n geringe of geen vermoë nie om kunswerke in verhouding tot hul kulturele,
Nie behaal nie sosiale, politiese en historiese kontekste te analiseer en daarop kommentaar
0–29% te lewer.
Toon uiters beperkte vermoë in die gebruik van gepaste Visuele Kunste-
terminologie.
Toon beperkte skryf- en navorsingsvaardighede in die studie van kuns.
Toon min of geen begrip of insig nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 4 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
NASIENERS MOET SLEGS DIE EERSTE VYF VRAE WAT BEANTWOORD IS MERK
EN AS DIE KANDIDAAT MEER AS DIE VEREISTE AANTAL VRAE BEANTWOORD
HET, SAL SAAR SLEGS KREDIET GEGEE WORD VIR DIE EERSTE VYF.
KANDIDATE MOET ENIGE VYF VRAE IN ENIGE VOLGORDE BEANTWOORD.
Die volgende puntetoekenning moet ingedagte gehou word wanneer slegs EEN
kunswerk/kunstenaar bespreek word in plaas van TWEE.
6 punte (maks 3)
8 punte (maks 5)
10 punte (maks 6)
12 punte (maks 7)
14 punte (maks 8)
20 punte (maks 12)
As geen vergelyking: -1
BEANTWOORD ENIGE VYF VRAE.
As gevolg van die kleurverskille van die vraestelle in die verskillende
provinsies, moet die provinsies die nasienersriglyne aanpas vir interpretasie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 5 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 1: DIE STEM VAN OPKOMENDE KUNSTENAARS
Kunstenaars doen meer as om net die tye te weerspieël. Hulle beeld die verskillende
aktiwiteite uit van die gemeenskap waarin hulle leef.
FIGUUR 1a: Koboka Welcome Mandla, Mense wat water kry, (People collecting
water), olie op bord, datum onbekend.
FIGUUR 1b: Ian Mwesiga, Mense en Hoenders,(People and Chicken), olie op doek,
2020.
1.1 Kandidate moet FIGUUR 1a en FIGUUR 1b bestudeer en die volgende
bespreek:
Die gebruik van lyn:
FIGUUR 1a: Die kunstenaar werk in 'n gestileerde wyse en gebruik hoekige,
gebroke lyne. Die diagonale/gekurfde lyne skep beweging en kontrasteer met
die vertikale lyne van die gebou, kraan en figure. Die vorms is omlyn met
donkerder kontoerlyne wat 'n 2-d effek skep. Die gebroke hoekige diagonale
lyne gesien in die figure, die kraan en die geboue kontrasteer met die
horisontale lyne van die dakke, die emmer, boks en dak in die middelgrond.
Diagonale lyne word herhaal om tekstuur in die sinkdakke van die geboue te
skep. Diagonale lyne kan ook gesien word in die elektriese/telefoon-kabels in
die agtergrond en in die voorgrond om die kraan te anker.
FIGUUR 1b: Die vertikale lyne van die figure en padteken kontrasteer met die
geel horisontale lyn op die pad en skep balans in die kunswerk. Die diagonale
en horisontale lyne in die velde lei die oog in die prentvlak in en skep diepte.
Diagonale lyne kan ook gesien word in die arms en bene wat loop van die
mense wat loop wat „n sin van beweging veroorsaak. In FIGUUR 1b kan die
geel lyne ook gesien word as „n teken van gevaar. Die figure en hoenders
staan by „n gevaarlike plek, spesifiek wanneer die konteks van die padteken
agter die figure in ag geneem word.
Gebruik van ruimte en diepte:
FIGUUR 1a: Die figure in die middel is kleiner as die figure op die voorgrond
en dit skep diepte en perspektief soos wat daar na die prentvlak beweeg
word. Die figuur links in die komposisie is groter as die ander twee figure in
die middel. Die geel fatsoene skei die figure en geboue van mekaar. Die
verdwyningspunt is verby die dak van die huis regs geplaas wat ruimte skep.
FIGUUR 1b: In die voorgrond is vyf figure lukraak geplaas op 'n geteerde pad
met kleiner hoenders wat uit die prentvlak beweeg. Diepte is geskep deur die
insluiting van behuising in die agtergrond en die helder blou lug wat die helfte
van die komposisie vul. Groen landbougrond vorm die middelgrond van die
kunswerk wat kleiner as die figure is om 'n diep ruimte te skep. Die manlike
figuur regs is afgesny en lei die oog buite die prentvlak. Die diagonale lyne
van die plaaslanderye lei die oog na die behuising op die horisonlyn om.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 6 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Beide werke maak gebruik van geel en blou. Wat is die effekte van
die keuse in elk van die werke?
FIGUUR 1a: 'n Gelukkige, kalm, vreedsame en rustige toneel is uitgebeeld
deur die gebruik van gedempte bloue en turkoois. Die pastelgeel in die
agtergrond toon dat dit 'n aktiwiteit in die laatmiddag is. Die geel kleur kan die
son wat op die mure skyn reflekteer. Dit koel blou kleure kontrasteer met die
heldergeel reg deur die prentvlak.
FIGUUR 1b: Die gebruik van 'n verskeidenheid van bloue in die klere, asook
in die lug, skep 'n helder en gelukkige toneel. Die helder geel en oranje kleure
sigbaar in die landerye kontrasteer met die blou in die lug om diepte te skep.
Styl en tegniek:
FIGUUR 1a: Ekspressionisties en gestileerd. Die kunstenaar het die olieverf
met 'n paletmes aangewend (impasto). Hoekige lyne en vorms skep 'n
gefragmenteerde kunswerk wat 'n kubistiese styl skep.
FIGUUR 1b: Die kunstenaar het olieverf met 'n kwas met geen sigbare
kwashale aangewend . Die naturalistiese kunswerk is amper soos 'n
fotobeeld ('snapshot').
Die interaksie tussen die figure en die stemming en atmosfeer wat
dit skep.
In beide FIGUUR 1a en FIGUUR 1b domineer die figure die komposisie
alhoewel daar nie interaksie tussen hulle is nie. Hulle kom voor asof hulle
verdiep is in hulle eie gedagtes en aktiwiteitete. Die drie figure in FIGUUR 1a
staan hulle beurt en afwag om water te kry. Dit skep 'n vreedsame
atmosfeer. Die figure in FIGUUR 1b beweeg in verskillende rigtings wat die
oog uit die prentvlak lei. Daar is geen interaksie tussen die figure nie en geen
oogkontak met die kyker nie. Dit skep 'n stemming van spanning en
afwagting. (10)
1.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars
(EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek wat die aktiwiteite van hulle
gemeenskappe weerspieël.
