Downloaded from hlayiso.com
VISUELE KUNSTE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
GRAAD 12
2019
Hierdie riglyne bestaan uit 35 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 











View all





Visual Arts PAT GR 12 2019 Afr
Grade 12 Visual Arts practical assessment task from the 2019 (Afrikaans), 35 pages. Read online or get the free PDF download.
Visual Arts · Grade 12 · 2019 · Afrikaans. Practical assessment task, 35 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2019
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 35
- File size
- 3.3 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 35
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 2 DBE/PAT 2019
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei 6
2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei 7
2.3 Hoe om die PAT'e te administreer 8
2.4 Retrospektiewe uitstalling 8
2.5 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien 10
2.6 Moderering van PAT'e 12
2.7 Verklaring van egtheid 13
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 14
3.1 Instruksies vir die leerder 14
3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste 20
3.3 Assessering 21
3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 23
3.5 Aanbiedingsvereistes 23
3.6 Tydraamwerke 23
3.7 Verklaring van egtheid 23
4. BRONNELYS 23
5. GEVOLGTREKKING 23
BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID 24
BYLAE B: PAT-VOORBEELD 25
BYLAE C: RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: AFROFUTURSISME
TE BESTUUR 34
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NKV Nasionale Kurrikulumverklaring
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 3 DBE/PAT 2019
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaringsvakke wat 'n
praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie
vakke is:
• LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie
• KUNSTE: Dansstudies, Dramatiese Kunste, Musiek, Ontwerp, Visuele
Kunste
• WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe
• DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
• TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke met 'n praktiese komponent en tel
25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT, wat
afgebreek word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite wat die PAT
opmaak, word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT
bied die geleentheid om die leerders op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar te
assesseer en maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n
geskrewe formaat geassesseer kan word nie, bv. 'n geskrewe toets of eksamen. Dit is
dus belangrik vir skole om te verseker dat alle leerders die Praktiese
Assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat hulle aan die
einde van die skooljaar uitslae kry. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil
van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 4 DBE/PAT 2019
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
KREATIWITEIT – Leerders toon kreatiwiteit wanneer hulle met idees speel en verskillende
benaderings genereer. Hulle skep oorspronklike beelde en artefakte deur verbeeldingryke en
persoonlike oplossings in reaksie op doelgerigte take. Oorspronklikheid kan gedefinieer word met
betrekking tot die leerders se eie vorige werk, die werk van hul portuurgroep, of wat ander in 'n
verskeidenheid historiese kontekste geskep het.
Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) het besluit dat Visuele Kunste-
onderwysers hul eie SGA-take sal opstel weens die kreatiewe aard van die vak.
• Onderwysers moet DRIE aparte praktiese assesseringstake ontwerp wat in die akademiese
jaar gedoen moet word, met ander woorde EEN PAT moet in Kwartaal 1 voltooi word en EEN
PAT moet in Kwartaal 2 voltooi word. In Kwartaal 3 is PAT 3 die proefeksamen.
• Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en Onderwerp 2: Die maak van
kreatiewe kunswerke insluit.
• Punte moet aan beide die konseptualisering (Onderwerp 1) en die maak van kreatiewe
kunswerke (Onderwerp 2) toegeken word.
LET WEL: Onderwysers moet voldoen aan die KABV, waarvolgens 'n PAT in elk van die drie
kwartale voltooi moet word. PAT 1 mag NIE in graad 11 gedoen word NIE, en die
proefeksamen mag NIE in Kwartaal 2 voltooi word NIE.
Leerders moet die PAT in die vorm van 'n geskrewe opdrag ontvang om hulle van die volgende
in kennis te stel:
• Die presiese doel of eindproduk wat van die taak verwag word met betrekking tot medium,
grootte, ens.
• Bronne beskikbaar vir verwysings/navorsing/ondersoeke/eksperimentering
• Assesseringsprosedures en -kriteria wat gebruik gaan word
• Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk; kontrolepunte gedurende
die proses
• Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag
• Toepaslike mediums, tegnieke en/of benaderings vir die opdrag
Dit is soms 'n goeie idee om die skriftelike opdrag na 'n aktiwiteit of reeks aktiwiteite te gee.
Onderwerp 1 kan bestaan uit 'n reeks 'boublokke' wat op agtereenvolgende tye gegee word om
eksperimentering en die ontwikkeling van Onderwerp 1 te verseker. Met sorgvuldige beplanning
sal die onderwyser weet waarheen hierdie 'boublokke' die leerders sal lei. Leerders weet dalk nie
waarheen die onderwerp lei nie, wat voortdurend aspekte van verrassing skep. Dit voorkom die
neiging dat leerders by hulle eerste idee vashaak, sonder om werklik te eksperimenteer en ander
moontlikhede te ondersoek. Verder sal die bronboek amper voltooi wees voordat daar met die
finale kunswerk begin word. Dit sal ook help met die pasaangeëry van die proses.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 5 DBE/PAT 2019
NSS
Algemene riglyne om die PAT op te stel:
• In graad 12 moet take oop opdragte wees wat leerders in staat stel om die materiaal,
gereedskap, tegnieke, temas en prosesse binne hul gespesialiseerde praktiese
moontlikhede, bv. skilder, beeldhouwerk, drukkuns, ens., te kies.
• Dit word ten sterkste aanbeveel dat onderwysers hulle eie PAT'e opstel om kreatiwiteit en
oorspronklikheid te inspireer. Kontekstuele faktore moet in ag geneem word, naamlik die
materiaal, toerusting en geriewe by 'n skool; hulpbronne, koste, ervaring van leerders, ens.
• Geskikte media, tegnieke en/of benaderings moet vir die taak gekies word.
• Onthou die presiese doel of eindproduk wat van die taak ten opsigte van medium, grootte,
ens. verwag word om innoverende en persoonlike interpretasies in ag te neem.
Oorspronklikheid en kreatiwiteit is uiters belangrik.
• Wanneer daar oor temas besluit word, neem altyd die leerders se belangstellings, ervaring
en konteks in ag om hulle uit te daag. Kunswerke vertel ons van kunstenaars se
ondervindings, idees en gevoelens. Moedig 'eerlikheid' aan sodat leerders se kunswerke
spreek van hulle ondervindings, idees en gevoelens sodat hulle nie 'tweedehandse' werk
lewer nie.
• Baie onderwysers kan op 'n oorkoepelende tema vir die jaar se praktiese werk besluit en dit
dan in spesifieke aspekte van die tema verdeel, met ander woorde een per kwartaal. Dit kan
'n meer samehangende groep kunswerke in die retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê.
• Stel verwagtinge, minimum vereistes en sperdatums met betrekking tot die eindproduk vas.
BYLAE B op bladsy 25 bevat 'n voorbeeld van 'n praktiese assesseringstaak. Onderwysers
kan hierdie taak as een van hul PAT'e vir 2019 gebruik.
