Downloaded from hlayiso.com
VISUELE KUNSTE
RIGLYNE VIR
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE
(HERSIEN)
GRAAD 12
2020
Hierdie riglyne bestaan uit 38 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentPractical assessment task 











View all





Visual Arts PAT GR 12 2020 Afr (Hersien)
Grade 12 Visual Arts practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 38 pages. Read online or get the free PDF download.
Visual Arts · Grade 12 · 2020 · Afrikaans. Practical assessment task, 38 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Visual Arts
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Practical assessment task
- Year
- 2020
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 38
- File size
- 2.8 MB
Loading document…
Loading document…
1 of 38
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 2 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
INHOUDSOPGAWE
1. INLEIDING 3
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4
2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei 6
2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei 7
2.3 Hoe om die PAT'e te administreer 8
2.4 Retrospektiewe uitstalling 8
2.5 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien 10
2.6 Moderering van PAT'e 12
2.7 Verklaring van egtheid 13
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 14
3.1 Instruksies vir die leerder 14
3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste 20
3.3 Assessering 21
3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 22
3.5 Aanbiedingsvereistes 22
3.6 Tydraamwerk 22
3.7 Verklaring van egtheid 22
4. BRONNELYS 23
5. GEVOLGTREKKING 23
BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID 24
BYLAE B: PAT-VOORBEELD 25
BYLAE C: RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: DRAAD/KOORD TE BESTUUR 38
AKRONIEME
KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring
VOO Verdere Onderwys en Opleiding
NKV Nasionale Kurrikulumverklaring
NSS Nasionale Senior Sertifikaat
PAT Praktiese Assesseringstaak
AP Assesseringprogram
SGA Skoolgebaseerde assessering
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 3 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
1. INLEIDING
Die 17 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaringsvakke wat 'n praktiese
komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:
LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie
KUNSTE: Dansstudies, Dramatiese Kunste, Musiek, Ontwerp, Visuele
Kunste
WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese
Wetenskappe
DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme
TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese
Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp
'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale
promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke met 'n praktiese komponent en tel
25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT, wat
afgebreek word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite wat die PAT
opmaak, word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT
bied aan leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar
geassesseer te word en maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede
wat nie in 'n geskrewe formaat geassesseer kan word nie, bv. 'n geskrewe toets of
eksamen. Dit is dus belangrik vir skole om te verseker dat alle leerders die praktiese
assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat hulle aan die
einde van die skooljaar hul uitslae kry. Die beplanning en uitvoering van die PAT
verskil van vak tot vak.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 4 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER
KREATIWITEIT – Leerders toon kreatiwiteit wanneer hulle met idees speel en verskillende
benaderings genereer. Hulle skep oorspronklike beelde en artefakte deur verbeeldingryke en
persoonlike oplossings in reaksie op doelgerigte take. Oorspronklikheid kan gedefinieer word
met betrekking tot die leerders se eie vorige werk, die werk van hul portuurgroep, of wat ander
in 'n verskeidenheid historiese kontekste geskep het.
Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) het besluit dat Visuele Kunste-
onderwysers hul eie SGA-take sal opstel weens die kreatiewe aard van die vak.
Onderwysers moet TWEE aparte praktiese assesseringstake ontwerp wat in die
akademiese jaar gedoen moet word, met ander woorde EEN PAT moet in Kwartaal 1 voltooi
word en EEN PAT moet in Kwartaal 2 voltooi word. (In Kwartaal 3 val die derde PAT, die
Proefeksamen, weg as gevolg van Covid-19).
Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en Onderwerp 2: Die maak van
kreatiewe kunswerke insluit.
Punte moet aan beide die konseptualisering (Onderwerp 1) en die maak van kreatiewe
kunswerke (Onderwerp 2) toegeken word.
LET WEL: As gevolg van Covid-19 mag leerders nog in Kwartaal 3 aan PAT 2 werk.
Leerders moet die PAT in die vorm van 'n geskrewe opdrag ontvang om hulle van die volgende
in kennis te stel:
Die presiese doel of eindproduk wat van die taak verwag word met betrekking tot medium,
grootte, ens.
Bronne beskikbaar vir verwysings/navorsing/ondersoeke/eksperimentering
Assesseringsprosedures en -kriteria wat gebruik gaan word
Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk; kontrolepunte
gedurende die proses
Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag
Toepaslike mediums, tegnieke en/of benaderings vir die opdrag
Dit is soms 'n goeie idee om die skriftelike opdrag na 'n aktiwiteit of reeks aktiwiteite te gee.
Onderwerp 1 kan bestaan uit 'n reeks 'boublokke' wat op agtereenvolgende tye gegee word om
eksperimentering en die ontwikkeling van Onderwerp 1 te verseker. Met sorgvuldige beplanning
sal die onderwyser weet waarheen hierdie 'boublokke' die leerders sal lei. Leerders weet dalk
nie waarheen die onderwerp lei nie, wat voortdurend aspekte van verrassing skep. Dit voorkom
die neiging dat leerders by hulle eerste idee vashaak, sonder om werklik te eksperimenteer
en ander moontlikhede te ondersoek. Verder sal die bronboek amper voltooi wees voordat daar
met die finale kunswerk begin word. Dit sal ook help met die pasaangeëry van die proses.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 5 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Algemene riglyne om die PAT op te stel:
In graad 12 moet take oop opdragte wees wat leerders in staat stel om die materiaal,
gereedskap, tegnieke, temas en prosesse binne hul gespesialiseerde praktiese
moontlikhede, bv. skilder, beeldhouwerk, drukkuns, ens., te kies.
Dit word ten sterkste aanbeveel dat onderwysers hulle eie PAT'e opstel om kreatiwiteit en
oorspronklikheid te inspireer. Kontekstuele faktore moet in ag geneem word, naamlik die
materiaal, toerusting en geriewe by 'n skool; hulpbronne, koste, ervaring van leerders, ens.
Geskikte media, tegnieke en/of benaderings moet vir die taak gekies word.
Onthou die presiese doel of eindproduk wat van die taak ten opsigte van medium, grootte,
ens. verwag word om innoverende en persoonlike interpretasies in ag te neem.
Oorspronklikheid en kreatiwiteit is uiters belangrik.
Wanneer daar oor temas besluit word, neem altyd die leerders se belangstellings, ervaring
en konteks in ag om hulle uit te daag. Kunswerke vertel ons van kunstenaars se
ondervindings, idees en gevoelens. Moedig 'eerlikheid' aan sodat leerders se kunswerke
spreek van hulle ondervindings, idees en gevoelens sodat hulle nie 'tweedehandse' werk
lewer nie.
Baie onderwysers kan op 'n oorkoepelende tema vir die jaar se praktiese werk besluit en dit
dan in spesifieke aspekte van die tema verdeel, met ander woorde een per kwartaal. Dit kan
'n meer samehangende groep kunswerke in die retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê.
Stel verwagtinge, minimum vereistes en sperdatums met betrekking tot die eindproduk vas.
