Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V2
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye,
'n formuleblad en 'n 12 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 

%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2ac769f4-a38a-4036-9426-9410caa51b2a/v1-71d64218bc698a7ed963/card.webp)



View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P2 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 424.4 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V2 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. Nov
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Debiteureversoening, Ouderdomsanalise en BTW 40 35
2 Voorraadwaardasie 35 25
3 Begrotings 40 35
4 Kosterekeningkunde 35 25
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1: DEBITEUREVERSOENING, OUDERDOMSANALISE EN BTW
(40 punte; 35 minute)
1.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar' of 'onwaar'
langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.1.1 EFO-betalings deur debiteure moet in die KOJ aangeteken word, slegs
nadat 'n bewys van betaling ontvang is of daar 'n inskrywing in die besigheid
se bankstaat verskyn.
1.1.2 Uitset-BTW word as 'n bate beskou.
1.1.3 BTW op oninbare skulde sal die BTW betaalbaar aan SAID verminder.
(3 x 1) (3)
1.2 MATSAMO HANDELAARS
Die inligting het betrekking op Matsamo Handelaars vir Augustus 2024. Die besigheid
verkoop goedere vir kontant en op krediet.
GEVRA:
1.2.1 Bereken die korrekte saldo van die Debiteurekontrolerekening op
31 Augustus 2024. Toon syfers en 'n plus(+)- of minus(–)-teken vir elke
verandering. Geen verandering aan die saldo word met (0) aangedui. (5)
1.2.2 Voltooi die korrekte Debiteurelys op 31 Augustus 2024. Die voor-
aansuiweringsbedrae is reeds ingevul. (14)
INLIGTING:
A. Saldo's op 31 Augustus 2024 voordat die foute en weglatings hieronder in
berekening gebring is:
(i) Debiteurekontrolerekeningsaldo in die Algemene Grootboek, R359 100.
(ii) Lys van debiteuresaldo's volgens die Debiteuregrootboek:
Debiteure Bedrag (R)
N Naidoo 63 000
S Sibiya 69 000
V Esterhuizen 114 000
J Nyoka 95 700
W du Plessis 11 500
Totaal 353 200
B. Foute en weglatings:
(i) Geen inskrywing is vir die kredietverkopefaktuur, uitgereik aan N Naidoo,
gemaak nie, R4 500.
(ii) Goedere op krediet aan S Sibiya verkoop, R18 000, is foutiewelik na
V Esterhuizen se rekening oorgeboek.
(iii) Die debiteure-afslagkolom in die DAJ is met R11 000 onderbereken.
(iv) 'n EFO-betaling, R5 700, is deur W du Plessis gemaak. Dit is korrek in die
relevante joernaal ingeskryf, maar as R7 500 na sy rekening in die
Debiteuregrootboek oorgeboek.
(v) Kredietverkope aan V Esterhuizen, R5 200, is foutiewelik in die Debiteure-
joernaal as R2 500 geboekstaaf en as sulks na die Debiteurekontrole-
rekening en Esterhuizen se rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek.
(vi) Goedere deur J Nyoka teruggestuur, R3 450, is na die verkeerde kant van
sy rekening in die Debiteuregrootboek oorgeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
1.3 DEBITEURE-OUDERDOMSONTLEDING
Die inligting het betrekking op Timo Handelaars. Hulle kredietvoorwaardes is
60 dae en na verwagting sal ten minste 90% van die debiteure aan hierdie
voorwaardes voldoen.
GEVRA:
1.3.1 Verskaf 'n berekening of syfers wat aandui waarom Timo Handelaars nie
met die syfers in die Debiteure-ouderdomsontleding tevrede moet wees
nie. (4)
1.3.2 Verduidelik TWEE stukkies raad wat jy die eienaar sal gee. (4)
LET WEL: Maksimum korting word aan debiteure verleen wat betyds
hulle rekeninge vereffen.
Rente word teen die aanvaarbare koers gehef.