Gebruik die volgende riglyne:
Onderwerp
Kunselemente
Moontlike invloede
Media en tegniek
Moontlike betekenis/boodskappe (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 7 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 2: SUID-AFRIKAANSE KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-
EN/OF INHEEMSE KUNSVORMS
Tamar Mason het 'n Suid-Afrikaanse landskap geskep wat invloede van ons Afrika-
kultuur/-erfenis/-omgewing toon.
FIGUUR 2a-c: Tamar Mason, Suid-Afrikaanse landskap, (South African
landscape, borduur- en kralewerk op materiaal, 2 x 1.5 m, datum onbekend
2.1 Kandidate moet die beeldgebruik in FIGUUR 2a en die gedetailleerde
vergrote dele in Figuur 2b en 2c bespreek, deur te verwys na die volgende:
Kunselemente (lyn, kleur en tekstuur)
Lyn: Geboë lyne is die mees dominante lyne gebruik in hierdie
kunswerk. Die gekurfde geel lyn op die horison lyn stel 'n bergreeks
voor wat versmelt met 'n doring tak. Diagonale lyne is gebruik in die
nek van die kameelperd sowel as in die bergreeks. Die blou lyne in
die bergreeks skep diepte. Die diagonale gespikkelde lyne kan reën
verteenwoordig wat die oog lei tot by die hand afdrukke in die lug.
Organiese en geboë lyne kan gesien word in die patrone, aalwyn en
dier motiewe. Die diagonale lyne skep beweging Dit herinner ons ook
aan voetpaadjies en die kraal uitleg van die Afrika landskap. Dit lyk ook
soos DNA stringe en dalk ook „n konneksie aan die verlede. Die
getekstureerde gare staan uit en aksentueer die lyn. Die dorings van
die tak verander na vorms wat lyk na vroue wat op landerye werk.
Hande rys op van die lande soos „n seën en dit bly in kontak met die
land.Die swart agtergrond illumineer/verhelder die ligte gare.
Kleur: Die kunswerk is baie kleurvol wat kontrasteer met die swart lap
wat vir die agtergrond gebruik is. Die dominante kleur is swart en
natuurlike kleure. Die kunswerk bestaan uit primêre en sekondêre
kleure. Natuurlike sepia (bruin) en oker is gebruik om die landskap, die
diere en die kameelperd uit te beeld. Die helder gele, pienke, oranjes,
perse en bloue kontrasteer met die natuurlike oker kleure van die
landskap. Gedempte analogiese kleure (wit, pers en blou) is gebruik in
die handafdrukke, figure en bokke. Die gebruik van groen is herhaal in
die groen aalwyn plant en die groen blare aan die regterkant van die
komposisie. Die gebruik van oranje/rooi in die aalwyn en rooi patrone
is komplimentêr tot die gebruik van groen. Die gebruik van koeler
kleure in die agtergrond skep diepte.
Tekstuur: Ware tekstuur word geskep deur die borduursteke en
kralewerk. Die borduurwerk word reliëf teksture teen die gladde swart
agtergrond. Die verskeie steke skep verskeie teksture op die
kameelperdvel , plante en dekoratiewe patrone.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 8 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Komposisie:
Die komposisie is asimmetries. Die kameelperd links in die komposisie
is groter as die plante, simbole en hibriede wat dit die hooffokuspunt
maak. Die gekompliseerde komposisie is gevul met plante, simbole en
hibriede diere in 'n horisontale formaat. Daar is 'n groep
hibried/kombinasie van dierlike koppe met menslike bene aand die
regterkant van die werk. Die ligter hand afdrukke en sterre word
uitgebeeld in die lug agter die kameelperd. Kleiner diere (bokke) is
geplaas in die middelgrond agter die kameelperd wat diepte skep. 'n
Semi-sirkelvormige mandala ontwerp is in die middel van die
voorgrond geplaas.
Invloede:
o Inheemse en/of Afrika kunsvorms en visuele beelde
o Spesifieke materiaal en tegnieke gebruik in hierdie werk en
die effek op die styl en voorkoms van die werk
Die werk herinner aan die Khoi-san beelde, wat in Batiss se 'Symbols
of Life' reflekteer. Die dekoratiewe simbole, stippels, lyne en vorms
kan verwys na visioene (hallusinasies, drome) van die Shaman. Die
doring bos en die aalwyn is tipies Suid-Afrikaanse inheemse plante.
Die plat metaforiese beelde van diere en menslike figure is baie soos
die Khoi-San skilderye wat in grotte in Suid-Afrika verkry word. Die
kameelperd is 'n inheemse dier van Suid-Afrika. Die hand drukke is
gebruik om die menslike element te verteenwoordig sowel as 'n
spirituele element te simboliseer
Gestippelde diagonale lyne kan reën of trane simboliseer met semi-
sirkelvormige lyne in die lug wat 'n son skep. Die dig gewerkte steke
en die wat wyer uitmekaar is skep tonale waarde in die onderste deel
van die kunswerk. Verskeie stik-tegnieke en diktes is gebruik om die
vorms in die kameelperd se nek, mandala en plantegroei te skep wat
ooreenkom met die San tekeninge op rotswande. Borduurwerk
vereenvoudig objekte en word dekoratief. (8)
2.2 Kandidate moet TWEE kunswerke (EEN kunswerk per kunstenaar) bespreek
wat 'n Afrika-invloed verken.
Onderwerp
Kunselemente
Media/tegniek
Invloed van Afrika en/of inheemse kunsvorme (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 9 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 3: SOSIOPOLITIEKE KUNS, WEERSTANDSKUNS VAN DIE 1970's EN
1980's INGESLUIT
Kunstenaars gebruik kuns as 'n manier om kommentaar te lewer en te besin oor
sosiopolitieke kwessies.
FIGUUR 3a: Loyiso Mkize, 'Die armistokraat, (The pooristocrat), olie op doek,
2013.
Aristokraat: 'n Individu wat deel is van 'n geselekteerde groep magtige mense wat of
beroemd, ryk, van 'n hoë klas of die hoogste sosiale klas is.
3.1 Kandidate moet die kunswerk in FIGUUR 3a bespreek deur die volgende te
gebruik as 'n riglyn:
Boodskap: blou gekleurde uniform – verwys na die blou kleur van die
„overalls‟ wat die werkers dra – die werkers wat die ekonomie dra.