BYLAE B op bladsy 25 bevat 'n voorbeeld van 'n praktiese assesseringstaak.
Onderwysers kan hierdie taak as een van hul PAT'e vir 2020 gebruik.
BYLAE C op bladsy 36 gee spesifieke riglyne vir onderwysers met betrekking tot hierdie
PAT.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 6 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei
Informele en formele voorbereiding vir praktiese werk moet in 'n bronboek spesifiek vir
Visuele Kunste aangeteken word. Hierdie bronboek is NIE 'n formele, netjiese notaboek NIE,
maar 'n ekspressiewe, persoonlike 'dagboek' van idees en prikkels wat 'n individu se eie styl,
belangstellings en persoonlikheid weerspieël. Dit moet vol wees, opwindend en 'n nuttige bron
van idees en beelde vir gebruik in praktiese opdragte. Leerders moet al hulle konseptuele
idees, beplanning, 'rondspeel' en verkenningswerk in hulle Visuele Kunste-bronboek plaas.
Die bronboek gee insig in die manier waarop die leerders idees gevorm het, hoeveel
alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die
bronboek moet alle denkprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik
weergee.
Die Riglyne vir die Leerder op bladsy 14 in hierdie dokument verskaf meer
gedetailleerde inligting oor die proses van konseptualisering in die bronboek.
Die bronboek moet die volgende insluit:
Sketse en voorbereidingstekeninge. Teken is 'n verpligte deel van alle praktiese
moontlikhede in Visuele Kunste. Verwys na bladsy 19 in die Riglyne vir die Leerder vir 'n
definisie in breë trekke van 'teken'.
Visuele beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, foto's, ens. wat deur die leerder versamel
is
Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, ens.) wat die leerder interessant of
stimulerend gevind het, of wat persoonlike betekenis het, of wat op die een of ander tyd vir
'n praktiese projek bruikbaar kan wees
Krabbels ('Doodles'), woorde, sketse, geskrifte wat met die leerder se ondervindings en
konteks verband hou
Navorsing en die studie oor 'n wye verskeidenheid kunstenaars, asook voorbeelde wat
hulle praktiese werk sal inspireer
Enigiets anders wat die leerder stimulerend en/of interessant mag vind en wat as 'n bron
vir sy/haar praktiese werk kan dien
Ondersoek verskillende tegnieke en materiale
Breinkaarte om idees te ontwikkel
Dokumentasie van enige proseswerk
Onderwysers moet:
Die konseptualiseringsproses in die bronboek fasiliteer en lei
Eksperimentering met verskillende media aanmoedig. Dit kan klein skilderye, collages,
ens. insluit.
Leerders aanmoedig om die bronboek vir skryf- en sketswerk te gebruik om op dié manier
verder te gaan as die vasgestelde opdrag
Klem plaas op die feit dat hierdie 'n persoonlike uitdrukking is en dat daar nie net een
manier is om dit te doen nie. Moenie te voorskriftelik wees nie, maar laat toe dat leerders
op hulle eie manier die bronboek binne die riglyne skep.
Leerders aan 'n verskeidenheid kunstenaarsboeke blootstel en beklemtoon dat die
ontwikkelingsproses van die kunswerk belangriker as net 'n netjiese 'plakboek' is. Daar is
geen voorskrifte ten opsigte van die grootte nie – dit kan A3, A4 of enige ander grootte
wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 7 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei
Graad 12 is die akkumulasie van 'n drie-jaar-studie en leerders moet voldoende tegniese
vaardighede hê.
Demonstreer, verduidelik en verwys na die werk van relevante kunstenaars wanneer
spesifieke temas bekendgestel word om met Visuele Kultuurstudies te integreer.
Baie min leerders kan 'n opdrag op hul eie voltooi. Daar word van jou as die Visuele
Kunste-onderwyser verwag om die kreatiewe proses van begin tot einde te lei. Wees
ontvanklik vir uiteenlopende oplossings vir praktiese projekte.
Doen voortdurend informele assessering deur leerders se werksvordering met hulle te
bespreek. Probeer om leerders te lei om hul eie oplossings te vind eerder as om jou idees
op hulle af te dwing.
Hou gereelde 'kritieksessies', waartydens jy leerders fasiliteer en leer om te praat en hulle
klasmaats se werk op 'n konstruktiewe manier te bespreek.
Onthou dat jy as die Visuele Kunste-onderwyser die estetiese kwaliteite van enige
take moet lei. Dit is die onderwyser se plig om die leerder te help om sy/haar eie
kreatiewe stem te vind.
Probeer om hulle te lei om individuele en innoverende benaderings/oplossings te vind.
Lei hulle om idees te ontwikkel deur vanaf eerstehandse waarnemings te werk.
Lei leerders ook om bronmateriaal, wat 'n gebrek aan estetiese eienskappe het, uit te
skakel. Esteties beteken nie 'mooi' nie; sommige van die 'lelikste' beelde kan in 'n
kunswerk op 'n ongelooflike wyse weergegee word.
Leerders moet selfversekerde en berekende risiko's neem en nuwe idees en prosesse
sonder vrees vir mislukking uittoets.
Dit is belangrik dat die Visuele Kunste-onderwyser leerders selfvertroue aanleer sodat
leerders gemaklik sal voel met die neem van risiko's en om uit hul foute te leer wanneer
hulle idees, materiaal, gereedskap en tegnieke verken en daarmee eksperimenteer.
Kreatiewe aktiwiteit kan op verskillende vlakke plaasvind; vanaf die laer vlak waar 'n
pastiche van 'n bestaande idee of werk geskep word, tot die hoogste vlak waar 'n
heeltemal vars en individualistiese proses en/of uitkoms ontwikkel word.
Dit is belangrik om deur die hele jaar deurlopend na die leerders se groep kunswerke te
kyk en dit te bespreek. Dit help om hulle sterk en swak punte te identifiseer.
Pasop vir skadelike kritiek. Dit is raadsaam om met die positiewe te begin en dan na areas
te beweeg waarop verbeter kan word. Praat met die leerder, bv.: 'Ek dink dit sal meer
doeltreffend wees as jy hierdie verander … Wat dink jy?' Dit laat hulle deel van die proses
voel en laat hulle oor hul werk dink.
Dit is belangrik dat jy jou leerders verstaan en ken en hulle spesifieke sterk punte
ontwikkel. Sommige leerders sal sorgvuldige beplanners wees, terwyl ander meer intuïtief
werk.
Daar is baie maniere om kunswerke te skep. Party kunstenaars doen noukeurige
beplanning voordat hulle met die kunswerk begin, terwyl ander, bv. party Surrealiste en
Abstrakte Ekspressioniste, meer 'vry' begin en die werk algaande gedurende die
skeppingsproses ontwikkel. Wees buigsaam genoeg om leerders in staat te stel om
verskillende maniere te gebruik om kunswerke te skep. Daar word sterker individuele
interpretasies en style van graad 12-leerders verwag.