INLIGTING:
Debiteure-ouderdomsontleding op 31 Augustus 2024:
Huidige
Totaal 30 dae 60 dae 90 dae 90 +
maand
R240 000 R118 000 R36 000 R38 000 R29 200 R18 800
1.4 BELASTING OP TOEGEVOEGDE WAARDE
Die volgende inligting het betrekking op die finansiële rekords van Zaba Winkels
vir die BTW-periode geëindig 31 Augustus 2024. 15% BTW is van toepassing.
Sekere items is nulkoersitems.
GEVRA:
Ontleed die transaksies onder die opskrifte in die ANTWOORDEBOEK gegee.
Toon die effek van ELKE antwoord op die bedrag aan SAID betaalbaar. Verwys
na die voltooide voorbeeld in die ANTWOORDEBOEK. (10)
INLIGTING:
Voorbeeld: Die eienaar het voorraad vir eie gebruik geneem, kosprys R5 200
(BTW uitgesluit).
A. Ontvang korting van R17 250 wanneer die verskaffer se rekening ten volle
betaal is.
B. Goedere ter waarde van R139 200 (BTW uitgesluit), nulkoersitems van
R9 200 ingesluit, is op krediet verkoop.
C. Koop voorraad op krediet by die verskaffer. Die totaal van die faktuur wat
ontvang is, is R23 000 (BTW ingesluit). Handelskorting van 10% is
foutiewelik op die faktuur weggelaat.
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: VOORAADWAARDASIE (35 punte; 25 minute)
2.1 SUNGLASS CITY
Nosisa is die eienaar van Sunglass City, wat een tipe gewilde handelsmerk
sonbrille verkoop. Die finansiële jaar het op 29 Februarie 2024 geëindig.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings vereis word, moet jy:
Bewerkings, syfers en/of tendense aanhaal
Vir ELKE geval 'n verduideliking of 'n rede verskaf
GEVRA:
2.1.1 Bereken die geweegde gemiddelde kosprys van EEN sonbril. (5)
2.1.2 Nosisa vermoed dat 'n aantal sonbrille gedurende die jaar gesteel is.
Bereken die getal sonbrille wat gesteel is. (4)
Bereken die randwaarde van die gesteelde sonbrille deur die
geweegdegemiddelde-voorraadwaardasiemetode te gebruik. (2)
2.1.3 Bereken die waarde van die eindvoorraad deur die eerste-in-eerste-uit
(EIEU)-metode te gebruik. (5)
2.1.4 'n Fluitjieblaser het Nosisa ingelig dat Micha (verkoopsassistent) en Jack
(verskaffer se bestuurder) saamgespan het om sonbrille teen 'n verlaagde
prys te verkoop. Gedurende 'n ondersoek is vasgestel dat die sonbrille wat
verkoop is, aan die besigheid gefaktureer is. Nosisa het bevestig dat die
sonbrille vermis is.
Verduidelik hoe Nosisa kon bewys het dat Jack en Micha skuldig is
aan die diefstal van die voorraad. Verskaf EEN punt. (2)
Watter aksie moes teen Micha en Jack geneem word? Verskaf EEN
punt vir elke persoon. (4)
INLIGTING
A. Voorraadrekords: (een 'eenheid' verwys na een sonbril)
TOTAAL
EENHEDE
(R)
Beginvoorraad (1 Maart 2023) 620 1 719 000
Slotvoorraad (29 Februarie 2024) 840 ?
B. Aankope en terugsendings gedurende die finansiële jaar:
EENHEIDSPRYS TOTAAL
EENHEDE
(R) (R)
Mei 2023 855 3 200 2 736 000
Augustus 2023 800 3 750 3 000 000
November 2023 745 4 200 3 129 000
Desember 2023 (20) 4 200 (84 000)
TOTALE 2 380 8 781 000
C. Verkope:
2 050 sonbrille, teen R5 600 per sonbril, is gedurende die jaar verkoop.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
2.2 PROBLEEMOPLOSSING
Die inligting het betrekking op Slim-Line Boutique, eienaar Mike Ndlela, vir die
jaar geëindig 29 Februarie 2024. Die besigheid het deur die jaar broeke en
informele hemde verkoop en formele hemde eers vanaf 1 November 2023
bygevoeg en verkoop.
GEVRA:
2.2.1 Broeke:
Bereken die winsopslagpersentasie wat vir broeke behaal is. (3)
Lewer kommentaar op of die winsopslagpersentasie die besigheid sal
bevoordeel of nie. (2)
2.2.2 Informele hemde:
Lewer kommentaar op hoe die terugsending van 120 informele hemde
die besigheid negatief kan beïnvloed. Verskaf EEN punt. (2)
2.2.3 Formele hemde:
Bereken hoe lank (in dae) dit Mike sal neem om die eindvoorraad van
die formele hemde te verkoop. (4)
Lewer kommentaar op EEN ander punt oor die formele hemde wat
Mike kan bekommer. (2)
INLIGTING:
Hemde
Broeke
(eenhede)
(eenhede)
Informeel Formeel
Beginvoorraad in eenhede 140 200 0
Aankope gedurende die jaar 720 1 300 980
Eindvoorraad 285 100 125
Terugsendings 15 120 0
Totale eenhede verkoop: 560 1 280 855
In-die-winkel 344 560 855
Aanlyn 216 720 0
Voorraadhoudingsperiode 186 dae 29 dae ?
Winsopslagpersentasie per item ? 55% 25%
Kosprys per item R500 R400 R680
Koste van verkope R280 000 R512 000 R581 400
Verkoopprys per item R920 R620 R850
Totale kontantverkope in die
R515 200 R793 600 R726 750
bank gedeponeer
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: BEGROTING (40 punte; 35 minute)
3.1 Toon die bedrae van die transaksies hieronder in die toepaslike kolomme vir die
Kontantbegroting en Geprojekteerde Staat van Omvattende Inkomste vir
Desember 2024 in die ANTWOORDEBOEK.
Voorbeeld: Maandelikse versekeringspremie vir Desember 2024, R5 000, sal
betaal word.
3.1.1 Verwagte kontantverkope vir Desember 2024, R132 000. Koste van
verkope, R101 000.
3.1.2 Onttrekkings deur die eienaar begroot vir Desember 2024, R40 000. Dit
sluit R34 000 kontant in en die res is vir handelsware.
3.1.3 'n Vaste deposito van R245 000 sal op 31 Desember 2024 verval.
'n Direkte deposito van R264 600 (rente ingesluit) sal op hierdie datum in
die besigheid se lopende bankrekening gemaak word. Rente is nie
gekapitaliseer nie. (6)
3.2 JESARY SUPERSPARES
Die inligting het betrekking op die begrotingsperiode wat op 31 Desember 2024
eindig. Bluey Summers is die eienaar van die besigheid.
GEVRA:
3.2.1 Krediteure-betalings:
Bereken die kredietaankope vir November 2024. (4)
Voltooi die Krediteure-betalingskedule vir Desember 2024. (5)
3.2.2 Bereken die volgende bedrae:
(i) Huuruitgawe vir Desember 2024 (2)
(ii) Rente op lening vir Desember 2024 (4)
(iii) Deposito wat op 30 November 2024 betaal moet word vir die nuwe
rekenaars wat geïnstalleer is (3)
(iv) Versekering vir Desember 2024 (3)
(v) Salarisse vir November 2024 (3)
3.2.3 Verkoopsbeleid: Verwys na Inligting I.
Bluey het vanaf Oktober 2024 veranderinge aan die verkoopsbeleid
gemaak.
Verduidelik die verandering wat Bluey aan die verkoopsbeleid gemaak
het toe hy sy begroting vir Oktober 2024 opgestel het. Verskaf EEN
punt met syfers. (2)
Die werklike kredietverkope was hoër as die begrote kredietverkope
vir Oktober 2024. Verduidelik waarom Bluey nie bekommerd hoef te
wees nie. Verskaf TWEE punte met syfers. (4)
Lewer kommentaar op die beheer oor afleweringsuitgawes en
verpakkingsmateriaal vir Oktober 2024. Haal syfers aan. (4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INLIGTING:
A. Verkope en debiteure-invordering:
60% van totale verkope is kontantverkope.
B. Voorraadaankope en betalings aan krediteure:
Goedere word verkoop teen 'n winsopslag van 25% op kosprys.
Handelsvoorraad voorhande word deur maandelikse aankope
gehandhaaf.
Die besigheid koop handelsware slegs op krediet.
Krediteure word soos volg betaal:
o 75% in die maand na datum van aankope om vir 3%-korting te
kwalifiseer.
o Die uitstaande saldo word in die maand daarna betaal.
C. Huuruitgawes:
Die besigheid huur 'n sakeperseel in 'n winkelsentrum.
Huur sal gedurende Desember 2024 met 6% verhoog word.
D. Lening:
'n Gedeelte van die lening by Diamond Bank sal op 1 Desember 2024
betaal word.
Rente teen 14% p.j. word aan die einde van elke maand betaal. Rente
word nie gekapitaliseer nie.
E. Kantoorrekenaars:
Nuwe rekenaars sal geïnstalleer word en sal vanaf
30 November 2024 gebruik word.
20%-kontantdeposito moet op 30 November 2024 betaal word.
Die saldo sal vanaf 31 Desember 2024 in 36 gelyke maandelikse
paaiemente betaal word.
F. Versekering:
Die huidige maandelikse versekeringspremie op die bestaande
rekenaars is R4 500. Hierdie maandelikse premie sal vanaf
1 Desember 2024 met 28% verhoog word om addisionele
versekeringsdekking vir die nuwe rekenaars te kry.
Die hernuwingsperiode vir versekering van ander items sal eers
volgende jaar in werking tree.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
G. Salarisse:
Die besigheid het 9 werknemers wat almal dieselfde maandelikse
salaris verdien.
5 van die werknemers sal gedurende Desember 2024 'n bonus van
70% van hul normale maandelikse salaris ontvang.
H. Uittreksel uit die Kontantbegroting vir die periode geëindig
31 Desember 2024.
Nov. 2024 Des. 2024
ONTVANGSTE (R) (R)
Kontantverkope 103 200 112 200
Invordering van debiteure
BETALINGS
Betalings aan krediteure 207 012 ?
Huuruitgawe 29 000 (i)
Salarisse (v) 143 750
Onttrekkings 50 000 50 000
Leningterugbetaling 60 000
Rente op lening (14% p.j.) 3 500 (ii)
Deposito en paaiemente vir nuwe rekenaars (iii) 9 800
Versekering 17 500 (iv)
I. Syfers vir September 2024 (begroot) en Oktober 2024 (begroot en
werklik):
SEPTEMBER OKTOBER
2024 2024
BEGROOT BEGROOT WERKLIK
Getal kliënte 520 540 729
Verkope R145 000 R160 000 R221 000
Kontantverkope 58 000 96 000 76 000
Kredietverkope 87 000 64 000 145 000
Bruto wins 54 375 60 000 82 875
Afleweringsuitgawes 21 750 24 000 33 150
Verpakkingsmateriaal 13 050 14 400 26 520
40
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: KOSTEREKENINGKUNDE (35 punte; 25 minute)
4.1 BLOMPOT-VERVAARDIGERS
Die besigheid vervaardig groot betonblompotte. Hulle finansiële jaar het op
29 Februarie 2024 geëindig.
GEVRA:
4.1.1 Verwys na Inligting A.
Bereken die direkte/grondstof-materiaalkoste. (4)
4.1.2 Verwys na Inligting B.
Bereken die direkte arbeidskoste. (7)
4.1.3 Verwys na Inligting C.
Voltooi die Fabrieksbokostenota. (8)
INLIGTING:
A. Direkte/Grondstof-materiaalkoste:
Die besigheid gebruik 'n hoë gehalte betonmengsel om die potte te maak.
Vervaardigingsvereistes:
4 800 eenhede is gedurende die finansiële jaar vervaardig en verkoop.
Elke voltooide pot gebruik 1,4 pakke direkte materiaal (betonmengsel).
Die besigheid voorsien 10% van direkte materiaal (betonmengsel) vir
vermorsing.
Die kosprys van die betonmengsel, R125 per pak, is vir die finansiële
jaar gehandhaaf.
