Skip to content

Afrikaans FAL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

Question paperAfrikaans FALGrade 12201625 pages

Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 25 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Eastern Cape Mock Exam 2016

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 PUNTE: 70 TYD: 2 uur *AFRFA2* Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord. 1. Moenie die hele vraestel deurlees nie. 2. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help. 3. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings: AFDELING A: Roman (35) AFDELING B: Drama (35) AFDELING C: Kortverhale (35) Beantwoord vrae op albei kortverhale. AFDELING D: Gedigte (35) Beantwoord vrae op albei gedigte. 4. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan. 5. Beantwoord TWEE vrae: EEN VRAAG uit elkeen van die TWEE afdelings wat julle behandel het. LET WEL: Indien jy AFDELING C (Kortverhale) of AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy BEIDE vrae uit hierdie afdelings beantwoord. 6. Begin ELKE afdeling op ʼn NUWE bladsy. 7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 8. Laat ʼn reël oop na elke antwoord. 9. Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag. 10. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 3 INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder om deur die hele vraestel te lees. AFDELING A: ROMAN PUNTE BLADSY NR. VRAAG 1: Kringe in ʼn bos Kontekstuele vraag 35 4 OF VRAAG 2: Die ongelooflike avonture Kontekstuele vraag 35 van Hanna Hoekom 7 OF VRAAG 3: Meeulanders Kontekstuele vraag 35 10 AFDELING B: DRAMA VRAAG 4: Poppie – die drama 35 13 OF VRAAG 5 Paljas 35 16 AFDELING C: KORTVERHAAL (Beantwoord albei kortverhale.) VRAAG 6 Agter ʼn baard – Hennie 18 19 Auckamp EN Die pakkie – Leonard Koza 17 21 AFDELING D: GEDIGTE (Beantwoord albei gedigte.) VRAAG 7 Wie’s hy? 18 23 EN Kabouterliefde 17 24 KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord. LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het. AFDELING VRAAGNOMMERS VRAE DUI AAN BEANTWOORD (√) A: Roman 1–3 1 OF B: Drama 4–5 1 OF C: Kortverhale 6 1 OF D: Gedigte 7 1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) AFDELING A: ROMAN KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 Hy het die eerste winter van die nuwe stormloop deur die tente 2 sien kruip en die vroue en die kinders jammer gekry. Maar 3 ook nie almal nie... 4 Dit was ʼn kwaai winter. Hulle had die goed skaars droog, dan 5 reën dit al weer! Teen ʼn oopgekapte helling onderkant die 6 tentdorp het die hopies grond in die begraafplaas meer 7 geword; die katstertgras en kystervarings het stadig nader 8 gekruip en die eerstes begin toegroei. 9 Maar die koue en die reën het die stroom nie gestuit nie. Net 10 die haglike “pad” het sommige laat omdraai – om uit te vind 11 dat daar nie ʼn ander manier was om daar te kom nie, sodat 12 hulle die tweede keer maar moes deurdruk tot bo. Eindelik 13 is daar ʼn passasiersdiens tussen Knysna en Walker & Berg se 14 winkel sewe myl onderkant die tentdorp ingestel: vyf sjielings 15 per kop plus twintig pond bagasie. Die laaste sewe myl was 16 tien keer erger as die twintig van die dorp af en moes te voet 17 afgelê word. As die rit per bokwa van die dorp hulle nie 18 ontnugter geskud het nie, het die tog tot bo dit gedoen. Daarby 19 moes die waens soggens vroeg van die dorp af vertrek sodat 20 die passasiers nog daglig oorhet vir die laaste sewe myl. Om 21 jou in die donker in ʼn olifant vas te loop, was nie iets om mee 22 te speel nie. 1.1 “Hy het die eerste winter van die nuwe stormloop deur die tente sien kruip ...” Wat het aanleiding tot die “nuwe stormloop” gegee? (1) 1.2 Wat suggereer die “hopies grond”? (1) 1.3 1.3.1 Watter negatiewe karaktertrek van die mens verklap die volgende sin? “Maar die koue en die reën het die stroom nie gestuit nie.” (1) 1.3.2 Gee TWEE bewyse uit die uittreksel om bogenoemde stelling te bewys. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 5 1.4 Waarom word die woord “pad” tussen aanhalingstekens geskryf? (1) 1.5 Wat was Saul se opinie op hierdie stadium oor die moontlikheid van rifgoud in die Bos? (1) 1.6 Watter magteloosheid het Saul opnuut beetgepak? (1) 1.7 Watter ontwikkeling is vir Meulbos in die vooruitsig gestel? Gee TWEE voorbeelde. (2) 1.8 Hoe kon Saul voordeel hieruit trek? (1) 1.9 Sou jy ook soos Saul “nee” gesê het vir hierdie geleentheid om geld te maak? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 1.10 Hoe het Kate bygedra dat Saul met die uitlanders kon kommunikeer? (1) 1.11 “... maar ook nie almal nie ...” 1.11.1 Hoekom het Saul nie almal jammer gekry nie? Gee DRIE redes vir jou antwoord. (3) 1.11.2 Sou jy Saul kwalik neem vir hierdie subtiele wraak? Hoekom sê jy so? (1) 1.12 Alhoewel Saul vir Kate na sewe jaar weer sien, was hulle nie juis baie warm teenoor mekaar nie. Wat was die rede hiervoor? (1) 1.13 Hoekom was dit nou vir Saul moontlik om met die dorpsmense te meng sonder om weggejaag te word? (1) 1.14 Watter nare ondervinding het hy as seun beleef in sy nuuskierigheid na kennis? (1) 1.15 1.15.1 Wat was Saul se uiteindelike doel in sy soeke na rykdom? (1) 1.15.2 Het hy daarin geslaag? Motiveer jou antwoord. (1) 1.16 Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.16.1–1.16.3) neer. skemer; geld; gevoel; kruideniersware; Engels; Kitchen Dutch; duisternis; donker; goodfor; koppigheid Eendag sal hy nie meer woon waar dit altyd 1.16.1 ... is nie. Oom kan die 1.16.2 ... vir MacDonald vra en die goed kry. Dieselfde magtelose 1.16.3 ... as die dag toe hy die byl teen die kalander moes lig, het in hom opgestaan. (3) 1.17 Hoe stem Saul se lewe met diѐ van Charles Dickens ooreen? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 1.18 1.18.1 Hoe sou die regeringsproklamasie Saul help in sy stryd om die Bos te beskerm? (1) 1.18.2 Noem EEN onmiddellike reaksie van die delwers teenoor hierdie Proklamasie. (1) 1.18.3 Hoe stem hierdie handeling ooreen met ʼn soortgelyke voorval voorheen in Saul se lewe deur sy eie mense? (1) 1.18.4 Kan ʼn mens die Bosmense kwalik neem vir hierdie houding teenoor Saul? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 1.19 Kies die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (1.19.1–1.19.4) en die letter (A–E) neer, bv.1.19.5 F. KOLOM A KOLOM B 1.19.1 “Hulle sê dis Oupoot wat dit A Joram gedoen het” 1.19.2 “Gelyk! Wys hom, manne! Wys B Oom Anneries hom!” 1.19.3 “Lat dit nou regtig jy is, Saul?” C Maska 1.19.4 “Mog dit vandag Oupoot D Sanna wees, ...” E Saul (4) [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 7 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 En ek moet toegee, Margot het nie die grimering oordoen nie. Eintlik kan jy 2 amper nie sien ek het grimering aan nie. En tog het my vel wonderbaarlik 3 verbeter. Selfs die karbonkel op my ken is omtrent onsigbaar. My wange 4 het gesonde blos gekry, my oë het groter geword, my lippe voller. Jy sou 5 sweer ʼn goeie fee het ʼn toorstaffie oor my geswaai. 6 “nou gaan jy jou nuwe swart trui aantrek,” beveel Margot, “en dan wag jy in 7 die kamer tot ons jou roep vir ete. En dan maak jy ʼn dramatiese versky- 8 ning.” 9 En sy gooi haar arms oop en lig haar ken om te wys hoe ek veronderstel 10 is om te verskyn. 11 “Ag nee, ek dink nie dit sal nodig wees nie,” protesteer ek. 12 “Trust me”, sê sy. “Ek is ’n aktrise. Ek wéét van dramatiese verskynings.” 13 “Maar ek is nie ʼn aktrise nie. Ek sal soos ’n gek voel.” 14 “Gavin sal mal wees daaroor”, sê Sharon. “Doen dit vir hom, toe?” 15 Met die gevolg dat ek die volgende twee uur in my kamer deurbring. So 16 senuweeagtig soos ʼn aktrise wat wag dat die gordyn lig. En toe Margot my 17 roep, begewe my moed my heeltemal en ek loop sleepvoet en kop onder- 18 stebo by die kamer uit. 19 “Lig jou ken, poplap!” beveel Margot soos ʼn sirkusbaas wat ʼn hond deur ʼn 20 hoepel laat spring. “Wys ons wat jy het!” 2.1 2.1.1 Watter ongewone dinge gebeur met Hanna op hierdie dag? Gee DRIE feite. (3) 2.1.2 Waarom gebeur hierdie dinge juis op dié dag met haar? (1) 2.2 2.2.1 Wat lei ʼn mens dus af oor hoe Hanna oor haarself gevoel het? (1) 2.2.2 Het sy genoeg rede gehad om so oor haarself te voel? Gee TWEE bewyse sover dit haar voorkoms betref. (2) 2.2.3 Sou jy dieselfde oor jouself gevoel het indien jy Hanna was? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 2.3 Gavin verras vir Hanna op hierdie dag. 2.3.1 Het hy toevallig daar opgedaag? Motiveer jou antwoord deur TWEE feite te gee. (2) 2.3.2 Hoekom voel Hanna skaam oor haar pa se voorkoms? Gee TWEE feite. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 2.4 Kies die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net die vraagnommer (2.4.1–2.4.4) en die letter (A–E) neer, bv. 2.4.2 B. KOLOM A KOLOM B 2.4.1 “Waar kom hierdie engel vandaan?” A Margot 2.4.2 “Ons gaan jou stunning laat lyk.” B Yann 2.4.3 “Moet dit net nie oordoen nie.” C Hanna 2.4.4 “Cashmere”, “Wow” D Sharon E Gavin (4 x 1) (4) 2.5 “Nou gaan jy jou nuwe swart trui aantrek.” 2.5.1 Van wie kom hierdie swart trui? (1) 2.5.2 Watter geskenk het die persoon in VRAAG 2.5.1 by ʼn vorige geleentheid aan haar gegee? (1) 2.5.3 Dink jy dit is regverdig dat Hanna verwag het dat sy ʼn pa in die huis moes hê? Gee EEN rede vir jou antwoord. (1) 2.6 Hanna se indrukke omtrent Margot het op hierdie dag begin verander. 2.6.1 Watter deurslaggewende bydrae van Margot het Hanna se siening omtrent haar finaal laat verander? (1) 2.6.2 Hoe sien Margot haarself in haar rol as ouer? (1) 2.6.3 Waarom bly Yann skepties oor sy ma se verandering? (1) 2.6.4 Hoe bewys Yann tog dat hy hard probeer om hul verhouding te herstel? (1) 2.7 “Ek weet van dramatiese verskyning.” Bewys hierdie stelling deur te verwys na Margot se aankoms op die berg. Gee TWEE feite. (2) 2.8 “Trust me,” sê sy. “Ek is ʼn aktrise.” (reël 12) 2.8.1 Bewys dat bogenoemde stelling waar is. (1) 2.8.2 Waarom was Margo so desperaat om binne drie dae van die berg af weg te wees? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 9 2.8.3 Hoe kry sy dit reg om tog betyds van die berg af weg te kom? (1) 2.8.4 Wat is dit omtrent aktrises wat Hanna se eerste indrukke van Margot regverdig? (1) 2.9 2.9.1 Waarom was Tibo so geïnteresseerd dat Margot Tirot-kaarte kon lees? (1) 2.9.2 Sou jy dieselfde as Tibo opgetree het, en waarom? (1) 2.10 Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (2.10.1–2.10.3) neer. Yann; Margot; bewegings; bokspronge; Sharon; Gavin 2.10.1 ... spring gretig op en druk ʼn ander CD in die masjien. Toe gryp Gavin vir 2.10.2 ... Selfs Tibo en Amos dans met spastiese 2.10.3 ... . (3) 2.11 Hoekom kan ons sê dat Mana se idee van haar wittebrood geslaagd was? (1) [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG MEEULANDERS – Esta Steyn Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. MEEULAND, SATERDAG, 23 SEPTEMBER 1978 1 My eerste twee brode het nie reg uitgekom nie. Jannerik sê die stoof was 2 te koud. Ek het dit vir die meeue gekrummel en gekyk hoe hulle in swerms 3 op my afpyl. Ek was weer by die malgaswyfie met die twee kuikens en het 4 lank vir hulle gesit en kyk. Sy weet nie haar een kind is ʼn duikertjie nie. 5 Maar die klein malgassie lyk vir my swak. Die mannetjie het kos gebring 6 en die duikertjie het hom dik geëet. Ek wil die wyfie teken. Sy is nie so 7 aggressief soos die ander malgasse nie. 8 Ousanna Siener het die tyding saam met ʼn kind strandlangs gestuur tot by 9 Matthys Langhans se seegrasspan. Matthys het die boodskap vir Hansie 10 gegee en Hansie het Meeuland toe geroep en met Elsabet gepraat. Dit 11 was slegte nuus vir Jannerik: sy dogter, Kinnie, is aan maaggriep oorlede. 