Downloaded from hlayiso.com
VISUELE KUNSTE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
2016
Hierdie riglyne bestaan uit 31 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
You're offline
Skip to contentDocument 





View all





Visual Arts PAT GR 12 2016 Afr hlayiso.com
Visual Arts · Grade 12 · 2016 · Afrikaans. Practical assessment task, 31 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Document
- Year
- 2016
- Pages
- 31
- File size
- 2.1 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 31
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 2 DBE/PAT 2016
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei 6
2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei 7
2.3 Hoe om PAT'e te administreer 8
2.4 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien 9
2.5 Moderering van PAT'e 11
2.6 Verklaring van egtheid 13
3. RIGLYNE/INSTRUKSIES VIR DIE LEERDER 14
3.1 Instruksies vir die leerder 14
3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste 18
3.3 Assessering 19
3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 20
3.5 Voorleggings-/Aanbiedingsvereistes 20
3.6 Tydraamwerke 20
3.7 Verklaring van egtheid 20
4. BRONNELYS 21
5. GEVOLGTREKKING 21
BYLAE A: Verklaring van egtheid 22
BYLAE B: PAT-voorbeeld 23
BYLAE C: Riglyne vir die onderwyser om die PAT: Hallo & Totsiens te bestuur 29
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NKV Nasionale Kurrikulumverklaring
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 3 DBE/PAT 2016
NSS
1. INLEIDING
Die 16 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie
• KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek,
Visuele Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie,
Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en
ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese
komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde
van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar
geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite
afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid
om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit
maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is
dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat
leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en
uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 4 DBE/PAT 2016
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
KREATIWITEIT – Leerders toon kreatiwiteit
wanneer hulle met idees speel en verskillende
benaderings ontwikkel/skep. Hulle reageer op
doelgerigte take op verbeeldingsryke en
persoonlike maniere om oorspronklike werke en
artefakte te skep. Oorspronklikheid kan
gedefinieer word met betrekking tot leerders se
eie vorige werk, die werk van hul portuurgroep of
wat ander in 'n verskeidenheid historiese
kontekste geskep het.
Die Departement van Basiese Onderwys het besluit dat Visuele Kunste-
onderwysers hul eie SGA-take sal opstel weens die kreatiewe aard van die
vak.
• Onderwysers moet DRIE aparte praktiese assesseringstake ontwerp wat in
die akademiese jaar gedoen moet word. EEN PAT sal in kwartaal 1 en 2
gedoen word. In kwartaal 3 is PAT 3 die proefeksamen/rekordeksamen.
• Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en Onderwerp 2:
Die maak van kreatiewe kunswerke insluit.
• Punte moet aan beide konseptualisering (Onderwerp 1) en die maak van
kreatiewe kunswerke (Onderwerp 2) toegeken word.
Leerders moet die PAT in die vorm van 'n geskrewe opdrag ontvang om hulle
van die volgende in kennis te stel voordat hulle met die werk begin:
• Die presiese doel of eindproduk wat van die taak verwag word met betrekking
tot medium, grootte, ensovoorts
• Bronne beskikbaar vir verwysing/navorsing/ondersoeke/eksperimentering
• Assesseringsprosedures en -kriteria wat gebruik moet word
• Presiese, nie-onderhandelbare sperdatums vir die inlewering van werk;
kontrolepunte gedurende die proses
• Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag
• Toepaslike media, tegnieke en/of benaderings vir die opdragte
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 5 DBE/PAT 2016
NSS
Algemene riglyne om die PAT op te stel:
• BYLAE B in die KABV-dokument verskaf moontlikhede vir die opstel van
die PAT'e.
• In graad 12 moet take OOP opdragte wees wat die leerders in staat stel om
materiaal, gereedskap, tegnieke, temas en prosesse binne hul
gespesialiseerde praktiese opsies, byvoorbeeld skilder, beeldhouwerk,
drukkuns, ensovoorts, te kies.
• Die Visuele Kunste-onderwyser se doelwit is om kreatiwiteit en
oorspronklikheid te inspireer.
• Kontekstuele faktore moet in ag geneem word, naamlik die materiaal,
toerusting en geriewe by 'n skool: hulpbronne, koste, ervaring van leerders,
ensovoorts.
• Geskikte media, tegnieke en/of benaderings tot die taak.
• Die presiese doel of eindproduk wat van die taak ten opsigte van medium,
grootte, ensovoorts verwag word. Onthou om altyd innoverende en
persoonlike vertolkings (interpretasies) in ag te neem. Oorspronklikheid en
kreatiwiteit is uiters belangrik.
• Wanneer daar oor temas besluit word, neem die leerders se belangstellings,
ervaring en konteks in ag om hulle uit te daag. Kunswerke vertel ons van
kunstenaars se ondervindings, idees en gevoelens. Moedig 'eerlikheid' aan
sodat leerders se kunswerke spreek van hulle ondervindings, idees en
gevoelens sodat hulle nie 'tweedehandse' werk lewer nie.
• Baie onderwysers kan op 'n oorkoepelende tema vir die jaar se praktiese
werk besluit en dit dan in die spesifieke aspekte van die tema verdeel, met
ander woorde een per kwartaal. Dit kan 'n meer samehangende groep werke
in die retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê.
• Alhoewel leerders 'n skriftelike opdrag moet ontvang, is dit soms 'n goeie idee
om die opdrag net voor die aanvang van die finale kunswerk aan hulle te gee.
Onderwerp 1 sal uit 'n reeks 'boublokke' bestaan (stap-vir-stap-aktiwiteite as
deel van die proseswerk) wat opeenvolgend gegee word om
eksperimentering te verseker. Leerders weet nie waarna die onderwerp lei
nie, wat 'n aspek van verrassing skep. Dit voorkom die neiging by leerders om
by hulle eerste idee vas te haak, sonder om te eksperimenteer en ander
moontlikhede te ondersoek.
• Stel verwagtinge, minimum vereistes en sperdatums met betrekking tot die
eindproduk vas.
