Skip to content
Practical assessment task

Visual Arts PAT GR 12 2020 Afr

Grade 12 Visual Arts practical assessment task from the 2020 (Afrikaans), 38 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Visual ArtsGrade 12202038 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VISUELE KUNSTE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2020 Hierdie riglyne bestaan uit 38 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 2 DBE/PAT 2020 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4 2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei 6 2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei 7 2.3 Hoe om die PAT'e te administreer 8 2.4 Retrospektiewe uitstalling 8 2.5 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien 10 2.6 Moderering van PAT'e 12 2.7 Verklaring van egtheid 13 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 14 3.1 Instruksies vir die leerder 14 3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste 20 3.3 Assessering 21 3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 22 3.5 Aanbiedingsvereistes 22 3.6 Tydraamwerk 22 3.7 Verklaring van egtheid 22 4. BRONNELYS 23 5. GEVOLGTREKKING 23 BYLAE A: VERKLARING VAN EGTHEID 24 BYLAE B: PAT-VOORBEELD 25 BYLAE C: RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: DRAAD/KOORD TE BESTUUR 36 AKRONIEME KABV Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring VOO Verdere Onderwys en Opleiding NKV Nasionale Kurrikulumverklaring NSS Nasionale Senior Sertifikaat PAT Praktiese Assesseringstaak AP Assesseringprogram SGA Skoolgebaseerde assessering Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 3 DBE/PAT 2020 NSS 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaringsvakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie  KUNSTE: Dansstudies, Dramatiese Kunste, Musiek, Ontwerp, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke met 'n praktiese komponent en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT, wat afgebreek word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite wat die PAT opmaak, word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT bied aan leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat geassesseer kan word nie, bv. 'n geskrewe toets of eksamen. Dit is dus belangrik vir skole om te verseker dat alle leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat hulle aan die einde van die skooljaar hul uitslae kry. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 4 DBE/PAT 2020 NSS 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER KREATIWITEIT – Leerders toon kreatiwiteit wanneer hulle met idees speel en verskillende benaderings genereer. Hulle skep oorspronklike beelde en artefakte deur verbeeldingryke en persoonlike oplossings in reaksie op doelgerigte take. Oorspronklikheid kan gedefinieer word met betrekking tot die leerders se eie vorige werk, die werk van hul portuurgroep, of wat ander in 'n verskeidenheid historiese kontekste geskep het. Die Nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) het besluit dat Visuele Kunste- onderwysers hul eie SGA-take sal opstel weens die kreatiewe aard van die vak.  Onderwysers moet DRIE aparte praktiese assesseringstake ontwerp wat in die akademiese jaar gedoen moet word, met ander woorde EEN PAT moet in Kwartaal 1 voltooi word en EEN PAT moet in Kwartaal 2 voltooi word. In Kwartaal 3 is PAT 3 die Proefeksamen.  Elke taak moet beide Onderwerp 1: Konseptualisering en Onderwerp 2: Die maak van kreatiewe kunswerke insluit.  Punte moet aan beide die konseptualisering (Onderwerp 1) en die maak van kreatiewe kunswerke (Onderwerp 2) toegeken word. LET WEL: Onderwysers moet voldoen aan die KABV, waarvolgens 'n PAT in elk van die drie kwartale voltooi moet word. PAT 1 mag NIE in graad 11 gedoen word NIE, en die Proefeksamen mag NIE in Kwartaal 2 voltooi word NIE. Leerders moet die PAT in die vorm van 'n geskrewe opdrag ontvang om hulle van die volgende in kennis te stel:  Die presiese doel of eindproduk wat van die taak verwag word met betrekking tot medium, grootte, ens.  Bronne beskikbaar vir verwysings/navorsing/ondersoeke/eksperimentering  Assesseringsprosedures en -kriteria wat gebruik gaan word  Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk; kontrolepunte gedurende die proses  Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag  Toepaslike mediums, tegnieke en/of benaderings vir die opdrag Dit is soms 'n goeie idee om die skriftelike opdrag na 'n aktiwiteit of reeks aktiwiteite te gee. Onderwerp 1 kan bestaan uit 'n reeks 'boublokke' wat op agtereenvolgende tye gegee word om eksperimentering en die ontwikkeling van Onderwerp 1 te verseker. Met sorgvuldige beplanning sal die onderwyser weet waarheen hierdie 'boublokke' die leerders sal lei. Leerders weet dalk nie waarheen die onderwerp lei nie, wat voortdurend aspekte van verrassing skep. Dit voorkom die neiging dat leerders by hulle eerste idee vashaak, sonder om werklik te eksperimenteer en ander moontlikhede te ondersoek. Verder sal die bronboek amper voltooi wees voordat daar met die finale kunswerk begin word. Dit sal ook help met die pasaangeëry van die proses. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 5 DBE/PAT 2020 NSS Algemene riglyne om die PAT op te stel:  In graad 12 moet take oop opdragte wees wat leerders in staat stel om die materiaal, gereedskap, tegnieke, temas en prosesse binne hul gespesialiseerde praktiese moontlikhede, bv. skilder, beeldhouwerk, drukkuns, ens., te kies.  Dit word ten sterkste aanbeveel dat onderwysers hulle eie PAT'e opstel om kreatiwiteit en oorspronklikheid te inspireer. Kontekstuele faktore moet in ag geneem word, naamlik die materiaal, toerusting en geriewe by 'n skool; hulpbronne, koste, ervaring van leerders, ens.  Geskikte media, tegnieke en/of benaderings moet vir die taak gekies word.  Onthou die presiese doel of eindproduk wat van die taak ten opsigte van medium, grootte, ens. verwag word om innoverende en persoonlike interpretasies in ag te neem. Oorspronklikheid en kreatiwiteit is uiters belangrik.  Wanneer daar oor temas besluit word, neem altyd die leerders se belangstellings, ervaring en konteks in ag om hulle uit te daag. Kunswerke vertel ons van kunstenaars se ondervindings, idees en gevoelens. Moedig 'eerlikheid' aan sodat leerders se kunswerke spreek van hulle ondervindings, idees en gevoelens sodat hulle nie 'tweedehandse' werk lewer nie.  Baie onderwysers kan op 'n oorkoepelende tema vir die jaar se praktiese werk besluit en dit dan in spesifieke aspekte van die tema verdeel, met ander woorde een per kwartaal. Dit kan 'n meer samehangende groep kunswerke in die retrospektiewe uitstalling tot gevolg hê.  Stel verwagtinge, minimum vereistes en sperdatums met betrekking tot die eindproduk vas. BYLAE B op bladsy 25 bevat 'n voorbeeld van 'n praktiese assesseringstaak. Onderwysers kan hierdie taak as een van hul PAT'e vir 2019 gebruik. BYLAE C op bladsy 36 gee spesifieke riglyne vir onderwysers met betrekking tot hierdie PAT. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 6 DBE/PAT 2020 NSS 2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei Informele en formele voorbereiding vir praktiese werk moet in 'n bronboek spesifiek vir Visuele Kunste aangeteken word. Hierdie bronboek is NIE 'n formele, netjiese notaboek NIE, maar 'n ekspressiewe, persoonlike 'dagboek' van idees en prikkels wat 'n individu se eie styl, belangstellings en persoonlikheid weerspieël. Dit moet vol wees, opwindend en 'n nuttige bron van idees en beelde vir gebruik in praktiese opdragte. Leerders moet al hulle konseptuele idees, beplanning, 'rondspeel' en verkenningswerk in hulle Visuele Kunste-bronboek plaas. Die bronboek gee insig in die manier waarop die leerders idees gevorm het, hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle denkprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik weergee. Die Riglyne vir die Leerder op bladsy 14 in hierdie dokument verskaf meer gedetailleerde inligting oor die proses van konseptualisering in die bronboek. Die bronboek moet die volgende insluit:  Sketse en voorbereidingstekeninge. Teken is 'n verpligte deel van alle praktiese moontlikhede in Visuele Kunste. Verwys na bladsy 19 in die Riglyne vir die Leerder vir 'n definisie in breë trekke van 'teken'.  Visuele beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, foto's, ens. wat deur die leerder versamel is  Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, ens.) wat die leerder interessant of stimulerend gevind het, of wat persoonlike betekenis het, of wat op die een of ander tyd vir 'n praktiese projek bruikbaar kan wees  Krabbels ('Doodles'), woorde, sketse, geskrifte wat met die leerder se ondervindings en konteks verband hou  Navorsing en die studie oor 'n wye verskeidenheid kunstenaars, asook voorbeelde wat hulle praktiese werk sal inspireer  Enigiets anders wat die leerder stimulerend en/of interessant mag vind en wat as 'n bron vir sy/haar praktiese werk kan dien  Ondersoek verskillende tegnieke en materiale  Breinkaarte om idees te ontwikkel  Dokumentasie van enige proseswerk Onderwysers moet:  Die konseptualiseringsproses in die bronboek fasiliteer en lei  Eksperimentering met verskillende media aanmoedig. Dit kan klein skilderye, collages, ens. insluit.  Leerders aanmoedig om die bronboek vir skryf- en sketswerk te gebruik om op dié manier verder te gaan as die vasgestelde opdrag  Klem plaas op die feit dat hierdie 'n persoonlike uitdrukking is en dat daar nie net een manier is om dit te doen nie. Moenie te voorskriftelik wees nie, maar laat toe dat leerders op hulle eie manier die bronboek binne die riglyne skep.  Leerders aan 'n verskeidenheid kunstenaarsboeke blootstel en beklemtoon dat die ontwikkelingsproses van die kunswerk belangriker as net 'n netjiese 'plakboek' is. Daar is geen voorskrifte ten opsigte van die grootte nie – dit kan A3, A4 of enige ander grootte wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 7 DBE/PAT 2020 NSS 2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei  Graad 12 is die akkumulasie van 'n drie-jaar-studie en leerders moet voldoende tegniese vaardighede hê.  Demonstreer, verduidelik en verwys na die werk van relevante kunstenaars wanneer spesifieke temas bekendgestel word om met Visuele Kultuurstudies te integreer.  Baie min leerders kan 'n opdrag op hul eie voltooi. Daar word van jou as die Visuele Kunste-onderwyser verwag om die kreatiewe proses van begin tot einde te lei. Wees ontvanklik vir uiteenlopende oplossings vir praktiese projekte.  Doen voortdurend informele assessering deur leerders se werksvordering met hulle te bespreek. Probeer om leerders te lei om hul eie oplossings te vind eerder as om jou idees op hulle af te dwing.  Hou gereelde 'kritieksessies', waartydens jy leerders fasiliteer en leer om te praat en hulle klasmaats se werk op 'n konstruktiewe manier te bespreek.  Onthou dat jy as die Visuele Kunste-onderwyser die estetiese kwaliteite van enige take moet lei. Dit is die onderwyser se plig om die leerder te help om sy/haar eie kreatiewe stem te vind.  Probeer om hulle te lei om individuele en innoverende benaderings/oplossings te vind.  Lei hulle om idees te ontwikkel deur vanaf eerstehandse waarnemings te werk.  Lei leerders ook om bronmateriaal, wat 'n gebrek aan estetiese eienskappe het, uit te skakel. Esteties beteken nie 'mooi' nie; sommige van die 'lelikste' beelde kan in 'n kunswerk op 'n ongelooflike wyse weergegee word.  Leerders moet selfversekerde en berekende risiko's neem en nuwe idees en prosesse sonder vrees vir mislukking uittoets.  Dit is belangrik dat die Visuele Kunste-onderwyser leerders selfvertroue aanleer sodat leerders gemaklik sal voel met die neem van risiko's en om uit hul foute te leer wanneer hulle idees, materiaal, gereedskap en tegnieke verken en daarmee eksperimenteer.  Kreatiewe aktiwiteit kan op verskillende vlakke plaasvind; vanaf die laer vlak waar 'n pastiche van 'n bestaande idee of werk geskep word, tot die hoogste vlak waar 'n heeltemal vars en individualistiese proses en/of uitkoms ontwikkel word.  Dit is belangrik om deur die hele jaar deurlopend na die leerders se groep kunswerke te kyk en dit te bespreek. Dit help om hulle sterk en swak punte te identifiseer.  Pasop vir skadelike kritiek. Dit is raadsaam om met die positiewe te begin en dan na areas te beweeg waarop verbeter kan word. Praat met die leerder, bv.: 'Ek dink dit sal meer doeltreffend wees as jy hierdie verander … Wat dink jy?' Dit laat hulle deel van die proses voel en laat hulle oor hul werk dink.  Dit is belangrik dat jy jou leerders verstaan en ken en hulle spesifieke sterk punte ontwikkel. Sommige leerders sal sorgvuldige beplanners wees, terwyl ander meer intuïtief werk.  Daar is baie maniere om kunswerke te skep. Party kunstenaars doen noukeurige beplanning voordat hulle met die kunswerk begin, terwyl ander, bv. party Surrealiste en Abstrakte Ekspressioniste, meer 'vry' begin en die werk algaande gedurende die skeppingsproses ontwikkel. Wees buigsaam genoeg om leerders in staat te stel om verskillende maniere te gebruik om kunswerke te skep. Daar word sterker individuele interpretasies en style van graad 12-leerders verwag.  Lei leerders om doelmatige, onafhanklike, kritiese en peinsende denkers te wees.  Moenie die leerders onderskat nie, maar daag hulle uit, want hulle verras 'n mens dikwels.  Besinning: o Aan die einde van elke PAT moet daar 'n vorm van besinning/terugvoering wees oor die werk wat elke leerder geskep het, om verdere ontwikkeling van die leerder te verseker. Dit kan geskrewe en/of verbale terugvoering wees wat kommentaar lewer op sterk en swak punte. o Dit kan selfbesinning, klas-/onderwyserbesinning en -nasien, portuurbesinning of oop kritieksessies wees wat deur die onderwyser en die leerder gelei word. o Terugvoering kan die vorm van 'n mini-uitstalling aanneem. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 8 DBE/PAT 2020 NSS 2.3 Hoe om die PAT'e te administreer  Maak seker dat kunsmedia beskikbaar is.  