Skip to content
Study guide

2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite AFR

Grade 12 Accounting study guide from the 2022 (Afrikaans), 96 pages. Read online or get the free PDF download.

Publisher: WCED Study Guides

Subject: AccountingGrade 12202296 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Wes-Kaap Onderwysdepartement Direktoraat: Kurrikulum VOO REKENINGKUNDE Gr 12 2022 Studiepakket AKTIWITEITE & KERNNOTAS Werkboek https://wcedeportal.co.za/eresource/213146
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas Liewe Graad 12-Rekeningkundeleerder Die aktiwiteite in hierdie handleiding is grootliks uit onlangse Nasionale ou eksamenvraestelle saamgestel on te verseker dat alle inhoud en die jongste eksamenneigings gedek is. Jy sal dus baie goed voorbereid wees vir toetse en eksamens as jy gereeld en met toewyding deur hierdie gids werk. Vorige eksamenvrae voor Nov 2019 in die 2020 Hersieningspakket is steeds relevant (behalwe Bankversoening) en kan ook in jou hersienings- /studieprogram ingesluit word. Vraestel 1 en 2 se inhoud word op bladsy 3 gegee. Dit is belangrik dat jou hersiening-/studieprogram volgens hierdie inhoud beplan word sodat jy baie goed voorberei is vir elke vraestel. Let daarop dat Vaste bates en Voorraad in ALBEI vraestelle gevra kan word. Fokus op die volgende in jou hersiening/eksamenvoorbereiding: - die kernnotas/wenke by elke onderwerp wat belangrike aspekte wat in eksamens te wagte kan wees, uitlig. Dit sluit ook basiese formate en inligting in wat jou basiese voorafkennis per onderwerp kan verbeter. - die tydtoekenning vir elke vraag/aktiwiteit. Gebruik dit om die bestuur van jou skryftyd in toetse en eksamens te oefen. Oefen ook effektiewe tydsbesparende metodes vir berekeninge en kommentaar-tipe antwoorde wat jou kan help om vinnig en akkuraat te werk teen tyd. - Werk ELKE DAG deur een of meer aktiwiteit om jou Rek-selfvertroue te verbeter, veral nadat ‘n onderwerp in die klas behandel is. - Ander eksamenwenke wat jy gereeld kan oefen en toepas is: ▪ Lees ALTYD die opdragte/instruksies deeglik deur voordat jy ‘n vraag beantwoord. Doen SLEGS wat gevra word. Soms word ekstra inligting in die instruksies gegee. ▪ In toetse/eksamens, beantwoord die vrae wat jy die beste ken, heel eerste, bv., Begrotings (hier is altyd ‘maklike’ punte beskikbaar vir basiese berekeninge) om jou selfvertroue te versterk. ▪ Moenie meer as die voorgestelde tyd op ‘n vraag spandeer nie. Beweeg aan na ‘n volgende vraag sodra jy die toegelate tyd gebruik het. Jy kan meer punte verdien as jy al die vrae in ‘n vraestel probeer beantwoord. Kom liewer terug na die vrae wat onvoltooid is as jy nog skryftyd oor het aan die einde. ▪ Onderstreep kernwoorde in vrae, sodat jy presies weet wat die eksaminator vereis, bv., haal syfers aan; Gee TWEE punte…. ▪ Toon ALLE BEREKENINGE duidelik. Jy kan selfs ‘opskriffies’ vir sekere berekeninge te gee, bv., 'waardevermindering', 'oud' of 'nuut’, ens. Jou positiewe houding, jou wil om sukses te behaal en gereelde werk SAL sukses in Rekeningkunde verseker. Die WKOD-Rekeningkundespan INDEKS ONDERWERP Bladsy Nr. Maatskappye (P1) Kernnotas: Financial statements & Analysis and interpretation 4 - 11 Aktiwitieite 1 - 17 (insluitend Vr1 Vaste bates & Vr1 Voorraad) 12 - 42 Vaste bates Kernnotas 43 Aktiwitieite 1-3 (Aktiwiteit 2 – 6 (Maatskappye) sluit ook Vaste bates in) 43 - 46 Voorraad Kernnotas 47 Aktiwitieite 1 - 5 48 - 56 Vervaardiging / Kernnotas 57 Kosterekeningkunde Aktiwitieite 1 - 5 58 - 66 Versoenings Kernnotas 67 - 69 Aktiwitieite (Bank, Debiteure, Krediteure) 69 - 81 Begrotings Kernnotas: 82 Aktiwitieite 1 - 5 83 - 93 BTW Kernnotas 93 Aktiwitieite 1 - 8 94 - 96 2
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas GRAAD 12: VRAESTEL 1 GRAAD 12 VRAESTEL 2 Opskrywing, Verslagdoening en Evaluering van Finansiële Vervaardiging, Vooruitskatting (Voorspelling) & Interne Inligting & Korporatiewe Bestuur Ouditering en Beheer Ontleding & vertolking van rekonsiliasies: bank, 12.1.1 Begrippe met betrekking tot maatskappye 12.2.1 debiteure, krediteure, ouderdoms-ontleding 12.1.2 Begrippe met betrekking tot AARP & IFRS 12.2.2 BTW: Inset, Uitset & berekeninge Unieke grootboekrekeninge van maatskappye & die 12.1.3 12.2.3 Vervaardiging: Begrippe vertolking daarvan Vervaardiging: Produksiekostestaat & Notas; Verkorte 12.1.4 Rekeningkundige vergelyking van maatskappye 12.2.4 Inkomstestaat & Notas Aansuiweringe & finale rekeninge van maatskappye; Ontleding & vertolking van koste-inligting, 12.1.5 12.2.5 Proefbalanse eenheidskoste & gelykbreekpunt Inkomstestaat (Staat van Omvattende Inkomste) van Ontleding & vertolking van Kontantbegroting vir 12.1.6 12.2.6 maatskappye eenmansake en maatskappye Balansstaat (Staat van Finansiële Posisie) & Notas Ontleding & vertolking van Geprojekteerde 12.1.7 12.2.7 van maatskappye Inkomstestaat vir eenmansake en maatskappye Toepassing van interne beheer- &ouditprosesse: 12.1.8 Kontantvloeistaat van maatskappye 12.2.8 kontant, vaste bates, voorraad, debiteure, krediteure, Ontleding en vertolking van finansiële state van inkomste & uitgawes (insluitend salarisse/lone) & 12.1.9 maatskappye * insluitend finansiële aanwysers # Ontleding en vertolking van gepubliseerde finansiële Opskrywing & beheer van vaste bates insluitend 12.1.10 12.2.9 state & ouditverslae van maatskappye waardevermindering & bateverkope Waardasie van vaste bates vir verslagdoenings- Deurlopende en Periodieke voorraadstelsels; 12.1.11 doeleindes insluitend toevoegings, waardevermin- 12.2.10 waardasie en beheer van voorraad dering & vervreemding Voorraadwaardasie vir verslagdoeningsdoeleindes 12.1.12 12.2.11 Etiese gedrag in finansiële omgewings (EIEU, Geweegde Gemid; Spesifieke Identifikasie) 12.1.13 Professionele instellings & Gedragskodes 12.1.14 Etiese optrede en korporatiewe bestuur in finansiële Finansiële aanwysers (vir interne bestuur) omgewings # (Gr 12, Vraestel 2) 12.1.15 Wetgewing wat op maatskappye van toepassing is Bruto wins op koste van verkope Periode waarvoor daar genoeg (slegs oorsigtelik) Netto wins op verkope voorraad voorhande is; Bedryfsuitgawes op verkope Gemiddelde debiteure- 12.1.16 Beslote korporasies (nie-eksamineerbaar) Bedryfswins op verkope invorderingsperiode Voorraadomsetsnelheid Gemiddelde krediteure- betalingsperiode Finansiële aanwysers (vir verslae) HALFJAAR-*, PROEF- EN FINALE EKSAMENS * (Gr 12, Vraestel 1) (2-vraestelle) Bruto wins op verkope Bruto wins op koste van (op 2 verskillende datums) Netto wins op verkope verkope *Halfjaareksamens is onderhewig aan verandering Bedryfskapitaalverhouding Bedryfsuitgawes op verkope VRAESTEL 1 VRAESTEL 2 Vuurproefverhouding Bedryfswins op verkope Gemid. debiteure- Voorraadomsetsnelheid 150 punte; 2 uur 150 punte; 2 uur invorderingsperiode Periode waarvoor daar Gemid. krediteure-betalingsperiode voorraad voorhande is Onderwerpe: Dissipline 1 Onderwerpe: Dissipline 2 Solvensieverhouding Verdienste/Opbrengs op Opskrywing, verslagdoening, Interne bestuurs- en Skuld-ekwiteitverhouding (geratheid) aandeelhouersekwiteit evaluering beheerprosesse Verdienste/Opbrengs op totale Netto batewaarde per aandeel kapitaal aangewend Dividende per aandeel Gr 12 Formuleblad ingesluit Gr 12 Formuleblad ingesluit Dividenduitbetalingskoers Verdienste per aandeel Twee-vraestelindeling vir vrae en/of subvrae in hierdie boek   / Kan in albei vraestelle Vraestel 1 Vraestel 2 voorkom 3
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas VRAESTEL 1 MAATSKAPPYE MAATSKAPPYREKENINGE / FINANSIëLE STATE Maatskappy-begrippe gemagtigde aandelekapitaal | uitgereikte aandelekapitaal | aandeehouersbelang/-ekwiteit (AHB) | dividende (tussentyds / finaal) | aandeelhouers vir dividende | inkomstebelasting | SAID (inkomstebelasting) voorlopige belasting | behoue inkomste | verdienste per aandeel | beperkte aanspreeklikheid | Besturende direkteur / Hoof uitvoerende-beampte (HUB) / direkteure (uitvoerende, nie-uitvoerende) | ouditieure (interne en eksterne/onafhanklike) Partye betrokke in maatskappye Dokumente/State vir maatskappye ▪ Aandeelhouers ▪ Ouditverslag ▪ Direkteure/ Hoof-uitvoerende amptenaar (HUB) ▪ Inkomstestaat ▪ Interne ouditeur vs Onafhanklike ouditeur ▪ Balansstaat ▪ SAID ▪ Kontantvloeistaat ▪ Belastingaanslag MAATSKAPPYREKENINGE  Dt SAID (Inkomstebelasting) Kt Bank (betaling van beginsaldo) Saldo a/b (begin) Bank (voorlopige belasting) Inkomstebelasting (aanslag vir die jaar) Belasting bereken vir die Bank (tweede betaling) jaar; bedrag in die Staat van Saldo o/d = KT saldo a/b Saldo o/d = DT saldo a/b Omvattende Inkomste (Betaalbaar aan SAID) OF (Betaalbaar deur/Ontvangbaar van SAID) Dt Dividende op gewone aandele Kt Bank (tussentydse dividend betaal) Saldo a/b (begin) Aandeelhouers vir Dividende Verdelingsrekening (dividende verklaar, nog nie betaal nie) ▪ Tussentydse dividend word gedurende die jaar betaal ▪ Finale dividend word verklaar/aanbeveel aan einde van die jaar – sal eers in volgende fin jaar betaal word (= Aandeelhouers vir dividende) ▪ Bereken dividende: Aantal UITGEREIKTE aandele x sent per aandeel verklaarde dividend NOTAS oor ander rekeninge en finansiële state:  ▪ Verdelingsrekening het NOOIT 'n saldo nie ▪ Behoue Inkomste het 'n beginsaldo en eindsaldo ▪ Behoue Inkomste-NOTA is slegs 'n ander formaat van die Behoue Inkomste-rekening ▪ Die beginsaldo vir Aandeelhouers vir dividende is die dividende verskuldig van die vorige jaar en die Eindsaldo sal die dividende VERKLAAR aan die einde van die jaar wees. Hierdie saldo word in Handel en ander betaalbares getoon. 4
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (INKOMSTESTAAT)  Formaat Verkope (- Debiteure-afslag) AANSUIWERINGS (min) Koste van verkope ( ) ▪ TEL ALTYD BY (PLUS): Opgelope inkomste; Opgelope uitgawes Bruto wins 'A' ▪ TREK ALTYD AF (MINUS): Vooruitbetaalde uitgawes; Vooruitontvange inkomste Ander bedryfsinkomste 'B' ▪ Goedere deur debiteur teruggestuur: Tel verkoopprys by Debiteure-afslag en trek dit af van Debiteurekontrole in Balansstaat; Koste van hierdie item(s) word … … afgetrek van KvV en bygetel by Handelsvoorraad in Balansstaat … … ▪ Trek af: Verbruiksgoedere voorhande van verbruiksgoedere totaal in proefbalans Bruto bedryfsinkomste 'A+B' ▪ Handelsvoorraadtekort/-surplus - neem ook ander aansuiweringe wat voorraad raak in ag by hierdie berekeninge Bedryfsuitgawes ( ) 'C' ▪ Waardevermindering: Voertuie en Toerusting - ken verskillende … … berekeningsmetodes vir die jaar. … … ▪ Oninbare skulde: kyk uit vir aansuiwerings wat debiteure se saldo’s vermeerder en/of verminder Bedryfswins '(A+B) - C' ▪ Voorsiening vir oninbare skulde aansuiwering: MEER as die ou saldo (plus) Rente inkomste (=uitgawe); MINDER as ou saldo (=inkomste) Wins voor Rente uitgawes ▪ Werkgewersbydrae tot WVF /Mediese fonds / Pensioenfonds moet by Salarisse en Lone BYGETEL word (min) Rente uitgawes ( ) ▪ Oninbare skulde verhaal: INKOMSTE ontvang van 'n debiteur wat vroeër Wins voor Inkomstebelasting afgeskryf was. Toon dit as ‘n inkomste-item (min) Inkomstebelasting ( ) ▪ Versekering - gebruik die aansuiwering se bedrag (buite die fin. jaar) en Netto wins na belasting TREK AF van versekering STAAT VAN FINANSIëLE POSISIE (BALANSSTAAT)  Formaat BATES Kontant & Kontantekwivalente sluit Bank, Wisselgeld, NIE-BEDRYFSBATES Kleinkas, Spaarrek en die gedeelte van die vaste deposito Vaste bates wat gaan verval in die volgende fin. jaar. Indien Bank 'n Finansiële bates : Vaste deposito oortrokke saldo (KT-saldo) sal dit NIE hier getoon word nie, maar by bedryfslaste. BEDRYFSBATES Voorraad Handel & ander ontvangbares Kontant& kontantekwivalente Korttermyn deel van die lening As 'n deel van die lening in die volgende 12 maande TOTALE BATES terugbetaal gaan word, word hierdie bedrag van die lening afgetrek en by bedryfslaste as 'n 'korttermynlening' EKWITEIT & LASTE bygetel/apart getoon KAPITAAL & RESERWES Gewone aandelekapitaal Behoue inkomste NIE-BEDRYFSLASTE Langtermyn-/Verbandlening BEDRYFSLASTE Handel & ander betaalbares Oortrokke bank (Bank =kredietsaldo) Korttermyndeel van die lening TOTALE EKWITEIT & LASTE Toon ALTYD ALLE berekeninge tussen hakies, waar Notas nie gevra word nie. 5
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas Bates Nie-bedryfsbates ▪ Vaste bates word altyd teen boek-/drawaarde getoon (Ken die Vaste bate-nota se formaat!) ▪ Vaste deposito ('n deposito kan in die vlg 12 maande verval = trek dit af en tel by K&KE. Bedryfsbates ▪ MOET in korrekte volgorde wees (sien formaat hierbo) ▪ Voorraad sluit verbruiksgoedere voorhande (aangesuiwer) in ▪ Handel & ander ontvangbares: o Debiteure (onthou om Voorsiening vir oninbare skulde AF TE TREK) o Kan ook die bedrag wat 'te veel' aan SAID betaal is insluit (DT-saldo) o TEL Opgelope inkomste en Vooruitbetaalde uitgawes BY. Kontant & kontantekwivalente (K&KE): (sien die spraakblok op die vorige bladsy) Ekwiteit / Kapitaal & Reserwes Gewone Aandelekapitaal ▪ Gemagtigde aandelekapitaal word NOOIT bygetel by ander bedrae in die Gewone aandelekapitaalnota nie. Dit word ook nie apart in die Staat van Finansiële Posisie getoon nie. ▪ Ken die formaat vir die Gewone aandelekapitaalnota baie goed: Gewone Aandelekapitaalnota (Formaat) (LW: Die gemagtigde deel word nie altyd gevra nie) Gemagtig xxx Aantal geregistreerde (MOENIE by ander aandele Gewone aandele bedrae hieronder bytel nie) Uitgereik Aantal uitgereikte aandele (Begin) Gewone aandele aan die begin van die jaar R xxx plus Aantal nuwe aandele uitgereik Gewone aandele gedurende die jaar uitgereik R xxx (minus Aantal terug- Gewone aandele teruggekoop teen GEMIDDELDE aandeelprys (toon gekoopte aandele) ( xxx ) gemid. prys per aandeel in R of sent) Aantal uitgereikte aandele (einde) Ordinary shares at end of the year R xxx Behoue inkomste-nota (Formaat) Saldo aan begin van die jaar (plus) Netto wins na belasting (min) Terugkoop van aandele teen .... (R of sent) (die verskil tussen terugkoopprys en gemid. aandeelprys X aantal aandele teruggekoop) Gewone aandele dividende Betaal (gebruik tussentydse dividendbedrag) Aanbeveel (Finale dividende verklaar OF die Aandeelhouers vir dividende-bedrag einde vd jaar) Saldo aan die einde van die jaar Bedryfslaste ▪ Handel en ander betaalbares sluit in: o SAID-bedrag (KT-saldo = ons skuld hulle) (dit kan vir inkomstebelasting, LBS of BTW wees) o Opgelope uitgawes o Vooruitontvange inkomste o Aandeelhouers vir dividende (slegs verklaarde bedrag) o Krediteure vir salarisse + Werkgewersbydraes soos WVF/Pensioen/Mediese fonds EKSAMENWENK: ▪ Die Staat van Finansiële Posisie kan in ‘dele’ gevra word, bv. Bates, Ekwiteit en/of Laste. ▪ Sommige subtotale en/of totale kan rekenkundig bereken word met fin. aanwysers, bv. vuurproefverhouding is 0,8 : 1 Gevra: Bereken Tot. bedryfsbates = Tot bedryfslaste x 0,8 (Onthou: Bedryfsbates bestaan uit Voorraad + Handel en ander ontvangbares + Kontant & kontantekwivalente dus, as een van die Bedryfsbates se hierdie bedrae ontbreek, kan dit ook rekenkundig bereken word) 6
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas KONTANTVLOEISTAAT  Basiese begrippe doel/nut van kontantvloeistate | kontantinvloei | kontantuitvloei | bedryfsaktiwiteite | belegginsaktiwiteite finansieringsaktiwiteite | verandering in bedryfskapitaal KVS Formaat  Kontantvloei van bedryfsaktiwiteite 1 Direkteursbesluite wat 'kontantvloei’ beïnvloed Kontant gegenereer uit bedrywighede Verkieslik positief (kontantverkryging is doeltreffend) Rente betaal ( ) Verpligting Dividende betaal ( ) Besluit Inkomstebelasting betaal ( ) Verpligting Verkieslik negatief (in hakies*) om groei/vooruitgang te Kontantvloei uit Beleggingsaktiwiteite ( 2 )* toon Aankoop van vaste bates Besluit; ‘n Groot bedrag sal ‘n negatiewe effek op kontant hê Opbrengs uit die verkoop/vervreemding van Besluit; om verouderde tegnologie te vervang/verbeter ( ) vaste bates produktiwiteit of gehalte van produkte (NOOIT om ‘wins’ te maak!!) Vaste depositos (Verval OF gemaak) Besluit Verkieslik posititief (invloei van befondsing om beleggings- Kontantvloei uit Finansieringsaktiwiteite 3 aktiwiteite te finansier) Opbrengs uit aandele uitgereik Besluit Terugkoop van aandele ( ) Besluit Opbrengs/Terugbetaling van lening Besluit Netto verandering in kontant & (1 + 2 + 3) Netto resultaat van besluite kontantekwivalente LW: Kontant & kontantekwivalente begin van die jaar Belangrike besluite word gekenmerk deur groot bedrae Uitbreidings word gedryf deur markaandeel en nie slegs Kontant & kontantekwivalente einde van die jaar deur kontantsituasie nie. Nota 1: Rekonsiliasie tussen wins voor belasting en kontant gegenereer uit bedrywighedeions ▪ Wins voor belasting - maak seker dat jy Wins VOOR belasting uit die inkomstestaat gebruik. As wins na belasting gegee word, tel dan ikomstebelasting BY. ▪ Aansuiwerings t.o.v. Waardevermindering en Rente uitgawes. Gebruik hierdie bedrae net so uit die Inkomstestaat en TEL BY die wins voor belasting. So kry jy die Bedryfswins voor veranderinge in bedryfskapitaal. ▪ Veranderinge in bedryfskapitaal o Verskille tussen die vorige jaar en huidige jaar se bedrae vir Voorraad, H &A.O. en H & A.B. o Bedrae verskuldig aan SAID, Aandeelhouers vir dividende en Opgelope rente word NIE ingereken nie. ▪ Dividende betaal se berekening o Gebruik die inligting uit die Behoue Inkomste-nota en/of (Aandeelhouers vir dividende) o OF: Totale dividend vir die jaar (Tussentyds + Finaal) PLUS die bedrag verskuldig aan begin van die jaar, MINUS die bedrag verskuldig aan einde van die jaar o OF tussentydse dividende betaal gedurende die jaar PLUS Aandeelhouers vir dividende BEGIN van die jaar. ▪ Belasting betaal se berekening Gebruik die inligting uit die Inkomstestaat(IS), H & A.O (SAID = Debietsaldo) en H & A.B (SAID = kredietsaldo). EEN van die volgende berekeninge moet gebruik word, afhangende van SAID se beginsaldo (of vorige jaar se eindsaldo) en eindsaldo: o Inkomstebelasting (uit IS) PLUS SAID (kredietsaldo, vorige jaar) MIN SAID (kredietsaldo, einde vd jaar) o Inkomstebelasting (uit IS) PLUS SAID (kredietsaldo, vorige jaar) PLUS SAID (debietsaldo, einde vd jaar) o Inkomstebelasting (uit IS) MIN SAID (debietsaldo, vorige jaar) MIN SAID (kredietsaldo, einde vd jaar) o Inkomstebelasting (uit IS) MIN SAID (debietsaldo, vorige jaar) PLUS SAID (debietsaldo, einde vd jaar) 7
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas ▪ Beleggingsaktiwiteite o Neem inligting uit Vaste/Tasbare bate-nota; Kombineer al die bates/ Gebruik totale vaste bates, afhangende van hoe inligting gegee word. o Berekening van bates aangekoop OF verkoop: Vaste bates @ drawaarde (vorige jaar/beginsaldo's) 1 Waardevermindering (uit IS) min 2 Bates aangekoop @ KOSPRYS gedurende die jaar* plus 3 Bates verkoop @ drawaarde gedurende die jaar** min 4 (ignoreer wins/verlies met verkoop van bates) Vaste bates @ drawaarde (huidige jaar/ eindsaldo's) = 5 *AS 'bates gekoop' nie gegee is nie, bereken dan: 5 + 4 + 2 - 1 = antwoord ('3') tussen hakies in KVS **AS 'bates verkoop' nie gegee is nie, bereken dan: 5 - 3 + 2 - 1 = antwoord ('4') sonder hakies in KVS o Beleggings: Vaste deposito gemaak/geplaas: (in hakies); vaste bates verval: GEEN hakies! ▪ Finansieringsaktiwiteite o Opbrengs uit aandele uitgereik gedurende die jaar: GEEN hakies (invloei) o Aandele teruggekoop: TOON in hakies (uitvloei) o Lenings: Verskil tussen huidige en vorige jaar: Huidige jaar meer as vorige jaar = GEEN hakies - invloei Huidige jaar minider as vorige jaar = TOON in hakies - uitvloei (lening is betaal) ▪ Netto verandering in kontant en kontantekwivalente Bedryfsaktiwiteite PLUS Beleggingsaktiwiteite (INDIEN dit negatief is, trek dit af!) PLUS Finansierings- aktiwiteite Hoe om kommentaar op finansiële aanwysers te lewer: ▪ Vergelyk: o Teikens/Doelwitte deur die onderneming gestel, bv. % winsgrens gebruik vs die % wat wel behaal is o Aanwysers van dieselfde onderneming met vorige jaar se syfers (om verbetering /daling /verswakking te bepaal) o Aanwysers van twee of meer ondernemings in dieselfde bedryf o Rentekoerse van alternatiewe beleggings met OAHE (ROSHE) o Rentekoers van lenings met OOGKA (ROTCHE) ▪ Aanbevelings: Beveel alternatiewe of oplossings aan om huidige (negatiewe) situasie te verbeter EKSAMENWENKE: ▪ Ken die formules MAAR moet dit nie in jou antwoorde neerskryf nie – dit tel geen punte nie. (Formuleblad moet slegs as bevestiging van die korrekte formule gebruik word. Moenie daarop staat maak nie) ▪ Probleemoplossing (vereis kreatiewe idees en jou eie mening) is deel van ontleding en vertolkingvrae ▪ Jy kan gevra word om ‘n moontlike belegging in twee maatskappye te ontleed (vergelyk risiko, geratheid, opbrengs op beleggings in beide maatskappye). [VERSEKER dat jy finansiële geratheid verstaan om sinvolle vergelykings te tref en toepaslike menings te gee] ▪ Jy kan ook gevra word om twee finansiële jare vir een OF twee maatskappye te vergelyk. 8
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas FINANSIëLE AANWYSERS Finansiële state word ontleed om antwoorde op sekere vrae te kan gee. Hou die 'vrae' (hieronder) in gedagte wanneer jy jou kommentaar lewer VRAAG TERM FINANSIëLE AANWYSER FORMULE % Bruto wins op verkope / BW/ Verkope x 100 = …% Hoe winsgewend is % Bruto wins op KvV / BW/ KvV x 100 = … % die besigheid; hoe Winsgewend- % Bedryfswins (BDW) op goed/sleg word BDW/ Verkope x 100 = …% heid en verkope / uitgawes bestuur; bedryfsdoel- % Bedryfsuitgawes op verkope hoe effektief is die BU/ x 100 = …% treffendheid / Verkope besigheid se bedrywighede? % Netto inkomste op verkope NW/ Verkope x 100 = …% / Bedryfsverhouding  BB : BL (BB - Voorraad) : BL Vuurproefverhouding  (Debiteure + Kontant) : BL Koste v Verkope Voorraadomsetsnelheid / Gem. Voorraad Kan die besigheid sy Hoe hoër die syfer, hoe vinniger word korttermynskulde bates weer in kontant omgesit terugbetaal; word Voorraadhoudingsperiode / bedryfskapitaal Gem. Voorraad x 12 (365) Likiditeit OF Periode waarvoor daar voorraad doeltreffend bestuur voorhande is Koste v Verkope 1 (1) en beheer? Gem Debiteure x 365 Kontantvloei- Debiteure-invorderingsperiode Kredietverkope probleme? / Doelwit is 30 dae Gem. Krediteure x 365 Krediteure-betalingsperiode Kredietaankope / Doelwit is langer as debiteure se periode Onderhandel vir 90 dae om rente te vermy Kan die besigheid al Eienaarsekwiteit of Netto bates sy skulde terugbetaal? Solvabiliteit (vir volhoubaarheid/ voortbestaan) Totale bates : Totale laste (Kredietwaardigheid)  Netto wins na belasting x 100 Opbrengs op Aandeelhouers- Gemid AHB ekwiteit/-belang (OAHE)  Vergelyk hierdie % met alternatiewe beleggings, bv. vaste deposito se % rente Netto wins na belasting x 100 = …c Aantal uitgereikte aandele Verdienste per aandeel (VPA)  Dit toon die wins per aandeel wat beskikbaar is om aan aandeelhouers uit te keer Dividende x 100 = …c Aantal uitgereikte aandele Verdien die eienaars Die proposionele deel van die wins wat (aandeelhouers) ‘n Dividende per aandeel (DPA)  uitbetaal en aanbeveel word as dividende. Opbrengs op goeie opbrengs op hul *VPA - DPA = behoue inkomste per belegging andeel vir toekomstige uitbreiding kapitaal wat belê is in die onderneming? Totale AHB x 100 = …c Aantal uitgereikte aandele - Vergelyk die uigereikte/gemid. prys van aandele met die markprys daarvan op die JSE. Netto batewaarde per aandeel - Indien die NBW verhoog het, toon dit dat (NBW)  winste teruggehou word; mpy brei uit en groei van welvaart; vooruitsigte van beter dividend in die toekoms - As mpy meer aandele uitreik, behoort dit teen NBW te wees om welvaart te behou.. 9
