Skip to content
Practical assessment task

Visual Arts PAT GR 12 2022 Afr

Grade 12 Visual Arts practical assessment task from the 2022 (Afrikaans), 37 pages. Read online or get the free PDF download.

Subject: Visual ArtsGrade 12202237 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com VISUELE KUNSTE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE GRAAD 12 2022 Hierdie riglyne bestaan uit 37 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 2 DBE/PAT 2022 NSS INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER 4 2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei 6 2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei 7 2.3 Hoe om die PAT'e te administreer 8 2.4 Retrospektiewe uitstalling (PAT-uitstalling) 8 2.5 Hoe om die praktiese take te assesseer/na te sien 11 2.6 Moderering van praktiese take 13 2.7 Verklaring van egtheid 14 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 15 3.1 Instruksies vir die leerder 15 3.2 Vereistes: Jaarlikse plan 22 3.3 Assessering 23 3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie 24 3.5 Aanbiedingsvereistes 24 3.6 Tydraamwerk 24 3.7 Verklaring van egtheid 24 4. BRONNELYS 25 5. GEVOLGTREKKING 25 BYLAE A VERKLARING VAN EGTHEID 26 BYLAE B PRAKTIESE TAAK VOORBEELD 27 BYLAE C RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER OM DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK TE BESTUUR: BINNE, BUITE, ALLE KANTE, TUSSENIN 37 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 3 DBE/PAT 2022 NSS 1. INLEIDING Die 18 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurspraktyke, Landboutegnologie  KUNSTE: Dansstudies, Dramatiese Kunste, Musiek, Ontwerp, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe, Tegniese Wiskunde  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika en -ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak(PAT)-punt is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke met 'n praktiese komponent en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT, wat afgebreek word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite wat die PAT opmaak, word in die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Die PAT bied aan leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat geassesseer kan word nie, bv. 'n geskrewe toets of eksamen. Dit is dus belangrik vir skole om te verseker dat alle leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat hulle aan die einde van die skooljaar hul uitslae kry. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 4 DBE/PAT 2022 NSS 2. RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER KREATIWITEIT – Leerders toon kreatiwiteit wanneer hulle met idees speel en verskillende benaderings ontwikkel/genereer. Hulle skep oorspronklike beelde en artefakte deur verbeeldingryke en persoonlike oplossings in reaksie op doelgerigte take. Oorspronklikheid kan gedefinieer word met betrekking tot die leerders se eie vorige werk, die werk van hulle portuurgroep, of wat ander in 'n verskeidenheid historiese kontekste geskep het. Die nasionale Departement van Basiese Onderwys (DBE) het besluit dat Visuele Kunste- onderwysers hul eie SGA-take sal opstel weens die kreatiewe aard van die vak. Vir Visuele Kunste moet TWEE praktiese projekte in Kwartaal 1 en Kwartaal 2 voltooi word – Kunswerk 1 en Kunswerk 2. Elke kunswerk moet uit Onderwerp 1 (Bronboek) en Onderwerp 2 (Kunswerk) bestaan. Beide praktiese projekte word intern opgestel en per kwartaal deur die onderwyser geassesseer. Die punte word soos volg toegeken:  Onderwerp 1 (Bronboek): as deel van die SGA-punt aangeteken  Onderwerp 2 (Kunswerk): as deel van die PAT-punt aangeteken en slegs aan die einde van die jaar weerspieël Die PAT sal aan die einde van die jaar in die vorm van 'n uitstalling aangebied word. Die uitstalling bestaan uit die kunswerke wat gedurende Kwartaal 1 en 2 voltooi is (minimum vereiste), plus kunswerk(e) wat verdere uitbreiding en ontwikkeling van die tema(s) toon wat ondersoek is. Die kunswerke (Onderwerp 2) van Kwartaal 1 en 2 vir die PAT-uitstalling word elke kwartaal intern geassesseer en as deel van die PAT-punt in Kwartaal 4 aangeteken. Die punt vir die PAT-uitstalling in Kwartaal 4 dek die res van die punt. TAAK 5 PAT (Deurlopende assessering van Kwartaal 1 tot Kwartaal 3) KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 KUNSWERK 1 KUNSWERK 2 PAT- PAT-UITSTALLING Onderwerp 2 Onderwerp 2 UITSTALLINGS- (formatiewe (formatiewe PROSES assessering) assessering) 100 punte 100 punte 25% 25% 25% 25% PAT-uitstalling (Ekstern geassesseer in Kwartaal 4) 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 5 DBE/PAT 2022 NSS Aangesien die aard van die onderwerp kreatiwiteit en selfuitdrukking is, mag leerders nie deur die minimum vereistes ingeperk word nie, hulle mag toegelaat word om meer werke doen wat verband hou met die twee temas wat hulle ondersoek het. Onderwysers moet selfuitdrukking en die individualiteit van die leerders in hierdie uitstalling aanmoedig. In Kwartaal 3 het leerders die geleentheid om hul praktiese werk verder te ontwikkel en tot 'n samehangende en holistiese groep kunswerke uit te brei wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing gesien word. Leerders moet die PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK in die vorm van 'n geskrewe opdrag ontvang om hulle van die volgende in kennis te stel:  Die presiese doel of eindproduk wat van die taak verwag word met betrekking tot medium, grootte, ens.  Bronne beskikbaar vir verwysing/navorsing/ondersoeke/eksperimentering  Assesseringsprosedures en -kriteria wat gebruik moet word  Presiese, nie-onderhandelbare datums vir die inlewering van werk; kontrolepunte gedurende die proses  Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag  Toepaslike mediums, tegnieke en/of benaderings vir die opdrag Dit is soms 'n goeie idee om die skriftelike opdrag na 'n aktiwiteit of reeks aktiwiteite te gee. Onderwerp 1 kan bestaan uit 'n reeks 'boublokke' wat agtereenvolgens gegee word om eksperimentering en die ontwikkeling van Onderwerp 1 te verseker. Met sorgvuldige beplanning sal die onderwyser weet waarheen hierdie 'boublokke' die leerders sal lei. Leerders weet dalk nie waarheen dit lei nie, wat voortdurende verrassingsaspekte skep. Dit voorkom ook die neiging dat leerders by hulle eerste idee vashaak, sonder om werklik te eksperimenteer en ander moontlikhede te ondersoek. Verder sal die bronboek byna voltooi wees voordat daar met die finale kunswerk begin word. Dit sal ook met die pas aangee van die proses help. Algemene riglyne wanneer die PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK opgestel word:  In graad 12 moet take oop opdragte wees wat leerders in staat stel om die materiaal, gereedskap, tegnieke, temas en prosesse binne hul gespesialiseerde praktiese opsies, bv. skilder, beeldhouwerk en drukkuns te kies.  Daar word sterk aanbeveel dat onderwysers hulle eie PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE opstel om kreatiwiteit en oorspronklikheid te inspireer. Kontekstuele faktore moet in ag geneem word, naamlik die materiaal, toerusting en geriewe by 'n skool; hulpbronne, koste, ervaring van leerders, ens.  Geskikte media, tegnieke en/of benaderings moet vir die taak gekies word.  