Vernieteging: werkers is gewillig om die siteem te vernietig om
verandering vir die mynwerker aan te bring.
Fokus punt: „n strategiese portret geverf teen „n besige,
agtergrond.(kontrasterend)
Simbole: hande verteenwoordig die fiesiese veeleisende hande werk.
Kandidate moet drie redes verduidelik waarom die man die
fokuspunt in die komposisie is
Hy is uitgebeeld as 'n groot dominante portret in die middel van die
komposisie. Hy het direkte oogkontak met die kyker. Dit wil voorkom
asof hy verwurg word met 'n metaal ratmeganisme. Die getande rat
lei die oog na die gesig toe. Daar is ook 'n pyp wat 'n semi-sirkel om
die kop vorm, wat 'n stralekrans mimiek. Die portret vorm deel van
die simmetriese komposisie. Alle ander objekte is baie kleiner en is
gerangskik om die groot gesig. Die groot blou hemp in die voorgrond
kontrasteer skerp met die geel en oker agtergrond.
Identifiseer die beelde/objekte wat verband hou met myn
Gereedskap vir die myn van grondstowwe, soos grawe, vurke, pikke
skoffels en hamers is gerangskik om die area van die sentrale portret.
'n Beeld van 'n trein, wat was en nog steeds die hoof vervoer
meganisme is vir mynwerkers, is uitgebeeld aan die regterkant van
die komposisie. 'n Olieboor en mynskag kan in die agtergrond,
weerskante van die portret gesien word.
Die rat, wat algemeen gebruik word in swaardiens masjienerie, kan
uitbeeld dat hierdie man geen alternatief het as om in 'n myn te werk
nie. Met die rat wat hy as 'n las gedurig moet saamdra. 'n Paar
gereedskap is vasgeheg aan die metal rat wat die gereedskap
verteenwoordig wat deur mynwerkers gebruik word. 'n Sirkelvormige
struktuur wat 'n pyplyn of brug naboots, raam die groot portret met
vlae en vlagpale aan weerskante van die hande.
'n Geel band wat word oral in die komposisie gebruik is, word
gewoonlik gebruik om 'n plek van gevaar af te kordon. Dit versterk
die idee van al die gevare op 'n myn.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 10 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Bespreek die balans in hierdie komposisie
Simmetriese balans: Griekse pilare en biddende manlike beelde is
geplaas bokant die portret wat die skildery balanseer en dit verdeel in
twee gelyke dele. Twee hande wat 'n angsvolle, skreeuende gesig
vashou, is sigbaar net bokant die kop, en is omring met stukke
goud/erts. Aan die regterkant van die komposisie is 'n groep
gewapende soldate wat in en uit die prentvlak hardloop wat 'n protes
kan verteenwoordig. Dit vorm 'n balans tussen die orde aan die
regterkant en die chaos links.
Moontlike betekenis/boodskap deur te verwys na die werk en die
titel en die teks 'Under destruction'
Die woord aristokraat is 'n individu wat deel is van uitgesoekte groep
magtige mense wat bekend, ryk, van 'n hoë klas is of die hoogste
sosiale klas is. In kontras is hierdie kunswerk getiteld Die
'pooristocrat' , wat beteken dat hierdie arme arbeider ook deel is van
'n belangrike samelewing maar net belangrik is vir 'n land se
ekonomie maar arm is as 'n individu wat rykdom vir ander skep. Die
myne kan nie voortbestaan sonder die arbeiders nie. Die portret
konfronteer die kyker met 'n gesigsuitdrukking van hartseer, pyn,
moegheid en verlorenheid. Die harde lyne om die mond en oë dui op
swaarkry en oud word. Die hele portret vertel die verhaal van iemand
wat vasgevang is in 'n gekontroleerde kringloop van harde werk
waarvan daar geen ontsnapping is nie.
Die groot gesig kan ook die onregverdighede/pyn van die mynwerker
weergee, wat rykdom vir 'n uitgesoekte groep mense van die
samelewing bymekaar maak. In kontras kan dit die mag van
outoriteit weerspieël. Die definitiewe kontras in skaal van die groot
portret en die kleiner een simboliseer dat net 'n klein groepie is in
beheer en die meerderheid is arbeiders. 'n Perderuiter is geplaas
aan die linkerkant in die middel van die komposisie en net onder hom
is 'n groep mans wat hardloop met hande en vuiste in die lug. Onder
hulle is 'n ou man met 'n top-hat. Hy kan die ryk mense van die
samelewing voorstel. 'n Vroulike naak figuur is sigbaar aan die
regterkant van die komposisie, wat Lady Justice voorstel wat die
mynwerkers beskerm. Net onder haar is die beeld van 'n trein.
Die teks: 'UNDER DESTRUCTION'
Geel band , (tape) is dwarsdeur die werk sigbaar wat
gevaar/oppas/wees versigtig/ geen toegang aandui. Gewoonlik lees
die teks 'under construction', wat beteken dat daar 'n bouproses aan
die gang is en dat versigtigheid aan die dag gelê moet word as jy die
lyn verbysteek. Die kunstenaar gebruik die woorde 'under
destruction' wat beteken dat die myne nie alleen die natuur vernietig
nie, maar ook die lewens van mense. Die geel band is ook om die
mond van Lady Justice geweef asof die waarheid nie gepraat mag
word nie. Daar is verskeie figure in die kunswerk van verskeie
idees/konsepte verteenwoordig, soos oorlog, chaos, orde, wanorde,
myn, rykdom gebed en vervoer. (8)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 11 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
3.2 Kandidate moet die werk van TWEE Suid-Afrikaanse kunstenaars (EEN
werk per kunstenaar) bespreek wat hulle bestudeer het wat kommentaar
lewer op sosiale- en/of politieke kwessies.
Hulle moet die volgende riglyne gebruik: in hulle opstel:
Onderwerp
Media en tegniek
Styl
Boodskap/betekenis (12)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 12 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 4: KUNS, KUNSVLYT EN GEESTELIKE WERKE HOOFSAAKLIK UIT
LANDELIKE SUID-AFRIKA
Kunswerke gee vir ons 'n kykie in die lewens van ander.
FIGUUR 4a: Marion Boehm( Muinda se gebed),(Muinda's Pray), gemengde media
collage, 2017.
FIGUUR 4b: Trevor Makhoba, Inguyazane (Caucas) (vat dit rustig), olie op bord,
1995.