BYLAE C op bladsy 34 gee spesifieke riglyne vir onderwysers met betrekking tot hierdie
PAT.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 6 DBE/PAT 2019
NSS
2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei
Informele en formele voorbereiding vir praktiese werk moet in 'n bronboek spesifiek vir
Visuele Kunste aangeteken word. Hierdie bronboek is NIE 'n formele, netjiese notaboek NIE,
maar 'n ekspressiewe, persoonlike 'dagboek' van idees en prikkels wat 'n individu se eie styl,
belangstellings en persoonlikheid weerspieël. Dit moet vol wees, opwindend en 'n nuttige bron
van idees en beelde vir gebruik in praktiese opdragte. Leerders moet al hulle konseptuele
idees, beplanning, 'rondspeel' en verkenningswerk in hulle Visuele Kunste-bronboek plaas.
Die bronboek gee insig in die manier waarop die leerders idees gevorm het, hoeveel
alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die
bronboek moet alle denkprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik
weergee.
Die Riglyne vir die Leerder op bladsy 14 in hierdie dokument verskaf meer
gedetailleerde inligting oor die proses van konseptualisering in die bronboek.
Die bronboek moet die volgende insluit:
• Sketse en voorbereidingstekeninge. Teken is 'n verpligte deel van alle praktiese
moontlikhede in Visuele Kunste. Verwys na bladsy 18 in die Riglyne vir die Leerder vir 'n
breë definisie van 'teken'.
• Visuele beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, foto's, ens. wat deur die leerder versamel
is
• Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, ens.) wat die leerder interessant of
stimulerend gevind het, of wat persoonlike betekenis het, of wat op die een of ander tyd vir
'n praktiese projek bruikbaar kan wees
• Krabbels, woorde, sketse, geskrifte wat met die leerder se ondervindings en konteks
verband hou
• Navorsing en die studie oor 'n wye verskeidenheid kunstenaars, asook voorbeelde wat
hulle praktiese werk sal inspireer
• Enigiets anders wat die leerder stimulerend en/of interessant mag vind en wat as 'n bron
vir sy/haar praktiese werk kan dien
• Ondersoek verskillende tegnieke en materiale
• Breinkaarte om idees te ontwikkel
• Dokumentasie van enige proseswerk
Onderwysers moet:
• Die konseptualiseringsproses in die bronboek fasiliteer en lei
• Eksperimentering met verskillende media aanmoedig. Dit kan klein skilderye, collages,
ens. insluit.
• Leerders aanmoedig om die bronboek vir skryf- en sketswerk te gebruik om op dié manier
verder as die vasgestelde opdrag te gaan
• Klem plaas op die feit dat hierdie 'n persoonlike uitdrukking is en dat daar nie net een
manier is om dit te doen nie. Moenie te voorskriftelik wees nie, maar laat toe dat leerders
op hulle eie manier die bronboek binne die riglyne skep.
• Leerders aan 'n verskeidenheid kunstenaarsboeke blootstel en beklemtoon dat die
ontwikkelingsproses van die kunswerk belangriker as net 'n netjiese 'plakboek' is. Daar is
geen voorskrifte ten opsigte van die grootte nie – dit kan A3, A4 of enige ander grootte
wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 7 DBE/PAT 2019
NSS
2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei
• Graad 12 is die akkumulasie van 'n drie-jaar-studie en leerders moet voldoende tegniese
vaardighede hê.
• Demonstreer, verduidelik en verwys na die werk van relevante kunstenaars wanneer
spesifieke temas bekendgestel word om met Visuele Kultuurstudies te integreer.
• Baie min leerders kan 'n opdrag op hul eie voltooi. Daar word van jou as die Visuele
Kunste-onderwyser verwag om die kreatiewe proses van begin tot einde te lei. Wees
ontvanklik vir uiteenlopende oplossings vir praktiese projekte.
• Doen voortdurend informele assessering deur leerders se werksvordering met hulle te
bespreek. Probeer om leerders te lei om hul eie oplossings te vind eerder as om jou idees
op hulle af te dwing.
• Hou gereelde 'kritieksessies', waartydens jy leerders fasiliteer en leer om te praat en hulle
klasmaats se werk op 'n konstruktiewe manier te bespreek.
• Onthou dat jy as die Visuele Kunste-onderwyser die estetiese kwaliteite van enige
take moet lei. Dit is die onderwyser se plig om die leerder te help om sy/haar eie
kreatiewe stem te vind.
• Probeer om hulle te lei om individuele en innoverende benaderings/oplossings te vind.
• Lei hulle om idees te ontwikkel deur vanaf eerstehandse waarnemings te werk.
• Lei leerders ook om bronmateriaal, wat 'n gebrek aan estetiese eienskappe het, uit te
skakel. Esteties beteken nie 'mooi' nie; sommige van die 'lelikste' beelde kan in 'n
kunswerk op 'n ongelooflike wyse weergegee word.
• Leerders moet selfversekerde en berekende risiko's neem en nuwe idees en prosesse
sonder vrees vir mislukking uittoets.
• Dit is belangrik dat die Visuele Kunste-onderwyser leerders selfvertroue aanleer sodat
leerders gemaklik sal voel met die neem van risiko's en om uit hul foute te leer wanneer
hulle idees, materiaal, gereedskap en tegnieke verken en daarmee eksperimenteer.
• Kreatiewe aktiwiteit kan op verskillende vlakke plaasvind; vanaf die laer vlak waar 'n
pastiche van 'n bestaande idee of werk geskep word, tot die hoogste vlak waar 'n
heeltemal vars en individualistiese proses en/of uitkoms ontwikkel word.
• Dit is belangrik om deur die hele jaar deurlopend na die leerders se groep kunswerke te
kyk en dit te bespreek. Dit help om hulle sterk en swak punte te identifiseer.
• Pasop vir skadelike kritiek. Dit is raadsaam om met die positiewe te begin en dan na areas
te beweeg waarop verbeter kan word. Praat met die leerder, bv.: 'Ek dink dit sal meer
doeltreffend wees as jy hierdie verander … Wat dink jy?' Dit laat hulle deel van die proses
voel en laat hulle oor hul werk dink.
• Dit is belangrik dat jy jou leerders verstaan en ken en hulle spesifieke sterk punte
ontwikkel. Sommige leerders sal sorgvuldige beplanners wees, terwyl ander meer intuïtief
werk.
• Daar is baie maniere om kunswerke te skep. Party kunstenaars doen noukeurige
beplanning voordat hulle met die kunswerk begin, terwyl ander, bv. party Surrealiste en
Abstrakte Ekspressioniste, meer 'vry' begin en die werk algaande gedurende die
skeppingsproses ontwikkel. Wees buigsaam genoeg om leerders in staat te stel om
verskillende maniere te gebruik om kunswerke te skep. Daar word sterker individuele
interpretasies en style van graad 12-leerders verwag.