Voldoende tyd (kies kontaktyd gedurende en/of na skool).  Maak seker dat kontrolepunte en sperdatums nagekom word.  Informele deurlopende assessering.  Voltooi formele assessering volgens die rubriek.  Voltooi sigblaaie ('spreadsheets') wat deur die provinsie verskaf word.  Volg die skool se beleid ten opsigte van die indiening van punte.  PAT-punte en onderwyserportefeuljes moet altyd vir kluster-/provinsiale moderering beskikbaar wees.  Veilige berging moet vir praktiese werk deur die skool verskaf word.  Alle kunswerk moet te alle tye vir uitstallings, eisteddfods en kunstefeeste beskikbaar wees en bly die eiendom van die DBE totdat die finale uitslae vrygestel word. Die veilige bewaring van die kunswerke is die skool se verantwoordelikheid. 2.4 Retrospektiewe uitstalling Aan die einde van graad 12 moet leerders 'n retrospektiewe uitstalling van hul werk as deel van hul eksamenpunt aanbied. Hierdie uitstalling toon wesenlike bewyse van die leerders se Visuele Kunste-konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat mettertyd ontwikkel het. Dit vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling in die aanbieding van 'n samehangende groep kunswerke soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling of studentegradueringsuitstalling. Hierdie uitstalling bied wesenlike bewyse en vertoon die leerders se praktiese werk wat oor 'n tydperk ontwikkel is. Dit spreek spesifiek tot die bestuur van proses en aanbieding wat deel vorm van Onderwerp 2. Onderwerp 2: Die skep van kunswerke Volgens die KABV moet graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n manier wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 9 DBE/PAT 2020 NSS Kontrolelys vir die uitstalling  Graad 12: PAT'e 1 en 2, en die Proefeksamen Prakties is verpligtend. Dit sluit die kunswerke en bronboeke in.  Een of twee graad 11-kunswerke om ontwikkeling en progressie te toon.  Leerders het die geleentheid om hul PAT'e verder te ontwikkel en na 'n samehangende en holistiese groep kunswerke uit te brei wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing gesien word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer van hierdie proses. Aanbieding  Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling verskaf, bv. die skoolsaal, kunsklas, ens.  Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hul werk en riglyne verskaf vir 'n netjiese, professionele uitstalling.  Die leerder se naam moet duidelik vertoon word en die graad 12-PAT'e moet duidelik gemerk word.  Die raam van werke is onnodig, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk beter laat vertoon.  Leerders moet hulle daarvan weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die uitstalling moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon.  As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken. Assessering Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word. Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat tot die finale geldige punt sal lei:  Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele oplossings  Kreatiwiteit en oorspronklikheid  Tegniese vaardighede  Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke  Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media, tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van teken.  Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte moet aangepas word volgens die werke wat aangebied word.  Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10 en 11 MOET gebruik word om standaardisering te verseker. ASSESSERINGSKRITERIA Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word. KRITERIA Algehele indruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering: Ontwikkeling van nuwe en unieke antwoorde/oplossings Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke: Geskiktheid van materiaal en tegnieke volgens die konsep; veiligheid en bestuurbaarheid; tegniese vaardighede getoon Gebruik van formele kunselemente: Die belangrikheid van elemente en kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie Interpretasie en praktiese implementering van tema(s): 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema; eksperimentering; hantering van nuwe uitdagings Voltooiing en aanbieding van kunswerk: Aandag aan detail; taak binne tydsduur voltooi; aanbieding volgens taak Kuratorskap (Aanbieding) van uitstalling: Professionaliteit, duidelik, ens. TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 10 DBE/PAT 2020 NSS 2.5 Hoe om die PAT'e te assesseer/na te sien ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK Uitstaande 90–100  Die leerder het baie idees gegenereer; het ongewone kombinasies of veranderinge probeer voordat een idee gekies is; het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeestering van probleemoplossingsvaardighede.  Poging veel meer as wat vereis word.  Die 'WOW'-faktor is duidelik.  Werke toon 'n groot mate van innovering.  Inhoud/konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.  Die werk in geheel spreek van selfvertroue en is stemmingsvol; dit betrek die kyker met uitstekende visuele kwaliteite.  Die werk toon duidelik oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende idees en/of die neem van risiko's en die vindingryke artikulasie van 'n wye verskeidenheid elemente en beginsels.  Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Buitengewone vermoë; kreatiewe rykheid; insiggewend, vlot, hoë vaardigheid, waarneming en kennis sterk uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. Uitstekend 80–89  Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en weldeurdag; minder opgelos; 'n paar geringe foute sigbaar.  Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie innoverend, maar daar is 'n gebrek aan tegniese rykheid. Baie goed 70–79  Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'sprankel' ontbreek (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite met oorspronklike aanbieding; 'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.  Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/innoverend/ kreatief, maar nie tegnies opgelos nie.  Tegnies goed, maar konseptuele rykheid ontbreek, of andersom. Werk mag kreatief innoverend wees, maar tegniese vaardighede ontbreek. Goed 60–69  Die werk demonstreer 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend; eenvoudige, direkte gebruik van medium; vertoon begrip, maar neig soms na die alledaagse en stereotipiese reaksie; voldoende keuse van relevante visuele verwysings; redelike moeite gedoen met aanbieding; steurende/ duidelike teenstrydighede.  Goeie vlak van bevoegdheid. Gemiddeld 50–59  Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig.  Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings wat nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.  Aanvaarbare aanbieding; baie steurende teenstrydighede.  Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlike beperkte betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.  Beelde is van 'n ander bron gekopieer met min transformasie van beelde.  Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.  Omvang van werk is eng en/of herhalend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 11 DBE/PAT 2020 NSS Onder- 40–49  Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie. gemiddeld  Beperkte keuses van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.  Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding wat ondersteuning/motivering benodig om te slaag.  Beeldgebruik is van 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.  Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie of onvolledige beplanning. Swak 30–39  Net genoeg materiaal/werk om te slaag.  Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik.  Geringe poging aangewend om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.  Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/ motivering om te slaag  Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder die aanvaarbare.  Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie. Baie swak 20–29  Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; Druip min of irrelevante werk/visuele inligting.  Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.  Baie swak vaardigheidsvlak.  Projek is baie swak of onvoltooid.  Swak estetiese besluitneming.  Klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie. Onaanvaarbaar 0–19  Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek Druip aan selfs beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking.  Werk onvoltooid.  Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen nie.  Die meeste klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 12 DBE/PAT 2020 NSS 2.6 Moderering van PAT'e Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet op 'n gereelde basis plaasvind. Die templaat hieronder kan vir interne (skool) en eksterne (provinsiale) moderering van die PAT gebruik word. VISUELE KUNSTE: MODERERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK SKOOL VAK GRAAD DATUM ONDERWYSER MODERATOR 1. DIE PAT-OPDRAG √ OF x Vaknaam, graad en jaar Duidelike instruksies van wat verwag word, wat op die spesifieke graad van toepassing is Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad Visuele inspirasie Die opdrag gebaseer op Williams se taksonomie skep die geleentheid om die volgende te ontwikkel: ● Vloei (die generering van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/ probleem) ● Buigsaamheid (die generering van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies) ● Oorspronklikheid (die generering van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/oplossings) ● Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit makliker te maak vir ander om te verstaan of om dit meer interessant te maak) ● Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings)  Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe situasie te bring en/of die ontbrekende dele raak te sien) ● Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai) ● Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te bou, moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of verby praktiese beperkinge te reik) Duidelike assesseringskriteria Sperdatums en tydsbestuur KOMMENTAAR: 2. ASSESSERING VAN PAT'e Van toepassing op die spesifieke graad in lyn met die provinsie se standaard, bv. realistiese nasien Gebruik van assesseringskriteria 50 punte vir Bronboek, insluitend assessering van die volgende: ● Konsep-ontwikkeling ● Navorsing, ondersoek, eksperimentering ● Prosestekeninge ● Aanbieding, algehele voorkoms Indien al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief? 50 punte vir Kunswerk(e), insluitend assessering van die volgende: ● Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke ● Gebruik van formele kunselemente ● Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering ● Interpretasie en praktiese implementering van navorsing ● Voltooiing en aanbieding van kunswerk Indien al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief? KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 13 DBE/PAT 2020 NSS 2.7 Verklaring van egtheid Verwys na BYLAE A op bladsy 24. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 14 DBE/PAT 2020 NSS 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 3.1 Instruksies vir die leerder ONDERWERP 1 – BRONBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees) ' 'n Idee is ons visuele reaksie op iets wat ons gesien het – in die werklike lewe, in ons geheue, in ons verbeelding, in ons drome.' – Vrye vertaling: Anna Held Audette in die boek, The Blank Canvas Die bronboek verskaf insig oor die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle gedagteprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra. Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk ontstaan en ontwikkel het en geskep is deur teken, eksperimenteer en skryf. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-leerder weerspieël. Jy moet in jou bronboek avontuurlustig en kreatief-ondersoekend wees, risiko's neem, eksperimenteer en bowenal teken, teken, teken. ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Konsep-ontwikkeling Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge om konsep-ontwikkeling te toon Die volgende stappe sal jou help met konsep-ontwikkeling: HOE OM IDEES TE GENEREER Thomas Edison, die groot uitvinder, het gesê dat genialiteit een persent inspirasie en nege-en- negentig persent sweet is. As jy op inspirasie gaan wag vir 'n projek om jou soos 'n weerligstraal te tref, gaan jy baie lank wag en dan gewoonlik met 'n baie voor die hand liggende oplossing vorendag kom. Kunstenaars werk hard om inspirasie te kry deur ander kunstenaars na te vors, te teken, te skryf en met tegnieke en verskillende media te eksperimenteer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 15 DBE/PAT 2020 NSS Terwyl jy idees kry, probeer om jou denkprosesse te lei na dit wat persoonlik, ongewoon en uitdagend is en wat jou met passie vul. Wanneer jy 'n tema ontvang, kan die volgende gebruik word om idees rondom die tema te genereer:  Breinkaart 'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees wat met die sentrale tema verband hou, voort te bring. Die eindresultaat moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees of selfs visuele beelde wees. Soos wat jy die vertakkings uitbrei, ontdek jy dalk nuwe oplossings. 'n Paar vinnige riglyne: o Begin deur die tema in die middel van die bladsy te plaas (skryf die woord en/of teken 'n prent daarvan). o Teken ten minste vier dik, organiese takke wat vanaf die sentrale woord/beeld uitstraal. Jy kan verskillende kleure gebruik om elke tak te verteenwoordig. o Teken addisionele takke wat vanaf jou hooftakke strek. Die woorde op hierdie takke is sub-onderwerpe van die woorde wat jy op jou hooftakke geskryf het. o Hou aan om die breinkaart uitwaarts uit te brei met addisionele sub-onderwerpe/ kernwoorde en takke.  