Skip to content
Practical assessment task

Visual Arts PAT GR 12 2018 Afr

Grade 12 Visual Arts practical assessment task from the 2018 (Afrikaans), 29 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Visual ArtsGrade 12201829 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VISUAL ARTS VISUELE KUNSTE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2018 Hierdie riglyne bestaan uit 29 bladsye. . Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 2 DBE/PAT 2018 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 3 2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei 5 2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei 6 2.3 Hoe om die PAT'e te administreer 7 2.4 Retrospektiewe uitstalling 8 2.5 Hoe om die PAT'e na te sien/te assesseer 9 2.6 Moderering van PAT'e 12 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 13 3.1 Instruksies aan die leerder 13 3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste 17 3.3 Assessering 18 3.4 Afwesigheid/Nie-indiening van take 19 3.5 Vereistes vir voorlegging/aanbieding 19 3.6 Tydraamwerk 19 3.7 Verklaring van Egtheid 19 4. BRONNELYS 20 5. GEVOLGTREKKING 20 BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID 21 BYLAE B: PAT-VOORBEELD 22 BYLAE C: ONDERWYSERSRIGLYNE OM DIE PAT: METAMORFOSE TE BESTUUR 29 AKRONIEME KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring VOO Verdere Onderwys en Opleiding NKV Nasionale Kurrikulumverklaring NSS Nasionale Senior Sertifikaat PAT Praktiese Assesseringstaak AP Assesseringprogram SGA Skoolgebaseerde assessering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 3 DBE/PAT 2018 NSS 1. INLEIDING Die 16 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaringsvakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is: ● LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie ● KUNSTE: Dansstudies, Dramatiese Kunste, Musiek, Ontwerp, Visuele Kunste ● WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie ● DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme ● TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke met 'n praktiese komponent en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT, wat afgebreek word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite wat die PAT opmaak, word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT bied die geleentheid om die leerders op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar te assesseer en maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat geassesseer kan word nie, bv. 'n geskrewe toets of eksamen. Dit is dus belangrik vir skole om te verseker dat alle leerders die Praktiese Assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat hulle aan die einde van die skooljaar uitslae kry. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER KREATIWITEIT – Leerders toon kreatiwiteit wanneer hulle met idees speel en verskillende benaderings genereer in reaksie op doelgerigte take deur verbeeldingryke en persoonlike maniere om oorspronklike beelde en artefakte te produseer. Oorspronklikheid kan gedefinieer word met betrekking tot die leerders se eie vorige werk, die werk van hulle portuurgroep, of wat ander in 'n verskeidenheid historiese kontekste geskep het. Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) het besluit dat Visuele Kunste- onderwysers hul eie SGA-take sal opstel weens die kreatiewe aard van die vak. ● Onderwysers moet DRIE aparte praktiese assesseringstake (PAT'e) ontwerp wat in die akademiese jaar gedoen word, d.w.s. EEN PAT sal in Kwartaal 1 en 2 voltooi word. In Kwartaal 3 is PAT 3 die proefeksamen. ● Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en Onderwerp 2: Die maak van kreatiewe kunswerke insluit. ● Punte moet aan beide die konseptualisering (Onderwerp 1) en die maak van kreatiewe kunswerke (Onderwerp 2) toegeken word. LET WEL: Onderwysers moet voldoen aan die KABV waarvolgens 'n PAT in elk van die drie kwartale voltooi moet word. PAT 1 mag NIE in graad 11 gedoen word NIE, en die proefeksamen mag NIE in Kwartaal 2 voltooi word NIE. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 4 DBE/PAT 2018 NSS Leerders moet die PAT in die vorm van 'n geskrewe opdrag ontvang om hulle van die volgende in kennis te stel voordat hulle met die werk begin: ● Die presiese doel of eindproduk wat verwag word met betrekking tot medium, grootte, ens. ● Bronne beskikbaar vir verwysings/navorsing/ondersoeke/eksperimentering ● Assesseringsprosedures en -kriteria wat gebruik gaan word ● Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk; kontrolepunte deur die proses ● Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag ● Toepaslike media, tegnieke en/of benaderings vir die opdrag Algemene riglyne by die opstel van die PAT: ● BYLAE B in die KABV-dokument voorsien moontlikhede vir die opstel van PAT'e. ● In graad 12 moet take oop opdragte wees wat leerders in staat stel om materiaal, gereedskap, tegnieke, temas en prosesse binne hul gespesialiseerde praktiese opsies, bv. skilder, beeldhouwerk, drukkuns, ens., te kies. ● Visuele Kunste-onderwysers word sterk aangeraai om hulle eie PAT'e op te stel om sodoende kreatiwiteit en oorspronklikheid aan te moedig. Kontekstuele faktore moet in ag geneem word, naamlik die materiaal, toerusting en fasiliteite by 'n skool, hulpbronne, koste, ervaring van leerders, ens. ● Geskikte media, tegnieke en/of benaderings moet vir die taak gekies word. ● Die presiese doel of eindproduk wat van die taak ten opsigte van medium, grootte, ens. verwag word, moet aan leerders oorgedra word. Onthou om altyd innoverende en persoonlike vertolkings (interpretasies) in ag te neem. Oorspronklikheid en kreatiwiteit is uiters belangrik. ● Wanneer daar op temas besluit word, moet die