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas LT Laste : AHE = (…. : 1) AHE = Aandelekapitaal + Behoue Ink - Kredietwaardigheid = vermoë om lenings te kan maak. Skuld : Ekwiteit  - Hoë risiko/lae kredietwaardigheid = 0,5 : 1 - 1 : 1 (verkieslik aandele Tot watter mate is die (verhouding) uitreik) onderneming befonds - Lae risiko / hoë kredietwaardigheid = met vreemde kapitaal; 0,1 : 1 - 0,4 : 1 (kan nog lenings maak) en in watter mate - Vergelyk die verhouding voor en na affekteer dit die Risiko lenings om verandering in risiko te toon finansiële risiko. Geratheid Netto Ink voor belasting en rente x 100 Kan die besigheid nog Gem kapitaal aangewend 1 geld leen? Kap. aangewend = AHE + LT lenings Is dit die moeite werd Vergelyk met % rente op lenings. om nog te leen? Opbrengs op totale kapitaal - Hoër = hoog gerat; lenings word vir uitbreiding gebruik en meer wins word aangewend (OOTKA)  gemaak. - Laer = laag gerat; lenings word nie doeltreffend gebruik om meer wins te maak. Is dalk nie in staat om lening met rente terug te betaal nie LET WEL: Skuld/ekwiteitverhouding toon risiko en finansiële geratheid (verhouding tussen skuld (lenings) en eie kapitaal (AHB)): ▪ Hoë risiko dui op positiewe geratheid (kan uitbrei met lenings gemaak, alhoewel terugbetalings dalk moeilik kan wees) ▪ Lae risiko dui op negatiewe geratheid (uitbreidings mag beperk of glad nie moontlik wees nie) Finansiële hefboom verwys na die GEBRUIK van skuld (lenings) om groei te versnel (soos ‘n voertuig se ratte dit laat versnel) en dus ook finansiële groei (rykdom) en die uitbreiding van sakebedrywighede. GR 12 FORMULEBLAD met verduidelikende notas Maak seker dat jy die uitleg van die blad ken/verstaan om dit effektief in eksamens te gebruik 10
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas OUDITVERSLAE  (Meer details is ook in die 2020 Hersieninspakket) Basiese begrippe Interne ouditeur | eksterne (onafhanklike) ouditeur | ouditmening | ongekwalifiseerde mening | gekwalifiseerde mening | weerhouding van mening | ouditsteekproewe | ouditbewyse | interne ouditverslag eksterne ouditverslag ▪ Eksterne ouditverslae word saam met gepubliseerde Finansiële state gepubliseer vir almal om te lees. ▪ Aandeelhouers, werknemers en krediteure moet finansiële state, opgestel deur interne ouditeure en goedgekeur deur direkteure, kan GLO en VERTROU, want hul ‘verhouding’ met die maatskappy berus op geloofwaardige state. ▪ Eksterne ouditeure reik ‘n MENING oor gepubliseerde finansiële state uit, gebaseer op hul onafhanklike (eksterne) oudit waar betroubaarheid deur ouditsteekproewe ‘getoets’ word, bv. is daar goeie interne beheermaatreëls in plek vir kontant, ens. ▪ DRIE soorte eksterne ouditmenings word uitgereik gebaseer op wat ouditeure gevind het: o Ongekwalifiseerd = ‘n ‘skoon’ oudit; daar was geen probleemareas of uitdagings gevind nie; state is dus geloofwaardig en aandeelhouers/alle gebruikers kan die finansiële resultate glo. o Gekwalifiseerd = probleemareas is geïdentifiseer en die state is minder geloofwaardig. Direkteure sal ‘n geleentheid kry om hierdie probleme reg te stel en/of veranderinge aan te bring. o Weerhouding van mening = Ouditeure is nie bereid om ‘n mening te gee nie, omdat daar nie behoorlike finansiële boekhoudingstelsels bestaan en/of ouditbewyse verkry kon word om ‘n oudit te kan voltooi nie. ▪ Ouditeure behoort geregistreer/geakkrediteer te wees by ‘n professionele instelling (SAICA, SAIPA, ACCA, SAIBA, ens.) vir die volgende redes: o Professionele erkenning van werk (praktyke) as ‘n onafhanklike ouditeur o Hul kwalifikasies is geverifieer o Hulle tree op/werk binne ‘n professionele gedragskode wat hul etiek en geloofwaardigheid bevestig KORPORATIEWE BESTUUR Basiese begrippe Aandeelhouers | direkteure | raad van direkteure | uitvoerende direkteure | nie-uitvoerende direkteure bestuurskomitees | deursigtige & etiese bestuur | bestuur | beheer | HUB | HFB In Gr 12 sal korporatiewe bestuur die volgende behels: ▪ effektiewe, verantwoordelike en etiese bestuur van ‘n maatskappy. ▪ ‘n wyer / dieper insig in die bestuur en beheer van ‘n maatskappy. ▪ DIREKTEURE (namens aandeelhouers (die eienaars van ‘n mpy)) is verantwoordelik vir die bestuur van die maatskappy. ▪ Direkteure kan aandele in die maatskappy besit (soos bepaal deur die Memorandum van Oprigting van die mpy) ▪ Direkteure vorm saam die RAAD van DIREKTEURE wat gesamentlik verantwoordelik is vir die maatskappy se sakebedrywighede. ▪ Hulle neem strategiese- (langtermyn) en bedryfsbesluite (korttermyn) [sien die Kontantvloeistaat hierbo vir voorbeelde van sommige strategiese besluite van direkteure] ▪ Sommige bestuurstake word aan individuele en/of bestuurskomitees gegee/gedelegeer. Soorte direkteure ▪ Uitvoerende direkteure: werknemer van die maatskappy; bestuur dag-tot-dag bedrywighede EN verseker dat langtermynplanne bereik word. ▪ Nie-uitvoerende (‘buite’) direkteure: hulle is nie deel van die uitvoerende groep direkteure nie, maar is wel deel van die raad van direkteure en kan insette lewer as kenners (‘experts’) ▪ HUB (Hoof-uitvoerende beampte): voorsitter (leier) van die raad van direkteure ▪ HFB (Hoof-finansiële beampte): verantwoordelik vir die bestuur van die mpy se finansiële strategieë of planne en doen verslag direk aan die HUB. Bestuurs-en/of werkkomitees ▪ Hierdie komitees verseker verantwoordbaarheid en deursigtigheid in die bestuur van die mpy. ▪ Hulle bestuur/skenk aandag aan sekere uitdagings wat die mpy positief/negatief kan raak, bv. omgewings- bewustheid, korrupsie en/of bedrog, werkskepping, ens. ▪ Voorbeelde: oudit-; vergoedings-; sosiale/maatskaplike & etiese-; risikokomitee 11
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas MAATSKAPPYE (Vraestel 1) MAATSKAPPY-TRANSAKSIES AKTIWITEIT 1: TRANSAKSIE-ONTLEDING EN OUDITVERSLAG (Vr1, Mei/Junie 2021) (20 punte; 15 minute) 1.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die konsep van (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid verseker dat aandeelhouers in geval van bankrotskap nie vir die skuld van die onderneming aanspreeklik is nie. 1.1.2 Wanneer finansiële state opgestel word, sal krediteure as handels- en ander (ontvangbare bedrae/betaalbare bedrae/ekwiteit) getoon word. 1.1.3 Die aparte openbaarmaking van beduidende items, soos rente-uitgawes, is 'n aanwending van die (omsigtigheids-/wesenlikheids-)-AARP-beginsel. (3) 1.2 ROCK-STONE BPK GEVRA: Ontleed die transaksies hieronder volgens die opskrifte in die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK verskaf word. • Dui rekening gedebiteer en rekening gekrediteer in die Algemene Grootboek aan en die effek op die rekeningkundige vergelyking. Dui 'n vermeerdering as +, 'n vermindering as – en geen effek nie as 0 aan. Verwys na die voorbeeld verskaf. • Aanvaar dat die banksaldo te alle tye gunstig is. Voorbeeld: Koop skryfbehoeftes op krediet, R3 200 NR. REKENING REKENING BEDRAG B E L GEDEBITEER GEKREDITEER bv. Skryfbehoeftes Krediteurekontrole 3 200 0 – + TRANSAKSIES: 1.2.1 Elektroniese fondsoordragte (EFO) van R136 000 in totaal is aan die aandeelhouers gemaak, wat die bedrag is wat aan die einde van die vorige finansiële jaar aan hulle verskuldig was. 1.2.2 Die maatskappy het R450 000 vir die uitreik van nuwe aandele ontvang. 1.2.3 Die inkomstebelastingaanslag vir die jaar is ontvang. Die inkomstebelasting- bedrag, R338 200, het die voorlopige belastingbetalings wat gemaak is, oorskry. (9) 1.3 Onafhanklike ouditverslag: Jy word voorsien van 'n uittreksel van die ouditverslag vir Rock-Stone Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 1.3.1 Identifiseer die tipe ouditverslag wat die maatskappy ontvang het. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 1.3.2 Verduidelik waarom die ouditeur verwys het na: • Bladsy 8 tot 23 (2) • Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die Maatskappywet van Suid-Afrika (2) 1.3.3 Noem enige TWEE ouditbewyse wat die ouditeure moontlik gebruik het. (2) 12
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: Uittreksel uit die ouditverslag: Aan Aandeelhouers Basis van Mening Ons het ons oudit volgens internasionale ouditstandaarde uitgevoer. Ons is onafhanklik van die maatskappy, soos van toepassing op die uitvoer van oudits, en met ander etiese vereistes volgens die professionele gedragskode. Die ouditbewyse wat ons bekom het, was voldoende en toepaslik. Mening Ons het die finansiële state, soos uiteengesit op bladsy 8 tot 23, geoudit. Dit bestaan uit die Staat van Omvattende Inkomste, Staat van Finansiële Posisie en die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, 'n redelike voorstelling van die finansiële posisie van die onderneming soos vir die jaar toe geëindig, die finansiële prestasies en kontantvloei daarvan, in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die vereistes van die Maatskappywet van Suid Afrika. Perun en Balan Geregistreerde Ouditeure 30 Mei 2021 20 Aktiwiteit 1 https://wcedeportal.co.za/eresource/212051 STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE AKTIWITEIT 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE & BEHOUE INKOMSTE NOTA (Q2, Mei/June 2021) (50 punte; 40 minute) PEYPER BEPERK Jy word voorsien van inligting oor die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 2.1 Verwys na Addisionele Inligting B(f). Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2021 deur die geweegde gemiddelde-metode te gebruik. (5) 2.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. (37) 2.3 Sommige van die vooraansuiweringsgetalle is reeds vir jou aangebring. (8) 13
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op: 28 Feb. 2021 29 Feb. 2020 Balansstaatrekeninge-afdeling R R Gewone aandelekapitaal 13 650 000 14 650 000 Behoue inkomste ? 2 978 000 Lening: Wonder Bank 1 439 600 2 150 000 Voertuie ? 1 546 000 Toerusting ? 722 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 858 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 269 500 Handelsvoorraad 2 000 000 Debiteurekontrole 382 000 Voorsiening vir oninbare skulde ? 9 800 SAID (Inkomstebelasting) 520 000 Nominalerekeninge-afdeling Verkope ? Koste van verkope ? Direkteursgelde 4 836 000 Ouditfooie 497 200 Advertensies 342 400 Diverse uitgawes 88 000 Handelsvoorraadtekort ? Oninbare skulde verhaal 5 800 Huurinkomste 208 250 Rente-inkomste (op vaste deposito) ? Salarisse en lone 6 425 000 Waardevermindering (op voertuig verkoop) 41 250 Verpakkingsmateriaal 45 800 Wins op verkoop van voertuig ? Oninbare skulde 28 800 Gewone aandeledividende 672 000 B. Addisionele inligting: (a) Die winsopslag behaal, is 160% op kosprys. Die korrekte bruto wins is R14 881 600. (b) Verpakkingsmateriaal gebruik gedurende die finansiële jaar, is R39 700. (c) R9 750 is uit die insolvente boedel van 'n debiteur ontvang en geboekstaaf, wat 65 sent in die rand uitbetaal het. Die oorblywende bedrag moet afgeskryf word. (d) Suiwer die voorsiening vir oninbare skulde tot R9 350 aan. (e) Een van die werknemers was met siekverlof en is uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2021 gelaat. Haar salarisbesonderhede is soos volg: BRUTO NETTO WERKGEWERS- AFTREKKINGS SALARIS SALARIS BYDRAE 30% van bruto ? R23 800 R4 500* salaris *Werkgewersbydraes word teen die Salarisse-en-lonerekening gedebiteer. 14
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas (f) Voorraadwaardasie: Die besigheid verkoop sonbrille. Die rekenmeester het die eindvoorraadbedrag, wat in die Proefbalans aangedui word, foutief bereken. Die geweegde gemiddelde-metode moes gebruik gewees het. Dit moet reggestel word. Die volgende besonderhede is van toepassing: • Sonbrille-voorraad: DATUM EENHEDE TOTALE WAARDE 1 Maart 2020 4 000 R2 433 000 28 Februarie 2021 2 400 ? • Aankope van sonbrille gedurende die finansiële jaar DATUM EENHEDE KOSPRYS PER TOTALE EENHEID AANKOPE R R 31 Mei 2020 4 200 650 2 730 000 15 Oktober 2020 4 800 790 3 792 000 11 Februarie 2021 2 500 820 2 050 000 TOTAAL 11 500 8 572 000 (g) Die perseel word die afgelope vyf jaar verhuur. Die huur vir Maart 2021 is ontvang en geboekstaaf. As gevolg van die grendeltyd is die huur vir slegs drie maande van April tot Junie 2020 met 25% verminder. (h) Lening: Wonder Bank • Vaste maandelikse terugbetalings van R59 200 is gemaak en vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021 geboekstaaf. • Die leningstaat het 'n balans van R1 652 000 getoon. • Voorsien vir rente op lening gekapitaliseer. (i) 'n Ou afleweringsvoertuig is op 31 Desember 2020 vir R88 400 kontant verkoop. Dit is korrek geboekstaaf. Besonderhede van die afleweringsvoertuig verkoop: Kosprys R198 000 Opgehoopte waardevermindering op datum van verkoop R115 500 Voorsien soos volg vir waardevermindering: • Op voertuie teen 25% p.j. op kosprys • Op toerusting: R90 500 (j) Die korrekte netto wins na belasting, ná alle aansuiwerings, is R1 342 080. Die inkomstebelastingkoers is 28% van die netto wins voor belasting. Rente- inkomste is die balanseersyfer. (k) Aandele en finale dividende LET WEL: Die betrokke inskrywings is gedoen. • 250 000 aandele is op 30 November 2020 teen R4,25 per aandeel teruggekoop. • Op 28 Februarie 2021 het die gewone aandelekapitaal uit 3 412 500 aandele bestaan. • 'n Finale dividend van 36 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar. Alle aandeelhouers op die register aan die einde van die finansiële jaar kwalifiseer vir finale dividende. 50 15
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 3: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE & BEHOUE INKOMSTE NOTA (Vr 1, NSS Nov 2020 (1) / Sep 2021) (60 punte; 45 minute) Y Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Victoria Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2020. Die maatskappy verkoop en herstel twee tipes yskaste: die Icekool- en die Freezo-modelle. GEVRA: 3.1 Verwys na Inligting B(a): Bereken: • Totale waardevermindering vir die jaar (7) • Wins/Verlies met verkoop van vaste bate (2) 3.2 Verwys na Inligting B(d): Bereken die verlies op die Icekool yskaste wat in die brand vernietig is. (5) LET WEL: Die betrokke bedrae uit VRAAG 1.1 en 1.2 moet ook in die finansiële staat of nota aangeteken word. 3.3 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 30 Junie 2020. (35) 3.4 Stel die Behoue-inkomste-nota tot die Staat van Finansiële Posisie op. (11) INLIGTING: A. Saldo’s/totale, onder andere, uit die boeke op 30 Junie: 2020 2019 Balansstaatrekeninge-afdeling R R Gewone aandelekapitaal 10 150 000 10 500 000 Behoue inkomste ? 3 200 000 Verbandlening: Silver Bank 1 984 000 2 300 000 Voertuie 4 220 000 Toerusting 968 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 1 325 000 Opgehoopte waardevermindering optoerusting ? 327 000 Vaste deposito: JM Bank 1 520 000 Handelsvoorraad 1 657 500 Debiteurekontrole 2 740 000 Aandeelhouers vir dividende ? 427 500 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige betalings) 120 000 Krediteurekontrole 652 000 Nominalerekeninge-afdeling Verkope 12 945 000 Koste van verkope ? Salarisse en lone 2 740 000 Ouditfooie 356 000 Diverse bedryfsuitgawes 252 500 Direkteursgelde 1 279 000 Diensgeld-inkomste 3 400 000 Verbruiksgoedere 815 800 Oninbare skulde 196 000 Advertensies (slegs Protea TV) 123 200 Rente op beleggings 165 000 Dividende op gewone aandele 675 000 16
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Aansuiwerings en addisionele inligting: (a) Geen inskrywings is vir waardevermindering en die verkoop van die vaste bate gedoen nie. • Voertuie word teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode verminder • Toerusting word teen 15% p.j. op kosprys verminder (gedepresieer). Let daarop dat toerusting op 31 Januarie 2020 verkoop is. Besonderhede is soos volg: Kosprys R40 000 Opgehoopte waardevermindering op 1 Julie 2019 R18 000 Verkoopprys R22 500 (b) Twee direkteure, Hlophe en Frey, verdien direkteursgelde: • Frey se fooie is nie ten volle aan hom betaal nie, aangesien huur deur hom aan die maatskappy verskuldig is. Geen inskrywing is al vir die huur gemaak nie. • Frey het sedert 1 Desember 2019 'n gedeelte van die maatskappy se eiendom vir persoonlike gebruik gehuur. Die maandelikse huur van R13 000 moet verreken word teen die direkteursgelde wat nog aan hom verskuldig is. (c) 'n Inskrywing van R28 800 is gemaak vir verbruiksgoedere wat op 27 Junie 2020 aan 'n krediteur teruggestuur is. Die kredietnota van die krediteur toon 'n bedrag van slegs R21 600. Die kredietnota is korrek, maar is nog nie opgeteken nie. Verbruiksgoedere voorhande aan die einde van die jaar is R18 000. (d) Yskaste word volgens die spesifieke identifikasiemetode gewaardeer. Geen inskrywing is gemaak ten opsigte van 'n brand wat in die stoorkamer plaasgevind het nie. 'n Aantal Icekool-yskaste is vernietig en die versekeringsmaatskappy sal 80% van die kosprys van hierdie yskaste uitbetaal. Die voorraadrekord is soos volg: BEGIN- KOSTE per EENHEDE EIND- MODEL AANKOPE VOORRAAD EENHEID VERKOOP VOORRAAD Icekool 200 eenhede 1 400 eenhede R3 500 1 300 eenhede 275 eenhede Freezo 0 640 eenhede R6 750 550 eenhede 90 eenhede (e) Die besigheid gebruik 'n winsopslag van 60% op die kosprys van die yskaste. Handelskortings, ten bedrae van R275 000, is op die verkoop van Freezo-yskaste toegestaan en is geboekstaaf. (f) R32 400 van die boedel van 'n insolvente debiteur is in die bankrekening van die onderneming gedeponeer. Dit verteenwoordig 75 sent in die rand. Die balans van sy rekening moet afgeskryf word. (g) Protea TV is gekontrakteer om 'n advertensie te vervaardig en om dit vir die tydperk 1 September 2019 tot 31 Augustus 2020 teen 'n vaste maandelikse tarief uit te saai. Die bedrag wat aan Protea TV betaal is, sluit 'n eenmalige bedrag van R26 000 in wat in Augustus 2019 vir die vervaardiging van die video betaal is. Die oorblywende bedrag dek die maandelikse advertensies op TV vir die 12 maande wat op 1 September 2019 begin. (h) Maak voorsiening vir rente op die verbandlening. Die staat wat van Silver Bank ontvang is, dui maandelikse terugbetalings van R48 500 aan. Dit sluit gekapitaliseerde rente in. (i) Die inkomstebelastingkoers is 28% van die netto wins. (j) Aandelekapitaal en dividende: • 50 000 aandele is op 31 Maart 2020 teen R9,60 elk teruggekoop. Hierdie aandele kwalifiseer nie vir finale dividende nie. • Geen nuwe aandele is in die huidige finansiële jaar uitgereik nie. • 1 450 000 aandele is reeds op 30 June 2020 uitgereik. • Tussentydse dividende is op 31 Desember 2019 betaal. • Finale dividende van 56c per aandeel is op 30 Junie 2020 verklaar. 60 17
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 4: VASTE BATES & STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (Vr1, NSS, Nov 2020 (2)) (60 punte; 45 minute) Die inligting het betrekking op Robbie Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 4.1 Verwys na INLIGTING B(a) vir vaste bates. Bereken die volgende: 4.1.1 Die ontbrekende bedrae deur (i) tot (iii) op die Vastebatenota aangedui. (11) 4.1.2 Wins/Verlies met die verkoop van toerusting op 1 Oktober 2020. (2) 4.2 Verwys na INLIGTING B(e) vir handelsvoorraad. (4) Bereken die handelsvoorraadtekort. 4.3 Stel die Staat van Omvattende Inkomste vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. (43) INLIGTING A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2021: R Verbandlening: Sufi Bank 1 005 500 Debiteurekontrole 123 000 Handelsvoorraad ? Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2020) 7 030 Verkope ? Koste van verkope 6 966 000 Salarisse en lone 1 468 120 Direkteursfooie 3 330 000 Ouditfooie 91 000 Herstelwerk 476 000 Huurinkomste 173 000 Rente-inkomste 25 000 Rente op lening ? Oninbare skulde 19 200 Advertensies 25 680 Diverse uitgawes 452 310 Gewone aandele-dividende 86 400 B. Aansuiwerings en addisionele inligting (a) Voertuie: • Die onderneming besit op 28 Februarie 2021 twee voertuie. Die tweede voertuig is op 1 November 2020 aangekoop. • Die waarde van voertuie word teen 15% p.j. op kosprys verminder Toerusting: • Waardevermindering is 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode. • Ongebruikte toerusting is op 1 Oktober 2020 vir R40 000 verkoop. Opge- hoopte waardevermindering op die toerusting verkoop, was op 1 Maart 2020 R36 600. 18
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas Uittreksel uit die Vastebatenota VOERTUIE TOERUSTING Kosprys (1 Maart 2020) 460 000 360 000 Opgehoopte waardevermindering (396 750) (187 595) (1 Maart. 2020) DRAWAARDE (1 Maart 2020) (i) 172 405 Toevoegings (teen kosprys) 510 000 0 Verkope (teen drawaarde) 0 (iii) Waardevermindering (ii) (31 281) DRAWAARDE (28 Februarie 2021) Kosprys (28 Februarie 2021) 970 000 285 000 Opgehoopte waardevermindering (28 Februarie 2021) (b) Die onderneming handhaaf 'n winsopslag van 120% op kosprys. Let daarop dat handelskortings van R648 000 aan spesiale kliënte toegestaan is. (c) Die rekening van debiteur B Melta, R800, moet afgeskryf word (d) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van debiteure-skulde aangepas word. (e) Handelsvoorraad word volgens die geweegde gemiddelde-metode gewaardeer. Die grootboekrekening en rekords toon dat 280 eenhede voorhande behoort te wees. Die fisiese voorraadopname toon egter dat slegs 262 eenhede voorhande is. Die voorraadrekords is soos volg: EENHEDE EENHEIDSPRYS TOTAAL Voorraad aan begin van jaar 200 R3 600 R720 000 Aangekoop gedurende die jaar 1 840 R4 100 R7 544 000 Terugsendings: beskadigde items 40 R4 100 R164 000 Beskikbaar vir verkope 2 000 R8 100 000 Voorraad-items per rekords 280 ? ? (f) 30% van die ouditfooie is nog uitstaande. (g) Die maandelikse huurinkomste was onveranderd gedurende die jaar. Die huurder het gedurende Februarie 2021, R9 000 vir herstelwerk aan die perseel betaal en het dit van sy huur vir Februarie 2021 afgetrek. Herstelwerk is die maatskappy se verantwoordelikheid en is nie geboekstaaf nie. Die huur vir Maart 2021 is vooruit ontvang. (h) Die maatskappy het vier direkteure wat dieselfde geld verdien. Een direkteur het op 31 Mei 2020 bedank en het sy geld tot op datum ontvang. 'n Ander direkteur se geld vir Januarie en Februarie 2021 is nog aan hom verskuldig. (i) Advertensies bestaan uit 'n kontrak met 'n koerant vir die hele finansiële jaar. Betalings is maandeliks; paaiemente is egter slegs vir 11 maande betaal. LET WEL: Die maandelikse tarief is vanaf 1 November 2020 met R240 verminder. (j) Die netto wins na belasting is akkuraat bereken op R1 054 000. Die inkomste- belastingkoers is 32%. 60 Aktiwiteit 2-4 https://wcedeportal.co.za/eresource/212056 19
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas STAAT VAN FINANSIëLE POSISIE AKTIWITEIT 5: VASTE BATES EN FINANSIëLE STATE (Vr 4, SS 2020) (65 punte; 50 minute) AVENGERS BPK Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2020. GEVRA: 5.1 Verwys na Inligting B: Bereken die ontbrekende bedrae soos deur (i) tot (iv) aangedui. (16) 5.2 Stel die volgende notas tot die Balansstaat op 31 Maart 2020 op: • Gewone aandelekapitaal (7) • Behoue inkomste (8) 5.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 31 Maart 2020. Toon bewerkings. (34) INLIGTING: A. Bedrae op 31 Maart ui die boeke geneem: 2020 2019 BALANSSTAATREKENINGE R R Gewone aandelekapitaal ? 4 800 000 Behoue inkomste ? 1 181 250 Verbandlening: Grandeur Bank 2 508 000 3 150 000 Vaste bates teen drawaarde 11 458 500 Handelsvoorraad (balanseersyfer) ? Netto handelsdebiteure 881 000 Bank (gunstig) 454 000 Krediteurekontrole 1 318 000 SAID: Inkomstebelasting (voorlopig) 972 000 Inkomste vooruit ontvang 32 000 Aandeelhouers vir dividende 889 200 752 000 Nominale rekeninge (vooraansuiweringsbedrae) Kommissie-inkomste 29 920 Huuruitgawe 364 000 Direkteursvergoeding 2 275 000 B. Onvolledige Vastebatenota: GROND & VOERTUIE TOERUSTING GEBOUE Drawaarde (1 April 2019) 631 000 Kosprys (i) 1 281 000 Opgehoopte waardevermindering (650 000) (200 000) Bewegings Toevoegings 625 000 Bateverkope (850 000) 0 (iii) Waardevermindering (ii) (42 450) Drawaarde (31 Maart 2019) Kosprys 9 650 000 Opgehoopte waardevermindering (iv) 20
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas Grond en Geboue: • ‘n Gebou, op ‘n aparte eiendom, is teen kosprys verkoop. Voertuie: • 'n Nuwe voertuig is op 1 Januarie 2020 aangekoop. • Voertuie word teen 20% p.j. op kosprys verminder. Toerusting: • Ou toerusting, kosprys R21 000, is op 30 September 2019 verkoop. Die opgehoopte waardevermindering op 1 April 2019 was R15 000. • Toerusting se waarde word teen 15% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode verminder. C. Aandelekapitaal: DATUM INLIGTING 1 April 2019 800 000 gewone aandele reeds uitgereik 31 Mei 2019 400 000 gewone aandele uitgereik 1 Oktober 2019 60 000 gewone aandele teruggekoop • Gemiddelde aandeelprys, R7,00 • Terugkoopprys per aandeel, R10,80 D. Dividende: • 'n Tussentydse dividend van 124 sent is op 30 September 2019 betaal. • Finale dividende is verklaar, R889 200 E. Verbandlening: Grandeur Bank • Vaste maandelikse terugbetalings (rente ingesluit) is gemaak en korrek geboekstaaf • Rente van R258 000 is nog nie deur die onderneming geboekstaaf nie. • Die kapitaalterugbetaling sal gedurende die volgende finansiële jaar dieselfde bly. F. Die vermindering in die voorsiening vir oninbare skulde, R2 500, is nie geboekstaaf nie. G. Kommissie-inkomste vir Maart 2020, R41 900, is steeds uitstaande H. Die maatskappy het drie direkteure wat dieselfde maandelikse direkteursfooi verdien. Een direkteur het nog nie sy direkteursfooi vir Maart 2020 ontvang nie. I. Huur vir April 2020 is betaal. Die huur is op 1 Januarie 2020 met 25% verhoog J. Netto wins na belasting en inkomstebelasting: • Die korrekte netto wins na belasting na alle aansuiwerings is R2 534 400. • nkomstebelasting word teen 28% van die netto wins bereken. 65 21
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 6: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN OUDITVERSLAG (Vr 4, NSS Nov 2019) (65 punte; 50 minute) 6.1 VISIV BPK. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2019 geëindig. GEVRA: 6.1.1 Bereken: • Bedrae vir (i) en (ii) in die Vastebateregister (5) • Wins/Verlies op verkoop van bate (2) • Vaste bates drawaarde op 28 Februarie 2019 (4) 6.1.2 Bereken die korrekte netto wins na belasting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019. Dui (+) vir toename en (–) vir afname aan. (9) 6.1.3 Verwys na Inligting A–H. Stel die volgende op 28 Februarie 2019 op. • Behoue-inkomste-nota (9) • Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) (27) LW: Toon bewerkings. Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf INLIGTING: A. Vaste bates: 'n Afleweringsvoertuig is op 31 Oktober 2018 verkoop, maar geen inskrywings is gemaak om hierdie transaksie te boekstaaf nie. Besonderhede van voertuig wat verkoop is: Afleweringsvoertuig X43 Datum aangekoop: 1 Maart 2016 Datum verkoop: 31 Oktober 2018 Verkoop vir: R195 000 (kontant) Waardeverminderingskoers: 25% p.j. (verminderdesaldo-metode) WAARDE- DRA- KOSPRYS VERMINDERING WAARDE 28 Februarie 2017 R400 000 R100 000 R300 000 28 Februarie 2018 75 000 225 000 31 Oktober 2018 (i) (ii) B. Lys van saldo's/totale op 28 Februarie 2019 (voordat al die aansuiwerings hieronder in berekening gebring is): Gewone aandelekapitaal R8 152 000 Behoue inkomste (1 Maart 2018) 865 300 Verbandlening: Prati Bank 1 758 000 Vaste bates (drawaarde) 10 190 000 Vaste deposito: Prati Bank (balanseersyfer) ? Handelsvoorraad 1 102 000 Netto handelsdebiteure 1 090 000 Bank (gunstig) ? SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belastingbetalings) 155 000 Krediteurekontrole 1 906 800 C. Netto wins voor belasting, R822 700, voordat die volgende regstellings gemaak is: • Voorsiening vir oninbare skulde moet met R65 000 verhoog word. • R9 800 van 'n advertensiekontrak is op die volgende finansiële jaar van toepassing. • 'n Huurder het huur van R334 000 vir die tydperk 1 Maart 2018 tot 31 Maart 2019 betaal. Huur is vanaf 1 Januarie 2019 met R3 000 per maand verhoog. • Waardevermindering en wins/verlies op die voertuig verkoop moet geboekstaaf word. • 'n Verdere R43 000 is vir inkomstebelasting verskuldig. 22
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas D. Gewone aandele: DATUM BESONDERHEDE 1 Maart 2018 2 000 000 aandele uitgereik; totale boekwaarde R7 600 000 31 Mei 2018 360 000 aandele teen R4,10 elk teruggekoop 1 Oktober 2018 800 000 nuwe aandele uitgereik 28 Februarie 2019 2 440 000 aandele uitgereik E. Dividende: • Tussendtydse dividende is in September 2018 betaal, R295 200. • Finale dividende van 20c per aandeel is op 28 Februarie 2019 verklaar. F. 'n Krediteur met 'n debietsaldo van R7 600 moet na die Debiteure-grootboek oorgedra word. G. 'n Tjek vir R75 000, 30 April 2019 gedateer, is in Februarie aan 'n verskaffer uitgereik. H. Nadat alle aansuiwerings verwerk is: • Die bedryfsverhouding is 0,8 : 1. • Die bedryfslaste is R2 900 000 in totaal. • Die huidige deel van die lening is die balanseersyfer 6.2 OUDITVERSLAG VIR JAAREINDE 28 FEBRUARIE 2019 Die finansiële state van Visiv Bpk. (sien VRAAG 6.1) is geoudit. Jy word voorsien van uittreksels uit die ouditverslag. Uittreksels uit die ouditverslag: Basis vir ouditverslag Punt 1 Ons kon nie genoeg ouditbewyse bekom om die bedrae te staaf wat vir sekere inkomstes en uitgawes verskaf is niejooiiri ... Punt 2 Verder is die terugkoop van aandele op 31 Mei 2018 nie volgens bepalings van die Maatskappywet (Wet 71 van 2008) nie, aangesien die likiditeit van die maatskappy in gedrang is … Mening Punt 3 As gevolg van die belangrikheid van die sake hierbo beskryf, kan ons nie 'n mening uitspreek nie … GEVRA: 6.2.1 Verwys na Punt 3. Watter soort ouditverslag het die maatskappy ontvang? (1) 6.2.2 Verwys na Punt 1. Gee TWEE voorbeelde van ouditbewyse wat die ouditeure met betrekking tot hierdie probleem sou benodig. (2) 6.2.3 Verwys na Punt 2. • Buiten die bedryfsverhouding, identifiseer en bereken EEN ander finansiële aanwyser wat die ouditeure kon gebruik het om op hierdie mening te besluit. (4) • Verduidelik wat die direkteure sou kon doen om hierdie mening deur die ouditeure te voorkom. Verskaf TWEE punte. (2) 65 23
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 7: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE (55 punte; 45 minute) (Vr 1, NSS Nov 2021 (V1)) JIMO BEPERK Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2021. Die onderneming verkoop formele klere vir mans en vroue. GEVRA: 7.1 Verwys na Inligting B. Bereken die waarde van die eindvoorraad van die formele pakke wat op (5) 30 Junie 2021 uit die voorraadrekords gelaat is. 7.2 Verwys na Inligting C. Gebruik die tabel wat verskaf is om die korrekte netto wins na belasting vir die jaar (12) geëindig 30 Junie 2021 te bereken. Dui '+' vir toename en '-' vir afname aan. 7.3 Verwys na Inligting A-H. Voltooi die volgende op 30 Junie 2021: • Behoue Inkomste-nota (5) • Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) (33) LET WEL: • Aansuiwerings van Inligting C raak ook die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat). • Toon bewerkings. Sekere syfers word in die ANTWOORDEBOEK verskaf. • Syfers word NIE in die gearseerde gedeeltes vereis NIE. INLIGTING: A. Lys van saldo's, voor al die aansuiwerings hieronder in ag geneem is: 30 Junie 2021 30 Junie 2020 R R Gewone aandelekapitaal ? ? Behoue inkomste 3 240 000 Verbandlening: Best Bank 3 755 000 4 175 000 Handelsvoorraad 4 198 500 SAID: Inkomstebelasting (voorlopige belasting) 1 200 000 Netto handelsdebiteure 3 668 810 Oortrokke bankrekening ? Kleinkas en wisselgeld ? Krediteurekontrole 1 253 000 Opgelope inkomste/Inkomste ontvangbaar 8 000 Aandeelhouers vir dividende 1 170 000 821 700 B. Die rekenmeester het die eindvoorraadsyfer van formele pakke uit die handels- voorraadsaldo, verskaf in Inligting A, uitgelaat. LET WEL: • Die eerste-in-eerste-uit(EIEU)-metode word gebruik om die waarde van die voorraad formele pakke te bepaal. • Alle ander relevante inskrywings is korrek geboekstaaf. Die inligting van die voorraad vir formele pakke is soos volg: 24
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas Saldo's: HOEVEELHEID EENHEIDSPRYS TOT. WAARDE 1 Julie 2020 110 R1 900 R209 000 30 Junie 2021 240 ? ? Aankope: 760 R1 943 500 14 Nov. 2020 360 R2 350 R846 000 10 Feb. 2021 170 R2 600 R442 000 18 Mei 2021 230 R2 850 R655 500 Terugsendings: 25 Mei 2021 24 R2 850 R68 400 C. Die netto wins voor belasting, R4 918 950, is bereken voordat die volgende in berekening gebring/reggestel is: (i) Ouditfooie sluit R123 600 in wat vir die volgende finansiële jaar vooruit betaal is. (ii) Die terugbetalings op die lening is 'n vaste bedrag van R35 000 per maand (gekapitaliseerde rente ingesluit). Die saldo’s volgens die leningstaat is soos volg: • 1 Julie 2020, R4 175 000 • 30 Junie 2021, R4 028 000 Maak voorsiening vir rente op lening (iii) Huurinkomste: Huur van R74 000 is van 'n huurder vir die periode 1 Julie 2020 tot 31 Augustus 2021 ontvang. Dit is geboekstaaf. Hierdie bedrag sluit 'n vermindering van R750 per maand vanaf 1 Mei 2021 in. Die jaareind- aansuiwering is nog nie gedoen nie. (iv) Nadat alle regstellings hierbo in ag geneem is, is daar vasgestel dat 'n addisionele R85 250 nog aan SAID vir inkomstebelasting vir die jaar verskuldig is. D. Aandele en dividende: • 26 000 aandele is op 1 Julie 2020 teen R3,00 bo die gemiddelde aandeleprys teruggekoop. • Die onderneming het nie gedurende die 2021 finansiële jaar interim dividende betaal nie. • 'n Finale dividend van 65 sent per aandeel is op 30 Junie 2021 verklaar. • 1 800 000 aandele is reeds op 30 Junie 2021 uitgereik. E. Debiteure met kredietsaldo's met 'n totaal van R11 000 moet na die Krediteure- grootboek oorgedra word. F. Op 30 Junie 2021 het Jimo Bpk. 10 damesjasse aan die verskaffer, Bargain Groothandelaars, teruggestuur. Die verkoopprys was R1 750 elk. Die winsopslag was 25% op kosprys. Geen inskrywing is gemaak nie. G. 'n Vaste maandelikse paaiement van R35 000 (om leningterugbetalings en rente te dek) moet vir die volle tydperk van die lening betaal word. Die rente sal egter gedurende die leningstydperk verminder. Die rente op die lening, begroot vir die volgende finansiële jaar, is R234 000. H. Die volgende finansiële aanwysers is op 30 Junie 2021 bereken Vuurproefverhouding 1,2 : 1 Netto batewaarde per aandeel (NBW) 540 sent 55 Aktiwiteit 5-7 https://wcedeportal.co.za/eresource/212061 25
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas KONTANTVLOEI & FINANSIËLE AANWYSERS AKTIWITEIT 8: FINANSIËLE AANWYSERS & KONTANTVLOEISTAAT (Vr 2, NSS Nov 2020(1) / Sep 2021) (40 punte; 30 minute) 8.1 Vier state/verslae word verskaf as opsies waarin elk van die volgende items sal verskyn. Kies die finansiële staat/verslag en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (8.1.1 tot 8.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Kontantvloeistaat B Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) C Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) D Direkteuresverslag 8.1.1. Verbale verduideliking van die aktiwiteite van 'n maatskappy vir die afgelope jaar. 8.1.2 Oninbare skulde ingevorder 8.1.3 Netto boekwaarde van vaste bates (3 x 1) (3) 8.2 ORANGE BPK. Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020. GEVRA: 8.2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 29 Februarie 2020: • Skuld-ekwiteit-verhouding (3) • Verdienste per aandeel (VPA) (4) • Dividenduitbetalingskoers (3) • % opbrengs op gemiddelde ekwiteit (OOAB) (4) 8.2.1 Voltooi die Kontantvloeistaat op 29 Februarie 2020. LW: Alle kontantuitvloeiings moet tussen hakies getoon word om volpunte te verdien. (23) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvatttende inkomste op 29 Februarie 2020: Waardevermindering R 234 000 Rente-uitgawe 126 000 Inkomstebelasting 415 200 Netto inkomste na belasting 968 800 B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie: 29 Februarie 2020 28 Februarie 2019 Vaste bates (drawaarde) R 9 528 300 R 8 320 300 Vaste deposito's 100 000 500 000 Bedryfsbates 1 002 000 755 000 Kontant en kontantekwivalente 56 500 5 000 Oortrokke bank 0 220 000 Aandeelhouersbelang 8 980 300 7 411 500 Gewone aandelekapitaal 8 281 000 7 200 000 Behoue inkomste 699 300 211 500 Lening: BB Bank 900 000 1 200 000 Bedryfslaste 750 000 963 800 SAID: Inkomstebelasting (Dt) 4 500 (Kt) 23 800 Aandeelhouers vir dividende 120 000 160 000 26
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas C. Vaste bates: • Ou toerusting is teen drawaarde verkoop, R48 000. • Aanbouings by die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi D. Aandelekapitaal: Die gewone aandelekapitaal het op 1 Maart 2019 uit 800 000 gewone aandele bestaan. 'n Verdere 200 000 aandele is op hierdie datum uitgereik. Op 29 Februarie 2020 het die maatskappy 90 000 aandele teruggekoop teen R81 000 meer as die waarde van die aandele, gebaseer op die gemiddelde aandeleprys van R9,10 per aandeel. Hierdie aandeelhouers kwalifiseer vir finale dividende. E. Dividende en verdienste: 29 Februarie 2020 28 Februarie 2019 Tussentydse dividende 28 sent 60 sent Finale dividende 12 sent 20 sent Verdienste per aandeel ? 94 sent 40 AKTIWITEIT 9: AANDELEKAPITAAL, FINANSIËLE AANWYSERS & KONTANTVLOEISTAAT (Vr2, NSS Nov 2021 (V1)) (35 punte; 25 minute) Die inligting het betrekking op Brewer Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 9.1 Stel die Gewone-aandelekapitaal-nota op 28 Februarie 2021. (6) 9.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2021: • % bedryfsuitgawes op verkope (2) • Dividend per aandeel (4) • % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (5) 9.3 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. Skere syfers is in (18) ANTWOORDEBOEK verskaf. INLIGTING: A. Shares and dividends: DATE DETAILS OF SHARES 1 Maart 2020 800 000 reeds uitgereik 30 Junie 2020 100 000 nuwe aandele uitgereik 1 Januarie 2021 30 000 aandele teruggekoop teen R1,20 meer as die gemiddelde aandeleprys 28 Februarie 2021 ? aandele reeds uitgereik • Tussentydse dividend van R162 000 is op 30 September 2020 betaal. • ‘n Finale dividend van 22 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar. 27
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021: Verkope R7 293 000 Koste van verkope 4 862 000 Bedryfsuitgawes 1 458 600 Netto wins voor belasting 1 350 000 Netto wins na belasting 985 500 C. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 28 Feb. 2021 29 Feb. 2020 R R Kleinkas en wisselgeld ? 20 000 Gewone aandeelhouersbelang 8 038 100 6 450 000 Gewone aandelekapitaal 7 395 000 6 400 000 Behoue inkomste 643 100 50 000 Lening: Sharks Bank 1 650 000 2 200 000 SAID: Inkomstebelasting 29 100 35 900 Aandeelhouers vir dividende Dr 191 400 Cr 115 300 Oortrokke bankrekening 0 95 200 35 AKTIWITEIT 10: KONTANTVLOEISTAAT EN VERTOLKING ( Vr 5.2/5.3 SS 2020) (66 punte; 50 minute) 10.1 BOMBAY BPK. Die inligting het betrekking op Bombay Bpk vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020. GEVRA: 10.1.1 Vul die ontbrekende bedrae in op die Kontantvloeistaat wat verskaf is. Toon bewerkings. Dui UITVLOEI TUSSEN HAKIES aan. (22) 10.1.2 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 29 Februarie 2020: • % bedryfswins op verkope (3) • Vuurproefverhouding LET WEL: Die bedryfsverhouding is 1,6 : 1 (5) • Netto batewaarde (NBW) per aandeel (5) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) op 29 Februarie 2020: Verkope R4 824 000 Bruto wins 1 608 000 Waardevermindering 312 600 Bedryfswins 1 122 500 Netto wins voor belasting 984 000 Netto wins na belasting 688 800 28
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) op 29 Februarie 2020 2019 (R) (R) Vaste bates (drawaarde) 4 830 000 3 760 100 Bedryfsbates ? 962 000 Bedryfslaste 774 000 712 800 Handelsvoorraad 619 000 538 000 Bank 0 56 400 Kleinkas 2 500 0 Gewone aandelekapitaal 5 880 000 5 360 000 Behoue inkomste 542 800 236 000 Lening: Kan Bank 950 000 1 300 000 SAID: Inkomstebelasting 26 400 (Kt) 11 600 (Dt) Aandeelhouers vir dividende 165 000 126 000 Oortrokke bank 28 800 0 C. Aandelekapitaal en dividende: • Die gemagtigde aandelekapitaal bestaan uit 1 500 000 aandele. • Op 1 Maart 2019 is 60% van die gemagtigde aandele reeds uitgereik. • Op 30 Junie 2019 is 200 000 addisionele aandele vir R1 240 000 uitgereik. • Op 29 Februarie 2020 is 120 000 aandele teen R96 000 bo die gemiddelde aandeelprys teruggekoop. • Totale dividende in die 2020-belastingjaar betaal en verklaar is R286 000. D. Vaste bates: • Aanbouings by geboue is gedurende November 2018 voltooi. • Ou toerusting is verkoop teen drawaarde, R34 500 10.2 TWEE MAATSKAPPYE: LULU BPK. EN COCO BPK. Noah Lott het vyf jaar gelede R5,6m. in die nasionale lotery gewen en toe besluit om R2,8 m. in elk van die twee maatskappye hieronder soos volg te belê: Lulu Bpk 400 000 aandele teen R7,00 elk R2,8m Coco Bpk 100 000 aandele teen R28,00 elk R2,8m Hy wil jou mening oor hierdie maatskappye hê. LET WEL: Wanneer jy die vrae hieronder beantwoord, vergelyk die inligting wat gegee word en haal die relevante finansiële aanwysers vir beide maatskappye aan (persentasies, verhoudings en/of bedrae) 29
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING LULU BPK COCO BPK 2020 2019 2020 2019 Totale getal aandele 1 100 000 aandele 700 000 aandele Aandele oorspronklik deur 400 000 aandele 100 000 aandele Noah gekoop Noah se % aandeelhouding 36% 14% Huidige markwaarde per R9,50 R18,80 aandeel Gewone aandelekapitaal R9 900 000 R11 900 000 Behoue inkomste R1 890 000 R600 000 Langtermynlening R9 432 000 R2 500 000 Bedryfsverhouding 1,7:1 1,6:1 4,2:1 4,8:1 Vuurproefverhouding 0,9:1 0,8:1 3,6:1 3,5:1 % bedryfswins op verkope 16% 16% 14% 18% Skuld-ekwiteit-verhouding 0,8:1 0,2:1 Netto batewaarde per aandeel R10,72 R17,86 Verdienste per aandeel (VPA) 273 sent 233 sent 171 sent 266 sent Dividend per aandeel (DPA) 110 sent 200 sent % opbrengs op aandeel- houersbelang (OOAHB) 25% 14% 9% 15% % opbrengs op kapitaal aangewend (OOTKA) 20% 12% 10% 14% % rente op lenings 13% 13% 13% 13% % rente op vaste deposito’s 6% 6% 6% 6% GEVRA: 10.2.1 Verduidelik watter maatskappy het die beste likiditeit. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om jou mening te staaf. (4) 10.2.2 Lewer kommentaar op die verdienste per aandeel en die % opbrengs op ekwiteit van Lulu Bpk. Gee TWEE redes waarom die aandeelhouers met hierdie aanwysers tevrede sal wees. (5) 10.2.3 Lewer kommentaar op die markwaarde van die aandele in Coco Bpk. Verduidelik TWEE punte. (4) 10.2.4 Vergelyk die dividenduitbetalingskoerse van beide maatskappye en verduidelik waarom die direkteure van ELKE maatskappy op hierdie uitbetalingskoerse besluit het. (4) 10.2.5 Noah sê dat die dividend van 110 sent per aandeel wat hy van Lulu Bpk. verdien het, beter is as die dividend van 200 sent per aandeel van Coco Bpk. Gee EEN punt om te bewys dat hy verkeerd is. (4) 10.2.6 Lewer kommentaar op die risiko en finansiële hefboom van ELKE maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6) 10.2.7 Noah wil aandele in Lulu Bpk. teen huidige markwaarde op die JSE koop om die meerderheidsaandeelhouer en HUB te word. Bereken hoeveel Noah sal moet betaal vir die aandele wat hy benodig. (4) 66 Aktiwiteit 8-10 https://wcedeportal.co.za/eresource/212071 30
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE AKTIWITEIT 11: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (Vr 3, NSS Nov 2020 (2)) (35 punte; 30 minute) 11.1 Kies die vraag uit KOLOM B wat by 'n kategorie finansiële aanwysers in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (11.1.1 tot 11.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 11.1.1 Likiditeit A Bestuur die onderneming uitgawes effektief om winsgewendheid te verhoog? 11.1.2 Risiko en finansiële B Is die belegging in die maatskappy beter as hefboom 'n belegging in 'n vaste deposito? 11.1.3 Opbrengs aan C Sal die maatskappy in staat wees om sy aandeelhouers huidige skuld te betaal? 11.1.4 Bedryfsdoeltreffendheid D Sal die maatskappy in staat wees om al sy skuld af te betaal deur bestaande bates te gebruik? E Hoe bestuur die maatskappy lenings of geleende kapitaal? (4 x 1) (4) 11.2 SCI-FI GEEKS BPK. Die onderneming dryf handel met elektroniese toerusting wat vanuit China aangekoop word. Die inligting het betrekking op die afgelope twee finansiële jare, geëindig 31 Maart. Die COVID-19-grendeltyd het verkope gedurende die huidige finansiële jaar negatief beïnvloed. GEVRA: 11.2.1 Likiditeit: Die direkteure is tevrede met die verbetering in die bedryfsverhouding en die vuurproefverhouding. Verduidelik waarom jy van hulle sal verskil. Haal TWEE (6) finansiële aanwysers in jou antwoord aan. 11.2.2 Dividende: Die direkteure het die dividendbeleid vir die huidige finansiële jaar verander. • Lewer kommentaar op die dividend per aandeel oor die afgelope twee (2) jaar. Haal syfers aan. • Verduidelik die verandering in die dividenduitbetalingkoers en gee 'n rede (4) vir hierdie verandering. Haal syfers aan. • 'n Aandeelhouer voel dat hulle tevrede moet wees met die dividende wat hulle ontvang het, aangesien dit beter as verlede jaar is. Verduidelik (3) waarom jy met hom saamstem. Haal syfers aan. 11.2.3 Lewer kommentaar op die risiko en finansiële hefboom vir albei jare. Haal TWEE finansiële aanwysers (met syfers) aan. (6) 11.2.4 Bestaande aandeelhouers is ontevrede dat die nuwe aandele wat op 1 April 2020 uitgereik is, aan die HUB, Ida Shark, verkoop is. Gee TWEE redes waarom jy dink dat hulle gevoelens geregverdig is. Haal syfers aan. (6) 11.2.5 Die Kontantvloeistaat het 'n positiewe verandering van R980 000 getoon. Verskaf TWEE punte waarom dit steeds 'n bekommernis vir die direkteure behoort te wees. Haal syfers aan. (4) 31
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING A. Finansiële aanwysers en addisionele inligting: 2021 2020 Winsopslag % behaal 60% 60% % netto wins voor belasting op verkope 13,9% 20,3% Bedryfsverhouding 2,4 : 1 1,1 : 1 Vuurproefverhouding 1,0 : 1 0,4 : 1 Voorraadhoudingstydperk 102 dae 32 dae Gemiddelde debiteure-invorderingstydperk 46 dae 31 dae Gemiddelde krediteure-betalingstydperk 60 dae 60 dae Verdienste per aandeel 58 sent 130 sent Dividende per aandeel 72 sent 90 sent Dividenduitbetalingkoers 136,5% 69% Skuld-ekwiteit-verhouding 0,4 : 1 0,3 : 1 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouers-belang 17,7% 31,6% Opbrengs op totale kapitaal aangewend 23,2% 39% Netto batewaarde per aandeel 332 sent 409 sent Markprys van aandele op aandelebeurs 410 sent 540 sent Rentekoers op lenings 13,5% 13,5% Rentekoers op vaste deposito's 6,8% 7,8% B. Aandelekapitaal: • Op 1 April 2020 het die maatskappy 'n addisionele 250 000 aandele uitgereik. • Op 31 Maart 2021 is 1 250 000 aandele reeds uitgereik. C. Uittreksel uit Kontantvloeistaat op 31 Maart: 2021 2020 Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite (148 080) 910 000 Kontant gegenereer uit bedrywighede 1 281 620 Rente betaal (232 000) Belasting betaal (272 700) Dividende betaal (925 000) Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteite 101 580 (300 000) Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteite 1 026 500 (100 000) Verkoop van aandele 375 000 0 Verandering in lening 651 500 (100 000) Kontant en kontantekwivalente Netto verandering 980 000 510 000 Begin (330 000) (840 000) Einde 650 000 (330 000) 35 32
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 12: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (Vr 3, NSS Nov 2021 (V1)) (40 punte; 30 minute) 12.1 Kies 'n kategorie van aanwysers uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (12.1.1 tot 12.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer KOLOM A KOLOM B 12.1.1 Die voordeel wat aandeelhouers ontvang om A likiditeit in 'n maatskappy te belê B finansiële hefboom 12.1.2 Die vermoë van 'n onderneming om sy korttermynskuld af te betaal C solvensie 12.1.3 Die mate waartoe 'n maatskappy deur D opbrengs op ekwiteit geleende kapitaal (lenings) gefinansier word 12.1.4 Die vermoë van 'n onderneming om al sy skuld te vereffen deur bestaande bates te gebruik (4) 12.2 FLEXI BPK. en BROOM BPK Die inligting het betrekking op twee maatskappye. AGTERGRONDINLIGTING: • Beide maatskappye doen sake in die modeklere-bedryf. Die finansiële jaar eindig elke jaar op die laaste dag van Februarie. • Bob Yates besit aandele in beide maatskappye. Op 1 November 2020 het hy die direksie van Flexi Bpk. oortuig om 150 000 van sy aandele terug te koop. Hy het die geld wat hy ontvang het, gebruik om addisionele aandele in Broom Bpk. te koop. LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, haal finansiële aanwysers, syfers en tendense aan om jou antwoord te staaf. GEVRA 12.2.1 Winsgewendheid: Haal aan en verduidelik TWEE finansiële aanwysers om te toon watter maatskappy sy uitgawes meer doeltreffend beheer en daardeur meer (4) winsgewend is . 12.2.2 Dividende, verdienste en opbrengste: • Lewer kommentaar op die dividend-uitbetalingsbeleid van Flexi Bpk. Verduidelik waarom dit 'n onverantwoordelike verandering in beleid is. (4) Verskaf TWEE punte. • Lewer kommentaar op die % opbrengs op aandeelhouersbelang van ELKE (4) maatskappy. • 'n Aandeelhouer voel dat die verdienste per aandeel (VPA) in Broom Bpk. (4) beter as dié in Flexi Bpk. is. Verduidelik hoekom jy met hom saamstem. 12.2.3 Aandeelhouding van Bob Yates in beide maatskappye: • Lewer kommentaar op die prys wat deur Flexi Bpk. vir die teruggekoopte aandele betaal is. Verskaf TWEE punte (4) • Bereken die aantal aandele wat Bob in Broom Bpk. gekoop het met die geld wat hy uit die terugkoop by Flexi Bpk. ontvang het. (2) • Verduidelik die uitwerking van die terugkoop van aandele op die % aandeelhouding van Bob Yates in ELKE maatskappy. (4) 33