Gebruik woordeboeke en 'n tesourus Soek die betekenis van woorde op. 'n Tesourus neem 'n mens op 'n reis van sinonieme wat nuwe inspirasiemoontlikhede oopmaak.  Bewussynstroom-skryf ('Stream of Consciousness writing') Begin sommer net skryf oor die tema wat jy gekry het, sonder om bewustelik te dink. Lees daardeur en miskien is daar 'n oorspronklike oplossing.  Maak lysies en sketse Baie kunstenaars gebruik lysies en sketse van moontlikhede. Visueel kreatiewe mense gebruik dikwels duimnaelsketse as hulle lysies.  Ander idees Inspirasie kan van die volgende kom: o Klanke – uit die natuur, musiek, liedjies o Woorde – poësie, letterkunde, aanhalings, frases o Visuele beelde – werk van ander kunstenaars o Prente – uit boeke, tydskrifte, katalogusse Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 16 DBE/PAT 2020 NSS  Persoonlik Dit is belangrik dat jy temas verpersoonlik. Jy moet konsentreer op dinge waarvoor jy omgee, dinge wat jou roer. Voer onderhoude met jou familie en vriende, gebruik ou familiefoto's, objekte wat 'n spesiale betekenis het, ens. Kyk na jou 'storie' – jou familiegeskiedenis, tradisies, rituele – en vertel 'n persoonlike storie. 'n Ware kunstenaar maak kuns wat vir hom/haar van waarde is. Jy moet toegang tot beeldmateriaal van 'n hoë gehalte hê om kunswerke te skep. Probeer om nie slegs foto's van ander te gebruik nie. Dit is altyd beter om 'n onderwerp eerstehands te verken. Baie van die foto's op die internet is van 'n swak gehalte of is te generies. Leerders moet aangemoedig word om hul eie foto's te neem en hul eie bronmateriaal te genereer. SELEKTEER EN EVALUEER IDEES ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het o Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke  Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en moet jou besluite ondersteun. Jy behoort nou baie idees te hê en moet nou die beste globale idee vir verdere verkenning kies.  Eksperimenteer met materiaal en tegnieke Kunstenaars vind dikwels inspirasie sodra hulle die materiaal begin manipuleer. Vertroue en 'n mate van die bemeestering van prosesse en materiaal maak voorsiening vir 'n meer kreatiewe weergawe van nuwe idees. Dit is natuurlik om visuele idees te kry wanneer ons met visuele materiale werk en nuwe tegnieke uittoets. Ondersoeke moet doelgerig wees.  Beeldmanipulasie deur collages, montages, Photoshop, ens. Jy wil nie stereotipiese komposisies met gesentraliseerde beelde skep nie. Begin 'speel' met fotostate van jou tekeninge en ander bronmateriaal, bv. tydskrifbeelde, om ander opwindende moontlikhede vir die finale kunswerk te skep. Dokumenteer jou digitale manipulasies om eienaarskap te kry. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 17 DBE/PAT 2020 NSS Dit kan die volgende insluit: o Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde o Naasmekaarstelling van visuele beelde o Die skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of geskandeer word o Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/ lynolie te bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik o Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek en bo-oor dit te teken of skilder  Invloede van kunstenaars o Maak seker dat jy historiese en/of kontemporêre voorbeelde insluit wat jou geïnspireer het. 'n Riglyn sou wees om twee tot drie kunstenaars/kunswerke te ondersoek/na te vors en jou eie, persoonlike reaksie te toon. o Moenie internet-drukstukke met inligting in jou bronboek plak nie. o Toon goeie gebruik van vakkundige woordeskat (frases soos 'sterk kontras', 'lei die oog' en 'fokuspunt').  Teken/Skets Maak baie duimnaelsketse om verskillende moontlikhede vir jou finale idee te oorweeg. Maak byskrifte en notas om 'n geskiedenis van jou denkprosesse te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 18 DBE/PAT 2020 NSS  Skryf Skryf aantekeninge/verklarings by tekeninge, bronne en eksperimente om jou gedagtes tydens konseptualisering uit te druk. Kommunikeer duidelik. Dit maak nie saak of jy aantekeninge of volsinne gebruik nie, maar moet nooit 'txt' of sleng/sms-taal gebruik nie.  Dit is belangrik om te benadruk dat die doel van enige kunswerk is om 'n boodskap oor te dra – om kommentaar te lewer, te skreeu of te sing oor die wêreld waarin ons onsself bevind.  Wanneer jy jou idees evalueer, elimineer dit wat onoorspronklik/oppervlakkig ('cheesy') (bv. pienk hartjies en oulike goetertjies), onopreg (bv. wêreldvrede) of oordrewe mooi is en niks om die lyf het nie (bv. 'n bos rose).  Skakel bronne uit wat holrug gery is. Niks in kuns is nuut nie, maar jy kan dit 'n vars voorkoms gee. Daar is dikwels 'n magiese kwaliteit in dit wat ander weggooi, miskyk of vergeet. DIE FINALE IDEE Jy het nou jou finale idee vir die kunswerk en kan nou begin om dit te verfyn.  Oorweeg die volgende wanneer die finale komposisie beplan word Oorgange tussen objekte, ongewone jukstaplasings, transformasies en metamorfose. Werk jou finale komposisie uit. 'n Goeie idee moet visueel opwindend wees. Maak klein duimnaelsketse om 'n verskeidenheid moontlikhede te oorweeg. Dink aan dinge soos die kontras tussen oop en besige dele, tussen donker en lig, ens. Dink aan negatiewe ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ens. om 'n gemoedstoestand of atmosfeer te skep. Moenie jou idee oorlaai nie. ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou konsep-ontwikkeling te verduidelik.  Teken, teken en teken nog meer ... Daar moet 'n uitgebreide gebruik van teken in jou bronboek wees wat ten minste 30% van jou voorstel vir jou finale werk weerspieël. Verseker die uitgebreide gebruik van tekening om persepsie en uitvinding uit te druk en om gevoelens, ervarings en idees oor te dra. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 19 DBE/PAT 2020 NSS Dit is belangrik dat handvaardighede in die bronboek gedemonstreer word en dat teken geïnterpreteer word as die skep van merke ('mark making') om denke visueel te maak deur: o Verskillende media, bv. potlood, pen, verf, uitveërs, penne, ink, bleikmiddel, tou, ens. o Verskillende style, bv. naturalisties, ekspressionisties, beweging ('gestural'), abstrak, ens. o Verskillende tekentegnieke, bv. stippeling, arsering, krabbel, tonale tekening, ens. Teken kan dus wissel van eenvoudige lynsketse om idees te verduidelik tot volle tonale tekeninge. Dit kan ook klein skilderye insluit. Dit is belangrik om idees en konsepte uit te druk deur tekening, bv. geannoteerde tekeninge.  Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens., word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.  Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters belangrik.  As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL. ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Aanbieding en algehele voorkoms  Visueel interessant om 'n persoonlike benadering te toon.  Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. LAASTENS ...  