leerders se belangstellings, ervaring en konteks in ag geneem word om hulle uit te daag. Kunswerke vertel ons van kunstenaars se ondervindings, idees en gevoelens. Moedig 'eerlikheid' aan sodat leerders se kunswerke spreek van hulle ondervindings, idees en gevoelens sodat hulle nie 'tweedehandse' werk lewer nie. ● Baie onderwysers kan moontlik op 'n oorkoepelende tema vir die jaar se praktiese werk besluit en dit dan in spesifieke aspekte van die tema onderverdeel, m.a.w. een per kwartaal. Dit kan 'n meer samehangende groep werke in die retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 5 DBE/PAT 2018 NSS ● Alhoewel leerders 'n skriftelike opdrag moet ontvang, is dit soms 'n goeie idee om die opdrag net voor die aanvang van die finale kunswerk aan hulle te gee. Onderwerp 1 sal uit 'n reeks 'boublokke' bestaan (stap-vir-stap-aktiwiteite as deel van die proseswerk) wat opeenvolgend gegee word om eksperimentering te verseker. Leerders weet moontlik nie waarheen die onderwerp lei nie, wat 'n aspek van verrassing skep. Dit voorkom die neiging dat leerders by hulle eerste idee vashaak sonder om te eksperimenteer en ander moontlikhede te ondersoek. ● Stel verwagtinge, minimum vereistes en sperdatums met betrekking tot die eindproduk. BYLAE B het 'n voorbeeld van 'n praktiese assesseringstaak. Onderwysers kan hierdie taak as een van hul PAT'e vir 2018 gebruik. BYLAE C gee aan onderwysers spesifieke riglyne oor hierdie PAT. 2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei Informele en formele voorbereiding vir praktiese werk moet in 'n bronboek/visuele dagboek spesifiek vir Visuele Kunste aangeteken word. Hierdie bronboek is NIE 'n formele, netjiese notaboek NIE, maar 'n ekspressiewe, persoonlike 'dagboek' van idees en prikkels wat 'n individu se eie styl, belangstellings en persoonlikheid weerspieël. Dit moet vol en opwindend wees; 'n nuttige bron van idees en beelde vir gebruik in praktiese opdragte. Leerders moet al hulle konseptuele idees, beplanning, 'rondspeel' en verkenningswerk, ens. in hulle Visuele Kunste-bronboek plaas. Die bronboek gee insig in die manier waarop die leerders idees gevorm het, hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle denkprosesse wat tot die skep van kunswerke gelei het, duidelik oordra. Die bronboek moet die volgende insluit: ● Sketse en voorbereidingstekeninge. Teken is 'n verpligte deel van alle praktiese opsies in Visuele Kunste. ● Visuele beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, foto's, ens. deur die leerder versamel. ● Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, ens.) wat die leerder interessant en stimulerend gevind het, of wat persoonlike betekenis het of wat op een of ander tyd vir 'n praktiese projek bruikbaar kan wees ● Krabbels, woorde, sketse en geskrifte wat met die leerder se ondervindings en konteks verband hou. ● Navorsing oor 'n wye verskeidenheid kunstenaars, asook voorbeelde wat hulle praktiese werk sal inspireer. ● Enigiets anders wat die leerder stimulerend en/of interessant mag vind en wat as 'n bron vir sy/haar praktiese werk kan dien. ● Ondersoek na verskillende tegnieke en materiale. ● Breinkaarte om idees te ontwikkel. ● Dokumentasie van enige proseswerk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 6 DBE/PAT 2018 NSS Visuele navorsing, ondersoek en praktiese proseswerk Onderwysers moet: ● Eksperimentering met verskillende media aanmoedig. Dit kan klein skilderye, collages, ens. insluit. ● Leerders aanmoedig om die bronboek vir skryf- en sketswerk te gebruik om sodoende verder as die vasgestelde opdrag te gaan. ● Klem plaas op die feit dat hierdie 'n persoonlike uitdrukking is en dat daar nie net een manier is om dit te doen nie. Moenie te voorskriftelik wees nie, maar laat leerders toe om op hul eie manier die bronboek binne die riglyne te skep. Seuns verkies dikwels 'n meer direkte benadering, terwyl baie meisies klem lê op die skep van 'pragtige' bladsye. Wees bewus hiervan en gee daarvolgens riglyne. ● Stel leerders aan 'n verskeidenheid kunstenaars se boeke bloot en beklemtoon dat die ontwikkelingsproses van die kunswerk belangriker as net 'n netjiese 'plakboek' is. Daar is geen voorskrifte oor die grootte nie – dit kan A3, A4 of enige ander grootte wees. 2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei ● Graad 12 is die akkumulasie van 'n drie-jaar-studie en leerders moet voldoende tegniese vaardighede hê. ● Demonstreer, verduidelik en verwys na die werk van relevante kunstenaars wanneer spesifieke temas bekendgestel word om met Visuele Kultuurstudies te integreer. ● Baie min leerders kan 'n opdrag op hul eie voltooi. Daar word van jou as die Visuele Kunste- onderwyser verwag om die kreatiewe proses van begin tot einde te lei. Wees ontvanklik vir uiteenlopende oplossings vir praktiese projekte. ● Doen voortdurend informele assessering deur leerders se werksvordering met hulle te bespreek. Probeer om leerders te lei om hul eie oplossings te vind eerder as om jou idees op hulle af te dwing. ● Hou gereelde 'kritieksessies' waartydens jy leerders fasiliteer en leer om te praat en hulle klasmaats se werk op 'n konstruktiewe manier te bespreek. ● Onthou dat jy as die Visuele Kunste-onderwyser die estetiese kwaliteite van enige take moet lei. Dit is die onderwyser se plig om die leerder te help om sy/haar eie kreatiewe stem te vind. ● Probeer om hulle na individuele en innoverende benaderings/oplossings te lei. ● Lei hulle om idees te ontwikkel deur vanuit eerstehandse waarnemings te werk. ● Lei leerders ook om bronmateriaal met 'n gebrek aan estetiese eienskappe uit te skakel. Esteties beteken nie 'mooi' nie; party van die 'lelikste' beelde kan op 'n ongelooflike wyse in 'n kunswerk