• Lei leerders om doelmatige, onafhanklike, kritiese en peinsende denkers te wees.
• Moenie die leerders onderskat nie, maar daag hulle uit want hulle verras 'n mens dikwels.
• Besinning:
o Aan die einde van elke PAT moet daar 'n vorm van besinning/terugvoering wees oor
die werk wat elke leerder geskep het, om verdere ontwikkeling van die leerder te
verseker. Dit kan geskrewe en/of verbale terugvoering wees wat kommentaar lewer
op sterk en swak punte.
o Dit selfbesinning, klas-/onderwyserbesinning en -nasien, portuurbesinning of oop
kritieksessies wat deur die onderwyser en die leerder gelei word, wees.
o Terugvoer kan die vorm van 'n mini-uitstalling aanneem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 8 DBE/PAT 2019
NSS
2.3 Hoe om die PAT'e te administreer
• Maak seker dat kunsmedia beskikbaar is.
• Voldoende tyd (kies kontaktyd gedurende en/of na skool).
• Maak seker dat kontrolepunte en sperdatums nagekom word.
• Informele deurlopende assessering.
• Voltooi formele assessering volgens die rubriek.
• Voltooi sigblaaie ('spreadsheets') wat deur die provinsie verskaf word.
• Volg die skool se beleid ten opsigte van die indiening van punte.
• PAT-punte en onderwyserportefeuljes moet altyd vir kluster-/provinsiale moderering
beskikbaar wees.
• Veilige berging vir praktiese werk moet deur die skool verskaf word.
• Alle kunswerk moet ten alle tye vir uitstallings, eisteddfods en kunstefeeste beskikbaar
wees en bly die eiendom van die DBE totdat die finale uitslae vrygestel word. Die veilige
bewaring van die kunswerke is die skool se verantwoordelikheid.
2.4 Retrospektiewe uitstalling
Aan die einde van graad 12 moet leerders 'n retrospektiewe uitstalling van hul werk as deel van
hul eksamenpunt aanbied. Hierdie uitstalling toon wesenlike bewyse van die leerders se Visuele
Kunste-konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat mettertyd ontwikkel het. Dit
vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling in die aanbied van 'n samehangende groep
kunswerke soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling of studentegradueringsuitstalling. Hierdie
uitstalling bied wesenlike bewyse en vertoon die leerders se praktiese werk wat oor 'n tydperk
ontwikkel is. Dit spreek spesifiek tot die bestuur van proses en aanbieding wat deel vorm van
Onderwerp 2.
Onderwerp 2: Die skep van kunswerke
Volgens die KABV moet graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n manier
wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 9 DBE/PAT 2019
NSS
Kontrolelys vir die uitstalling
• Graad 12: PAT'e 1 en 2, en die Proefeksamen Prakties is verpligtend. Dit sluit die kunswerke
en bronboeke in.
• Een of twee graad 11-kunswerke om ontwikkeling en progressie te toon.
• Leerders het die geleentheid om hul PAT'e verder te ontwikkel en na 'n samehangende en
holistiese groep kunswerke uit te brei wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing gesien
word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat van hierdie proses bewys lewer.
Aanbieding
• Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling verskaf, bv. die skoolsaal, kunsklas, ens.
• Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hul
werk en riglyne verskaf vir 'n netjiese, professionele uitstalling.
• Die leerder se naam moet duidelik vertoon word en die graad 12-PAT'e moet duidelik gemerk
word.
• Die raam van werke is onnodig, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk
beter laat vertoon.
• Leerders moet hulle weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die uitstalling
moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon.
• As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die
rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken.
Assessering
Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.
Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat tot die finale geldige punt sal lei:
• Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele oplossings
• Kreatiwiteit en oorspronklikheid
• Tegniese vaardighede
• Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke
• Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media,
tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van teken.
• Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte
moet aangepas word volgens die werke wat aangebied word.
• Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10
MOET gebruik word om standaardisering te verseker.
ASSESSERINGSKRITERIA
Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.
KRITERIA
Algehele indruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovasie: Ontwikkeling van
nuwe en unieke antwoorde/oplossings
Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke: Geskiktheid van materiaal en tegnieke volgens
die konsep; veiligheid en bestuurbaarheid; tegniese vaardighede getoon
Gebruik van formele kunselemente: Die belangrikheid van elemente en kunsbeginsels,
soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie
Interpretasie en praktiese implementering van tema(s): 'n Persoonlike interpretasie van 'n
tema; eksperimentering; hantering van nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding van kunswerk: Aandag aan detail; taak binne tydsduur voltooi;
aanbieding volgens taak
Kuratorskap (Aanbieding) van uitstalling: Professionaliteit, duidelik, ens.
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 10 DBE/PAT 2019
NSS
2.5 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Uitstaande 90–100 • Die leerder het baie idees gegenereer; het ongewone
kombinasies of veranderinge probeer voordat een idee gekies is;
het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeestering van
probleemoplossingsvaardighede.
• Poging veel meer as wat vereis word.
• Die 'WOW'-faktor is duidelik.
• Werke toon 'n groot mate van innovering.
• Inhoud/konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
• Die werk in geheel spreek van selfvertroue en is stemmingsvol; dit
betrek die kyker met uitstekende visuele kwaliteite.
• Die werk toon duidelik oorspronklike visie, 'n verskeidenheid van
innoverende idees en/of die neem van risiko's en die vindingryke
artikulasie van 'n wye verskeidenheid van elemente en beginsels.
• Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Buitengewone vermoë;
kreatiewe rykheid; insiggewend, vlot, hoë vaardigheid,
waarneming en kennis sterk uitgedruk; ondersteun deur 'n
oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele
verwysings.
Uitstekend 80–89 • Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed
georganiseerd en samehangend, afgerond; vaardigheid duidelik;
ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele
verwysings; aanbieding oorspronklik en weldeurdag; minder
opgelos; 'n paar geringe foute sigbaar.
• Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so
innoverend nie OF baie innoverend, maar daar is 'n gebrek aan
tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 • Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'sprankel' ontbreek
(minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings;
duidelike sorg en moeite met oorspronklike aanbieding; 'n paar
duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.
• Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/innoverend/
kreatief, maar nie tegnies opgelos nie.
• Tegnies goed, maar konseptuele rykheid ontbreek, of andersom.
Werk mag kreatief innoverend wees, maar tegniese vaardighede
ontbreek.
Goed 60–69 • Die werk demonstreer 'n mate van oorspronklikheid; duidelike
bedoeling; oortuigend; eenvoudige, direkte gebruik van medium;
vertoon begrip, maar neig soms na die alledaagse en
stereotipiese reaksie; voldoende keuse van relevante visuele
verwysings; redelike moeite gedoen met aanbieding; steurende/
duidelike teenstrydighede.
• Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 • Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig.
• Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings wat nie altyd duidelik
geïdentifiseer nie.
• Aanvaarbare aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
• Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlike beperkte
betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.