Lei leerders om doelmatige, onafhanklike, kritiese en peinsende denkers te wees.
Moenie die leerders onderskat nie, maar daag hulle uit, want hulle verras 'n mens dikwels.
Besinning:
o Aan die einde van elke PAT moet daar 'n vorm van besinning/terugvoering wees oor
die werk wat elke leerder geskep het, om verdere ontwikkeling van die leerder te
verseker. Dit kan geskrewe en/of verbale terugvoering wees wat kommentaar lewer
op sterk en swak punte.
o Dit kan selfbesinning, klas-/onderwyserbesinning en -nasien, portuurbesinning of oop
kritieksessies wees wat deur die onderwyser en die leerder gelei word.
o Terugvoering kan die vorm van 'n mini-uitstalling aanneem.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 8 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.3 Hoe om die PAT'e te administreer
Maak seker dat kunsmedia beskikbaar is.
Voldoende tyd (kies kontaktyd gedurende en/of na skool).
Maak seker dat kontrolepunte en sperdatums nagekom word.
Informele deurlopende assessering.
Voltooi formele assessering volgens die rubriek.
Voltooi sigblaaie ('spreadsheets') wat deur die provinsie verskaf word.
Volg die skool se beleid ten opsigte van die indiening van punte.
PAT-punte en onderwyserportefeuljes moet altyd vir kluster-/provinsiale moderering
beskikbaar wees.
Veilige berging moet vir praktiese werk deur die skool verskaf word.
Alle kunswerk moet te alle tye vir uitstallings, eisteddfods en kunstefeeste beskikbaar
wees en bly die eiendom van die DBE totdat die finale uitslae vrygestel word. Die veilige
bewaring van die kunswerke is die skool se verantwoordelikheid.
2.4 Retrospektiewe uitstalling
Aan die einde van graad 12 moet leerders 'n retrospektiewe uitstalling van hul werk as deel
van hul eksamenpunt aanbied. Hierdie uitstalling toon wesenlike bewyse van die leerders se
Visuele Kunste-konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat mettertyd ontwikkel
het. Dit vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling in die aanbieding van 'n samehangende
groep kunswerke soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling of studentegradueringsuitstalling.
Hierdie uitstalling bied wesenlike bewyse en vertoon die leerders se praktiese werk wat oor 'n
tydperk ontwikkel is. Dit spreek spesifiek tot die bestuur van proses en aanbieding wat deel
vorm van Onderwerp 2.
Onderwerp 2: Die skep van kunswerke
Volgens die KABV moet graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n manier
wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 9 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Kontrolelys vir die uitstalling
Graad 12: PAT'e 1 en 2 is verpligtend. Dit sluit die kunswerke en bronboeke in.
Een of twee graad 11-kunswerke om ontwikkeling en progressie te toon.
Leerders het die geleentheid om hul PAT'e verder te ontwikkel en na 'n samehangende en
holistiese groep kunswerke uit te brei wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing gesien
word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer van hierdie proses.
Aanbieding
Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling verskaf, bv. die skoolsaal, kunsklas, ens.
Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hul
werk en riglyne verskaf vir 'n netjiese, professionele uitstalling.
Die leerder se naam moet duidelik vertoon word en die graad 12-PAT'e moet duidelik
gemerk word.
Die raam van werke is onnodig, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk
beter laat vertoon.
Leerders moet hulle daarvan weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die
uitstalling moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon.
As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die
rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken.
Assessering
Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.
Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat tot die finale geldige punt sal lei:
Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele
oplossings
Kreatiwiteit en oorspronklikheid
Tegniese vaardighede
Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke
Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media,
tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van teken.
Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte
moet aangepas word volgens die werke wat aangebied word.
Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy
10 en 11 MOET gebruik word om standaardisering te verseker.
ASSESSERINGSKRITERIA
Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word.
KRITERIA
Algehele indruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering:
Ontwikkeling van nuwe en unieke antwoorde/oplossings
Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke:
Geskiktheid van materiaal en tegnieke volgens die konsep; veiligheid en bestuurbaarheid;
tegniese vaardighede getoon
Gebruik van formele kunselemente:
Die belangrikheid van elemente en kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte,
ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie
Interpretasie en praktiese implementering van tema(s):
'n Persoonlike interpretasie van 'n tema; eksperimentering; hantering van nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding van kunswerk:
Aandag aan detail; taak binne tydsduur voltooi; aanbieding volgens taak
Kuratorskap (Aanbieding) van uitstalling:
Professionaliteit, duidelik, ens.
TOTAAL 100
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 10 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.5 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien
ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK
Uitstaande 90–100 Die leerder het baie idees gegenereer; het ongewone
kombinasies of veranderinge probeer voordat een idee gekies
is; het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeestering van
probleemoplossingsvaardighede.
Poging veel meer as wat vereis word.
Die 'WOW'-faktor is duidelik.
Werke toon 'n groot mate van innovering.
Inhoud/konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.
Die werk in geheel spreek van selfvertroue en is stemmingsvol;
dit betrek die kyker met uitstekende visuele kwaliteite.
Die werk toon duidelik oorspronklike visie, 'n verskeidenheid
innoverende idees en/of die neem van risiko's en die vindingryke
artikulasie van 'n wye verskeidenheid elemente en beginsels.
Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Buitengewone vermoë;
kreatiewe rykheid; insiggewend, vlot, hoë vaardigheid,
waarneming en kennis sterk uitgedruk; ondersteun deur 'n
oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele
verwysings.
Uitstekend 80–89 Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed
georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik;
ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele
verwysings; aanbieding oorspronklik en weldeurdag; minder
opgelos; 'n paar geringe foute sigbaar.
Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so
innoverend nie OF baie innoverend, maar daar is 'n gebrek aan
tegniese rykheid.
Baie goed 70–79 Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'sprankel' ontbreek
(minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en
innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud;
ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele
verwysings; duidelike sorg en moeite met oorspronklike
aanbieding; 'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.
Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/innoverend/
kreatief, maar nie tegnies opgelos nie.
Tegnies goed, maar konseptuele rykheid ontbreek, of andersom.
Werk mag kreatief innoverend wees, maar tegniese vaardighede
ontbreek.
Goed 60–69 Die werk demonstreer 'n mate van oorspronklikheid; duidelike
bedoeling; oortuigend; eenvoudige, direkte gebruik van medium;
vertoon begrip, maar neig soms na die alledaagse en
stereotipiese reaksie; voldoende keuse van relevante visuele
verwysings; redelike moeite gedoen met aanbieding; steurende/
duidelike teenstrydighede.
Goeie vlak van bevoegdheid.
Gemiddeld 50–59 Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig.
Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings wat nie altyd
duidelik geïdentifiseer nie.
Aanvaarbare aanbieding; baie steurende teenstrydighede.
Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlike beperkte
betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.
Beelde is van 'n ander bron gekopieer met min transformasie
van beelde.
Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.
Omvang van werk is eng en/of herhalend.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 11 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Onder- 40–49 Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie.
gemiddeld Beperkte keuses van inligting; swak tegniese vaardighede en/of
gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.
Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding wat
ondersteuning/motivering benodig om te slaag.
Beeldgebruik is van 'n ander bron gekopieer met baie min
transformasie.
Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van
beplanning nie of onvolledige beplanning.
Swak 30–39 Net genoeg materiaal/werk om te slaag.
Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese
vaardighede gebruik.
Geringe poging aangewend om inligting op 'n aanvaarbare wyse
aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.
Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/
motivering om te slaag
Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder die
aanvaarbare.
Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en
oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie.
Baie swak 20–29 Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie;
Druip min of irrelevante werk/visuele inligting.
Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te
bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.
Baie swak vaardigheidsvlak.
Projek is baie swak of onvoltooid.
Swak estetiese besluitneming.
Klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie.
Onaanvaarbaar 0–19 Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek
Druip aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking.
Werk onvoltooid.
Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen
nie.
Die meeste klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 12 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.6 Moderering van PAT'e
Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet op 'n gereelde basis plaasvind. Die
templaat hieronder kan vir interne (skool) en eksterne (provinsiale) moderering van die PAT
gebruik word.
VISUELE KUNSTE: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK
SKOOL VAK
GRAAD DATUM
ONDERWYSER MODERATOR
1. DIE PAT-OPDRAG √ OF x
Vaknaam, graad en jaar
Duidelike instruksies van wat verwag word, wat op die spesifieke graad van toepassing is
Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad
Visuele inspirasie
Die opdrag gebaseer op Williams se taksonomie skep die geleentheid om die volgende te
ontwikkel:
● Vloei (die generering van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/
probleem)
● Buigsaamheid (die generering van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende
idees/oplossings/opsies)
● Oorspronklikheid (die generering van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/oplossings)
● Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit makliker
te maak vir ander om te verstaan of om dit meer interessant te maak)
● Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings)
Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe
situasie te bring en/of die ontbrekende dele raak te sien)
● Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai)
● Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te bou, moontlikhede en nuwe dinge
te visualiseer of verby praktiese beperkinge te reik)
Duidelike assesseringskriteria
Sperdatums en tydsbestuur
KOMMENTAAR:
2. ASSESSERING VAN PAT'e
Van toepassing op die spesifieke graad in lyn met die provinsie se standaard, bv. realistiese
nasien
Gebruik van assesseringskriteria
50 punte vir Bronboek, insluitend assessering van die volgende:
● Konsep-ontwikkeling
● Navorsing, ondersoek, eksperimentering
● Prosestekeninge
● Aanbieding, algehele voorkoms
Indien al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n
betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief?
50 punte vir Kunswerk(e), insluitend assessering van die volgende:
● Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke
● Gebruik van formele kunselemente
● Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering
● Interpretasie en praktiese implementering van navorsing
● Voltooiing en aanbieding van kunswerk
Indien al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n
betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief?
KOMMENTAAR:
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 13 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
2.7 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A op bladsy 24.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 14 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER
3.1 Instruksies vir die leerder
ONDERWERP 1 – BRONBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking
van kreatiewe idees)
' 'n Idee is ons visuele reaksie op iets wat ons gesien het – in die werklike lewe, in ons
geheue, in ons verbeelding, in ons drome.' – Vrye vertaling: Anna Held Audette in die boek,
The Blank Canvas
Die bronboek verskaf insig oor die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy
ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle
gedagteprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra.
Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk ontstaan en ontwikkel het en geskep is
deur teken, eksperimenteer en skryf. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele
Kunste-leerder weerspieël.
Jy moet in jou bronboek avontuurlustig en kreatief-ondersoekend wees, risiko's neem,
eksperimenteer en bowenal teken, teken, teken.
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge om
konsep-ontwikkeling te toon
Die volgende stappe sal jou help met konsep-ontwikkeling:
HOE OM IDEES TE GENEREER
Thomas Edison, die groot uitvinder, het gesê dat genialiteit een persent inspirasie en nege-en-
negentig persent sweet is. As jy op inspirasie gaan wag vir 'n projek om jou soos 'n weerligstraal
te tref, gaan jy baie lank wag en dan gewoonlik met 'n baie voor die hand liggende oplossing
vorendag kom. Kunstenaars werk hard om inspirasie te kry deur ander kunstenaars na te vors,
te teken, te skryf en met tegnieke en verskillende media te eksperimenteer.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 15 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Terwyl jy idees kry, probeer om jou denkprosesse te lei na dit wat persoonlik, ongewoon en
uitdagend is en wat jou met passie vul.
Wanneer jy 'n tema ontvang, kan die volgende gebruik word om idees rondom die tema
te genereer:
Breinkaart
'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met die sentrale tema verband hou, voort
te bring. Die eindresultaat moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees of selfs visuele
beelde wees. Soos wat jy die vertakkings uitbrei, ontdek jy dalk nuwe oplossings.
'n Paar vinnige riglyne:
o Begin deur die tema in die middel van die bladsy te plaas (skryf die woord en/of teken
'n prent daarvan).
o Teken ten minste vier dik, organiese takke wat vanaf die sentrale woord/beeld uitstraal.
Jy kan verskillende kleure gebruik om elke tak te verteenwoordig.
o Teken addisionele takke wat vanaf jou hooftakke strek. Die woorde op hierdie takke is
sub-onderwerpe van die woorde wat jy op jou hooftakke geskryf het.
o Hou aan om die breinkaart uitwaarts uit te brei met addisionele sub-onderwerpe/
kernwoorde en takke.
Gebruik woordeboeke en 'n tesourus
Soek die betekenis van woorde op. 'n Tesourus neem 'n mens op 'n reis van sinonieme wat
nuwe inspirasiemoontlikhede oopmaak.
Bewussynstroom-skryf ('Stream of Consciousness writing')
Begin sommer net skryf oor die tema wat jy gekry het, sonder om bewustelik te dink. Lees
daardeur en miskien is daar 'n oorspronklike oplossing.
Maak lysies en sketse
Baie kunstenaars gebruik lysies en sketse van moontlikhede. Visueel kreatiewe mense
gebruik dikwels duimnaelsketse as hulle lysies.
Ander idees
Inspirasie kan van die volgende kom:
o Klanke – uit die natuur, musiek, liedjies
o Woorde – poësie, letterkunde, aanhalings, frases
o Visuele beelde – werk van ander kunstenaars
o Prente – uit boeke, tydskrifte, katalogusse
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 16 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Persoonlik
Dit is belangrik dat jy temas verpersoonlik. Jy moet konsentreer op dinge waarvoor jy
omgee, dinge wat jou roer. Voer onderhoude met jou familie en vriende, gebruik ou
familiefoto's, objekte wat 'n spesiale betekenis het, ens. Kyk na jou 'storie' – jou
familiegeskiedenis, tradisies, rituele – en vertel 'n persoonlike storie. 'n Ware kunstenaar
maak kuns wat vir hom/haar van waarde is.