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 12.2.4 Finansieringstrategieë en finansiële hefboom: Die direkteure van elke maatskappy het doelbewuste besluite geneem wat in hulle Kontantvloeistate weerspieël word. • Verduidelik die besluite wat die direkteure van Broom Bpk. geneem het, en hoe dit die maatskappy sal bevoordeel. (4) • Verduidelik hoe die besluite wat deur Flexi Bpk. geneem is, die risiko en finansiële hefboom van die onderneming beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. (6) INLIGTING: A. Uittreksels uit die rekeningkundige rekords aan die einde van elke jaar: FLEXI BPK. BROOM BPK. Feb. 2021 Feb. 2020 Feb. 2021 Feb. 2020 Getal aandele reeds uitgereik 700 000 850 000 1 500 000 1 100 000 Fondse gebruik om aandele R1 980 000 terug te koop Terugkoopprys R13,20 Toename in aandelekapitaal 0 R2 640 000 Uitreikprys van addisionele R6,60 aandele Vaste bates gekoop R1 000 000 R2 200 000 Toename (afname) in lening R4 500 000 (R400 000) B. Finansiële aanwysers, rentekoers en markprys van aandele FLEXI BPK. BROOM BPK. Feb. 2021 Feb. 2020 Feb. 2021 Feb. 2020 % bedryfsuitgawes op verkope 17,5% 14,6% 13,6% 17,0% % bedryfswins op verkope 18,2% 21,9% 24,2% 20,5% % netto wins op verkope 13,8% 18,0% 19,6% 16,0% Skuld-ekwiteit-verhouding 1,1 : 1 0,4 : 1 0,2 : 1 0,4 : 1 % opbrengs op kapitaal 10,2% 16,1% 17,2% 14,7% aangewend % opbrengs op aandeel- 7,6% 12,2% 14,1% 10,7% houersbelang Netto batewaarde per aandeel 1 081 sent 1 128 sent 632 sent 609 sent Markprys van aandele 990 sent 1 130 sent 660 sent 615 sent Rentekoers op lenings 13% 13% 13% 13% Verdienste per aandeel 80 sent 138 sent 72 sent 65 sent Dividend per aandeel 92 sent 82 sent 48 sent 70 sent Dividend-uitbetalingskoers 115% 59% 67% 108% C. Aandeelhouding van Bob Yates in beide maatskappye FLEXI BPK. BROOM BPK. 2021 2020 2021 2020 Aandele in elke maatskappy 283 500 433 500 ? 460 000 % aandeelhouding in elke ? 51,0% ? 41,8% maatskappy 40 34
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 13: INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE STATE (Vr 3, NSS Nov 2020(1) / Sep 2021) (35 punte; 30 minute) Jy word voorsien van inligting van Solar-Style Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020. Die onderneming verskaf sonpanele aan huishoudings om hulle elektrisiteitsverskaffing aan te vul. GEVRA LW: Verskaf in ELKE geval syfers, finansiële aanwysers of berekeninge om jou kommentaar en verduidelikings te staaf. 13.1 Solvensie en likiditeit: 13.1.1 Lewer kommentaar op die solvensie van die maatskappy. Haal EEN finansiële aanwyser met syfers aan. (2) 13.1.2 Verduidelik waarom die direkteure met die verandering in die likiditeit van die maatskappy tevrede is. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4) 13.2 Verdienste, opbrengs en aandeleprys op die JSE: 13.2.1 Lewer kommentaar op die % opbrengs en verdienste per aandeel van die maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4) 13.2.2 Lewer kommentaar op die aandeleprys op die JSE en hoe die % opbrengs en verdienste per aandeel die aandeleprys beïnvloed het. Haal syfers aan. (4) 13.3 Hefboomverhouding: Verduidelik hoe die lening die risiko en finansiële hefboom beïnvloed het en of dit 'n goeie idee was, of nie, om die lening te verhoog. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (7) 13.4 Aandeelhouding: Verwys na Inligting D. Die direkteure het besluit om aan die bestaande aandeelhouers een aandeel vir elke vyf aandele wat hulle op 1 September 2019 besit het, teen 'n prys van R6,50 elk aan te bied. Allen Mbatha besit tans 45% van die aandele van Solar-Style Bpk. Allen was een van die min aandeelhouers wat besluit het om hierdie aanbod te aanvaar. 13.4.1 Verduidelik hoe Allen se besluit sy % aandeelhouding beïnvloed het. Verskaf 'n berekening om jou verduideliking te staaf. (4) 13.4.2 Gee TWEE redes waarom Allen dalk hierdie besluit geneem het. (4) 13.5 Dividende: 13.5.1 Een van die direkteure voel dat die dividenduitbetalingskoers (%) konstant moes gebly het. Gee EEN moontlike rede (met syfers) vir haar mening. (3) 13.5.2 Verwys na inligting E Verduidelik (met syfers) waarom een van die aandeelhouers, Erna Naidoo, voel dat die dividende wat sy in Solar-Style Bpk. verdien, nie so goed is soos dié wat sy in Netgen Bpk. verdien nie. (3) 35
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Uittreksel uit die Finansiële State: 29 Februarie 28 Februarie 2020 2019 Netto wins na belasting R 203 000 R 636 300 Nie-bedryfslaste : Lening van Credbank 3 500 000 2 000 000 B. Finansiële aanwysers bereken: 29 Februarie 28 Februarie 2020 2019 Skuld-ekwiteit-verhouding 0,4 : 1 0,3 : 1 Vuurproefverhouding 0,8 : 1 2,6 : 1 Totale bates tot totale laste 2,0 : 1 5,0 : 1 Voorraadomsetsnelheid 6 keer 3 keer Verdienste per aandeel (VPA) 72 sent 96 sent Dividende per aandeel (DPA) 48 sent 48 sent Dividenduitbetalingskoers 67% 50% % opbrengs op gemiddelde ekwiteit (OOAB) 5,3% 8,7% % opbrengs op totale kapitaal aangewend (OOTKA) 6,2% 11,6% Netto batewaarde per aandeel (NBW) 877 sent 912 sent C. Addisionele inligting: 29 Februarie 28 Februarie 2020 2019 Markprys van aandele op JSE 840 sent 920 sent Rentekoers op beleggings 6,5% 6,5% Rentekoers op lenings 10,5% 12,0% D. Aandeelhouding van Allen Mbatha in Solar-Style Bpk.: Aantal aandele Prys per aandeel Totale Solar-Style Bpk. aandele uitgereik: Op 28 Februarie 2019 800 000 aandele Op 29 Februarie 2020 900 000 aandele Aandele deur Allen gekoop Op 1 Maart 2015 360 000 aandele 650 sent Op 1 September 2019 ? 650 sent E. Aandeelhouding van Erna Naidoo in twee maatskappye: Solar-Style Bpk. Netgen Bpk. Dividende per aandeel vir 2020 36 sent 28 sent Prys wat sy vir haar aandele betaal het 820 sent 400 sent Aantal aandele besit 30 000 aandele 30 000 aandele 35 Aktiwiteit 11-13 https://wcedeportal.co.za/eresource/212076 36
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas KORPORATIEWE BESTUUR & VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING AKTIWITEIT 14: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE EN KORPORATIEWE BESTUUR (Vr 4, Junie (SS) 2021) (45 punte; 35 minute) 14.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die tipe direkteur in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (14.1.1 tot 14.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 14.1.4 D. KOLOM A KOLOM B 14.1.1 Uitvoerende direkteur A lid van die direksie, maar nie vir daaglikse bestuursfunksies verantwoordelik nie 14.1.2 Misdadige direkteur B lid van die direksie wat ook bestuurs- verantwoordelikhede 14.1.3 Nie-uitvoerende C skuldig bevind aan ernstige misdrywe direkteur (3 x 1) (3) 14.2 LIBRA BEPERK Die onderneming dryf handel met rekenaarhardeware en -sagteware van internasionale maatskappye. Die inligting het betrekking op die afgelope twee finansiële jare, geëindig 30 April. Anton Buys is die HUB en daar is vyf ander direkteure in die maatskappy. GEVRA: 14.2.1 Verwys na Inligting A. Die bedryfsverhouding en vuurproefverhouding toon dat die maatskappy se likiditeitsposisie oor die afgelope twee finansiële jare verswak het. Identifiseer TWEE ander likiditeitsaanwysers wat ook toon dat die maatskappy in die toekoms waarskynlik ernstige likiditeitsprobleme sal hê. Verduidelik EEN punt in ELKE geval (met syfers). (4) 14.2.2 Verwys na Inligting A en B. Die maatskappy het die lening verhoog om die aankoop van addisionele eiendom in 'n nuwe voorstad te finansier. Hulle het gehoop dat dit die aanvraag na hulle produkte sou verbeter. • Lewer kommentaar op hoe die verhoging in die lening die risiko en hefboom in 2021 beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. Noem EEN punt in ELKE geval (met syfers). (6) • Verduidelik of die besluit om addisionele eiendom aan te koop die gewenste uitwerking op die vraag na hierdie produk gehad het (met syfers). (3) 14.2.3 Verduidelik waarom die publiek nog nie in die koop van die nuwe aandele teen R6,00 per aandeel belangstel nie. Haal DRIE finansiële aanwysers aan (aanwysers in VRAAG 4.2.2 genoem, uitgesluit). Noem EEN punt in ELKE geval (met syfers). (9) 37
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 14.2.4 Verwys na Inligting A en D. Baie aandeelhouers het by die AJV gekla dat die Vergoedingskomitee nalatig in die uitvoering van hulle pligte was en dat Anton Buys nie die geld wat aan hom as HUB betaal is, verdien het nie. Noem TWEE verskillende punte om hulle mening te regverdig. Haal syfers of finansiële aanwysers aan. (4) 14.2.5 Verwys na Inligting A, B en C. • Verduidelik waarom die ander direkteure ongelukkig was oor die prys waarteen die aandele by Anton Buys teruggekoop is. Noem TWEE punte. Haal finansiële aanwysers of syfers aan om ELKE punt te staaf. (4) • Gee 'n berekening om te toon of die terugkoop van hierdie aandele Anton Buys se status as meerderheidsaandeelhouer beïnvloed het, of nie. (3) 14.2.6 Verwys na Inligting E. • Verduidelik wat met goeie korporatiewe bestuur bedoel word en verduidelik waarom dit vir aandeelhouers belangrik is. (3) • Verduidelik 'n moontlike rede hoekom Anton Buys sȇ dat hy teen die voorstel deur Excellence Bpk. sal stem. (2) • Die ander direkteure voel dat Anton Buys sy posisie as HUB en meerderheidsaandeelhouer misbruik. - Verduidelik waarom jy met hulle saamstem. (2) - Gee die direkteure raad oor hoe hulle dit moet hanteer (2) INLIGTING: A. Finansiële aanwysers op 30 April: 2021 2020 Winsopslag-% bereik 60% 75% % bedryfsuitgawes op verkope 44,1% 32% Solvensieverhouding 1,8 : 1 2,1 : 1 Skuld-ekwiteit-verhouding 0,7 : 1 0,2 : 1 Bedryfsverhouding 0,6 : 1 1,1 : 1 Vuurproefverhouding 0,3 : 1 0,8 : 1 Voorraadhoudingstydperk 78 dae 43 dae Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode 58,9 dae 32,6 dae Gemiddelde krediteure-betalingsperiode 75,6 dae 63,6 dae Verdienste per aandeel 54 sent 102 sent Dividende per aandeel 25 sent 90 sent Netto batewaarde per aandeel 732 sent 711 sent Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersekwiteit 4,9% 5,3% Opbrengs op gemiddelde kapitaal aangewend 6,4% 9,1% B. Addisionele inligting: 2021 2020 Verkope R8 976 000 R11 550 000 Markprys van aandele op aandelebeurs 580 sent 610 sent Rentekoers op lenings 12% 12% Rentekoers op vaste deposito 8% 8% 38
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas C. Aandelekapitaal en aandelebesit van Anton Buys: 2021 2020 Getal gemagtigde aandele 5 000 000 aandele Getal aandele reeds uitgereik 2 450 000 2 400 000 Getal aandele besit deur aandeelhouer, 1 240 000 1 270 000 Anton Buys • Die maatskappy het op 30 April 2020, reeds 2 400 000 aandele uitgereik. • By die direkteursvergadering op 1 Mei 2020 is daar besluit om 30 000 aandele by die HUB, Anton Buys, teen R12,00 per aandeel terug te koop. Geeneen van die vyf ander direkteure het hierdie besluit ondersteun nie. • 'n Verdere 80 000 aandele is op 30 Junie 2020 uitgereik. Die gelyste uitreikprys van die aankoop was aanvanklik R6,00 per aandeel. As gevolg van swak belangstelling deur die publiek teen hierdie prys het die direkteure ooreengekom om hierdie aandele teen R4,80 per aandeel te verkoop. D. Direkteursgelde: 2021 2020 Direkteursgelde aan HUB R2 900 000 R2 000 000 Totale gelde aan 5 ander direkteure betaal R3 000 000 R3 000 000 E. Aanbod om onuitgereikte aandele te koop: • Excellence Beperk is 'n gerespekteerde maatskappy met 'n reputasie vir goeie korporatiewe bestuur. Hulle het 'n aanbod gemaak om die oorblywende 2 550 000 aandele in hierdie maatskappy teen 'n prys wat beduidend hoër as die huidige markwaarde is, aan te koop. • Anton Buys sȇ dat hy teen hierdie aanbod sal stem. Die ander direkteure voel baie sterk daaroor dat hierdie aanbod baie billik is. Hulle is ten gunste daarvan om die aanbod te aanvaar. 45 AKTIWITEIT 15: KORPORATIEWE BESTUUR (Vr 4, NSS Nov 2020(2)) (15 punte; 10 minute) Aandeelhouers en werknemers verbonde aan 'n maatskappy sal veral daarin belangstel of die maatskappy deur die direkteure goed beheer en bestuur word. Die aandeelhouers sal by die AJV twee tipes direkteure verkies: • Uitvoerende direkteure: : Hulle woon raadsvergaderings by en werk voltyds by die maatskappy . • Nie-uitvoerende direkteure: Hulle woon raadsvergaderings by en werk NIE by die maatskappy NIE Jy word van vier aspekte van korporatiewe bestuur voorsien wat vir die aandeelhouers van belang is. GEVRA 15.1 Ouditverslag: Verduidelik waarom 'n gekwalifiseerde ouditverslag nie 'n goeie weerspieëling van 'n maatskappy is nie. Verskaf TWEE punte. (4) 15.2 Die Direksie (Raad van direkteure): Verduidelik waarom dit vir 'n maatskappy belangrik is om nie-uitvoerende sowel as uitvoerende direkteure by die Direksie in te sluit. (4) 39
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 15.3 Die Vergoedingskomitee: Volgens die Maatskappywet, 2008 (Wet 71 van 2008) moet 'n maatskappy 'n Vergoedingskomitee hê. Verduidelik die rol/verantwoordelikheid van hierdie komitee en gee 'n rede waarom hierdie komitee noodsaaklik is. (3) 15.4 Direkteure kom gereeld met kliënte in aanraking in 'n poging om oor kontrakte te onderhandel en om verkope en dienste te verbeter. Verduidelik waarom daar 'n maatskappybeleid moet wees dat direkteure alle geskenke, donasies of gunste deur hulle van kliënte ontvang, aan die Direksie moet verklaar. (4) Verskaf TWEE punte. 15 AKTIWITEIT 16: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute) Vr 4, NSS Nov 2020(1) / Sep 2021) 16.1 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (16.1.1 tot 16.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. eksterne ouditeure; interne ouditeure; aandeelhouers; direkteure 16.1.1 Hulle rol is om alle aspekte van die maatskappy se aktiwiteite te bestuur en beheer. 16.1.2 Hulle rol is om 'n onbevooroordeelde mening oor die betroubaarheid van die inligting in die finansiële state uit te spreek. 16.1.3 Hulle rol is om die interne beheermaatreëls in 'n maatskappy op 'n deurlopende basis te assesseer. (3 x 1) (3) 16.2 ELECTRONIC BPK. Die inligting het op Electronic Bpk. betrekking. Electronic Bpk. het die laaste paar maande negatiewe publisiteit in die nasionale koerante gekry. 'n Aandeelhouer, Quinton Miller, is bekommerd oor moontlike korrupsie in hierdie maatskappy. GEVRA: 16.2.1 Verduidelik, in jou eie woorde, hoekom jy met die uittreksel hieronder, wat in 'n plaaslike koerant verskyn het, saamstem of nie. Noem TWEE verskillende punte. Volgehoue (Deurlopende) korrupsie, bedrog en wanbestuur sal nie by 'n genoteerde maatskappy plaasvind nie, tensy daar onwettige of kriminele (oneerlike) samewerking aan die kant van die direksie en die ouditeure is. [Aangehaal uit @TheJaundicedEye, Independent, Saterdag 7 Maart 2020] (4) 16.2.2 Verwys na die inligting op die volgende bladsy. Verduidelik TWEE punte om moontlike korrupsie vir ELK van die volgende probleme te bewys. Haal syfers of berekeninge aan: Probleem 1 Betaling van direkteursgelde (4) Probleem 2 Beheer en produktiwiteit van ander werknemers (4) 40
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: Inligting geïdentifiseer uit die boeke van die maatskappy. LET WEL: Randbedrae word in miljoene uitgedruk. % 29 Febr 2020 28 Febr 2019 verandering Direkteursgelde: Hoof-uitvoerende beampte 1 72% R11,2 m R6,5 m (HUB) Hoof finansiële beampte(HFB) 1 72% R9,9 m R5,8 m Ander voltydse direkteure 12 8,3% R39,0 m R36,0 m Ander werknemers: Aantal werknemers 19% 570 werknemers 480 werknemers Salarisse en Lone 22% R91,0 m R74,4 m Algemene inligting: Bruto wins 11% R289,0 m R260,0 m Bedryfswins (20%) R61,0 m R76,2 m Bedryfswins per werknemer (50%) R0,1 m R0,2 m Netto wins (21%) R41 m R52 m 15 41
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 17: KORPORATIEWE BESTUUR (20 punte; 20 minute) (Vr 4, NSS Nov 2021) 17.1 Verduidelik waarom 'n weerhouding van mening-ouditverslag vir 'n maatskappy se reputasie sleg sou wees. Verskaf TWEE punte. (4) 17.2 Een van die belangrikste besluite wat aandeelhouers op die algemene jaarvergadering (AJV) moet neem, is om direkteure aan te stel wat op die raad moet dien. • Verduidelik waarom hierdie verantwoordelikheid aan die aandeelhouers gegee is. (2) • As jy 'n aandeelhouer was, watter faktore of eienskappe sou jy wou uitvind oor die direkteure vir wie jy sou stem? Verduidelik TWEE punte en gee 'n rede vir ELK. (6) 17.3 'n Onlangse nuusberig het aangedui dat 'n tender om toerusting ter waarde van R20 m. aan 'n groep privaat hospitale te verskaf, aan 'n groot maatskappy, Baxco Bpk., toegeken is. Die verslag beskuldig die HFB (hoof finansiële beampte) van daardie maatskappy dat hy R2 m. kontant aan die HUB van die hospitaalgroep betaal het. Verduidelik wat jy, as 'n aandeelhouer, op die AJV sou sê. Verskaf TWEE punte (4) 17.4 'n Groot Suid-Afrikaanse maatskappy het die volgende op hulle webtuiste en in hul Direkteursverslag genoem. Ons het vir werknemers en eksterne belanghebbendes maniere daargestel om onetiese gedrag en insidente aan te meld waar individue nie die maatskappy se etiese beleid nakom nie. Ons het 'n inbelsentrum ingestel wat deur 'n onafhanklike diensverskaffer beheer word. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word. Fluitjieblasers (informante) wat werklike inligting verskaf, sal beskerm word en anoniem bly. Na jou mening, verduidelik waarom hierdie groot maatskappy dit nodig gevind het om hierdie beleid te implementeer. Verskaf TWEE punte. (4) 20 Aktiwiteit 14-17 https://wcedeportal.co.za/eresource/212081 42
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas VRAESTEL 1 & VRAESTEL 2 VASTE BATES / Basiese begrippe vaste bates | kosprys | opgehoopte waardevermindering | drawaarde | boekwaarde | beweging van bates | toevoeging | vervreemding/bateverkope | waardevermindering | waardeverminderingsmetodes wins met verkoop van bate | verlies met verkoop van bate | vervangingswaarde | residuwaarde | ten- volle-gedrepresieer | vastebate-nota | vastebate-register | AARP-beginsels | historiese koste | omsigtigheid | paringsbeginsel BATEVERKOPE (GR 11-werk wat in Gr 12 hersien moet word) Berekening/Metodes van waardevermindering: / - Reguitlyn / Vaste-bedrag / % op kosprys - Verminderde saldo / % op drawaarde - LW: Kyk uit vir die residuwaarde van OU bate-items wat nog in gebruik is. Dit is gewoonlik R1 per ite, maar word deur beleid bepaal. - ‘n Bate-item is TEN VOLLE gedepresieer in die laaste jaar van sy nuttige leeftyd. Dt BATEVERKOPE / (nuttig vir berekeninge) Kt Voertuie / Toerusting Opgehoopte waardevermindering op .... (oorspronklike kosprys van vervreemde item) (TOTAAL oor die hele gebruiksleeftyd van die bate-item) (vorige opgehoopte WV + proporsionele WV vir die huidige jaar) Bank / Debiteurekontrole / Krediteurekontrole / Donasies / Onttrekkings (hang af van die manier waarop die bate vervreem is) WINS met verkoop v bate VERLIES met verkoop van bate OF ▪ BELANGRIKE INLIGTING OOR BATEVERKOPE ▪ Wins met verkoop van bate sal onder Inkomste in die Staat van Omvattende Inkomste (SOI) ingeskryf word ▪ Verlies met verkoop van bate sal onder Uitgawes in die SOI ingeskryf word ▪ Proporsionele waardevermindering vir hierdie jaar moet BY Waardevermindering in dieSOI bygetel word ▪ Bateverkope kan ook as deel van die Vaste bate-nota in die Staat van Fin Posisie onder 'Bewegings' getoets word ▪ Kosprys van verkoopte/vervreemde item moet afgetrek word van KOSTE van die totale bates soos aan die begin van die jaar Vraestel 1: Fokus op die waardering en beweging (verkryging/vervreemding) van bates vir die opstel van fin. state. Dit sal meestal in die Fin. state-vrae ingesluit wees. Sien Aktiwiteite 2 - 6 hierbo Vraestel 2: Fokus op die bestuur van vaste bates, d.i. die gebruik / misbruik / vervanging / koop of huur van items, ens. Dit sal meestal in begrotings, voorraad en/of ‘n probleemoplossingsvrae ingesluit wees. AKTIWITEIT 1: VASTE BATES  (21 punte; 15 minute) (Q5.3, Nov 2018) MINDEW BEPERK Die finansiële jaareinde is 31 Mei 2018. GEVRA: 1.1. Bereken die ontbrekende syfers wat deur (i) tot (v) in die tabel hieronder aangedui is. (17) 1.2 Verduidelik hoe die interne ouditeur moet kontroleer dat roerende vaste bates nie (2) gesteel is nie. 1.3 Grond en geboue is vyf jaar gelede vir R6 m. aangekoop. Eiendomspryse het sedertdien met 20% gestyg. Die direkteure wil die waarde van hierdie bate verhoog en 'n wins van R1 200 000 in die finansiële state toon. As 'n onafhanklike ouditeur, watter raad sou jy gee? Verskaf EEN punt. (2) 43
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING VIR JAAREINDE 31 MEI 2018: A. GROND EN VASTE BATES REKENAARS TOERUSTING VOERTUIE GEBOUE Drawaarde: Begin 6 000 000 13 000 1 027 500 1 300 000 Kosprys 6 000 000 108 000 1 250 000 2 100 000 Opgehoopte - (95 000) (222 500) (800 000) waardevermindering Bewegings Toevoegings (i) 0 172 500 0 Verkope 0 0 0 (iv) Waardevermindering 0 (ii) (iii) (256 000) Drawaarde: Einde Kosprys Opgehoopte (v) waardevermindering B. Grond en geboue: Grant Konstruksies is R882 000 vir die bou van nuwe kantore (R610 000) en die herstel van vensters (R272 000) betaal. C. Rekenaars: • Die drie rekenaars is almal op dieselfde dag teen R36 000 elk aangekoop. • Waardevermindering is 33⅓% op kosprys. • Daar word verwag dat hierdie rekenaars nog twee jaar sal hou. D. Toerusting: • Addisionele toerusting is op 1 Februarie 2018 aangekoop. • Waardevermindering is 10% p.j. op kosprys. E. Voertuie: • Waardevermindering is 20% p.j. op drawaarde. • 'n Voertuig is op 31 Desember 2017 vir kontant teen drawaarde verkoop. Die Vaste Bateregister het die volgende getoon: Kosprys R176 000 Opgehoopte waardevermindering (1 Junie 2017) R128 000 21 AKTIWITEIT 2: VASTE BATE-NOTA  (8 punte; 10 minute) (Vr 4.3, SS Mei/Junie 2019) MVVS BPK Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2019. GEVRA: 2.1 Voltooi die volgende nota tot die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat): • Vaste/Tasbare bates (8) 44
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: Syfers geneem uit die Voor-aansuiweringsproefbalans op 31 Maart: 2019 2018 R R Grond en geboue 12 500 000 12 500 000 Voertuie 1 377 000 750 000 Toerusting ? 398 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 475 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 117 500 Waardevermindering (op toerusting verkoop) 1 750 Aansuiwerings en addisionele inligting: Vaste bates en waardevermindering: (i) Voertuie: • Besonderhede van die drie voertuie is soos volg: Opgehoopte Kosprys waardevermindering Datum aangekoop 31 Maart 2018 1 R350 000 R315 000 1 Oktober 2013 2 R400 000 R160 000 1 April 2016 3 R627 000 30 November 2018 • Voertuie word teen 20% p.j. op kosprys verminder. (ii) Toerusting: • Toerusting is op 31 Augustus 2018 vir R9 600 kontant verkoop, Slegs die volgende inksrywings ten opsigte van hierdie verkope is gepreosesseer: Kosprys 28 000 Opgehoopte waardevermindering op die datum van verkope 21 500 Waardevermindering vir die huidige finansiële jaar 1 750 • Waardevermindering op die oorblywende toerusting word op R92 500 bereken nadat alles hierbo in berekening gebring is. 8 AKTIWITEIT 3: VASTE BATES-NOTA  (23 punte; 20 minute) (Vr 4.2, NSS Nov 2021 (V2)) Die volgende inligting het betrekking op die vaste/tasbare bates van Justime Footwear (Edms.) Bpk. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2021. GEVRA: 3.1 Noem DRIE punte van goeie interne kontrole oor roerende vaste bates. (3) 3.2 Verwys na Inligting A en B. Bereken die kosprys van grond en geboue wat op 31 Augustus 2020 gekoop is. (3) 3.3 Verwys na InligtingA en C. Bereken die waardevermindering op die voertuig vir die jaar geëindig (2) 28 Februarie 2021. 45
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 3.4 Verwys na Inligting A en D. Die onderneming verminder toerusting teen 30% p.j. volgens die verminderde saldo- metode. Hulle het op 30 November 2020 besluit om ‘n fotostaatmasjien vir ‘n nuwe model in te ruil. • Berekening die verlies op die fotostaatmasjien wat op 30 November 2020 ingeruil het. (6) • Bereken die waardevermindering op die nuwe fotostaatmasjien en op die oorblywende ou toerusting vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. (7) 3.5 Die HUB voel dat die grond en geboue ten minste R10 000 000 werd is en wil die syfer in die Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat) dienooreenkomstig aanpas. Verduidelik waarom die ouditeur NIE saamstem NIE. (2) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Proefbalanse op 28 Februarie: 2021 2020 R R Balansstaatrekeninge-afdeling Grond en geboue 6 250 000 5 500 000 Voertuig 480 000 480 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 450 000 Toerusting 2 190 000 2 100 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 1 440 000 B. Grond en geboue: Glamour Konstruksie het op 31 Augustus 2020, nadat die nuwe stoorfasiliteite voltooi is, is ‘n faktruur verskaf. Die volle faktuurbedrag is betaal en teen grond en geboue gedebiteer. Die ouditeur het egter gevind dat herstelwerk aan die ou stoorkamer, R60 000, by die faktuur ingesluit is. Dit is nie reggestel nie C. Voertuie: Die maatskappy het slegs een voertuig. Die waardeverminderingkoers is 25% per jaar op kosprys. D. Toerusting: 'n Fotostaatmasjien is op 30 November 2020 vir R88 000 vir 'n beter model ingeruil. Die kosprys van die nuwe model wat op 1 Desember 2020 afgelewer is, was R410 000. Die vastebate-register het die volgende getoon: Vastebate-register: Kategorie: Fotostaatmasjien Model: Clearfont X23 Datum aangekoop: 1 Maart 2019 Kosprys: R320 000 Waardevermindering- 30% op verminderdesaldo-metode koers: Datum Waardevermindering Drawaarde 28 Februarie 2020 R96 000 R224 000 30 November 2020 ? ? 23 Aktiwiteit 1-3 Vaste bates: https://wcedeportal.co.za/eresource/213026 46
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas VRAESTEL 2 VOORRAAD / [Vraestel 1: Voorraadwaardasie vir die voorbereiding / verslagdoening in finansiële state; Verwys na Aktiwiteite 2 - 4 (Maatskappye) hierbo vir tipese V1 Voorraad-vrae] [Vraestel 2: Voorraadstelsels; Waardasie, bestuur en interne beheer van voorraad] Basiese begrippe Voorraad- Deurlopende voorraadstelsel: Koste van verkope word bereken wanneer verkope stelsels plaasvind (verskille) Periodieke voorraadstelsel: Koste van verkope word aan einde van 'n finansiële jaar bereken na 'n fisiese voorraadopname Stock EIEU Geweegde gemiddelde Spesifieke indentifikasie valuation - Gebasseer op die aanname - Gebruik wanneer groot - Gebruik wanneer klein methods dat voorraad wat eerste volumes (hoeveelhede) volumes verkoop word, waar (Differences) aangekoop is, eerste verkoop identiese klein items verkoop die koste van elke item maklik sal word. Geskik wanneer word, bv. T-hemde, geïdentifiseer kan word in 'n aparte items verkoop word, sjokolades, ens. register / katalogus. bv. rekenaars, TVs, ens. - Die gemiddelde kosprys van - Voorraadwaarde is realisties - Voorraad met 'n beperkte die voorraad word altyd want dit word op die huidige raklewe kan ook op hierdie gebruik. prys van elke item gebaseer. manier waardeer word. Berekening van slotvoorraad EIEU Geweegde gemiddelde Spesifieke identifikasie Werk van onder af op; Begin (R) + Aankope (R) – Terugsendings (R) + Vraggeld Werklike prys van elke item onthou om vraggeld op Begin (eenhede) + Aankope (eenhede) - Terugsendings (eenhede) in voorraad aankope en goedere teruggestuur in ag te = Antwoord in Rand neem Antwoord (R) x Eindvoorraad (eenhede) = R Ander berekeninge Periodiek Deurlopend Koste van verkope Beginvoorraad + Aankope + Vraggeld - Terugsendings Gebasseer op winsopslag - Eindvoorraad % by verkooppunt = Koste van verkope Bruto wins Verkope – Koste van verkope Gesteelde items Eenhede aan begin + eenhede aangekoop – eenhede teruggestuur - eenhede verkoop - eenhede aan einde Finansiële aanwysers (Vraestel 1 OF Vraestel 2) Winsopslag % (Verkope – Koste van verkope) x 100 Antwoord getoon as: Koste van verkope 1 …% Voorraadomsetsnelheid Koste van verkope Gemid voorraad OF ½(Beginvoorraad + Eindvoorraad) ... keer Periode waarvoor daar Gemid voorraad x 365 voorraad voorhande is Koste v verkope 1 … dae AARP-beginsels van toepassing op Voorraad (V1) - Historiese koste; - Omsigtigheid Interne beheer van voorraad (V2) Verdeling van pligte; Dokumentasie; Magtiging; Fisiese sekuriteitsmaatreëls; verander van verskaffers, ens. 47
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 1: VOORRAADWAARDASIE (45 punte; 35 minute) (Vr 3, NSS Nov 2019) George Grande is die meerderheidsaandeelhouer en HUB van Grande Bpk. Die maatskappy verskaf kabinette en lampe aan hotelle. Die periodieke stelsel word gebruik. Die jaareinde is 30 September 2019. GEVRA: KABINETTE 1.1 Bereken die waarde van die eindvoorraad vir kabinette op 30 September 2019 deur die eerste-in-eerste-uit-metode te gebruik. (6) 1.2 Die maatskappy het in 2019 besluit om die teikenmark uit te brei en om handelskortings toe te staan om verkope te verhoog. 1.2.1 Bereken die % winsopslag wat in 2019 behaal is. (4) 1.2.2 Verskaf TWEE punte (met syfers) om te bewys dat hierdie besluit die doelwitte behaal het. (4) 1.2.3 Die HUB voel dat hierdie besluit ook die maatskappy negatief beïnvloed het. (4) • Verskaf TWEE punte (met syfers) wat sy opinie staaf. (2) • Gee die direkteure raad om hierdie probleem op te los. Verduidelik TWEE punte. LAMPE 1.3 Bereken die voorraadhoudingsperiode vir lampe (gebruik eindvoorraad). (3) 1.4 George is bekommerd oor die beheer van die lampe. 'n Ondersoek het getoon dat die stoorbestuurder lampe sonder dokumentasie aan plaaslike koshuise verskaf het. (5) • Bereken die getal lampe wat vermis word. • Gee TWEE voorstelle om hierdie probleem op te los. (4) TELEVISIESTELLE 1.5 Terwyl George gedurende April 2019 in die hospitaal was, het Bruce Swann (die hoof- finansiële beampte) besluit om televisiestelle by hulle produkreeks in te sluit. Hy kon grootmaatkortings op twee TV-stelmodelle, naamlik LYN en KYA, by Roseway kry. Bereken die waarde van die eindvoorraad van TV-stelle op 30 September 2019 deur die spesifieke identifikasiemetode te gebruik. (7) 1.6 'n Werknemer van Roseway het George ingelig dat Bruce 'n 10%-'kommissie' by Roseway ontvang het vir die koop van oortollige voorraad. George wil dit op die volgende raadsvergadering bespreek. Verduidelik DRIE verskillende kwellings wat George oor hierdie probleem sal hê. (6) 48
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Voorraadrekords van kabinette en lampe: KABINETTE LAMPE EENHEIDS- EENHEDE TOTAAL EENHEDE TOTAAL PRYS Voorraadsaldo's 1 Okt. 2018 370 R800 R296 000 600 R108 000 30 Sep. 2019 280 ? 265 R59 625 Aankope: 2019 Januarie 800 R920 R736 000 1 200 R240 000 April 1 200 R990 R1 188 000 1 800 R432 000 Julie 250 R1 100 R275 000 800 R210 000 Totaal 2 250 R2 199 000 3 800 R882 000 Terugsendings 20 R1 100 Verkope 3 675 Koste van verkope R930 375 B. Inligting met betrekking tot kabinette: 2019 2018 Verkope R3 480 000 R3 375 000 Koste van verkope R2 170 500 R1 950 000 Eenhede verkoop 2 320 2 500 Verkoopprys per eenheid R1 500 R1 400 % winsopslag behaal ? 73% Klante op rekord 37 26 C. Voorraadrekords van televisiestelle: EENHEIDS- MODELLE EENHEDE TOTAAL PRYS Aankope Mei 2019 LYN 800 R6 000 R4 800 000 KYA 950 R7 200 R6 840 000 Julie 2019 LYN 500 R6 000 R3 000 000 KYA 500 R7 200 R3 600 000 TOTAAL 2 750 R18 240 000 Verkope LYN 430 R8 400 R3 612 000 KYA 540 R10 080 R5 443 200 45 49
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 2: VOORRAADWAARDASIE (40 punte; 30 minute) (Vr 3, SS 2020) 2.1. BEGRIPPE Voltooi die sinne deur die korrekte voorraadwaardasie-metode in te vul. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Die …-metode aanvaar dat voorraad verkoop word in die volgorde van datum aangekoop. 2.1.2 Die …-metode deel die totale koste van goedere beskikbaar vir verkoop, deur die aantal eenhede. 2.1.3 Die …-metode word vir baie duur, individueel herkenbare items gebruik. (3 x 1) (3) 2.2 JJ MODEHUIS JJ Modehuis, met eienaar Janine Naidoo, gebruik die periodieke voorraadstelsel. GEVRA Verwys na Inligting A: Jeans 2.2.1 Bereken die volgende op 29 Februarie 2020: • Waarde van die eindvoorraad deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik (6) • Bruto wins (4) 2.2.2 Bereken hoe lank (in dae) dit sal neem om die eindvoorraad van die jeans te verkoop. (4) 2.2.3 Janine oorweeg ‘n verandering in die voorraadwaardasie-metode. • Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die EIEU-metode te gebruik (7) • Noem EEN voordeel van die gebruik van die EIEU-metode. (2) Verwys na Inligting B: Baadjies 2.2.4 Die eienaar is bekommerd oor die diefstal. • Bereken die aantal baadjies gesteel. (4) • Gee TWEE oplossings om die probleem op te los. (4) 2.2.5 Die interne ouditeur is bekommerd oor die voorraadvlakke en die verkoopprys van baadjies Verduidelik redes vir sy bekommernis, met syfers, en gee verskillende raad in ELKE geval. (6) INLIGTING: A. Jeans: EENHEIDS- EENHEDE TOTAAL PRYS Beginvoorraad (1 Maart 2019) 240 R124 500 Aankope 3 150 R1 813 000 Mei 2019 1 300 R560 R728 000 Oktober 2019 1 450 R580 R841 000 Januarie 2020 400 R610 R244 000 Subtotaal 3 390 R1 937 500 Terugsendings van Januarie- 130 R610 R79 300 aankope Verkope 2 880 R960 R2 764 800 Slotvoorraad (29 Februarie 2020) 380 ? ? 50
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Baadjies: 2020 2019 (EENHEDE) Beginvoorraad 1 760 Aankope (min terugsendings) 6 500 Eenhede beskikbaar vir verkope 8 260 Eindvoorraad 2 980 Eenhede verkoop 5 020 Geweegdegemiddelde-koste per eenheid R700 R630 Verkoopprys per eenheid R1 450 R1 070 Voorraadhoudingstydperk 216 dae 103 dae Winsopslag-% bereik 107% 70% 45 AKTIWITEIT 3: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute) (Vr 4, Nov 2020(2)) 3.1. BEGRIPPE Gee EEN woord/term vir elk van die volgende stellings. Skryf slegs die woord/ term langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.4) in die ANTWOORDEBOEK. periodieke stelsel; EIEU; deurlopende stelsel; spesifieke identifikasie; geweegde gemiddeld 3.1.1 Dié metode is die geskikste vir goedkoop goedere wat gereeld aangekoop word. 3.1.2 Die eindvoorraadsaldo word aangeteken teen die mees onlangse pryse betaal 3.1.3 Individuele voorraaditems word teen die kosprys op die aankoopfaktuur gewaardeer. 3.1.4 Die koste van verkope word vir elke verkooptransaksie geboekstaaf. (4 x 1) (4) 3.2 LOTUS BYKOMSTIGHEDE Die eienaar is Alex Lotus. Die onderneming gebruik die eerste-in-eerste-uit-metode om gaslampe te waardeer. Hulle het besluit om ook gasstowe te verkoop, aangesien hulle 'n aanvraag as gevolg van toenemende beurtkrag verwag. Die spesifieke identifikasiemetode word gebruik om hierdie stowe te waardeer. Die finansiële jaareinde is elke jaar op 30 April. 51
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas GEVRA: 3.2.1 Bereken die volgende vir die gaslampe op 30 April 2021: • Waarde van eindvoorraad (volgens EIEU) (6) • Voorraadhoudingstydperk in dae (gebruik eindvoorraad) (6) 3.2.2 Alex vermoed dat die gaslampvoorraad nie goed beheer word nie. Bereken die aantal gaslampe wat vermis word. (4) 3.2.3 'n Ondersoek het aan die lig gebring dat Alex se broer (in diens van die winkel) gaslampe bestel deur die onderneming se bestelstelsel te gebruik, en dit dan privaat aan sy vriende verkoop. Wat moet Alex aan sy broer sê wanneer hy hierdie aangeleentheid hanteer? Verskaf TWEE punte. (4) 3.2.4 Bereken die waarde van die eindvoorraad vir gasstowe op 30 April 2021 (met gebruik van die spesifieke identifikasiemetode) (5) 3.2.5 Alex dink dat hy die verkoop van gasstowe moet staak aangesien dit likiditeitsprobleme veroorsaak en die winste laag is. • Verskaf syfers om sy mening te staaf. (2) • Verduidelik TWEE punte om hom te oortuig om NIE handel in gasstowe te staak NIE. (4) INLIGTING: A. VOORRAADREKORDS VIR GASLAMPE: EENHEIDS- BEDRAG EENHEDE PRYS (R) (R) Voorraadsaldo op 1 Mei 2020 230 R12 650 Aankope gedurende die jaar: 2 750 R193 500 Julie 2020 650 R60 39 000 September 2020 800 R68 54 400 Januarie 2021 1 100 R75 82 500 Maart 2021 220 R80 17 600 Terugsendings (van Maart 2021) 40 ? ? Beskikbaar vir verkope 2 940 Voorraadsaldo: 30 April 2021 270 ? ? Totale verkope 2 180 R140 R305 200 B. VOORRAADREKORDS VIR GASSTOWE: AANKOPE: MAAND MODEL EENHEDE EENHEIDS- BEDRAG PRYS Augustus 2020 B-LITE 80 R495 R39 600 B-LITE 80 R495 R39 600 Oktober 2020 SMART 100 R700 R70 000 B-LITE 120 R495 R59 400 Februarie 2021 SMART 60 R700 R42 000 52
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas VERKOPE: MODEL EENHEDE VERKOOPPRYS BEDRAG VERKOOP B-LITE 132 R790 R104 280 SMART 54 R980 R52 920 BRUTO WINS EN WINSOPSLAG: MODEL KOSTE VAN BRUTO WINS WINSOPSLAG VERKOPE B-LITE R65 340 R38 940 60% SMART R37 800 R15 120 40% 35 AKTIWITEIT 4: VOORRAADWAARDASIE (35 punte; 30 minute) (Vr 4, SS Junie 2021) 4.1 Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. 4.1.1 Die (spesifieke identifikasie/eerste-in-eerste-uit)-metode aanvaar dat die eindvoorraad gewaardeer word teen die mees onlangse besending aangekoop. 4.1.2 Die (periodieke/deurlopende) stelsel vereis 'n jaareind-voorraadopname om koste van verkope te kan bereken. 4.1.3 Die (geweegdegemiddelde/eerste-in-eerste-uit)-metode is geskik vir soortgelyke goedere wat op grootmaat gekoop word. 4.1.4 Die (periodieke/deurlopende) stelsel vereis dat alle produkte by die verkooppunt geskandeer word. (4) 4.2 GWEN BOETIEK Die inligting het betrekking op ALUZE-handsakke vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. Die onderneming gebruik die eerste-in-eerste-uit-metode om die waarde van hierdie handsakke te bepaal. Die periodieke voorraadstelsel word gebruik. GEVRA: 4.2.1 Bereken die volgende vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021: • Waarde van die eindvoorraad (5) • Koste van verkope (5) 4.2.2 Voorraadhoudingsperiode: • Bereken die gemiddelde voorraadhoudingsperiode (in dae). (5) • Verduidelik of Gwen met hierdie syfer tevrede behoort te wees, of nie. Noem TWEE punte. LW: Die gemiddelde voorraadhoudingsperiode op 29 Februarie 2020 was 52 dae. (4) 4.3 PROBLEEMOPLOSSING Verwys na Inligting D. Gwen Boetiek verkoop ook baadjies en truie. Gwen het die inligting verskaf en benodig raad. Identifiseer TWEE probleme in ELKE produk vir 2021. In elke geval, gee EEN stukkie raad om die probleem wat geïdentifiseer is, op te los. (12) 53
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s: TOTALE WAARDE DATUM EENHEDE (vraggeld ingesluit) 1 Maart 2020 420 R68 120 28 Februarie 2021 380 ? B. Aankope en terugsendings vir die jaar: EEN- TOTALE VRAG- TOTALE KOSTE DATUM EENHEDE HEIDS- AANKOOP- GELD (vraggeld KOSTE BEDRAG (per sak) ingesluit) 30 Jun. 2020 500 R155 R77 500 R12 R83 500 31 Okt. 2020 750 R160 R120 000 R13 R129 750 15 Feb. 2021 320 R170 R54 400 R15 R59 200 TOTAAL 1 570 R272 450 Terug- 20 R3 700 sending C. Verkope: Totale verkope het R393 750 (1 590 sakke) beloop. D. Probleemoplossing: BAADJIES TRUIE 2021 2020 2021 2020 Eenhede: Beginvoorraad 407 120 218 200 Eenhede: Aankope 800 800 1 800 2 200 Eenhede verkope (bruto) Alle verkope is vir kontant. 550 500 1 970 2 260 Eenhede deur klante teruggestuur 0 0 90 78 Eenhede: Eindvoorraad 615 407 138 218 Voorraadomsetsnelheid 0,9 1,9 10,6 10,4 Winsopslag-% behaal 75% 50% 25% 25% R R R R Kosprys per item 360,00 360,00 170,00 160,00 Verkoopprys 630,00 540,00 212,50 200,00 Inkomste uit verkope in die bank gedeponeer 346 500 268 920 349 500 436 400 35 54
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 5: VOORRAADWAARDASIE (30 punte; 25 minute) (Vr 3, NSS Nov 2020(1) / Sep 2021) On-Time Watches (Edms.) Bpk. het twee aandeelhouers, Lizzy en Patsy Ndou. Die onderneming verkoop horlosies. Die periodieke voorraadstelsel en die eerste-in- eerste-uit-(EIEU-)metode word gebruik om die horlosies te waardeer. Die finansiële jaareinde was 30 Junie 2020. Die onderneming het in die verlede slegs een soort horlosie, die XS Sports, verkoop. Alhoewel hierdie horlosies goed verkoop het, het Lizzy gevoel dat die onderneming nie genoeg wins verdien het nie. Sy het Patsy oortuig dat om eksklusiewe horlosies (die Euroclox) in te voer, 'n goeie oplossing vir hierdie probleem sou wees. GEVRA: 5.1 Bereken die volgende vir die ingevoerde Euroclox-horlosies op 30 Junie 2020 deur die EIEU-metode te gebruik: • Waarde van die eindvoorraad (5) • Voorraadhoudingsperiode (in dae) deur die eindvoorraad te gebruik (3) • % winsopslag op kosprys (3) 5.2 Patsy was steeds nie oortuig van die besluit om die Euroclox-horlosies in te voer nie, maar dit blyk dat Lizzy se besluit vir die onderneming voordelig was. In elke geval hieronder, haal syfers of aanwysers aan. 5.2.1 Vergelyk die winsopslag-% wat op elke model behaal is en lewer kommentaar op hoe dit die verkope en winsgewendheid van die twee modelle beïnvloed het. (4) 5.2.2 Vergelyk die voorraadhoudingsperiode vir elke model en die aanvraag vir elke model en lewer kommentaar op hoe dit die beheer van die voorraaditems van die twee modelle beïnvloed het. (4) 5.3 Lizzy stel daarin belang om uit te vind of die geweegde-gemiddeldemetode om die Euroclox-horlosies te waardeer, 'n beduidende ander voorraadwaarde tot gevolg sal hê. • Bereken die waarde van die 270 horlosies deur die geweegde- gemiddeldemetode te gebruik. (5) • Verduidelik die effek wat dit op die bruto wins sal hê. Haal syfers aan. (2) • Verduidelik waarom dit in die toekoms nie gepas sou wees dat sy die geweegde- gemiddeldemetode vir die nuwe horlosies gebruik nie. Noem TWEE punte. (4) INLIGTING: A. Voorraadrekords vir ingevoerde Euroclox-horlosies: DATUM AANTAL EENHEIDS- TOTALE EENHEDE PRYS BEDRAG Aankope: 1 Julie 2019 200 R 1 615,50 R 323 100 30 September 2019 500 1 700 850 000 20 Desember 2019 1 200 1 900 2 280 000 25 Maart 2020 400 2 000 800 000 15 Mei 2020 250 2 400 600 000 Totale aankope 2 550 R4 853 100 Terugsendings: 15 Mei 2020 90 ? Beskikbaar vir verkope 2 460 ? Voorraad op 30 Junie 2020 270 ? Verkope 2 190 R2 700 R5 913 000 Koste van verkope R4 033 100 55
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Inligting geneem uit die finansiële rekords op 30 Junie 2020: EUROCLOX XS SPORTS MODEL MODEL Winsopslag-% ? 75% Voorraadhoudingsperiode ? 120 dae Verkoopprys per horlosie R2 700 R560 Gemiddelde kosprys per horlosie R1 842 R320 Gemiddelde bruto wins per horlosie R858 R240 Bruto wins R1 879 900 R840 000 Verkope van horlosies R5 913 000 R1 960 000 Eenhede verkoop 2 190 horlosies 3 500 horlosies Eindvoorraad op hande 270 horlosies 1 381 horlosies 30 Aktiwiteit 1-5 Voorraad: https://wcedeportal.co.za/eresource/213031 56
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas VERVAARDIGING / KOSTEREKENINGKUNDE Basiese begrippe en berekeninge Direkte materiaalkoste Beginvoorraad + Aankope + Vrag op aankope - Slotvoorraad (DMK) = Grondstowwe gebruik Direkte arbeidskoste (DAK) Normale lone (aantal werkers x aantal ure x tarief) Plus: Oortyd (aantal werkers x aantal ure x tarief) Plus: WVF-/Mediese-/Pensioenbydraes Fabrieksbokoste (FBK) Indirekte materiaal (Beginvoorraad + aankope – slotvoorraad) Indirekte arbeid (skoonmakers, sekuriteitswagte, voorman) PLUS WVF/Pensioenbydraes Waardevermindering op Fabriekstoerusting Water & Elektrisiteit (slegs fabriek) Alle ander fabrieksuitgawes Eenheidskoste Totale koste gedeel deur aantal eenhede voltooi/geproduseer Vaste koste FBK + Admin koste (AK) Veranderlike koste DMK + DAK + Verkoops en verspreidingskoste (VVK) FORMAAT: PRODUKSIEKOSTESTAAT FORMAAT: VERKORTE STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE Direkte materiaalkoste Verkope +Direkte arbeidskoste min Koste v Verkope (KvV) (…….) [BV + Koste v klaarprodukte** - EV] =Primêre koste Bruto wins +Fabrieksbokoste Min Verkoops & verspreidingskoste =Totale koste van produksie Min Administrasiekoste PLUS Goedere-in-bewerking aan begin v. jaar Netto wins MIN Goedere-in-bewerking aan einde v. jaar ( ) =Totale koste van produksie v. klaarprodukte ** ONTLEDING VAN PRODUKSIEKOSTESTAAT Berekening van die koste per eenheid van sekere koste-items sal toon: = watter kostes hoër/laer as begrote bedrae is, = watter items buitensporig hoog is en baie goed beheer moet word = hoe koste-items vergelyk met vorige jare se begrotings Bereken die gelykbreekpunt (GBP): = GBP bepaal die hoeveelheid (aantal eenhede) geproduseer waar geen wins of verlies getoon word nie; = Inkomste is net genoeg om kostes te dek. = FORMULE: TOTALE VASTE koste = .... Aantal produkte/eenhede (Verkoopprys per eenheid – veranderlike koste per eenheid) Kommentaar op die GBP / produksievlakke: = Vergelyk GBP met die totale aantal eenhede vervaardig bv. In 2001 100 (GBP) van 1000 eenhede MAAR in 2002 80 (GBP) van 1000 eenhede het koste gedek. T DUS is meer effektiewe produksie in 2002, omdat 20 minder eenhede nodig was om koste te dek (of meer eenhede was beskikbaar om wins mee te maak). 900 eenhede kan ‘n wins verdien in 2001, maar 920 eenhede kan ‘n wins in 2002 verdien. ‘n Daling / verhoging in produksievlakke en/of die GBP per jaar sal jou kommentaar bepaal Dit sal baie help om % te vergelyk... (2001: GBP was 10% en in 2002 is dit 8% van totale produksie = % toon dus duidelik die tendens aan. ‘n Rede vir die daling kan dalk laer produksiekoste wees) MOONTLIKE OPLOSSINGS OM PRODUKSIEKOSTE TE BESPAAR / VERLAAG: - Koop in grootmaat (groot hoeveelhede) om hoeveelheidskortings/handelskortings te kry - Kontantaankope, om kontantkortings te kry - Gebruik alternatiewe verskaffers wat meer voordelige koopvoorwaardes bied - Doen 'n werkstudie in die fabriek om te bepaal of effektiewe produksiemetodes gebruik word, bv verminder vermorsing van materiaal- en arbeidtyd 57
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 1: VERVAARDIGING (40 punte; 35 minute) (Vr 1, NSS Nov 2019) Sihle Sangweni besit twee afsonderlike fabrieke wat produkte vervaardig volgens bestellings ontvang. Daar is geen goedere-in-bewerkingvoorraad nie. Die jaareinde is 28 Februarie 1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Lone van fabriekskoonmakers is 'n direkte arbeidskoste. 1.1.2 Afleweringskoste van klaarprodukte aan kleinhandelaars is 'n verkoop- en verspreidingskoste. 1.1.3 Waardevermindering op kantoortoerusting is 'n administrasiekoste. (3 x 1) (3) 1.2 LESSENAARFABRIEK GEVRA: 1.2.1 Stel die Fabrieksbokoste-nota op. (8) 1.2.2 Bereken die totale koste van produksie van klaarprodukte. (5) 1.2.3 Sihle wil 'n bykomende 1 500 lessenaars vervaardig, terwyl die verkoopprys en koste gehandhaaf word. (4) 1.3 STOELFABRIEK GEVRA: 1.3.1 Verskaf 'n berekening om die gelykbreekpunt vir 2019 te bevestig. (4) 1.3.2 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en die produksievlak bereik. Haal syfers aan. (4) 1.3.3 Grondstowwe bestaan slegs uit hout. Die koste in 2019 is R120 per vierkante meter (m2) en 1,2 m2 hout is nodig om een stoel te maak. Gedurende die jaar is 22 000 m2 hout na die fabriek versend. Sihle voel dat die houtgrondstof nie goed beheer is nie. • Verskaf 'n berekening om sy mening te staaf. (4) • Identifiseer TWEE moontlike oorsake van hierdie probleem. Verskaf 'n oplossing vir ELK (4) 1.3.4 Gee TWEE redes vir die toename in direkte arbeidskoste. Verskaf 'n oplossing vir ELK. Neem kennis dat lone en salarisse met 5% in die huidige finansiële jaar verhoog het. (4) INLIGTING: A. LESSENAARFABRIEK Uittreksel uit die vooraansuiweringsbedrae op 28 Februarie 2019 R Indirekte arbeid 296 500 Waardevermindering van fabrieksaanleg 166 000 Advertensies 24 500 Water en elektrisiteit 248 000 Huuruitgawe 345 600 Versekering aan verkoopsafdeling toegeken 12 600 Fabriek diverse uitgawes 107 700 Aansuiwerings op fabrieksbokoste vir lessenaars: • Water en elektrisiteit vir Februarie 2019, R18 000, moet in berekening gebring word. 80% word aan die fabriek toegeken. Die balans is 'n administrasiekoste. • Huur moet volgens vloeroppervlakte toegeken word: Fabriek: 810 m2 Kantoor: 180 m2 Verkoopsafdeling: 90 m2 • 75% van versekering moet aan die fabriek toegeken word. Die balans is op die verkoopsafdeling van toepassing. 58
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. INLIGTING VIR BEIDE FABRIEKE LESSENAARS STOELE KOSTE 2019 (eenheidskoste) Bedrag Per eenheid 2019 2018 Direkte materiaal R3 060 000 R340 R165 R124 Verander- Direkte arbeid ? R160 R90 R70 like Verkoop en verspreiding R720 000 R80 R50 R60 Totale veranderlike koste R580 R305 R250 Fabrieksbokoste R76 R75 Vaste Administrasie R360 000 R40 R20 R18 VERKOOPPRYSE Per eenheid R750 R390 R370 EENHEDE Vervaardig en verkoop 9 000 16 000 15 000 Gelykbreekpunt 8 471 18 071 12 400 40 AKTIWITEIT 2: VERVAARDIGING (45 punte; 35 minute) Vr 1, SS 2020 2.1 Kies 'n voorbeeld in KOLOM B wat by die kostekategorie in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Verkoop en verspreiding grondstowwe vir produksie uitgereik A 2.1.2 Direkte arbeid B oninbare skulde 2.1.3 Administrasie waardevermindering op fabrieksmasjinerie C 2.1.4 Fabrieksbokoste D produksielone 2.1.5 Direkte materiaal E bankkkoste 5 x 1 (5) 2.2 BERGVIEW VERVAARDIGERS Hierdie inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020. Die onderneming vervaardig emmers. GEVRA: Stel die volgende op 29 Februarie 2020 op: 2.2.1 Fabrieksbokoste-nota (16) 2.2.2 Produksiekostestaat (10) 59
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s 29 Februarie 2020 28 Februarie 2019 R R Goedere-in-bewerking ? 130 000 Klaarprodukte 140 000 155 500 Indirekte materiaal 14 300 12 400 B. Bedrag geneem uit die rekords op 29 Februarie 2020 R Salaris: fabrieksvoorman 150 000 Waardevermindering op fabriekstoerusting 145 000 Direkte materiaalkoste 2 200 000 Direkte arbeidskoste 1 209 300 Indirekte materiaal aangekoop 33 100 Versekering 60 000 Water en elektrisiteit 115 000 Huuruitgawe 113 000 Verkope 6 500 000 Koste van verkope (winsopslag op kosprys: 60%) ? • Versekering word deur die fabriek, administrasie en die verkoops-afdeling in die verhouding 3 : 2 : 1 gedeel. • Water en elektrisiteit vir Februarie 2020 is steeds uitstaande, R12 000. Die fabriek gebruik 80% van die water en elektrisiteit. • Huuruitgawe word verdeel volgens die vloerspasie wat gebruik word. Die fabriek beset 7 200 m2 van die totale vloerspasie van 9 000 m2 2.3 EASY KOSSE Easy Kosse vervaardig peuselstafies ('snack bars'). Die finansiële jaar eindig op 31 Desember. GEVRA: 2.3.1 Verduidelik waarom die verandering in eenhede vervaardig, die vaste koste per eenheid beïnvloed het. (2) 2.3.2 Gee TWEE moontlike redes vir die toename in direkte materiaalkoste per eenheid. (4) 2.3.3 Verduidelik waarom die onderneming nie met die produksievlak en gelykbreekpunt tevrede moet wees nie. Vergelyk en haal syfers aan vir beide jare. (6) 2.3.4 Die eienaar, Mike, wil die gewig van die peuselstafies van 80 gram tot 75 gram verminder, terwyl die verkoopprys op R12,50 elk gehou word. Verduidelik EEN rede teen hierdie opsie. (2) INLIGTING: 2019 2018 Totaal Per eenheid Totaal Per eenheid Verkope R675 000 R12,50 R617 500 R9,50 Veranderlike koste R472 500 R8,75 R390 000 R6,00 Vaste koste R191 160 R3,54 R191 160 R2,70 Direkte materiaalkoste R270 000 R5,00 R279 500 R4,30 Gelykbreekeenhede 50 976 50 000 Eenhede vervaardig en 54 000 65 000 verkoop 45 60
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 3: KOSTEREKENINGKUNDE (VERVAARDIGING) (50 punte; 40 minute) (Vr 2, NSS Nov 2020(2)) 3.1 PERFECT FIT VERVAARDIGERS Die onderneming vervaardig formele hemde. Die finansiële jaar eindig 28 Februarie 2021 GEVRA: 3.1.1 Stel die Produksiekostestaat op. (14) 3.1.2 Bereken: • Bruto wins verdien met verkoop van hemde (5) • Winsopslag-% op hemde behaal (2) INLIGTING: A. Voorraad voorhande: 28 FEBRUARIE 2021 1 MAART 2020 Goedere-in-bewerking ? R230 000 400 hemde, gewaardeer deur 900 hemde teen R380 Klaarprodukte EIEU-metode te gebruik = R342 000 B. Die boekhouer het die koste hieronder bereken. Enkele foute is gemaak. Direkte materiaalkoste R1 575 000 Verkoop- en verspreidingskoste R385 000 Administrasiekoste R256 400 Direkte arbeidskoste ? Fabrieksbokoste R518 800 C. Foute en weglatings: • Betalings aan Quick Afleweraars, R75 000 vir vraggeld op grondstowwe, is foutiewelik aan verkoop- en verspreidingskoste toegeken. • Die volle versekeringsbedrag van R25 200 is na die Administrasiekoste-rekening oorgedra. Tweederdes (2/3) van hierdie uitgawe behoort aan die fabriek toegeken te word. • Die Fabriekbokoste-rekening het 'n bedrag van R117 600 vir water en elektrisiteit ingesluit. Die boekhouer het hierdie uitgawe foutiewelik aan fabriek, administrasie en verkoop-en-verspreiding in die verhouding 6 : 3 : 1 verdeel. Die korrekte verhouding is 5 : 4 : 1 D. Primêre koste: R2 550 000 (na aansuiwerings) E. Produksie en verkope vir die jaar: • 7 600 hemde is teen 'n eenheidskoste van R420 elk gemaak. • 8 100 hemde is vir R4 860 000 verkoop. 61
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 3.2 LEATHER VERVAARDIGERS Tello Andrews is die eienaar van Leather Vervaardigers. Hulle vervaardig leerbeursies en -baadjies. Die finansiële jaar eindig elke jaar op 28/29 Februarie. GEVRA: BEURSIES 3.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir beursies vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. (4) 3.2.2 Lewer kommentaar op die vlak van produksie bereik en die gelykbreekpunt vir beursies vir 2021. Haal syfers aan. (4) 3.2.3 Behalwe inflasie en loonverhogings, gee TWEE ander moontlike redes vir die toename in die direkte arbeidskoste per eenheid vir beursies. (4) 3.2.4 Gee TWEE redes vir die vermindering in die direkte materiaalkoste per eenheid vir beursies. (2) BAADJIES 3.2.5 Alhoewel Tello daarvan bewus was dat die invoer van leer vir die baadjies die direkte materiaalkoste per eenheid sou verhoog, het hy gedink dat dit die kwaliteit van die baadjies sou verhoog. • Verduidelik waarom die direkte materiaalkoste per eenheid vir baadjies waarskynlik sou verhoog indien grondstowwe ingevoer sou word. Noem TWEE punte. (2) • Verskaf syfers om te bewys dat Tello reg was oor die uitwerking wat hierdie besluit op die koste van die baadjies sou hê. (2) 3.2.6 Bereken die % toename in die verkoopprys van baadjies. (3) 3.2.7 Verduidelik die impak van die toename in die verkoopprys van baadjies op die verkope en wins. Haal syfers of berekeninge aan. (4) 3.2.8 Tello wil die wins op baadjies met 'n addisionele R250 000 in die volgende finansiële jaar verhoog. Neem aan dat die kostestruktuur dieselfde bly en bereken die totale getal addisionele eenhede wat hy moet vervaardig om hierdie doelwit te bereik. (4) INLIGTING: BEURSIES BAADJIES 2021 2020 2021 2020 Direkte materiaalkoste per eenheid R100 R125 R360 R180 Direkte arbeidskoste per eenheid R135 R105 R280 R240 Verkoop- en verspreidingskoste per eenheid R20 R30 R60 R45 Totale veranderlike koste per eenheid R255 R260 R700 R465 Totale vaste koste R936 000 R836 000 R1 706 250 R2 000 000 Getal eenhede vervaardig en verkoop 24 000 22 000 3 750 5 000 Gelykbreek- getal eenhede ? 20 900 3 631 6 350 Verkoopprys per eenheid R295 R300 R1 170 R780 50 62
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 4 KOSTEREKENINGKUNDE (35 punte; 25 minute) (Vr 2, SS Junie 2021) 4.1 Kies 'n kostekategorie uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.4 F. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 Kommissie aan verkoopspersone A fabrieksbokoste 4.1.2 Lone van fabrieksonderhoud- personeel B administrasiekoste 4.1.3 Kantoorskryfbehoefte-uitgawes C direkte arbeidskoste D direkte materiaalkoste E verkoop- en verspreidingskoste (3 x 1) (3) 4.2 MEISIES-UITRUSTERS Die onderneming vervaardig klereprodukte. Die eienaar is Minnie Zitha. Die inligting het betrekking op skoolrokke wat een van die produkte is wat hulle vervaardig. Rokke word volgens bestellings ontvang, vervaardig en daar is geen goedere-in-bewerking nie. Die finansiële jaar het op 30 April 2021 geëindig. GEVRA: 4.2.1 Verwys na Inligting D. Voltooi die Fabrieksbokoste-nota vir die skoolrokke. (10) 4.2.2 Bereken die totale koste van produksie van skoolrokke vervaardig (4) 4.2.3 Minnie is bekommerd oor die vermorsing van materiaal in die kleremaakafdeling. Bereken die koste van hierdie vermorsing aan die besigheid. (5) 4.2.4 Die interne ouditeur het sy bekommernis oor die direkte arbeidskoste vir die skoolrokke uitgespreek. • Verduidelik die probleem wat die ouditeur bekommer. Haal syfers aan. (3) • Noem TWEE moontlike oorsake van hierdie probleem. (2) 4.2.5 Verskaf 'n berekening om te bewys dat die gelykbreekpunt vir die huidige finansiële jaar 17 000 eenhede is. (3) 4.2.6 Lewer kommentaar op die vlak van produksie bereik en die gelykbreekpunt hierbo bereken. Haal syfers aan. (2) 4.2.7 Bereken die ekstra wins wat verdien sal word as 'n addisionele 500 rokke gemaak en verkoop word. Aanvaar dat alle koste onveranderd is. (3) INLIGTING: A. Grondstofvoorraad (kledingstof gebruik om die rokke te maak): Kledingstof word aan die fabriek uitgereik deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. EENHEDE KOSTE TOTALE (meters) per meter KOSTE Voorraad kledingstof op 1 Mei 2020 9 000 R14,20 R127 800 Kledingstof gedurende die jaar 33 000 R17,00 R561 000 aangekoop 42 000 R688 800 Kledingstof aan die fabriek uitgereik 29 000 R16,40 R475 600 63
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Produksie en verkope: • Die vervaardiging van een rok benodig 1,6 meter kledingstof. • 17 800 rokke is gedurende die finansiële jaar gemaak en teen R75 per rok verkoop. C. Direkte arbeidskoste vir die jaar: URE PER WERKERS TARIEF TOTAAL WERKER Basiese loon (gewone tyd)* 8 1 250 R25 R250 000 Totale oortyd gewerk 8 720 R45 R259 200 Totale werkgewersbydrae R26 250 TOTAAL 1 970 R535 450 *Gewone tyd bestaan uit 'n 5 dag-week van 8 uur per dag. Die fabriek is vir 46 weke elke jaar in bedryf. D. Fabrieksbokoste: Die volgende koste is geneem uit die rekords op 30 April 2021: Fabriekshuur-uitgawe R122 400 Water en elektrisiteit 81 600 Versekering op fabriekstoerusting 20 720 Salaris van die kleremaak-toesighouer 76 960 Afleweringsuitgawes 36 800 Lone van skoonmakers 155 760 Waardevermindering: kleremaakmasjiene 30 300 Diverse fabrieksuitgawes (kleremaakafdeling) 10 670 • Fabriekshuur word verdeel volgens vloerspasie gebruik. Die kleremaakafdeling gebruik 320 m2 van die totale fabrieksruimte van 1 280 m2. • 15% van die totale water-en-elektrisiteitrekening moet aan die kleremaakafdeling toegeken word. • Versekering op fabriekstoerusting is tot 30 Junie 2021 betaal. Kleremaaktoerusting beloop ⅓ van die totale fabriekstoerusting. • Slegs een van die ses skoonmakers, Susan, is aan die kleremaakafdeling toegeken. Susan verdien 10% minder as die ander vyf skoonmakers. E. Addisionele inligting met betrekking tot die kleremaakafdeling: • Totale veranderlike koste het R1 094 700 (R61,50 per eenheid) beloop • Vaste koste, wat uit fabrieksbokoste en administrasiekoste bestaan, was R229 500 in totaal. 35 64
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 5 VERVAARDIGING (45 punte; 35 minute) (Vr 1, Sep 2021 / Nov 2020(1)) 5.1 Kies die koste-item in die lys verskaf wat by die voorbeeld hieronder pas. Skryf slegs die koste-item langs die vraagnommers (5.1.1 tot 5.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. indirekte arbeid; direkte arbeid; direkte materiaal; indirekte materiaal 5.1.1 Skoonmaakmiddels wat in die fabriek gebruik word 5.1.2 Salaris van die fabrieksvoorman 5.1.3 Koste van die grondstowwe wat in die produksieproses gebruik word (3 x 1 ) (3) 5.2 AFRESH CREATIONS Afresh Creations vervaardig een tipe badhanddoek. Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2020 geëindig. GEVRA: 5.2.1 Bereken die direkte materiaalkoste. (4) 5.2.2 Stel die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2020. (18) 5.2.3 Verwys na Inligting C Normale tyd vir alle werkers is 40 ure per week. Die inligting wat in James se werkkaart vir die laaste week verskaf is, is 'n aanduiding van sy teenwoordigheid gedurende die finansiële jaar. Identifiseer TWEE bekommernisse oor die situasie hierbo. Verskaf ook EEN voorstel om die bekommernisse wat geïdentifiseer is, te hanteer. (6) INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s: 29 FEBRUARIE 2020 1 MAART 2019 Grondstofvoorraad R 314 500 R 115 200 Goedere-in-bewerkingvoorraad ? 53 500 B. Uittreksel uit die rekords op 29 Februarie 2020: (Sien Inligting C vir aansuiwerings.) Grondstowwe op krediet aangekoop R 738 900 Beskadigde grondstowwe aan verskaffers teruggestuur 15 300 Fabrieksbokoste 322 100 Produksielone (direkte arbeid) 598 750 C. Addisionele inligting: • Een werker, James, is uit die Produksieloonregister weggelaat. Besonderhede in sy werkkaart vir die laaste week in Februarie 2020 is soos volg: Ure gewerk Normale tarief Oortydure Oortydtarief 30 R120 5 R180 Totale werkgewersbydrae beloop 10% van die bruto loon. • Versekering van R15 880 is foutiewelik uit fabrieksbokoste uitgelaat. Dit sluit 'n premie van R2 220 in wat vir die tydperk 1 Januarie 2020 tot 30 Junie 2020 betaal is. Hierdie uitgawe moet tussen die fabriek en die verkoopsafdeling in die verhouding 3 : 1 verdeel word. • Die boekhouer het R39 600 (75%) van die skoonmakers se lone by die fabrieksbokoste ingesluit. Slegs 2/3 van hierdie uitgawe moet aan die fabriek toegeken word. 65
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas D. Die onderneming het gedurende die finansiële jaar 22 500 handdoeke, teen R60 per eenheid, vervaardig. 5.3 FRAGRANCE VERVAARDIGERS Hierdie onderneming vervaardig parfuum en sjampoe. Die eienaar, Marie Klasen, het die winste wat sy die afgelope twee jaar (2019 en 2020) verdien het, vergelyk. GEVRA: 5.3.1 Identifiseer EEN veranderlike koste van elke produk wat nie goed beheer is nie. Let daarop dat die inflasiekoers 6% is. Haal syfers aan. In elke geval, verskaf 'n oplossing vir die probleem geïdentifiseer. (6) 5.3.2 Verskaf 'n berekening om te bewys dat die gelykbreekpunt van 26 250 eenhede vir parfuum in 2020 korrek is. (4) 5.3.3 Lewer kommentaar op die gelykbreekpunt en vlak van produksie van parfuum. Noem TWEE punte met syfers. (4) INLIGTING: A. EENHEIDSKOSTE EN VERKOOPPRYSE PARFUUM SJAMPOE (Eenheidskoste) (Eenheidskoste) 2020 2019 2020 2019 R R R R VASTE KOSTE 36,75 30,00 18,48 22,00 Fabrieksbokoste Administrasiekoste VERANDERLIKE KOSTE 108,00 88,00 50,00 38,50 Direkte materiaalkoste 50,00 48,00 25,00 15,00 Direkte arbeidskoste 40,00 30,00 18,00 17,00 Verkoops- en verspreidingskoste 18,00 10,00 7,00 6,50 VERKOOPPRYS 150,00 140,00 90,00 80,00 B. EENHEDE EN GELYKBREEKPUNT Totale eenhede geproduseer en 30 000 35 000 12 500 10 000 verkoop Gelykbreekpunt (eenhede) 26 250 20 200 5 775 5 300 45 Aktiwiteit 1-5 Vervaardiging https://wcedeportal.co.za/eresource/213036 66
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas REKONSILIASIES / VERSOENINGS  BANKVERSOENING Basiese begrippe Bankstaat (BS) | bankversoeningstaat (BVS) | elektroniese fondsoordrag (EFO) | vooruitgedateerde EFO uitstaande deposito | uitstaande EFO | voordele van EFO’s Bank (grootboekrek.): gunstige (Dt) vs ongunstige (oortrokke) bankrekeningsaldo’s (Kt) Bankstaat: gunstige (Kt) vs ongunstige (oortrokke) bankstaatsaldo’s (Dt) ‘REËLS’ vir die rekonsiliasieproses: ITEM PROSEDURE / REËL(S) 1. EFO gemaak (betalings) Teken aan in KBJ 2. Direkte deposito’s / EFO’s ontvang Teken aan in KOJ 3. Uitstaande/Laat deposito (in KOJ; nog nie in BS) Toon in BVS (as uitstaande deposito) 4. Uitstaande/Vooruitgedateerde EFO’s (in KBJ, nog nie in BS) Toon in BVS (as uitstaande EFO’s) 5. Foute op EFO’s gemaak (foutiewe bedrag en/of begunstigde) Boekhouer moet bank in kennis stel en laat kanselleer; (kanselleer) Terugskrywing in KOJ (LW: Die foutiewe begunstigde moet eers terugbetaal, voordat KOJ-inskrywing gemaak kan word) 6. Bankkoste-items gedebiteer op BS Teken aan in KBJ as EEN totaal 7. Rente op krediet(gunstige) saldo verdien (krediet op BS) Teken aan in KOJ 8. Rente op oortrokke bank (debiet op BS) Teken aan in KBJ 9. Debiet- en aftrekorders (betalings in BS) Teken aan in KBJ 10. Onttrek kontant uit besigheid se bankrek. Teken aan in KBJ (per debiet- en/of kredietkaart vir bv lone. kleinkas, ens.) 11. Debiet- en/of kredietkaartbetalings (in plaas van EFO’s) aan Teken aan in KBJ (in dies. maand as die betaling) verskaffers en/of by betaalpunte 12. Foute in KBJ (EFO te veel / te min ingeskryf en oorgeboek) Te veel: Toon verskil in KOJ; Te min: Toon verskil in KBJ 13. Bankfoute (verskyn op BS) Toon dit BVS (Bank sal regstelling(s) op volgende BS toon) 14. Bedrog of nalatigheid Transaksie/regstelling word bepaal deur die tipe bedrog of nalatigheid Formaat van Bankversoeningstaat (BVS) Dt Kt Saldo volgens bankstaat ongunstig gunstig 'Nuwe' saldo UIT die Kt uitstaande deposito’s X opgedateerde Dt uitstaande EFO’s: 1 X Bankrekening in die 2 X grootboek Dt of Kt regstel van fout(e) Saldo volgens bankrekening gunstig ongunstig Kolomtotaal* Kolomtotaal* *Kolomtotale moet DIESELFDE wees. Dt Formaat vir BANKrekening Kt Saldo a/b (gunstig) OF Saldo a/b (ongunstig) ‘Nuwe’ berekende Totale ontvangste KOJ Totale betalings KBJ bankrekeningsaldo Saldo o/d (Kt – Dt) (ongunstig) OF Saldo o/d (Dt – Kt) (gunstig) TOTAAL TOTAAL Saldo a/b (Dt – Kt) (gunstig) OF Saldo a/b (Kt – Dt) (ongunstig) EKSAMENWENKE • EFO’s (vooruitgedateer) uitgereik aan die einde van ‘n finansiële jaar ▪ In die Staat van Fin Posisie: TEL BY Bank (Dt) en TEL BY Handel & ander betaalbares (Krediteure) OF TREK AF van Oortrokke Bank en TEL BY Handel & ander betaalbares (Krediteure) • AARP-beginsel by die afskryf van verlies: Omsigtigheid (as deposito verdwyn het of beroof is in transito) • Interne beheer om bedrog/nalatigheid te vermy: Verdeling van pligte (een persoon ontvang kontant en ‘n tweede (senior) persoon maak seker dat ALLE kontant daagliks gedeponeer word); SMSe vanaf bank vir alle transaksies; ens. Etiek (lewer kommentaar op onetiese gedrag) Oorrol van kontant (kontant geneem en dan word deposito’s eers teen die einde van ‘n maand gemaak) EFO’s gemaak sonder ondersteunende dokumentasie 67
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas DEBITEUREVERSOENING Basiese begrippe debiteure- ouderdomsontleding | debiteurekontrolerekening | debiteurelys | oninbare skulde | oninbare skulde ingevorder | rente op agterstallige rekeninge Versoening: Saldo van Debiteurekontrole MOET dieselfde wees as die eindtotaal van die Debiteurelys Debiteure se rekeningkundige siklus Faktuur (DJ) Kredietnota (DAJ) Kwitansie (KOJ) Kleinkasbewyse (KKJ) Joernaalbewyse (AJ) Verkoop op krediet Goedere deur Debiteure betaal hul Klein betalings namens Foutiewe inskrywings debiteure teruggestuur skuld debiteure(e) gemaak reggestel Dt Debiteurekontrole Kt Saldo a/b (begin) Bank en Korting KOJ Verkope DJ Debiteure-afslag DAJ Kleinkas KKJ Joernaalkrediete AJ Joernaaldebiete AJ Saldo o/d (einde) Debiteure Grootboek Fol DT KT Saldo Saldo a/b **** Faktuur DJ *** + Kwitansies KOJ *** - Korting toegestaan KOJ *** - Kredietnota DAJ *** - Joernaaldebiete AJ *** + Joernaalkrediete AJ *** - Hoe om te versoen/rekonsilieer ▪ Geen inskrywing in boeke: stel fout reg in kontrolerekening en op lys ▪ Fout op brondokument: herstel fout in kontrolerekening en op lys ▪ Oorgeboek na verkeerde debiteur se rekening: stel fout reg op lys ▪ Totale in joernale is foutief: stel fout reg in kontrolerekening Interne beheer ▪ Kontroleer kredietwaardigheid / Beperk oninbare skulde deur deeglike agtergrond ondersoek te doen ▪ Elke debiteur moet sy individuele rekening hê ▪ Korrekte / Volledige rekords moet gehou word ▪ Stuur gereelde state / SMSse / eposse ▪ Gee kortings vir tydige/stiptelike betalings ▪ Hef rente op oortrokke rekeninge / Oorhandig aan invorderaars/prokureurs DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE TWEE belangrike items om in ag te neem wanneer debiteure/krediteure ontleed word: - Kredietterme; - Kredietlimiete ▪ Hierdie analise verskaf besonderhede van bedrae deur debiteure verskuldig en vir hoe lank. ▪ Kredietterme: Meeste ondernemings gee debiteure 30 dae om skuld te betaal (faktuur- of staatbasis). ▪ Staatbasis beteken 30 dae van die datum van die rekeningstaat 68
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas KREDITEURE-VERSOENING Basiese begrippe Krediteurekontrolerekening | krediteurelys | rente op oortrokke rekening Versoening: Krediteurekontrole-saldo MOET gelyk wees aan die Krediteurelystotaal (einde van ‘n maand) & Krediteure-grootboekrekening MOET ooereenstem met die maand-/rekeningstaat ontvang van die krediteure Verstaan die Krediteure se rekeningkundige siklus Brondokumente en die effek daarvan op Krediteurekontrole(KK) en maandstaat (KMS) Dokument Faktuur (KJ) Debietnota (KAJ) EFO gemaak (KBJ) Rede vir die Op krediet gekoop Goedere aan krediteure Betaling aan krediteur dokument teruggestuur (kan korting ontvang) Effek op KK en Tel by KK (kt) Trek af van KK (dt) Trek af van KK (dt) KMS Tel by KMS (dt) Tel by KMS (kt) Trek af van KMS (kt) Interne beheer 1. Besluite oor: ▪ Kan verskaffer goedere op gereelde basis lewer ▪ Gee verskaffer handelskorting vir grootmaat aankope ▪ Betalingsvoorwaardes ▪ Gee verskaffer kontantkortings vir vroeë betalings 2. Alle items ontvang – korrekte dokumente: ▪ Kontroleer dat goedere ontvang wel ooreenstem met faktuur by aflewering ▪ Kontroleer dat items nie beskadig is nie ▪ Indien beskadig, stuur dit terug aan verskaffer saam met debietnota ▪ Indien probleme gereeld opduik, soek alternatiewe verskaffer BANKVERSOENING (geen tjeks) AKTIWITEIT 1: BANKVERSOENING (16 punte; 20 minute) (Vr 1.3, NSS Maart 2017, aangepas) Die volgende inligting het betrekking op Sizwe Handelaars vir Julie 2016. GEVRA: 1.1 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening in die Algemene Grootboek op 31 Julie 2016. Noem of hierdie saldo gunstig of ongunstig is. (8) 1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Julie 2016 op. (6) 1.3 Verwys na INLIGTING D Verduidelik EEN interne beheermaatreël wat die onderneming behoort in te stel om te verseker dat dit nie in die toekoms weer gebeur nie. (2) 69
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2016: Gunstige saldo volgens bankstaat R42 555 Uitstaande deposito: (gedateer 11 Junie 2016) R37 800 Uitstaande EFO: Nr. 305 (gedateer 3 Augustus 2016) R8 400 B. Die saldo in die BANKREKENING was voorlopig bereken as ‘n gunstige saldo van R16 785 op 31 Julie 2016, voordat die items hieronder in ag geneem is: C. Die volgende items het slegs op Julie se BANKSTAAT verskyn: Rente op gunstige banksaldo verdien, R285 Bankkoste, R950 Ongeïdentifiseerde debietorder van R1 950. Die bank het aangedui dat hulle die fout sal korrigeer in Augustus 2016 se bankstaat. D. EFO No. 374 het korrek as R8 450 in die Bankstaat verskyn. Die Kontantjoernaal toon die EFO as R4 850. E. Die uitstaande deposito van R37 800 het nie in Julie se bankstaat verskyn nie. By nadere ondersoek is vasgestel dat hierdie geld nooit gedeponeer is nie. Die kassiere het ook oornag verdwyn. F. Die volgende inskrywings was slegs in die kontantjoernale vir Julie 2016: Deposito, R27 180 gemaak op 31 Julie 2016 EFO No. 401 (gedateer 18 Augustus 2016), R18 600 G. Die Bankstaat se saldo op 31 Julie 2016 is die balanserende bedrag. 16 AKTIWITEIT 2: BANKVERSOENING EN INTERNE BEHEER (30 punte; 25 minute) (Vr1, Nov 2017, aangepas) 2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommer (2.1.1–2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 ‘n Gunstige saldo op die bankstaat word as 'n debiet in die versoeningstaat aangedui. 2.1.2 ‘n Vooruitgedateerde EFO gemaak, moet op die datum waarop dit gegenereer is, ingeskryf word. 2.1.3 ‘n Fout op die bankstaat word in die bankversoeningstaat gekorrigeer. (3 x 1) (3) 70