• Beelde is van 'n ander bron gekopieer met min transformasie van
beelde.
• Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.
• Omvang van werk is eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 11 DBE/PAT 2019
NSS
Onder- 40–49 • Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
gemiddeld • Beperkte keuses van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
• Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding wat
ondersteuning/motivering benodig om te slaag.
• Beeldgebruik is van 'n ander bron gekopieer met baie min
transformasie.
• Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
beplanning nie of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 • Net genoeg materiaal/werk om te slaag.
• Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik.
• Geringe poging aangewend om inligting op 'n aanvaarbare wyse
aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
• Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
motivering om te slaag
• Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder die
aanvaarbare.
• Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 • Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip min of irrelevante werk/visuele inligting.
• Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
• Baie swak vaardigheidsvlak.
• Projek is baie swak of onvoltooid.
• Swak estetiese besluitneming.
• Klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 • Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking.
• Werk onvoltooid.
• Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen
nie.
• Die meeste klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 12 DBE/PAT 2019
NSS
2.6 Moderering van PAT'e
Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet op 'n gereelde basis plaasvind. Die
onderstaande templaat kan vir interne (skool) en eksterne (provinsiale) moderering van die PAT
gebruik word.
VISUELE KUNSTE: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
SKOOL VAK
GRAAD DATUM
ONDERWYSER MODERATOR
1. DIE PAT-OPDRAG √ OR x
Vaknaam, graad en jaar
Duidelike instruksies van wat verwag word, wat van op die spesifieke graad toepassing is
Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad
Visuele inspirasie
Die opdrag gebaseer op Williams se taksonomie skep die geleentheid om die volgende te
ontwikkel:
• Vloei (die generering van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/
probleem)
• Buigsaamheid (die generering van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende
idees/oplossings/opsies)
• Oorspronklikheid (die generering van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/ oplossings)
• Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit makliker
te maak vir ander om te verstaan of om dit meer interessant te maak)
• Risiko's neem (eksperimentering, die probeer van nuwe uitdagings)
• Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe
situasie te bring en/of die ontbrekende dele raak te sien)
• Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai)
• Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te bou, moontlikhede en nuwe
dinge te visualiseer of verby praktiese beperkinge te reik)
Duidelike assesseringskriteria
Sperdatums en tydsbestuur
KOMMENTAAR:
2. ASSESSERING VAN PAT'e
Van toepassing op die spesifieke graad in lyn met die provinsie se standaard, bv. realistiese
puntetoekenning
Gebruik van assesseringskriteria
50 punte vir Bronboek sluit die assessering van die volgende in:
• Konsep-ontwikkeling
• Navorsing, ondersoek, eksperimentering
• Prosestekeninge
• Aanbieding, algehele voorkoms
As al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n
betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief?
50 punte vir Kunswerk(e) sluit die assessering van die volgende in:
• Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke
• Gebruik van formele kunselement
• Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering
• Interpretasie en praktiese implementering van navorsing
• Voltooiing en aanbieding van kunswerk
As al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n
betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief?
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 13 DBE/PAT 2019
NSS
2.7 Verklaring van egtheid
Verwys na ADDENDUM A op bladsy 24.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 14 DBE/PAT 2019
NSS
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Instruksies vir die leerder
ONDERWERP 1 – BRONBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van
kreatiewe idees)
' 'n Idee is ons visuele reaksie op iets wat ons gesien het – in die werklike lewe, in ons
geheue, in ons verbeelding, in ons drome.' – Vrye vertaling: Anna Held Audette in die boek,
The Blank Canvas
Die bronboek verskaf insig oor die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle
gedagteprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra.
Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk ontstaan en ontwikkel het en geskep is
deur teken, eksperimenteer en skryf. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele
Kunste-leerder weerspieël.
In jou bronboek moet jy avontuurlustig en kreatief-ondersoekend wees, risiko's neem,
eksperimenteer en bowenal teken, teken, teken.
ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Konsep-ontwikkeling • Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge
om konsep-ontwikkeling te toon
Die volgende stappe sal jou help met konsep-ontwikkeling:
HOE OM IDEES TE GENEREER
Thomas Edison, die groot uitvinder, het gesê dat genialiteit een persent inspirasie en nege-en-
negentig persent sweet is. As jy op inspirasie gaan wag vir 'n projek om jou soos 'n weerligstraal
te tref, gaan jy baie lank wag en dan gewoonlik met 'n baie voor die hand liggende oplossing
vorendag kom. Kunstenaars werk hard om inspirasie te kry deur ander kunstenaars na te vors, te
teken, te skryf en met tegnieke en verskillende media te eksperimenteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 15 DBE/PAT 2019
NSS
Terwyl jy idees kry, probeer om jou denkprosesse te lei na dit wat persoonlik, ongewoon,
uitdagend is en wat jou met passie vul.
Wanneer jy 'n tema ontvang, kan die volgende gebruik word om idees rondom die tema te
genereer:
• Breinkaarte
'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met die sentrale tema verband hou, voort te
bring. Die eindresultaat moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees of selfs
visuele beelde wees. Soos wat jy die vertakkings uitbrei, ontdek jy dalk nuwe oplossings.
'n Paar vinnige riglyne:
o Begin deur die tema in die middel van die bladsy te plaas (skryf die woord en/of teken 'n
prent daarvan).
o Teken ten minste vier dik, organiese takke wat vanaf die sentrale woord/beeld uitstraal.
Jy kan verskillende kleure gebruik om elke tak te verteenwoordig.
o Teken addisionele takke wat vanaf jou hooftakke strek. Die woorde op hierdie takke is
sub-onderwerpe van die woorde wat jy op jou hooftakke geskryf het.
o Hou aan om die breinkaart uitwaarts uit te brei met addisionele sub-onderwerpe/
kernwoorde en takke.
• Gebruik woordeboeke en 'n tesourus
Soek die betekenis van woorde op. 'n Tesourus neem 'n mens op 'n reis van sinonieme wat
nuwe inspirasiemoontlikhede oopmaak.
• Bewussynstroom-skryf
Begin sommer net skryf oor die tema wat jy gekry het sonder om bewustelik te dink. Lees
daardeur en miskien is daar 'n oorspronklike oplossing.
• Maak lysies en sketse
Baie kunstenaars gebruik lysies en sketse van moontlikhede. Visueel kreatiewe mense
gebruik dikwels duimnaelsketse as hulle lysies.
• Ander idees
Inspirasie kan van die volgende kom:
o Klanke – uit die natuur, musiek, liedjies
o Woorde – poësie, letterkunde, aanhalings, frases
o Visuele beelde – werk van ander kunstenaars
o Prente – uit boeke, tydskrifte, katalogusse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 16 DBE/PAT 2019
NSS
• Persoonlik
Dit is belangrik dat jy temas verpersoonlik. Jy moet konsentreer op dinge waarvoor jy omgee,
dinge wat jou roer. Voer onderhoude met jou familie en vriende, gebruik ou familiefoto's,
objekte wat 'n spesiale betekenis het, ens. Kyk na jou 'storie' – jou familiegeskiedenis,
tradisies, rituele, en vertel 'n persoonlike storie. 'n Ware kunstenaar maak kuns wat vir
hom/haar van waarde is.