4.1 Kandidate moet FIGUUR 4a en 4b bespreek deur die volgende te
beantwoord: Bespreek FIGUUR 4a en 4b deur die volgende te beantwoord:
Gee 'n kortlikse beskrywing van elke kunswerk.
FIGUUR 4a- Hierdie beeld het beide 'n spirituele en emosionele
gevoel. 'n Kind wat bid word uitgebeeld terwyl sy kniel voor 'n kruis
wat simbolies is van die Christelike geloof. Die dogter is die
dominante figuur omdat sy grooter is en is in die voorgrond geplaas.
As die kanidaat na die kruis verwys as die fokuspunt moet hulle keuse
verduidelik word. Die dogter se hare is meer tradisioneel in
vergelyking met die Westerse bloes was sy dra. Die pêrels op die
bloes simboliseer reinheid, passie, en vrede sowel as die af-wit kleur.
The druiwe verwys na die wyn en die bloed van Christus sowel as die
koringaar wat verwys na die brood in die Christelike geloof. Die
koerant/ woorde gesien op die hande en gesig kan na sosiale media
verwys.
FIGUUR 4b- Hierdie is 'n gemeenskaplike bymekaar kom van 'n
groep mense. Hulle is sittende in ''n sirkel met 'n groot boom in die
agtergrond. Dit wil voorkom asof hulle besprekings het of 'n
vergadering. Sommige mans is aangetrek in tradisionele klere en
ander in meer moderne kleredrag. Chiaroscuro is gebruik om die
fokus punt te beklemtoon. Die figure aan die regterkant is ten volle
geklee met tradisionele diervel oor die skouer en sy hande is op die
rug van die figuur in die middel. Dit kan ook gesien word as „n fokus
punt.
Identifiseer die dominante visuele beeld in elke kunswerk. Gee
redes vir jou antwoord deur te verwys na die komposisie en
moontlike betekenis/boodskap.
FIGUUR 4a: Beide die jong meisie en die kruis is die fokuspunt. Die
kruis met teksture is groter as die klein dogtertjie wat dit meer
dominant maak. Die geborduurde kruis kan ook 'n grafsteen van 'n
geliefde verteenwoordig wat deur die voorletters aangedui word. Die
vertikale lyn van die kruis skep krag en spiritualiteit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 13 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 4b: Die boom domineer die komposisie en vorm 'n oorhang
oor die sittende figure. Tradisioneel vergader mans onder bome vir
belangrike besluitneming of besprekings. Die sterk vertikale lyne van
die bome skep krag en spiritualiteit en die boom herinner aan die
simbool/logo van die Konstitusionele Hof. 'Geregtigheid onder 'n
boom'. Die wapen kan verwys na die voorbereiding om na die
gevegsfront te gaan. Die vergadering word in die nag gehou wat
verwys daarna dat dit in die geheim gehou word.
Watter rol speel kleur in die skepping van die spesifieke
stemming/atmosfeer in elke kunswerk?
FIGUUR 4a: Die kleur palet van die kunswerk is hoofsaaklik
monochromaties met 'n verskeidenheid van wit, room, goud, swart en
bruin. Die kunstenaar het goud in die werk ingesluit wat geassosieer
kan word met koninklikheid, rykdom, spiritualiteit en heiligheid. Die
gebruik van dowwe beperkte kleure kan verwys na 'n ou foto wat
'n plegtige, spirituele en rustige atmosfeer skep.
FIGUUR 4b: Die oranje en geel van die vlamme word op die stam
van die boom sowel as die gesigte van die figure weerspieël. Dit skep
'n warm, uitnodigende en vredevolle atmosfeer. Die sagte blou in die
voorgrond kontrasteer met die warm oranje wat 'n kalm spirituele
toneel skep.
Watter werk verkies jy? Gee redes vir jou antwoord.
Kandidate gee 'n respons met redes (10)
4.2 Kandidate moet die werk van enige TWEE kunstenaars bespreek (EEN werk
per kunstenaar) wie kuns, kunsvlyt en/of spirituele werk skep.
Hulle moet die volgende riglyne gebruik:
Onderwerp en/of funksie
Visuele beelde en simbole
Kunselemente
Media en tegniek
Moontlike betekenis en boodskap
Internasionale kunswerke sal/kan aanvaar word soos bv. Michelangelo se
“Pieta” “David” (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 14 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 5: MULTIMEDIA EN NUWE MEDIA – ALTERNATIEWE
KONTEMPORÊRE EN POPULÊRE KUNSVORME IN SUID-AFRIKA
Kuns word dikwels deur die gebruik van tradisionele metodes en materiale
geëvalueer. Kontemporêre kunstenaars daag dit dikwels uit deur alternatiewe media
en tegnieke te gebruik.
FIGUUR 5a: AdejokeTugbiyele, Hawelose Honger Homo,( Homeless Hungry Homo,)
palm
stele, draad, metaal, hout, Amerikaanse dollar note (geld),2014.
FIGUUR 5b: Wangechi Mutu, Masker, (Mask), gemengde media en collage, 2006.
.
5.1 Kandidate moet saamstem of nie saamstem met bogenoemde stelling deur hulle eie
verduideliking te gee. (2)
5.2 Kandidate moet 'n paragraaf skryf waarin hulle verwys na Figure 5a en 5b
rakende die volgende:
o Die spesifieke gebruik van gevonde materiale en tegnieke,
byvoorbeeld collage, stikwerk, weefwerk in die skepping van hierdie
kunswerke en die funksie/rol in die kunswerke.
FIGUUR 5a: Die gebruik van palm stele saam met draad verteenwoordig
natuurlike- en mensgemaakte bronne, wat ons skakel met die natuur. Dit kan
ook verwys na 'n skakel tussen die verlede en die hede. Die gebruik van nuwe
alternatiewe media soos gevonde voorwerpe, metaal, draad en natuurlike
vesels en die toepassing daarvan in stikwerk en collage, die kunstenaar skep 'n
nuwe persoonlike en egte kunswerke. Die “skakel tussen die verlede en
hede”:die masker is gekonstrueer van dollernote wat die invloed van die Weste/
VSA op die Afrika kultuur aandui. Die gebruik van draad dien as „n raamwerk
wat struktuur soos „n geraamte verskaf.
FIGUUR 5b: Die kunswerk is 'n kombinasie van 'n foto van 'n tradisionele 3-
dimensionele Afrika masker, saam met 'n beeld in collage van 'n vroulike figuur.