Onthou die presiese doel of eindproduk wat van die taak ten opsigte van medium, grootte, ens. verwag word om innoverende en persoonlike interpretasies in ag te neem. Oorspronklikheid en kreatiwiteit is uiters belangrik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 6 DBE/PAT 2022 NSS  Wanneer daar op temas besluit word, neem altyd die leerders se belangstellings, ervaring en konteks in ag om hulle uit te daag. Kunswerke vertel ons van kunstenaars se ervarings, idees en gevoelens. Moedig 'eerlikheid' aan sodat leerders se kunswerke spreek van hulle ervarings, idees en gevoelens sodat hulle nie 'tweedehandse' werk lewer nie.  Baie onderwysers kan op 'n oorkoepelende tema vir die jaarlikse praktiese werk besluit en dit dan in spesifieke aspekte van die tema verdeel, met ander woorde een per kwartaal. Dit kan lei tot 'n meer samehangende groep kunswerke in die retrospektiewe uitstalling.  Stel verwagtinge, minimum vereistes en sperdatums met betrekking tot die eindproduk vas. BYLAE B op bladsy 27 het 'n voorbeeld van 'n praktiese taak. Onderwysers kan hierdie taak as een van hul praktiese take vir 2022 gebruik. BYLAE C op bladsy 37 gee spesifieke riglyne vir onderwysers met betrekking tot hierdie praktiese taak. 2.1 Idees en benaderings om Onderwerp 1 te lei Informele en formele voorbereiding vir praktiese werk moet in 'n bronboek spesifiek vir Visuele Kunste aangeteken word. Hierdie bronboek is NIE 'n formele, netjiese notaboek NIE, eerder 'n ekspressiewe, persoonlike 'dagboek' van idees en prikkels wat 'n individu se eie styl, belangstellings en persoonlikheid weerspieël. Dit moet vol, opwindend en 'n nuttige bron vol idees en beelde vir gebruik in praktiese opdragte wees. Leerders moet al hulle konseptuele idees, beplanning, 'rondspeel' en verkenningswerk in hulle Visuele Kunste-bronboek plaas. Die bronboek gee insig oor die manier waarop die leerders idees gevorm het, hoeveel alternatiewe hulle ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle denkprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra. Die Riglyne vir die Leerder op bladsy 15 in hierdie dokument verskaf meer gedetailleerde inligting oor die proses van konseptualisering in die bronboek. Die bronboek moet die volgende insluit:  Sketse en voorbereidingstekeninge. Teken is 'n verpligte deel van alle praktiese opsies in Visuele Kunste. Verwys na bladsy 18 in die Riglyne vir die Leerder vir 'n definisie in breë trekke van 'teken'.  Visuele beelde, artikels, uittreksels, voorbeelde, foto's, ens. deur die leerder versamel  Voorwerpe (stukkies papier, verpakkingsmateriaal, ens.) wat die leerder interessant of stimulerend gevind het, wat persoonlike betekenis het of wat op die een of ander tyd vir 'n praktiese projek bruikbaar kan wees  Krabbels ('Doodles'), woorde, sketse, skryfstukke wat met die leerder se ervaring en konteks verband hou  Navorsing en studie oor 'n wye verskeidenheid kunstenaars, asook voorbeelde wat hulle praktiese werk sal inspireer  Enigiets anders wat die leerder stimulerend en/of interessant vind en wat as 'n bron vir sy/haar praktiese werk kan dien  Ondersoek verskillende tegnieke en materiaal  Breinkaarte om idees te ontwikkel  Dokumentasie van enige proseswerk Onderwysers moet:  Die konseptualiseringsproses in die bronboek fasiliteer en lei  Eksperimentering met verskillende media aanmoedig. Dit kan klein skilderye, collages, ens. insluit.  Leerders aanmoedig om die bronboek vir skryf- en sketswerk te gebruik om op dié manier verder as die vasgestelde opdrag te gaan Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 7 DBE/PAT 2022 NSS  Klem plaas op die feit dat dit 'n persoonlike uitdrukking is en dat daar nie net een manier is om dit te doen nie. Moenie te voorskriftelik wees nie, maar laat toe dat leerders op hulle eie manier die bronboek binne die riglyne skep.  Leerders aan 'n verskeidenheid kunstenaarsboeke blootstel en beklemtoon dat die ontwikkelingsproses van die kunswerk belangriker as net 'n netjiese 'plakboek' is. Daar is geen voorskrifte ten opsigte van die grootte nie – dit kan A3, A4 of enige ander grootte wees. 2.2 Idees en benaderings om Onderwerp 2 te lei  Graad 12 is die akkumulasie van 'n drie-jaar-studie en leerders moet voldoende tegniese vaardighede hê.  Demonstreer, verduidelik en verwys na die werk van relevante kunstenaars wanneer spesifieke temas bekendgestel word om met Visuele Kultuurstudies te integreer.  Baie min leerders kan 'n opdrag op hul eie voltooi. Daar word van jou as die Visuele Kunste-onderwyser verwag om die kreatiewe proses van begin tot einde te lei. Wees ontvanklik vir uiteenlopende oplossings vir praktiese projekte.  Doen voortdurend informele assessering deur leerders se werksvordering met hulle te bespreek. Probeer om leerders te lei om hul eie oplossings te vind eerder as om jou idees op hulle af te dwing.  Hou gereelde 'kritieksessies', waartydens jy leerders fasiliteer en leer om te praat en hulle klasmaats se werk op 'n konstruktiewe manier te bespreek.  Onthou dat jy as die Visuele Kunste-onderwyser die estetiese kwaliteite van enige take moet lei. Dit is die onderwyser se plig om die leerder te help om sy/haar eie kreatiewe stem te vind.  Probeer om hulle te lei om individuele en innoverende benaderings/oplossings te vind.  Lei hulle om idees te ontwikkel deur vanaf eerstehandse waarnemings te werk.  Lei leerders ook om bronmateriaal met 'n gebrek aan estetiese eienskappe uit te skakel. Esteties beteken nie 'mooi' nie; sommige van die 'lelikste' beelde kan in 'n kunswerk op 'n ongelooflike wyse weergegee word.  Leerders moet selfversekerde en berekende risiko's neem en nuwe idees en prosesse sonder vrees vir mislukking uittoets.  Dit is belangrik dat die Visuele Kunste-onderwyser leerders selfvertroue aanleer sodat leerders gemaklik sal voel met die neem van risiko's en om uit hul foute te leer wanneer hulle idees, materiaal, gereedskap en tegnieke verken en daarmee eksperimenteer.  Kreatiewe aktiwiteit kan op verskillende vlakke plaasvind; vanaf die laer vlak waar 'n pastiche van 'n bestaande idee of werk geskep word, tot die hoogste vlak waar 'n heeltemal vars en individualistiese proses en/of uitkoms ontwikkel word.  Dit is belangrik om deur die hele jaar deurlopend na die leerders se groep kunswerke te kyk en dit te bespreek. Dit help om hulle sterk en swak punte te identifiseer.  Oppas vir skadelike kritiek. Dit is raadsaam om met die positiewe te begin en dan na areas te beweeg waarop verbeter kan word. Praat met die leerder, bv. 'Ek dink dit sal meer doeltreffend wees as jy hierdie ... verander. Wat dink jy?' Dit laat hulle deel van die proses voel en laat hulle oor hul werk dink.  Dit is belangrik dat jy jou leerders verstaan en ken en hulle spesifieke sterk punte ontwikkel. Sommige leerders sal deeglike beplanners wees, terwyl ander meer intuïtief werk.  Daar is baie maniere om kunswerke te skep. Party kunstenaars doen noukeurige beplanning voordat hulle met die kunswerk begin, terwyl ander, bv. sommige Surrealiste en Abstrakte Ekspressioniste, meer 'vry' begin en die werk algaande gedurende die skeppingsproses ontwikkel. Wees buigsaam genoeg om leerders in staat te stel om verskillende maniere te gebruik om kunswerke te skep. Daar word sterker individuele interpretasies en style van graad 12-leerders verwag.  Lei leerders om doelmatige, onafhanklike, kritiese en peinsende denkers te wees.  Moenie die leerders onderskat nie, maar daag hulle uit, want dikwels verras hulle 'n mens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 8 DBE/PAT 2022 NSS  Besinning/Nabetragting: o Aan die einde van elke PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK moet daar 'n vorm van besinning/terugvoering wees oor die werk wat elke leerder geskep het om die verdere ontwikkeling van die leerder te verseker. Dit kan geskrewe en/of verbale terugvoering wees wat kommentaar lewer op sterk en swak punte. o Dit kan selfbesinning, klas-/onderwyserbesinning en -nasien, portuurbesinning of 'n oop kritieksessies wees wat deur die onderwyser en die leerder gelei word. o Terugvoering kan die vorm van 'n mini-uitstalling aanneem. 