Jy het toegang tot 'n hoë gehalte beeldmateriaal nodig om kunswerke te skep. Probeer om nie
slegs foto's van ander te gebruik nie. Dit is altyd beter om 'n onderwerp eerstehands te verken.
Baie van die foto's op die internet is van 'n swak gehalte of is te generies. Leerders moet
aangemoedig word om hul eie foto's te neem en hul eie bronmateriaal te genereer.
SELEKTEER EN EVALUEER IDEES
ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Navorsing, ondersoek, • Dit moet sommige of al die volgende insluit:
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal
wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het
o Eksperimentering van media en/of verskillende
tegnieke
• Alle materiaal moet verband hou met die ontwikkeling van
jou werk en moet jou besluite ondersteun.
Jy behoort nou baie idees te hê en moet nou die beste breë idee vir verdere verkenning kies.
• Eksperimentering met materiaal en tegnieke
Kunstenaars vind dikwels inspirasie soos hulle die materiaal begin manipuleer. Vertroue en 'n
mate van die bemeestering van prosesse en materiaal maak voorsiening vir 'n meer kreatiewe
weergawe van nuwe idees. Dit is natuurlik om visuele idees te kry wanneer ons met visuele
materiale werk en nuwe tegnieke uittoets. Ondersoeke moet doelgerig wees.
• Beeldmanipulasie deur collages, montages, Photoshop, ens.
Jy wil nie stereotipiese komposisies met gesentraliseerde beelde skep nie. Begin 'speel' met
fotostate van jou tekeninge en ander bronmateriaal, bv. tydskrifbeelde, om ander opwindende
moontlikhede vir die finale kunswerk te skep. Dokumenteer jou digitale manipulasies om
eienaarskap te kry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 17 DBE/PAT 2019
NSS
Dit kan die volgende insluit:
o Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde
o Naasmekaarstelling van visuele beelde
o Die skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of
geskandeer word
o Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/
lynolie te bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik
o Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek en bo-oor dit te teken of skilder
• Invloede van kunstenaars
o Maak seker dat jy historiese en/of kontemporêre voorbeelde insluit wat jou geïnspireer
het. 'n Riglyn sou wees om twee tot drie kunstenaars/kunswerke te ondersoek/na te vors
en jou eie, persoonlike reaksie te toon.
o Moenie internet-drukstukke met inligting in jou bronboek plak nie.
o Toon goeie gebruik van vakkundige woordeskat (frases soos 'sterk kontras', 'lei die oog'
en 'fokuspunt').
• Teken/Skets
Maak baie duimnaelsketse om verskillende moontlikhede vir jou finale idee te oorweeg. Maak
byskrifte en notas om 'n geskiedenis van jou denkprosesse te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 18 DBE/PAT 2019
NSS
• Skryf
Skryf aantekeninge/verklarings by tekeninge, bronne en eksperimente om jou gedagtes
tydens konseptualisering uit te druk. Kommunikeer duidelik. Dit maak nie saak of jy
aantekeninge of volsinne gebruik nie, maar moet nooit 'txt' of sleng/sms-taal gebruik nie.
• Dit is belangrik om te benadruk dat die doel van enige kunswerk is om 'n boodskap oor te
dra – om kommentaar te lewer, te skreeu of te sing oor die wêreld waarin ons onsself
bevind.
• Wanneer jy jou idees evalueer, elimineer dit wat onoorspronklik /oppervlakkig ('cheesy')
(bv. die pienk hartjies en oulike goetertjies), onopreg (bv. wêreldvrede) of oordrewe mooi
is en niks om die lyf het nie (bv. 'n bos rose).
• Skakel bronne uit wat 'holrug gery' is. Niks in kuns is nuut nie, maar jy kan dit 'n vars
voorkoms gee. Daar is dikwels 'n magiese kwaliteit in dit wat ander weggooi, miskyk of
vergeet.
DIE FINALE IDEE
Jy het nou jou finale idee vir die kunswerk en kan nou begin om dit te verfyn.
• Oorweeg die volgende wanneer die finale komposisie beplan word
Oorgange tussen objekte, ongewone jukstaplasings, transformasies en metamorfose. Werk
jou finale komposisie uit. 'n Goeie idee moet visueel opwindend wees. Maak klein
duimnaelsketse om 'n verskeidenheid moontlikhede te oorweeg. Dink aan dinge soos die
kontras tussen oop en besige dele, tussen donker en lig, ens. Dink aan negatiewe ruimtes, die
gebruik van diagonale lyne, ens. om 'n gemoedstoestand of atmosfeer te skep. Moenie jou
idee oorlaai nie.
ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou
konsep-ontwikkeling te verduidelik.
• Teken, teken en teken nog meer ...
Daar moet 'n uitgebreide gebruik van teken in jou bronboek wees wat ten minste 30% van jou
voorstel vir jou finale werk weerspieël. Verseker die uitgebreide gebruik van tekening om
persepsie en uitvinding uit te druk en om gevoelens, ervarings en idees oor te dra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 19 DBE/PAT 2019
NSS
Dit is belangrik dat handvaardighede in die bronboek gedemonstreer word en dat teken
geïnterpreteer word as die skep van merke ('mark making') om denke visueel te maak deur:
o Verskillende media, bv. potlood, pen, verf, uitveërs, penne, ink, bleikmiddel, tou, ens.
o Verskillende style, bv. naturalisties, ekspressionisties, beweging ('gestural'), abstrak, ens.
o Verskillende tekentegnieke, bv. stippeling, arsering, krabbel, tonale tekening, ens.
Teken kan dus wissel van eenvoudige lynsketse om idees te verduidelik tot volle tonale
tekeninge.. Dit kan ook klein skilderye insluit. Dit is belangrik om idees en konsepte uit te druk
deur tekening, bv. geannoteerde tekeninge.
Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens., word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n
visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is
onaanvaarbaar. Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is
uiters belangrik. As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL.
ASSESSERINGSKRITERIA DIT SLUIT DIE VOLGENDE IN:
Aanbieding en algehele voorkoms • Visueel interessant om 'n persoonlike benadering
te toon.
• Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye
bestaan.
LAASTENS …
• Uitleg
o 'n Bronboek se voorkoms moet herinner aan dit wat jy kon verwag 'n kunstenaar sou
skep. Dit is nie 'n plakboek nie.
o Wissel bladuitleg af om verskeidenheid en visuele interessantheid te skep.
o Elke blad van jou bronboek moet kreatiwiteit weerspieël.
o Gebruik jou ruimte doeltreffend.