Die uitgesnyde dele van die masker skep die liggaam van die figuur. Dit lyk
asof die bladsy uit 'n tydskrif geskeur is wat die masker oorvleuel. Gedrukte
tydskrif uitknipsels is gebruik om die hare/horings wat uit die kop van die vroue
figuur uitsteek, te skep. Die fotografiese effek op haar vel is “pixilated” en lyk
soos slangvel, asof die kunstenaar dit met opset gekies het, wat toevoeg tot die
teksturele variasie.
o Die invloed van Picasso/Duchamp of enige ander 20ste Eeu
kunstenaars op hierdie kunswerke
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 15 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
FIGUUR 5a: Die lêende figuur (positiewe ruimte) is geplaas teen 'n wit
agtergrond in die galery spasie (negatiewe ruimte). Die figuur verteenwoordig 'n
hawelose persoon in die straat. Die plasing en posisie van die kop en skouers
kom ooreen met Olympia deur Manet. Die vereenvoudigde, kubistiese gesig
kom ooreen met die maskeragtige gesigte van Les Demoiselle d'Avignon van
Picasso. Daar is „n versameling van driehoekige vorms wat lyk soos Kubistiese
fasette. Die gebruik van gekleurde draad rondom die stamme van die palms lyk
soos die “Gay Pride” vlag se kleure, wat dit bind aan die titel van
homoseksualiteit.
FIGUUR 5b: Picasso was bekend vir sy uitvinding van collage gedurende die
Kubistiese periode. Duchamp was bekend met die bekendstelling van die
'ready-mades' in die Dada beweging. Dada was ook verantwoordelik vir die
bekendstelling van foto-montage, bv. Hanna Höch en die gebruik van kans
('chance') in die colages van Hans Arp. Enige ander relevante 20 eeuse
kunstenaar met relevante invloed kan gekrediteer word. (6)
5.3 Kandidate moet evalueer watter werk is meer suksesvol in die gebruik van
materiale. Hulle moet redes gee vir hulle antwoord. (2)
5.4 Kandidate moet TWEE kunswerke wat hulle bestudeer het bespreek wat die
gebruik van nuwe/alternatiewe media toon.
Hulle moet na die volgende riglyne verwys:
Tegnieke
Invloede
Media/alternatiewe media
Boodskap en/of betekenis van die kunswerk
Twee kunswerke van die kunstenaar kan bespreek word, dit hoef nie een
kunswerk van kunstenaars te wees nie. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 16 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 6: DEMOKRATIESE IDENTITEIT IN SUID-AFRIKA NÁ 1994
Bewaarder ('Custodian'): Iemand wat na dinge omsien of dit bewaar
FIGUUR 6a: Fadiel Hermans, Die Klein Bewaarder (The Little Custodian) olie en
houtskool op doek, 2020.
6.1 Fadiel Hermans gebruik verskeie kragtige historiese en fiktiewe karakters.
Hierdie karakters speel 'n rol in die vorming van die jong seun se identiteit.
Stem jy saam dat speelgoed 'n rol speel in die skepping van jou
identiteit? Gee redes deur te verwys na Figuur 6a.
Verwys na figure en objekte in die komposisie en hulle moontlike
betekenis
Kandidate moet die gebruik van spesifieke kleur en fatsoene in die
agtergrond bespreek.
Kandidate moet die stemming wat geskep is deur die liggaamshouding
van die seuntjie, beelde en kleur bespreek.
Sou jy sê dat die titel relevant is? As jy 'n kunstenaar was, wat sou jy die
kunswerk genoem het en hoekom?
Kandidate moet identifiseer hoe die rol van speelgoed in hulle grootmaakproses
hulle identiteit geskep/gedefinieer het. Die figuurtjies en ikone is in „n boks gepak
wat met „Aicon´gemerk is- wat beteken „pak op/preserveer geskiedenis‟-daarom die
titel- “ The little Custodian”. Sommige kandidate mag noem dat hulle nie speelgoed
gehad het nie. 'n Jong seun wat voorkom asof hy met sy speelgoed buite in die
sand speel, domineer die prentvlak. Hy raak aan die groen plastiese
speelgoedsoldaatjie wat ooreenkom met die Darth Vader figuurtjie van Star Wars. 'n
Klein geel speelgoed eendjie, gewoonlik geassosieer met bad speelgoed, is onder
sy voet geplaas. Dit impliseer dat die jong seun „n peuter is. Dia atmosfeer is
ontspanne en die klein seuntjie is in sy eie wêreld , onbewus van die aanskouer ,
onskuldig en speels.
Ander objekte op die vloer bestaan uit die koppe van twee leiers, (Dalai Lama en
Marthin Luther King) wat geskei word deur 'n dosie Lion vuurhoutjies. Vier
figuurtjies, waarvan drie regop staan, is in 'n groot oop doos in die agtergrond van
die skildery. Die figure verteenwoordig Mandela met sy arm gelig, 'n beeldjie van
Mahatma Ghandi, Superman en die klein geel kop van die strokiesverhaal karakter,
Homer Simpson. Die agtergrond is gevul met kleurvolle vertikale lyne en sirkels. Die
sirkels kan skietteikens verteenwoordig. Beide primêre en sekondêre kleure is
gebruik deur die hele skildery om 'n gelukkige vreugdevolle stemming te skep. Die
skildery bestaan uit helder, glimmende pienke en gele. Die pienk en blou
muurpapier kan „n geslagsskeiding impliseer. Die regterkant van die komposisie is
pienk(vroulik). Die boksie wat gemerk is AICONA beteken nee. Die rolmodelle in die
boks is almal manlik. Dit mag suggereer dat daar nie vroulike rolmodelle vir die
seuntjie is nie. Die Lions vuurhoutjies(regs) is ook aan die pienk kant van die
komposisie geplaas. Dit kan ook die gevaar van die speelgoed aandui. Al die
rolmodelle/speelgoed is „n vermenging van verskillende kulture en eras.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 17 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Die klein seuntjie is geklee in 'n blou denim en 'n rooi gestreepte hemp wat
ooreenkom met die kleure wat gebruik is in die kostuum van Superman. Dit is asof
die kunstenaar die idee van eerbetoon aan super helde wou beklemtoon. Die muur
in die agtergrond is versier met vertikale lyne in rooi, blou en wit, wat muurpapier
naboots. Konsentriese sirkels in rooi, blou en geel is bo-oor die vertikale lyne
aangebring. Die kleur geel wat gesien kan word in die belt van die superman figuur,
is herhaal in die vuurhoutjiedosie, sowel as op die vloer van die speelkamer en in
die sirkels op die muurpapier. Hierdie warm geel kan die betekenis gee van 'n
vreugdevolle, gelukkige aard van 'n kind wat met sy speelgoed speel.