12 Hy moes wal toe. 13 Toe hy die volgende dag die katrol draai sodat die jettietrap kan sak, is sy 14 gesig stroef. Hy dra sy enigste pak klere, reeds dun geskuur om die 15 elmboë, en ʼn jas oor die arm. “Jy kan nie langer as vier dae kry nie, 16 Jannerik,” sê Jacob en help hom om die Sterretjie, wat opgehys is, te sak. 17 “Jou verlof is reeds opgebruik. Twilight moet 18 Vrydag ingaan dokter toe, dan kan jy saam terugkom. Vieruur.” 19 “Is reg, kaptein.” Bl. 51 en 52 3.1 3.1.1 Haal ʼn sin uit die uittreksel aan wat daarop dui dat Ryna en Jannerik ʼn goeie verhouding gehad het. (1) 3.1.2 Dieselfde kan ongelukkig nie van Ryna en Jacob op hierdie stadium gesê word nie. Motiveer deur DRIE feite te gee. (3) 3.2 3.2.1 Waarna verwys die skuinsgedrukte gedeelte van die uittreksel? (1) 3.2.2 Watter soort verteller word by die skuinsgedrukte gedeelte gebruik? (1) 3.3 “Sy weet nie haar een kind is ’n duikertjie nie.” 3.3.1 Van wie word die “sy” later simbolies in die verhaal? (1) 3.3.2 Na watter groot geheim verwys bogenoemde woorde? (1) 3.3.3 Was dit reg dat die inligting in (VRAAG 3.3.2) van Janka weerhou was? Motiveer jou antwoord. (1) 3.4 Watter onwaarheid kom in die uittreksel voor? Haal VYF agtereenvolgende woorde aan. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 11 3.5 Watter ander soortgelyke slegte nuus moes Jannerik ook vroeër in sy persoonlike lewe ervaar? (1) 3.6 “... Hansie het Meeuland toe geroep ...” Wat word met “geroep” bedoel? (1) 3.7 Dink jy Jacob se stelling aan Jannerik in reël 17 dat sy verlof op is en binne vier dae terug moet wees, is ongevoelig? Motiveer jou antwoord. (1) 3.8 Hoe probeer Ryna Jannerik se pyn versag net voor hy wal toe vertrek? (1) 3.9 3.9.1 Wat moet Jannerik saambring wanneer hy terugkeer Meeuland toe? (1) 3.9.2 By watter tragedie sou bogenoemde belangrike item by (VRAAG 3.9.1) ʼn groot rol gespeel het? (1) 3.10 Die geboorte van die twee babas speel ʼn sentrale rol. 3.10.1 Wat is die EEN groot verskil by hulle geboortes in terme van hulle oorlewing? (2) 3.10.2 Watter kriminele daad is by die verwekking van die een baba gepleeg? (1) 3.10.3 Hoe het die skuldige party seker gemaak dat sy daad ʼn geheim bly? (1) 3.10.4 Hoe gebruik Skalla hierdie situasie tot sy eie voordeel? (2) 3.11 Gee EEN bewys (wat verband hou met Jannerik) dat Ousanna werklik ʼn siener was. (1) 3.12 3.12.1 Watter mediese probleem het Twilight gehad dat sy die dokter moes gaan besoek? (1) 3.12.2 Watter slegte nuus het die dokter egter vir Twilight gehad? (1) 3.13 Hoe bewys Attie sy handvaardighede teenoor Janka in hierdie roman? (1) 3.14 Alhoewel Fred, as die vrouejagter en oneerlik voorgestel word, toon hy tog karakterontwikkeling later in die verhaal. Bewys dit deur TWEE feite te gee. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 3.15 Kies die persoon uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (3.15.1–3.15.4) en die letter (A–E) neer, bv. 3.15.2 B. KOLOM A KOLOM B 3.15.1 Besit sy/haar eie fabriek A Magdelene White 3.15.2 Werk op Meeuland as ʼn assistent B Sheila 3.15.3 Speel die klavier by die C Reggie skoolkonsert 3.15.4 Beland in ʼn rystoel na ʼn ongeluk D Janka E Attie (4 x 1) (4) 3.16 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (3.16.1–3.16.3) en die antwoord neer. Jacob; kalm; Fred; Sterretjie; die Meeuw; benoud; Attie: die dokter Dis agtuur toe 3.16.1 ... vir Elsabet by die kamer indra. Sy stem klink 3.16.2 ... “Gaan roep my ma op die CB! Laat weet 3.16.3 ... moet kom.” (3) [35] TOTAAL AFDELING A: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 13 AFDELING B: DIE DRAMA POPPIE-DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1 Jakkie kom binne, gooi sy goed neer, sit en begin eet. Mama beweeg 2 weg. 3 POPPIE: Hoekom is jy so ʼn groot worrie vir Mama? 4 JAKKIE: Ons doen nie slegte goed nie, Sisi. 5 POPPIE: Die busse is flenters en die skole brand en die 6 kinders is dronk op straat, en jy sê dis nie slegte goed nie. Hê, 7 Jakkie? Phendula! 8 Jakkie stap weg. 9 MAMA: (begin weer huil). En hulle sê hy’s ʼn leader. 