• Dokumentasie van die proses
o Enige digitale werk, bv. fotografie, animasie, ens., moet deur skermskote, tekeninge
en/of aantekeninge gedokumenteer word.
o As jou werk meer prosesgeoriënteerd is, kan jy die proses dokumenteer, bv. tekeninge,
aantekeninge en/of foto's.
• Refleksie/Nabetragting
Daar moet bewyse van refleksie/nabetragting sigbaar wees. Dit hoef 'n opstel aan die einde
van die proses te wees nie, maar kan deur aantekeninge en annotasies dwarsdeur die
bronboek gedoen word. Dit sal insig gee oor hoe jy idees gevorm het en hoeveel alternatiewe
jy ondersoek het.
Die bronboekwerk vorm die helfte van jou punt vir al die PAT'e. Al word die keuse van grootte en
formaat (A2, A3, A4 of enige ander grootte) aan jou en/of jou onderwyser oorgelaat, moet dit 'n
wesenlike groep kunswerke wees. 'n Algemene riglyn sou wees 'n minimum van 8–10 bladsye per
PAT. Dit moet die ontwikkeling van jou idees duidelik toon en direk met jou kunswerk verband
hou. Ten minste 30% moet uit tekeninge bestaan.
Die belangrikste funksie van die bronboek is om insig te gee in jou denkprosesse wat tot die
finale kunswerk gelei het. Daar MOET 'n duidelike verband tussen die bronboek en die
kunswerk wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 20 DBE/PAT 2019
NSS
ONDERWERP 2 – DIE SKEP VAN DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg)
Wat doen kunstenaars?
Onthou Skep Verbeel
Voel Waarneem Verwring
Eksperimenteer Ontdek Speel
Herhaal Omskep Ondersoek
Beplan Analiseer Simboliseer
DIT IS HOE JY JOU TEMA KAN VERKEN.
• Die kunswerk moet met jou eie ervarings verband hou.
• Kuns is die produk van 'n proses.
• Komposisie is die grondslag vir beeldskepping. Bespreek jou komposisies en maniere om dit
meer opwindend te maak met jou onderwyser.
• 'n Idee is net so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee ruïneer.
• 'n Kunswerk is eerstens 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot kunswerke is die
onderwerp en die wyse waarop dit weergegee word, onafskeidbaar. Jy moet tegnieke
bemeester om jou inhoud te beskerm.
• Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur,
tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie. Wees kreatief en
innoverend.
• Geniet wat jy doen en streef altyd na 'n persoonlike interpretasie van 'n tema.
• Tyd is 'n faktor wanneer jy praktiese werk doen. Moet dus nie tyd mors nie anders gaan jy
onvoltooide werk inlewer.
• Laat Visuele Kultuurstudies jou inspireer.
• Dit is raadsaam om oor die sterk en swak punte van jou werk te besin wanneer jy die PAT
voltooi het.
3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3
Praktiese Assesseringstaak Praktiese Assesseringstaak Proefeksamen (Praktiese Taak)
(doen aan begin van kwartaal)
Onderwerp 1 – Konseptualisering Onderwerp 1 – Konseptualisering Onderwerp 1 – Konseptualisering
(50) (50) (50)
Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50)
Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer
kunswerk(e) moet in hierdie kunswerk(e) moet in hierdie kunswerk(e) moet in hierdie
PAT voltooi word, met deeglike PAT voltooi word, met deeglike PAT voltooi word, met deeglike
proseswerk wat in die proseswerk wat in die proseswerk wat in die
bronboek getoon word. bronboek getoon word. bronboek getoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 21 DBE/PAT 2019
NSS
3.3 Assessering
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs-
toekenning
Konsep-ontwikkeling • Breinkaarte, sketse met aantekeninge en 25%
tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, • Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25%
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en ander
materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
o Eksperimentering van media en/of
verskillende tegnieke
• Alle materiaal moet verband hou met die
ontwikkeling van jou werk en jou besluite
ondersteun.
Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25%
konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele • Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering
• Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10
bladsye bestaan.
TOTAAL 50
Riglyne vir assessering
• Soos gesien in die rubriek vir die bronboek dra die vier assesseringskriteria gelyke gewig.
• Elke assesseringskriterium moet as 'n persentasie gemerk word.
• Die vier punte moet bymekaar getel word vir 'n 'n punt uit 400 en dan deur 8 gedeel word om
die totaal uit 50 te kry.
• Slegs die spesifieke kriteria moet nagesien word. Onderwysers mag nie hulle eie vereistes
opstel nie.
• Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10
MOET in al die kriteria gebruik word om standaardisering te verseker.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 22 DBE/PAT 2019
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van • Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die konsep
materiaal/tegnieke • Veilig en hanteerbaar
• Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele • Die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns,
kunselemente soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie,
proporsie/verhouding en komposisie
Geheelindruk van werk – • Ontwikkeling van nuwe en unieke oplossings
oorspronklikheid,
kreatiwiteit, innovering
Vertolking/Interpretasie en • 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
praktiese implementering • Eksperimentering
van navorsing • Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding • Aandag aan detail
van kunswerk • Taak in toegelate tyd voltooi
• Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Riglyne vir assessering
• Die kunswerk MOET holisties geassesseer word en geen spesifieke puntetoekennings kan vir
die verskillende kriteria gebruik word nie.
• Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10
MOET gebruik word om standaardisering te verseker.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 23 DBE/PAT 2019
NSS
3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie
• Afwesigheid of take wat nie ingelewer is nie, sal 'n ONVOLLEDIGE punt tot gevolg hê.
• Om egtheid te verseker, moet 60% van die kunswerk (ONDERWERP 2) by die skool voltooi
word.
• Indien werke by die huis voltooi word, kan die onderwyser nie die egtheid daarvan goedkeur
nie en 0% sal toegeken word.
3.5 Aanbiedingsvereistes
ONDERWERP 1 (Bronboek): Minimum van 8–10 bladsye
ONDERWERP 2 (Kunswerk): Jou onderwyser sal jou help met die aanbieding, raam, uitstalling,
ens. vir nasiendoeleindes.
3.6 Tydraamwerke
• Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk
• Kontrolepunte tydens die proses
3.7 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A op bladsy 24.
4. BRONNELYS
LTSM – Bronverwysings
• Handboek deur die DBE goedgekeur.
• Naslaanboeke, katalogusse en tydskrifte soos Art Africa en Art Times, foto's, PowerPoint-
aanbiedings, video's, ens. om waardevolle onderrig- en leerondersteuningsmateriaal te
verskaf.
• Besoeke aan kunsuitstallings. Gereelde, volgehoue besoeke aan kontemporêre uitstallings
word sterk aanbeveel. Waar besoeke onmoontlik is (skole in landelike gebiede, ens.), moet
koerantresensies, ens. gereeld geraadpleeg word.
• Die internet: Gebruik die soekenjins om nuttige webwerwe te vind. YouTube voorsien baie
praktiese werkswinkels. Inspirasie vir praktiese take kan op Pinterest gevind word.