BYLAE B bevat 'n voorbeeld van 'n praktiese
assesseringstaak. Onderwysers kan hierdie
taak as een van hul PAT'e vir 2016 gebruik.
BYLAE C gee onderwysers spesifieke riglyne
aangaande hierdie PAT.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 6 DBE/PAT 2016
NSS
2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei
Informele en formele voorbereiding vir praktiese werk moet in 'n
bronboek/visuele dagboek spesifiek vir Visuele Kunste aangeteken word.
Hierdie bronboek is NIE 'n formele, netjiese notaboek NIE, maar eerder 'n
ekspressiewe, persoonlike 'plakboek' van idees en prikkels wat die individu se
eie styl, belangstellings en persoonlikheid weerspieël. Dit moet vol en
opwindend wees; 'n nuttige bron van idees en beelde om in praktiese opdragte
te gebruik. Leerders moet al hulle konseptuele idees, beplanning, 'rondspeel'
en verkenningswerk in hulle Visuele Kunste-bronboek plaas.
Die bronboek gee insig oor die manier waarop die leerders idees gevorm het,
hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale
werk gelei het. Die bronboek moet alle denkprosesse wat tot die skep van
kunswerke gelei het, duidelik weergee.
Die bronboek moet die volgende insluit:
• Sketse en voorbereidingstekeninge. Teken is 'n verpligte deel van alle
praktiese opsies in Visuele Kunste.
• Visuele beelde, artikels, uittreksels, monsters, foto's, ensovoorts wat deur
die leerder versamel is
• Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, kaartjies, ens.) wat die
leerder interessant en stimulerend gevind het, of wat persoonlike betekenis
het of wat op een of ander tyd vir die praktiese projek bruikbaar kan wees
• Krabbels, woorde, sketse, geskrewe werk wat met die leerder se
ondervindings en konteks verband hou
• Navorsing en die studie oor 'n wye verskeidenheid kunstenaars asook
voorbeelde wat hulle praktiese werk sal inspireer
• Enigiets anders wat die leerder stimulerend en/of interessant kan vind en
wat as 'n bron vir sy/haar praktiese werk kan dien
• Ondersoek verskillende tegnieke en materiale
• Breinkaarte om idees te ontwikkel
• Dokumentasie van enige proseswerk
Visuele navorsing, ondersoek en praktiese proseswerk
Onderwysers moet:
• Eksperimentering met verskillende media aanmoedig. Dit kan klein
skilderye, collages, ensovoorts insluit.
• Leerders aanmoedig om hulle bronboeke vir skryf en sketswerk te gebruik
om so verder as die vasgestelde opdrag te gaan
• Klem plaas op die feit dat dit 'n persoonlike uitdrukking is en dat daar nie net
een manier is om dit te doen nie. Moenie te voorskriftelik wees nie, laat
leerders toe om op hulle eie manier die bronboek binne die riglyne te skep.
Seuns verkies dikwels 'n meer direkte benadering, terwyl baie meisies klem
lê op die skep van 'pragtige' bladsye. Wees bewus hiervan en lei
daarvolgens.
• Leerders aan 'n verskeidenheid kunstenaars se boeke blootstel en
beklemtoon dat die ontwikkelingsproses van die kunswerk belangriker as
net 'n netjiese 'plakboek' is. Daar is geen voorskrifte oor die grootte nie, dit
kan A3, A4 of enige ander grootte wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 7 DBE/PAT 2016
NSS
2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei
• Graad 12 is die akkumulasie van 'n drie-jaar-studie en leerders moet
voldoende tegniese vaardighede hê.
• Demonstreer, verduidelik en verwys na die werk van relevante kunstenaars
wanneer spesifieke temas bekendgestel word om met Visuele Kultuurstudies
te integreer.
• Baie min leerders kan 'n opdrag op hul eie voltooi. Daar word van jou as die
Visuele Kunste-onderwyser verwag om die kreatiewe proses van begin tot
einde te lei. Wees ontvanklik vir uiteenlopende oplossings vir praktiese
projekte.
• Doen deurlopend informele assessering deur leerders se werksvordering met
hulle te bespreek. Probeer om leerders te lei om hul eie oplossings te vind
eerder as om jou idees op hulle af te dwing.
• Hou gereelde 'kritieksessies' waartydens jy leerders fasiliteer en leer om hulle
klasmaats se werk op 'n konstruktiewe manier te bespreek.
• Onthou dat jy, as die Visuele Kunste-onderwyser, die estetiese
eienskappe van enige taak moet lei. Dit is die plig van die onderwyser om
die leerder te help om sy/haar eie kreatiewe stem te vind.
• Probeer om hulle te na individuele en innoverende benaderings/oplossings te
lei.
• Lei hulle om idees te ontwikkel deur vanaf eerstehandse waarnemings te werk.
• Lei leerders ook om bronmateriaal wat 'n gebrek aan estetiese eienskappe het,
uit te skakel. Esteties beteken nie 'mooi' nie; party van die 'lelikste' beelde kan
in 'n kunswerk op 'n ongelooflike wyse weergegee word.
• Leerders moet selfversekerde en berekende risiko's neem en nuwe idees en
prosesse sonder vrees vir mislukking uitprobeer.
• Dit is belangrik dat die Visuele Kunste-onderwyser leerders selfvertroue
aanleer sodat hulle gemaklik sal voel met die neem van risiko's en uit hul foute
sal leer wanneer hulle idees, materiaal, gereedskap en tegnieke verken en
daarmee eksperimenteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 8 DBE/PAT 2016
NSS
• Kreatiewe aktiwiteit kan op verskillende vlakke plaasvind; op die laer vlak waar
'n pastiche van 'n bestaande idee of kunswerk geskep word tot die hoogste
vlak waar 'n algehele vars en individualistiese proses en/of uitkoms ontwikkel
word.
• Dit is belangrik om die hele jaar die leerders se groep kunswerke deurlopend te
beskou/sien en te bespreek. Dit help om hulle sterk en swak punte te
identifiseer.
• Pasop vir skadelike kritiek. Dit is raadsaam om met die positiewe te begin en
dan na terreine te beweeg wat verbeter kan word. Praat met die leerder,
byvoorbeeld 'Ek dink dit sal meer treffend wees as jy dit verander … Wat dink
jy?'. Dit laat hulle deel van die proses voel en laat hulle dink/besin oor hulle
werk.
• Dit is belangrik dat jy jou leerders verstaan en ken en hulle spesifieke sterk
punte ontwikkel. Sommige leerders sal sorgvuldige beplanners wees, terwyl
ander meer intuïtief werk.
• Daar is baie maniere om kunswerke te skep. Party kunstenaars doen
noukeurige beplanning voordat hulle met die kunswerke begin, terwyl ander,
byvoorbeeld party Surrealiste en Abstrakte Ekspressioniste, meer 'vry' begin
en die werk algaande gedurende die skeppingsproses ontwikkel. Wees
buigsaam genoeg om leerders in staat te stel om verskillende maniere te
gebruik om kunswerke te skep. Sterker individuele vertolkings/interpretasies
en style word van graad 12-leerders verwag.
• Lei leerders om doelmatige (aktiewe), onafhanklike, kritiese en peinsende
denkers te wees.
• Moenie jou leerders onderskat nie; daag hulle uit want hulle verras mens
dikwels deur van die geleentheid gebruik te maak.
• Besinning:
o Aan die einde van elke PAT moet daar een of ander vorm van
besinning/terugvoering wees oor die werk wat elke leerder geskep het, om
verdere ontwikkeling van die leerder te verseker. Dit kan geskrewe en/of
verbale terugvoering wees wat kommentaar op sterk en swak punte lewer.
o Dit kan die vorm aanneem van selfbesinning, klas-/onderwyserbesinning en
nasien, portuurbesinning, oop kritieksessies wat deur die onderwyser en
die leerder gelei word.
o Terugvoering kan die vorm van 'n mini-uitstalling aanneem.
2.3 Hoe om PAT'e te administreer
• Verseker die beskikbaarheid van kunsmedia.
• Voldoende tyd (kies kontaktyd gedurende en/of na skool).
• Sorg dat kontrolepunte en sperdatums nagekom word.
• Informele deurlopende assessering.
• Voltooi formele assessering volgens die rubriek.
• Voltooi sigblaaie ('spreadsheets') wat deur die provinsie verskaf word.
• Volg die skool se beleid ten opsigte van die inlewering van punte.
• PAT-punte en onderwyserportefeuljes moet te alle tye vir kluster-/provinsiale
moderering beskikbaar wees.
• Veilige berging vir praktiese werk moet deur die skool verskaf word.
• Alle kunswerke moet te alle tye vir uitstallings, eisteddfods, kunstefeeste
beskikbaar te wees en bly die eiendom van die nasionale Departement van
Basiese Onderwys totdat die finale uitslae vrygestel word. Die veilige bewaring
van kunswerke is die skool se verantwoordelikheid.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 9 DBE/PAT 2016
NSS
2.4 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Uitstaande 90–100 • Die leerder het baie idees ontwikkel; het ongewone kombinasies of
veranderinge probeer voordat een idee gekies is; het aansluitings by
vorige kennis raakgesien; het probleemoplossingvaardighede
bemeester.
• Poging was veel meer as wat vereis word.
• Die 'WOW'-faktor was duidelik.
• Werk het 'n groot mate van innovering getoon.
• Inhoud/konseptuele rykdom van die werk was uitstekend.
• Die werk in die geheel het van selfvertroue en stemmingsvolheid
gespreek: dit het die kyker met uitstekende visuele kenmerke betrek.
• Die werk het duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
innoverende idees en/of die neem van risiko's en vindingryke
artikulasie van 'n wye verskeidenheid elemente en beginsels getoon.
• Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Buitengewone vermoë;
kreatiwiteit, rykheid; insig, vlot, hoë vaardigheid; waarneming en
kennis sterk uitgedruk; gesteun deur 'n oorspronklike of ongewone
keuse van relevante visuele verwysings.
Uitstekend 80–89 • Treffende impak: meestal van die bogenoemde; gedetailleerd; goed
georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik;
gesteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings;
voorlegging/aanbieding oorspronklik en weldeurdag; minder
standvastig; 'n paar geringe foute sigbaar.
• Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend
nie OF baie innoverend, maar daar is 'n gebrek aan tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 • Goed georganiseerd, soos hierbo, maar gebrek aan 'sprankel'
(minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
gesteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
duidelike sorg en moeite gedoen met oorspronklike aanbieding; 'n
paar duidelike teenstrydighede/foute was sigbaar.
• Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/innoverend/
kreatief, maar nie tegnies standvastig nie.
• Tegnies goed, maar gebrek aan konseptuele rykheid, of andersom.
Werk dalk kreatief innoverend, maar gebrek aan tegniese
vaardigheid.
Goed 60–69 • Die werk het 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling;
oortuigend; eenvoudige, direkte gebruik van medium getoon; het
begrip getoon, maar het soms na die alledaagse en stereotipiese
reaksie geneig; voldoende verskeidenheid relevante visuele
verwysings; redelik moeite gedoen met voorlegging/aanbieding;
steurende/duidelike teenstrydighede.
• Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 • Voldoende; het meganies gevoel; afgelei of gekopieer; min insig.
• Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings nie altyd duidelik
geïdentifiseer nie.
• Aanvaarbare voorlegging/aanbieding; baie steurende
teenstrydighede.
• Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlik beperkte
betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.
• Beelde was van 'n ander bron gekopieer met min transformasie van
beelde.
• Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.
• Omvang van die werk was eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 10 DBE/PAT 2016
NSS
Onder- 40–49 • Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
gemiddeld • Beperkte versameling inligting; swak tegniese vaardighede en/of 'n
gebrek aan tyd aan taak gewy, kon hiertoe bydra.
• Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige voorlegging/
aanbieding, het steun/motivering nodig om te slaag.