B. Direkte arbeidskoste:
Direkte arbeid begroot vir die jaar het R1 117 200 beloop.
Die besigheid het 7 direkte werkers. Daar word van elke werker verwag
om 1 680 uur per jaar te werk en almal word dieselfde uurlikse tarief
betaal.
Die volgende items is nog nie geboekstaaf nie:
Een werker het op 31 Oktober 2023 bedank. Hierdie werker het nie
oortyd gewerk nie.
Drie van die direkte werkers is versoek om gedurende die jaar 60 uur
elk oortyd te werk. Oortydtarief is 1,6 keer die normale uurlikse tarief.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 13 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
C. Uittreksel van vooraansuiweringsbedrae op 29 Februarie 2024:
Die boekhouer het die fabrieksbokoste as R1 132 700 bereken.
Ander vooraansuiweringsbedrae op 29 Februarie 2024:
R
Kantoorsalarisse 247 800
Advertensies 27 450
Huur van verkoopsdepartement-eiendom 25 200
Oninbare skulde 18 700
Aansuiwerings vir fabrieksbokoste:
Die klerk se salaris van R9 200 per maand is betaal en as 'n
administrasiekoste geboekstaaf. 20% moet aan die kantoor toegeken
word en die res aan vervaardiging.
Huur van R126 000 is deur die boekhouer volgens die volgende
vloeroppervlaktes verdeel en geboekstaaf:
TOTAAL FABRIEK KANTOOR VERKOPE
600 m2 400 m2 80 m2 120 m2
Die jaarlikse huur het egter van die begin van die finansiële jaar tot
R157 500 verhoog, omdat die fabriek se grootte vermeerder het. Die
boekhouer het nie die verhoogde huur, R157 500, en die veranderde
vloeroppervlaktes in ag geneem nie:
TOTAAL FABRIEK KANTOOR VERKOPE
800 m2 600 m2 80 m2 120 m2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V2 14 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
4.2 TIMEPIECE VERVAARDIGERS
Die besigheid vervaardig horlosies. Jabu Tallies is die eienaar van die besigheid.
Die finansiële jaar het op 31 Augustus 2024 geëindig.
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings vereis word, moet jy:
Bewerkings, syfers en/of tendense aanhaal
'n Verduideliking of 'n rede vir elke geval gee
GEVRA:
4.2.1 Lewer kommentaar op die produksievlak en gelykbreekpunt op
31 Augustus 2024. (4)
4.2.2 Lewer kommentaar op die bruto wins verdien deur die besigheid en die
prys wat vir die horlosies gevra is. Verduidelik, na jou mening, of Jabu se
klante die 2024-prys as redelik beskou het. Verskaf syfers. (4)
4.2.3 Identifiseer die TWEE belangrikste koste wat 'n positiewe uitwerking op die
verkoopprys kon gehad het. Verskaf in elke geval 'n strategie wat Jabu kon
implementeer het. (4)
4.2.4 Jabu wil gedurende die volgende finansiële jaar sy wins met R300 000
verhoog, terwyl die koste behou word. Bereken die prys wat hy klante moet
vra om 400 ekstra eenhede te kan vervaardig. (4)
INLIGTING:
31 Augustus 2024 31 Augustus 2023
R R
Totale verkope 3 712 800 2 880 900
Bruto wins 1 237 600 960 300
Totale veranderlike koste 2 748 200 2 217 420
Totale vaste koste 1 820 000 1 820 000
Koste per Koste per
eenheid eenheid
R R
Veranderlike koste per eenheid 755 762
Direkte materiaalkoste 450 520
Direkte arbeidskoste 185 132
Verkoops-en-verspreidingskoste 120 110
Eenhede Eenhede
Getal eenhede vervaardig en verkoop 3 640 2 910
Gelykbreekpunt 6 868 7 983
Verkoopprys per eenheid R1 020 R990
35
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL: 2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2024 Memo (Afr)
%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--2ac769f4-a38a-4036-9426-9410caa51b2a/v1-71d64218bc698a7ed963/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng Prelim 2024 Memo (English)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Afr)

Question paper
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 Paper 2 KZN Prelim 2023 Question Paper
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum