Skip to content

Accounting Grade 11 P1 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202312 pages

Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 REKENINGKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn 8 bladsy-antwoordeboek.
2 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2023) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) Rekeningkundige vergelyking en Vaste 1 20 15 bate-nota 2 Staat van Omvattende Inkomste 45 40 Staat van Finansiële Posisie en Notas 3 50 40 tot Finansiële State Finansiële aanwysers en Vertolking van 4 35 25 Finansiële State TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 3 HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 1: REKENINGKUNDIGE VERGELYKING EN VASTE BATE-NOTA (20 punte; 15 minute) 1.1 REKENINGKUNDIGE VERGELYKING GEVRA: Voltooi die tabel wat verskaf word om die effek op die rekeningkundige vergelyking vir die transaksies hieronder gelys aan te dui. Volg die voorbeeld wat verskaf word. (8) LET WEL: Neem aan dat die banksaldo ongunstig is en die deurlopende voorraadstelsel in gebruik is vir alle transaksies. Voorbeeld: Koop handelsvoorraad op krediet. 1.1.1 Die rekening van ʼn debiteur wat nie opgespoor kon word nie, moet as oninbaar afgeskryf word. 1.1.2 Belas die agterstallige rekening van ʼn debiteur met rente. 1.1.3 ʼn Vennoot, M Stick, het skryfbehoeftes uit die kantoor vir eie gebruik geneem. 1.1.4 Die kredietsaldo van ʼn debiteur moet na sy rekening in die krediteuregrootboek oorgeplaas word. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 5 1.2 VASTE (TASBARE) BATES Die inligting het betrekking op SANDI BROERS vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. GEVRA: Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur (i) tot (iii) op die Vaste Bate-nota. (12) INLIGTING: A. Nota tot die Staat van Finansiële Posisie: VASTE BATES GEBOUE VOERTUIE TOERUSTING Drawaarde (1 Maart 2022) 1 190 000 360 000 Kosprys (i) 1 950 000 970 000 Opgehoopte waardevermindering 0 (760 000) (610 000) Bewegings Byvoegings 500 000 0 270 000 Vervreemdings 0 (ii) 0 Waardevermindering 0 (270 000) (iii) Drawaarde (28 Feb. 2023) Kosprys 6 150 000 Opgehoopte waardevermindering B. Addisionele Inligting • Waardevermindering word soos volg bereken: Toerusting – 10% p.j. op drawaarde. Voertuie – 15% p.j. op kosprys. • Gedurende die finansiële jaar is uitbreidings aan die geboue voltooi. • ʼn Ou voertuig, kosprys R300 000, is teen drawaarde op 31 Augustus 2022 verkoop. Die opgehoopte waardevermindering op die voertuig was R240 000 op 1 Maart 2022. • Nuwe toerusting is op 1 November 2022 aangekoop. 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE (45 punte; 40 minute) 2.1 Kies ʼn AARP-beginsel uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 2.1.1 Inkomste en uitgawes moet in die huidige A Wesenlikheid finansiële jaar aangeteken word 2.1.2 Sake van die eienaar van ʼn besigheid moet B Besigheids-entiteit apart van die rekords van die besigheid gehou word 2.1.3 Finansiële inligting relevant tot ʼn leser van C Paring finansiële state moet afsonderlik geopenbaar word 2.1.4 Die aanname dat die besigheid in die D Omsigtigheid toekoms sal voortgaan E Lopende saak (4 x 1) (4) 2.2 GOVEA HANDELAARS Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. GEVRA: Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2023. (41) LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 7 INLIGTING: A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op 28 Februarie 2023 Kapitaal: Govner 595 750 Kapitaal: Veaner 595 750 Handelsvoorraad 242 650 Debiteurekontrole 168 250 Voorsiening vir oninbare skulde 10 150 Krediteurekontrole 225 600 Verkope 5 701 320 Koste van verkope 3 563 350 Huur inkomste 82 100 Verbruiksgoedere 41 450 Rente op vaste deposito 53 250 Rente op agterstallige rekening van debiteure 4 250 Rente op lening ? Versekering 43 150 Salarisse en lone (insluitend werkgewersbydrae) 896 250 Oninbare skulde 8 990 Oninbare skulde verhaal 1 890 B. Die volgende aansuiwerings is nie deur die boekhouer in ag geneem nie: (i) Beskadigde goedere met ʼn kosprys van R3 500 is teen ʼn winsopslag van 50% op kosprys verkoop. (ii) Voorraad ter waarde van R17 400 is tydens ʼn inbraak op 15 Februarie 2023 gesteel. Die versekeringsmaatskappy het ingestem om 80% van die voorraadwaarde in Maart 2023 te betaal. (iii) Voorraadopnames op 28 Februarie 2023 het die volgende aan die lig gebring: • Handelsvoorraad, R214 500 • Verbruiksgoedere gedurende die finansiële jaar gebruik, R35 350. (iv) ʼn Debiteur wie se rekening as oninbaar afgeskryf is, het die bedrag van R810 betaal. Dit is verkeerdelik in die oninbare skuldrekening gekrediteer. (v) Die voorsiening vir oninbare skulde moet tot R8 150 verminder word. (vi) Versekering sluit ʼn premie van R4 950 in vir die tydperk 1 Januarie 2023 tot 30 Junie 2023. (vii) Huur inkomste sluit die huur vir Maart 2023 in. LET WEL: Huur is verhoog met R250 op 1 Oktober 2022. (viii) Een werknemer is verkeerdelik uit die salarisjoernaal weggelaat. Die besonderhede van sy salaris is soos volg: Netto salaris Totale aftrekkings Bydraes R24 500 30% van bruto salaris R3 850 (ix) Diverse uitgawes is die balanserende syfer. 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 3: STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE EN NOTAS TOT FINANSIËLE STATE (50 punte; 40 minute) Vennote H. Hockey en T. Tennis is eienaars van die besigheid Ball Sport Traders. Jy word voorsien van inligting vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. GEVRA: 3.1 Bereken die rente op kapitaal van Vennoot Hockey. (4) 3.2 Voltooi die Privaatrekening-nota op 28 Februarie 2023. (17) 3.3 Voltooi die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2023. (29) LET WEL: Sommige bedrae is in die ANTWOORDEBOEK ingeskryf. INLIGTING: A. Uittreksel uit die rekords op 28 Februarie 2023 Kapitaal: Hockey R 1 680 000 Kapitaal: Tennis 1 120 000 Privaatrekening: Hockey Dr) 32 670 Privaatrekening: Tennis (Kr) 58 030 Onttrekkings: Hockey 623 150 Onttrekkings: Tennis 563 250 Verbandlening ? SAID (LBS) 75 330 Vaste bates teen drawaarde ? Vaste deposito: Gold bank 582 000 Voorraad 286 400 Debiteurekontrole 204 600 Voorsiening vir oninbare skulde 10 230 Bank (Kr) 101 500 Wisselgeld 20 200 Pensioenfonds 75 330 Vooruitbetaalde uitgawes 62 420 Opgelope uitgawes 32 700 Krediteurekontrole 763 860 Wins en verlies 1 490 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 9 B. Die vennootskapsooreenkoms maak voorsiening vir die volgende: (i) Vennote het ʼn jaarlikse salaris van R480 000 ontvang. Die werklading van T. Tennis is egter vanaf 1 Januarie 2023 verminder en daarom is sy salaris met R15 000 p.m., vanaf daardie datum verminder. (ii) Vennoot Hockey is geregtig op ʼn bonus van 80% van sy maandelikse salaris. (iii) Rente op kapitaal moet teen 12% p.j. bereken word. Let daarop dat Vennoot Hockey sy kapitaalbydrae verhoog het met R200 000 op 1 September 2022. Hierdie transaksie is gedurende die jaar aangeteken. (iv) Die oorblywende wins / verlies moet gelykop tussen die vennote verdeel word. C. Onttrekkings: Vennoot Hockey het handelsvoorraad vir sy eie gebruik geneem. Die kosprys van hierdie goedere was R3 500 maar is aangeteken as R5 300. Dit moet reggestel word. D. Addisionele Inligting: (i) 20% van die vaste deposito verval op 30 Junie 2023. (ii) Die leningstaat wat op 28 Februarie 2023 ontvang is, het die volgende aangedui: Openingsalsdo aan die begin van die jaar R 710 500 Rente gekapitaliseer gedurende die jaar 78 200 Terugbetalings, insluitend rente, gedurende die jaar 178 900 Eindsaldo aan die einde van die jaar ? Die onderneming beplan om 15% van die leningsaldo oor die volgende finansiële jaar af te betaal. E. Vaste bates teen drawaarde is die balanseerende syfer. 50 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 4: FINANSIËLE AANWYSERS EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE (35 punte; 25 minute) Jy word voorsien van die inligting van Yoyo Vennote vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. GEVRA: 4.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers op 28 Februarie 2023: • % Bedryfsuitgawes op verkope (2) • Vuurproefverhouding (4) • Skuld-ekwiteitverhouding (3) • % Opbrengs op gemiddelde vennote (eienaars-) ekwiteit (5) LET WEL: Verskaf syfers, tendense, finansiële aanwysers of berekeninge in ELKE geval, om jou kommentaar en verduidelikings te ondersteun. 4.2 Verduidelik of die besigheid sy uitgawes doeltreffend bestuur. Identifiseer TWEE finansiële aanwysers (met syfers) om jou verduideliking te ondersteun. (6) 4.3 Vennoot Yozo is bekommerd oor die likiditeitsposisie. Verduidelik of hy geregverdig is of nie. Haal TWEE finansiële aanwysers aan, met syfers. (6) 4.4 Die vennote het die maandelikse paaiemente op die lening verhoog. Verduidelik die effek hiervan op die finansiële risiko van die onderneming. Haal EEN finansiële aanwyser aan met syfers ter ondersteuning van jou verduideliking. (4) 4.5 Verduidelik of die vennote tevrede moet wees met die % opbrengs wat deur hul belegging in hierdie vennootskap verdien word. Haal EEN finansiële aanwyser aan, met syfers. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V1 11 INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie: 2023 2022 Verkope 3 380 400 2 670 000 Bruto wins 1 352 160 1 201 500 Bedryfsuitgawes 845 100 774 300 Netto wins vir die jaar 591 570 347 100 B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie: 2023 2022 Bedryfsbates 557 800 656 480 Voorraad (slegs handelsvoorraad) 231 800 350 600 Handels- en ander ontvangbares 183 400 142 600 Kontant en kontantekwivalente 142 600 163 280 Vennote se Ekwiteit 2 176 210 1 945 920 Kapitaal: Yoza 1 520 000 1 100 000 Kapitaal: Yoga 600 000 800 000 Privaatrekening: Yoza 36 010 20 000 Privaatrekening: Yoga 20 200 25 920 Lening: Komani bank 1 300 200 1 500 000 Bedryfslaste 278 900 410 300 C. Finansiële aanwysers bereken op 28 Februarie: 2023 2022 % bruto wins op verkope 40% 45% % bedryfsuitgawes op verkope ? 29% % Netto wins op verkope 17,5% 13% Bedryfsverhouding 2:1 1,6 : 1 Vuurproefverhouding ? 0,7 : 1 Debiteure-invorderingperiode 29 dae 36 dae Skuld-ekwiteitverhouding ? 0.7 : 1 % Opbrengs op vennote (eienaars) ekwiteit ? 17,8% D. Addisionele Inligting: Rente op lening 11% 11% Rente op vaste deposito 8% 8% 35 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 REKENINGKUNDE V1 (EC/NOVEMBER 2023) GRAAD 11 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE ANWYSERS Brutowins 100 Brutowins 100 Nettowins 100 x x x Verkope 1 Koste van Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100 x x Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste per vennoot 100 Nettowins 100 x x Gemiddelde eienaarsbelang van vennoot 1 Gemiddelde eienaarsbelang 1 Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste (Handel en ander ontvangbares + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde debiteure 365 Gemiddelde krediteure 365 x x Kredietverkope 1 Kredietaankope 1 Gemiddelde voorraad x 365 of 12 Koste van verkope Koste van verkope 1 Gemiddelde voorraad Langtermynlenings : Eienaarsbelang Totale bates : Totale laste Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all