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan
demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook
betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf. Die
PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by
hulle eie leerervarings betrokke te raak.
LET WEL: Al die kunswerke in hierdie dokument is deur graad 12-leerders geskep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 24 DBE/PAT 2019
NSS
BYLAE A
VERKLARING VAN EGTHEID
Ten minste 60% van hierdie PAT is onder toesig van die Visuele Kunste-onderwyser gedoen.
Hierdie verklaring sertifiseer dat alle werk wat ingelewer is, oorspronklik is en die werk van
die leerder is.
Leerder
Skool
Distrik
PAT 1/2/Proefeksamen: (Kies en omsirkel slegs EEN.)
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Skoolhoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 25 DBE/PAT 2019
NSS
BYLAE B
PAT-VOORBEELD
Onderwysers mag in 2019 hierdie voorbeeld as een van hulle PAT'e gebruik.
AFROFUTURISME
'Tyd is hierdie regtige vloeibare ding. Nou is nou, maar die verlede is nou
en ook die toekoms.' – Niama Safia Sandy, kurator en antropoloog
Wangechi Mutu, Humming (Neurie) (detail), gemengde media, ink, verf,
blinkertjies ('glitter'), nagemaakte pêrels en collage op Mylar, 2010.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 26 DBE/PAT 2019
NSS
Afrofuturisme is 'n term wat in 1994 deur die skrywer, Mark Dery, geskep is. Hy het dit in sy
essay, 'Black to the Future', gebruik om 'n tendens te omskryf wat hy onder jong Afro-Amerikaners
waargeneem het wat op wetenskapfiksie en tegnologie in 'n soeke na hul identiteit gebaseer is.
Hierdie jong mense deel 'n passie vir populêre kultuur en fiksie en sien hierdie media met 'n
ongeëwenaarde mag om sosiale verandering te beïnvloed. Afrofuturisme is 'n beweging in
letterkunde, musiek, kuns, ens., met futuristiese of wetenskapfiksie temas, wat elemente van
swart geskiedenis en kultuur vermeng.
Die lokettrefferfilm, Black Panther, het Afrofuturisme na die hoofstroom gebring.
Gewilde sangers, soos Beyoncé en Rihanna, het ook invloede van Afrofuturisme gebruik.
Rihanna, as Tomorrow, 'n anderwêreldse koningin, in W Magazine, September 2016.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 27 DBE/PAT 2019
NSS
Stilfoto's uit die bekroonde
musiekvideo, One Source, deur
Khuli Chana. Die regisseur,
Suna Gonera, het gesê dat
Suid-Afrikaanse kreatiewe persone
vir 'n lang tyd oorsee vir inspirasie
gesoek het. 'In teenstelling daarmee
is One Source 'n viering van die
kreatiewe rewolusie wat dwarsoor
die vasteland plaasvind soos ons dit
wat ons as Afrikane identifiseer,
aangryp. Alle krediet aan Native
VML, Absolut en Pernod Ricard, wat
die geleentheid gesien het om Afrika
in 'n heeltemal ander lig op 'n globale
verhoog te sien.
Fabrice Monteiro, in sy
fotoreeks, Prophesy ('Profesie'),
2013–2016, toon beeldhouwerke
wat uit afvalmateriaal gemaak is,
gevind in die Afrika-landskap en
gevorm om die geeste van die
Aarde te verteenwoordig. Dit
vertel aan mense dat hulle 'n les
moet leer en moet ophou om dit
wat eens 'n ongerepte gebied
was, te besoedel. Sy kuns verken
die Afrika-landskap en hoe dit
deur modernisering en
verwestering geraak is.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 28 DBE/PAT 2019
NSS
'Ek probeer om my gehoor vanaf die werklikheid in 'n vreemde wêreld in te trek wat ruimte, groot
katte, rustige landskappe en die Afrika-diaspora vermeng.' – David Alabo
David Alabo, Birth (Geboorte), digitale media, Tabita Rezaire, INNER FIRE: Pimp your
ongedateer. Brain (INNERLIKE VUUR: Laat jou brein
verklik), Diasec-afdruk, 2017.
Muchiri Njenga, Kichwateli I, 2015 David Huffman, MLK, akrielverf, olieverf en
blinkertjies ('glitter') op doek, 2007.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 29 DBE/PAT 2019
NSS
Ruby Onyinyechi Amanze, Kindred (Verwantskap), grafiet, ink, pigment, emalje,
foto-afdrukke en blinkertjies ('glitter') op papier, 2014.
Kaylan Michael (Lost in the Island), The Fighter (Die Vegter), digitale fotografie, ongedateer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 30 DBE/PAT 2019
NSS
Wangechi Mutu, The Bride Who Married A Camel's Saya Woolfalk, Chimera from the
Head (Die Bruid Wat met 'n Kameel se Kop Getrou Empathic Series (Droombeeld uit die
Het), gemengde media op papier, 2009. Empatiese Reeks), stilfoto uit
enkelkanaalvideo, 2013.
Mary Sibande, A Terrible Beauty ('n Vreeslike Skoonheid), argivale digitale afdruk, 2013.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 31 DBE/PAT 2019
NSS
Afrofuturisme kombineer dikwels wetenskapfiksie, antieke kulture, fantasie en tegnokultuur op 'n
surrealistiese manier om kwessies van vandag aan te raak en te kritiseer. Dit is 'n beweging wat
poog om 'n nuwe identiteit te inspireer en te skep deur ander Afrikane aan te moedig om hul
omgewings te herondersoek en hul toekoms te herdink.
Afrofuturisme is deur baie Afrika-kunstenaars aangegryp om die verlede, hede en toekoms op
nuwe, innoverende maniere te vier en die tradisionele sienings van Afrika en Afrika-mense te
verander.
Hoe sou jy die verlede, hede en toekoms aangryp en vier om jou
unieke interpretasie van Afrofuturisme binne jou spesifieke dissipline te gee?
Onthou, dit is altyd raadsaam om 'n persoonlike interpretasie te gee.
Oorweeg die volgende in die konseptualisering van Afrofuturisme:
• Persoonlike assosiasies/eie interpretasie
• Positiewe of negatiewe idees rondom die tema
• Surrealistiese kombinasie van beelde
Cyrus Kabiru, Macho Nne 24 (Nubian Leonce Raphael Agbodjelou, Untitled,
antelope) (Nubiese bok), pigment ink op Musclemen-series (Ongetiteld, Spiermanne-
papier, 2015. reeks), c-afdruk, ongedateer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 32 DBE/PAT 2019
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
Die volgende is moontlike riglyne om die tema te benader:
• Ondersoek die tema en verwante kunstenaars. Die kunstenaars in hierdie PAT sal 'n goeie
beginpunt wees. Sorg dat jy ten minste DRIE kunstenaars ondersoek. Verpersoonlik jou
navorsing met aantekeninge, visuele beelde en byskrifte/verklarings in jou bronboek.
• Begin deur 'n omvattende breinkaart oor Afrofuturisme te maak.
Die volgende kan as 'vertakkings' gebruik word om idees te ontwikkel:
o Verlede – antieke kulture, voorgeslagte, persoonlike geskiedenis, ens.
o Hede – mense, subkulture, musiek, simbole, ens.
o Toekoms – wetenskapfiksie, tegnologie, wetenskap, ens.
• Gebruik jou idees uit die breinkaart om goeie bronmateriaal uit boeke, die internet, ens. te
vind. Dit is ook raadsaam om jou eie foto's van landskappe, mense en voorwerpe te neem,
waar moontlik.
• 'n Goeie opsie sal wees om jou bronmateriaal te gebruik om collages te maak (met die hand of
digitaal).
• Hersien jou collages deur sketse van verskillende komposisiemoontlikhede van jou idee te
maak.
• Dit is belangrik om die gevoel/atmosfeer wat jy wil uitbeeld, te oorweeg. Dink oor die kontras
tussen oop areas en gevulde areas, tussen donker en lig, ens. Dink oor negatiewe ruimtes, die
gebruik van diagonale lyne, ens. Besluit op die beste oplossing om jou gevoel/atmosfeer oor te
dra.
• Maak 'n tonale tekening van jou finale komposisie met byskrifte/verklarings van jou intensie.
Onthou dat 'n goeie idee visueel opwindend moet wees.
• Begin ondersoek en eksperimenteer met tegnieke en materiaal. Verskaf aantekeninge van jou
eksperimente.
• Dit is van die uiterste belang dat jou bronboek die ontwikkeling van jou finale kunswerk toon en
die 'storie' van al jou denkprosesse en eksperimente vertel.
• Jou bronboek moet uit ten minste 8–10 bladsye bestaan en ten minste 30% tekeninge insluit.
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
Jou Visuele Kunste-onderwyser sal die skep van die finale kunswerk lei.
Minien Hattingh, Hide & Survive (Kruip weg & Oorleef), gemengde media van koffie, ink en
was op skilderdoekmateriaal, ongedateer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 33 DBE/PAT 2019
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs-
toekenning
Konsep-ontwikkeling • Breinkaarte, sketse met byskrifte en 25%
tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, • Dit moet sommige of al die volgende 25%
eksperimentering, ens. insluit:
o Sketse, tekeninge, foto's, visuele
beelde, versamelde gedigte, lirieke en
ander materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
o Eksperimentering van media en/of
verskillende tegnieke
• Alle materiaal moet met die ontwikkeling
van jou werk verband hou en jou besluite
ondersteun
Prosestekeninge • Ten minste 30% moet tekeninge wees om 25%
jou konsep-ontwikkeling te verduidelik
Aanbieding en algehele • Visueel interessant om 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering te toon.
• Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10
bladsye bestaan.
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van • Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die konsep
materiaal/tegnieke • Veilig en hanteerbaar
• Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele • Die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns,
kunselemente soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie,
proporsie en komposisie
Geheelindruk van werk – • Ontwikkeling van nuwe en unieke oplossings
oorspronklikheid,
kreatiwiteit, innovering
Interpretasie en praktiese • 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
implementering van • Eksperimentering
navorsing • Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding • Aandag aan detail
van kunswerk • Taak in toegelate tyd voltooi
• Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 34 DBE/PAT 2019
NSS
BYLAE C
RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: AFROFUTURISME TE BESTUUR
Verwys na die volgende in hierdie PAT-dokument om hierdie PAT te fasiliteer:
• 'n Paar idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei
• 'n Paar idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei
• Sorg dat leerders toegang het tot die Riglyne vir die Leerder in hierdie dokument.
'n Paar ander dinge om te oorweeg:
• PASAANGEËRY
Stel die sperdatums vas vir die inlewering van die PAT. Dit is raadsaam om ook mini-
sperdatums vir bronboek-aktiwiteite vas te stel. Vakadviseurs vind dikwels dat leerders die
meeste van die kwartaal aan die bronboekwerk spandeer en dan die finale kunswerk afjaag.
Alhoewel 'n groot deel van die konseptualisering in die bronboek gedoen moet word voordat
daar met die finale kunswerk begin word, is daar dele wat gedoen kan en moet word terwyl
daar aan die kunswerk gewerk word. Dit sal die veranderinge insluit wat jy gemaak het terwyl
jy aan die kunswerk gewerk het, verdere eksperimentering en besinning.
• GESPESIALISEERDE OPSIES
Onderwysers kan spesifieke vereistes vir gespesialiseerde praktiese opsies byvoeg, soos
fotografie, beeldhouwerk, drukkuns, ens.
• BEELDMANIPULASIE
Die tema van hierdie PAT veronderstel die naasmekaarstelling van verskillende visuele
beelde. Soos in die bronboekriglyne gesien word, word daar voorgestel dat collage (met die
hand of digitaal) ondersoek moet word om 'n finale komposisie te kry. Fasiliteer hierdie proses
om leerders te laat wegbeweeg van stereotipiese komposisies. Laat leerders met visuele
beelde en/of fotokopieë van hul tekeninge en ander bronmateriaal speel om opwindende
moontlikhede vir die finale kunswerk te skep.
Dit kan die volgende insluit:
o Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde
o Naasmekaarstelling van visuele beelde
o Die skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of
geskandeer word
o Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/
lynolie te bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik
o Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek en bo-oor dit te teken of skilder
Spesifiek met betrekking tot die tema Afrofuturisme
Inleiding
• Gebruik sommige van die kunstenaars in hierdie PAT en andere om die tema bekend te stel.
• Hou 'n klasbespreking oor die voorkoms en estetika van hierdie werke. Ook oor die
kombinasie van visuele beelde en die gebruik van patroon.
• Hierdie PAT hou ook verband met identiteitskwessies en om 'n Afrikaan te wees – leerders
kan hierdie kwessie debatteer om persoonlike interpretasies te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 35 DBE/PAT 2019
NSS
Khuli Chana, One Source-video Suna Gonera, 'Making of One Source video',
Episode 1
Suna Gonera, 'Making of One Source video', Suna Gonera, 'Making of One Source video',
Episode 2 Episode 3
Die gebruik van QR-kodes
• Kyk of jou slimfoon 'n QR-kode-leser het. Besoek die toep-winkel ('app store') op jou slimfoon
om 'n gratis QR-kode-leser af te laai indien jy nie een het nie.
• Maak die app (QR-leser) oop en hou jou hand stil terwyl die QR-kode op jou slimfoon se
skerm gesentreer word.
• Sodra die kode geskandeer is, sal die video wat in die QR-kode gestoor is, oopmaak vir jou
kykplesier.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Visual Arts.
- Grade 12 Visual Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Visual Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Visual Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Visual Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper
More from Grade 12 Visual Arts

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper