Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
JUNIE 2022
REKENINGKUNDE V2
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye, insluitend ʼn formuleblad en ʼn
9-bladsy antwoordeboek.
Skip to contentAll 2022 papers 

%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)

%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)



Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2022 QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Eastern Cape June 2022 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · Eastern Cape June · 2022 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- Eastern Cape June
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 12
- File size
- 234.6 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 12
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2022)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.
1. Beantwoord AL die vrae.
2. ʼn SPESIALE ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. ʼn FORMULEBLAD met finansiële aanwysers is by die vraestel aangeheg. Jy
mag dit gebruik indien nodig.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag ʼn donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van
toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ʼn riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
Krediteurerekonsiliasie en die bestuur van
1 30 20
kontant
2 Kosteberekeninge 50 40
3 Voorraad 35 30
4 Vaste Bates en interne ouditprosesse 35 30
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V2 3
HOU HIERDIE
BLADSY
OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 1: KREDITEUREREKONSILIASIE EN BESTUUR VAN KONTANT
(30 punte; 20 minute)
1.1 KREDITEUREREKONSILIASIE
Die onervare boekhouer van Lavender Handelaars het die krediteuregrootboek-
rekening vir Fragrance Verskaffers, ʼn groot krediteur van die besigheid, voltooi.
Die saldo stem nie ooreen met die uitstaande saldo volgens die staat wat van
Fragrance Verskaffers ontvang is nie.
GEVRA:
1.1.1 Verwys na Inligting A, B en C
Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK om die saldo in die
krediteure-grootboek met die saldo wat in die staat verskyn, te versoen.
Gebruik ʼn “+” vir ’n toename en ʼn “–” vir ’n afname langs elke bedrag. (13)
1.1.2 Verwys na Inligting D
Bereken die gemiddelde krediteurebetalingstermyn (in dae) . (5)
1.1.3 Verskaf TWEE interne beheermaatreëls wat geïmplementeer kan word
om beter bestuur van krediteure te verseker. (4)
INLIGTING:
A. Krediteuregrootboek van Lavender Handelaars:
Fragrance Verskaffers (K 12)
Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo
01/06/22 Saldo R 20 500
05/06/22 Faktuur 532 7 125 27 625
10/06/22 Debietnota 57 750 26 875
14/06/22 EFO 10 000 16 875
Korting 500 16 375
20/06/22 Faktuur 575 7 900 24 275
23/06/22 Faktuur 2997 12 500 36 775
27/06/22 EFO 8 000 28 775
Korting 400 28 375
B. Staat ontvang van Fragrance Verskaffers:
Fragrance Verskaffers
Rekening van: Lavender Handelaars Datum: 25 Junie 2022
Datum Besonderhede Debiet Krediet Saldo
01/06/22 Saldo R 20 500
05/06/22 Faktuur 532 7 500 28 000
10/06/22 Debietnota 57 750 28 750
14/06/22 Kwitansie 10 000 18 750
Korting 1 000 17 750
20/06/22 Faktuur 575 9 700 27 450
20/06/22 Faktuur 678 6 320 33 770
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V2 5
C. Addisionele inligting:
(i) Fragrance Verskaffers het nagelaat om 5% handelskorting op
Faktuur 532 af te trek.
(ii) Debietnota 57 is deur Fragrance Verskaffers verkeerd gehanteer.
(iii) Fragrance Verskaffers het 10% korting aan Lavender Handelaars
toegestaan op die betaling op 14 Junie 2022, omdat die betaling
voor die 15de van die maand gedoen is.
(iv) Lavender Handelaars het Faktuur 575 verkeerd aangeteken.
(v) Faktuur 2997 was vir aankope van Frequent Winkels en nie van
Fragrance Verskaffers nie.
(vi) Lavender Handelaars het nagelaat om Faktuur 678 in te skryf.
(vii) Fragrance Verskaffers sluit hulle inskrywings op die 25ste van elke
maand af.
D. Inligting op 30 Junie 2022 (jaar-einde):
Koste van verkope R1 440 000
Kredietaankope vir die jaar 832 200
Kontantaankope vir die jaar 360 000
Saldo van Krediteurekontrole (1 Julie 2021) 100 000
Saldo van Krediteurekontrole (30 Junie 2022) 128 000
1.2 BESTUUR VAN KONTANT
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Eden Kwekerye.
1.2.1 Op 31 Mei 2022 het die boekhouer die Bank Rekonsiliasiestaat vir die
eienaar gegee en twee groot uitstaande deposito’s is opgemerk. Na
verdere ondersoek van die kwitansieboek het dit geblyk dat hierdie
fondse deur die bestuurder soos volg ontvang is:
• 15 Mei 2022 R62 500
• 20 Mei 2022 R50 600
Verskaf TWEE bekommernisse, rakende hierdie deposito’s, waaroor
die eienaar besorgd behoort te wees. (4)
1.2.2 Verskaf TWEE voorstelle wat gebruik kan word om te verseker dat dit
nie weer sal gebeur nie. (4)
30
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 2: KOSTEBEREKENINGE (50 punte; 40 minute)
2.1 STUTTERHEIM VERVAARDIGERS
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Stutterheim Vervaardigers vir
die finansiële jaar geëindig 30 April 2022. Hulle vervaardig koffietafels.
GEVRA:
2.1.1 Voltooi die Produksiekostestaat vir die jaar geëindig 30 April 2022. (17)
2.1.2 Voltooi die verkorte Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat)
vir die jaar geëindig 30 April 2022. (10)
INLIGTING:
A. Voorraadrekords 30 April 2022 1 Mei 2021
Grondstofvoorraad R175 680 R112 800
Goedere-in-bewerking ? R426 000
B. Uittreksel uit die rekords op 30 April 2022 (voor die addisionele
inligting hieronder):
Grondstowwe aangekoop R1 665 000
Grondstowwe aan verskaffers teruggestuur R63 000
Direkte materiaalkoste ?
Direkte arbeidskoste 2 150 880
Fabrieksbokoste 1 405 350
Verkoops- en verspreidingskoste 1 829 550
Administrasiekoste 1 331 850
Koste van produksie van klaarprodukte ?
Bruto wins 3 750 000
C. Addisionele inligting wat in ag geneem moet word:
(i) Die totale versekeringsuitgawe van R68 250 is verkeerdelik as deel
van administrasiekoste aangeteken. 60% van hierdie uitgawe moet
aan die fabriekbokoste toegedeel word.
(ii) Fabrieksbokoste sluit die totale bedrag vir huur betaal vir die
finansiële jaar in, R108 900. Huuruitgawes moes toegeken gewees
het volgens vloeroppervlakte wat beset is, soos volg:
fabriek 400 m2; winkel 80 m2; kantoor 120 m2.
D. Produksie:
Stutterheim Vervaardigers het 39 000 eenhede teen ʼn koste van R135 elk
vervaardig.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V2 7
2.2 EENHEIDSKOSTE EN GELYKBREEK
Lexus Vervaardigers vervaardig pennesakkies.
GEVRA:
2.2.1 Verduidelik die verskil tussen vaste koste en veranderlike koste. (2)
2.2.2 Bereken die gelykbreekpunt vir 2022. (5)
2.2.3 Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt en die vlak van produksie vir
2021 en 2022. Haal syfers aan. (6)
2.2.4 Identifiseer die veranderlike koste waaroor die eienaar besorgd behoort
te wees. Verduidelik en verskaf ’n berekening om jou antwoord te
ondersteun. (4)
2.2.5 Alhoewel daar ʼn daling in die vaste koste per eenheid was, is die eienaar
steeds nie tevrede met die kontrole oor vaste koste nie. Verduidelik
waarom hy so voel en verskaf berekeninge om sy bekommernis te
ondersteun. (4)
2.2.6 Gee EEN moontlike rede vir die daling in die verkoops- en
verspreidingskoste. (2)
INLIGTING:
A. PENNESAKKIE
EENHEIDSKOSTE
2022 2021
Veranderlike koste R34,80 R33,00
Direkte materiaalkoste 18,09 17,40
Direkte arbeidskoste 12,15 10,50
Verkoops- en
4,56 5,10
verspreidingskoste
Vaste koste 16,20 16,50
Fabrieksbokoste 10,50 10,95
Administrasiekoste 5,70 5,55
Verkoopprys per eenheid 53,40 49,50
Eenhede geproduseer en
240 000 eenhede 195 000 eenhede
verkoop
Gelykbreekpunt ? 195 000 eenhede
B. Addisionele inligting:
Aanvaar dat die inflasiekoers 6% vir die huidige finansiële jaar is.
50
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 3: VOORRAAD (35 punte; 30 minute)
3.1 VOORRAADWAARDASIE
Jy word voorsien van inligting rakende Happy Hats. Die besigheid verkoop
sonhoede. Hulle gebruik die periodieke voorraadstelsel en die geweegde-
gemiddelde metode om hul voorraad te waardeer.
Happiness is die eienaar van die besigheid. Nelson, die bestuurder, is
verantwoordelik vir die dag tot dag bestuur van die besigheid.
GEVRA:
3.1.1 Bereken die volgende vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2022:
• Waarde van slotvoorraad (10)
• Bruto wins (6)
3.1.2 Happiness ontdek dat Nelson vanaf Augustus 2021 opgehou het om
aankope te doen van die gewone verskaffer van hoede, sonder om vir
hom van hierdie verandering in te lig. Hy ontdek ook dat die nuwe
verskaffer Nelson se niggie is.
Watter advies kan jy aan Happiness in hierdie verband gee? Noem
TWEE punte. (4)
INLIGTING:
A. Voorraadsaldo’s
EENHEDE TOTAAL
1 Maart 2021 412 R63 140
28 Februarie 2022 320 ?
B. Aankope gedurende die jaar:
MAAND EENHEDE EENHEIDS- VRAGGELD TOTAAL
KOSTE (per eenheid) (insluitend
vraggeld)
Mei 2021 530 R135 R10,00 R76 850
Julie 2021 760 R142 R16,00 R120 080
Oktober 2021 380 R156 R18,00 R66 120
Desember 2021 340 R168 R24,00 R65 280
TOTAAL 2 010 R328 330
C. Terugsendings vir die jaar: (kosprys plus vraggeld is terugbetaal)
VANAF MAAND VAN EENHEDE EENHEIDS- VRAGGELD TOTAAL
AANKOOP KOSTE (per eenheid) (insluitend
vraggeld)
Julie 2021 10 R142 R16,00 R1 580
Oktober 2021 8 R156 R18,00 R1 392
Desember 2021 4 R168 R24,00 R768
TOTAAL 22 R3 740
D. Skenking:
20 sonhoede van die Mei 2021 besending is aan ʼn plaaslike skool, wat
leerders op ʼn opvoedkundige toer geneem het, geskenk.
E. Verkope:
1 986 hoede is gedurende die finansiële jaar teen R220 elk verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V2 9
3.2 BESTUUR VAN VOORRAAD (PROBLEEMOPLOSSING)
Behalwe die sonhoede, verkoop Happy Hats ook sonbrille en strandsakke. Jy
word voorsien van inligting uit hul voorraadrekords op 28 Februarie 2022.
GEVRA:
3.2.1 As gevolg van probleme met voorraaddiefstal, het Happiness
sekuriteitskameras geïnstalleer. Ten spyte hiervan, vermoed hy dat
sonhoede nog steeds gesteel word.
Verskaf ʼn berekening om te bewys dat sonhoede gesteel word. Gee
TWEE punte van advies vir Happiness om hierdie probleem aan te
spreek. (9)
3.2.2 Happiness is onseker of hy die korrekte verkooppryse vir die sonbrille
en strandsakke vra.
Gee vir hom advies oor ELKE produk. Haal syfers aan. (6)
INLIGTING:
SON- SON- STRAND-
HOEDE BRILLE SAKKE
(EENHEDE) (EENHEDE) (EENHEDE)
Aantal eenhede verkoop 1 986 1 850 740
Beginvoorraad 412 250 240
Slotvoorraad 320 280 420
Aankope (minus terugsendings en
1 968 1 880 920
donasies)
Geweegde gemiddelde kosprys per
R2 750 R390
eenheid
Verkoopprys per eenheid R3 438 R702
Wins-opmerk % 25% 80%
Voorraadhoudingsperiode 52 dae 163 dae
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 REKENINGKUNDE V2 (EC/JUNIE 2022)
VRAAG 4: VASTE BATES EN INTERNE OUDITPROSESSE (35 punte; 30 minute)
4.1 VASTE BATES
Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Fezeka Handelaars Bpk. Die
finansiële jaar het op 30 Junie 2022 geëindig.
GEVRA:
4.1.1 Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek.
Alle rekeninge moet gesaldeer of afgesluit word op 30 Junie 2022.
Let op dat sommige bedrae reeds in jou ANTWOORDEBOEK ingevul
is.
• Toerusting (7)
• Opgehoopte waardevermindering op toerusting (12)
• Bateverkope (7)
INLIGTING:
A. Op 31 Maart 2022 is ou kantoortoerusting kontant verkoop teen ʼn wins
van R2 000. Hierdie toerusting is op 1 Julie 2020 teen ʼn koste van
R35 000 aangekoop.
B. Op 1 April 2022 is nuwe toerusting ter waarde van R192 000 op krediet
aangekoop en ʼn EFO is gedoen om installeringskoste van R3 000 te
betaal.
C. Waardevermindering word bereken teen 20% p.j. op drawaarde.
4.2 INTERNE OUDITPROSESSE
Die Raad van Direkteure het hul kommer uitgespreek dat ten spyte daarvan
dat ʼn interne ouditeur aangestel is om interne beheerprosesse in plek te stel,
die eksterne ouditverslag aandui dat sekere sake-reise deur die HUB nie
geverifieer kan word nie. Die eksterne ouditeure was met alle ander bewyse
wat aangebied is, tevrede.
GEVRA:
4.2.1 Noem die tipe verslag wat ontvang is. (1)
4.2.2 Verduidelik TWEE moontlike gevolge van hierdie ouditverslag vir die
maatskappy. (4)
4.2.3 Hoe behoort die Raad van Direkteure hierdie saak te hanteer? Verskaf
TWEE punte. (4)
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/JUNIE 2022) REKENINGKUNDE V2 11
GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel en ander ontvangbare bedrae + Kontant en kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope .
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
Netto inkomste na belasting x 100
Netto inkomste na belasting x 100 Getal uitgereikte aandele 1
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1
(*Sien nota hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende ʼn finansiële jaar ʼn verandering in die aantal
uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk
gebruik.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2022 Memo (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 Memo (Afr)
%20SEP%202022%20Answer%20Book_hlayiso.com_--d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3/v1-665616d76b0918d13570/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 Addendum (Afr)
%202020%20Preparatory%20Question%20Paper_hlayiso.com_--813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119/v1-1eb00d6628aa32a175b1/card.webp)
Question paper
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2020 QP (Afr)

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Memo (Afrikaans)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Memo (Afrikaans)

Addendum
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN June 2025 Addendum

Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 KZN June 2025 Memo

Addendum