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 2.2 MENZIES HANDELAARS Die inligting gegee het betrekking op Menzies Handelaars vir Junie 2017. GEVRA: 2.2.1 Bereken die volgende op 30 Junie 2017: • Korrekte totale vir die KOJ en KBJ • Bankrekeningsaldo (14) 2.2.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2017. (9) 2.2.3 Verduidelik die probleem met betrekking tot deposito's. Haal bewyse aan. Verduidelik TWEE strategieë om dit in die toekoms te voorkom. (4) INLIGTING: A. Die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2017 toon die volgende: Ongunstige saldo op die Bankstaat R1 450 Uitstaande deposito’s: • 17 Mei 2017 30 000 • 31 Mei 2017 16 200 Uitstaande EFO’s: • 812 (gedateer 5 Junie 2017) 8 550 • 816 (gedateer 12 Junie 2017) 13 590 • 819 (gedateer 15 Augustus 2017) 7 650 • 823 (gedateer 31 Mei 2017) 2 900 Gunstige saldo op die Bankrekening in die Grootboek R12 060 B. Voorlopige kontantjoernaaltotale op 30 Junie 2017: • Kontantontvangstejoernaal: R90 500 • Kontantbetalingsjoernaal: R85 920 C. Inskrywings in die kontantjoernale vir Junie 2017 wat nie met die Junie-bankstaat ooreenstem nie: JOERNAAL DOKUMENT DATUM BESONDER- BEDRAG HEDE EFO 850 11 Paintco R5 500 KOJ Deposito- 25 Kontantverkope R40 500 strokie 451 LET WEL: EFO 850 is foutiewelik in die KOJ in plaas van die KBJ. JOERNAAL DOKUMENT DATUM BESONDER- BEDRAG HEDE EFO 870 25 VN Bpk. R16 800 KBJ EFO 871 30 SJ Winkels R2 250 71
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas D. Items op die Bankstaat gedateer 30 Junie 2017 wat nie met Junie se kontant- joernale ooreenstem nie: DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET 02 Deposito (17/5) 30 000 05 EFO 812 8 550 09 Debietorder (versekering) 2 290 11 Direkte oordrag aan Paintco (EFO 850) 5 500 12 EFO 816 13 590 16 Deposito (31/5) 16 200 18 Direkte oordrag van S. Smit (huur) 16 500 22 EFO 823 (sien nota hieronder) 9 200 Direkte deposito van B. Blast 23 750 (Debiteur wat sy skuld van R795 vereffen) 24 Diensgeld 1 220 LET WEL: EFO 823: Bankstaatsyfer is korrek. Diensgeld is R900 te veel getoon. Die bank sal die probleem in die volgende maand regstel. E. Die Bankstaat op 30 Junie 2017 het ‘n saldo van R? getoon. 30 AKTIWITEIT 3: BANKVERSOENING (20 punte; 15 minute) (Vr 1.3, Mei/Junie 2019, aangepas) Die volgende inligting het betrekking op Thandeka Handelaars vir Mei 2019. GEVRA: 3.1 Bereken die korrekte Bankrekeningsaldo op 31 Mei 2019. Dui aan of dit gunstig of ongunstig is. (8) 3.2 Stel die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2019 op. Die bankstaatsaldo is die ontbrekende syfer. (8) 3.3 Verwys na Inligting B(iii). Noem TWEE interne beheermaatreëls wat die onderneming kan gebruik om te verseker dat dit nie weer in die toekoms sal gebeur nie. (4) INLIGTING: A. Voordat die bankstaat ontvang is, het die Bankrekening op 31 Mei 2019 'n gunstige saldo van R19 400 getoon. 72
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 30 April 2019: Uitstaande deposito (gedateer 23 April 2019): R31 560 Uitstaande betalings: EFO (elektroniese fondsoordrag) R15 400 EFO 705 (gedateer 30 Junie 2019) R9 450 LET WEL: (i) Die EFO-betaling van R15 400 verskyn in die Mei-Bankstaat. (ii) Die uitstaande deposito van R31 560 verskyn nie in die Mei-Bankstaat. 'n Ondersoek toon dat dit kontant is wat deur 'n debiteur betaal is en nooit gedeponeer is nie. Die bedrag moet afgeskryf word C. Die volgende items moet ook in berekening gebring word: c (i) Items wat in die Mei-Bankstaat verskyn, maar nie in die joernale nie: • Bankkoste, R1 060 • ‘n Deposito van R4 500 deur ‘n ander onderneming gemaak. Die bank sal hierdie fout in Junie 2019 regstel. • Rente op gunstige saldo, R313 (ii) Items wat in die joernale verskyn, maar nie in die Mei-Bankstaat nie: • ‘n Deposito van R21 343 wat op 31 Mei 2019 gemaak is • EFO 797 (gedateer 15 Junie 2019), R14 350 (iii) ‘n EFO-betaling het korrek as R5 678 in die bankstaat verskyn. Die kontantjoernaal toon hierdie EFO as R6 578. 20 AKTIWITEIT 4: BANKVERSOENING (30 punte; 20 minute) (Vr 2, Nov 2019) Die inligting het betrekking op Klonex Handelaars. GEVRA: 4.1 Die eienaar, Ben Joseph, besef dat baie mense nou elektroniese fondsoordragte (EFO’s) in plaas van tjeks gebruik. 4.1.1 Noem DRIE voordele van EFO’s. (3) 4.1.2 Janet, die boekhouer, het die taak gekry om alle EFO’s te verwerk en te beheer. Verduidelik TWEE redes waarom die interne ouditeur hieroor bekommerd is. (4) 4.2 Toon veranderinge in die Kontantjoernale vir Junie 2019. (10) 4.3 Bereken die korrekte Bankrekeningsaldo op 30 Junie 2019. (4) 4.4 Stel die Bankversoeningstaat op 30 Junie 2019 op. (9) 73
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Uittreksel: Bankversoeningstaat op 31 Mei 2019 Uitstaande deposito R9 500 Uitstaande EFO’s Nr. Datum 444 27 Julie 2019 R4 670 516 28 Mei 2019 R7 950 Gunstige Bankrekeningsaldo R9 200 LET WEL: • Die uitstaande deposito het op die Junie-bankstaat verskyn. • EFO 444 het nie op die Junie-bankstaat verskyn nie. • EFO 516 het op Junie se bankstaat met die korrekte bedrag van R5 250 verskyn. B. Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 30 Junie 2019 voordat die Bankstaat ontvang is: • Kontantontvangstejoernaal: R30 370 • Kontantbetalingsjoernaal: R33 600 C. Inskrywings in die Kontantjoernale wat NIE op die Junie-bankstaat verskyn nie: • Deposito, R9 675 • EFO 526 (30 Junie 2019), R3 800 • EFO 527 (12 Augustus 2019), R4 580 D. Inskrywings op die Junie 2019-bankstaat NIE in die kontantjoernale: DATUM BESONDERHEDE R 15 Debietorder: Micro Versekeraars* 1 125 Debietorder: Micro Versekeraars* 1 125 25 M Malan (EFO deur huurder) 2 800 30 Rente inkomste 130 30 Diensgelde 175 *Versekering het foutiewelik twee keen verskyn. Dit sal volgende maand reggestel word. E. Bankstaatsaldo op 30 Junie 2019: …? 30 AKTIWITEIT 5 (BANKVERSOENING & INTERNE BEHEER) (27 punte; 21 minute) (Vr 2.2, SS 2020) Die inligting het betrekking op Plaston Handelaars vir April 2020. GEVRA 5.1 Toon die inskrywings wat in die Kontantjoernale aangeteken moet word. (10) 5.2 Bereken die Bankrekeningsaldo op 30 April 2020. (4) 5.3 Stel die Bankversoeningstaat op 30 April 2020 op. (7) 5.4 As die interne ouditeur, is jy nie gelukkig met die beheer van kontant in hierdie onderneming nie. • Verduidelik TWEE probleme om jou vermoede te bevestig. Haal syfers aan. • Gee raad oor hoe ELKE probleem in die toekom vermy kan word. (6) 74
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING A. Inligting uit die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2020 Ongunstige saldo volgens die Bankstaat R19 500 Deposito in Kontantjoernaal, maar nie in Maart 2020 se bankstaat 50 400 EFO’s in die KBJ Nr 615 22 500 Nr 690 11 850 Ongunstige saldo volgens die Bankrekening in die grootboek 350 LW: Die deposito het in die bankstaat op 3 April 2020 verskyn. EFO 690 het korrek in April se Bankstaat op 2 April 2020 as R14 550 verskyn. B Voorlopige Kontantjoernaaltotale op 30 April 2020 voordat April se Bankstaat per epos van die bank ontvang is: • Kontantontvangstejoernaal (KOJ): R65 570 • Kontantbetalingsjoernaal (KBJ): R64 790 C. Inligting in April 2020 se Bankstaat wat nie in die April-kontantjoernale verskyn het nie Debiet Krediet EFO (Z. Nkosi – huurder) R31 350 Debietorder (Quick Versekeraars) R9 750 EFO (X GlassFit – herstel van winkelvensters) R2 975 Rente 150 Internetbankfooie 800 Internetbankfooie 800 LW: Die bank het foutiewelik die internetbankfooie gedupliseer. Dit sal in Mei 2020 reggestel word. D. Deposito inskrywings in April se KOJ wat nie met die April-bankstaat ooreenstem nie: • R27 750 op 28 April 2020 • R44 000 op 29 April 2020. Die Bankstaat toon dit as R33 500. ‘n Ondersoek het getoon dat die kontantstrokies se totaal wel R44 000 IS, maar dat slegs R33 500 gedeponeer is. Die tekort kan nie opgespoor word nie en moet afgeskryf word. E. Inskrywings in April se KBJ wat nie in April se Bankstaat verskyn het nie: • EFO 880 (PNP Verskaffers) 29 April, R8 600 • EFO 889 (P. Sithole - eienaar, vir persoonlike gebruik) op 30 April, R7 300 F. Bankstaatsaldo op 30 April 2020 is die balanserende syfer. 27 Aktiwiteit 1-5 Bankversoening https://wcedeportal.co.za/eresource/213041 75
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas DEBITEUREKONTROLE AKTIWITEIT 1: DEBITEURE-OUDERDOMSANALISE (8 punte; 7 minute) (Vr 2.3; SS 2020) Die inligting het op Tonga Hardeware betrekking. GEVRA: 1.1 Verduidelik hoe die Debiteure-ouderdomsanalise die onderneming kan ondersteun om debiteure meer doeltreffend te bestuur. (2) 1.2 Verduidelik TWEE aparte probleme wat deur die ouderdomsanalise uitgelig word. Verskaf bewyse vir ELKEEN. (4) 1.3 Noem TWEE strategieë wat Tonga Hardeware kan gebruik om te verseker dat krediet slegs aan betroubare aansoekers toegestaan word. (2) INLIGTING: A. Debiteure kry 30 dae om hulle rekeninge te vereffen. B. Debiteure-ouderdomsanalise op 29 Februarie 2020: CREDIT BEDRAG HUIDIGE 30 60 90 DEBITEURE LIMIT VERSKULDIG BEDRAG DAE DAE DAE N Nene 9 000 7 500 3 150 4 350 P Palm 5 250 6 300 5 700 600 D Duma 10 500 2 175 750 1 425 S Swart 19 500 18 750 1 500 4 500 6 750 6 000 44 250 34 725 11 100 9 450 6 750 7 425 8 AKTIWITEIT 2: DEBITEURE' OUDERDOMSANALISE & INTERNE BEHEER (8 punte; 10 minute) (Vr 1.1; Feb/Maart 2018) Die inligting hieronder het op Witbank Hardeware betrekking. GEVRA: 2.1 Verduidelik waarom die debiteure-ouderdomsanalise as 'n doeltreffende interne beheer- maatreël beskou word. Noem EEN punt.. (2) 2.2 Verduidelik TWEE verskillende probleme wat deur die debiteure-ouderdomsanalise uitgelig word. Verskaf in ELKE geval die naam van 'n debiteur en syfer(s). (6) INLIGTING: A. Debiteure word 30 dae gegun om hulle rekeninge te vereffen. B. Debiteure- ouderdomsanalise op 31 Oktober 2017: KREDIET- BEDRAG HUIDIGE DEBITEURE 30 DAE 60 DAE 90 DAE LIMIET VERSKULDIG BEDRAG Z Zulu 6 000 5 000 2 100 2 900 P Botha 3 500 4 200 3 800 400 M Valley 7 000 1 450 500 950 S Walker 13 000 12 500 1 000 3 000 4 500 4 000 O Klein 3 000 3 000 1 900 1 100 26 150 9 300 6 300 5 600 4 950 100% 36% 24% 21% 19% 8 76
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 3: DEBITEUREVERSOENING & OUDERDOMSANALISE (27 punte; 20 minute) (Vr 2, NSS Nov 2020 (1) / Sep 2021) Die inligting het betrekking op Mamela Handelaars vir September 2020. GEVRA: 3.1 Bereken die korrekte Debiteurekontrole-saldo op 30 September 2020. Toon syfers en dui 'n '+', '–' of 'geen verandering' by elke aansuiwering aan. (8) 3.2 Bereken die korrekte totaal van die Debiteurelys op 30 September 2020. (11) 3.3 Ten spyte daarvan dat die maandelikse state betyds uitgestuur is, het die rekenmeester opgemerk dat die nie effektief was om die invorderings te verbeter nie. • Verwys na Inligting C. Bereken die % debiteure wat nie aan die kredietterme voldoen nie. (4) • Verwys na Inligting A. Identifiseer EEN ander probleem met betrekking tot die beheer oor debiteure- (2) rekeninge. • Verskaf TWEE voorstelle om die probleme wat geïdentifiseer is, op te los. (2) INLIGTING: A. Saldo’s op 30 September 2020 voordat die foute en weglatings in ag geneem is: (i) Debiteurekontrole-saldo in die Algemene Grootboek, R100 310. (ii) Lys van debiteure-saldo’s: Kredietlimiet Saldo D. Dlamini R20 000 R27 000 G. Swardt 30 000 22 470 N. Nomandla 15 000 17 600 L. Vos 40 000 34 440 X. Meyer 10 000 (2 000) B. Foute en weglatings: (i) Die totaal van die Debiteurejoernaal is met R3 600 oorbereken. (ii) Geen inskrywing is gemaak vir 'n verkoopfaktuur vir R2 760 wat aan Vos uitgereik is nie. (iii) Rente van R230 moet op die agterstallige rekening van Swardt gehef word. (iv) Goedere teruggestuur deur Nomandla, R1 400, is aan die verkeerde kant van sy rekening in die Debiteuregrootboek aangeteken. Die inskrywing in die Algemene Grootboek was korrek. (v) Die bedrag van R6 300 van Dlamini ontvang, is foutief as R3 600 in die Kontantontvangstejoernaal aangeteken en is so na die Grootboekrekeninge oorgeboek. (vi) Meyer se saldo moet na sy rekening in die Krediteuregrootboek oorgedra word. C. Op 30 September 2020 het die Debiteure-ouderdomsanalise die volgende getoon: Huidige Saldo 30 dae 60 dae 90 dae maand R99 000 R15 420 R22 200 R44 500 R16 880 Kredietterme: Debiteure kry 30 dae om hul rekeninge te vereffen. 27 Aktiwiteit 1-3 Debiteureversoening https://wcedeportal.co.za/eresource/213046 77
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas KREDITEUREVERSOENING AKTIWITEIT 1: KREDITEUREVERSOENING (13 punte; 10 minute) (Vr 1.2, NSS Nov 2020 (2)) Ekasi Handelaars koop goedere op krediet by Thembeka Verskaffers. GEVRA: 1.1 Gebruik die tabel wat verskaf is om veranderinge aan te dui in die: • Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Ekasi Handelaars • Krediteureversoeningstaat op 30 April 2021 (9) 1.2 Verwys na Inligting C(c) oor Faktuur 395. Dit het aan die lig gekom dat die aankoopbestuurder, Bradley, hierdie goedere vir sy persoonlike spysenierings-onderneming geneem het. Die eienaar beskou Bradley as 'n gewaardeerde personeellid en beskou dit nie as diefstal nie. Wat behoort die eienaar aan Bradley oor hierdie insident te sê? Verduidelik TWEE punte. (4) INLIGTING A. Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Ekasi Handelaars THEMBEKA VERSKAFFERS (CL6) DEBIET KREDIET SALDO 2021 1 Saldo b/d R81 000 April 12 Faktuur 220 97 200 178 200 EFO 40 500 137 700 18 Debietnota 702 10 300 127 400 Faktuur 289 49 100 176 500 Faktuur 333 30 000 206 500 24 Debietnota 877 9 700 216 200 25 Joernaalbewys 585 6 400 209 800 31 EFO en korting 92 600 117 200 B. Rekeningstaat van Thembeka Verskaffers Ekasi Handelaars Krokodilweg 225 25 April 2021 DEBIET KREDIET SALDO 2021 1 Saldo R81 000 April 12 Faktuur 220 97 200 178 200 Kwitansie 742 40 500 137 700 18 Kredietnota 791 13 100 124 600 Faktuur 333 30 000 154 600 22 Faktuur 395 12 500 167 100 24 Kredietnota 888 9 700 157 400 78
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas C. Foute, weglatings en ander inligting: (a) Faktuur 289 is foutiewelik in die rekening van Thembeka Verskaffers in die Krediteuregrootboek aangeteken. Hierdie goedere is by Thami Verskaffers aangekoop. (b) Kredietnota 791 is foutiewelik op die rekeningstaat aangeteken. Dit hou verband met die korrekte inskrywing vir Debietnota 702 in die Krediteuregrootboek. (c) Faktuur 395 op die rekeningstaat was vir goedere wat deur Ekasi Handelaars bestel is. (d) Thembeka Verskaffers het ook goedere op skuld by Ekasi Handelaars gekoop. Ekasi Handelaars het 'n debietsaldo van die Debiteuregrootboek (Joernaalbewys 585) oorgedra. Thembeka Verskaffers sal dit op die volgende maandstaat insluit. (e) Die transaksie op 24 April 2021 is vir goedere wat aan Thembeka Verskaffers teruggestuur is. (f) Die rekeningstaat toon transaksies tot 25 April 2021. 13 AKTIWITEIT 2: KREDITEUREVERSOENING (20 punte; 15 minute) (Vr 1.2, SS Mei/Junie 2021) KHAYA WINKELS Peter Sithole is die eienaar van Khaya Winkels. Hulle koop goedere by PN Verskaffers op krediet. Die onderneming het 'n rekeningstaat vir Februarie 2021 ontvang. GEVRA: 2.1 Verwys na Inligting A, B en C. Gebruik die tabel wat verskaf is. Dui aan die veranderinge aan die Krediteuregrootboekrekening in die boeke van Khaya Winkels en die staat van PN Verskaffers aan om die foute en weglatings op 28 Februarie 2021 in berekening te bring. Dui + of – vir elke bedrag aan. (12) 2.2 Verwys na Inligting D. • Noem TWEE voordele van die gebruik van elektroniese fondsoordragte (EFO’s) vir betalings aan krediteur. (2) • Die interne ouditeur voel dat hierdie insident van bedrog nooit in hierdie onderneming moes plaasgevind het nie. - Verduidelik hoekom hy so voel. (2) - Verduidelik hoe dit verhoed kon gewees het. Noem TWEE punte. (4) 79
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING A. Krediteuregrootboek van Khaya Winkels PN VERSKAFFERS (KG8) DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO R R R 2021 1 Saldo 86 900 Feb. 5 Faktuur 353 18 800 105 700 7 Debietnota 72 600 105 100 13 EFO 428 22 800 82 300 Korting 1 140 81 160 14 Faktuur A417 6 100 87 260 16 Faktuur 390 11 800 99 060 23 Faktuur 401 8 900 107 960 24 EFO 676 12 000 95 960 25 Joernaalbewys 221 2 660 93 300 27 Faktuur 556 7 700 101 000 B. Rekeningstaat van PN Verskaffers ontvang Khaya Winkels Rhinostraat 228 25 Februarie 2021 DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO R R R 2021 1 Saldo 86 900 Feb. 5 Faktuur 353 10 800 97 700 7 Kredietnota 109 600 98 300 14 Kwitansie 632 22 800 75 500 16 Faktuur 390 12 980 88 480 23 Faktuur 401 8 900 97 380 24 Kwitansie 961 12 000 85 380 C. Foute, weglatings en ander inligting: (i) Faktuur 353 op 5 Februarie 2021 was korrek volgens die rekeningstaat. (ii) PN Verskaffers het 'n fout begaan tydens die boekstawing van die goedere teruggestuur op 7 Februarie 2021. (iii) Khaya Winkels het 'n korting met die EFO-betaling op 13 Februarie 2021 ingeskryf. PN Verskaffers het die onderneming in kennis gestel dat hulle nie vir hierdie korting kwalifiseer nie. (iv) Faktuur A417 in die Krediteuregrootboekrekening van PN Verskaffers was vir goedere aangekoop by LM Verskaffers. (v) Die handelskorting op Faktuur 390 is nie deur PN Verskaffers afgetrek nie. (vi) Die boekhouer het 'n debietsaldo van die Debiteure-grootboekrekening van PN Verskaffers (Joernaalbewys 221) na hulle rekening in die Krediteuregrootboek oorgedra. (vii) Die staat toon slegs inskrywings tot 24 Februarie 2021. 80
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas D. Tydens 'n interne oudit het die ouditeur die volgende rekening in die Krediteuregrootboek van Khaya Winkels opgemerk: EXCESS HANDELAARS KG 24 DATUM BESONDERHEDE DEBIET KREDIET SALDO 2021 20 Faktuur 11334 R120 000 R120 000 Feb. 22 EFO R120 000 R0 Dit het aan die lig gekom dat 'n EFO-betaling van R120 000 aan Frank Adams, die alleeneienaar van Excess Handelaars, gemaak is. Verdere ondersoek deur die interne ouditeur het onthul dat hierdie onderneming nie operasioneel is nie en dat Frank Adams 'n naasbestaande van die rekenmeester van Khaya Winkels is. 20 Aktiwiteit 1-2 Krediteureversoening https://wcedeportal.co.za/eresource/213051 81
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas BEGROTINGS Basiese begrippe begroting | voorspelling | kontantbegroting | geprojekteerde staat van omvattende inkomste (of geprojekteerde inkomstestaat) | begrote (of geprojekteerde) syfers (bedrae) | werklike syfers | begrotingsperiode | debiteure- invorderingskedule | krediteure-betalingskedule | kontant van debiteure | betalings aan krediteure | kontantverkope kredietverkope | kontantaankope | kredietaankope | kontantoorskot | kontanttekort Debiteure-invorderingskedule - Hierdie skedule is gebaseer op kredietverkope alleenlik - Kan gevra word om eers totale verkope te bereken en dan terug te werk na kredietverkope bv. AS kontantverkope 80% is, sal totale verkope bereken word as: kontantverkope x 100/80 Kredietverkope is dus 20% van totale verkope OF Totale verkope min kontantverkope NB: ALTERNATIEWE berekening om tyd te spaar: Kredietverkope = Kontantverkope x 20 /80 - ONTHOU om die KOLOMTOTALE van die debiteure-invorderings- en krediteurebetalingskedules te bepaal Kontantbegroting - Daar sal nie van jou verwag word om 'n volledige kontantbegroting op te stel nie, maar jy sal 'n kontant- begroting moet kan ontleed en sekere berekeninge kan doen. - Doen SLEGS berekeninge wat gevra word. - Ontvangste van debiteure-bedrag word in die debiteure-invorderingskedule bereken. - Betalings aan krediteure: bedrae kan direk in die begroting of in ‘n Krediteure-betalingskedule bereken word. - ONTHOU: Aankope se bedrae IS die Koste van verkope (kontant of krediet) indien aankope nie direk gegee word nie. - Enige tekort (waar betalings meer is as ontvangste) moet tussen hakies getoon word (xx) en moet van die Bank se beginsaldo (debiet of gunstig) afgetrek word. - Eerste maand se eindsaldo is ALTYD die tweede maand se beginsaldo. Calculations Winsopslag % Verkope – Koste van verkope X 100 Antwoord moet getoon Koste van verkope word as: …% % Toename / Afname Nuwe bedrag - Ou bedrag X 100 Ou bedrag …% Gegee: Rente op lening: Rente-bedrag X 100 X 12 maande % p.j. en maandelikse rente-bedrag % rente R …. Gevra: Bereken Totale Lening NB: Gebruik dies. berekeninge vir Vaste deposito Items NIE in Kontantbegroting nie (Nie-kontant items) Waardevermindering; Oninbare skulde; Korting toegestaan; Korting ontvang Geprojekteerde Inkomstestaat Formaat van Geprojekteerde Inkomstestaat is dieselfde as die Inkomstestaat, maar sal per maand opgestel word. Items nie in Geprojekteerde Inkomstestaat nie Aankoop van bates; Aankoop van voorraad; Ontvangste van debiteure; Betalings aan krediteure Onttrekkings/Kapitaalbydrae; Uitreiking van nuwe aandele; Terugkoop van aandele Interne beheer - Vergelyk die werklike bedrae met die begrote bedrae. Moontlike probleme met uitgawes of inkomste moet geïdentifiseer kan word en aanbevelings kan dan gemaak word gebaseer op hierdie vergelykings. - Dui dan ook aan of die uitgawe- of inkomste-items goed of swak beheer word. - Identifiseer die VERBAND tussen begrote inkomste en uitgawe/betalings-items, bv, Advertensies & Verkope, Verbruiksgoedere & Fooi-inkomste; Voertuig-uitgawes & Verkope. Bereken PERSENTASIE veranderings om kommentaar te formuleer. - Sluit ‘uitdagings’ by jou kommentaar in, bv. onnodige kantooruitgawes / afleweringsuitgawes / werk van die huis af gedurende inperkings; koop of bruikhuur van bates; dienste-uitgawes, bv. skoonmaakmiddels koop vs die gebruik van skoonmaakdienste.... 82
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 1 BEGROTINGS (40 punte; 30 minute) (Vr 6, NSS Nov 2019) Die finansiële jaareinde van Carpets Galore (Edms.) Bpk. is 31 Oktober 2019. Thembi Tsomi is die alleenaandeelhouer en direkteur. 1.1 Dui bedrae in die toepaslike blokkies aan vir die Kontantbegroting en Geprojekteerde Inkomstestaat vir drie maande geëindig 31 Januarie 2020. • 'n Drukker wat R40 800 kos, sal op 30 November 2019 kontant aangekoop word. Waardevermindering sal R680 per maand wees. • R48 000 sal op 1 Januarie 2020 vir 'n 12 maande-versekeringskontrak betaal word. • 'n Lening van R100 000 sal op 31 Desember 2019 vanaf Viva Bank ontvang word. Dit sal in gelyke paaiemente oor 20 maande betaal word, met aanvang 31 Januarie 2020. Rente teen 12% p.j. word maandeliks betaal en word nie gekapitaliseer nie. (11) 1.2 Verwys na Inligting A: Debiteure-invorderingskedule. Thembi is besig om vooruitskattings voor te berei vir die tydperk wat op 1 November 2019 begin. Thembi staan nie korting vir vroeë betaling toe nie. Bereken die % of debiteure: • Wat hulle rekeninge vereffen in die 2de maand wat op die transaksiemaand van kredietverkope volg (3) • Wat aan die einde van die 3de maand wat op die transaksiemaand van kredietverkope volg, as oninbaar afgeskryf word (4) 1.3 Verwys na Inligting B: Geprojekteerde Inkomstestaat vir September en Oktober 1.3.1 Kantoorwerkers is ongelukkig oor die verhoging wat Thembi hulle op 1 Oktober 2019 gegee het. Verduidelik wat sy aan hulle moet sê. Verskaf TWEE punte. Haal syfers of 'n berekening aan. (6) 1.3.2 Thembi betaal haar seun, Jacob, om matte by klante af te lewer en te installeer. Sy begroot R2,80 per meter hiervoor. Lewer kommentaar op die beheer van hierdie uitgawe. Haal syfers of 'n berekening aan. (4) 1.3.3 'n Nuwe mededinger het op 1 September 2019 in die omgewing begin handel dryf. • Verskaf syfers om die impak op verkope in September te illustreer. (2) • Verduidelik DRIE besluite wat Thembi in Oktober geneem het in reaksie op die nuwe mededinger. Haal syfers of 'n berekening aan. (6) 1.3.4 Voorraad wat verkoop word, word in dieselfde maand vervang. 50% van die voorraad word op krediet gekoop. Krediteure word in die maand wat volg op die aankope-maand betaal om 'n 5%-korting te ontvang. Bereken die werklike bedrag betaalbaar aan krediteure in November 2019. (4) INLIGTING: A. Debiteure-invorderingskedule vir die periode geëindig 31 Januarie 2020: KREDIET- INVORDERINGS VERKOPE NOV. 2019 DES. 2019 JAN. 2020 Augustus R80 000 R17 600 September 90 000 67 500 R19 800 Oktober 100 000 75 000 R22 000 November 120 000 90 000 R94 800 R112 000 83