Uitleg o 'n Bronboek se voorkoms moet herinner aan dit wat jy van 'n kunstenaar sou kon verwag om te skep. Dit is nie 'n plakboek nie. o Wissel bladuitleg af om verskeidenheid en visuele interessantheid te skep. o Elke blad van jou bronboek moet kreatiwiteit weerspieël. o Gebruik jou ruimte doeltreffend.  Dokumentasie van die proses o Enige digitale werk, bv. fotografie, animasie, ens., moet deur skermskote, tekeninge en/of aantekeninge gedokumenteer word. o As jou werk meer prosesgeoriënteerd is, kan jy die proses dokumenteer, bv. tekeninge, aantekeninge en/of foto's.  Besinning/Nabetragting Daar moet sigbare bewyse van besinning/nabetragting wees. Dit hoef nie 'n opstel aan die einde van die proses te wees nie, maar kan deur aantekeninge en annotasies dwarsdeur die bronboek gedoen word. Dit sal insig gee oor hoe jy idees gevorm het en hoeveel alternatiewe jy ondersoek het. Die bronboekwerk vorm die helfte van jou punt vir al die PAT'e. Al word die keuse van grootte en formaat (A2, A3, A4 of enige ander grootte) aan jou en/of jou onderwyser oorgelaat, moet dit 'n wesenlike groep kunswerke wees. 'n Algemene riglyn sou 'n minimum van 8–10 bladsye per PAT wees. Dit moet die ontwikkeling van jou idees duidelik toon en direk met jou kunswerk verband hou. Ten minste 30% moet uit tekeninge bestaan. Die belangrikste funksie van die bronboek is om insig te gee in jou denkprosesse wat tot die finale kunswerk gelei het. Daar MOET 'n duidelike verband tussen die bronboek en die kunswerk wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 20 DBE/PAT 2020 NSS ONDERWERP 2 – DIE SKEP VAN DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg) Wat doen kunstenaars? Onthou Skep Verbeel Voel Waarneem Verwring Eksperimenteer Ontdek Speel Herhaal Omskep Ondersoek Beplan Analiseer Simboliseer DIT IS HOE JY JOU TEMA KAN VERKEN.  Die kunswerk moet met jou eie ervarings verband hou.  Kuns is die produk van 'n proses.  Komposisie is die grondslag vir beeldskepping. Bespreek jou komposisies en maniere om dit meer opwindend te maak met jou onderwyser.  'n Idee is net so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee ruïneer.  'n Kunswerk is eerstens 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot kunswerke is die onderwerp en die wyse waarop dit weergegee word, onafskeidbaar. Jy moet tegnieke bemeester om jou inhoud te beskerm.  Onthou die belangrikheid van die elemente en beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie. Wees kreatief en innoverend.  Geniet wat jy doen en streef altyd na 'n persoonlike interpretasie van 'n tema.  Tyd is 'n faktor wanneer jy praktiese werk doen. Moet dus nie tyd mors nie anders gaan jy onvoltooide werk inlewer.  Laat Visuele Kultuurstudies jou inspireer.  Dit is raadsaam om oor die sterk en swak punte van jou werk te besin wanneer jy die PAT voltooi het. 3.2 Vereistes: PAT'e vir Visuele Kunste KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 Praktiese Assesseringstaak Praktiese Assesseringstaak Proefeksamen (Praktiese Taak) (doen aan begin van kwartaal) Onderwerp 1 – Konseptualisering Onderwerp 1 – Konseptualisering Onderwerp 1 – Konseptualisering (50) (50) (50) Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Onderwerp 2 – Kunswerk(e) (50) Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer Ten minste EEN of meer kunswerk(e) moet in hierdie kunswerk(e) moet in hierdie kunswerk(e) moet in hierdie PAT voltooi word, met deeglike PAT voltooi word, met deeglike PAT voltooi word, met deeglike proseswerk wat in die proseswerk wat in die proseswerk wat in die bronboek getoon word. bronboek getoon word. bronboek getoon word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 21 DBE/PAT 2020 NSS 3.3 Assessering ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs- toekenning Konsep-ontwikkeling  Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge 25% om konsep-ontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25% eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het o Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke  Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25% konsep-ontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele  Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25% voorkoms benadering.  Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 Riglyne vir assessering  Soos gesien in die rubriek vir die bronboek dra die vier assesseringskriteria gelyke gewig.  Elke assesseringskriterium moet as 'n persentasie nagesien word.  Die vier punte moet bymekaar getel word vir 'n punt uit 400 en dan deur 8 gedeel word om die totaal uit 50 te kry.  Slegs die spesifieke kriteria moet nagesien word. Onderwysers mag nie hulle eie vereistes opstel nie.  Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10 en 11 MOET in al die kriteria gebruik word om standaardisering te verseker. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 22 DBE/PAT 2020 NSS ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Keuse en gebruik van materiaal/  Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die tegnieke konsep  Veilig en hanteerbaar  Tegniese vaardigheid Gebruik van formele  Die belangrikheid van die elemente en beginsels van kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie Geheelindruk van werk –  Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone oorspronklikheid, kreatiwiteit, antwoorde/oplossings innovering Vertolking/Interpretasie en  'n Persoonlike interpretasie van 'n tema praktiese implementering van  Eksperimentering navorsing  Probeer nuwe uitdagings Voltooiing en aanbieding van  Aandag aan detail kunswerk  Taak in toegelate tyd voltooi  Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 Riglyne vir assessering  Die kunswerk MOET holisties geassesseer word en geen spesifieke puntetoekennings kan vir die verskillende kriteria gebruik word nie.  Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10 en 11 MOET gebruik word om standaardisering te verseker. 3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie  Afwesigheid of take wat nie ingelewer is nie, sal 'n ONVOLLEDIGE punt tot gevolg hê.  Om egtheid te verseker, moet 60% van die kunswerk (ONDERWERP 2) by die skool voltooi word.  Indien werke by die huis voltooi word, kan die onderwyser nie die egtheid daarvan goedkeur nie en 0% sal toegeken word. 3.5 Aanbiedingsvereistes ONDERWERP 1 (Bronboek): Minimum van 8–10 bladsye ONDERWERP 2 (Kunswerk): Jou onderwyser sal jou help met die aanbieding, raam, uitstalling, ens. vir nasiendoeleindes. 3.6 Tydraamwerke  Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk  Kontrolepunte tydens die proses 3.7 Verklaring van egtheid Verwys na BYLAE A op bladsy 24. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 23 DBE/PAT 2020 NSS 4. BRONNELYS LTSM – Bronverwysings  Handboek deur die DBE goedgekeur.  Naslaanboeke, katalogusse en tydskrifte soos Art Africa en Art Times, foto's, PowerPoint- aanbiedings, video's, ens. om waardevolle onderrig- en leerondersteuningsmateriaal te verskaf.  