Jy moet toegang tot beeldmateriaal van 'n hoë gehalte hê om kunswerke te skep. Probeer om
nie slegs foto's van ander te gebruik nie. Dit is altyd beter om 'n onderwerp eerstehands te
verken. Baie van die foto's op die internet is van 'n swak gehalte of is te generies. Leerders
moet aangemoedig word om hul eie foto's te neem en hul eie bronmateriaal te genereer.
SELEKTEER EN EVALUEER IDEES
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit:
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en enige ander
materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het
o Eksperimentering van media en/of verskillende
tegnieke
Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk
verband hou en moet jou besluite ondersteun.
Jy behoort nou baie idees te hê en moet nou die beste globale idee vir verdere verkenning kies.
Eksperimenteer met materiaal en tegnieke
Kunstenaars vind dikwels inspirasie sodra hulle die materiaal begin manipuleer. Vertroue en
'n mate van die bemeestering van prosesse en materiaal maak voorsiening vir 'n meer
kreatiewe weergawe van nuwe idees. Dit is natuurlik om visuele idees te kry wanneer ons
met visuele materiale werk en nuwe tegnieke uittoets. Ondersoeke moet doelgerig wees.
Beeldmanipulasie deur collages, montages, Photoshop, ens.
Jy wil nie stereotipiese komposisies met gesentraliseerde beelde skep nie. Begin 'speel'
met fotostate van jou tekeninge en ander bronmateriaal, bv. tydskrifbeelde, om ander
opwindende moontlikhede vir die finale kunswerk te skep. Dokumenteer jou digitale
manipulasies om eienaarskap te kry.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 17 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Dit kan die volgende insluit:
o Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde
o Naasmekaarstelling van visuele beelde
o Die skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of
geskandeer word
o Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/
lynolie te bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik
o Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek en bo-oor dit te teken of skilder
Invloede van kunstenaars
o Maak seker dat jy historiese en/of kontemporêre voorbeelde insluit wat jou
geïnspireer het. 'n Riglyn sou wees om twee tot drie kunstenaars/kunswerke te
ondersoek/na te vors en jou eie, persoonlike reaksie te toon.
o Moenie internet-drukstukke met inligting in jou bronboek plak nie.
o Toon goeie gebruik van vakkundige woordeskat (frases soos 'sterk kontras', 'lei die
oog' en 'fokuspunt').
Teken/Skets
Maak baie duimnaelsketse om verskillende moontlikhede vir jou finale idee te oorweeg.
Maak byskrifte en notas om 'n geskiedenis van jou denkprosesse te skep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 18 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Skryf
Skryf aantekeninge/verklarings by tekeninge, bronne en eksperimente om jou gedagtes
tydens konseptualisering uit te druk. Kommunikeer duidelik. Dit maak nie saak of jy
aantekeninge of volsinne gebruik nie, maar moet nooit 'txt' of sleng/sms-taal gebruik nie.
Dit is belangrik om te benadruk dat die doel van enige kunswerk is om 'n boodskap oor te
dra – om kommentaar te lewer, te skreeu of te sing oor die wêreld waarin ons onsself
bevind.
Wanneer jy jou idees evalueer, elimineer dit wat onoorspronklik/oppervlakkig ('cheesy')
(bv. pienk hartjies en oulike goetertjies), onopreg (bv. wêreldvrede) of oordrewe mooi is en
niks om die lyf het nie (bv. 'n bos rose).
Skakel bronne uit wat holrug gery is. Niks in kuns is nuut nie, maar jy kan dit 'n vars
voorkoms gee. Daar is dikwels 'n magiese kwaliteit in dit wat ander weggooi, miskyk of
vergeet.
DIE FINALE IDEE
Jy het nou jou finale idee vir die kunswerk en kan nou begin om dit te verfyn.
Oorweeg die volgende wanneer die finale komposisie beplan word
Oorgange tussen objekte, ongewone jukstaplasings, transformasies en metamorfose. Werk
jou finale komposisie uit. 'n Goeie idee moet visueel opwindend wees. Maak klein
duimnaelsketse om 'n verskeidenheid moontlikhede te oorweeg. Dink aan dinge soos die
kontras tussen oop en besige dele, tussen donker en lig, ens. Dink aan negatiewe ruimtes,
die gebruik van diagonale lyne, ens. om 'n gemoedstoestand of atmosfeer te skep. Moenie
jou idee oorlaai nie.
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou
konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Teken, teken en teken nog meer ...
Daar moet 'n uitgebreide gebruik van teken in jou bronboek wees wat ten minste 30% van
jou voorstel vir jou finale werk weerspieël. Verseker die uitgebreide gebruik van tekening om
persepsie en uitvinding uit te druk en om gevoelens, ervarings en idees oor te dra.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 19 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Dit is belangrik dat handvaardighede in die bronboek gedemonstreer word en dat teken
geïnterpreteer word as die skep van merke ('mark making') om denke visueel te maak deur:
o Verskillende media, bv. potlood, pen, verf, uitveërs, penne, ink, bleikmiddel, tou, ens.
o Verskillende style, bv. naturalisties, ekspressionisties, beweging ('gestural'), abstrak,
ens.
o Verskillende tekentegnieke, bv. stippeling, arsering, krabbel, tonale tekening, ens.
Teken kan dus wissel van eenvoudige lynsketse om idees te verduidelik tot volle tonale
tekeninge. Dit kan ook klein skilderye insluit. Dit is belangrik om idees en konsepte uit te
druk deur tekening, bv. geannoteerde tekeninge.
Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens., word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring
van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van
plagiaat en is onaanvaarbaar.
Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters
belangrik.
As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie,
oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL.
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Aanbieding en algehele voorkoms Visueel interessant om 'n persoonlike benadering
te toon.
Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye
bestaan.
LAASTENS ...
Uitleg
o 'n Bronboek se voorkoms moet herinner aan dit wat jy van 'n kunstenaar sou kon
verwag om te skep. Dit is nie 'n plakboek nie.
o Wissel bladuitleg af om verskeidenheid en visuele interessantheid te skep.
o Elke blad van jou bronboek moet kreatiwiteit weerspieël.
o Gebruik jou ruimte doeltreffend.
Dokumentasie van die proses
o Enige digitale werk, bv. fotografie, animasie, ens., moet deur skermskote, tekeninge
en/of aantekeninge gedokumenteer word.
o As jou werk meer prosesgeoriënteerd is, kan jy die proses dokumenteer, bv. tekeninge,
aantekeninge en/of foto's.
Besinning/Nabetragting
Daar moet sigbare bewyse van besinning/nabetragting wees. Dit hoef nie 'n opstel aan die
einde van die proses te wees nie, maar kan deur aantekeninge en annotasies dwarsdeur
die bronboek gedoen word. Dit sal insig gee oor hoe jy idees gevorm het en hoeveel
alternatiewe jy ondersoek het.