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Inligting uit die Geprojekteerde Inkomstestaat geïdentifiseer: SEPTEMBER 2019 OKTOBER 2019 Geprojekteer Werklik Geprojekteer Werklik Meters verkoop 5 000 m 3 800 m 5 000 m 6 000 m Verkoopprys per meter R100 R100 R100 R88 Kosprys per meter R60 R60 R60 R60 Verkope: kontant R400 000 R310 000 R400 000 R132 000 krediet 90 000 70 000 100 000 396 000 Totale verkope 490 000 380 000 500 000 528 000 Koste van verkope (300 000) (228 000) (300 000) (360 000) Bruto wins 190 000 152 000 200 000 168 000 Direkteursfooie 50 000 50 000 50 000 40 000 Lone: kantoorwerkers 9 200 9 200 9 200 11 040 Salaris: Verkoops-persoon 20 000 20 000 20 000 0 Kommissie: Verkoops- 0 0 0 52 800 persoon Advertensies 5 000 5 000 5 000 5 000 Verpakkingsmateriaal 2 500 1 900 2 500 2 550 Aflewering en installasie van 14 000 14 000 14 000 16 800 matte Personeelopleiding 15 000 0 15 000 40 000 40 AKTIWITEIT 2 BEGROTINGS (35 punte; 30 minute) (Vr 6, SS 2020) 2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar' langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 2.1.1 Oninbare skulde is 'n voorbeeld van 'n betaling in 'n Kontantbegroting. 2.1.2 'n Geprojekteerde Inkomstestaat skat die verwagte wins of verlies vir 'n spesifieke tydperk. 2.1.3 'n Afname in 'n vaste deposito sal as 'n ontvangste in die Kontantbegroting getoon word. (3 x 1) (3) 2.2 KURUMAN (EDMS.) BPK John Peters is die meerderheidsaandeelhouer en HUB. Jy word voorsien van inligting vir die tydperk geëindig 31 Julie 2020. Daar is vyf ander aandeelhouers. Verwys na Inligting A 2.2.1 • Bereken die ontbrekende bedrae deur (i) en (ii) in die Debiteure- invorderingskedule aangedui. (4) • Bereken die persentasie korting toegestaan aan debiteure wat hul rekeninge in die maand van die verkooptransaksies vereffen. (5) 2.2.2 Bereken die volgende begrote bedrae: • Totale verkope vir Julie 2020 (3) • Betaling aan krediteure gedurende Junie 2020 (4) • Addisionele lening wat op 1 Junie 2020 bekom gaan word (4) 84
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 2.2.3 Die direkteure het nie gedurende Mei 2020 by die Kontantbegroting gehou nie. • Identifiseer TWEE oorbetalings in Mei 2020. Verskaf syfers. • Gee ‘n geldige rede vir ELKE oorbetaling geïdentifiiseer om hulle besluit te ondersteun. (6) Verwys na Inligting E. 2.2.4 Hoekom is die ouditeure bekommerd dat die ooreenkoms met Tradecor oneties of moontlik ‘n misdaad is? Verduidelik DRIE points. (6) INLIGTING A. Verkope en debiteure-invordering: • Ramings van totale verkope vir 2020: April R150 000 Mei R165 000 Junie ? • 25% van alle verkope is op krediet. Die res is vir kontant. • Debiteure vereffen na verwagting hul skuld soos volg: - 60% in dieselfde maand van verkope, onderhewig aan 'n kontantkorting toegestaan. - 38% in die maand wat volg op die maand van verkope. - 2% van skulde word in die tweede maand wat volg op die maand van verkope, afgeskryf. • Gedeeltelik voltooide Debiteure-invorderingskedule: KREDIET- MEI JUNIE JULIE VERKOPE Mei R41 250 R23 760 (i) June (ii) R25 056 R16 530 July R48 000 R27 648 R44 178 B. Aankope van voorraad en betalings aan krediteure: • Die onderneming gebruik 'n vastevoorraadbasis met voorraad wat verkoop en maandeliks vervang word. • Die onderneming gebruik 'n winsopslag van 50% op kosprys. • 20% van alle voorraad word kontant aangekoop. • Krediteure word ten volle betaal in die maand wat op die aankoop volg. C. Lening en rente: Die lening van Bokke Bank sal op 1 Junie 2020 verhoog word. Rente teen 20% p.j. is nie gekapitaliseer nie en is aan die einde van elke maand betaalbaar. 85
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas D. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die drie maande geëindig 31 Julie 2020: MEI JUNIE JULIE Begroot Werklik Begroot Begroot ONTVANGSTE R R R R Kontantverkope 123 750 142 400 130 500 144 000 Invordering van debiteure 38 010 26 000 44 178 Lening ? Verkoop van eiendom 0 320 000 Verkoop van ou voertuig 40 000 95 000 BETALINGS Kontantaankope van 22 000 18 000 23 200 ? voorraad Betaling aan krediteure 80 000 80 000 ? ? Salarisse 28 000 28 000 28 000 42 000 Advertensies 5 600 8 400 5 600 5 600 Personeelopleiding 30 000 Rente op lening 6 000 6 000 7 500 7 500 Voertuig-instandhouding 12 200 36 350 5 800 5 800 Aankoop van voertuig 235 000 235 000 - - Huuruitgawe 0 0 0 0 Veiligheidspersoneel 8 000 6 500 8 000 8 000 E. Ooreenkoms met Tradecor: Die HUB, John Peters, het besluit om een van die maatskappy se eiendomme teen boekwaarde te verkoop. Hierdie eiendom is oorspronklik in 1980 vir R320 000 gekoop. Volgens die verkoopsooreenkoms sal die aankoper, Tradecor, die eiendom vir R26 000 per maand aan Kuruman (Edms.) Bpk. terugverhuur met ingang van 1 Junie 2020. Die ouditeure van Kuruman (Edms.) Bpk. het ontdek dat die alleeneienaar van Tradecor John Peters se vrou is. Hulle beskou hierdie ooreenkoms as oneties en moontlik 'n misdaad. 35 AKTIWITEIT 3: BEGROTINGS (40 punte; 30 minute) (Vr 3, NSS Nov 2020 (2)) Blossom (Edms.) Bpk. verkoop duur damesrokke van 'n hoë gehalte. Hulle herstel ook rokke vir klante, maar hulle mik om met hierdie diens gelyk te breek. Klante word toegelaat om rokke vir kontant of op krediet te koop, maar daar word van hulle verwag om kontant vir alle herstelwerk te betaal. Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode geëindig 31 Mei 2021. GEVRA: 3.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Maart tot Mei 2021. (9) 3.2 Bereken die ontbrekende bedrae aangedui deur (a) tot (d) in die Kontantbegroting. (14) 86
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas 3.3 Verwys na Inligting G en H. Advertensies: • Verduidelik die besluite wat die direkteure met betrekking tot die begrote en werklike uitgawes vir advertensies in Mei 2021 geneem het. Haal syfers of berekeninge aan. (4) • Die direkteure vra jou vir ‘n verslag oor die invloed wat die besluite oor advertensies werklik op kliënte en verkope in Mei 2021 gehad het. - Verskaf TWEE punte wat jy by jou verslag sal insluit. Haal syfers of berekeninge aan. (4) - Verduidelik hoe die afname in die nasionale ekonomie die gemiddelde bedrag wat klante in Mei 2021 gespandeer het, gehad het. Haal syfers aan. (3) Verbruiksgoedere: Lewer kommentaar daarop of die verbruiksgoedere goed beheer is, of nie. Haal syfers of berekeninge aan. (2) 3.4 Verwys na Inligting F en H. Verhuring en klante: Die eienaars van die eiendom, Propco Bpk., het die direkteure van Blossom Bpk. in kennis gestel van die beplande verhoging in huur met ingang van 1 April 2021. Die direkteure het die eienaars, Propco Bpk., gevra vir 'n vermindering van die oppervlakte gehuur vanaf 1 Mei 2021 om op huur te bespaar. Propco Bpk. het hierdie versoek goedgekeur. Bereken die vermindering van die oppervlakte gehuur (in vierkante meter). (4) INLIGTING: A. Totale verkope en koste van verkope: MAART APRIL MEI Verkope R560 000 R630 000 R770 000 Koste van verkope 320 000 360 000 440 000 • Goedere word teen ‘n winsopslag van 75% op kosprys verkoop. • Kredietverkope sal na verwagting 65% van totale verkope wees. B. Verwagte debiteure-invordering op die verlede gebaseer: • 40% ingevorder in die maand van verkope, min 6% korting vir vroeë betaling • 50% ingevorder in die maand wat volg op die maand van verkope • 8% ingevorder twee maande na die verkope • 2% as oninvorderbaar beskou twee maande na die verkope C. Aankope van voorraad: • Alle aankope van voorraad is op krediet. • Handelsvoorraad word in die maand van verkope vervang. ‘n Vaste voorraadvlak word gehandhaaf. • Krediteure word ten volle in die maand na aankope van voorraad betaal. D. Lening van Janet Bloom: • Janet Bloom het 'n lening aan die onderneming verskaf teen 'n rentekoers van 9% p.j. Rente word nie gekapitaliseer nie en een derde van die lening word op 31 Desember elke jaar aan haar terugbetaal. • Aangesien die maatskappy steeds kontantvloeiprobleme ervaar het as gevolg van die Koronavirus-grendeltyd in 2020, het Janet ingestem om haar lening aan die onderneming op 1 April 2021 te verhoog. 87
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas E. Salarisse van verkoopsassistente: • Die verkoopsassistente verdien almal dieselfde maandelikse salaris. • Hulle is 'n 5%-verhoging in hulle salarisse met ingang 1 April 2021 belowe. • Die onderneming het twee verkoopsassistente in Maart in diens geneem en het beplan om 'n addisionele assistent vanaf 1 April 2021 aan te stel. F. Huur en die aantal klante: • Die direkteure het 'n perseel in 'n plaaslike winkelsentrum by Propco Bpk. bekom, groot genoeg om vir die verwagte aantal klante voorsiening te maak. • Huur word per vierkante meter volgens die vloeroppervlakte gehef. Die huur het vanaf 1 April met 11% p.j. verhoog. • Die volgende syfers is vir beplanningsdoeleindes gebruik: MAART APRIL MEI Vloeroppervlakte in vierkante meter (m2) 120 m2 120 m2 ? Huuruitgawe per m2 ? ? ? Verwagte gemiddelde verkope per klant R7 000 R7 000 R7 000 Verwagte aantal klante 80 klante 90 klante 110 klante G. Uittreksel uit die Kontantbegroting: MAART APRIL MEI ONTVANGSTE R R R Kontantverkope 196 000 (a) 269 500 Kontant van debiteure 278 369 355 992 ? Fooi-inkomste (vir herstelwerk) 15 000 15 000 15 000 Lening van Janet Bloom (sien Inligting D) (b) BETALINGS Betalings aan krediteure 220 000 320 000 360 000 Salarisse van verkoopsassistente (Inligting E) 22 400 (c) ? Lone van herstelpersoneel 9 000 10 000 10 000 Verbruiksgoedere (vir herstelwerk) 4 200 4 200 4 200 Rente op lening 1 365 2 625 2 625 Huuruitgawe (sien Inligting F) (d) 39 960 39 960 Advertensies 10 000 12 000 30 000 Ouditfooie 60 000 H. Vergelyking van begrote syfers met werklike syfers vir Mei 2021: BEGROOT WERKLIK Aantal klante 110 klante 135 klante R R Verkope 770 000 690 000 Fooi-inkomste (hersteldienste) 15 000 21 000 Advertensies 30 000 42 000 Verbruiksgoedere (vir herstelwerk) 4 200 5 520 Lone (vir herstelpersoneel) 12 000 18 000 Ouditfooie 60 000 48 000 Huuruitgawe 39 960 31 968 Salarisse (winkelassistente) 35 280 37 044 Afleweringsuitgawes 6 930 4 850 Verpakkingsmateriaal 19 250 13 480 40 88
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 4: BEGROTINGS (45 punte; 40 minute) (Vr 3, SS Junie 2021) 4.1 Voeg die betrokke bedrag/bedrae vir ELKE transaksies hieronder in die toepaslike kolomme vir die volgende Kontantbegroting- en Geprojekteerde Inkomstestaat vir Julie 2021 in. Voorbeeld: Maandelikse telefoonkoste sal na verwagting R4 200 wees. KONTANTBEGROTING GEPROJEKTEERDE Nr. VIR JULIE INKOMSTESTAAT VIR JULIE ONTVANGSTE BETALINGS INKOMSTE UITGAWES Bv. 4 200 4 200 (8) TRANSAKSIES VIR JULIE 2021: 4.1.1 'n Drie-maande-advertensiekontrak vir R6 000 sal op 1 Julie 2021 betaal word. R2 000 van hierdie bedrag het op die volgende finansiële jaar betrekking. 4.1.2 Op 1 Julie 2021 sal R45 000 in 'n vaste deposito teen 8% rente p.j. belê word. Rente word nie gekapitaliseer nie en word aan die einde van elke maand ontvang. 4.1.3 Begrote kontantverkope, R23 200 (koste van verkope; R16 000). 4.2 ANOKHI (EDMS.) BPK Die onderneming verkoop elektriese toestelle. Die finansiële jaar eindig op 30 April. Kayla Bester is die alleenaandeelhouer en HUB van die onderneming GEVRA: 4.2.1 Voltooi die Krediteurebetalingskedule vir die begrotingstydperk geëindig 31 Julie 2021. (9) 4.2.2 Bereken die bedrae vir (a) tot (d) in die Kontantbegroting. (16) 4.2.3 Kayla het die volgende werklike en begrote syfers vir Mei 2021 onttrek: BEGROOT WERKLIK Totale verkope R882 000 R705 600 Kontant van debiteure 522 828 402 600 Advertensies 35 280 35 280 Afleweringsuitgawes (ABC Afleweraars) 57 330 51 200 Lewer kommentaar op die: • Doeltreffendheid van die advertensies • Beheer oor afleweringsuitgawes Haal syfers in ELKE geval aan. (6) 4.2.4 Kayla het besluit dat die onderneming op 1 Junie 2021 'n afleweringsvoertuig gaan aankoop. • Noem TWEE voordele van hierdie besluit. (2) • Behalwe vir die items in die Kontantbegroting (Inligting F) getoon, maak ‘n lys van VIER ander items wat Kayla by die begroting moet insluit. (4) 89
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas INLIGTING: A. Totale verkope: WERKLIKE VERKOPE BEGROTE VERKOPE APRIL 2021 MEI 2021 JUNIE 2021 JULIE 2021 R878 400 R882 000 R918 000 R936 000 B. Kredietverkope bestaan uit 60% van totale verkope. C. Goedere word teen ‘n winsopslag van 80% op kosprys verkoop. D. Die onderneming handhaaf 'n vastevoorraad-basisvlak. Voorraad wat gedurende 'n maand verkoop word, word in dieselfde maand vervang. Die kontantaankope is 65% van totale aankope. E. Krediteure word volgens die volgende tendens betaal: • 40% – afbetaal in die maand van aankope om 5%-korting te verdien • 50% – afbetaal in die maand wat op die aankopemaand volg • 10% – afbetaal in die tweede maand na die maand van aankope F. Uittreksel: Kontantbegroting vir die drie maande geëindig 30 Julie 2021: MEI 2021 JUNIE 2021 JULIE 2021 R R R Ontvangste Kontantverkope 352 800 367 200 374 400 Kontant van debiteure 522 828 535 140 548 640 Huurinkomste 15 500 15 500 (a) Lening: Jane Beleggers 0 (b) 0 Betalings Kontantaankope 318 500 331 500 338 000 Betaling aan krediteure 167 020 170 660 ? Salarisse van verkoops- 41 000 41 000 (c) assistente Direkteursgelde (d) 98 880 98 880 Advertensies 35 280 36 720 37 440 Rente op lening 0 3 150 3 150 Afleweringsuitgawes 57 330 59 670 0 (ABC Aflewerings) Afleweringsvoertuig-deposito 140 000 (a) Huurinkomste sal na verwagting vanaf 1 Julie 2021 met 9% p.j. toeneem. (b) Die onderneming het 'n lening onderhandel wat op 1 Junie 2021 ontvang sal word. Rente teen 13,5% p.j. is aan die einde van elke maand, met aanvang van 30 Junie 2021, betaalbaar. (c) Die onderneming het in Mei en Junie vyf verkoopsassistente op dieselfde salarisskaal in diens gehad. Drie van hulle sal in Julie 2021 'n jaarlikse bonus van 75% van hulle verdienste ontvang. 'n Deeltydse verkoopsassistent sal gedurende Julie 2021 in diens geneem word en sal 50% verdien van die maandelikse bedrag wat op die ander van toepassing is. (d) Kayla verdien direkteursgelde van R720 000 vir die jaar. Die maatskappy het ook 'n ander direkteur, Martin, vir die hele jaar in diens geneem. Martin sal vanaf 1 Junie 2021 'n verhoging van 8% p.j. op sy direkteursgelde ontvang. 45 90
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 5: BEGROTINGS (35 punte; 30 minute) (Vr 4, Sep 2021 / Nov 2020 (1)) Jy word voorsien van inligting van Fantasy Laptops, 'n onderneming wat deur Ray Rennie besit word, vir die begrotingstydperk Desember 2020 tot Februarie 2021. Die onderneming verkoop verskillende soorte skootrekenaars en verkoop nie op krediet nie. Hulle herstel ook hierdie items vir klante teen 'n fooi. GEVRA: 5.1 Verwys na Inligting A en B. Voltooi die Krediteure-betalingskedule vir Februarie 2021. (7) 5.2 Verwys na Inligting C en D. Bereken: • Verwagte % verhoging in sekuriteitskoste vanaf 1 Februarie 2021 • % kommissie gedurende Februarie 2021 aan verkoopspersoneel betaal • Water en elektrisiteit vir Desember 2020 begroot • Die verwagte leningsterugbetaling op 31 Desember 2020 (12) 5.3 Verwys na Inligting E. Die interne ouditeur het waargeneem dat verpakkingsmateriaal met R800 oorspandeer is en verbruiksgoedere met R1 500. Lewer kommentaar op die kontrole van verpakkingsmateriaal en verbruiksgoedere. Haal syfers of berekeninge aan. (6) 5.4 Verwys na Inligting D. Die onderneming het gedurende die Corona-virus-grendeltyd in April en Mei 2020 geld verloor aangesien daar geen verkope of fooi-inkomste was nie. Ray moes egter voortgaan om betalings te maak om die besigheid aan die gang te hou (as 'n lopende saak). • Gee EEN rede waarom hy nie wou ophou om salarisse en lone te betaal nie. (2) • Identifiseer EEN ander betaling in die lys in Inligting D wat hy nie sou kon stop nie en gee ‘n rede. (2) • Identifiseer EEN betaling in die lys in Inligting D wat hy sou gestop het en gee 'n rede. (2) 5.5 Verwys na Inligting F. Ray Rennie, die eienaar, het hulp nodig om ‘n finansiële besluit te neem. Hy kan nie besluit of hy ‘n afleweringsvoertuig moet bruikhuur of koop nie. Sy twee opsies word as Opsie X en Opsie Y getoon. Behalwe om meer verkope te genereer of om die gebruik van die voertuig te hê, noem TWEE voordele van ELKE opsie. (4) INLIGTING: A. Winsopslag-% en verkope: 'n Winsopslag van 75% op kosprys word gebruik om die verkooppryse van die skootrekenaars te bepaal. WERKLIKE VERKOPE GEPROJEKTEERDE VERKOPE Oktober November Desember Januarie Februarie 2020 2020 2020 2021 2021 R490 000 R490 000 R770 000 R560 000 R525 000 91
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas B. Aankope en betaling aan verskaffers (krediteure): • Alle voorraad word op krediet aangekoop. • Voorraad verkoop word in die maand van verkope vervang. • Sommige krediteure bied 'n korting vir betaling in die maand van aankope aan. • 50% word betaal in die maand van aankope om 'n 10%-korting te verdien. • 30% word betaal in die maand na die aankooptransaksiemaand. • 20% word betaal in die tweede maand na die aankooptransaksiemaand C. Inligting oor spesifieke items uit die Kontantbegroting: • Sekuriteit: Die wagte is uitgekontrakteer en is van Keepsafe Guarding. • Kommissie: Verkoopspersoneel word in dieselfde maand kommissie op slegs verkope betaal. Hulle ontvang nie ‘n vaste salaris nie. • Water en elektrisiteit: Die verwagte verhoging vanaf 1 Januarie 2021 is 24%. • Lening en rente: Die lening van Delta Bank dra rente teen 12,5% per jaar. Rente word nie gekapitaliseer nie en 'n vaste leningterugbetaling word op 31 Desember elke jaar gedoen. • Verbruiksgoedere: Dit word vir die herstel van skootrekenaars vir klante gebruik. D. Uittreksel uit die Kontantbegroting: Desember Januarie Februarie 2020 2021 2021 R R R Fooi-inkomste: hersteldienste 100 000 150 000 150 000 Rente op lening (12,5% p.j.) 9 375 8 125 Terugbetaling van lening ? Kommissie aan verkoopspersoneel 123 200 89 600 84 000 Verbruiksgoedere vir herstelwerk 42 000 63 000 63 000 Sekuriteit 18 000 18 000 28 500 Water en elektrisiteit ? 18 600 18 600 Salarisse en lone Verpakkingsmateriaal Versekering E. Die interne ouditeur het die volgende syfers vir Oktober 2020 geïdentifiseer: Begroot Werklik Verskil R R % Verkope 490 000 400 000 -18,4% Fooi-inkomste 85 000 126 000 +48,2% Verpakkingsmateriaal 22 000 22 800 +3,6% Verbruiksgoedere 24 500 26 000 +6,1% 92
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas F. Opsies om 'n afleweringsvoertuig te bekom: Ray voel dat hy 'n afleweringsvoertuig vir R520 000 moet aankoop of die voertuig maandeliks moet bruikhuur om sy onderneming in staat te stel om na die Corona-virus- grendeltyd meer verkope te genereer. Hy het slegs R100 000 in sy beleggings wat hy kan gebruik. Hierdie beleggings verdien tans rente teen 6,5% p.j. Hy het twee opsies om te oorweeg: Opsie X (koop die voertuig): Koop die voertuig deur die geld in sy beleggings te gebruik en neem 'n nuwe 5 jaar-lening vir R420 000 teen 'n hoë rentekoers uit. Hy sal die lening oor vyf jaar moet terugbetaal. Rente oor die vyf jaar sal R176 000 wees. Opsie Y (huur/bruikhuur die voertuig): Huur (bruikhuur) die voertuig by Sentinel Bpk vir R15 000 per maand oor 60 maande. 35 Aktiwiteit 1-5 Begrotings https://wcedeportal.co.za/eresource/213056 BTW Basiese begrippe ▪ Vrywillige / Verpligte registrasie ▪ BTW-koers 15%. ▪ Nulkoers items + voorbeelde; Vrygestelde items + voorbeelde ▪ Uitset BTW; Inset BTW Berekeninge: Gevra Berekeninge BTW-bedrag Totaal x 15 (eksklusiewe bedrag gegee) 100 BTW-bedrag Totaal x 15 (inklusiewe bedrag gegee) 115 UITSET BTW & INSET BTW (Effek op die bedrag aan SAID) INSET BTW UITSET BTW Voorraad aangekoop + Verkope + Korting ontvang ( ) Oninbare skulde ( ) Terugsendings van aankope ( ) Korting toegestaan ( ) Water en elektrisiteit + Debiteure-afslag ( ) Onttrekkings van voorraad ( ) TOTALE INSET-BTW TOTALE UITSET-BTW (ontvangbaar van SAID) (betaalbaar aan SAID) + = ‘n toename; ( ) = ‘n afname BTW betaalbaar = Uitset BTW – Inset BTW BTW ontvangbaar = Inset BTW – Uitset BTW (Uitset BTW is minder as Inset BTW) Etiek ▪ Foutiewe / ontbrekende dokumentasie ▪ Eis vir BTW van SAID, alhoewel handelaar nie geregistreer is nie 93
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 1: BTW (12 punte; 9 minute) (Vr 1, NSS Nov 2020 (2)) Amahle Handelaars is geregistreer vir BTW. Die standaard-BTW-koers is 15%. GEVRA: 1.1 Bereken die bedrae aangedui deur (a) tot (d) in die tabel hieronder. (9) 1.2 Die interne ouditeur het uitgevind dat Amahle met elke indieningsdatum die bedrag verskuldig aan SAID ten opsigte van BTW, onderbetaal het. By nadere ondersoek het Amahle gesê dat sy die geld gebruik om besigheidsuitgawes te betaal en dan die betalings later aanpas. Lewer kommentaar op hierdie praktyk en gee Amahle raad. (3) INLIGTING: BTW BTW BTW UITGESLUIT INGESLUIT BEDRAG Fakture van verskaffers ontvang R78 000 R89 700 (a) Korting van verskaffers ontvang R12 400 (b) Kredietnotas aan kliënte uitgereik (c) R210 Fakture aan kliënte uitgereik R158 700* (d) * Dit sluit verkope van R9 200 in wat teen nulkoers verkoop moes word. Die boekhouer het foutiewelik BTW van R1 200 op hierdie goedere ingesluit. 12 AKTIWITEIT 2: BTW (8 punte; 6 minute) (Vr 2.1, SS 2020) Die volgende het betrekking op Lunga Winkels vir die BTW-tydperk geëindig 30 April 2020. BTW teen 15% is op alle goedere van toepassing. GEVRA: Bereken die BTW-bedrae wat deur (i) tot (iii) op die tabel aangedui word. Dui die effek van ELKE antwoord op die bedrag betaalbaar aan SAID aan. Verwys na die voorbeeld. (8) INLIGTING: A. Bedrag verskuldig aan die SAID op 1 April 2020, R5 500 B. Bedrae uit April 2020 se joernale: BTW BTW BTW BESONDERHEDE EFFEK UITGESLUIT INGESLUIT BEDRAG Totale verkope R544 500 R626 175 R81 675 Toename Aankope van voorraad 174 900 201 135 (i) ? Onttrekkings van voorraad 32000 (ii) ? Oninbare skulde 7 015 (iii) ? 8 94
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 3: BTW (13 punte; 10 minute) (Vr 2.2, NSS 2020 (1)/Sep 2021 FOREVER HANDELAARS Tom Smith is die alleeneienaar. Die inligting het betrekking op die BTW-tydperk geëindig 31 Augustus 2020. Die standaard BTW-koers van 15% is van toepassing op alle goedere gekoop en verkoop. GEVRA: 3.1 Bereken die BTW-bedrag wat op 31 Augustus 2020 aan SAID betaalbaar is. (9) 3.2 Die rekenmeester het gedurende September op 'n dokument vir die kontantaankope van meubels vir R46 000 deur Tom Smith vir sy eie huis afgekom. Tom het gesê dat die R6 000 BTW by hierdie bedrag ingesluit, as BTW-inset beskou moet word. Verdere ondersoeke het getoon dat soortgelyke dokumente gereeld gedurende die afgelope jaar in die boeke aangeteken is. Gee die rekenmeester raad oor hoe om hierdie geleentheid te hanteer. Noem TWEE punte. (4) INLIGTING A. Bedrag verskuldig aan SAID op 1 Augustus 2020 is R31 470. B. Die volgende transaksies verskyn in die boeke vir Augustus 2020: BTW BTW- BTW BESONDERHEDE UITGESLUIT BEDRAG INGESLUIT Totale verkope R535 000 R80 250 R615 250 Aankope van voorraad 385 000 57 750 442 750 Korting ontvang van verskaffers 11 500 ? Goedere teruggestuur deur debiteure 22 500 ? 25 875 Voorraad geneem deur die eienaar teen 9 600 ? kosprys Debiteure-rekeninge afgeskryf ? 36 800 13 95
2022 Gr 12 Rekeningkunde Studiepakket Aktiwiteite / Notas AKTIWITEIT 4: BTW (15 punte; 10 minute) (Vr 1.1, SS Mei/Junie 2021 HILDA KRUIDENIERS Hilda Kruideniers is vir BTW geregistreer. Die standaardkoers van 15% is van toepassing op die meeste goedere. GEVRA: 4.1 Implementering van BTW: • Verduidelik hoekom die regering BTW in Suid-Afrika geïmplementeer het. Noem EEN punt. (2) • Verduidelik waarom sommige produkte nulkoersprodukte is. Noem EEN punt. (2) 4.2 Bereken die bedrag betaalbaar aan SAID met betrekking tot BTW vir die twee maande geëindig 30 April 2021. (11) INLIGTING: A. Saldo op 1 April 2021 aan SAID verskuldig, R9 450 B. Transaksies vir April 2021: BEDRAG BTW- BEDRAG BTW BEDRAG BTW UITGESLUIT INGESLUIT Totale verkope 412 000 ? 473 800 Aankope van handelsvoorraad 230 000 ? Korting aan debiteure toegestaan 1 890 Goedere deur klante teruggestuur ? 19 320 Oninbare skulde ingevorder 1 140 Onttrekkings van handelsvoorraad 1 380 deur die eienaar 15 Aktiwiteit 1-4 BTW: https://wcedeportal.co.za/eresource/213061 96

Study this subject

Notes, quizzes and topic questions for Grade 12 Accounting.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Accounting

View all