Skip to content

Accounting Grade 11 P2 Eastern Cape November 2023 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 11202316 pages

Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2023 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2023 REKENINGKUNDE V2 PUNTE: 150 TYD: 2 uur *IACCNA2* Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, ’n 9-bladsy antwoordeboek en ’n formuleblad vir finansiële aanwysers.
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2023) HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 3 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. ʼn Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel aangeheg. 4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 7. ALLE bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing. 8. Skryf netjies en duidelik. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Rekonsiliasies 40 30 2 Kosterekeningkunde 40 35 3 Begrotings 40 30 4 BTW en Vaste Bates 30 25 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 1: REKONSILIASIES (40 punte; 30 minute) 1.1 BANKREKONSILIASIE AQUA WINKELS Die inligting het betrekking op Augustus 2023. Die eienaar, Flavo, gebruik die amptelike bankstaat wat op die 26ste van elke maand beskikbaar is, om die maandelikse bankrekonsiliasieproses te voltooi. GEVRA: 1.1.1 Bring die Kontantjoernale op datum deur die tabelle wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is, te voltooi. (14) 1.1.2 Bereken die korrekte saldo van die Bankrekening op 31 Augustus 2023. (4) 1.1.3 Stel die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Augustus 2023 op. (7) 1.1.4 Verduidelik enige TWEE verskillende interne beheermaatreëls wat Flavo kan implementeer, gebaseer op ’n probleem wat jy geïdentifiseer het in die inligting wat voorsien is. Lys die probleem wat geïdentifiseer is en die moontlike interne beheermaatreëls in die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien is. (3) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Bankrekonsiliasiestaat op 31 Julie 2023: Uitstaande deposito’s: Gedateer 17 Julie 2023 R 27 600 Gedateer 27 Julie 2023 21 900 Uitstaande EFO’s: Nr. 662 7 530 Nr. 663 11 290 Ongunstige saldo soos op die Bankrekening 7 440 LET WEL: x Die deposito op 17 Julie vir kontantverkope, verskyn as R20 000 op die bankstaat vir Augustus. Die verskil moet afgeskryf word aangesien die verantwoordelike kassier meer hier werk nie. x EFO Nr. 662 vir skryfbehoeftes aangekoop, verskyn op die Augustus- bankstaat met die korrekte bedrag van R3 750. x Alle ander inskrywings is korrek aangeteken op die bankstaat vir Augustus. B. Op 31 Augustus 2023 was die voorlopige totale in die kontantjoernale: Kontantontvangstejoernaal Kontantbetalingsjoernaal R 117 600 R 126 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 5 C. Uittreksel uit die Bankstaat op 26 Augustus 2023: BEDRAG BESONDERHEDE R Deposito: M. Shaba 9 000 Kontanthanteringsfooie 270 Debietorder: BC munisipaliteit 2 360 EFO-fooie 230 Deposito: S. Deley 4 160 Debietorder: BC munisipaliteit 2 360 EFO: George Garage 1 340 Koel Versekeraars 1 860 x Die deposito van M. Shaba is vir die maandelikse huur-inkomste. x Die debietorder vir BC munisipaliteit was vir eiendomsbelasting. Let op dat die betaling foutiewelik op die staat gedupliseer is. Die bank sal dit op die volgende staat regstel. x Die deposito van debiteur, S. Deley is ter aflossing van sy rekening van R4 500. x Die EFO aan George Garage was vir brandstof vir Flavo se privaat voertuig. Hy het nagelaat om die strokie vir die boekhouer te gee sodat die transaksie aangeteken kon word. x Die betaling aan Koel Versekeraars is vir die besigheid se versekering. D. Inskrywings in Augustus 2023 se kontantjoernale wat nie op die bankstaat vir Augustus verskyn nie, is as volg: x Deposito op 28 Augustus 2023, R22 750 x EFO Nr. 816 vir R3 370 x EFO Nr. 817 vir R9 180 E. Saldo van die Bankstaat op 26 Augustus 2023: R ? Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2023) 1.2 KREDITEUREREKONSILIASIE Simple Winkels koop goedere op krediet van Nandu Verskaffers. ’n Rekeningstaat is op 28 Augustus 2023 ontvang. Die saldo stem nie ooreen met die saldo van Nandu Verskaffers se rekening in die Krediteuregrootboek nie. GEVRA: Voltooi die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK voorsien word, om aan te dui wat die effek van elke fout of weglating is. Dui ’n toename aan met (+) of ’n afname met (-) langs elke bedrag. (12) INLIGTING: Saldo van die rekening van Nandu Verskaffers in die R40 100 Krediteuregrootboek van Simple Winkels Saldo volgens die staat wat van Nandu Verskaffers R21 020 ontvang is FOUTE EN WEGLATINGS: A. Simple Winkels toon ’n kredietfaktuur van R8 800 in die rekening van Nandu Verskaffers in die Krediteuregrootboek. Dit is vir goedere van Nandosile Handelaars aangekoop. B. Afslag van R1 740 vir beskadigde goedere teruggestuur, is in die rekening van Nandu Verskaffers in die Krediteuregrootboek, as ’n faktuur aangeteken. C. ’n Faktuur vir R15 200 is verkeerdelik as R12 500 aangeteken op die staat wat van Nandu Verskaffers ontvang is. D. Simple Winkels het ’n korting van 10% op ’n EFO-betaling van R9 600 aangeteken. Dit verskyn nie op die staat nie. Nandu Verskaffers het laat weet dat die korting 5% moes wees, en dat hulle dit op die volgende staat sal insluit. E. Nandu Verskaffers het nie die 10% handelskorting afgetrek op ’n krediet-faktuur vir goedere aangekoop nie. Die korrekte netto bedrag van R11 160 is in die krediteuregrootboekrekening in die boeke van Simple Winkels aangeteken. F. ’n Faktuur vir goedere aangekoop vir R6 300 op 30 Augustus 2023 is nie op die staat van Nandu Verskaffers nie. Die staat se datum is 28 Augustus 2023. 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 7 HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 2: KOSTEREKENINGKUNDE (40 punte; 35 minute) 2.1 WESTERN VERVAARDIGERS Die besigheid vervaardig skoolbaadjies. Die finansiële jaar het op 28 Februarie 2023 geëindig. GEVRA: 2.1.1 Bereken die volgende vir die finansiële jaar: x Direkte materiaalkoste (5) x Direkte arbeidskoste (7) 2.1.2 Verwys na Inligting D Bereken die korrekte fabrieksbokoste deur die foute en weglatings in ag te neem. Dui ’n toename aan met (+) of ’n afname met (-) by die gegewe totaal. Toon alle bewerkings. (8) 2.1.3 Voltooi die Goedere-in-bewerkingrekening in die Algemene Grootboek. (7) INLIGTING: A. Voorraadsaldo’s: 28 FEBRUARIE 2023 1 MAART 2022 R R Grondstowwe 62 300 56 700 Goedere-in-bewerking 47 760 71 300 B. Transaksies vir die jaar: (i) Grondstowwe ter waarde van R522 000 is aangekoop. (ii) Beskadigde grondstowwe ter waarde van R11 200 is aan verskaffers teruggestuur. C. Besonderhede van produksiewerkers: Aantal werkers 6 Gewone ure gewerk (basies) 1 640 ure per werker Gewone tydtarief R40 per uur Totale ure oortyd vir alle werkers 525 ure Oortydtarief 60% meer as gewone tydtarief Die besigheid dra 1% tot die WVF en 9% tot ʼn pensioenfonds by, namens al die werknemers, gebaseer op hul gewone (basiese) lone. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 9 D. Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R321 580 bereken. Die volgende foute en weglatings is opgemerk: (i) Die lone van die skoonmaker is nie in berekening gebring nie. Die skoonmaker verdien R64 800 per jaar. 65% van sy tyd word in die fabriek deurgebring. (ii) 70% van die huuruitgawe moet aan die fabriek toegedeel word. Die totale huuruitgawe van R126 000 is as deel van die fabrieksbokoste aangeteken. (iii) Water en elektrisiteit moet in die verhouding 5 : 2 tussen die fabriek en die verkoopsdepartement verdeel word. Die boekhouer het egter die helfte van die water en elektrisiteitrekening, R28 700, na die fabrieks-bokosterekening oorgedra. 2.2 NELSON SE FABRIEK Nelson John, die eienaar, het die volgende ontleding van koste, verkope en produksie van elektriese verwarmers verskaf. Die finansiële jaar het op 30 Junie 2023 geëindig. Die verwarmers word teen ’n winsopslag van 60% op kosprys verkoop. GEVRA: 2.2.1 Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 30 Junie 2023. (4) 2.2.2 Verduidelik of Nelson tevrede behoort te wees met die vlak van produksie vir hierdie finansiële jaar. Haal syfers aan. (3) 2.2.3 Identifiseer TWEE kostes waaroor Nelson bekommerd moet wees. Haal syfers aan. Verskaf in ELKE geval ’n moontlike oplossing vir hierdie probleem. (6) INLIGTING: 30 Junie 2023 30 Junie 2022 TOTAAL EENHEIDSPRYS EENHEIDSPRYS R R R Direkte Materiaalkoste 900 000 180,00 155,00 Direkte Arbeidskoste 820 000 164,00 163,00 Verkoops- en Verspreidingskoste 330 000 66,00 50,00 TOTALE VERANDERLIKE 2 050 000 410,00 KOSTE Fabrieksbokoste 475 000 95,00 113,00 Administrasiekoste 100 000 20,00 24,00 TOTALE VASTE KOSTE 575 000 115,00 137,00 Verkoopprys per eenheid 535,00 540,00 Eenhede geproduseer en 5 000 eenhede 4 200 eenhede verkoop Gelykbreekpunt ? 3 344 eenhede 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 3: BEGROTINGS (40 punte; 30 minute) SHEPSTONE WINKELS Die inligting uit die rekords is vir die begrotingstydperk wat eindig 31 Desember 2023. Die besigheid, wat besit word deur Cloe Dash, verkoop meubels. GEVRA: 3.1 Voltooi die Debiteure-invorderingskedule in die ANTWOORDEBOEK. (8) 3.2 Bereken die ontbrekende bedrae soos aangedui deur (i) tot (vi) in die uittreksel uit die Kontantbegroting vir November en Desember 2023. (16) 3.3 Bereken die % toename in die salarisse van die kantoorwerkers en verduidelik TWEE punte waarom hulle tevrede moet wees met die verhoging wat hulle in Desember sal kry. (6) 3.4 Cloe beplan om ’n afleweringsvoertuig gedurende Desember 2023 aan te koop en om ʼn gratis afleweringsdiens in die nuwe jaar aan te bied. 3.4.1 Bereken die totale koste van die aankoop van hierdie voertuig (insluitend rente en finansiële koste) vir die besigheid. (4) 3.4.2 Identifiseer TWEE addisionele items wat in die begroting ingesluit moet word sodra die voertuig gekoop is. (2) 3.4.3 Behalwe vir die moontlikheid van verhoogde verkope, verduidelik TWEE ander voordele wat die aankoop van die voertuig vir die besigheid kan inhou. (4) INLIGTING: A. Verkoopsyfers vir die begrotingstydperk: SEPTEMBER OKTOBER NOVEMBER DESEMBER Totale verkope R665 000 R675 500 R647 500 R630 000 x Goedere word teen ’n winsopslag van 75% op kosprys verkoop. x Kontantverkope bedra 40% van totale verkope. B. Krediet verkope word volgens die volgende tendens ingevorder: x 40% in die maand van verkope (hierdie debiteure ontvang 5% korting) x 45% in die maand wat volg op die maand van verkope x 12% twee maande na die maand van verkope x 3% word as oninbare skuld afgeskryf C. Aankope en betalings aan krediteure: x Verkoopte voorraad word in die maand van verkope vervang (’n basis- voorraad word gehandhaaf). x Alle aankope van handelsvoorraad is op krediet. x Krediteure word in die maand wat volg op die maand van aankope, betaal. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 11 D. Addisionele inligting: x Daar word verwag dat huurinkomste met 9% p.j. sal vanaf 1 Desember 2023 verhoog. x ’n Lening sal op 1 November 2023 ontvang word. ’n Vaste maandelikse paaiement sal aan die einde van elke maand betaal word. Rente teen 13% p.j. sal ook aan die einde van elke maand betaal word. x Versekering sal met 6% p.j. vanaf 1 Desember 2023 verhoog. x Die eienaar sal sy onttrekkings tot R7 500 per maand verminder vanaf 1 Desember 2023. 25% hiervan sal voorraad wees. E. Besonderhede van aankope van die afleweringsvoertuig: x ’n Deposito van 20% van die merkprys van die voertuig sal betaal word. x Nadat die motorhandelaar die totale rente en finansieringskoste bereken het, sal ’n maandelikse paaiement van R12 650 oor 36 maande betaal word. F. Uittreksel uit die Debiteure-invorderingskedule: Krediet- Maand OKTOBER NOVEMBER DESEMBER verkope SEPT 399 000 179 550 47 880 OKT 405 300 154 014 * * NOV 388 500 * 174 825 DES * 143 640 TOTAAL G. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir November and Desember 2023: NOV DES ONTVANGSTES R R Kontant verkope (i) 252 000 Huurinkomste 10 200 (ii) Lening: Nerd Bank (iii) BETALINGS Betalings aan krediteure (vir voorraad) 386 000 (iv) Versekering (v) 3 975 Onttrekkings 9 500 (vi) Salarisse: kantoorwerkers 67 500 70 200 Salarisse: bestuurders 92 000 94 300 Afleweringskostes (FastG Dienste) 25 900 25 200 Deposito vir afleweringsvoertuig - 76 000 Paaiement: afleweringsvoertuig - 12 650 Paaiement op lening 12 000 12 000 Rente op lening 5 200 ? 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 REKENINGKUNDE V2 (EC/NOVEMBER 2023) VRAAG 4: BTW EN VASTE BATES (30 punte; 25 minute) 4.1 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW) Lashes Handelaars is vir BTW geregistreer. Hy het nulkoersitems in sy voorraad, sowel as goedere wat aan die standaard BTW-koers van 15% onderhewig is. GEVRA: 4.1.1 Gee EEN verduideliking waarom sommige goedere as nulkoers geklassifiseer is. (2) 4.1.2 Bereken die ontbrekende bedrag in die tabel wat voorsien is: BEDRAG BEDRAG BTW BEDRAG BTW UITGESLUIT BTW INGESLUIT 86 000 (i) 98 900 98 000 (ii) (iii) 62 790 11 910 (iv) (8) 4.2 VASTE BATES Die inligting het betrekking op SS Konsultante vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2023. Sydney, die eienaar, het die aanteken van toerusting verander. x Daar is besluit om die vyf rekenaars apart van ander toerusting aan te teken. x Die beleid vir waardevermindering is op 1 Maart 2022 as volg aangepas: o Rekenaars: 25% op kosprys o Ander toerusting: 20% op drawaarde x Drie van die vyf rekenaars is op 31 Julie 2022 met nuwer modelle vervang. Let op dat die ou rekenaars op dieselfde datum vir R17 200 elk gekoop is. ’n EFO-betaling vir die volle bedrag is op daardie datum gemaak. GEVRA: 4.2.1 Gee TWEE redes waarom Sydney sommige bates wou vervang. (4) 4.2.2 Verduidelik waarom Sydney die rekenaars apart wou aanteken. (2) 4.2.3 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek: x Rekenaars (teen kosprys) op 28 Februarie 2023. (7) x Bateverkoperekening op 31 Julie 2022. (7) Inligting verkry uit die Vaste Bate Register: 28 Feb 2023 28 Feb 2022 Rekenaars (teen kosprys) R 95 900 R 86 000 Opgehoopte waardevermindering op rekenaars ? 38 700 Toerusting (kosprys) 426 000 426 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 255 600 * Opgehoopte waardevermindering op die verkoopte rekenaars was R23 220 op 1 Maart 2022. Dit is verkoop teen R3 000 elk aan werknemers. Die werknemers het kontant vir hierdie rekenaars betaal. 30 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2023) REKENINGKUNDE V2 13 GRAAD 11 REKENINGKUNDE FINANSIËLE AANWYSERS FORMULEBLAD Bruto wins 100 Bruto wins 100 x x Netto wins 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 x Verkope 1 Bedryfsuitgawes 100 x Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale verdienste van vennoot 100 Netto wins 100 x x Vennoot se gemiddelde ekwiteit 1 Gemiddelde eienaarsekwiteit 1 Bedryfsbates: Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste (Handels- en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde debiteure 365 Gemiddelde krediteure 365 x x Kredietverkope 1 Kredietaankope 1 Gemiddelde voorraad 365 12 x of Koste van verkope Koste van verkope 1 1 Gemiddelde voorraad Nie-bedryfslaste: Eienaarsekwiteit Totale bates: Totale laste Totale vaste koste Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 11 Accounting

View all