weergegee word. ● Leerders moet selfversekerde en berekende risiko's neem en nuwe idees en prosesse sonder vrees vir mislukking uitprobeer. ● Dit is belangrik dat die Visuele Kunste-onderwyser leerders in selfvertroue onderrig sodat leerders gemaklik sal voel met die neem van risiko's en uit hul foute sal leer wanneer hulle idees, materiaal, gereedskap en tegnieke verken en daarmee eksperimenteer. ● Kreatiewe aktiwiteit kan op 'n aantal verskillende vlakke plaasvind; vanaf die laer vlak waar 'n pastiche van 'n bestaande idee of kunswerk geskep word, tot die hoogste vlak waar 'n algehele vars en individualistiese proses en/of uitkoms ontwikkel word. ● Dit is belangrik om 'n leerder se groep kunswerke deurlopend deur die jaar te besigtig en te bespreek. Dit help om hulle sterk punte en swak punte te identifiseer. ● Oppas vir skadelike kritiek. Dit is raadsaam om met die positiewe te begin en dan na terreine te beweeg wat verbeter kan word. Praat ook met 'n leerder, bv. 'Ek dink dit sal meer treffend wees as jy dit verander … Wat dink jy?' Dit laat hulle deel van die proses voel en laat hulle dink oor hulle werk. ● Dit is belangrik dat jy jou leerders verstaan en ken en hulle spesifieke sterk punte ontwikkel. Sommige leerders sal sorgvuldige beplanners wees, terwyl ander meer intuïtief werk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 7 DBE/PAT 2018 NSS ● Daar is baie maniere om kunswerke te skep. Party kunstenaars doen noukeurige beplanning voordat hulle met die kunswerk begin, terwyl ander, bv. sommige Surrealiste en Abstrakte Ekspressioniste, meer 'vry' begin en 'n werk algaande ontwikkel soos wat hulle vorder. Wees buigsaam genoeg om leerders toe te laat om verskillende maniere te gebruik om kunswerke te skep. Sterker individuele interpretasies en style word van graad 12- leerders verwag. ● Lei leerders om doelmatige (aktiewe), onafhanklike, kritiese en peinsende denkers te wees. ● Moenie jou leerders onderskat nie, maar daag hulle uit omdat hulle 'n mens dikwels verras deur van die geleentheid gebruik te maak. ● Besinning: - Aan die einde van elke PAT moet daar een of ander vorm van besinning/terugvoering wees oor die werk wat elke leerder geskep het, om toekomstige ontwikkeling van die leerder te verseker. Dit kan geskrewe en/of verbale terugvoering wees wat kommentaar op sterk punte en swak punte lewer. - Dit kan selfbesinning, klas-/onderwyserbesinning en -nasien, portuurbesinning of oop kritieksessies wees wat deur die onderwyser en die leerder gelei word. - Terugvoering kan die vorm van 'n mini-uitstalling aanneem. 2.3 Hoe om die PAT'e te administreer ● Verseker die beskikbaarheid van kunsmedia. ● Voldoende tyd (kies kontaktyd gedurende en/of na skool). ● Verseker dat kontrolepunte en sperdatums nagekom word. ● Informele deurlopende assessering. ● Voltooi formele assessering volgens die rubriek. ● Voltooi sigblaaie ('spreadsheets') wat deur die provinsie verskaf word. ● Volg die skool se beleid ten opsigte van die inlewering van punte. ● PAT-punte en onderwyserportefeuljes moet te alle tye vir kluster-/provinsiale moderering beskikbaar wees. ● Veilige berging vir praktiese werk moet deur die skool voorsien word. ● Alle kunswerk behoort te alle tye vir uitstallings, eisteddfods, kunstefeeste beskikbaar te wees en bly die eiendom van die DBE totdat die finale uitslae bekendgemaak word. Die veilige bewaring van die kunswerke is die skool se verantwoordelikheid. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 8 DBE/PAT 2018 NSS 2.4 Retrospektiewe uitstalling Aan die einde van Graad 12 moet leerders 'n retrospektiewe uitstalling van hul werk as deel van hulle eksamenpunt aanbied. Hierdie uitstalling toon substansiële bewyse van die leerders se Visuele Kunste-konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat oor 'n tydperk ontwikkel is. Dit vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling tydens die aanbieding van 'n samehangende groep kunswerke soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling of studentegradueringsuitstalling. Die uitstalling handel spesifiek oor die bestuur van die proses en aanbieding wat deel uitmaak van Onderwerp 2. Onderwerp 2: Skep van kunswerke Volgens die KABV moet Graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n wyse wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer. Kontrolelys vir die uitstalling: ● Graad 12: PAT 1 en 2, Praktiese Proefeksamen is verpligtend. Dit sluit die kunswerke en bronboeke in. ● Een of twee Graad 11-kunswerke om ontwikkeling en progressie te toon. ● Leerders het die geleentheid om hul PAT'e verder te ontwikkel en uit te brei tot 'n samehangende en holistiese groep werke wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing beskou word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer van hierdie proses. Voorlegging: ● Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling voorsien, bv. die skoolsaal, kunsklas, ens. ● Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hulle werk en riglyne voorsien vir 'n netjiese, professionele uitstalling. ● Die leerder se naam moet duidelik vertoon word en die graad 12-PAT'e moet duidelik gemerk word. ● Dit is nie nodig om werke te raam nie, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk beter laat vertoon. ● Leerders moet hulle daarvan weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die uitstalling moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon. ● As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken. Assessering: Hierdie groep werke sal holisties geassesseer word. Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat die finale geldige punt tot gevolg sal hê: ● Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele oplossings ● Kreatiwiteit en oorspronklikheid ● Tegniese vaardighede ● Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke ● Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media, tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van tekening. ● Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte moet aangepas word volgens die werke wat aangebied is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 9 DBE/PAT 2018 NSS 2.5 Hoe om die PAT'e na te sien/te assesseer ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK Uitstaande 90–100 ● Die leerder het baie idees gegenereer; het ongewone kombinasies of veranderinge getoets voordat een idee gekies is; het verbindings met vorige kennis gemaak; het probleemoplossingsvaardighede bemeester. ● Die poging is veel meer as wat vereis is. ● Die 'WOW'-faktor is duidelik. ● Werk toon 'n groot mate van innovering. ● Inhoud/Konseptuele rykheid van die werk is uitstekend. ● Die werk in geheel spreek van selfvertroue en is stemmingsvol; dit betrek die kyker met uitstekende visuele kwaliteite. ● Die werk toon duidelik 'n oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende idees en/of neem van risiko's en vindingryke artikulasie van 'n wye verskeidenheid elemente en beginsels. ● Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Buitengewone vermoë; kreatiewe rykheid; insiggewend, vlot, hoë vaardigheid, waarneming en kennis sterk uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. Uitstekend 80–89 ● Treffende impak: meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en weldeurdag; minder opgelos; 'n paar geringe foute sigbaar. ● Dikwels uitstekende vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie innoverend, maar daar is 'n gebrek aan tegniese rykheid. Baie Goed 70–79 ● Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'sprankel' ontbreek (minder oortuigend in terme van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite met oorspronklike aanbieding; 'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar. ● Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/Innoverend/ Kreatief, maar nie tegnies opgelos nie. ● Tegnies goed, maar konseptuele rykheid ontbreek, of andersom. Werk mag kreatief innoverend wees, maar tegniese vaardighede ontbreek. Goed 60–69 ● Die werk demonstreer 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend; eenvoudige direkte gebruik van medium; vertoon begrip, maar neig somtyds na die alledaagse en 'n stereotipiese reaksie; voldoende keuse van relevante visuele verwysings; redelike moeite gedoen met aanbieding; steurende/ duidelike teenstrydighede. ● Goeie vlak van bevoegdheid. Gemiddeld 50–59 ● Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig. ● Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings nie altyd duidelik geïdentifiseer nie. ● Aanvaarbare aanbieding; baie steurende teenstrydighede. ● Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlike beperkte betrokkenheid in terme van tyd en moeite. ● Beelde is van 'n ander bron gekopieer met min transformasie van beelde. ● Min bewyse dat iets ongewoons probeer is. ● Omvang van werk is eng en/of herhalend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 10 DBE/PAT 2018 NSS Onder- 40–49 ● Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie. gemiddeld ● Beperkte keuse van inligting; swak tegniese vaardighede en/of 'n gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees. ● Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag. ● Beeldgebruik is van 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie van beelde. ● Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie, of onvolledig beplanning. Swak 30–39 ● Net genoeg materiaal/werk om te slaag. ● Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik. ● Geringe poging aangewend om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie. ● Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/motivering om te slaag ● Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder die aanvaarbare. ● Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie. Baie Swak; 20–29 ● Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; min Druip of irrelevante werk/visuele inligting. ● Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking. ● Baie swak vaardigheidsvlak. ● Projek is baie swak of onvoltooid. ● Swak estetiese besluitneming. ● Klasse is gemis en leerder het nie die werk ingehaal nie. Onaanvaar- 0–19 ● Onsamehangend; irrelevant, baie min of geen werk nie; gebrek aan baar; selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking nie. Druip ● Werk onvoltooid. ● Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen nie. ● Die meeste klasse is gemis en leerder het nie die tyd ingehaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 11 DBE/PAT 2018 NSS Al die kunswerke in hierdie dokument is in 2016 deur Graad 12-leerders van verskillende provinsies geskep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 12 DBE/PAT 2018 NSS 2.6 Moderering van PAT'e Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet op 'n gereelde basis plaasvind. Die templaat hieronder kan vir interne (skool) en eksterne (provinsiale) moderering van die PAT gebruik word. VISUELE KUNSTE: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK SKOOL VAK GRAAD DATUM ONDERWYSER MODERATOR 1 DIE PAT-OPDRAG √ OF x Vaknaam, graad en jaar. Duidelike instruksies vir wat verwag word en wat op die spesifieke graad van toepassing is. Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad Visuele inspirasie Die opdrag gebaseer op Williams se taksonomie skep die geleentheid om die volgende te ontwikkel: ● Vloei (die generering van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/ probleem) ● Buigsaamheid (die generering van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies) ● Oorspronklikheid (die generering van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/oplossings) ● Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit makliker te maak vir ander om te verstaan of om dit meer interessant te maak) ● Risiko's neem (eksperimentering, nuwe uitdagings aanpak) ● Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe situasie te skep en/of die ontbrekende dele te sien) ● Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai) ● Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te bou, moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of verby praktiese beperkings te reik) Duidelike assesseringskriteria Sperdatums en tydsbestuur KOMMENTAAR: 2 ASSESSERING VAN PAT'e Van toepassing op die spesifieke graad, in lyn met die standaard van die provinsie, bv. realistiese nasien Gebruik van assesseringskriteria 50 punte vir Bronboek insluitend die assessering van die volgende: ● Konsepontwikkeling ● Navorsing, ondersoek, eksperimentering ● Prosestekeninge ● Aanbieding, algehele voorkoms As al of sommige van die bogenoemde nie van leerders verwag is nie, was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief? 50 punte vir Kunswerk(e) insluitend die assessering van die volgende: ● Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke ● Gebruik van formele kunselement ● Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering ● Interpretasie en praktiese toepassing van navorsing ● Voltooiing en aanbieding van kunswerk As al of sommige van die bogenoemde nie van leerders verwag is nie, was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief? KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 13 DBE/PAT 2018 NSS 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 3.1 Instruksies aan die leerder ' 'n Idee is ons visuele reaksie op iets wat ons gesien het – in die werklike lewe, in ons geheue, in ons verbeelding, in ons drome.' – Vrye vertaling van Anna Held Audette in die boek, The Blank Canvas ONDERWERP 1: BRONBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees) Die bronboek verskaf insig oor die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle gedagteprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra. Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk ontstaan en ontwikkel het en geskep is deur teken, eksperimenteer en skryf. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-leerder weerspieël. Teen graad 12 moet jy weet hoe om die bronboek te gebruik. Die bronboek moet antwoorde op die volgende gee: ● Wat is as die onderwerp vir die kunswerk gekies? ● Waarom is dit gekies? ● Hoeveel beplanning is gedoen? ● Hoe het jy vir die praktiese werk voorberei? ● Watter probleme is ondervind en hoe is dit oorkom? ● Wat was aangenaam/opwindend/positief van die praktiese werk? ● Wat is tydens die skep van die kunswerk geleer? Die volgende is 'n paar idees en benaderings om te volg: Dinkskrum: kies en evalueer idees ● Jy moet begin deur alle moontlike idees, aktiwiteite, kwessies, ens. met betrekking tot die tema in 'n breinkaart of opsomming neer te skryf. ● Dit is belangrik om te benadruk dat die doel van enige kunswerk is om 'n boodskap oor te dra – om kommentaar te lewer, te skreeu of sing oor die wêreld waarin ons onsself bevind. ● Dit is belangrik dat jy temas verpersoonlik. Jy moet konsentreer op dinge waarvoor jy omgee, dinge wat jou roer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 14 DBE/PAT 2018 NSS ● Terwyl jy idees versamel, probeer jou denkprosesse lei na dit wat persoonlik, ongewoon, uitdagend is en dit wat jou met passie vul. ● Wanneer jy jou idees evalueer, elimineer dit wat onoorspronklik ('cheesy')/oppervlakkig is (bv. die pienk hartjies en oulike goetertjies), onopreg (bv. wêreldvrede) of sigbaar mooi is en niks om die lyf het nie (bv. 'n bos rose). ● Om kunswerke te skep, het jy toegang tot hoë gehalte beeldmateriaal nodig. Probeer om nie slegs foto's van ander te gebruik nie. Dit is altyd beter om 'n onderwerp eerstehands te verken. Baie van die foto's op die internet is van 'n swak gehalte of is generies. Leerders moet aangemoedig word om hulle eie bronmateriaal te neem en te ontwikkel. ● Elimineer bronne wat oordoen is. Niks in kuns is nuut nie, maar jy kan dit 'n vars voorkoms gee. Daar is dikwels 'n magiese kwaliteit in dit wat ander weggooi, miskyk of vergeet. ● 'n Ware kunstenaar maak kuns wat vir hom/haar van waarde is. ● Maak seker dat tekenwerk op groot skaal gebruik word om waarneming en uitvinding uit te druk, om gevoelens, ervarings en idees oor te dra, en vir plesier. HOE OM IDEES TE GENEREER: Breinkaarte 'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met die sentrale tema verband hou, voort te bring. Die eindresultaat moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees en selfs beelde wees. Soos wat jy die vertakkings uitbrei, kan jy dalk nuwe oplossings ontdek. 'n Paar vinnige riglyne ● Begin deur die tema in die middel van die bladsy te plaas (skryf die woord en/of teken 'n prent daarvan). ● Teken ten minste vier dik, organiese takke wat vanaf die sentrale woord/beeld uitstraal. Jy kan verskillende kleure gebruik om elke tak te verteenwoordig. ● Teken addisionele takke wat vanaf jou hooftakke strek. Die woorde op hierdie takke is sub-onderwerpe van die woorde wat jy op die hooftakke geskryf het. Hierdie templaat beklemtoon snellerwoorde, ● Hou aan om die breinkaart soos 'persoonlik', 'kreatief', ens. om assosiasies oor uitwaarts met addisionele 'n gegewe tema te skep. sub-onderwerpe/kernwoorde en takke uit te brei. Nuttige webtuistes sluit in: http://blog.iqmatrix.com/how-to-mind-map http://www.studentartguide.com/articles/how-to-make-a- mindmap-creative-ideas Teken Gebruik tekenwerk op groot skaal in jou bronboek wat ten minste 30% van jou voorstel vir jou finale werk weerspieël. Hierdie tekeninge kan die volgende weerspieël: ● Om te skep en uit te vind, bv. om te visualiseer, droom en verbeel ● Vir insig/begrip, bv. om waar te neem, te ondersoek, oordink, onthou ● Om idees en moontlikhede te ondersoek Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 15 DBE/PAT 2018 NSS ● Om vir plesier te ontwerp ● Om gevoelens, ervarings en idees aan ander oor te dra, bv. visualiseer, gebruik kodes en simbole Daar moet genoeg bewyse van tekenvaardighede wees wat die volgende insluit: ● Naturalistiese tone waar daar baie lae en wisseling van baie donker tot suiwer wit is ● Oordrewe toon; skerp kontras tussen lig en donker (chiaroscuro) ● Ekspressiewe lyne Eksperimentering ● Eksperimenteer met media en prosesse, toetsvoorbeelde en kleurkaarte ingesluit. ● Ondersoek moet doelgerig wees. Invloede van historiese, kontemporêre en kulturele faktore ● Verseker dat jy historiese en/of kontemporêre voorbeelde insluit wat jou geïnspireer het. 'n Riglyn sou wees om twee tot drie kunstenaars/kunswerke te ondersoek/na te vors wat jou eie, persoonlike response blootstel. ● Geen internet-drukstukke met inligting mag in jou bronboek geplak word nie. ● Toon goeie gebruik van vakkundige woordeskat (frases soos 'sterk kontras', 'lei die oog' en 'fokuspunt'). Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 16 DBE/PAT 2018 NSS Skryf ● Voorsien aantekeninge/verklarings by tekeninge, bronne en eksperimente om jou gedagtes tydens konseptualisering uit te druk. Kommunikeer duidelik. Dit maak nie saak of jy aantekeninge skryf of volsinne gebruik nie, maar moet nooit 'txt' of sleng-/sms-taal gebruik nie. Uitleg ● 'n Bronboek se voorkoms moet herinner aan wat jy kan verwag 'n kunstenaar sou skep. ● Wissel bladuitleg af om verskeidenheid en visuele interessantheid te skep. ● Elke bladsy van jou bronboek moet kreatiwiteit reflekteer. Die bronboek vorm die helfte van jou punt vir al die PAT'e. Alhoewel die keuse van grootte en formaat (A2, A3, A4 of enige ander grootte) aan jou en/of jou onderwyser oorgelaat word, moet dit 'n wesenlike groep werke wees. 'n Algemene riglyn is 8–10 bladsye per PAT. Dit moet die ontwikkeling van jou idees duidelik toon en direk met jou kunswerk verband hou. Ten minste 30% moet uit tekeninge bestaan. ONDERWERP 2 – SKEP VAN DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding, deur veilige praktyk te volg) Wat doen kunstenaars? Skep Verbeel Waarneem Verwring Ontdek Speel Omskep Ondersoek Analiseer Simboliseer DIT IS HOE JY JOU TEMA KAN VERKEN ● Die kunswerk moet met jou eie ervarings verband hou. ● Kuns is die produk van 'n proses. ● Komposisie is die grondslag vir beeldskepping. Bespreek jou komposisies en maniere hoe om dit meer opwindend te maak met jou onderwyser. ● 'n Idee is maar net so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee ruïneer. ● 'n Kunswerk is allereers 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot kunswerke is die onderwerp en die wyse waarop dit weergegee word, onafskeidbaar. Jy moet tegnieke bemeester om jou inhoud te beskerm. ● Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie en komposisie. Wees kreatief en innoverend. ● Geniet wat jy doen en streef altyd na 'n persoonlike interpretasie van 'n tema. ● Tyd is 'n faktor wanneer jy praktiese werk doen. Moenie tyd mors nie, anders gaan jy onvoltooide werk inlewer. ● Laat Visuele Kultuurstudies jou inspireer. ● Dit is raadsaam om oor die sterk punte en swak punte van die werk te besin sodra jy die PAT voltooi het. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 17 DBE/PAT 2018 NSS 3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 Praktiese Assesseringstaak Praktiese Assesseringstaak Proefeksamen (Praktiese Taak) (doen aan begin van kwartaal) Onderwerp 1 – Onderwerp 1 – Onderwerp 1 – Konseptualisering (50) Konseptualisering (50) Konseptualisering (50) Onderwerp 2 – Onderwerp 2 – Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Kunswerk(e) (50) Kunswerk(e) (50) Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer vername kunswerk(e) moet vername kunswerk(e) moet vername kunswerk(e) moet in hierdie PAT voltooi word, in hierdie PAT voltooi word, in hierdie PAT voltooi word, met deeglike proseswerk met deeglike proseswerk met deeglike proseswerk wat in die bronboek getoon wat in die bronboek getoon wat in die bronboek getoon word. word. word. Die Visuele Kunste-PAT bestaan uit DRIE afsonderlike take wat gedurende die jaar onderneem word. Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en Onderwerp 2: Die Maak van Kreatiewe Kunswerke insluit. Punte moet vir beide die konseptualisering (Onderwerp 1) en die praktiese prosesse (Onderwerp 2) toegeken word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 18 DBE/PAT 2018 NSS 3.3 Assessering ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: VOORGESTELDE PUNTE- TOEKENNING Konsepontwikkeling ● Breinkaarte, sketse met byskrifte en 10 tekeninge om konsepontwikkeling te toon. Navorsing, ondersoek, ● Dit moet sommige of al die volgende 15 eksperimentering, ens. insluit: ● Sketse, tekeninge, foto's, beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer ● Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het ● Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke ● Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en jou besluite ondersteun Prosestekeninge ● Ten minste 30% moet tekeninge wees om 15 jou konsepontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele ● Visueel interessant om 'n persoonlike 10 voorkoms benadering te wys. ● Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: VOORGESTELDE PUNTE- TOEKENNING Keuse en gebruik van ● Geskiktheid van materiaal en tegniek 10 materiaal/tegnieke volgens die konsep ● Veilig en hanteerbaar ● Tegniese vaardigheid Gebruik van formele ● Die belangrikheid van die elemente en 10 kunselemente beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie Geheelindruk van werk – ● Ontwikkeling van nuwe, unieke en 10 oorspronklikheid, ongewone oplossings/response kreatiwiteit, innovering Vertolking/Interpretasie en ● 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema 10 praktiese implementering ● Eksperimentering van navorsing ● Probeer nuwe uitdagings Voltooiing en ● Aandag aan detail 10 voorlegging/aanbieding ● Taak in toegelate tyd voltooi van kunswerk ● Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 19 DBE/PAT 2018 NSS 3.4 Afwesigheid/Nie-indiening van take ● Afwesigheid of nie-indiening van take sal 'n ONVOLLEDIGE punt tot gevolg hê. ● Om egtheid te verseker moet 60% van die kunswerk (ONDERWERP 2) by die skool voltooi word. ● As werke by die huis voltooi word, kan die onderwyser nie die egtheid daarvan goedkeur nie en 0% sal toegeken word. 3.5 Vereistes vir voorlegging/aanbieding ONDERWERP 1 (Bronboek): Minimum 8–10 bladsye ONDERWERP 2 (Kunswerk): Jou onderwyser sal jou lei met die voorlegging/aanbieding, raam, uitstalling, ens. vir nasiendoeleindes. 3.6 Tydraamwerk ● Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk ● Kontrolepunte tydens die proses 3.7 Verklaring van Egtheid ● Verwys na BYLAE A. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 20 DBE/PAT 2018 NSS 4. BRONNELYS LOOM – BRONVERWYSINGS ● Handboek deur die DBE goedgekeur. ● Naslaanboeke, katalogusse en tydskrifte soos Art South Africa en Art Times, foto's, PowerPoint-aanbiedings, video's, ens. om waardevolle onderrig en leerondersteunings- materiaal te verskaf. ● Besoeke aan kunsuitstallings. Gereelde, volgehoue besoeke aan kontemporêre uitstallings word sterk aanbeveel. Waar besoeke onmoontlik is (skole in landelike gebiede, ens.), moet koerantresensies, ens. gereeld geraadpleeg word. ● Die internet: Gebruik die soekenjins om nuttige webtuistes te vind. YouTube voorsien baie praktiese werkswinkels. Inspirasie vir praktiese take kan op Pinterest en Pictify gevind word. 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, asook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te raak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 21 DBE/PAT 2018 NSS BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID VERKLARING VAN EGTHEID Ten minste 60% van hierdie PAT is onder toesig van die Visuele Kunste-onderwyser gedoen. Hierdie verklaring sertifiseer dat alle werk wat ingedien is, oorspronklik en die werk van die leerder is. Leerder Skool Distrik PAT 1/PAT 2/Proefeksamen: (Kies en omkring slegs EEN.) Handtekening Datum Leerder Onderwyser Skoolhoof Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 22 DBE/PAT 2018 NSS BYLAE B: PAT-VOORBEELD Onderwysers kan hierdie voorbeeld as een van hulle PAT'e in 2018 gebruik. Metamorfose Meta 'verander' Morphe 'vorm' Metamorfose is 'n biologiese proses waardeur 'n dier of insek fisies ontwikkel na geboorte/ uitbroei, met 'n vinnige verandering in die dier se liggaamstruktuur deur selgroei en differensiasie. Sinonieme: transformasie, mutasie, transmutasie, transfigurasie, verandering, verstelling, omskakeling, variasie, wysiging, hermodellering, herstileer, heropbou, herbestelling, herorganisasie, seeverandering La Pandilla, Living Walls, The City Speaks (Lewende Mure, Die Stad Praat), Atlanta, straatkuns, 2012. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 23 DBE/PAT 2018 NSS Vertaling: Transformasie is natuurlik Om nie te wil verander nie Is soos om 'n boom te vra om nie te groei nie Of vir die wolke om nie te reën nie Die natuur self is verandering So hoekom dit nie aanvaar nie? Hoe anders kry 'n ruspe sy vlerke? – JC Enno Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 24 DBE/PAT 2018 NSS Metamorfose is 'n ongelooflike proses as gevolg van die spoed van selgroei en differensiasie. Die metamorfoseproses stel dierselle in staat om van een seltipe na 'n ander te verander. Volledige metamorfose is kenmerkend van kewers, skoenlappers, motte, vlieë en perdebye. Hul lewensiklus sluit vier stadiums in, naamlik die eier, larwe, papie en volwassene. Charlotte Caron, Verskeie portrette, fotografie en verf, ongedateer. Kunstenaars wat die tema van Metamorfose gebruik het: MC Escher, Metamorphosis III (Metamorfose III), houtsneeafdruk, 1968. Escher is bekend vir sy onmoontlike konstruksies, waar een beeld in 'n geruite patroon vervorm word om 'n nuwe beeld te word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 25 DBE/PAT 2018 NSS Deviant Art, Metamorphosis (Metamorfose), digitale fotomanipulasie, datum onbekend. Miao Xiaochun, Metamorphosis Doubt (Metamorfose-twyfel), installasie, 2011. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 26 DBE/PAT 2018 NSS Ranaud Jerez, Untitled (Exhibition title 'Metamorphosis') (Ongetiteld (Uitstallingstitel 'Metamorfose')), staal, PVC, aluminium, katoen, rubber, hout en pels, 2015. Antonio Guerrero, Metamorphosis (Metamorfose), gemengde media op papier, 2013. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 27 DBE/PAT 2018 NSS George Grie, Inadvertent Metamorphosis or King of my Castle (Onopsetlike Metamorfose of Koning van my Kasteel), digitale kuns, 2016. Tyd laat alle dinge verbygaan en eendag, na al die metamorfoses van die lewe, bevind jy jouself in 'n surrealistiese verlate plek, die plek sonder horison en die plek waar daar geen manier is om op of af te kan gaan nie. Die tema Metamorfose is oop vir 'n wye reeks van interpretasies binne jou spesifieke dissipline. Oorweeg die volgende in die konseptualisering van 'Metamorfose': ● Persoonlike assosiasies/eie interpretasie ● Woorde wat tot die idee van metamorfose aanleiding kan gee ● Interpretasies van metamorfose ● Die doel van metamorfose ● Die voordeel van metamorfose ● Jou persoonlike metamorfose; ondergaan die mens metamorfose? ● Tipes en voorbeelde van metamorfose ● Gevoelens geassosieer met metamorfose ONDERWERP 1: BRONBOEK ● Begin deur 'n omvattende breinkaart oor 'Metamorfose' te maak. Oorweeg die voorstelle hierbo of jou eie, oorspronklike interpretasie. ● Begin deur verskeie sketse van jou verskillende idees te maak. ● Versamel relevante bronmateriaal. ● Maak posseëlsketse van verskillende komposisiemoontlikhede. ● Dit is belangrik om die gevoel/atmosfeer wat jy wil uitbeeld, te oorweeg. Dink oor dinge soos die kontras tussen oop areas en gevulde/deurmekaar areas, tussen donker en lig, ens. Dink oor negatiewe ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ens. Besluit op die beste oplossing om jou gevoel/atmosfeer oor te dra. ● Maak 'n tonale tekening van jou finale komposisie en skryf aantekeninge by jou voorneme. ● Onthou: 'n goeie idee moet visueel opwindend wees. ● Begin met verskillende media en materiaal ontdek en eksperimenteer. ● Doen navorsing oor ten minste drie kunstenaars/kunswerke wat met die tema verband hou. ● Ander relevante konsepontwikkeling. Maak seker dat jou bronboekwerk ten minste 8 tot 10 bladsye lank is en ten minste 30% sketse/tekeninge insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 28 DBE/PAT 2018 NSS ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: VOORGESTELDE PUNTE- TOEKENNING Konsepontwikkeling ● Breinkaarte, sketse met byskrifte en 10 tekeninge om konsepontwikkeling te toon. Navorsing, ondersoek, ● Dit moet sommige of al die volgende 15 eksperimentering, ens. insluit: ● Sketse, tekeninge, foto's, beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer ● Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het ● Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke ● Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van jou werk en jou besluite ondersteun Prosestekeninge ● Ten minste 30% moet tekeninge wees om 15 jou konsepontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele ● Visueel interessant om 'n persoonlike 10 voorkoms benadering te wys. ● Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK Jou Visuele Kunste-onderwyser sal die skepping van die finale kunswerk lei. ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN: VOORGESTELDE PUNTE- TOEKENNING Keuse en gebruik van ● Geskiktheid van materiaal en tegniek 10 materiaal/tegnieke volgens die konsep ● Veilig en hanteerbaar ● Tegniese vaardigheid Gebruik van formele ● Die belangrikheid van die elemente en 10 kunselemente beginsels van kuns soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, proporsie en komposisie Geheelindruk van werk – ● Ontwikkeling van nuwe, unieke en 10 oorspronklikheid, ongewone oplossings/response kreatiwiteit, innovering Vertolking/Interpretasie en ● 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema 10 praktiese implementering ● Eksperimentering van navorsing ● Probeer nuwe uitdagings Voltooiing en ● Aandag aan detail 10 voorlegging/aanbieding ● Taak in toegelate tyd voltooi van kunswerk ● Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 29 DBE/PAT 2018 NSS BYLAE C: ONDERWYSERSRIGLYNE OM DIE PAT: METAMORFOSE TE BESTUUR Verwys na die volgende in hierdie PAT dokument om die PAT te fasiliteer: ● 'n Paar idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei ● 'n Paar idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei ● Sien toe dat leerders toegang tot die Riglyne vir die Leerder in hierdie dokument het. 'n Paar ander dinge om te oorweeg: Tempo Stel mini-sperdatums vas vir bronboek-aktiwiteite om te verseker dat leerders nie die grootste deel van die kwartaal aan bronboekwerk spandeer en dan moet jaag om die finale kunswerk klaar te kry nie. Alhoewel 'n groot deel van die konseptualisering in die bronboek gedoen moet word voordat daar met die finale kunswerk begin word, is daar dele wat gedoen kan en moet word terwyl daar aan die kunswerk gewerk word. Dit sluit die veranderinge in wat gemaak word terwyl die leerder die kunswerk maak, verdere eksperimentering en besinning. Gespesialiseerde opsies Onderwysers kan spesifieke vereistes vir gespesialiseerde praktiese opsies byvoeg, soos fotografie, beeldhouwerk, drukkuns, ens. Die vind van idees ● Hoewel die tema van hierdie PAT eenvoudige mag lyk, moet die onderwyser die leerders lei om werke met betekenis te skep en nie net 'n illustrasie van die tema nie. ● Verpersoonlik die tema met 'n klasbespreking deur leerders vrae te vra soos: o Wat beteken metamorfose? o Waar en hoe vind metamorfose plaas? ● Moedig leerders aan om idees en inspirasie uit verskillende bronne te versamel, soos waarnemingstekenwerk, die neem van hulle eie foto's, montages, ens. ● Dit is altyd beter as leerders vanuit 'n persoonlike perspektief werk, maar maak voorsiening vir verskillende interpretasies. Lei leerders individueel om stereotipiese interpretasies te vermy. ● Dit is belangrik dat elke stap van die proses individueel met die leerder bespreek word en voorstelle vir verbetering gemaak word, maar moenie een manier op hulle afdwing nie om geleenthede vir innovasie en oorspronklikheid te skep. ● Die onderwyser se leiding in die skep van die kunswerk is van die uiterste belang met deurlopende terugvoer. Die tema is geskik vir 'n wye reeks media en tegnieke. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Visual Arts.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Visual Arts

View all