Die bronboekwerk vorm die helfte van jou punt vir al die PAT'e. Al word die keuse van grootte
en formaat (A2, A3, A4 of enige ander grootte) aan jou en/of jou onderwyser oorgelaat, moet
dit 'n wesenlike groep kunswerke wees. 'n Algemene riglyn sou 'n minimum van 8–10 bladsye
per PAT wees. Dit moet die ontwikkeling van jou idees duidelik toon en direk met jou kunswerk
verband hou. Ten minste 30% moet uit tekeninge bestaan.
Die belangrikste funksie van die bronboek is om insig te gee in jou denkprosesse wat tot die
finale kunswerk gelei het. Daar MOET 'n duidelike verband tussen die bronboek en die
kunswerk wees.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 20 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
ONDERWERP 2 – DIE SKEP VAN DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die
bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg)
Wat doen kunstenaars?
Onthou Skep Verbeel
Voel Waarneem Verwring
Eksperimenteer Ontdek Speel
Herhaal Omskep Ondersoek
Beplan Analiseer Simboliseer
DIT IS HOE JY JOU TEMA KAN VERKEN.
Die kunswerk moet met jou eie ervarings verband hou.
Kuns is die produk van 'n proses.
Komposisie is die grondslag vir beeldskepping. Bespreek jou komposisies en maniere om dit
meer opwindend te maak met jou onderwyser.
'n Idee is net so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee ruïneer.
'n Kunswerk is eerstens 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot kunswerke is die
onderwerp en die wyse waarop dit weergegee word, onafskeidbaar. Jy moet tegnieke
bemeester om jou inhoud te beskerm.
Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur,
tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie. Wees kreatief en
innoverend.
Geniet wat jy doen en streef altyd na 'n persoonlike interpretasie van 'n tema.
Tyd is 'n faktor wanneer jy praktiese werk doen. Moet dus nie tyd mors nie anders gaan jy
onvoltooide werk inlewer.
Laat Visuele Kultuurstudies jou inspireer.
Dit is raadsaam om oor die sterk en swak punte van jou werk te besin wanneer jy die PAT
voltooi het.
3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste
KWARTAAL 1 KWARTAAL 2
Praktiese Assesseringstaak Praktiese Assesseringstaak
Onderwerp 1 – Konseptualisering (50) Onderwerp 1 – Konseptualisering (50)
Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50)
Ten minste EEN of meer groot kunswerk(e) Ten minste EEN of meer groot kunswerk(e) moet
moet in hierdie PAT voltooi word, met deeglike in hierdie PAT voltooi word, met deeglike
proseswerk wat in die bronboek getoon word. proseswerk wat in die bronboek getoon word.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 21 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
3.3 Assessering
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs-
toekenning
Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge 25%
om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25%
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en ander
materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
o Eksperimentering van media en/of
verskillende tegnieke
Alle materiaal moet met die ontwikkeling van
jou werk verband hou en jou besluite
ondersteun.
Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25%
konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering.
Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye
bestaan.
TOTAAL 50
Riglyne vir assessering
Soos gesien in die rubriek vir die bronboek dra die vier assesseringskriteria gelyke gewig.
Elke assesseringskriterium moet as 'n persentasie nagesien word.
Die vier punte moet bymekaar getel word vir 'n punt uit 400 en dan deur 8 gedeel word om
die totaal uit 50 te kry.
Slegs die spesifieke kriteria moet nagesien word. Onderwysers mag nie hulle eie vereistes
opstel nie.
Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op
bladsy 10 en 11 MOET in al die kriteria gebruik word om standaardisering te verseker.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 22 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van materiaal/ Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
tegnieke konsep
Veilig en hanteerbaar
Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele Die belangrikheid van die elemente en beginsels van
kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans,
harmonie, proporsie/verhouding en komposisie
Geheelindruk van werk – Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid, kreatiwiteit, antwoorde/oplossings
innovering
Vertolking/Interpretasie en 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
praktiese implementering van Eksperimentering
navorsing Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding van Aandag aan detail
kunswerk Taak in toegelate tyd voltooi
Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Riglyne vir assessering
Die kunswerk MOET holisties geassesseer word en geen spesifieke puntetoekennings kan
vir die verskillende kriteria gebruik word nie.
Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op
bladsy 10 en 11 MOET gebruik word om standaardisering te verseker.
3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie
Afwesigheid of take wat nie ingelewer is nie, sal 'n ONVOLLEDIGE punt tot gevolg hê.
Om egtheid te verseker, moet 60% van die kunswerk (ONDERWERP 2) by die skool
voltooi word.
Indien werke by die huis voltooi word, kan die onderwyser nie die egtheid daarvan goedkeur
nie en 0% sal toegeken word.
3.5 Aanbiedingsvereistes
ONDERWERP 1 (Bronboek): Minimum van 8–10 bladsye
ONDERWERP 2 (Kunswerk): Jou onderwyser sal jou help met die aanbieding, raam,
uitstalling, ens. vir nasiendoeleindes.
3.6 Tydraamwerke
Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk
Kontrolepunte tydens die proses
3.7 Verklaring van egtheid
Verwys na BYLAE A op bladsy 24.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 23 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
4. BRONNELYS
LTSM – Bronverwysings
Handboek deur die DBE goedgekeur.
Naslaanboeke, katalogusse en tydskrifte soos Art Africa en Art Times, foto's, PowerPoint-
aanbiedings, video's, ens. om waardevolle onderrig- en leerondersteuningsmateriaal te
verskaf.
Besoeke aan kunsuitstallings. Gereelde, volgehoue besoeke aan kontemporêre uitstallings
word sterk aanbeveel. Waar besoeke onmoontlik is (skole in landelike gebiede, ens.), moet
koerantresensies, ens. gereeld geraadpleeg word.
Die internet: Gebruik die soekenjins om nuttige webwerwe te vind. YouTube voorsien baie
praktiese werkswinkels. Inspirasie vir praktiese take kan op Pinterest gevind word.
5. GEVOLGTREKKING
Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan
demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook
betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf.
Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om
by hulle eie leerervarings betrokke te raak.
LET WEL: Al die kunswerke in hierdie dokument is deur graad 12-leerders geskep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 24 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE A
VERKLARING VAN EGTHEID
Ten minste 60% van hierdie PAT is onder toesig van die Visuele Kunste-onderwyser gedoen.
Hierdie verklaring sertifiseer dat al die werk wat ingelewer is, oorspronklik is en die werk van
die leerder is.
Leerder
Skool
Distrik
PAT 1 / 2: (Kies en omsirkel slegs EEN.)
Handtekening Datum
Leerder
Onderwyser
Skoolhoof
Skoolstempel
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 25 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE B
PAT-VOORBEELDE
Onderwysers kan hierdie voorbeeld-PAT as een van hul PAT'e gebruik.
TEMA:
DRAAD/KOORD
'n Koord of draad kan 'n lang, dun vesel wees (katoen, nylon, gras, ens.) wat in naaldwerk of
weefwerk gebruik word OF dit kan 'n tema of eienskap wees wat deur 'n situasie of skryfstuk
loop OF dit kan 'n gespreksdraad ('thread') wees wat op Facebook geplaas is.
Chiharu Shiota, After The Dream (Na Die Droom), installasie, 2011.
'My skeppings met veseldrade is weerspieëlings van my eie gevoelens. 'n Veseldraad kan 'n
sny, 'n knoop of 'n lus wees, of kan los of soms verstrengel wees. 'n Veseldraad is vir my 'n
analogie vir gevoelens of menseverhoudinge.' – Chiharu Shiota
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 26 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
'n Stuk wol/vesel op sy eie is nie baie sterk nie, maar wanneer dit saam geweef word, raak dit
sterker. Veseldrade is 'n belangrike deel van ons lewens wanneer dit saam geweef word om
materiaal vir ons klere, meubels en industriële gebruik te skep. Deur die eeue is hierdie
veseldrade ook gebruik as medium om kuns mee te maak soos die weef van Middeleeuse
tapisserieë en die borduur van dekoratiewe items vir huise. Baie kontemporêre kunstenaars
gebruik drade, vesels en koorde op talle maniere om kunswerke te skep.
Maurizio Anzeri, Untitled (Ongetiteld), Ghada Amer, Snow White without The Dwarves
borduurwerk op foto, ongedateer. (Sneeuwitjie sonder Die Dwergies), akriel,
borduurwerk en jelmedium op doek, 2009.
Billie Zangewa, The Rebirth of The Black Igshaan Adams, Unseen (Ongesiene),
Venus (Die Hergeboorte van Die Swart weefwerk, 2016.
Venus), sytapisserie, 2010.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 27 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
In die Griekse mitologie het Ariadne, die dogter van Pasiphae en koning Minos van Kreta, op
die held, Theseus, verlief geraak. Sy het hom met 'n garedraad gehelp om uit die doolhof te
ontsnap nadat hy die Minotourus, 'n ondier wat halfmens en halfbul was en wat Minos in die
doolhof aangehou het, doodgemaak het. Die term 'Ariadne se draad' ('Ariadne's thread') word
gebruik om die oplossing van 'n probleem met verskeie stappe te beskryf, soos 'n fisiese
doolhof, 'n logiese raaisel of 'n etiese dilemma, deur 'n uitgebreide toepassing van logika op alle
beskikbare maniere.
Vanaf die antieke tye is die doolhof in heilige rites gebruik om die gang van die sigbare wêreld
van die mens na die onsigbare wêreld van die goddelike vroulike te simboliseer. In moderne tye
word die loop in 'n doolhof steeds as 'n geestelike ritueel gebruik. Dit kan ook gebruik word as 'n
instrument vir persoonlike groei en as 'n metode om die wysheid van ons innerlike kennis in te
span om ons te help om meer outentieke en doelgerigte lewens te leef.
[Bron: http://kathrynbikle.com/2016/02/13/ariadnes-thread-and-the-labyrinth-a-journey-of-personal-
growth/]
Koorde/Drade kan ook verwys na ons verbintenis met ons familie, vriende, besittings,
geskiedenis, identiteit en plek in die wêreld. Ten spyte van ons vinnig veranderende wêreld bly
menslike onderlinge verbintenisse noodsaaklik vir individuele, gemeenskaps- en wêreldwye
welstand. Sosiale media het platforms geskep wat ongeëwenaarde verbintenisse ('connectivity')
geskep het. Hierdie onderlinge verbintenisse ('interconnectedness') kan ook ontrafel deur die
rand van die draad te trek om die lap te ontrafel.
Frida Kahlo, My Grandparents, My Parents And I (Family Tree) (My Grootouers, My Ouers
En Ek (Familiestamboom), olieverfskildery, 1936.
'Onsigbare drade is die sterkste bande.' – Friedrich Nietzsche
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 28 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Robert Shearn, Visions in Motions (Visioene in Bewegings), 2019.
Hierdie is 'n drywende installasie wat voor die ikoniese Berlynse Brandenburg-hek geïnstalleer
is om die 30ste herdenking van die Vreedsame Rewolusie en die val van die Berlynse Muur op
9 November 1989 te vier. 30 000 linte met mense se wense, verwagtinge en idees sweef bo die
koppe van die mense van Berlyn.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 29 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Dan Beckemeyer, Felted Anatomy (Vilt- Erin Tucker, Flayed and Fragile (Afgeslag
anatomie), tekening op handgemaakte papier en Broos), sneespapier, gom, koffie en
met katoenstikwerk en handvilt-spiermassa, katoengare, 2013.
2012.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 30 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Lebogang Motaung, Untitled (Ongetiteld), 2017.
Thomas De Falco, Wrapping (Toedraai), installasie en vertoning, Milaan, 2017.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 31 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Hierdie installasie is geskep tydens die 2017 herfs-modeparade van Tod. 'n Wit kamer was die
omgewing waar 'n groep modelle as standbeelde, toegedraai in bruin en wit leer, vertoon is. Die
vertoning het elemente, materiale en tegnieke getoon wat die DNA van Tod, die luukse
leermaatskappy, is.
Julia Dotson, Thread: A Documentation of Oppression (Series) (Gare: 'n Dokumentasie van
Onderdrukking (Reeks)), waterverf met rooi gare, 2015.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 32 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Tydens die konseptualisering van jou interpretasie van Draad/Koord, kan jy verwys na:
Onderlinge verbintenisse ('Interconnectedness'): ondersoek die bande wat jou bind, bv.
familie, vriende, geskiedenis, skool, verwagtinge, identiteit, omgewing. Dit kan positief wees
of die ontrafeling van die koord toon.
EN/OF
Ondersoeke van materiaal: gare, koord, tou, wol, ens.
Tegnieke: borduurwerk, weefwerk, stikwerk, ens.
Dit is belangrik om 'n persoonlike interpretasie van die tema te gee.
Die volgende kunswerke is hoofsaaklik deur leerders van Pleasant Grove High School,
Tennessee, VSA, geskep.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 33 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 34 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 35 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
Algemene dinge om te onthou:
Dit is belangrik om die tema te verpersoonlik, hetsy positiewe of negatiewe idees oor die
tema.
Die tema kan op baie maniere ondersoek word en hoef nie figure in te sluit nie. Jy kan die
tema ondersoek deur objekte of selfs geabstraheerde werke wat, deur kleur, simbole, ens.
'n gevoel van die tema gee.
Jy kan ook na die volgende verwys:
Historiese en/of kulturele verbintenisse
Die definisie van 'n draad/koord en wat draad/koord vir jou beteken
Die materiaal wat jy in jou kunswerk kan gebruik
Oorweeg die volgende:
Inkorporeer verskillende materiale of tegnieke wat na die tema verwys, bv. sogenaamde
vroue-kunsvlyttegnieke, soos naaldwerk, borduurwerk, laslapwerk, ens.
Ondersoek nuwe materiaal, tegnieke en prosesse om die werk te verryk.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 36 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
ONDERWERP 1: BRONBOEK
Wat is 'n draad/koord?
Wat is die verskillende betekenisse van draad/koord?
Wat is die betekenis van draad/koord in jou persoonlike lewe? Hou dit realisties!
Watter risiko's sal jy neem om 'n interessante kunswerk te skep wat jou interpretasie van
draad/koord insluit?
In hierdie dokument, onder 3.1 Instruksies vir die leerder op bladsy 14, is daar omvattende
riglyne oor die bronboek. Verwys daarna.
'n Paar algemene riglyne vir elke kwartaal:
Doen navorsing oor die tema en verwante kunstenaars. Sorg dat jy ten minste DRIE
kunstenaars ondersoek. Verpersoonlik jou navorsing met notas, visuele beelde en
aantekeninge in jou bronboek.
Doen navorsing oor die tema deur onderhoude met jou familie, vriende en kontakte op
sosiale media te voer. Die data kan jou help om idees te vorm.
Gebruik jou idees uit jou navorsing om goeie bronmateriaal uit boeke, die internet, ens, te
versamel. Dit is ook raadsaam om jou eie foto's van landskappe, mense en voorwerpe te
neem, waar moontlik.
'n Goeie opsie sal wees om jou bronmateriaal te gebruik om collages te maak (per hand of
digitaal).
Hersien jou collages deur sketse van verskillende komposisiemoontlikhede van jou idee te
maak.
Dit is belangrik om die gevoel/atmosfeer wat jy wil uitbeeld, te oorweeg. Dink oor dinge soos
die kontras tussen oop en gevulde areas, tussen donker en lig, ens. Dink oor negatiewe
ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ens. Besluit op die beste oplossing om jou gevoel/
atmosfeer oor te dra.
Maak 'n tonale tekening van jou finale komposisie en maak aantekeninge oor jou intensie.
Onthou: 'n goeie idee moet visueel opwindend wees.
Begin ontdek en eksperimenteer met tegnieke en materiaal. Maak aantekeninge oor jou
eksperimente.
Dit is uiters belangrik dat jou bronboek die ontwikkeling van jou finale kunswerk toon en die
'storie' van al jou denkprosesse en eksperimente vertel.
Jou bronboek moet uit ten minste 8–10 bladsye bestaan en moet ten minste 30% sketse/
tekeninge insluit.
Sluit jou navorsing af met hoe jy Draad/Koord in jou spesifieke dissipline sal interpreteer.
Onthou dit is altyd raadsaam om 'n persoonlike interpretasie te gee.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 37 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
Jou Visuele Kunste-onderwyser sal die skep van die finale kunswerk fasiliteer.
ONDERWERP 1: BRONBOEK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs-
toekenning
Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge 25%
om konsep-ontwikkeling te toon
Navorsing, ondersoek, Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25%
eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde,
versamelde gedigte, lirieke en ander
materiaal wat jou inspireer
o Navorsing oor kunstenaars wat jou
geïnspireer het
o Eksperimentering van media en/of
verskillende tegnieke
Alle materiaal moet met die ontwikkeling van
jou werk verband hou en jou besluite
ondersteun.
Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25%
konsep-ontwikkeling te verduidelik.
Aanbieding en algehele Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25%
voorkoms benadering.
Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye
bestaan.
TOTAAL 50
ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK
ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in:
Keuse en gebruik van materiaal/ Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die
tegnieke konsep
Veilig en hanteerbaar
Tegniese vaardigheid
Gebruik van formele Die belangrikheid van die elemente en beginsels van
kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans,
harmonie, proporsie/verhouding en komposisie
Geheelindruk van werk – Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone
oorspronklikheid, kreatiwiteit, antwoorde/oplossings
innovering
Vertolking/Interpretasie en 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema
praktiese implementering van Eksperimentering
navorsing Probeer nuwe uitdagings
Voltooiing en aanbieding van Aandag aan detail
kunswerk Taak in toegelate tyd voltooi
Aanbieding volgens taak
TOTAAL 50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Visuele Kunste 38 DBE/PAT 2020 (Hersien)
NSS
BYLAE C
RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: DRAAD/KOORD TE BESTUUR
Verwys na die volgende in hierdie PAT-dokument om die PAT te fasiliteer:
'n Paar idees en benaderings om ONDERWERP 1 te lei
'n Paar idees en benaderings om ONDERWERP 2 te lei
Sorg dat leerders toegang tot die Riglyne vir die Leerder in hierdie dokument het.
'n Paar dinge om in gedagte te hou:
GEDRAGSKODE VAN SKOOL
Onderwysers moet toesien dat alle werk in ooreenstemming met hul skool se gedragskode is.
Eksplisiete onderwerpe en beelde moet vermy word.
PASAANGEËRY
Stel die sperdatums vir die inlewering van die PAT vas. Dit is raadsaam om ook mini-sperdatums
vir bronboek-aktiwiteite vas te stel. Vakadviseurs vind dikwels dat leerders die grootste gedeelte
van die kwartaal aan die bronboekwerk spandeer en dan die finale kunswerk moet afjaag.
Alhoewel 'n groot deel van die konseptualisering in die bronboek gedoen moet word voordat daar
met die finale kunswerk begin word, is daar dele wat gedoen kan en moet word terwyl daar aan
die kunswerk gewerk word. Dit sal die veranderinge insluit wat jy maak terwyl jy aan die kunswerk
werk, verdere eksperimentering en besinning.
GESPESIALISEERDE OPSIES
Onderwysers kan spesifieke vereistes vir gespesialiseerde praktiese opsies byvoeg, soos
fotografie, beeldhouwerk, drukkuns, ens.
BEELDMANIPULASIE
Leerders kan die naasmekaarstelling van verskillende visuele beelde in hulle komposisie kies.
Soos gesien in die bronboekriglyne, word daar voorgestel dat collage (per hand of digitaal)
ondersoek word om 'n finale komposisie te kry. Fasiliteer hierdie proses om leerders te laat
wegbeweeg van stereotipiese komposisies. Laat leerders met visuele beelde en/of fotokopieë van
hul tekeninge en ander bronmateriaal speel om opwindende opsies vir die finale kunswerk te
skep.
Dit kan die volgende insluit:
Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde
Naasmekaarstelling van visuele beelde
Die skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of
geskandeer word
Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/lynolie te
bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik
Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek en bo-oor dit te teken of skilder
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Visual Arts.
- Grade 12 Visual Arts notes
CAPS revision notes with worked examples.
- Visual Arts questions by topic
Past exam questions sorted by CAPS topic, with memos where available.
- All Grade 12 Visual Arts past papers
Past papers by year, with memos where available.
- Grade 12 Practical assessment tasks
More Visual Arts and other subjects in this collection.
Recommended for this subject
More papers and memos for this grade and subject.

Annual teaching plan
Gr 12 Vis Arts ATP 2023 24

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Memo

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2025 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Question Paper
Related documents

Memorandum
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 Memo (Afrikaans)

Question paper
Visual Arts Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP (Afr)

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo

Memorandum
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Memo

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC November 2020 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 2 November 2024 NSC Question Paper
More from Grade 12 Visual Arts

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC MG Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper
Visual Arts Grade 12 Paper 1 NSC June 2023 Question Paper

Question paper