2.3 Hoe om die PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE te administreer  Maak seker dat kunsmedia beskikbaar is.  Voldoende tyd (kies kontaktyd gedurende en/of na skool).  Maak seker dat kontrolepunte en sperdatums nagekom word.  Informele deurlopende assessering.  Voltooi formele assessering volgens die rubriek.  Voltooi sigblaaie ('spreadsheets') wat deur die provinsie verskaf word.  Volg die skool se beleid ten opsigte van die indiening van punte.  PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE se punte en onderwyserportefeuljes moet altyd vir kluster-/provinsiale moderering beskikbaar wees.  Veilige berging vir praktiese werk moet deur die skool verskaf word.  Alle kunswerke moet ten alle tye vir uitstallings, eisteddfods en kunstefeeste beskikbaar wees en bly die eiendom van die DBE totdat die finale uitslae vrygestel word. Die veilige bewaring van die kunswerke is die skool se verantwoordelikheid. 2.4 Retrospektiewe uitstalling (PAT-uitstalling) Aan die einde van graad 12 moet leerders 'n retrospektiewe (PAT-) uitstalling van hul werk as deel van hulle eksamenpunt aanbied. Hierdie uitstalling toon wesenlike bewyse van die leerders se Visuele Kunste-konseptualisering, tegniese vaardighede en kennis wat mettertyd ontwikkel het. Dit vertoon die leerders se praktiese ontwikkeling in die aanbieding van 'n samehangende groep kunswerke soortgelyk aan 'n klein eenmansuitstalling of studentegradueringsuitstalling. Dit het spesifiek te doen met die bestuur van proses en aanbieding wat deel vorm van Onderwerp 2. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 9 DBE/PAT 2022 NSS Onderwerp 2: Die skep van kunswerke Volgens die KABV moet graad 12-leerders hul eie werk vertoon, uitstal of aanbied op 'n manier wat die ekspressiewe en konseptuele impak van die werk versterk en komplementeer. Kontrolelys vir die uitstalling  Die kunswerke (Onderwerp 2) van die twee praktiese take is verpligtend en volgens minimum vereistes.  Een of twee graad 11-kunswerke om ontwikkeling en progressie te toon.  Aangesien die aard van die vak kreatiwiteit en selfuitdrukking is, mag leerders nie ingeperk word deur die minimum vereistes nie, maar toegelaat word om meer werke te doen wat verband hou met die twee temas wat hulle ondersoek het. Ons moet leerders se selfuitdrukking en individualiteit in hierdie uitstalling aanmoedig.  Graad 12 leerders moet die geleentheid gebruik om hul praktiese werk verder te ontwikkel en uit te brei na 'n samehangende en holistiese groep werke wat in die konteks van 'n uitstallingsomgewing gesien word. Daarom kan leerders meer werke uitstal wat bewys lewer van hierdie proses, bv. werk wat op hul eie gedoen is en/of die uitbreiding van hulle temas in meer kunswerke.  Die bronboek(e), alhoewel dit reeds geassesseer is, moet vertoon word om die ontwikkeling na die finale kunswerk(e) te toon. Aanbieding  Onderwysers moet die ruimte vir die uitstalling verskaf, bv. die skoolsaal of kunsklas.  Onderwysers moet leerders bewus maak van die belangrikheid van die aanbieding van hul werk en riglyne verskaf vir 'n netjiese, professionele uitstalling.  Die leerder se naam moet duidelik vertoon word en die graad 12-take moet duidelik gemerk word.  Die raam van werke is onnodig, maar in baie gevalle sal eenvoudige montering die werk beter laat vertoon.  Leerders moet hulle daarvan weerhou om rekwisiete, bykomstighede, ens. te gebruik. Die uitstalling moet 'n bewustheid van professionele uitstallingspraktyke toon.  As rekenaars nodig is om digitale werk te toon, moet onderwysers seker maak dat die rekenaars werk en dat hulle die wagwoorde ken. Assessering Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word. Die volgende is 'n riglyn van aspekte wat tot die finale geldige punt sal lei:  Algehele vordering en ontwikkeling van die leerder tot onafhanklike en individuele oplossings  Kreatiwiteit en oorspronklikheid  Tegniese vaardighede  Persoonlike betrokkenheid en uitdrukking in die proses en finale werke  Bewyse in die bronboek: konseptualisering, ondersoek en eksperimentering van media, tegnieke, style, ens. Voldoende verkenning van teken.  Volpunte kan nie toegeken word as alle vereiste kunswerke nie aangebied word nie. Punte moet aangepas word volgens die werke wat aangebied word.  Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 11 en 12, MOET gebruik word om standaardisering te verseker Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 10 DBE/PAT 2022 NSS ASSESSERINGSKRITERIA Hierdie groep kunswerke sal holisties geassesseer word. KRITERIA Algehele indruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering: Ontwikkeling van nuwe en unieke antwoorde/oplossings Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke: Geskiktheid van materiaal en tegnieke volgens die konsep; veiligheid en bestuurbaarheid; tegniese vaardighede getoon Gebruik van formele kunselemente: Die belangrikheid van kunselemente en kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, ritme, balans, harmonie, verhouding en komposisie Interpretasie en praktiese implementering van tema(s): 'n Persoonlike interpretasie van 'n tema; eksperimentering; hantering van nuwe uitdagings Voltooiing en aanbieding van kunswerk: Aandag aan detail; taak binne tydsduur voltooi; aanbieding volgens taak Kuratorskap (Aanbieding) van uitstalling: Professionaliteit, duidelik, ens. TOTAAL: 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 11 DBE/PAT 2022 NSS 2.5 Hoe om die praktiese take te assesseer/na te sien ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK Uitstaande 90–100  Die leerder het baie idees gegenereer; het ongewone kombinasies of veranderinge probeer voordat een idee gekies is; het verbindings met vorige kennis gemaak; bemeestering van probleemoplossings- vaardighede.  Poging veel meer as wat vereis word.  Die 'WOW'-faktor is duidelik.  Werke toon 'n groot mate van innovering.  Inhoud/konseptuele rykdom van die werk is uitstekend.  Die werk in geheel spreek van selfvertroue en is stemmingsvol; dit betrek die kyker met uitstekende visuele kwaliteite.  Die werk toon duidelik oorspronklike visie, 'n verskeidenheid innoverende idees en/of die neem van risiko's en die vindingryke artikulasie van 'n wye verskeidenheid elemente en beginsels.  Uitstaande en oorspronklike aanbieding. Buitengewone vermoë; kreatiewe rykheid; insiggewend, vlot, hoë vaardigheid, waarneming en kennis sterk uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. uitgedruk; ondersteun deur 'n oorspronklike of ongewone keuse van relevante visuele verwysings. Uitstekend 80–89  Treffende impak; meestal soos hierbo; gedetailleerd; goed georganiseerd en samehangend; afgerond; vaardigheid duidelik; ondersteun deur oorspronklike/ongewone/relevante visuele verwysings; aanbieding oorspronklik en weldeurdag; minder opgelos; 'n paar geringe foute sigbaar.  Dikwels uitstekende tegniese vaardighede, maar nie so innoverend nie OF baie innoverend, maar daar is 'n gebrek aan tegniese rykheid. Baie goed 70–79  Goed georganiseerd, soos hierbo, maar 'sprankel' ontbreek (minder oortuigend ten opsigte van verbeelding, kreatiwiteit en innovering); goeie vlak van bevoegdheid en keuse van inhoud; ondersteun deur 'n goeie keuse van relevante visuele verwysings; duidelike sorg en moeite met oorspronklike aanbieding; 'n paar duidelike teenstrydighede/foute sigbaar.  