• Beelde is uit 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.
• Komposisie was swak en onontwikkeld; geen bewys van beplanning
nie, of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 • Net genoeg materiaal/werk om te slaag.
• Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik.
• Geringe poging aangewend om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan
te bied/voor te lê; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
• Algemene gebrek aan toewyding; benodig steuning/motivering om te
slaag.
• Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder die aanvaarbare.
• Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 • Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; min
Druip of irrelevante werk/visuele inligting.
• Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
bied/voor te lê nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
• Baie swak vaardigheidsvlak.
• Projek is baie swak of onvoltooid.
• Swak estetiese besluitneming.
• Klasse is gemis en leerder het nie die tyd ingehaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 • Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan
Druip selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie.
• Werk onvoltooid.
• Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen nie.
• Die meeste klasse is gemis en leerder het nie die tyd ingehaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 11 DBE/PAT 2016
NSS
2.5 Moderering van PAT'e
Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet gereeld plaasvind.
Die templaat hieronder kan gebruik word vir interne (skool) en eksterne
(provinsiale) moderering van die PAT.
VISUELE KUNSTE: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
SKOOL VAK
GRAAD DATUM
ONDERWYSER MODERATOR
1 DIE PAT-OPDRAG √ OF x
Vaknaam, graad en jaar
Duidelike instruksies van wat verwag word, relevant tot die spesifieke graad
Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad
Visuele inspirasie
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 12 DBE/PAT 2016
NSS
1 DIE PAT-OPDRAG (vervolg) √ OF x
Die opdrag, gebaseer op Williams se taksonomie, skep die geleentheid vir die
ontwikkeling van die volgende:
• Vloeiendheid (die skep/ontwikkeling van idees, antwoorde, reaksies,
moontlikhede vir 'n gegewe situasie/probleem)
• Buigsaamheid (die skep/ontwikkeling van alternatiewe, variasies,
aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies)
• Oorspronklikheid (die skep/ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
antwoorde/reaksies/oplossings)
• Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees
om dit makliker te maak vir ander om te verstaan of om dit interessanter
te maak)
• Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings)
• Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde
in 'n gegewe situasie te bring en/of die ontbrekende dele te sien)
• Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te bepeins of
te raai)
• Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te bou, moontlikhede
en nuwe dinge te visualiseer of om na iets anderkant praktiese grense te
streef)
Duidelike assesseringskriteria
Sperdatums en tydsbestuur
Kommentaar:
2 ASSESSERING VAN PAT'e
Relevant tot die spesifieke graad, in ooreenstemming met die standaard van
die provinsie, byvoorbeeld realistiese nasien
Gebruik van assesseringskriteria
50 punte vir bronboek wat die assessering van die volgende insluit:
• Konsepontwikkeling
• Navorsing, ondersoek, eksperimentering
• Prosestekeninge
• Voorlegging/Aanbieding, algehele voorkoms
As al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie,
was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief?
50 punte vir kunswerk(e) wat die assessering van die volgende insluit:
• Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke
• Gebruik van formele kunselemente
• Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering
• Vertolking/Interpretasie en praktiese implementering van navorsing
• Voltooiing en voorlegging/aanbieding van kunswerk
As al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie,
was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief?
Kommentaar:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 13 DBE/PAT 2016
NSS
2.6 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 14 DBE/PAT 2016
NSS
3. RIGLYNE/INSTRUKSIES VIR DIE LEERDER
3.1 Instruksies vir die leerder
' 'n Idee is ons visuele reaksie op iets wat gesien
is – in die werklikheid, in ons herinneringe,
in ons verbeelding, in ons drome.'
– Vrye vertaling – Anna Held Audette in die boek,
The Blank Canvas
ONDERWERP 1: SKEP DIE KUNSWERK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en
verwesenliking van kreatiewe idees)
Die bronboek gee insig oor die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel
alternatiewe jy ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die
bronboek moet alle gedagteprosesse wat tot die vervaardiging van kunswerke gelei
het, duidelik oordra.
Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk ontstaan en ontwikkel het en
geskep is deur teken, eksperimenteer en skryf. Dit moet jou individualiteit en
kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-leerder weerspieël.
Teen graad 12 moet jy reeds weet hoe om die bronboek te gebruik. Die bronboek
moet antwoorde op die volgende verskaf:
• Wat is as die onderwerp vir die kunswerk gekies?
• Waarom is dit gekies?
• Hoeveel beplanning is gedoen?
• Hoe het jy vir die praktiese werk voorberei?
• Watter hindernisse/probleme is ondervind en hoe is dit oorkom/opgelos?
• Wat was aangenaam/opwindend/positief van die praktiese werk?
• Wat is in die skep van die kunswerk geleer?
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 15 DBE/PAT 2016
NSS
Die volgende is 'n paar idees en benaderings om te volg:
Dinkskrum; kies en evalueer idees
• Jy moet begin deur alle moontlike idees, aktiwiteite, kwessies, ensovoorts oor die tema in
'n breinkaart of opsomming neer te skryf.
• Benadruk dat die doel van enige kunswerk is om 'n boodskap oor te dra – om kommentaar
te lewer, te skreeu of te sing oor die wêreld waarin ons onsself bevind.
• Dit is belangrik dat jy temas verpersoonlik. Jy moet konsentreer op dinge waarvoor jy
omgee, dinge wat jou roer.
• Terwyl jy idees kry, probeer jou denkprosesse lei na dit wat persoonlik, ongewoon,
uitdagend is en dit wat jou met passie vul.
• Wanneer jy jou idees evalueer, elimineer dit wat onoorspronklik ('cheesy')/oppervlakkig is
(byvoorbeeld die pienk hartjies en oulike goetertjies), onopreg (byvoorbeeld wêreldvrede)
of oordrewe mooi is en niks om die lyf het nie (byvoorbeeld 'n bos rose).
• Om kunswerke te skep, het jy toegang tot hoë gehalte beeldmateriaal nodig. Probeer om
nie slegs foto's van ander te gebruik nie. Dit is altyd beter om 'n onderwerp eerstehands te
verken. Baie van die foto's op die Internet is van 'n swak gehalte of is generies.
