Skip to content

Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202212 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 JUNIE 2022 REKENINGKUNDE V1 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn 11-bladsy antwoordeboek.
Downloaded from hlayiso.com 2 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2022) HOU HIERDIE BLADSY OOP. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V1 3 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1. Beantwoord AL die vrae. 2. ʼn Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. TYD VRAAG ONDERWERP PUNTE (minute) State: Omvattende Inkomste en 1 60 45 Finansiële Posisie Finansiële aanwysers en 2 40 30 Kontantvloeistaat 3 Vertolking van Finansiële Inligting 35 30 4 Korporatiewe bestuur 15 15 TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2022) VRAAG 1: STATE: OMVATTENDE INKOMSTE EN FINANSIËLE POSISIE (60 punte; 45 minute) Die inligting hou verband met John-Vos Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022. GEVRA: Voltooi die volgende: (LET WEL: Sommige inligting is in die ANTWOORDEBOEK gedruk.) 1.1 Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022. (40) 1.2 Behoue Inkomste-nota op 28 Februarie 2022. (7) 1.3 EKWITEIT en LASTE-afdeling van die Staat van Finansiële Posisie op 28 Februarie 2022. (13) INLIGTING: A. Bedrae wat op 28 Februarie 2022 uit die rekords onttrek is. R Lening: Sparks Bank 610 320 Krediteurekontrole 562 500 Vaste deposito: Winde Bank 150 000 Handelsvoorraad 900 000 Bank (gunstige saldo) 469 500 Debiteurekontrole 593 000 Voorsiening vir oninbare skulde (1 Maart 2021) 34 120 SAID: Inkomstebelasting (Dt.) 660 000 SAID: LBS 36 000 Pensioenfonds 13 500 Verkope 8 085 500 Versekering 48 750 Oninbare skulde 33 260 Huur inkomste 85 100 Direkteursfooie 825 000 Verbruiksgoedere 33 900 Rente op vaste deposito 11 090 Oninbare skulde verhaal 11 760 Gewone aandele dividende 237 500 B. Addisionele inligting: (i) Winsopslag: ʼn Winsopslag van 100% op koste is gedurende die finansiële jaar gehandhaaf. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V1 5 (ii) Gewone aandelekapitaal en dividende: • Op 1 Mei 2021 is ʼn addisionele 300 000 aandele uitgereik. • Op 1 September 2021 het die maatskappy 40 000 aandele teen 80 sent bo die gemiddelde aandeelprys van R8,50 elk teruggekoop. • 950 000 aandele was op 28 Februarie 2022 in uitreik. • Die totale dividend vir die jaar het R570 000 beloop. C. Aansuiwerings nie in berekening gebring nie: (i) Totaal beskadigde goedere wat op 26 Februarie 2022 teruggestuur is, is verkeerdelik as R7 200 aangeteken. Die bedrag volgens die kredietnota wat uitgereik is, is R2 700. (ii) Verbruiksgoedere voorhande op 28 Februarie 2022, R5 900. (iii) ʼn Bedrag van R2 240 ontvang van F. Solomon wie se rekening as oninbaar afgeskryf is, is verkeerdelik na die oninbare skulde-rekening oorgeboek. (iv) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot R29 660 aangepas word. (v) Die versekeringsrekening sluit ʼn jaarlikse premie van R22 500 in wat vir die tydperk 1 Julie 2021 tot 30 Junie 2022 betaal is. (vi) Die perseel word sedert 1 April 2021 verhuur met ʼn ooreenkoms dat huur met R1 000 per maand verminder, word met ingang van 1 Januarie 2022. Die huur vir Februarie 2022 is nog uitstaande. (vii) Die maatskappy betaal dieselfde maandelikse fooi aan alle direkteure. Een van die direkteure het op 30 November 2021 bedank en ʼn nuwe direkteur is op 1 Februarie 2022 aangestel. Die fooie van die nuwe direkteur is nog uitstaande. (viii) Diverse uitgawes is die ontbrekende syfer in die Staat van Omvattende Inkomste. (ix) Nadat alle aansuiwerings in ag geneem is, is die bedryfswins akkuraat as R1 602 190 bereken. (x) Uittreksel uit die leningstaat wat van Sparks Bank ontvang is: Rente gekapitaliseer ? Terugbetalings (insluitend rente) 161 280 Saldo aan die einde van die finansiële jaar 703 800 R100 000 van die lening sal in die volgende finansiële jaar terugbetaal word. (xi) Die inkomstebelastingkoers is 30%. 60 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2022) VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT (40 punte; 30 minute) GEVRA: 2.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2022: 2.1.1 Skuld-ekwiteit verhouding (3) 2.1.2 Verdienste per aandeel (VPA) (4) 2.1.3 Dividenduitbetalingskoers (%) (3) 2.1.4 % opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (5) 2.2 Voltooi die volgende afdeling vir Kontant uit bedrywighede gegenereer: • Kontantgevolge van veranderinge in bedryfskapitaal. (Kontantuitvloei moet tussen hakies getoon word.) (9) 2.3 Bereken die volgende bedrae vir die Kontantvloeistaat: 2.3.1 Belasting betaal (5) 2.3.2 Opbrengs uit verkoop van vaste bates (5) 2.3.3 Fondse gebruik vir die terugkoop van aandele (2) 2.4 Voltooi die volgende afdeling van die Kontantvloeistaat: • Netto verandering in kontant en kontantekwivalente (4) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste op 30 April 2022: Waardevermindering R 280 800 Rente uitgawe 151 200 Netto wins voor belasting 1 660 000 Netto wins na belasting 1 162 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V1 7 B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie en notas: 30 April 2022 30 April 2021 Vaste bates (drawaarde) 11 434 000 9 984 400 Vaste deposito’s 120 000 600 000 Bedryfsbates 1 202 400 906 000 Handels en ander ontvangbares (Nota 1) 481 800 352 500 Kontant en kontantekwivalente 6 000 67 800 Aandeelhouersbelang 10 776 400 8 893 800 Nie-bedryfslaste 1 080 000 1 440 000 Bedryfslaste 900 000 1 156 600 Handels en ander betaalbares 432 000 814 600 Bankoortrekking 264 000 0 Aandeelhouers vir dividende 144 000 192 000 Nota 1: Handels en ander ontvangbares Netto handelsdebiteure 448 000 323 800 Opgelope inkomste 28 400 SAID (Inkomstebelasting) 5 400 28 700 481 800 352 500 C. Vaste bates: • Die totale koste vir die verkryging van ʼn nuwe voertuig en uitbreidings aan die geboue gedurende die jaar het R1 632 000 beloop. • Gedurende die jaar is toerusting teen drawaarde verkoop. D. Aandelekapitaal • Addisionele aandele is op 1 Mei 2021 uitgereik. • Op 30 April 2022 is aandele teruggekoop. Die waarde van die aandele volgens gemiddelde uitreikingsprys het R25 000 beloop. Die prys gevra was 10% meer as die gemiddelde uitreikingsprys. E. Dividende en verdienste per aandeel: 30 April 2022 30 April 2021 Interim dividend (per aandeel) 45 sent 25 sent Finale dividend verklaar (per aandeel) 25 sent 15 sent Verdienste per aandeel ? 94 sent 40 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2022) VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (35 punte; 30 minute) 3.1 Kies die finansiële staat(e) in KOLOM B wat by die finansiële aanwyser in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (3.1.1 tot 3.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 3.1.1 solvensie A Staat van Omvattende Inkomste 3.1.2 opbrengs op kapitaal B Staat van Finansiële Posisie aangewend 3.1.3 winsgewendheid C State van Omvattende Inkomste en Finansiële Posisie D Kontantvloeistaat (3 x 1) (3) 3.2 MIGUELE BPK. Die inligting vir hierdie maatskappy hou verband met die finansiële jaar geëindig op 28 Februarie 2022. GEVRA: 3.2.1 Die direkteure is tevrede met die verbetering in die likiditeit van die maatskappy. Haal aan en verduidelik DRIE finansiële aanwysers met syfers en tendense wat ʼn verbetering van die likiditeitsposisie toon. (6) 3.2.2 Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede met hul opbrengs op belegging in die maatskappy moet wees. Haal syfers en tendense in jou verduideliking aan. (4) 3.2.3 Een van die direkteure voel dat die maatskappy die lening so gou moontlik moet terugbetaal. Verduidelik hoekom jy nie met hom saamstem nie. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers en tendense aan. (6) 3.2.4 Een van die aandeelhouers wil haar aandele teen R6 elk verkoop. • Verskaf EEN rede waarom jy met haar sal saamstem om haar aandele te verkoop. Haal ʼn finansiële aanwyser met syfers en tendense aan. (2) • Verskaf EEN rede waarom jy nie met haar sal saamstem om haar aandele te verkoop nie. Haal ‘n finansiële aanwyser met syfers en tendense aan. (2) 3.2.5 Die aandeelhouers behoort tevrede te wees met die verdienste per aandeel (VPA) want dit is beter as die vorige jaar. Verduidelik waarom jy met hulle saamstem. Haal syfers en berekeninge aan. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V1 9 INLIGTING: A. Finansiële aanwysers, rentekoerse en markprys van aandele: 28 Februarie 28 Februarie 2022 2021 Bedrysverhouding 2,1: 1 2,9 : 1 Vuurproefverhouding 1,4 : 1 1:1 Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode 35 dae 28 dae Gemiddelde krediteure-betalingsperiode 65 dae 90 dae Voorraadomsetsnelheid 10,2 keer 9,1 keer Skuld/ekwiteit-verhouding 0,3 : 1 0,3 : 1 Dividende per aandeel 80 sent 55 sent Verdienste per aandeel 104 sent 75 sent % opbrengs op aandeelhouersbelang 15,3% 10,4% % opbrengs op totale kapitaal aangewend 17,2% 12,1% Netto batewaarde 650 sent 625 sent Rentekoers op lenings 14% 13% Rentekoers op vaste deposito’s 7% 7% Markprys van aandele 600 sent 640 sent Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2022) 3.3 SOCKER BPK. EN BOLL BPK. Die inligting hou verband met twee maatskappye wat in dieselfde bedryf meeding. Die finansiële jaar van elke maatskappy eindig op die laaste dag van Mei. LET WEL: Alton Flan is ʼn aandeelhouer in beide maatskappye. Albei maatskappye sal in die nuwe finansiële jaar nuwe aandele uitreik. Alton Flan oorweeg dit om slegs nuwe aandele in Socker Bpk. te koop. GEVRA: 3.3.1 Verduidelik watter effek hierdie oorweging op die % aandeelhouding van Alton Flan in ELKE maatskappy sal hê. Haal syfers en tendense aan. (6) 3.3.2 Bereken die aantal aandele wat Alton Flan in Boll Bpk. kan koop. (2) INLIGTING: A. Uittreksels uit rekeningkundige rekords op 31 Mei 2022. SOCKER BOLL BPK. BPK. Aantal aandele in uitreik 980 000 1 000 000 Aantal aandele deur Alton Flan besit 450 800 550 000 B Aandele wat in die nuwe finansiële jaar uitgereik word. SOCKER BOLL BPK. BPK. Totale aantal aandele 120 000 80 000 Aantal aandele wat Alton Flan oorweeg om te koop 110 200 0 Uitreikingsprys R5 R4 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V1 11 VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute) Jy word voorsien van ʼn uittreksel van die ouditverslag vir Tantass Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022. 4.1 Verduidelik die rol van die vergoedingskomitee en gee ʼn rede waarom daar ʼn behoefte aan hierdie komitee is. (3) 4.2 Verduidelik waarom die ouditeur na bladsye 7 tot 22 in hierdie verslag verwys het. (2) 4.3 Identifiseer die tipe ouditverslag wat die maatskappy ontvang het en gee ʼn rede vir jou antwoord. (2) 4.4 Verduidelik die effek van hierdie tipe verslag vir die beeld van die maatskappy. Verskaf TWEE punte. (4) 4.5 Noem TWEE moontlike gevolge vir die onafhanklike ouditeur indien hy NIE na die verhoging in direkteursfooie verwys het NIE. (4) INLIGTING: Uittreksel uit die ouditeurverslag: Grondslag vir Opinie In die loop van die oudit is bevind dat die verhoging in direkteursfooie nie deur die Vergoedingskomitee gemagtig is nie. Oudit Mening Ons het die finansiële state, soos uiteengesit op bladsye 7 tot 22, geoudit. Na ons mening gee die finansiële state die finansiële posisie van die maatskappy op 28 Februarie 2022 redelik weer, behalwe vir die verhoging in direkteursfooie, wat nie gemagtig is nie. Rivas en Miller Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure 31 Mei 2022 15 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 REKENINGKUNDE V1 (EC/JUNIE 2022) GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins 100 Bruto wins 100 x x Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins na belasting 100 Netto wins voor belasting 100 x x Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes 100 Bedryfswins 100 x x Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope . Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope/Kredietaankope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar ʼn verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende ʼn finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all