Skip to content

Accounting Grade 12 P1 NSC June 2021 Question Paper (Afr)

Question paperAccountingGrade 12202115 pages

Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/ NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN REKENINGKUNDE V1 2021 PUNTE: 150 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, 'n formuleblad en 'n 9 bladsy-antwoordeboek. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 2 DBE/2021 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. 1.
Downloaded from hlayiso.com Beantwoord AL die vrae. 2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord. 3. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien. 4. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 5. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord. 6. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing. 7. Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE. 8. Skryf netjies en leesbaar. 9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE. VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE 1 Transaksie-ontleding en Ouditverslag 20 15 2 Staat van Omvattende Inkomste 50 40 en Behoue-inkomste-nota 3 Finansiële Aanwysers en 35 30 Kontantvloeistaat 4 Vertolking van Finansiële State 45 35 en Korporatiewe Bestuur TOTAAL 150 120 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 3 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 1: TRANSAKSIE-ONTLEDING EN OUDITVERSLAG (20 punte; 15 minute)
Downloaded from hlayiso.com 1.1 Kies die korrekte woord uit dié wat tussen hakies gegee word. Skryf slegs die woord langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.1.1 Die konsep van (beperkte/onbeperkte) aanspreeklikheid verseker dat aandeelhouers in geval van bankrotskap nie vir die skuld van die onderneming aanspreeklik is nie. (1) 1.1.2 Wanneer finansiële state opgestel word, sal krediteure as handels- en ander (ontvangbare bedrae/betaalbare bedrae/ekwiteit) getoon word. (1) 1.1.3 Die aparte openbaarmaking van beduidende items, soos rente uitgawes, is 'n aanwending van die (omsigtigheids-/wesenlikheids-)- AARP-beginsel. (1) 1.2 ROCK-STONE BPK. GEVRA: Ontleed die transaksies hieronder volgens die opskrifte in die tabel wat in die ANTWOORDEBOEK verskaf word. ∙ Dui rekening gedebiteer en rekening gekrediteer in die Algemene Grootboek aan en die effek op die rekeningkundige vergelyking. Dui 'n vermeerdering as +, 'n vermindering as – en geen effek nie as 0 aan. Verwys na die voorbeeld verskaf. ∙ Aanvaar dat die banksaldo te alle tye gunstig is. Voorbeeld: Koop skryfbehoeftes op krediet, R3 200. REKENING REKENING BEDRAG B E L GEDEBITEER GEKREDITEER Skryfbehoeftes Krediteure 3 200 0 – + kontrole NR. bv. TRANSAKSIES: 1.2.1 Elektroniese fondsoordragte (EFO) van R136 000 in totaal is aan die aandeelhouers gemaak, wat die bedrag is wat aan die einde van die vorige finansiële jaar aan hulle verskuldig was. 1.2.2 Die maatskappy het R450 000 vir die uitreik van nuwe aandele ontvang. 1.2.3 Die inkomstebelastingaanslag vir die jaar is ontvang. Die inkomstebelastingbedrag, R338 200, het die voorlopige belasting betalings wat gemaak is, oorskry. (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 4 DBE/2021 SS/NSS
Downloaded from hlayiso.com 1.3 Onafhanklike ouditverslag: Jy word voorsien van 'n uittreksel van die ouditverslag vir Rock-Stone Bpk. vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 1.3.1 Identifiseer die tipe ouditverslag wat die maatskappy ontvang het. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2) 1.3.2 Verduidelik waarom die ouditeur verwys het na: ∙ Bladsy 8 tot 23 (2) ∙ Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die Maatskappywet van Suid-Afrika (2) 1.3.3 Noem enige TWEE ouditbewyse wat die ouditeure moontlik gebruik het. (2) INLIGTING: Uittreksel uit die ouditverslag: Aan Aandeelhouers Basis van Mening Ons het ons oudit volgens internasionale ouditstandaarde uitgevoer. Ons is onafhanklik van die maatskappy, soos van toepassing op die uitvoer van oudits, en met ander etiese vereistes volgens die professionele gedragskode. Die ouditbewyse wat ons bekom het, was voldoende en toepaslik. Mening Ons het die finansiële state, soos uiteengesit op bladsy 8 tot 23, geoudit. Dit bestaan uit die Staat van Omvattende Inkomste, Staat van Finansiële Posisie en die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. Na ons mening is die finansiële state, in alle wesenlike opsigte, 'n redelike voorstelling van die finansiële posisie van die onderneming soos vir die jaar toe geëindig, die finansiële prestasies en kontantvloei daarvan, in ooreenstemming met Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde en die vereistes van die Maatskappywet van Suid Afrika. Perun en Balan Geregistreerde Ouditeure 30 Mei 2021 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 5 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 2: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN BEHOUE-INKOMSTE
Downloaded from hlayiso.com NOTA (50 punte; 40 minute) PEYPER BEPERK Jy word voorsien van inligting oor die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021. GEVRA: 2.1 Verwys na Addisionele Inligting B(f). Bereken die waarde van die eindvoorraad op 28 Februarie 2021 deur die geweegdegemiddelde-metode te gebruik. (5) 2.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar geëindig 28 Februarie 2021. Sommige van die vooraansuiweringsgetalle is reeds vir jou aangebring. (37) 2.3 Stel die Behoue-inkomste-nota op 28 Februarie 2021 op. (8) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 6 DBE/2021 SS/NSS INLIGTING:
Downloaded from hlayiso.com A. Uittreksel uit die Vooraansuiweringsproefbalans op: Balansstaatrekeninge-afdeling 28 Feb. 2021 29 Feb. 2020 R R Gewone aandelekapitaal 13 650 000 14 650 000 Behoue inkomste ? 2 978 000 Lening: Wonder Bank 1 439 600 2 150 000 Voertuie ? 1 546 000 Toerusting ? 722 000 Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 858 000 Opgehoopte waardevermindering op toerusting ? 269 500 Handelsvoorraad 2 000 000 Debiteurekontrole 382 000 Voorsiening vir oninbare skulde ? 9 800 SAID (Inkomstebelasting) 520 000 Nominalerekeninge-afdeling Verkope ? Koste van verkope ? Direkteursgelde 4 836 000 Ouditfooie 497 200 Advertensies 342 400 Diverse uitgawes 88 000 Handelsvoorraadtekort ? Oninbare skulde verhaal 5 800 Huurinkomste 208 250 Rente-inkomste (op vaste deposito) ? Salarisse en lone 6 425 000 Waardevermindering (op voertuig verkoop) 41 250 Verpakkingsmateriaal 45 800 Wins op verkoop van voertuig ? Oninbare skulde 28 800 Gewone aandeledividende 672 000
Downloaded from hlayiso.com B. Addisionele inligting: (a) Die winsopslag behaal, is 160% op kosprys. Die korrekte bruto wins is R14 881 600. (b) Verpakkingsmateriaal gebruik gedurende die finansiële jaar, is R39 700. (c) R9 750 is uit die insolvente boedel van 'n debiteur ontvang en geboekstaaf, wat 65 sent in die rand uitbetaal het. Die oorblywende bedrag moet afgeskryf word. (d) Suiwer die voorsiening vir oninbare skulde tot R9 350 aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 7 DBE/2021 SS/NSS (e) Een van die werknemers was met siekverlof en is uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2021 gelaat. Haar salarisbesonderhede is soos volg: BRUTO AFTREKKINGS NETTO WERKGEWER SALARIS SALARIS S BYDRAE ? 30% van bruto salaris R23 800 R4 500* *Werkgewersbydraes word teen die Salarisse-en-lone-rekening gedebiteer. (f) Voorraadwaardasie: Die besigheid verkoop sonbrille. Die rekenmeester het die eindvoorraadbedrag, wat in die Proefbalans aangedui word, foutief bereken. Die geweegdegemiddelde-metode moes gebruik gewees het. Dit moet reggestel word. Die volgende besonderhede is van toepassing: ∙ Voorraad sonbrille: DATUM EENHEDE TOTALE WAARDE 1 Maart 2020 4 000 R2 433 000 28 Februarie 2021 2 400 ? ∙ Aankope van sonbrille gedurende die finansiële jaar: DATUM EENHEDE KOSPRYS TOTALE PER AANKOPE EENHEID R R 31 Mei 2020 4 200 650 2 730 000
