Vertroulik
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
REKENINGKUNDE V1
NOVEMBER 2024
PUNTE: 150
TYD: 2 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye,
'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2024 papers 


%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11d6484c-77b1-4a71-8799-a6e1177c4dbc/v1-4a1ffa78249b53c5c431/card.webp)


View all/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)


%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Accounting Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Afr)
Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the November 2024 NSC (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.
Accounting · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Accounting
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2024
- Exam period
- November 2024 NSC
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 13
- File size
- 395.0 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 13
This exam
Questions in this paper
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Rekeningkunde/V1 2 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 3 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
INSTRUKSIES EN INLIGTING
Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig. Nov
1. Beantwoord AL die vrae.
2. 'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet
beantwoord.
3. 'n Formuleblad met Finansiële Aanwysers is aan die einde van hierdie vraestel
aangeheg.
4. Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
7. Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.
8. Skryf netjies en leesbaar.
9. Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.
VRAAG ONDERWERP PUNTE MINUTE
1 Maatskappy Finansiële State 55 45
2 Kontantvloeistaat en Finansiële Aanwysers 35 25
3 Vertolking van Finansiële Inligting 45 35
4 Korporatiewe Bestuur 15 15
TOTAAL 150 120
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 4 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 1: MAATSKAPPY FINANSIËLE STATE (55 punte; 45 minute)
Die inligting het betrekking op Ivory Park Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2024.
GEVRA:
1.1 Verwys na Inligting B (i) vir vaste bates:
Bereken die volgende:
1.1.1 Waardevermindering op toerusting op 29 Februarie 2024 (2)
1.1.2 Kosprys van voertuie op 29 Februarie 2024 (4)
1.1.3 Waardevermindering op voertuie op 29 Februarie 2024 (5)
1.1.4 Wins/Verlies op voertuig op 1 September 2023 ingeruil (5)
1.2 Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. (39)
LET WEL: Sommige bedrae word in die ANTWOORDEBOEK gegee.
INLIGTING:
A. Saldo's/totale wat, onder andere, in die boeke verskyn het op:
29 Feb. 2024 28 Feb. 2023
R R
Verbandlening: Phambili Bank 744 100 987 700
Toerusting teen kosprys 852 000 852 000
Opgehoopte waardevermindering op toerusting 472 500 344 700
Voertuie teen kosprys ? 1 250 000
Opgehoopte waardevermindering op voertuie ? 420 000
Handelsvoorraad 654 500
Debiteurekontrole 516 600
Voorsiening vir oninbare skulde ? 29 520
SAID: Inkomstebelasting (voorlopige
belastingbetalings) 340 000
Verkope ?
Koste van verkope 4 780 900
Ouditfooie 79 000
Diensfooi-inkomste 1 757 700
Diverse bedryfsuitgawes 119 900
Oninbare skulde 24 780
Verpakkingsmateriaal 66 550
Salarisse en lone (bydraes ingesluit) 1 425 600
Versekering 100 800
Huurinkomste 158 100
Rente-inkomste ?
Direkteursfooie ?
Rente op lening 149 400
Dividende op gewone aandele 250 000
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 5 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
B. Aansuiwerings en addisionele inligting:
(i) Vaste bates:
Toerusting:
Geen toerusting is gedurende die jaar aangekoop of verkoop nie.
Voertuie:
'n Ou voertuig is op 1 September 2023 ingeruil vir 'n nuwe voertuig wat
R320 000 gekos het. Die inruilwaarde wat ontvang is, was R153 660. Die
volgende uittreksel van die voertuig verkoop, is uit die Vastebateregister
geneem:
Kosprys: R240 000 Datum aangekoop: 1 Julie 2021
Waardeverminderingskoers: 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode
FINANSIËLE WAARDE- OPGEHOOPTE WAARDE-
JAAREINDE VERMINDERING VERMINDERING
28 Februarie 2022 R32 000 R32 000
28 Februarie 2023 R41 600 R73 600
1 September 2023 ? ?
Voertuie se waarde verminder teen 20% p.j. op die verminderdesaldo-metode.
Waardevermindering op die ou, oorblywende voertuie was R132 720.
(ii) Die maatskappy handhaaf 'n winsgrens van 60% op kosprys. Let daarop dat
goedere wat R115 000 kos (by koste van verkope ingesluit), teen 'n winsopslag
van 40% op kosprys aan interne werknemers verkoop is.
(iii) 'n Fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2024 het die volgende getoon:
Handelsvooraad, R647 100
Verpakkingsmateriaal gedurende die finansiële jaar gebruik, R58 700
(iv) Voorsiening vir oninbare skulde moet tot 5% van die uitstaande debiteure
aangesuiwer word.
(v) Maandelikse versekeringspremies was vir die afgelope drie jaar vasgestel en is
tot 31 Mei 2024 betaal.
(vi) 'n Huurder huur 'n kantoor by Ivory Park Bpk. Die kantoor se huur is tot
30 April 2024 ontvang. Huur vir die kantoor is op 1 Desember 2023 met 8%
verminder.
(vii) Een werknemer is uit die Salarisjoernaal vir Februarie 2024 weggelaat. Sy netto
maandelikse salaris was R19 340 nadat 35%-aftrekkings vir sy pensioen en
persoonlike belasting gemaak is, en R2 500 vir die mediese fonds afgetrek is.
Die werkgewer dra 10% van sy bruto salaris, namens werknemers, tot die
pensioenfonds by.
(viii) Die maatskappy het twee direkteure wat gesamentlik 'n jaarlikse fooi van
R1 065 200 ontvang het, nadat hul maandelikse fooie met R5 800 elk op
1 Augustus 2023 verhoog is. 'n Derde direkteur is op 1 November 2023 aangestel
en ontvang dieselfde maandelikse fooi as die ander direkteure, die R5 800
maandelikse verhoging uitgesluit.
(ix) Netto wins na belasting, R992 160, is bereken nadat al die aansuiwerings hierbo
in ag geneem is. Inkomstebelasting is bereken op 28% van die netto wins.
55
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 6 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 2: KONTANTVLOEISTAAT EN FINANSIËLE AANWYSERS
(35 punte; 25 minute)
Die inligting het betrekking op Eybers Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2024.
GEVRA:
2.1 Stel die Behoue-inkomste-nota vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 op. (8)
2.2 Voltooi die Kontantvloeistaat vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024. (17)
2.3 Bereken die volgende finansiële aanwysers vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024:
% bedryfsuitgawes op verkope (3)
Voorraadomsetsnelheid (4)
Tussentydse dividend per aandeel (3)
INLIGTING:
A. Uittreksel uit die Staat van Omvattende Inkomste vir die jaar geëindig
29 Februarie 2024.
R
Verkope 8 240 600
Koste van verkope 5 060 000
Bruto bedryfsinkomste 3 020 480
Bedryfsuitgawes 1 360 950
Bedryfswins 1 659 530
Inkomstebelasting 462 000
Netto wins na belasting ?
B. Uittreksel uit die Staat van Finansiële Posisie op:
29 Feb. 2024 28 Feb. 2023
R R
Kontant en kontantekwivalente ? 36 000
Handelsvoorraad 174 000 193 000
SAID: Inkomstebelasting 66 650 Dt. 44 675 Kt.
Gewone aandeelhouersbelang ? 8 733 720
Gewone aandelekapitaal ? 8 160 000
Behoue inkomste ? 573 720
Lening: Smiley Bank 5 440 000 ?
Aandeelhouers vir dividende ? ?
Bankoortrekking 0 142 680
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 7 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
C. Aandelekapitaal:
Op 1 Maart 2023 was daar 1 200 000 uitgereikte aandele.
400 000 aandele is op 30 Junie 2023 teen R10 per aandeel uitgereik.
34 000 aandele is op 30 November 2023 teen R1,90 (per aandeel) bo die
gemiddelde aandeelprys, teruggekoop.
D. Dividende en dividenduitbetaalkoers:
Dividende betaal en verklaar:
DIVIDENDE
Finaal 28 Februarie 2023 Betaal 17 sent per aandeel
Tussentyds 1 September 2023 Betaal R416 000
Finaal 29 Februarie 2024 Verklaar ?
Totale dividende betaal en verklaar vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024,
R744 860.
Die dividenduitbetalingskoers vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024 was 40%
nadat alle transaksies korrek geboekstaaf is.
E. Lening: Smiley Bank
Maandelikse paaiemente, R97 120, rente ingesluit, is betaal.
R685 440 rente is gekapitaliseer.
F. Netto verandering in kontant en kontantekwivalente, R296 460 invloei.
35
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 8 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
HOU HIERDIE BLADSY OOP.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 9 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 3: VERTOLKING VAN FINANSIËLE INLIGTING (45 punte; 35 minute)
WINSTON BPK.
Die inligting het betrekking op Winston Bpk. vir die jaar geëindig 29 Februarie 2024.
GEVRA:
LET WEL: Waar kommentaar of verduidelikings gevra word, moet jy:
Finansiële aanwysers en tendense met syfers aanhaal
'n Rede of verduideliking vir die aangehaalde finansiële aanwysers gee
3.1 Winsgewendheid:
Haal TWEE finansiële aanwysers aan, met syfers en tendense, wat daarop dui
dat die maatskappy sy uitgawes goed bestuur. (4)
3.2 Dividenduitbetalingsbeleid:
Lewer kommentaar op die dividenduitbetalingsbeleid van die maatskappy.
Verduidelik waarom dit 'n verantwoordelike verandering in dié beleid is. Verskaf
EEN punt. (3)
3.3 Verdienste en opbrengs:
Verduidelik waarom die aandeelhouers tevrede of ontevrede behoort te wees met
die verdienste per aandeel en die opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang
van die maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (4)
3.4 Finansiële strategieë en finansiële hefboom:
Verwys na Inligting C.
Die direkteure het besluit om in 2024 nuwe vaste bates aan te koop om die
maatskappy te verbeter.
Identifiseer die TWEE hoofbronne (meer as R1m) wat gebruik is om hierdie
aankope te finansier. Verskaf syfers. (4)
Verduidelik hoe die besluite die risiko en finansiële hefboom van die
maatskappy beïnvloed het. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan. (6)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 10 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
3.5 Grant Waters se %-aandeelhouding, regte-uitgifte en terugkoop van aandele:
Verwys na Inligting B.
Bereken die getal aandele wat Grant op 31 Oktober 2023 deur regte-uitgifte
gekoop het. (3)
Bereken Grant se %-aandeelhouding ná die regte-uitgifte op 29 Februarie 2024. (5)
Bereken die totale bedrag wat Grant vir die aandele, wat hy deur middel van die
regte-uitgifte verkry het, betaal het.
LET WEL: Geen aandele is gedurende die finansiële jaar teruggekoop nie. (4)
Grant is van plan om die direksie te oortuig om van sy aandele in die volgende
finansiële jaar teen R12 per aandeel terug te koop. Verduidelik waarom die ander
direksielede waarskynlik teen hierdie transaksie, deur Grant voorgestel, sal stem.
Verskaf TWEE punte (met syfers). (4)
3.6 Rol van die HUB:
Verduidelik TWEE karaktereienskappe wat aandeelhouers van 'n goeie HUB kan
verwag. (4)
Afgesien van die faktore en finansiële aanwysers waarna in die vorige vrae
verwys is, identifiseer en verduidelik TWEE ander punte wat daarop dui dat die
HUB die maatskappy goed bestuur. Haal syfers aan. (4)
INLIGTING:
A. Agtergrond-inligting:
Die hoof- uitvoerende beampte (HUB), Shakira Solomon, is op 1 Oktober 2023
aangestel.
Sy is op 'n een-jaar-kontrak, vir 'n proeftydperk, aangestel.
Grant Waters, die meerderheidsaandeelhouer, was instrumenteel in die
aanstelling van die HUB op 1 Oktober 2023.
B. Aandelekapitaal en regte-uitgifte:
Op 1 Maart 2023 was 3 000 000 aandele reeds uitgereik.
Grant Waters se aandeelhouding:
Hy is die meerderheidsaandeelhouer en het op 1 Maart 2023, 1 620 000 van die
uitgereikte aandele besit.
Regte-uitgifte:
Elke aandeelhouer is op 31 Oktober 2023, 10 aandele teen 'n verlaagde prys vir
elke 50 aandele in hulle besit, aangebied. Alle aandeelhouers het hierdie reg
uitgeoefen. Geen ander aandele is gedurende die finansiële jaar uitgereik of
teruggekoop nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 11 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
C. Uittreksel uit die Notas en Staat van Finansiële Posisie soos op:
29 Feb. 2024 28 Feb. 2023
Vaste bates aangekoop R8 235 000 R4 180 000
Vaste bates verkoop 710 000 0
Vaste deposito: Caledon Bank 550 000 250 000
Gewone aandelekapitaal 31 770 000 28 800 000
Lening: Main Bank 12 913 000 9 400 000
D. Finansiële aanwysers, markpryse van aandele, rentekoerse en ander
finansiële inligting:
29 Feb. 2024 28 Feb. 2023
Winsopslagpersentasie 45% 40%
% bedryfsuitgawes op verkope 14% 19%
% bedryfswins op verkope 18% 12%
% netto wins voor belasting op verkope 19% 11%
Solvensieverhouding 3,8 : 1 2,8 : 1
Bedryfsverhouding 2,5 : 1 1,6 : 1
Vuurproefverhouding 1,9 : 1 1,2 : 1
Netto batewaarde per aandeel 564 sent 460 sent
Dividende per aandeel 67 sent 89 sent
Verdienste per aandeel 112 sent 104 sent
Dividenduitbetalingskoers 60% 86%
Opbrengs op gemiddelde aandeelhouersbelang 20% 11%
Skuld-ekwiteit-verhouding 0,2 : 1 0,5 : 1
% opbrengs op gemiddelde kapitaal
24% 15%
aangewend
Markwaarde per aandeel 950 sent 820 sent
% groei (afname) in netto batewaarde per
+15,9% - 8,9%
aandeel
Rentekoers op lenings 12% 12%
Rentekoers op vaste deposito's 7,5% 6,5%
45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Rekeningkunde/V1 12 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
VRAAG 4: KORPORATIEWE BESTUUR (15 punte; 15 minute)
Jy word voorsien van 'n uittreksel van die onafhanklike eksterne ouditverslag van Valiant
Bpk. wat aan aandeelhouers by die Algemene Jaarvergadering voorgelê is.
GEVRA:
LET WEL: Moet NIE jou antwoorde vir verskillende vrae herhaal NIE.
4.1 Verduidelik die rol van 'n onafhanklike eksterne ouditeur. Verskaf EEN punt. (2)
4.2 Kies die korrekte woord uit dié tussen hakies. Skryf die antwoord in die
ANTWOORDEBOEK neer en verduidelik jou keuse.
Valiant Bpk. het 'n (gekwalifiseerde/ongekwalifiseerde/weerhouding-van-mening)
ouditverslag ontvang. (2)
4.3 Watter soort ouditbewyse ondersoek die onafhanklike eksterne ouditeur om die
vaste bates van 'n maatskappy te verifieer? Verskaf TWEE punte. (4)
4.4 Wat is die gevolge van hierdie ouditverslag vir die volgende:
Direkteure
Aandeelhouers
Noem EEN punt in elke geval. (4)
4.5 Noem DRIE moontlike gevolge vir die onafhanklike eksterne ouditeur indien hy
deur die direkteure van die maatskappy beïnvloed is om opsetlik 'n vals
ouditverslag aan die aandeelhouers voor te hou. (3)
INLIGTING:
Uittreksel uit die onafhanklike eksterne ouditverslag van Valiant Bpk. se finansiële
state:
Ouditmening:
Na ons mening verskaf die finansiële state, in alle wesentlike opsigte, 'n billike weergawe
van die finansiële posisie van die maatskappy soos op 29 Februarie 2024.
Basis vir Ouditmening:
… en die ouditbewyse wat verkry is, is voldoende en toepaslik om 'n basis vir ons mening
te verskaf.
15
TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Rekeningkunde/V1 DBE/November 2024
NSS Vertroulik
GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS
Bruto wins x 100 Bruto wins x 100
Verkope 1 Koste van verkope 1
Netto wins voor belasting x 100 Netto wins na belasting x 100
Verkope 1 Verkope 1
Bedryfsuitgawes x 100 Bedryfswins x 100
Verkope 1 Verkope 1
Totale bates : Totale laste Bedryfsbates : Bedryfslaste
(Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang
(Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste
Gemiddelde handelsvoorraad x 365 Koste van verkope
Koste van verkope 1 Gemiddelde handelsvoorraad
(Sien Nota 1 hieronder)
Gemiddelde debiteure x 365 Gemiddelde krediteure x 365
Kredietverkope 1 Koste van verkope 1
(Sien Nota 2 hieronder)
Netto inkomste na belasting x 100 Netto inkomste na belasting x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang 1 Getal uitgereikte aandele 1
(Sien Nota 3 hieronder)
Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings x 100
Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste 1
Aandeelhouersbelang x 100 Dividende vir die jaar x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Tussentydse dividende x 100 Finale dividende x 100
Getal uitgereikte aandele 1 Getal uitgereikte aandele 1
Dividende per aandeel x 100 Dividende vir die jaar x 100
Verdienste per aandeel 1 Netto inkomste na belasting 1
Totale vaste koste .
Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET 1. Handelsvoorraad aan die einde van 'n finansiële jaar kan gebruik word as dit in 'n vraag vereis word.
WEL: 2. Kredietaankope kan gebruik word in plaas van koste van verkope (syfers sal dieselfde wees mits
voorraad konstant bly).
3. Indien daar 'n verandering in die aantal uitgereikte aandele gedurende 'n finansiële jaar is, word die
geweegdegemiddelde getal aandele in die praktyk gebruik.
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Accounting Grade 12 P1 November 2024 NSC QP (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2024 Memo (English)

Memorandum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Prelim 2024 Memo
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--11d6484c-77b1-4a71-8799-a6e1177c4dbc/v1-4a1ffa78249b53c5c431/card.webp)
Memorandum
Accounting Grade 12 Paper 1 Gauteng June 2024 Memo (English)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2023 QP (Eng)

Question paper
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2023 QP (Eng)
More from Grade 12 Accounting
/Accounting--8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf/v1-7ebed0bf15d1af4a152e/card.webp)
Study guide
Accounting

Addendum
Accounting Grade 12 P1 Eastern Cape June 2025 Addendum (Eng)

Memorandum
Accounting Grade 12 P2 Eastern Cape June 2025 Memo (English)
%20June%202025%20Answer%20Book--7e96e433-56f8-43a1-9a38-c68c465746dd/v1-ed2bd6379e8f9c10b23d/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P1 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Answer%20Book%20(1)--73bffe7c-1c96-49bd-af78-abb8db8c6618/v1-9300ba3da644c1030c0e/card.webp)
Addendum
Accounting Grade 12 P2 Gauteng June 2025 Addendum (English)
%20June%202025%20Possible%20Answers--2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4/v1-6c8834f2a0da7e599112/card.webp)
Memorandum