Komplimentêre kleure kan gesien word in die groen speelgoed soldaat en die rooi
portret, en die blou kortbroek en oranje vloer. Die vibrerende kleure skep 'n speelse
atmosfeer, wat 'n sterk kontras vorm met die somber karakters wat oorlede of
verbeeldingskarakters is.
Die magsfigure is verteenwoordigend van sterk leiers wat vir geregtigheid en vrede
staan. Superman, 'n fiktiewe karakter wat gebruik is in kinders se
strokiesprentboeke en films, verteenwoordig 'n held wat 'n normale man is met
super kragte wat die mense van die wêreld red. Homer Simpson is 'n joviale
onskuldige karakter wat aanklank vind by alle mense van alle ouderdomme. Hy
word verteenwoordig as 'n sagte speelding en het ook dieselfde posisie as die
ander super helde. Die koppe van twee vergete helde op die vloer is nie so goed
opgepas soos die ander wat in die speelgoedboks is nie. Die klein
speelgoedsoldaatjie kom voor asof hy deur die kind beheer word en is gereed om
aan te val. Kinders word van 'n vroeë ouderdom beïnvloed deur magsfigure en
wanneer hulle met figure speel manipuleer hulle die aksie en domineer die toneel
waar in die werklike lewe word die kind (en die wêreld) gemanipuleer deur
magsfigure.
Die leiers van die verlede het helde geword as gevolg van die manier waarop hulle
verandering in die samelewing teweeggebring het. Kinders is die leiers van more
en beroemde fiktiewe karakters soos superman sal altyd deel wees van hulle
lewens, Die politieke beeldjies van Mandela en Ghandi verteenwoordig die werklike
helde van ons wêreldgeskiedenis. Hulle nagedagtenis en leringe moet gekoester
en bewaar word deur die jeug van die wêreld. Die klein bewaarder is 'n kind of jong
persoon wat omgee vir historiese figure, kultuur, erfenis en tradisie. Die vraag
ontstaan: word alle mense in magsposisies net herinneringe wat deur kinders
gehou word? Moet die helde van gister onthou word? Is die klein bewaarder die
enigste een wat die herinneringe lewend hou deur die replikas as speelgoed te
gebruik? Of verteenwoordig die klein bewaarder die toekoms. Kandidate moet die
kunswerk herdoop met hulle eie interpretasie. (10)
6.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE Suid-Afrikaanse kunswerke wat identiteit
in ons demokratiese samelewing aanspreek. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 18 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 7: GESLAGSKWESSIES: MANLIKHEID EN VROULIKHEID
Little boxes on the hillside Klein boksies op die heuwel
Little boxes made of ticky-tacky Klein boksies gemaak van optelgoed
Little boxes on the hillside Klein boksies op die heuwel
Little boxes all the same Klein boksies almal dieselfde
There's a green one and a pink one Daar's 'n groen een en 'n pienk een
And a blue one and a yellow one En 'n blou een en 'n geel een
And they're all made out of ticky-tacky En hulle is almal van optelgoed gemaak
And they all look just the same. En hulle lyk almal net dieselfde.
(Afrikaanse vertaling)
– Lied deur Malvina Reynolds (1962) en gesing deur Pete Seeger (1963)
Die samelewing is geneig om mense in kassies te kategoriseer.
FIGUUR 7a: Angela Banks, Verborge drome, (Hidden Dreams), olie op doek, 2019
FIGUUR 7b: Angela Banks, Diep in die Stilte, ( Deep in the Quiet), olie op doek,
2019.
7.1 Dink jy dat mense volgens geslag in kassies/boksies gesit word? Kandidate
moet FIGUUR 7a en 7b vergelyk waarin die volgende oorweeg word:
Die betekenis van die hout krat/boks in beide kunswerke
Die kunstenaar gebruik 'n klein wêreld binne in 'n krat waar sy haar
onderwerpe beperk en bewaar. Die krat word die houer van skatte, feite
en idees. Die onderwerpe kan wegkruip in die krat en veilig gehou word.
Kratte/bokse word ook gebruik om trofeë en items weg te bêre wat nie
gebruik word nie. Dit kan ook as 'n houer gebruik word om as 'n
doodskis te dien of vir menslike handeldryf. In FIGUUR 7a en 7b word
die kratte gebruik as uitstalkabinette vir die uitbeelding van 'n klein
seuntjie en sy objekte/speelgoed van belang en 'n klein dogtertjie met
haar objekte/speelgoed van belang. Die skarniere van die krat in
FIGUUR 7a is baie eenvoudig in vergelyking met die dekoratiewe,
vroulike skarniere van die krat in FIGUUR 7b. Vlugtelinge dra hulle
wêreldse besittings in bokse/kratte. Beide die kinders kan as slagoffers
gesien word omdat hulle ingeboks is. Die seun se boks is grof met
growwe skarniere, terwyl die dogtertjies‟n glad en dekoratief is.
Stereotipiese uitbeelding van die manlike en vroulike kind
FIGUUR 7a: Die netjiese en uitgevatte manlike kind is uitgebeeld in 'n
staande posisie in die krat en dra 'n paar rooi bokshandskoene. Hy
staar na die kyker asof hy poseer vir 'n foto. Hy lyk oortuig,
selfversekerd, koel, kalm en beheers.
FIGUUR 7b: Die vroulike kind is uitgebeeld met voete naby mekaar in
'n staande posisie in die krat, wat 'n sakkie vasklem, met haar gesig
effens na regs gedraai. Sy lyk bang, ongemaklik en onseker van
haarself, asof sy afgerig is. Haar hare is netjies in 'n bolla gedraai en sy
is afgerond en dra grimering. Volwasse vroue dra gewoonlik grimering.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 19 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Kleredrag
FIGUUR 7a: Die seun is geklee in 'n denim kortbroek, 'n wit gholf
T-hemp met wit sokkies en tekkies. Hy dra ook 'n swart strikdas en swart
outydse kruisbande om sy broek bo te hou. Hy het rooi boks-
handskoene aan. Hy is nie geklee volgens die tradisionele bokser nie.
FIGUUR 7b: Die meisie is geklee in 'n koningsblou, geblomde oosterse
rok met kontrasterende warm rooi stewels en handsakkie. Sy dra
helderrooi lipstiffie en grimering op haar gesig.