Besoeke aan kunsuitstallings. Gereelde, volgehoue besoeke aan kontemporêre uitstallings word sterk aanbeveel. Waar besoeke onmoontlik is (skole in landelike gebiede, ens.), moet koerantresensies, ens. gereeld geraadpleeg word.  Die internet: Gebruik die soekenjins om nuttige webwerwe te vind. YouTube voorsien baie praktiese werkswinkels. Inspirasie vir praktiese take kan op Pinterest gevind word. 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te raak. LET WEL: Al die kunswerke in hierdie dokument is deur graad 12-leerders geskep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 24 DBE/PAT 2020 NSS BYLAE A VERKLARING VAN EGTHEID Ten minste 60% van hierdie PAT is onder toesig van die Visuele Kunste-onderwyser gedoen. Hierdie verklaring sertifiseer dat al die werk wat ingelewer is, oorspronklik is en die werk van die leerder is. Leerder Skool Distrik PAT 1/2/Proefeksamen: (Kies en omsirkel slegs EEN.) Handtekening Datum Leerder Onderwyser Skoolhoof School stamp Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 25 DBE/PAT 2020 NSS BYLAE B PAT-VOORBEELDE Onderwysers kan hierdie voorbeeld-PAT as een van hul PAT'e gebruik. TEMA: DRAAD/KOORD 'n Koord of draad kan 'n lang, dun vesel wees (katoen, nylon, gras, ens.) wat in naaldwerk of weefwerk gebruik word OF dit kan 'n tema of eienskap wees wat deur 'n situasie of skryfstuk loop OF dit kan 'n gespreksdraad ('thread') wees wat op Facebook geplaas is. Chiharu Shiota, After The Dream (Na Die Droom), installasie, 2011. 'My skeppings met veseldrade is weerspieëlings van my eie gevoelens. 'n Veseldraad kan 'n sny, 'n knoop of 'n lus wees, of kan los of soms verstrengel wees. 'n Veseldraad is vir my 'n analogie vir gevoelens of menseverhoudinge.' – Chiharu Shiota Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 26 DBE/PAT 2020 NSS 'n Stuk wol/vesel op sy eie is nie baie sterk nie, maar wanneer dit saam geweef word, raak dit sterker. Veseldrade is 'n belangrike deel van ons lewens wanneer dit saam geweef word om materiaal vir ons klere, meubels en industriële gebruik te skep. Deur die eeue is hierdie veseldrade ook gebruik as medium om kuns mee te maak soos die weef van Middeleeuse tapisserieë en die borduur van dekoratiewe items vir huise. Baie kontemporêre kunstenaars gebruik drade, vesels en koorde op talle maniere om kunswerke te skep. Maurizio Anzeri, Untitled (Ongetiteld), Ghada Amer, Snow White without The Dwarves borduurwerk op foto, ongedateer. (Sneeuwitjie sonder Die Dwergies), akriel, borduurwerk en jelmedium op doek, 2009. Billie Zangewa, The Rebirth of The Black Igshaan Adams, Unseen (Ongesiene), Venus (Die Hergeboorte van Die Swart weefwerk, 2016. Venus), sytapisserie, 2010. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 27 DBE/PAT 2020 NSS In die Griekse mitologie het Ariadne, die dogter van Pasiphae en koning Minos van Kreta, op die held, Theseus, verlief geraak. Sy het hom met 'n garedraad gehelp om uit die doolhof te ontsnap nadat hy die Minotourus, 'n ondier wat halfmens en halfbul was en wat Minos in die doolhof aangehou het, doodgemaak het. Die term 'Ariadne se draad' ('Ariadne's thread') word gebruik om die oplossing van 'n probleem met verskeie stappe te beskryf, soos 'n fisiese doolhof, 'n logiese raaisel of 'n etiese dilemma, deur 'n uitgebreide toepassing van logika op alle beskikbare maniere. Vanaf die antieke tye is die doolhof in heilige rites gebruik om die gang van die sigbare wêreld van die mens na die onsigbare wêreld van die goddelike vroulike te simboliseer. In moderne tye word die loop in 'n doolhof steeds as 'n geestelike ritueel gebruik. Dit kan ook gebruik word as 'n instrument vir persoonlike groei en as 'n metode om die wysheid van ons innerlike kennis in te span om ons te help om meer outentieke en doelgerigte lewens te leef. [Bron: http://kathrynbikle.com/2016/02/13/ariadnes-thread-and-the-labyrinth-a-journey-of-personal- growth/] Koorde/Drade kan ook verwys na ons verbintenis met ons familie, vriende, besittings, geskiedenis, identiteit en plek in die wêreld. Ten spyte van ons vinnig veranderende wêreld bly menslike onderlinge verbintenisse noodsaaklik vir individuele, gemeenskaps- en wêreldwye welstand. Sosiale media het platforms geskep wat ongeëwenaarde verbintenisse ('connectivity') geskep het. Hierdie onderlinge verbintenisse ('interconnectedness') kan ook ontrafel deur die rand van die draad te trek om die lap te ontrafel. Frida Kahlo, My Grandparents, My Parents And I (Family Tree) (My Grootouers, My Ouers En Ek (Familiestamboom), olieverfskildery, 1936. 'Onsigbare drade is die sterkste bande.' – Friedrich Nietzsche Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 28 DBE/PAT 2020 NSS Robert Shearn, Visions in Motions (Visioene in Bewegings), 2019. Hierdie is 'n drywende installasie wat voor die ikoniese Berlynse Brandenburg-hek geïnstalleer is om die 30ste herdenking van die Vreedsame Rewolusie en die val van die Berlynse Muur op 9 November 1989 te vier. 30 000 linte met mense se wense, verwagtinge en idees sweef bo die koppe van die mense van Berlyn. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 29 DBE/PAT 2020 NSS Dan Beckemeyer, Felted Anatomy (Vilt- Erin Tucker, Flayed and Fragile (Afgeslag anatomie), tekening op handgemaakte papier en Broos), sneespapier, gom, koffie en met katoenstikwerk en handvilt-spiermassa, katoengare, 2013. 2012. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 30 DBE/PAT 2020 NSS Lebogang Motaung, Untitled (Ongetiteld), 2017. Thomas De Falco, Wrapping (Toedraai), installasie en vertoning, Milaan, 2017. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 31 DBE/PAT 2020 NSS Hierdie installasie is geskep tydens die 2017 herfs-modeparade van Tod. 'n Wit kamer was die omgewing waar 'n groep modelle as standbeelde, toegedraai in bruin en wit leer, vertoon is. Die vertoning het elemente, materiale en tegnieke getoon wat die DNA van Tod, die luukse leermaatskappy, is. Julia Dotson, Thread: A Documentation of Oppression (Series) (Gare: 'n Dokumentasie van Onderdrukking (Reeks)), waterverf met rooi gare, 2015. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 32 DBE/PAT 2020 NSS Tydens die konseptualisering van jou interpretasie van Draad/Koord, kan jy verwys na:  Onderlinge verbintenisse ('Interconnectedness'): ondersoek die bande wat jou bind, bv. familie, vriende, geskiedenis, skool, verwagtinge, identiteit, omgewing. Dit kan positief wees of die ontrafeling van die koord toon. EN/OF  Ondersoeke van materiaal: gare, koord, tou, wol, ens.  Tegnieke: borduurwerk, weefwerk, stikwerk, ens. Dit is belangrik om 'n persoonlike interpretasie van die tema te gee. Die volgende kunswerke is hoofsaaklik deur leerders van Pleasant Grove High School, Tennessee, VSA, geskep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 33 DBE/PAT 2020 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 34 DBE/PAT 2020 NSS Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 35 DBE/PAT 2020 NSS Algemene dinge om te onthou:  Dit is belangrik om die tema te verpersoonlik, hetsy positiewe of negatiewe idees oor die tema.  