Goeie bewys van moeite en toewyding. Interessant/innoverend/ kreatief, maar nie tegnies opgelos nie.  Tegnies goed, maar konseptuele rykheid ontbreek, of andersom. Werk mag kreatief innoverend wees, maar tegniese vaardighede ontbreek. Goed 60–69  Die werk toon 'n mate van oorspronklikheid; duidelike bedoeling; oortuigend; eenvoudige, direkte gebruik van medium; vertoon begrip, maar neig soms na die alledaagse en stereotipiese reaksie; voldoende keuse van relevante visuele verwysings; redelike moeite gedoen met aanbieding; steurende/ duidelike teenstrydighede.  Goeie vlak van bevoegdheid Gemiddeld 50–59  Voldoende; voel meganies; afgelei of gekopieer; min insig.  Verbeeldingloos; 'n paar visuele verwysings wat nie altyd duidelik geïdentifiseer nie.  Aanvaarbare aanbieding; baie steurende teenstrydighede.  Gemiddelde vlak van tegniese bevoegheid. Moontlike beperkte betrokkenheid ten opsigte van tyd en moeite.  Beelde is van 'n ander bron gekopieer met min transformasie van beelde.  Min bewyse dat iets ongewoon probeer is.  Omvang van werk is eng en/of herhalend. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 12 DBE/PAT 2022 NSS Onder- 40–49  Genoeg materiaal/werk om te slaag; nie logies saamgestel nie. gemiddeld  Beperkte keuses van inligting; swak tegniese vaardighede en/of gebrek aan tyd aan taak gewy, kan bydraende faktore wees.  Min gebruik van visuele inligting; lomp of nalatige aanbieding wat ondersteuning/motivering benodig om te slaag.  Beeldgebruik is van 'n ander bron gekopieer met baie min transformasie.  Komposisie is swak en onontwikkeld; geen bewyse van beplanning nie of onvolledige beplanning. Swak 30–39  Net genoeg materiaal/werk om te slaag.  Visueel oninteressant; onkreatief; beperkte/swak tegniese vaardighede gebruik.  Geringe poging aangewend om inligting op 'n aanvaarbare wyse aan te bied; min of geen visuele inligting/verwysings nie.  Algemene gebrek aan toewyding; benodig ondersteuning/ motivering om te slaag  Onvoldoende tyd aan taak gewy. Standaard onder die aanvaarbare.  Swak oplossings vir probleme; kunswerk is gekopieer en oppervlakkig. Geen bewyse van oorspronklike denke nie. Baie swak 20–29  Baie min inligting; onsamehangend; nie maklik om na te kyk nie; min of Druip irrelevante werk/visuele inligting.  Geen moeite gedoen om werk op 'n aanvaarbare manier aan te bied nie; algemene gebrek aan toewyding/samewerking.  Baie swak vaardigheidsvlak.  Projek is baie swak of onvoltooid.  Swak estetiese besluitneming.  Klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie. Onaanvaarb 0–19  Onsamehangend; irrelevant; baie min of geen werk nie; gebrek aan selfs aar Druip beperkte vaardighede; geen toewyding/samewerking.  Werk onvoltooid.  Swak artistiese besluitneming/leerder het geen moeite gedoen nie.  Die meeste klasse is gemis en leerder kon nie die tyd inhaal nie. . Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 13 DBE/PAT 2022 NSS 2.6 Moderering van praktiese take Moderering is noodsaaklik vir gehalteversekering en moet op 'n gereelde basis plaasvind. Die templaat hieronder kan vir interne (skool) en eksterne (provinsiale) moderering van die praktiese take gebruik word. VISUELE KUNSTE: MODERERING VAN PRAKTIESE TAKE SKOOL VAK GRAAD DATUM ONDERWYSER MODERATOR 1. DIE PAT-OPDRAG √ OF x Vaknaam, graad en jaar Duidelike instruksies van wat verwag word, wat op die spesifieke graad van toepassing is Realistiese verwagtinge vir die spesifieke graad Visuele inspirasie Die opdrag gebaseer op Williams se taksonomie skep die geleentheid vir die volgende:  Vloei (die generering van idees, antwoorde, reaksies, moontlikhede vir 'n gegewe situasie/ probleem)  Buigsaamheid (die generering van alternatiewe, variasies, aanpassings, verskillende idees/oplossings/opsies) ● Oorspronklikheid (die generering van nuwe, unieke en ongewone antwoorde/oplossings)  Uitbreiding (die uitbreiding, vergroting, verryking of verfraaiing van idees om dit makliker te maak vir ander om te verstaan of om dit meer interessant te maak) ● Risiko's neem (eksperimentering, probeer nuwe uitdagings)  Kompleksiteit (die vermoë om struktuur uit chaos te skep, om logiese orde in 'n gegewe situasie te bring en/of die ontbrekende dele raak te sien) ● Nuuskierigheid (die vermoë om te wonder, na te dink, te oorweeg of te raai)  Verbeelding (die vermoë om denkbeeldige prentjies te bou, moontlikhede en nuwe dinge te visualiseer of verby praktiese beperkinge te reik) Duidelike assesseringskriteria Sperdatums en tydsbestuur KOMMENTAAR: 2. ASSESSERING VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK Van toepassing op die spesifieke graad in lyn met die provinsie se standaard, bv. realistiese nasien Gebruik van assesseringskriteria 100 punte vir bronboek, insluitend assessering van die volgende: ● Konsep-ontwikkeling ● Navorsing, ondersoek, eksperimentering ● Prosestekeninge ● Aanbieding, algehele voorkoms Indien al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief? 100 punte vir kunswerk(e), insluitend assessering van die volgende: ● Keuse en gebruik van materiaal/tegnieke ● Gebruik van formele kunselemente ● Geheelindruk van werk – oorspronklikheid, kreatiwiteit, innovering ● Interpretasie en praktiese implementering van navorsing ● Voltooiing en aanbieding van kunswerk Indien al die bogenoemde, of sommige daarvan, nie van leerders verwag is nie, was daar 'n betekenisvolle en/of kreatiewe alternatief? KOMMENTAAR: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 14 DBE/PAT 2022 NSS 2.7 Verklaring van egtheid Verwys na BYLAE A op bladsy 26. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 15 DBE/PAT 2022 NSS 3. RIGLYNE VIR DIE LEERDER 3.1 Instruksies vir die leerder ONDERWERP 1 – BRONBOEK (Konseptualisering deur die ontwikkeling en verwesenliking van kreatiewe idees) 'n Idee is ons visuele reaksie op iets wat ons gesien het – in die werklike lewe, in ons geheue, in ons verbeelding, in ons drome. – Vrye vertaling: Anna Held Audette in die boek, The Blank Canvas Die bronboek gee insig oor die manier waarop jy idees gevorm het, hoeveel alternatiewe jy ondersoek het en ander prosesse wat tot die finale werk gelei het. Die bronboek moet alle gedagteprosesse wat tot die maak van kunswerke gelei het, duidelik oordra. Jy moet visueel die 'storie' vertel van hoe jou kunswerk ontstaan en ontwikkel het en geskep is deur teken, eksperimenteer en skryf. Dit moet jou individualiteit en kreatiwiteit as 'n Visuele Kunste-leerder weerspieël. Jy moet in jou bronboek avontuurlustig en kreatief-ondersoekend wees, risiko's neem, eksperimenteer en bowenal teken, teken, teken! ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Konsepontwikkeling Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge om konsepontwikkeling te toon Die volgende stappe sal jou help met konsepontwikkeling: HOE OM IDEES TE GENEREER Thomas Edison, die groot uitvinder, het gesê dat genialiteit een persent inspirasie en nege-en- negentig persent sweet is. As jy op inspirasie gaan wag vir 'n projek om jou soos 'n weerligstraal te tref, gaan jy baie lank wag en dan gewoonlik met 'n baie duidelike oplossing vorendag kom. Kunstenaars werk hard om inspirasie te kry deur ander kunstenaars na te vors, te teken, te skryf en met tegnieke en verskillende media te eksperimenteer. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 16 DBE/PAT 2022 NSS Terwyl jy idees kry, probeer om jou denkprosesse te lei na dit wat persoonlik, ongewoon en uitdagend is en wat jou met passie vervul. Wanneer jy 'n tema ontvang, kan die volgende gebruik word om idees rondom die tema te genereer:  Breinkaart 'n Breinkaart is 'n goeie instrument om idees voort te bring wat met die sentrale tema verband hou. Die eindresultaat moet 'n webagtige struktuur van woorde en idees of selfs visuele beelde wees. Soos wat jy die vertakkings uitbrei, ontdek jy dalk nuwe oplossings. 'n Paar vinnige riglyne: o Begin deur die tema in die middel van die bladsy te plaas (skryf die woord en/of teken 'n prent daarvan). o Teken ten minste vier dik organiese takke wat vanaf die sentrale woord/beeld uitstraal. Jy kan verskillende kleure gebruik om elke tak te verteenwoordig. o Teken addisionele takke wat vanaf jou hooftakke strek. Die woorde op hierdie takke is subonderwerpe van die woorde wat jy op jou hooftakke geskryf het. o Hou aan om die breinkaart uitwaarts uit te brei met addisionele subonderwerpe/ kernwoorde en takke.  Die gebruik van woordeboeke en 'n tesourus Soek die betekenis van woorde op. 'n Tesourus neem 'n mens op 'n reis van sinonieme wat nuwe inspirasiemoontlikhede oopmaak.  Bewussynstroom-skryf ('Stream of consciousness writing') Begin sommer net skryf oor die tema wat jy gekry het, sonder om bewustelik te dink. Lees daardeur en miskien is daar 'n oorspronklike oplossing.  Maak lysies en sketse Baie kunstenaars gebruik lysies en sketse van moontlikhede. Visueel kreatiewe mense gebruik dikwels duimnaelsketse as hulle lysies.  Ander idees Inspirasie kan van die volgende kom: o Klanke – uit die natuur, musiek, liedjies o Woorde – poësie, letterkunde, aanhalings, frases o Visuele beelde – werk van ander kunstenaars o Prente – uit boeke, tydskrifte, katalogusse  Persoonlik Dit is belangrik dat jy temas verpersoonlik. Jy moet konsentreer op dinge waarvoor jy omgee, dinge wat jou roer. Voer onderhoude met jou familie en vriende, gebruik ou familiefoto's, voorwerpe wat 'n spesiale betekenis het, ens. Kyk na jou 'storie' – jou familiegeskiedenis, tradisies, rituele – en vertel 'n persoonlike storie. 'n Ware kunstenaar maak kuns wat vir hom/haar van waarde is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 17 DBE/PAT 2022 NSS Om kunswerke te kan skep, moet jy toegang tot beeldmateriaal van 'n hoë gehalte hê. Probeer om nie slegs foto's van ander mense te gebruik nie. Dit is altyd beter om 'n onderwerp eerstehands te verken. Baie van die visuele beelde op die internet is van 'n swak gehalte of is te generies. Leerders moet aangemoedig word om hul eie foto's te neem en hul eie bronmateriaal te genereer. SELEKTEER EN EVALUEER IDEES ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en enige ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het o Eksperimentering met media en/of verskillende tegnieke  Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en moet jou besluite ondersteun. Jy behoort nou baie idees te hê en moet nou die beste omvattende idee vir verdere verkenning kies.  Eksperimenteer met materiaal en tegnieke Kunstenaars vind dikwels inspirasie sodra hulle die materiaal begin manipuleer. Selfvertroue en 'n mate van die bemeestering van prosesse en materiaal maak laat 'n meer kreatiewe weergawe van nuwe idees toe. Dit is natuurlik om visuele idees te kry wanneer ons met visuele materiaal werk en nuwe tegnieke probeer. Ondersoek/Ontdekking moet doelgerig wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 18 DBE/PAT 2022 NSS  Beeldmanipulasie deur collages, montages, Photoshop, ens. Jy wil nie stereotipiese komposisies met gesentraliseerde beelde skep nie. Begin 'speel' met fotostate van jou tekeninge en ander bronmateriaal, bv. tydskrifbeelde, om ander opwindende moontlikhede vir die finale kunswerk te skep. Dokumenteer jou digitale manipulasies om eienaarskap te kry. Dit kan die volgende insluit: o Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde o Naasmekaarstelling van visuele beelde o Skep dowwe/vae beelde deur die beeld te beweeg terwyl gekopieer of geskandeer word o Gebruik deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/ lynolie te bedek of gebruik tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') o Gebruik ink of verf om party dele te bedek en teken of skilder bo-oor dit  Invloede van kunstenaars o Maak seker dat jy historiese en/of kontemporêre voorbeelde insluit wat jou geïnspireer het. 'n Riglyn sou wees om twee tot drie kunstenaars/kunswerke te ondersoek/na te vors en jou eie, persoonlike reaksie te onthul/toon. o Moenie internet-drukstukke met inligting in jou bronboek plak nie. o Toon goeie gebruik van vakkundige woordeskat (frases soos 'sterk kontras', 'lei die oog' en 'fokuspunt').  Teken/Skets Maak baie duimnaelsketse om verskillende moontlikhede vir jou finale idee te oorweeg. Maak byskrifte en aantekeninge om 'n geskiedenis van jou denkprosesse te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 19 DBE/PAT 2022 NSS  Skryf Skryf aantekeninge/verklarings by tekeninge, bronne en eksperimente om jou gedagtes tydens konseptualisering uit te druk. Kommunikeer duidelik. Dit maak nie saak of jy aantekeninge of volsinne gebruik nie, maar moet nooit 'txt' of sleng/sms-taal gebruik nie.  Dit is belangrik om te benadruk dat die doel van enige kunswerk is om 'n boodskap oor te dra – om kommentaar te lewer, te skreeu of te sing oor die wêreld waarin ons onsself bevind.  Wanneer jy jou idees evalueer, elimineer dit wat onoorspronklik/oppervlakkig ('cheesy') (bv. pienk hartjies en oulike goetertjies), onopreg (bv. wêreldvrede) of oordrewe mooi is en niks om die lyf het nie (bv. 'n bos rose).  Skakel bronne uit wat holrug gery is. Niks in kuns is nuut nie, maar jy kan dit 'n vars voorkoms gee. Daar is dikwels 'n magiese kwaliteit in wat ander weggooi, miskyk of vergeet. DIE FINALE IDEE Jy het nou jou finale idee vir die kunswerk en kan nou begin om dit te verfyn. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 20 DBE/PAT 2022 NSS  Oorweeg die volgende wanneer die finale komposisie beplan word Oorgange tussen voorwerpe, ongewone jukstaplasings (naasmekaarplasings), transformasies en metamorfose. Werk jou finale komposisie uit. 'n Goeie idee moet visueel opwindend wees. Maak duimnaelsketsies om 'n verskeidenheid moontlikhede te oorweeg. Dink aan dinge soos die kontras tussen oop en besige dele, tussen donker en lig, ens. Dink aan negatiewe ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ens. om 'n stemming of atmosfeer te skep. Moenie jou idee oorlaai nie. ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Prosestekeninge Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou konsepontwikkeling te verduidelik.  Teken, teken en teken nog ... Daar moet uitgebreide gebruik van teken in jou bronboek wees wat ten minste 30% van jou voorstel vir jou finale werk weerspieël. Verseker die uitgebreide gebruik van tekening om persepsie en uitvinding uit te druk en om gevoelens, ervarings en idees oor te dra. Dit is belangrik dat handvaardighede in die bronboek getoon word en dat teken geïnterpreteer word as die skep van merke ('mark making') om denke visueel te maak in: o Verskillende media, bv. potlood, pen, verf, uitveërs, penne, ink, bleikmiddel, tou o Verskillende style, bv. naturalisties, ekspressionisties, beweging ('gestural'), abstrak o Verskillende tekentegnieke, bv. stippeling, arsering, krabbel, tonale tekening Teken kan dus wissel van eenvoudige lynsketse om idees te verduidelik tot volledige tonale tekeninge. Dit kan ook klein skilderye insluit. Dit is belangrik om idees en konsepte deur tekening, bv. geannoteerde tekeninge, uit te druk.  Direkte kopiëring uit tydskrifte, die internet, ens., word NIE toegelaat NIE. Direkte kopiëring van 'n visuele beeld wat nie jou eie is nie, SAL GEPENALISEER WORD. Dit is 'n vorm van plagiaat en is onaanvaarbaar.  Die proses van TRANSFORMASIE (VERANDERING) van die bronmateriaal is uiters belangrik.  As jy geskikte ontleende visuele beelde moet gebruik, moet jy dit met jou eie, oorspronklike visuele beelde kombineer om JOU EIE INTERPRETASIE TE ONTWIKKEL. ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Aanbieding en algehele voorkoms  Visueel interessant om 'n persoonlike benadering te toon.  Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. LAASTENS  Uitleg o Die voorkoms van 'n bronboek moet herinner aan dit wat jy van 'n kunstenaar sou kon verwag om te skep. (Dit is nie 'n plakboek nie.) o Wissel bladuitleg af om verskeidenheid en visuele interessantheid te skep. o Elke blad van jou bronboek moet kreatiwiteit weerspieël. o Gebruik jou ruimte doeltreffend.  Dokumentasie van die proses o Enige digitale werk, bv. fotografie en animasie, moet deur skermskote, tekeninge en/of aantekeninge gedokumenteer word. o As jou werk meer prosesgeoriënteerd is, kan jy die proses dokumenteer, bv. tekeninge, aantekeninge en/of foto's. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 21 DBE/PAT 2022 NSS  Besinning/Nabetragting Daar moet bewyse van besinning/nabetragting wees. Dit hoef nie 'n opstel aan die einde van die proses te wees nie, maar kan deur aantekeninge en byskrifte/annotasies dwarsdeur die bronboek gedoen word. Dit sal insig gee oor hoe jy idees gevorm het en hoeveel alternatiewe jy ondersoek het. Die bronboekwerk is belangrik. Al word die keuse van grootte en formaat (A2, A3, A4 of enige ander grootte) aan jou en/of jou onderwyser oorgelaat, moet dit 'n wesenlike groep kunswerke wees. 'n Algemene riglyn sou 'n minimum van 8–10 bladsye per taak wees. Dit moet die ontwikkeling van jou idees duidelik toon en direk met jou kunswerk verband hou. Ten minste 30% moet uit tekeninge bestaan. Die belangrikste funksie van die bronboek is om insig te gee in jou denkprosesse wat tot die finale kunswerk gelei het. Daar MOET 'n duidelike verband tussen die bronboek en die kunswerk wees. ONDERWERP 2 – DIE SKEP VAN DIE KUNSWERK (Die maak van kreatiewe kunswerke, die bestuur van die proses en aanbieding deur veilige praktyk te volg) Wat doen kunstenaars? Onthou Skep Verbeel Voel Waarneem Verwring Eksperimenteer Ontdek Speel Herhaal Omskep Ondersoek Beplan Analiseer Simboliseer DIT IS HOE JY JOU TEMA KAN VERKEN.  Die kunswerk moet met jou eie ervarings verband hou.  Kuns is die produk van 'n proses.  Komposisie is die grondslag van beeldskepping. Bespreek jou komposisies en maniere om dit meer opwindend te maak met jou onderwyser.  'n Idee is net so goed soos die uitvoering daarvan. Swak werk sal 'n goeie idee ruïneer.  'n Kunswerk is eerstens 'n uitdrukking van die medium daarvan. In alle groot kunswerke is die onderwerp en die wyse waarop dit weergegee word, onafskeidbaar. Jy moet tegnieke bemeester om jou inhoud te beskerm.  Onthou die belangrikheid van die kunselemente en kunsbeginsels, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie.  Wees kreatief en innoverend.  Geniet wat jy doen en streef altyd na 'n persoonlike interpretasie van 'n tema. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 22 DBE/PAT 2022 NSS 3.2 Vereistes: Jaarplan Die tabel hieronder gee duidelikheid oor praktiese take waar die bronboek (Onderwerp 1) deel uitmaak van die SGA-punt en die kunswerk (Onderwerp 2) deel uitmaak van die PAT-uitstalling. JAARLIKSE PLAN VAN ASSESSERING VIR VISUELE KUNSTE – GRAAD 12 SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING: 25% EKSAMEN: 150 + 100 + 100 = 350 punte verwerk na 100 punte (SGA) 75% KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 150 PUNTE 100 PUNTE 100 PUNTE 200 PUNTE TAAK 1 TAAK 4 TAAK 6 TEORIETOETS PROEFEKSAMEN FINALE EKSAMEN V1 (summatiewe (summatiewe TEORIE-EKSAMEN assessering) assessering) (summatiewe 50 punte 100 punte assessering) 100 punte TAAK 2 TAAK 3 TAAK 6 TAAK 6 KONSEPTUALISERING KONSEPTUALISERING FINALE EKSAMEN V2 FINALE EKSAMEN V2 Onderwerp 1 Onderwerp 1 KONSEPTUALISERING KUNSWERK (formatiewe assessering) (formatiewe assessering) (summatiewe (summatiewe 100 punte 100 punte assessering) assessering) (50 punte ) (50 punte) TAAK 5 PAT (Deurlopende assessering van Kwartaal 1 tot Kwartaal 2) KWARTAAL 1 KWARTAAL 2 KWARTAAL 3 KWARTAAL 4 KUNSWERK 1 KUNSWERK 2 PAT-UITSTALLING Onderwerp 2 Onderwerp 2 (summatiewe assessering) (informele assessering) (informele assessering) 100 punte 100 punte 100 punte 100% 100 (SBA) + 100 (PAT) + 100 (PRAKTIESE EKSAMEN) + 100 (THEORIE-EKSAMEN) = 400 (TOTALE PUNTE) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 23 DBE/PAT 2022 NSS 3.3 Assessering ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs- toekenning Konsep-ontwikkeling  Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge 25% om konsep-ontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25% eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het o Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke  Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25% konsep-ontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele  Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25% voorkoms benadering.  Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 100 Riglyne vir assessering  Soos gesien in die rubriek vir die bronboek dra die vier assesseringskriteria gelyke gewig.  Elke assesseringskriterium moet as 'n persentasie nagesien word.  Die vier punte moet bymekaar getel word vir 'n punt uit 400 en dan deur 8 gedeel word om die totaal uit 100 te kry.  Slegs die spesifieke kriteria moet nagesien word. Onderwysers mag nie hulle eie vereistes opstel nie.  Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 11 en 12 MOET in al die kriteria gebruik word om standaardisering te verseker. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 24 DBE/PAT 2022 NSS ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Keuse en gebruik van materiaal/  Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens die tegnieke konsep  Veilig en hanteerbaar  Tegniese vaardigheid Gebruik van formele  Die belangrikheid van die elemente en beginsels van kunselemente kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie Geheelindruk van werk –  Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone oorspronklikheid, kreatiwiteit, antwoorde/oplossings innovering Vertolking/Interpretasie en  'n Persoonlike interpretasie van 'n tema praktiese implementering van  Eksperimentering navorsing  Probeer nuwe uitdagings Voltooiing en aanbieding van  Aandag aan detail kunswerk  Taak in toegelate tyd voltooi  Aanbieding volgens taak TOTAAL 100 Riglyne vir assessering  Die kunswerk MOET holisties geassesseer word en geen spesifieke puntetoekennings kan vir die verskillende kriteria gebruik word nie.  Die beskrywende rubriek, ASSESSERINGSKRITERIA VIR PRAKTIESE WERK, op bladsy 10 en 11 MOET gebruik word om standaardisering te verseker. 3.4 Afwesigheid/Take nie ingelewer nie  Afwesigheid of take wat nie ingelewer is nie, sal 'n ONVOLLEDIGE punt tot gevolg hê.  Om egtheid te verseker, moet 60% van die kunswerk (ONDERWERP 2) by die skool voltooi word.  Indien werke by die huis voltooi word, kan die onderwyser nie die egtheid daarvan goedkeur nie en 0% sal toegeken word. 3.5 Aanbiedingsvereistes ONDERWERP 1 (Bronboek): Minimum van 8–10 bladsye ONDERWERP 2 (Kunswerk): Jou onderwyser sal jou help met die aanbieding, montering, uitstalling, ens. vir nasiendoeleindes. 3.6 Tydraamwerke  Presiese, nie-onderhandelbare datums  Kontrolepunte tydens die proses 3.7 Verklaring van egtheid Verwys na BYLAE A op bladsy 27. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 25 DBE/PAT 2022 NSS 4. BRONNELYS LTSM – Bronverwysings  Handboek deur die DBE goedgekeur.  Naslaanboeke, katalogusse en tydskrifte soos Art Africa en Art Times, foto's, PowerPoint-aanbiedings, video's, ens. om waardevolle onderrig- en leerondersteuningsmateriaal te verskaf.  Besoeke aan kunsuitstallings. Gereelde, volgehoue besoeke aan kontemporêre uitstallings word sterk aanbeveel. Waar besoeke onmoontlik is (skole in landelike gebiede, ens.), moet koerantresensies, ens. gereeld geraadpleeg word.  Die internet: Gebruik die soekenjins om nuttige webwerwe te vind. YouTube voorsien baie praktiese werkswinkels. Inspirasie vir praktiese take kan op Pinterest gevind word. 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders hulle begrip van die bedryf kan demonstreer, hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns kan versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer kan vestig en uitdagings in die wêreld daarbuite kan aandurf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee aan hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te raak. LET WEL: Al die kunswerke in hierdie dokument is deur graad 12-leerders geskep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 26 DBE/PAT 2022 NSS BYLAE A VERKLARING VAN EGTHEID Ten minste 60% van hierdie PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK is onder toesig van die Visuele Kunste-onderwyser gedoen. Hierdie verklaring sertifiseer dat al die werk wat ingelewer is, oorspronklik is en die werk van die leerder is. HANDTEKENING DATUM Leerder Onderwyser Skool Skoolhoof Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 27 DBE/PAT 2022 NSS BYLAE B VOORBEELD VAN PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK Onderwysers kan hierdie voorbeeld in 2022 as een van hul praktiese take gebruik. BINNEKANT BUITEKANT ALLE KANTE TUSSENIN 'n Gesonde buitekant begin altyd aan die binnekant' – Robert Urich Die Viëtnamese kunstenaar Duy Huynh skep sy eie verhale oor die menslike toestand in 'n surrealistiese, droomagtige omgewing. Die tema hierbo kan op baie verskillende maniere geïnterpreteer word. Kom ons kyk na 'n paar kunswerke om inspirasie te kry sodat JY jou EIE IDEES kan uitdink ... Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 28 DBE/PAT 2022 NSS Gerd Winner, Inside Outside 3 (Binnekant Buitekant 3), syskermdruk op papier, 1979. MC Escher, Relativity (Relatiwiteit), litograaf, 1953. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 29 DBE/PAT 2022 NSS Die Poolse kunstenaar Jarosław Jaśnikowski, verken verskillende wêrelde in sy skilderye van vlieënde masjiene tot Gotiese argitektuur, Hierdie skilderye gee ons die geleentheid om sy verbeelding en die universaliteit van argitektuur te betree en maak 'n venster oop vir om ons tot nadenke en waardering van die insigte te stem. Jarosław Jaśnikowski, Labirynt umyslu, olieverf, 2017. Wie na buite kyk, droom; wie na binne kyk, word wakker. – Carl Jung Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 30 DBE/PAT 2022 NSS Henri Matisse, Open Window Collioure Rene Magritte, The Human Condition (Oop Venster Collioure), olie op doek, 1905. (Die Menslike Toestand), olie op doek,1933. Edward Hopper se uitbeelding van die binne- en buitewêreld verwys na die verhouding tussen ons 'binne'- en 'buite'-lewens en emosies. Die skildery beeld vier mense in 'n stedelike restaurant uit. Die lig speel 'n belangrike rol om eensaamheid van die figure in die donker en verlate stedelike landskap uit te beeld. Edward Hopper, Nighthawks (Nagvalke), olie op doek, 1942. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 31 DBE/PAT 2022 NSS In Picasso se kunswerk word voorwerpe uit verskeie gesigspunte tegelyk uitgebeeld sodat soliede vorms versplinter. Die geometriese vorms word opgebreek en saamgepers in ruimte wat die soliede ruimte breekbaar laat lyk. Pablo Picasso, Weeping Woman (Huilende Vrou), olieverf, 1937. Rene Magritte, Personal Values (Persoonlike Waardes), litograaf-reeks, 1952. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 32 DBE/PAT 2022 NSS Ons kan nooit vrede in die buitewêrelde kry totdat ons met onsself vrede gemaak het nie. – Dalai Lama BINNEKANT, BUITEKANT, ALLE KANTE, TUSSENIN Oorweeg die volgende terminologie as inspirasie: binne privaat geheim binnekant ingeperk binne versteek duister buite vreemdeling uitmekaar buitelandse oppervlak bokant oppervlakkig middel bemiddel oorgang gedagtes rande kante vlerke grense randjies onder tussen langs stemming geeste uitkyk vel walle saam buitekant buitenste fasade ver gespasieer middel vlak flanke gevoelens moraal vlak oppervlakkig gesondheid beste hoof Strijdom van der Merwe, Circle of Sticks (Sirkel van takke), Stellenbosch, Suid-Afrika, 2014. Hoe lyk jou Binnekant, Buitekant, Alle Kante en Tussenin of na wat lyk dit of wat beteken dit? Binnekant: Die binnekant of oppervlak van iets, die binneste deel; die interieur. Buitekant: Woude/Bosse, strande, die platteland, mere, bergpasse, snelweë, spoorlyne, boë, stedelike landskap, argitektoniese buitekante, die heelal (sterre en sterrestelsels, vreemdelinge. Jou vel en klere/bykomstighede is almal aan die buitekant. Gevoelens van vervreemding, eensaamheid en uitsluiting hou verband met die woord 'Buite'. Alle kante: 'n Lyn of oppervlak wat iets begrens, enige lynsegment wat deel uitmaak van die omtrek van 'n vlak geometriese figuur, een van twee dele waarin 'n voorwerp, oppervlak, oppervlakte, ens., verdeel kan word, veral deur 'n lyn, mediaan, ruimte, ens. Tussenin: Beperk tot of tussen een spesifieke iets en 'n ander, te midde van, halfpad, in die middel van, ens. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 33 DBE/PAT 2022 NSS Enkele emosies/idees/woorde wat jou kunswerke kan inspireer:  Bring die binnekant 'na buite': Kyk deur 'n venster of deuropening, X-strale, buise, afvoerpype.  Binne: Die interieur of binnekant of mindere deel. Die volgende woorde word met die woord 'binne' geassosieer: tonnels, ondergrondse treine. boë, duik, swem onder water, kaste, laaie, bokse, operasies, prik van gaatjies in die lyf, in die tronk, binnekant van iets, innerlike organe van die liggaam. Die volgende emosies kan met die woord geassosieer word, bv. vrese, drome, verbeelding, liefde.  Tussenin: As ons sê dat iemand of iets tussen twee ander mense of dinge is, plaas ons dit in die middel, met iets aan weerskante. Ander woorde wat verband hou met 'tussenin' is apatie, geen passie, drumpel, tussen mekaar, tussenruimtes, liminale, rande, kransrande, gate, grotte, tonnels, ondergange, filters, vensters, maskers, brûe en bemiddeling.  Alle kante: Van 'n persoon: om alle kante of aspekte van 'n persoon se karakter of intellek goed of ten volle ontwikkel te hê; toon prestasie en vaardigheid in alle tipes strewes, of groot visie of leer. Dit het betrekking op of behels alle kante van iets, veral in 'n vraag, saak, argument, ens. Ander woorde wat met alle kante verband hou: gelyktydige visie, wys met meer as een kant, dekonstruksie, opbreek van dinge. Abigail Reynolds, Desert Seeds (Woestynsaad), foto's, 2015. Reynolds neem foto's uit boeke, gedruk in verskillende jare en voeg die bladsye saam om 'n nuwe oppervlak te skep. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 34 DBE/PAT 2022 NSS Thomas Hirschhorn, In-Between (Tussenin), installasie,2015. Hierdie werk het ontstaan uit sy navorsing oor bombeskadigde plekke regoor die wêreld; en is 'n uitdrukking van die diepgewortelde menslike fassinasie met vernietiging en geweld wat in baie vorme kom: rampe, strukturele mislukking, korrupsie, noodlottigheid of oorlog. Andrea Kowch, The Pheasant Keeper, (Die Fisant Bewaarder) olie op doek, 2017. Kowch skilder in 'n realistiese styl en gebruik landelike omgewings as metafore vir haar vroulike onderwerpe se interne toestande. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 35 DBE/PAT 2022 NSS ONDERWERP 1: BRONBOEK Die volgende is moontlike riglyne om die tema te benader:  Doen navorsing oor die tema en kunstenaars wat jou inspireer. Sommige van die kunstenaars in hierdie taak sal 'n goeie beginpunt vir jou navorsing wees. Dit is belangrik dat jy navorsing doen oor ten minste DRIE kunstenaars.  Verpersoonlik jou navorsing met aantekeninge, visuele beelde en byskrifte in jou bronboek.  Begin deur 'n omvattende breinkaart oor Binnekant, Buitekant, Alle Kante, Tussenin te maak.  Wat is jou definisie van Binnekant, Buitekant, Alle kante, Tussenin? Jy kan besluit om slegs op EEN of TWEE van die frases of almal te fokus.  Gebruik jou idees vanaf die breinkaart om goeie bronmateriaal in tekeninge, boeke, die internet, ens, te vind. Dit is ook raadsaam om jou eie foto's van landskappe, mense en voorwerpe te neem, waar moontlik.  'n Goeie opsie sal wees om jou bronmateriaal te gebruik om collages te maak (met die hand of digitaal)  Hersien jou collages deur sketse van verskillende komposisiemoontlikhede van jou idee te maak.  Dit is belangrik om die stemming/atmosfeer wat jy wil uitbeeld, in ag te neem. Dink aan dinge soos die kontras tussen oop gebiede en deurmekaar gebiede, tussen donker en lig, ens. Dink oor negatiewe ruimtes, die gebruik van diagonale lyne, ens. Besluit op die beste oplossing om jou stemming/atmosfeer oor te dra.  Maak 'n tonale tekening van jou finale komposisie en maak aantekeninge oor jou bedoeling/voorneme.  Onthou dat 'n goeie idee visueel opwindend moet wees en tot nadenke moet lei.  Begin ontdek en eksperimenteer met tegnieke en materiaal. Maak aantekeninge oor jou eksperimente.  Dit is uiters belangrik dat jou bronboek die ontwikkeling van jou finale kunswerk toon en die 'storie' van al jou denkprosesse en eksperimente vertel.  Maak seker dat jou bronboek uit ten minste 8–10 bladsye bestaan en ten minste 30% tekeninge insluit. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 36 DBE/PAT 2022 NSS ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK Jou Visuele Kunste-onderwyser sal die skep van die finale kunswerk fasiliteer. ONDERWERP 1: BRONBOEK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Gewigs- toekenning Konsep-ontwikkeling  Breinkaarte, sketse met byskrifte en tekeninge 25% om konsepontwikkeling te toon Navorsing, ondersoek,  Dit moet sommige of al die volgende insluit: 25% eksperimentering, ens. o Sketse, tekeninge, foto's, visuele beelde, versamelde gedigte, lirieke en ander materiaal wat jou inspireer o Navorsing oor kunstenaars wat jou geïnspireer het o Eksperimentering van media en/of verskillende tegnieke  Alle materiaal moet met die ontwikkeling van jou werk verband hou en jou besluite ondersteun. Prosestekeninge  Ten minste 30% moet tekeninge wees om jou 25% konsepontwikkeling te verduidelik. Aanbieding en algehele  Visueel interessant en toon 'n persoonlike 25% voorkoms benadering.  Jou bronboek moet gemiddeld uit 8–10 bladsye bestaan. TOTAAL 100 ONDERWERP 2: DIE KUNSWERK ASSESSERINGSKRITERIA Dit sluit die volgende in: Voorgestelde punte- toekenning Keuse en gebruik van  Geskiktheid van materiaal en tegniek volgens materiaal/ tegnieke die konsep  Veilig en hanteerbaar  Tegniese vaardigheid Gebruik van formele  Die belangrikheid van die elemente en kunselemente beginsels van kuns, soos lyn, vorm, kleur, tekstuur, ruimte, balans, harmonie, proporsie/verhouding en komposisie Geheelindruk van werk –  Ontwikkeling van nuwe, unieke en ongewone oorspronklikheid, antwoorde/oplossings kreatiwiteit, innovering Vertolking/Interpretasie en  'n Persoonlike interpretasie van 'n tema praktiese implementering  Eksperimentering van navorsing  Probeer nuwe uitdagings Voltooiing en aanbieding  Aandag aan detail van kunswerk  Taak in toegelate tyd voltooi  Aanbieding volgens taak TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Visuele Kunste 37 DBE/PAT 2022 NSS BYLAE C RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER SE BESTUUR VAN DIE PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK: Binnekant, Buitekant, Alle kante, Tussenin Verwys na die volgende in hierdie PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK-dokument om die praktiese taak te fasiliteer:  'n Paar idees en benaderings om ONDERWERP 1 te lei  'n Paar idees en benaderings om ONDERWERP 2 te lei  Sorg dat leerders toegang tot die Riglyne vir die Leerder in hierdie dokument het. LET WEL: Oorweeg dit om hierdie tema as 'n breë tema vir die praktiese werk in graad 12 te gebruik, waar die leerder die twee take gebaseer op hierdie tema sal doen. Dit sal lei tot 'n meer samehangende groep kunswerke in die retrospektiewe uitstalling en 'n dieper ondersoek na die tema. (Sien RIGLYNE VIR DIE ONDERWYSER). 'n Paar dinge om in gedagte te hou: GEDRAGSKODE VAN SKOOL  Onderwysers moet toesien dat alle werk in ooreenstemming met hul skool se gedragskode is.  Eksplisiete onderwerpe en beelde moet vermy word. PASAANGEËRY Stel die sperdatums vir die inlewering van die PAT vas. Dit is raadsaam om ook mini- sperdatums vir bronboek-aktiwiteite vas te stel. Vakadviseurs vind dikwels dat leerders die grootste gedeelte van die kwartaal aan die bronboekwerk spandeer en dan die finale kunswerk moet afjaag. Alhoewel 'n groot deel van die konseptualisering in die bronboek gedoen moet word voordat daar met die finale kunswerk begin word, is daar dele wat gedoen kan en moet word terwyl daar aan die kunswerk gewerk word. Dit sal die veranderinge insluit wat jy maak terwyl jy aan die kunswerk werk, verdere eksperimentering en besinning. GESPESIALISEERDE OPSIES Onderwysers kan spesifieke vereistes vir gespesialiseerde praktiese opsies byvoeg, soos fotografie, beeldhouwerk en drukkuns. BEELDMANIPULASIE Soos in die bronboekriglyne gesien, word daar voorgestel dat collage (met die hand of digitaal) ondersoek word om 'n finale komposisie te kry. Fasiliteer hierdie proses om leerders van stereotipiese komposisies te laat wegbeweeg. Laat leerders met visuele beelde en/of fotokopieë van hul tekeninge en ander bronmateriaal speel om opwindende opsies vir die finale kunswerk te skep. Dit kan die volgende insluit:  Skeur, sny en oorvleueling ('layering') van visuele beelde  Naasmekaarstelling van visuele beelde  Die skep van dowwe/wasige beelde deur die beelde te beweeg terwyl gekopieer of geskandeer word  Die gebruik van deursigtige laagwerk/oorvleueling ('layering') deur beelde met kook-/lynolie te bedek of tekeninge op kalkeerpapier ('tracing paper') te gebruik  Die gebruik van ink of verf om party dele te bedek. Teken of skilder bo-oor hierdie dele.  Gebruik visuele bronne wat in hierdie dokument verskaf word, saam met ander relevante kunstenaars om hierdie tema bekend te stel.  Skep 'n diepgaande bespreking en moedig leerders aan om sonder vooroordeel te wees en buigsaam in die uitpak van die tema. Kopiereg voorbehou

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Visual Arts.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Visual Arts

View all