Simboliek van die objekte wat in die krat geplaas is
FIGUUR 7a: Geblaarde patroon papier is geplaas reg agter die figuur
van die seun. Die krat wat bestaan uit speelgoed wat tipies geassosieer
word met seuns sluit in: speelgoed soldaatjies, perd figuurtjie, spin tolle
en 'n speelgoed vliegtuig. Daar word van seuns verwag om sterk en taai
te wees om hulle families te beskerm of om bakleiers of beskermers te
word. Lyn is geweef deur klein gaatjies in die regterkantse paneel van
die krat wat moontlike die gekarteerde roetes van vliegtuie simboliseer.
In die verlede is vliegtuie gevlieg deur mans en nie deur vroue nie. Die
vliegtuig is baie keer geassosieer met gevegte of oorlog en nie met 'n
reis nie. Agter die vliegtuig is 'n prent van 'n landskap met 'n figuur in die
agtergrond. Dit wil voorkom asof dit 'n vroulike figuur is wat die
band/verhouding tussen 'n ma en seun kan voorstel. Die vroulike figuur
kan ook gesien word as 'n beskermer. Die insluiting van 'n meerkat kan
simboliseer dat seuntjies stout is of dat hulle gewoonlik met troeteldiere
assosieer. Die speelgoedperd op wieletjies kan die Trojaanse perd
simboliseer wat verraad/voorgee/voorhou kan toon. Die netheid van die
seun se voorkoms toon dat hy figuurlik netjies gemaak is om aan te pas
by die verwagtinge van die samelewing. Die groot spin tol is 'n outydse
speelding wat die verlede met die hede verbind.
FIGUUR 7b: 'n Dowwe grys en wit patroon muurpapier is geverf agter
die figuur van die klein dogtertjie. 'n Rooi ketel, sopbakkies en
verestowwer is simbolies van die tradisionele huislike verwagtinge van 'n
vrou. Tradisioneel was daar van vroue verwag om die rol van versorgers
en huishoudsters te vervul vanaf 'n baie vroeë ouderdom. Die klein
outydse beursie/handsakkie kan heenwys na die feit dat vroue nie geld
verdien het nie aangesien hulle die heeldag by die huis gebly het. Die
linkerkant van die krat is verdeel in 2, met 'n rak in die middel. Die
objekte op die boonste rak lyk soos trofeë van diere, gewoonlik
geassosieer met mans en die jag tradisie, tog kan dit ook sinspeel dat
die klein dogtertjie die trofeë word en voorkom asof sy te koop is. 'n
Prent/foto kan gesien word aan die onderste deel van die krat. Dit is 'n
beeld van 'n manlike figuur wat wegloop van die kyker met sy rug na
ons. Die figuur kan haar pa of toekomstige eggenoot voorstel. Tipies het
dogters 'n beter verhouding met hulle pa en dit kan ook verwerping van
'n ouer voorstel aangesien die figuur wegstap. Die hobbelperd kan
onskuld voorstel en word geassosieer met speelgoed vir 'n dogtertjie.
Die rooi appel kan verwys na versoeking, verleiding of dit kan die eet
van verbode vrugte voorstel. Die appel kan verbind word met stories van
Adam en Eva en Sneeuwitjie. Die objekte in die krat word
versamelstukke. In beide werke kom die troeteldiere nie oulik en lieftallig
voor nie. Die meeste kinders word groot met troeteldiere wat simbolies is
van lojaliteit, getrouheid en onvoorwaardelike liefde.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 20 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Moontlike betekenisse van die titels
Hierdie is narratiewe werke. Die kunstenaar beoog om bloot te stel dat
'all the world is a stage' (Shakespeare aanhaling) en ons is die
marionette/akteurs wat moet aanpas by 'n vooroordeelde samelewing.
FIGUUR 7a: :'Verborge Drome': Hierdie kunswerk kan te kenne gee
dat die seun nie regtig kan wees wat hy wil nie as gevolg van wat die
samelewing verwag van 'n seun. Dit wil voorkom asof sy verborge
drome uitgebeeld word aan die regterkant van die krat wat wild en vry is.
Die tou teen die agterkant van die krat verteenwoordig sy drome om
verskillende plekke te verken en die diere kan 'n wilde sorgvrye lewe
voorstel. Aan die linkerkant van die krat word die seun as
vegter/bokser/soldaat voorgestel wat die verwagting van die samelewing
is van mans
FIGUUR 7B: 'Diep in die stilte' kan beteken dat dit die ongesproke
verwagting is vir meisies om te kook, skoon te maak en vroulik/mooi te
lyk. Dit kan ook beteken dat meisies/vroue stil moet bly en net aangaan
met hulle werk. 'Diep in die Stilte' kan ook beteken dat sy as 'n trofee
aangehou word. Dit kan ook verwys na geslagsgebaseerde geweld ,
kinderprostitusie, menslike handel of om stil gemaak te word en nie 'n
stem te besit nie. Predatore en jagters is gewoonlik stil wanneer hulle
hulle prooi jag. (10)
7.2 Kandidate moet 'n opstel skryf oor TWEE kunswerke (EEN per kunstenaar)
wat kommentaar lewer oor geslagskwessies. (10)
[20]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 21 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
VRAAG 8: ARGITEKTUUR IN SUID-AFRIKA
Tradisioneel is huise geheel en al met die hand gebou. Met gevorderde tegnologie
kan huise nou gebou word deur 3D-drukkers te gebruik.
FIGUUR 8a: Witgekalkte korbeelhuise (corbelled houses), klip, modder en klei,
Stuurmansfontein Plaas, Karoo, 19de Eeu (gebou deur die nomadiese boere)
FIGUUR 8b: Interior detail van die korbeel huise, Stuurmansfontein Plaas, Karoo,
19de Eeu
FIGUUR 8c: Mario Cucinella Architects, TECLA, 3D gedrukte huis, 2021. Die huis is
op die bouperseel opgerig, deur 'n mengsel van klei, water, die vesels van rys en 'n
bindmiddel te gebruik. Hierdie her-bruikbare, herwinbare, koolstof-neutrale materiaal
word in 'n groot 3D drukker gevoer wat in 'n sirkelvormige rigting beweeg en is
aanpasbaar by enige klimaat.
FIGUUR 8d: Mario Cucinella Architects, TECLA house, 3D Gedrukte huis, (interior
detail), 2021.
8.1 Kandidate moet 'n opstel skryf deur te verwys na die bron materiale in
FIGUUR 8a – 8d deur die volgende riglyne te gebruik:
ONDERWYSHULPMIDDEL:
TECLA, die wêreld se eerste rou grond prototipe huis opgerig deur gebruik te
maak van 3D drukwerk is uitgestal in die Build Better Now virtuele uitstalling en
COP26. TECLA vertoon 'n innoverende sirkelvormige behuisingsmodel wat
inheemse argitektoniese beginsels kombineer met gevorderde bou tegnologie.
Die plaaslike klei is uitgehaal, gevorm, bewoon en as dit nie meer benodig word
nie kan dit eenvoudig terug geplaas word in die grond in 'n feitlike infinitiewe
sirkel wat geen spoor op die planeet laat nie. Die 3D gedrukte mure is ontwerp
met 'n geboë grot formasie wat strukturele stabiliteit bied en ook dien as
beskerming teen temperatuur uiterstes. Hierdie tipiese vorm sorg vir strukturele
balans asook tydens konstruksie wat die 3D drukproses fasiliteer sonder
ekstensiewe tydelike ondersteuning. Intern, bevat die 60 vierkante meter huis
meubels wat gedeeltelik gedruk is met plaaslike grond en geïntegreer is met die
rou grond struktuur. Die beraamde druktyd was 200 ure en kan herhaal word en
aangepas word in verskillende omgewings met betrekking tot plaaslike
klimaatstoestande. Die komposisie van die grondmengsel hang af van die
beskikbare bronne.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 22 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Voordele van volhoubare argitektuur
Die gebruik van natuurlike materiale is beskikbaar in die onmiddellike omgewing.
Materiale hoef nie vervoer te word na die bouperseel oor lang afstande nie. Dit
verminder die koolstof voetspoor. Om op die perseel te bou skep
werksgeleenthede.
FIGUUR 8a en 8b: Die korbeel huis is meer as 200 jaar gelede gebou. Dit is
gebou deur plat klip van die omgewing te gebruik. Alhoewel sement, stene en
staal is meer duursaam, is dit duur en nie altyd omgewingsvriendelik nie. Die
sirkelvormige struktuur het 'n hoë plafon, dik mure en is geïsoleer wat dit voordelig
maak in verskillende klimaatstoestande.
FIGUUR 8c en 8d: Die TECLA struktuur is gekonstrueer deur 'n groot drukker te
gebruik. Die drukker werk met rou grond materiaal gemeng met 'n verharder en
hitte. Die gebou is ekovriendelik en volhoubaar, alhoewel die konstruksieproses is
baie duur en verg modern tegnologie sowel as vaardige ingenieurswerke.
Industriële afval is beperk omdat die oortollige klei teruggevoer kan word in die
grond in 'n feitlike infinitiewe sirkel wat geen spoor op die planeet laat nie. Die
konstruksie van hierdie gebou gebruik baie minder energie as 'n standaard
woning. Die isolering van die gebou is baie beter as konvensionele geboue.
Konstruksiemetodes – tradisioneel versus moderne
FIGUUR 8a en 8b: In die verlede het tradisionele boumetodes natuurlike materiaal
soos gras en bamboes ingesluit. Die koepelvormige korbeel huise is gebou deur
plat klip op mekaar te stapel en met modder en klei te smeer. Die stapeling van
plat klip staan bekend as korbeling.
Onderwyshulpmiddel; Omdat daar nie houtsparre was om die dak te ondersteun
nie, het hulle gebruik gemaak van die ou manier van konstruksie wat as korbeling
bekend staan. Die tegniek is geïmplementeer deur plat klip te stapel waar die een
net effens oor die onderste een verbysteek totdat die mure bo by die punt
ontmoet. Die okkulus of opening in die dak kon toegemak word met 'n enkele klip.
Hierdie dik klipmure was uitstekende isoleerders teen die uiterste hitte in die
somer. Die vloere van korbeel huise is gesmeer met grond wat gekleur was in 'n
ryk rooi met 'n mengsel van vet en beesbloed, wat dan gepoets was met 'n gladde
klip. Vandag kombineer argitekte plat klip en sandsakke met herwonne glas
bottels, motorbande, gevulde plastiese bottels
en kanne in hulle konstruksie.
FIGUUR 8c en 8d: Moderne boumetodes en 3D tegnologie is gebruik om
tradisionele koepelagtige strukture van natuurlike materiale te maak. Die modern
metode is die gerekenariseerde digitale ontwerp en drukproses.
Fatsoen:
FIGUUR 8a en c: Beide geboue mimiek koepel/byekorf rondawel wat geïnspireer
kon gewees het deur die vorm van 'n miershoop of voël nes. Die natuurlike vorm
van die koepel smelt saam met die omgewing.
Ligbron/bronne:
FIGUUR 8a en 8b: 'n Sirkelvormige okkulus in die plafon laat natuurlike lig wat in
die huis filtreer. Soms word bottels, plasties/glas gebruik as boumateriaal wat ook
kleurvolle ligbron gedurende die dag is.
FIGUUR 8c en 8d: Die okkulus plafon lig en die geglasuurde glas deur verskaf
natuurlike lig van bo.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste/V1 23 DBE/November 2022
NSS – Nasienriglyne
Moontlike invloede
FIGUUR 8A EN 8B: Boere het na die Kaap migreer in die vroeë 1800's. Die
Setlaars het die vrylik beskikbare plat rots en rou materiaal in die konstruksie van
hulle huise gebruik. Die beskikbaarheid van herwonne materiaal het ook die bou
van hierdie huise beïnvloed. Die byekorf vorm en tradisionele boumetodes het die
konstruksie beïnvloed. Zoeloe hutte kan ook „n invloed wees.
FIGUUR 8c en 8d: Vorige tradisionele geboue wat gebou is met die vermenging
van grond en natuurlike materiale het die ontwerp van die TECLA beïnvloed. Die
ontwikkeling van tegnologie (3d drukkers) het bygedra tot die innoverende ontwerp
van die van hierdie struktuur. Die wêreldwye behuisingsprobleme en
bekommernisse oor die omgewing het die ontwerp van hierdie behuising
geïnspireer.
Kandidate moet EEN Suid-Afrikaanse gebou/struktuur in wat hy/sy bestudeer het
en wat hom/haar inspireer het as gevolg van die innoverende gebruik van
materiale en boutegnieke. [20]
TOTAAL: 100
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Eng)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2020 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2019 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (English)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2018 Memo (Afrikaans)
More from Grade 12 Visual Arts

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC June 2025 Question Paper (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 NSC November 2025 QP (Eng)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P2 NSC November 2025 QP (Afr)

Question paper