Downloaded from hlayiso.com 15 Oktober 2020 4 800 790 3 792 000 11 Februarie 2021 2 500 820 2 050 000 TOTAAL 11 500 8 572 000 (g) Die perseel word die afgelope vyf jaar verhuur. Die huur vir Maart 2021 is ontvang en geboekstaaf. As gevolg van die grendeltyd is die huur vir slegs drie maande van April tot Junie 2020 met 25% verminder. (h) Lening: Wonder Bank ∙ Vaste maandelikse terugbetalings van R59 200 is gemaak en vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021 geboekstaaf. ∙ Die leningstaat het 'n balans van R1 652 000 getoon. ∙ Maak voorsiening vir rente op lening gekapitaliseer. (i) 'n Ou afleweringsvoertuig is op 31 Desember 2020 vir R88 400 kontant verkoop. Dit is korrek geboekstaaf. Besonderhede van die afleweringsvoertuig verkoop: Kosprys R198 000 Opgehoopte waardevermindering op datum van verkoop R115 500 Maak soos volg voorsiening vir waardevermindering: ∙ Op voertuie teen 25% p.j. op kosprys ∙ Op toerusting: R90 500 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 8 DBE/2021 SS/NSS (j) Die korrekte netto wins na belasting, ná alle aansuiwerings, is R1 342 080. Die inkomstebelastingkoers is 28% van die netto wins voor belasting. Rente- inkomste is die balanseersyfer. (k) Aandele en finale dividende: LET WEL: Die betrokke inskrywings is gedoen. ∙ 250 000 aandele is op 30 November 2020 teen R4,25 per aandeel teruggekoop. ∙ Op 28 Februarie 2021 het die gewone aandelekapitaal uit 3 412 500 aandele bestaan. ∙ 'n Finale dividend van 36 sent per aandeel is op 28 Februarie 2021 verklaar. Alle aandeelhouers op die register aan die einde van die finansiële jaar kwalifiseer vir finale dividende. 50
Downloaded from hlayiso.com Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 9 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 3: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT (35 punte; 30 minute) Die inligting het betrekking op Digital Giants Bpk. Die finansiële jaar eindig op 31 Maart. GEVRA: 3.1 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart 2021: 3.1.1 Skuld-ekwiteit-verhouding (3) 3.1.2 Netto batewaarde per aandeel (3) 3.1.3 Dividenduitbetalingkoers (4) 3.1.4 Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang (OOAB) (4) 3.2 Voltooi die tabel in die ANTWOORDEBOEK vir die volgende items vir die 2021- Kontantvloeistaat. Dui in ELKE val aan of dit 'n invloei of 'n uitvloei van kontant is. 3.2.1 Verandering in ontvangbare bedrae (3) 3.2.2 Verandering in betaalbare bedrae (3) 3.3 Bereken die volgende syfers vir die 2021-Kontantvloeistaat: 3.3.1 Belasting betaal (4) 3.3.2 Dividende betaal (4) 3.3.3 Opbrengs uit verkoop van vaste bates (5) 3.3.4 Fondse gebruik vir die terugkoop van aandele (2) INLIGTING: A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 31 Maart 2021: Waardevermindering: R 785 000 Op voertuie 475 000 Op toerusting 310 000 Netto wins voor belasting 3 955 000 Inkomstebelasting 1 085 000 Netto wins na belasting 2 870 000 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 10 DBE/2021 SS/NSS B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie: 31 Maart 31 Maart 2021 R 2020 R
Downloaded from hlayiso.com Vaste bates teen drawaarde 8 865 000 8 878 000 Voorrade 585 700 391 200 Debiteurekontrole 418 000 390 000 Krediteurekontrole 520 000 359 200 Inkomste vooruit ontvang 16 000 0 SAID: Inkomstebelasting 354 000 (Kt.) 124 000 (Dt.) Gewone aandeelhouersbelang 10 387 600 6 910 000 Gewone aandelekapitaal 7 280 000 5 950 000 Behoue inkomste 3 107 600 960 000 Verbandlening 2 450 000 2 800 000 Aandeelhouers vir dividende 262 400 210 000 C. Aandele: ∙ 700 000 aandele is reeds op 31 Maart 2020 uitgereik. ∙ 120 000 nuwe aandele is op 1 April 2020 teen R12,60 per aandeel uitgereik. ∙ 20 000 aandele is op 31 Maart 2021 vir 50% meer as die gemiddelde uitreikprys van R9,10 per aandeel teruggekoop. Hierdie aandele het vir finale dividende gekwalifiseer. D. Dividende betaal/verklaar was soos volg vir die finansiële jaar: DATUM DIVIDEND PER BEDRAG AANDEEL Interim 15 Augustus 2020 45 sent R? Finaal 31 Maart 2021 32 sent R262 400 E. Vaste bates: ∙ Aanbouings aan die gebou is gedurende die finansiële jaar teen 'n koste van R1 360 000 voltooi. ∙ Toerusting is gedurende die finansiële jaar teen drawaarde verkoop. ∙ Geen ander vaste bates is aangekoop of verkoop nie. F. Uittreksel: Finansiële aanwysers: 31 Maart 2021 31 Maart 2020 Skuld-ekwiteit-verhouding ? 0,4 : 1
Downloaded from hlayiso.com Verdienste per aandeel (VPA) 350 sent 314 sent Bedryfsverhouding 2,7 : 1 1,8 : 1 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 11 DBE/2021 SS/NSS VRAAG 4: VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE EN KORPORATIEWE BESTUUR (45 punte; 35 minute) 4.1 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die tipe direkteur in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommers (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 4.1.4 D. KOLOM A KOLOM B 4.1.1 A Uitvoerende direkteur lid van die direksie, maar nie vir daaglikse bestuursfunksies 4.1.2 verantwoordelik nie Misdadige direkteur B 4.1.3 lid van die direksie wat ook Nie-uitvoerende bestuurs verantwoordelikhede het direkteur C skuldig bevind aan ernstige misdrywe (3 x 1) (3) 4.2 LIBRA BEPERK Die onderneming dryf handel met rekenaarhardeware en -sagteware van internasionale maatskappye. Die inligting het betrekking op die afgelope twee finansiële jare, geëindig 30 April. Anton Buys is die HUB en daar is vyf ander direkteure in die maatskappy. GEVRA: 4.2.1 Verwys na Inligting A. Die bedryfsverhouding en vuurproefverhouding toon dat die maatskappy se likiditeitsposisie oor die afgelope twee finansiële jare verswak het. Identifiseer TWEE ander likiditeitsaanwysers wat ook toon dat die maatskappy in die toekoms waarskynlik ernstige likiditeitsprobleme sal hê. Verduidelik EEN punt in ELKE geval (met syfers). (4) 4.2.2 Verwys na Inligting A en B. Die maatskappy het die lening verhoog om die aankoop van addisionele eiendom in 'n nuwe voorstad te finansier. Hulle het gehoop dat dit die aanvraag na hulle produkte sou verbeter.
Downloaded from hlayiso.com ∙ Lewer kommentaar op hoe die verhoging in die lening die risiko en hefboom in 2021 beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers aan. Noem EEN punt in ELKE geval (met syfers). (6) ∙ Verduidelik of die besluit om addisionele eiendom aan te koop die gewenste uitwerking op die vraag na hierdie produk gehad het (met syfers). (3) 4.2.3 Verduidelik waarom die publiek nie in die koop van die nuwe aandele, wat teen R6,00 per aandeel uitgereik is, belang gestel het nie. Haal DRIE finansiële aanwysers aan (aanwysers in VRAAG 4.2.2 genoem, uitgesluit). Noem EEN punt in ELKE geval (met syfers). (9) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 12 DBE/2021 SS/NSS 4.2.4 Verwys na Inligting A en D. Baie aandeelhouers het by die AJV gekla dat die Vergoedingskomitee nalatig in die uitvoering van hulle pligte was en dat Anton Buys nie die geld wat aan hom as HUB betaal is, verdien het nie. Noem TWEE verskillende punte om hulle mening te regverdig. Haal syfers of finansiële aanwysers aan. (4) 4.2.5 Verwys na Inligting A, B en C. ∙ Verduidelik waarom die ander direkteure ongelukkig was oor die prys waarteen die aandele by Anton Buys teruggekoop is. Noem TWEE punte. Haal finansiële aanwysers of syfers aan om ELKE punt te staaf. (4) ∙ Gee 'n berekening om te toon of die terugkoop van hierdie aandele Anton Buys se status as meerderheidsaandeelhouer beïnvloed het, of nie. (3) 4.2.6 Verwys na Inligting E. ∙ Verduidelik wat met goeie korporatiewe bestuur bedoel word en verduidelik waarom dit vir aandeelhouers belangrik is. (3) ∙ Verduidelik 'n moontlike rede hoekom Anton Buys sȇ dat hy teen die voorstel deur Excellence Bpk. sal stem. (2) ∙ Die ander direkteure voel dat Anton Buys sy posisie as HUB en meerderheidsaandeelhouer misbruik. (2) - Verduidelik waarom jy met hulle (2) saamstem. - Gee die direkteure raad oor hoe hulle dit moet hanteer. INLIGTING: A. Finansiële aanwysers op 30 April: 2021 2020 Winsopslag-% bereik 60% 75% % bedryfsuitgawes op verkope 44,1% 32% Solvensieverhouding 1,8 : 1 2,1 : 1 Skuld-ekwiteit-verhouding 0,7 : 1 0,2 : 1
Downloaded from hlayiso.com Bedryfsverhouding 0,6 : 1 1,1 : 1 Vuurproefverhouding 0,3 : 1 0,8 : 1 Voorraadhoudingstydperk 78 dae 43 dae Gemiddelde debiteure-invorderingsperiode 58,9 dae 32,6 dae Gemiddelde krediteure-betalingsperiode 75,6 dae 63,6 dae Verdienste per aandeel 54 sent 102 sent Dividende per aandeel 25 sent 90 sent Netto batewaarde per aandeel 732 sent 711 sent Opbrengs op gemiddelde 4,9% 5,3% aandeelhouersekwiteit Opbrengs op gemiddelde kapitaal 6,4% 9,1% aangewend Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief Rekeningkunde/V1 13 DBE/2021 SS/NSS B. Addisionele inligting: 2021 2020 Verkope R8 976 000 R11 550 000 Markprys van aandele op 580 sent 610 sent aandelebeurs Rentekoers op lenings 12% 12% Rentekoers op vaste deposito 8% 8% C. Aandelekapitaal en aandelebesit van Anton Buys: 2021 2020 Getal gemagtigde aandele 5 000 000 aandele Getal aandele reeds uitgereik 2 450 000 2 400 000 Getal aandele besit deur 1 240 000 1 270 000 aandeelhouer, Anton Buys ∙ Die maatskappy het op 30 April 2020, reeds 2 400 000 aandele uitgereik. ∙ By die direkteursvergadering op 1 Mei 2020 is daar besluit om 30 000 aandele by die HUB, Anton Buys, teen R12,00 per aandeel terug te koop. Geeneen van die vyf ander direkteure het hierdie besluit
Downloaded from hlayiso.com ondersteun nie. ∙ 'n Verdere 80 000 aandele is op 30 Junie 2020 uitgereik. Die gelyste uitreikprys van die aankoop was aanvanklik R6,00 per aandeel. As gevolg van swak belangstelling deur die publiek teen hierdie prys het die direkteure ooreengekom om hierdie aandele teen R4,80 per aandeel te verkoop. D. Direkteursgelde: 2021 2020 Direkteursgelde aan HUB betaal R2 900 000 R2 000 000 Totale gelde aan 5 ander R3 000 000 R3 000 000 direkteure betaal E. Aanbod om onuitgereikte aandele te koop: ∙ Excellence Beperk is 'n gerespekteerde maatskappy met 'n reputasie vir goeie korporatiewe bestuur. Hulle het 'n aanbod gemaak om die oorblywende 2 550 000 aandele in hierdie maatskappy teen 'n prys wat beduidend hoër as die huidige markwaarde is, aan te koop. ∙ Anton Buys sȇ dat hy teen hierdie aanbod sal stem. Die ander direkteure voel baie sterk daaroor dat hierdie aanbod baie billik is. Hulle is ten gunste daarvan om die aanbod te aanvaar. 45 TOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Rekeningkunde/V1 DBE/2021 SS/NSS GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS Bruto wins x 100 Bruto wins x 100 Verkope 1 Koste van verkope 1 Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100 Verkope 1 Verkope 1 Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100 Verkope 1 Verkope 1 Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
Downloaded from hlayiso.com (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope Gemiddelde . Koste van verkope 1 handelsvoorraad Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365 Kredietverkope 1 Koste van verkope 1 Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1 (*Sien nota hieronder) Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100 Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1 Aandeelhouersbelang x 100 Getal Dividende vir die jaar x 100 uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100 Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1 Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100 Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1 Totale vaste koste . Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid LET WEL: * In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik. Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Accounting

View all