Die tema kan op baie maniere ondersoek word en hoef nie figure in te sluit nie. Jy kan die tema ondersoek deur objekte of selfs geabstraheerde werke wat, deur kleur, simbole, ens. 'n gevoel van die tema gee. Jy kan ook na die volgende verwys:  Historiese en/of kulturele verbintenisse  Die definisie van 'n draad/koord en wat draad/koord vir jou beteken  Die materiaal wat jy in jou kunswerk kan gebruik Oorweeg die volgende:  Inkorporeer verskillende materiale of tegnieke wat na die tema verwys, bv. sogenaamde vroue-kunsvlyttegnieke, soos naaldwerk, borduurwerk, laslapwerk, ens.  Ondersoek nuwe materiaal, tegnieke en prosesse om die werk te verryk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 36 DBE/PAT 2020 NSS ONDERWERP 1: BRONBOEK  Wat is 'n draad/koord?  Wat is die verskillende betekenisse van draad/koord?  Wat is die betekenis van draad/koord in jou persoonlike lewe? Hou dit realisties!  Watter risiko's sal jy neem om 'n interessante kunswerk te skep wat jou interpretasie van draad/koord insluit? In hierdie dokument, onder 3.1 Instruksies vir die leerder op bladsy 14, is daar omvattende riglyne oor die bronboek. Verwys daarna. 'n Paar algemene riglyne vir elke kwartaal:  Doen navorsing oor die tema en verwante kunstenaars. Sorg dat jy ten minste DRIE kunstenaars ondersoek. Verpersoonlik jou navorsing met notas, visuele beelde en aantekeninge in jou bronboek.  Doen navorsing oor die tema deur onderhoude met jou familie, vriende en kontakte op sosiale media te voer. Die data kan jou help om idees te vorm.  Gebruik jou idees uit jou navorsing om goeie bronmateriaal uit boeke, die internet, ens, te versamel. Dit is ook raadsaam om jou eie foto's van landskappe, mense en voorwerpe te neem, waar moontlik.  'n Goeie opsie sal wees om jou bronmateriaal te gebruik om collages te maak (per hand of digitaal).  Hersien jou collages deur sketse van verskillende komposisiemoontlikhede van jou idee te maak.  Dit is belangrik om die gevoel/atmosfeer wat jy wil uitbeeld, te oorweeg. Dink oor dinge soos die kontras tussen oop en gevulde areas, tussen donker en lig, ens. Dink oor negatiewe ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ens. Besluit op die beste oplossing om jou gevoel/ atmosfeer oor te dra.  Maak 'n tonale tekening van jou finale komposisie en maak aantekeninge oor jou intensie. Onthou: 'n goeie idee moet visueel opwindend wees.  Begin ontdek en eksperimenteer met tegnieke en materiaal. Maak aantekeninge oor jou eksperimente.  Dit is uiters belangrik dat jou bronboek die ontwikkeling van jou finale kunswerk toon en die 'storie' van al jou denkprosesse en eksperimente vertel.  Jou bronboek moet uit ten minste 8–10 bladsye bestaan en moet ten minste 30% sketse/ tekeninge insluit.  Sluit jou navorsing af met hoe jy Draad/Koord in jou spesifieke dissipline sal interpreteer.  Onthou dit is altyd raadsaam om 'n persoonlike interpretasie te gee. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 37 DBE/PAT 2020 NSS ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK Jou Visuele Kunste-onderwyser sal die skep van die finale kunswerk fasiliteer. ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs- toekenning Konsep-ontwikkeling  Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge 25% om konsep-ontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25% eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het o Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke  Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25% konsep-ontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele  Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25% voorkoms benadering.  Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 50 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Keuse en gebruik van materiaal/  Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die tegnieke konsep  Veilig en hanteerbaar  Tegniese vaardigheid Gebruik van formele  Die belangrikheid van die elemente en beginsels van kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie Geheelindruk van werk –  Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone oorspronklikheid, kreatiwiteit, antwoorde/oplossings innovering Vertolking/Interpretasie en  'n Persoonlike interpretasie van 'n tema praktiese implementering van  Eksperimentering navorsing  Probeer nuwe uitdagings Voltooiing en aanbieding van  Aandag aan detail kunswerk  Taak in toegelate tyd voltooi  Aanbieding volgens taak TOTAAL 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 38 DBE/PAT 2020 NSS BYLAE C RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PAT: DRAAD/KOORD TE BESTUUR Verwys na die volgende in hierdie PAT-dokument om die PAT te fasiliteer:  'n Paar idees en benaderings om ONDERWERP 1 te lei  'n Paar idees en benaderings om ONDERWERP 2 te lei  Sorg dat leerders toegang tot die Riglyne vir die Leerder in hierdie dokument het. 'n Paar dinge om in gedagte te hou: GEDRAGSKODE VAN SKOOL  Onderwysers moet toesien dat alle werk in ooreenstemming met hul skool se gedragskode is.  Eksplisiete onderwerpe en beelde moet vermy word. PASAANGEËRY Stel die sperdatums vir die inlewering van die PAT vas. Dit is raadsaam om ook mini-sperdatums vir bronboek-aktiwiteite vas te stel. Vakadviseurs vind dikwels dat leerders die grootste gedeelte van die kwartaal aan die bronboekwerk spandeer en dan die finale kunswerk moet afjaag. Alhoewel 'n groot deel van die konseptualisering in die bronboek gedoen moet word voordat daar met die finale kunswerk begin word, is daar dele wat gedoen kan en moet word terwyl daar aan die kunswerk gewerk word. Dit sal die veranderinge insluit wat jy maak terwyl jy aan die kunswerk werk, verdere eksperimentering en besinning. GESPESIALISEERDE OPSIES Onderwysers kan spesifieke vereistes vir gespesialiseerde praktiese opsies byvoeg, soos fotografie, beeldhouwerk, drukkuns, ens. BEELDMANIPULASIE Leerders kan die naasmekaarstelling van verskillende visuele beelde in hulle komposisie kies. Soos gesien in die bronboekriglyne, word daar voorgestel dat collage (per hand of digitaal) ondersoek word om 'n finale komposisie te kry. Fasiliteer hierdie proses om leerders te laat wegbeweeg van stereotipiese komposisies. Laat leerders met visuele beelde en/of fotokopieë van hul tekeninge en ander bronmateriaal speel om opwindende opsies vir die finale kunswerk te skep. Dit kan die volgende insluit:  Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde  Naasmekaarstelling van visuele beelde  Die skep van dowwe, wasige beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of geskandeer word  Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/lynolie te bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik  Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek en bo-oor dit te teken of skilder Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Visual Arts.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Visual Arts

View all