• Elimineer bronne wat oordoen is. Niks is nuut in kuns nie, maar jy kan dit 'n vars voorkoms
gee. Daar is dikwels 'n magiese kwaliteit in dit wat ander weggooi, miskyk of vergeet.
• 'n Ware kunstenaar maak kuns wat vir hom/haar van waarde is.
• Gebruik tekenwerk op groot skaal om waarneming en uitvindings uit te druk, om
gevoelens, ervarings en idees te kommunikeer en ook vir plesier.
HOE OM IDEES TE SKEP/ONTWIKKEL:
Breinkaarte
'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met 'n sentrale tema verband hou, te
skep/ontwikkel. Die eindresultaat moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees of selfs
beelde wees. Soos wat jy die vertakkings uitbrei, kan jy nuwe oplossings ontdek.
'n Paar vinnige riglyne:
• Begin deur die tema in die
middel van die bladsy te
plaas (skryf die woord en/of
teken 'n prent daarvan).
• Teken ten minste vier dik,
organiese takke wat vanaf
die sentrale woord/beeld
uitstraal. Jy kan
verskillende kleure
gebruik om elke tak te
verteenwoordig.
• Teken addisionele takke
wat vanaf die hooftakke
strek. Die woorde op
hierdie takke is
subonderwerpe van die
woorde wat jy op die
hooftakke geskryf het.
• Hou aan om die breinkaart Hierdie templaat beklemtoon snellerwoorde, soos persoonlik,
uitwaarts met addisionele kreatief, ensovoorts om assosiasies oor 'n gegewe tema te skep.
Handige webtuistes sluit die volgende in:
subonderwerpe/
http://blog.iqmatrix.com/how-to-mind-map
kernwoorde en takke uit http://www.studentartguide.com/articles/how-to-make-a-mindmap-
te brei. creative-ideas
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 16 DBE/PAT 2016
NSS
Teken
Gebruik tekenwerk op groot skaal in jou bronboek wat ten minste 30% van jou voorstel vir jou
finale werk weerspieël. Hierdie tekeninge kan die volgende weerspieël:
• Om te skep en uit te vind, byvoorbeeld om te visualiseer, droom, verbeel
• Vir insig/begrip, byvoorbeeld om waar te neem, te ondersoek, te oordink, te onthou
• Om idees en moontlikhede te ondersoek
• Om vir plesier te ontwerp
• Om gevoelens, ervarings en idees aan ander oor te dra, byvoorbeeld visualiseer, gebruik
kodes en simbole
Daar moet genoeg bewys van tekenvaardighede wees wat die volgende insluit:
• Naturalistiese tone waar daar baie lae en wisseling van baie donker tot suiwer wit is
• Oordrewe toon; skerp kontras tussen lig en donker (chiaroscuro)
• Ekspressiewe lyne
Eksperimentering
• Eksperimenteer met media en prosesse, toetsvoorbeelde en kleurkaarte ingesluit.
• Ondersoeke moet doelgerig wees.
Invloede van historiese, kontemporêre en kulturele faktore
• Verseker dat jy historiese en/of kontemporêre voorbeelde insluit wat jou geïnspireer het.
'n Riglyn sou wees om twee tot drie kunstenaars/kunswerke te ondersoek/na te vors en
jou eie, persoonlike reaksie te gee.
• Geen Internet-drukstukke van kunstenaars se algemene inligting mag in jou bronboek
geplak word nie.
• Toon goeie gebruik van vakkundige woordeskat (frases soos 'sterk kontras', 'lei die oog'
en 'fokuspunt').
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 17 DBE/PAT 2016
NSS
Skryf
• Verskaf aantekeninge/byskrifte by tekeninge, bronne en eksperimente om jou gedagtes
gedurende konseptualisering uit te druk. Kommunikeer duidelik. Dit maak nie saak of jy
aantekeninge of volsinne gebruik nie, maar moet nooit 'txt'- of sleng/sms-taal gebruik nie.
Uitleg
• 'n Bronboek se voorkoms moet herinner aan wat jy verwag 'n kunstenaar sou skep.
• Wissel bladuitleg af om verskeidenheid en visuele interessantheid te skep.
• Elke bladsy van jou bronboek moet kreatiwiteit weerspieël.
Die bronboek vorm die helfte van jou punt vir al die PAT'e. Al word die keuse van grootte en
formaat (A2, A3, A4 of enige ander grootte) aan jou en/of jou onderwyser oorgelaat, moet dit 'n
wesenlike hoeveelheid werk wees. 'n Algemene riglyn is 8–10 bladsye per PAT. Dit moet die
ontwikkeling van jou idees duidelik toon en direk met jou kunswerk verband hou. Ten minste
30% moet uit tekeninge bestaan.
ONDERWERP 2: SKEP VAN DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke,
die bestuur van die proses en voorlegging/aanbieding deur veilige praktyk te volg)
Wat doen kunstenaars?
Onthou Skep Verbeel
Voel Neem waar Verwring
Eksperimenteer Ontdek Speel
Herhaal Omskep Ondersoek
Beplan Ontleed/Analiseer Simboliseer
DIT IS HOE JY JOU TEMA KAN VERKEN
• Die kunswerk moet met jou eie ervarings verband hou.
• Kuns is die produk van 'n proses.
• Komposisie is die grondslag van beeldskepping. Bespreek jou komposisies en maniere om
dit meer opwindend te maak met jou onderwyser.
• 'n Idee is maar net so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee ruïneer.
• 'n Kunswerk is eerstens 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot kunswerke is die
onderwerp en die wyse waarop dit weergegee word, onafskeidbaar. Jy moet tegnieke
bemeester om jou inhoud te beskerm.
• Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur,
tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie. Wees kreatief en
innoverend.
• Geniet wat jy doen en streef altyd na 'n persoonlike vertolking/interpretasie van 'n tema.
• Tyd is beperk wanneer jy praktiese werk doen. Moet nie tyd mors en onvoltooide werk
inlewer nie.
• Laat Visuele Kultuurstudies jou inspireer.
• Dit is raadsaam om oor die sterk en swak punte van jou werk te besin wanneer jy die PAT
voltooi het.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 18 DBE/PAT 2016
NSS
3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3
Praktiese Assesseringstaak Praktiese Assesseringstaak Proefeksamen (Praktiese Taak)
(voltooi aan begin van kwartaal)
Onderwerp 1: Onderwerp 1: Onderwerp 1:
Konseptualisering (50) Konseptualisering (50) Konseptualisering (50)
Onderwerp 2: Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2: Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2: Kunswerk(e) (50)
Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer
kunswerk(e) moet in die PAT kunswerk(e) moet in die PAT kunswerk(e) moet in die PAT
voltooi word, met deeglike voltooi word, met deeglike voltooi word, met deeglike
proseswerk in die bronboek. proseswerk in die bronboek. proseswerk in die bronboek.
Die Visuele Kunste-PAT bestaan uit DRIE afsonderlike take wat gedurende die jaar
onderneem word. Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en
Onderwerp 2: Die maak van kreatiewe kunswerke insluit. Punte moet vir die
konseptualisering (Onderwerp 1) en die praktiese prosesse (Onderwerp 2)
toegeken word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 19 DBE/PAT 2016
NSS
3.3 Assessering
ONDERWERP 1: Bronboek
ASSESSERINGS- DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: Voorgestelde
KRITERIA punte-
toekenning
Konsepontwikkeling • Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge om 10
konsepontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 15
eksperimentering, • Sketse, tekeninge, foto's, beelde, versamelde gedigte,
ensovoorts lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer
• Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het
• Eksperimentering met media en/of verskillende
tegnieke
• Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling
van jou werk en moet jou besluite steun
Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 15
konsepontwikkeling te verduidelik
Aanbieding en algehele • Visueel interessant wat 'n persoonlike benadering toon 10
voorkoms • Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye
bestaan
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: Die kunswerk
ASSESSERINGS- DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: Voorgestelde
KRITERIA punte-
toekenning
Keuse en gebruik van • Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die 10
materiaal/tegnieke konsep
• Veilig en hanteerbaar
• Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele • Die belangrikheid van die kunselemente en 10
kunselemente -beginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte,
ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk: • Die skep/ontwikkel van nuwe, unieke en ongewone 10
oorspronklikheid, reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Vertolking/Interpretasie • 'n Persoonlike vertolking/interpretasie van 'n tema 10
en praktiese • Eksperimentering
toepassing van • Probeer nuwe uitdagings
navorsing
Voltooiing en • Aandag aan detail 10
voorlegging/aanbieding • Taak in toegelate tyd voltooi
van kunswerk • Voorlegging/Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 20 DBE/PAT 2016
NSS
3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie
• Afwesigheid of take wat nie ingelewer is nie, sal 'n ONVOLLEDIGE punt
tot gevolg hê.
• Om egtheid te verseker, moet 60% van die kunswerk (ONDERWERP 2)
by die skool voltooi word.
• As werke slegs by die huis voltooi word, kan die onderwyser nie die
egtheid daarvan goedkeur nie en 'n nulpunt (0) sal toegeken word.
3.5 Voorleggings-/Aanbiedingsvereistes
ONDERWERP 1 (Bronboek): Minimum 8–10 bladsye
ONDERWERP 2 (Kunswerk): Jou onderwyser sal jou help met die
voorlegging/aanbieding, raam, uitstalling,
ensovoorts vir nasiendoeleindes.
3.6 Tydraamwerk
• Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk.
• Kontrolepunte gedurende die proses.
3.7 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 21 DBE/PAT 2016
NSS
4. BRONNELYS
LTSM – BRONVERWYSINGS
• Handboek goedgekeur deur die nasionale Departement van Basiese
Onderwys.
• Naslaanwerke, katalogusse en tydskrifte soos Art South Africa en
Art Times, foto's, PowerPoint-aanbiedinge, video's, ensovoorts om
waardevolle onderrig- en leersteunmateriaal te verskaf.
• Besoeke aan kunsuitstallings. Gereelde, volgehoue besoeke aan
kontemporêre uitstallings word sterk aanbeveel. Waar besoeke onmoontlik
is (skole in landelike gebiede ensovoorts), moet koerantresensies
ensovoorts gereeld geraadpleeg word.
• Die Internet: Gebruik soekenjins om handige webtuistes te vind. YouTube
voorsien baie praktiese werkswinkels. Inspirasie vir praktiese take kan op
Pinterest en Pictify gevind word. Nog 'n handige webtuiste is
www.studentartguide.com.
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees
om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede,
waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die
klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die
PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die
geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees.
Al die kunswerke in hierdie dokument is in 2014
deur graad 12-leerders in die onderskeie provinsies geskep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 22 DBE/PAT 2016
NSS
BYLAE A
VERKLARING VAN EGTHEID
Ten minste 60% van hierdie PAT is onder toesig van die Visuele Kunste-onderwyser
gedoen. Hierdie verklaring sertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik en
die werk van die leerder is.
Leerder
Skool
Distrik
PAT 1/PAT 2/Proef-(Rekord-)eksamen (Kies slegs EEN.)
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Prinsipaal
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 23 DBE/PAT 2016
NSS
BYLAE B: PAT-VOORBEELD
Onderwysers kan hierdie voorbeeld as een van hulle PAT'e in 2016 gebruik.
HALLO & TOTSIENS
Loyiso Mkize, Graduering ('Graduation'), olie op doek, geen datum nie.
Die storie van die lewe is vinniger as 'n knip van die oog, die storie van liefde is
hallo, totsiens. ('The story of life is quicker than the blink of an eye, the story of love is
hello, goodbye.') –Jimi Hendrix
'You say yes, I say no
You say stop and I say go go go, oh no
You say goodbye and I say hallo
Hello hello' –The Beatles, Hello & Goodbye, lirieke
Graad 12 kan as 'n hallo & totsiens-jaar beskou word. Jy moet afskeid neem van jou
skooljare, jou vriende en daaraan begin dink om hallo te sê vir 'n nuwe lewe van studie
of werk. Dit is 'n stadium van jou lewe waar jy afskeid moet neem van bekende dinge
en 'n nuwe vreemde toekoms moet aangryp.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 24 DBE/PAT 2016
NSS
Elke dag is gevul met baie hallo's en totsiens'e.
Jy sê totsiens aan jou familie wanneer jy
skool toe gaan en sê hallo vir jou vriende en
onderwysers wanneer jy by die skool aankom.
Die kunswerk links vang sommige van die
elemente van hierdie tema vas – oomblikke van
totsiens in die baksteenmuur, oomblikke van
hallo in die vorentoe-beweging van die figuur –
en die feit dat die verlede (geskiedenis) altyd
deel van die toekoms is.
Dwarsdeur die verskillende stadiums van die
lewe ervaar ons baie hallo's & totsiens'e. Van
die geboorte van 'n kind tot die dood van 'n
geliefde. Hallo's is gewoonlik aangenaam en
word met nuwe ervarings geassosieer –
ontmoet nuwe mense, verken nuwe plekke,
nuwe geleenthede – terwyl 'totsiens' deur
negatiewe gebeure veroorsaak kan word, soos
egskeiding of mislukte verhoudings. Al hierdie
ervarings lei tot self-ontdekking.
Athol Fugard se bekroonde toneelstuk, Hello and Goodbye,
vertel die verhaal van twee brandarm Suid-Afrikaners, 'n broer
en suster, wat terugkyk op hul kinderjare en probeer om vrede
te maak met hul slegte, somber bestaan. Die speel in die
1960's in Port Elizabeth af en vertel die verhaal van 'n
vervreemde broer en suster wat na 12 jaar weer ontmoet.
Johnny se ouer suster, Hester, hoor die nuus van hulle pa se
swak gesondheid en keer terug huis toe om haar die helfte van
hul erfgeld te eis. Met die terugblik op hul kinderjare, probeer
hulle om met vrede te maak met hul disfunksionele gesin.
Hierdie tema is oop vir baie vertolkings/interpretasies. Skep 'n kunswerk waarin jy
jou persoonlike verhaal van hallo & totsiens deel.
Die volgende kan oorweeg word:
• 'n Persoonlike herinnerings aan 'n spesifieke gebeurtenis wat betrekking het op
hallo & totsiens in jou lewe
• Die oorgang van kinderjare na volwassenheid.
• Verhuising van een plek na 'n volgende – om vir die bekende totsiens te sê en
hallo vir nuwe omgewings en situasies. Trek van 'n landelike gebied na 'n stedelike
omgewing.
• Die bagasie wat jy saamdra
• Sê totsiens aan slegte gewoontes en gryp die positiewe aan
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 25 DBE/PAT 2016
NSS
Abongile Sidzumo, 'n graad 12-leerder by Isilimela SS, het in 2013 die eerste prys vir
skilder in die Shoprite Strokes of Genius-kompetisie met die werk hierbo gewen.
ONDERWERP 1: BRONBOEK
• Begin deur 'n omvattende breinkaart oor hallo & totsiens te maak.
• Besluit op die spesifieke idee wat jy wil verken. Dink aan voorwerpe wat jy kan
insluit as simbole in jou werk.
• Versamel al jou bronmateriaal, soos foto's of tekeninge van voorwerpe,
ensovoorts.
• Fotostateer al jou bronmateriaal en begin om daarmee te 'speel' om interessante
komposisies te vind. Oorweeg oorvleueling, vervaging, kleiner maak ('cropping'),
sny en skeur van beelde en herrangskikking daarvan op nuwe maniere. Kyk vir
oorgange tussen voorwerpe, onwaarskynlik jukstaposisies, transformasie en
metamorfose.
• Maak duimsketse van verskillende komposisionele moontlikhede. Dink aan dinge
soos die kontras tussen oop en oorvol areas, tussen lig en donker, ensovoorts.
Dink aan negatiewe ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ensovoorts om 'n
stemming of atmosfeer te skep. Moenie jou idee oorlaai nie.
• Besluit op die beste oplossing om jou idee oor te dra.
• Maak 'n tonale tekening van jou finale komposisie en skryf jou voorneme neer.
Onthou, 'n goeie idee moet visueel opwindend wees.
• Begin om met media en tegnieke te verken en te eksperimenteer om in jou finale
kunswerk te gebruik. (Dit sal afhang van jou spesifieke spesialisasie-opsie, bv.
teken, verf, drukkuns, ens.) Dit kan klein tegniese eksperimente, kleurmonsters,
ens. insluit. Maak notas om jou bevindinge te verduidelik.
• Doen navorsing oor ten minste DRIE kunstenaars/kunswerke wat verband hou met
die tema en/of jou gekose media/tegniek.
• Ander relevante konsepontwikkeling: Verseker dat jou bronboek werk ten minste
8–10 bladsye is en ten minste 30% tekeninge insluit.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 26 DBE/PAT 2016
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
Jy kan nou met die finale kunswerk met die leiding van jou Visuele Kunste-onderwyser
begin. Die volgende kunswerke is verwant aan die tema:
Gustave Courbet, Die Ontmoeting, George Pemba, Trek, olie op doek, 1975.
('The Meeting'), olie op doek, 1854.
Stanley Pinker, Die Ontmoeting by die Berge van die Maan
('The Meeting at the Mountains of the Moon'), olie op doek, 1985.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 27 DBE/PAT 2016
NSS
John Murray, Maria, olie op doek, 2012. Barbara Walker, Studiereeks ('Studies
Series'), potlood en houtskool, 2011.
Khaya Witbooi, 'Cool' Verwarring Khaya Witbooi, Migrante-bekoring
('Cool Confusion'), olie en spuitverf, ('Migrant Attraction'), olie en spuitverf, 2013.
geen datum.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 28 DBE/PAT 2016
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGS- DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: Voorgestelde
KRITERIA punte-
toekenning
Konsepontwikkeling • Breinkaarte, sketse met byskrifte en 10
tekeninge om konsepontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 15
eksperimentering, • Sketse, tekeninge, foto's, beelde,
ensovoorts versamelde gedigte, lirieke en enige ander
materiaal wat jou inspireer
• Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
• Eksperimentering met media en/of
verskillende tegnieke
• Alle materiaal moet verwant wees aan die
ontwikkeling van jou werk en jou besluite
steun
Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om 15
jou konsepontwikkeling te verduidelik
Voorlegging/Aanbieding • Visueel interessant om 'n persoonlike 10
en algehele voorkoms benadering te toon
• Jou bronboek moet gemiddeld uit
8–10 bladsye bestaan
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGS- DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: Voorgestelde
KRITERIA punte-
toekenning
Keuse en gebruik van • Geskiktheid van materiaal en tegniek 10
materiaal/tegnieke volgens die konsep
• Veilig en hanteerbaar
• Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele • Die belangrikheid van die kunselemente 10
kunselemente en -beginsels, soos lyn, vorm, kleur,
tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie,
proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk: • Die skep/ontwikkeling van nuwe, unieke en 10
oorspronklikheid, ongewone reaksies/oplossings
kreatiwiteit, innovering
Vertolking/Interpretasie • Persoonlike vertolking/interpretasie van 10
en praktiese toepassing 'n tema
van navorsing • Eksperimentering
• Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en • Aandag aan detail 10
voorlegging/aanbieding • Taak in toegelate tyd voltooi
van kunswerk • Voorlegging/Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 29 DBE/PAT 2016
NSS
BYLAE C
RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: HALLO & TOTSIENS
TE BESTUUR
Verwys na die volgende in hierdie PAT-dokument om hierdie PAT te fasiliteer:
• Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei
• Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei
• Sien dat leerders toegang het tot die Riglyne vir Leerders in hierdie dokument.
'n Paar ander dinge om te oorweeg:
PASAANGEE
Stel spesifieke sperdatums vas vir inlewering van die PAT. Dit is raadsaam om ook
mini-sperdatums vir bronboekaktiwiteite vas te stel. Vakadviseurs vind dikwels dat
leerders die meeste van die kwartaal aan die bronboek spandeer en dan moet jaag om
die finale kunswerk klaar te kry. Alhoewel 'n groot deel van die konseptualisering voor
die aanvang van die finale kunswerk in die bronboek gedoen moet word, is daar dele
wat gedoen kan en moet word terwyl daar aan die kunswerk gewerk word. Dit sluit in
die veranderinge wat gemaak word in die skeppingsproses, verdere eksperimentering
en besinning.
GESPESIALISEERDE OPSIES
Onderwysers kan spesifieke vereistes vir gespesialiseerde praktiese opsies byvoeg,
soos fotografie, beeldhouwerk, drukkuns, ensovoorts.
BREINKAART
Alhoewel sommige leerders omvattende breinkaarte op hul eie kan doen, het die
meeste leerders die onderwyser nodig om hulle denkprosesse te lei. Die onderwyser
moet dit die klas doen en, met die insette van leerders, hulle idees oor subtakke gee.
Begin met die algemene idees en beweeg dan na meer persoonlike idees. Laat
leerders ook idees vir objekte, kleure, gevoelens, ensovoorts neerskryf om hulle hallo
& totsiens te simboliseer.
Daar is baie benaderings om idees vir kunswerke te versamel – breinkaarte is net een
hiervan. Onderwysers kan ook stroom-van-onderbewussyn-skryfwerk gebruik waar
leerders oor hallo & totsiens begin skryf sonder om hulle denke bewustelik te
struktureer. Verken gesinsfoto's, musiek en enigiets anders wat leerders omring en wat
as inspirasie vir hul werk gebruik kan word. Nog 'n idee sou wees om 'n lys op te stel
van alles waarmee hul interaksie in 'n spesifieke dag het en dan party daarvan as
verdere inspirasie te gebruik. Die onderwyser moet leerders lei om idees te vind en om
persoonlike oplossings te skep.
BEELDMANIPULASIE
Leerders skep dikwels stereotipiese komposisies met gesentraliseerde beelde. Die
idee om met fotostate van hul tekeninge en ander bronmateriaal te 'speel', maak
opwindende oplossings vir die finale kunswerk oop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 30 DBE/PAT 2016
NSS
Dit kan die volgende insluit:
• Skeur, sny en opbou van lae
• Jukstaplasing van beelde
• Skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl daar gekopieer
of geskandeer word
• Gebruik deursigtige laagwerk deur beelde met kook-of lynolie te bedek of gebruik
tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper')
• Gebruik ink of verf om sekere dele te bedek en teken of skilder bo-oor hierdie dele
Die werke hieronder toon sommige van hierdie moontlikhede.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 31 DBE/PAT 2016
NSS
Kopiereg voorbehou
Recommended for this subject
Published documents with matching subject and grade metadata.
Related documents
Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

Question paper
VA P1 2019 Afr hlayiso.com

Memorandum
VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com

Question paper
VISUAL ARTS P1 GR12 QP SEPT2017 Afrikaans hlayiso.com

Memorandum
VISUAL ARTS P1 GR12 MEMO ENG SEPT 2016 hlayiso.com

Question paper
VISUAL ARTS P1 GR12 QP AFR SEPT2016 hlayiso.com

Question paper
Gr 12 VISUAL ARTS P2 SEPT 2016 QP ENG MP hlayiso.com
More from Grade 12 Visual Arts
Explore more published documents in this catalogue.

Question paper
Visual Arts P2 Nov 2024 Eng

Question paper
Visual Arts P1 Nov 2024 MG Eng.doc

Question paper
Visual Arts P1 May June 2023 Afr hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2023 MG Afr hlayiso.com

Question paper
Visual Arts P1 May June 2023 Eng hlayiso.com

Question paper