10 MOSIE: My sustertjie, ek like nie hierdie riots nie, ek like dit nie dat die kinders 11 die owerhede tease en seerkry nie, of lat hulle my kar stop en skree 12 donate! donate! totlat ek vir hulle petrol vir hulle petrol bombs uittap 13 nie. Maar my sustertjie, ek kan nie dit help nie, daar’s iets in my hart 14 wat sê: At last. Maar ek druk dit af in my hart, want hierdie manier is nie 15 die Here se manier nie. En dan kom dit weer in my hart: At last. 16 POPPIE: Nὸὺ baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar- 17 gekry het nie? 18 JAKKIE: (staan by die kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir jou en jou 19 kinders. Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet. 20 MAMA: (kom nader). Sisi, Jakkie is gevang! Hy’t gister saam gemarch met die 21 kinders in die stad. Die polisie het hom uitgesoek, want hulle sê hy’s al 22 groot, wat soek hy tussen die skoolkinders, hy’s ʼn leader. Hy’t gesê vir 23 hulle: Ek het maar in die stad geloop en toe kom die kinders, toe march 24 ek saam. Maar hulle het hom nie geglo nie. 25 POPPIE: Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama? 26 MOSIE: Dit sal nie maklik end kry nie, Sisi. Bl. 55 en 56 4.1 Hoe sou jy sê, wat is die motoriese moment volgens die uittreksel wat tot die res van die gebeure gelei het? Gee TWEE feite. (2) 4.2 Watter nie-gewelddadige optrede (volgens die uittreksel) openbaar die kinders wat glad nie by kinders se gedrag pas nie? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 4.3 POPPIE: “Hoekom is jy so ʼn groot worrie vir Mama?” (reël 3) 4.3.1 Gee TWEE bewyse wat hierdie woorde van Poppie aan Jakkie regverdig. (2) 4.3.2 Sou jy ook soos Jakkie betrokke geraak het? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 4.4 POPPIE. “... en die kinders is dronk op straat ...” (reël 6) Wat is ironies omtrent hierdie dronk toestand van die kinders indien hulle latere optredes in ag geneem word? (2) 4.5 “Jakkie stap weg.” (reël 8) Wat lei jy af uit hierdie handeling van Jakkie? (1) 4.6 4.6.1 Watter klag sou waarskynlik teen Jakkie gelê word toe hulle hom hier vang? (1) 4.6.2 As gevolg van watter ander klag het die polisie hom ook later gesoek? (1) 4.6.3 Hoekom was dit vir die Suid-Afrikaanse Polisie onmoontlik om hom op ʼn latere stadium in hegtenis te neem? (1) 4.7 MOSIE: “My sustertjie …” (reëls 10–14) Watter emosie is in Mosie se woorde opgesluit? (1) 4.8 4.8.1 Wat word met die woorde “ At last” bedoel, in terme van die situasie waarin Mosie homself bevind? (1) 4.8.2 In watter emosionele tweestryd bevind Mosie homself op hierdie stadium? (2) 4.9 Na watter swaarkry in Poppie se lewe verwys sy in reël 16? Gee DRIE voorbeelde uit Poppie se lewe. (3) 4.10 Watter DRIE opeenvolgende woorde uit die uittreksel wys daarop dat hierdie protes ook ter wille van Poppie se nageslag is? (1) 4.11 Wie, volgens die uittreksel, verteenwoordig die onregverdige regering teen wie Jakkie-hulle in opstand kom? (1) 4.12 Watter tragiese gevolge het een van die protesaksies direk vir Poppie se familie gehad? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 15 4.13 Kies die persoon uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (4.13.1–4.13.4) en die letter (A–E) neer, bv. 4.13.5 F. KOLOM A KOLOM B 4.13.1 “Jy wou met die Kaffer gaan trou” A Mama 4.13.2 “Cause why, we waiting to die” B Mosie 4.13.3 “As ek net my regte kan kry soos C pasbeampte iemand anders.” 4.13.4 “Ons wil jou Ciskei toe stuur, na D Hoedjie jou skoonmense toe” E Jakkie (4 x 1) (4) 4.14 4.14.1 Poppie het altyd haar kinders se opvoeding as ʼn prioriteit gestel. Gee TWEE bewyse in hierdie verband. (2) 4.14.2 Poppie voel ongelukkig dat sy sukkel om ʼn pas te kry, maar haar broers nie. Wat is dan die verskil? (2) 4.15 By wie het Poppie haar kinders in die Oos-Kaap agtergelaat toe sy terug Kaap toe is? (1) 4.16 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (4.16.1–4.16.3) en die antwoord neer. vrouens; die polisie; die grootmense; bid; ouers; rou God het ons 4.16.1 ... se gebede verhoor. Die kinders het nie meer respek vir 4.16.2 ... nie, die kinders sê dis nou ʼn tyd van 4.16.3 ... (3) 4.17 Watter lewensles kan ma’s van Poppie leer uit hierdie drama? (1) [35] OF Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG PALJAS – Chris Barnard Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. 1. Dan, skielik, en sonder twyfel, en sommer hier naby, brul ʼn leeu. 2. daar is ʼn pouse, en dan ʼn katel wat kraak. Katrien se silhoeët word sigbaar 3. waar sy vinnig voor die oop venster orent sit in haar bed. 4. Die leeu brul weer. En Hendrik se katel kraak. 5. KATRIEN: Hendrik ? Hoor jy dit? 6. HENDRIK: Dit klink kompleet nes ʼn leeu! 7. ʼn Vuurhoutjie kras en Hendrik steek ʼn kers op. Die leeu brul weer. 8. HENDRIK: (kyk verbyster op na Katrien toe): Dis God weet ʼn leeu! 9. Dis vroegdag. Die stasie en werf is net-net lig. Hendrik, in sy nagklere en 10. spoorwegstewels, haelgeweer in die hande, kom onseker aangestap. Katrien 11. in haar nagkabaai, reg agter hom. Klein Willem drie tree agter haar. Emma 12. tien tree agter Willem. Hulle kom tot ʼn punt – dan steek Hendrik vas en die 13. ander drie dam agter hom op. Daarna kom hulle tree vir tree nader. Maar soos 14. slaapwandelaars. Soos mense wat ʼn ruimtetuig sien land en nou op die 15. ding afstap. 16. Oplaas word dit duidelik wat die vier sien: ʼn trein. Die trein staan op die 17. syspoor. ’n Goederetrein. Vol dierehokke. Hokke met olifante, perde en leeus! 18. Hendrik, Katrien en die twee kinders loop in ʼn dwaal van trok tot trok en 19. verkyk hulle aan die gedoente. Daar is geen lokomotief nie. 20. Eers ná die derde trok kry Hendrik ʼn paar woorde oor sy lippe. Hy praat die 21. eerste sin sag, half met homself. 22. HENDRIK: Hulle sê my niks ... (Die tweede sin is effens harder, ʼn bietjie 23. vieserig, ʼn trok later.) Niemand het my niks gelaat weet nie ... (Die derde 24. sin nóg ʼn trok later, by die leeus, is driftig en vir wie ook al bedoel wat 25. binne hoorafstand is) ʼn Hele trein vol wilde ongediertes op mỳ stasie, en 26. ek weet verdomp niks! Bl.15 en 16 5.1 Watter atmosfeer word deur reël 1 geskep? (1) 5.2 5.2.1 Watter letterkundige term (TWEE woorde) beskryf hierdie oomblik in die drama wat voor Hendrik afspeel? (1) 5.2.2 Waarom sê jy so? (1) 5.2.3 Watter deurslaggewende rol het hierdie gebeurtenis in Hendrik en sy gesin se lewe gespeel? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 17 5.3 Is dit die eerste keer dat Emma daardie oggend opstaan? Motiveer jou antwoord. (1) 5.4 Waarom sou jy sê het die gesin genoeg rede gehad om op te staan? Gee TWEE redes. (2) 5.5 Te midde van hierdie gebeurtenis staan Emma nie juis baie naby haar familie nie. Wat sê dit van die verhoudings in die gesin? (1) 5.6 “... maar soos slaapwandelaars ...” (reëls 13 en 14) 5.6.1 Gee TWEE moontlike redes waarom die gesin soos slaapwandelaars optree. (2) 5.6.2 Watter beeldspraak word hier gebruik? (1) 5.7 5.7.1 Waarom dink jy het Hendrik genoeg rede gehad om omgekrap te voel? (2) 5.7.2 Wat was die trein se eintlike rede vir sy aankoms by Toorwater? (1) 5.8 Emma en haar Pa het vroeg daardie oggend ʼn gesprek oor verhoudings met mans gehad. 5.8.1 Wat was Hendrik se opinie oor Emma se probleem? Gee DRIE feite. (3) 5.8.2 Wat was Emma se onmiddellike reaksie op haar pa se kommentaar? (1) 5.9 5.9.1 Wat was die dokter se verklaring vir Willem se spraakprobleem? GEE TWEE feite. (2) 5.9.2 Watter gevolge het Willem se spraakprobleem vir hom by die skool gehad? (1) 5.9.3 Hoe verskil Hendrik en Manuel se benadering tot Willem se probleem? (2) 5.10 Ma en dogter het ook nie juis ʼn goeie verhouding gehad nie. Sou jy Katrien blameer, vir dit waaroor Emma haar konfronteer en waarom sê jy so? (1) 5.11 Hoe het die verhouding tussen Hendrik en Katrien, Emma se verhouding met mans geaffekteer? (2) 5.12 Nollie was nie juis beïndruk met Hendrik se inmenging in sy verhouding met Emma nie. Wat is ironies hieromtrent? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 5.13 Kies die persoon uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (5.13.1–5.13.4) en die letter (A–E) neer, bv. 5.13.6 F. KOLOM A KOLOM B 5.13.1 “Wie het die wêreld vir jou gemaak, A Katrien Emma?” 5.13.2 “Lyk my dis ʼn kwaal van die B Emma McDonalds.” C Sakkie 5.13.3 “Dis nie ek wat geskiet het nie.” 5.13.4 “Weet julle van iemand wat in die D Nollie skuur bly?” E Hendrik (4 x 1) (4) 5.14 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (5.14.1–5.14.3) en die antwoord neer. skuur; die nar; huis; Hendrik; Willem; die polisieman 5.14.1 ... staan en kyk na die McDonalds-werf. Hy sien Nollie in die rigting van die 5.14.2 ... hardloop. Katrien staan by die wasgoeddraad en roep na 5.14.3 … . (3) [35] TOTAAL AFDELING B: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 19 AFDELING C: KORTVERHAAL VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG BEANTWOORD ALBEI KORTVERHALE AGTER ’N BAARD – HENNIE AUCKAMP Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A 1. Tuis onttrek Deon hom aan Marina en Bennie. “Ek sal niks waardeer voor 2. ek my nie gereinig het nie, soos die Bybel sê. “Marina hoor hoe hy hom insluit 3. in die badkamer, maar voel nie geaffronteerd nie: Deon se badkameruur 4. is altyd sy eie. In elk geval het sy dinge om na om te sien: die ete; vars 5. blomme vir die tafel; Bennie se ete. 6. Iets bly haar kwel: die baard. Dis asof sy nie heeltemal tot Deon kan deur- 7. dring nie. Nuanses van kwesbaarheid en teerheid bly verskole agter sy 8. baard; deel van sy nuwe ervarings ook. 9. En sy het ʼn reg op sy belewenisse, want hoe anders kan sy hom troos? 10. Sy briewe was so weinigseggend. Daar was die “liewes”, van aanhef tot 11. slot, of die onverwagte poësie van: “Jou lyf is my sekuriteit”, maar van 12. oorlog het hy niks gerep nie. Instruksies, neem sy aan: “Moenie paniek 13. saai nie.” ʼn Paar van sy onskuldige briewe is selfs gesensureer. 14. Bennie begin vaak word; knies oor sy bord kos: “Wanneer kom Pappa?” 15. Sy is self haastig, want sy hoop dat die “reiniging” volkome gaan wees: ʼn 16. Deon sonder baard. Nooit, vandat sy hom ken, het hy ooit ʼn baard of 17. snor probeer kweek nie. Hy is nie die tipe nie; kwetsbaar, gevoelig, maar 18. óóp – dis sy styl. Bl. 3 6.1 “Deon se badkameruur is altyd sy eie.” Gee TWEE redes waarom jy sou sê dat Deon sy badkameruur hierdie keer meer sal geniet. (2) 6.2 “Ek sal niks waardeer voor ek my nie gereinig het nie ...” (reël 1) 6.2.1 Noem DRIE dinge wat hy daardie aand regtig gaan waardeer. (3) 6.2.2 Deon se “reiniging” was glad nie volkome nie, al het hy sy baard afgeskeer. Waarom nie? (1) 6.3 Waarvoor wag Bennie vir Deon om te doen? (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 20 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 6.4 6.4.1 Op watter belewenisse van Deon voel Marina het sy die reg? (1) 6.4.2 Waarom wou Deon glad nie sy belewenisse met haar deel nie? (1) 6.4.3 Waarom vertel hy uiteindelik sy belewenisse aan haar? (1) 6.5 6.5.1 Watter taktiek het Marina probeer om Deon oor te haal om sy belewenisse aan haar te vertel? (1) 6.5.2 Was dit die regte besluit om haar te vertel? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 6.6 Kies die ooreenstemmende reaksie in KOLOM B wat volg ná die aanhaling in KOLOM A. Skryf slegs die vraagnommer (6.6.1–6.6.4) en die letter (A–E) neer, bv. 6.6.7 G. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 “Ek het gewerk aan dié baard.” A Jaloesie 6.6.2 “... streel oor die blonde hare ...” B Afsondering 6.6.3 “Hou nou op, Marina!” C Verwyt 6.6.4 Deon fluister by haar oor. D Ontwykend E Liefde (4 x 1) (4) 6.7 Wat wil hierdie kortverhaal aan die leser oordra? (2) EN Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 21 DIE PAKKIE – LEONARD KOZA Lees die onderstaande uittreksel deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B 1. Almal weet dat mev. Filander nie ʼn man of ʼn groot seun het nie. Sy is ʼn 2. Rooms-Katoliek en maak vinnig die teken van die kruis en ruk dan die deur 3. oop, enkele sekondes na die klop. 4. “Dja Grootmeneer, wat is djou ding?” vra sy. 5. Pang Doodmaak voel baie ongemaklik, aangesien hy verwag het dat die deur 6. beantwoord sou word deur ʼn bang en bewerige persoon. Hy stel net belang 7. om die pakkie te kry en hier loop hy hom nou vas in ʼn vrou wat nie ʼn bang 8. haar op haar kop het nie, of so dink hy. 9. In die tussentyd gebruik Esther die geleentheid om die pakkie deur haar 10. kamervenster te slinger. 11. Mev Filander kyk Pang Doodmaak stip in die oë en vra: “Djy lyk baie bekend, 12. is djy nie Moena se klong nie?” 13. Verbaas vra Pang Doodmaak: “Hoe ken Mêrem my ou-girl?” 14. Mevrou Filander kyk hom op en af. “Djou ma het net soe ʼn light complexion 15. en blou oë soes djy, maa’ sy is ʼn baie goeie mens. Sy sal skrik as sy hoo’ 16. djy’s soe forceful by my huis.” 17. Ewe skaam vra Pang Doodmaak weer: “Hoe ken Mêrem my ou-girl?” 18. “Ek het djou opgepas toe Moena blomme by die Grand Parade ve’koep het. 19. Djou pa se naam was Boeta Allie vannie Constitutionstraat. Djy kyk ve’niet 20. vi’ my soe skief aan, o’s kô a’mal uit die Ses uit. Djy was somme’ nog baie 21. klein toe djou pa afstêwe.” Bl. 139 6.8 6.8.1 Watter kriminele aktiwiteit in ons samelewing word hier belig? (1) 6.8.2 Die karakters praat Kaaps en selfs bendetaal. Noem DRIE aspekte omtrent die karakters wat ons onmiddellik kan aflei. (3) 6.8.3 Beskryf die innerlike tweestryd in Sally Filander toe sy die deur oopmaak. (2) 6.8.4 “... djou dom Jakkals” Beskryf die ironie in hierdie aanhaling. (2) 6.9 6.9.1 Watter bewys in dié kortverhaal bevestig dat die inhoud van die pakkie nie goed is vir jou gesondheid is nie? (1) 6.9.2 Gee TWEE bewyse dat die inhoud van die pakkie wel groot materiële voordele inhou. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 22 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 6.10 Wat beteken dit “as ʼn mens ʼn sterk front opsit” soos mev. Filander hier probeer doen? (1) 6.11 Hoekom kan Pang Doodmaak nie bekostig dat hy aan ʼn kriminele daad skuldig bevind word nie? (1) 6.12 Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (6.12.1– 6.12.3) en die antwoord neer. Motor; tande; huis; Slang; Pang Doodmaak; Mev. Filander; naels “6.12.1 ... kyk haar boos aan. O’s kan nooit o’sse valuebles hie’ los nie!” Hy byt op sy 6.12.2 ... terwyl hy na die 6.12.3 ... kyk. (3) 6.13 Dink jy Esther was reg deur nie die pakkie aan haar ma te gee nie? Gee ’n rede vir jou antwoord. (1) TOTAAL AFDELING C: 35 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 23 AFDELING D: GEDIGTE VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Beantwoord BEIDE gedigte. Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS A Wie’s hy? – Adam Small 1. Die poet, 2. wie’s hy? 3. Djulle het so baie bek oorie poet, 4. ma wie’s hy? 5. Is hy rêrag soes djulle dink 6. die ou moerie pen ennie ink 7. wat in sy study sit en poems dink? 8. Nai, 9. djulle's mistaken, 10. nie hy nie 11. ma djúlle is die poets, 12. djúlle wat innie straat loep 13. ennie gladde bek verkoep 14. ma die dinge sien 15. en soema net daa God tien hulle roep! [Uit: Sê sjibbolet, 1963] 7.1 Verduidelik die verskil tussen die stemming van die gedig en die toon van eintlike boodskap wat die digter wil oordra. (2) 7.2 7.2.1 Wie is die “djulle” in strofe 1 met wie die spreker praat? (1) 7.2.2 Waarom is dit gepas dat hierdie spreker Kaaps praat? (1) 7.3 7.3.1 Strofe 1 bestaan uit vrae. Is dit heeltemal korrek om dit as retoriese vrae te beskou? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (1) 7.3.2 Waarom vra die spreker dan al hierdie vrae? Gee TWEE redes. (2) 7.4 7.4.1 Wat is volgens strofe 1 die sogenaamde “korrekte” siening oor wie die ware digters is? (3) 7.4.2 Watter TWEE opeenvolgende woorde in strofe 2 gee te kenne dat die siening in strofe 1 nie korrek is nie? (1) 7.5 Waarom word die titel van die gedig soveel keer herhaal? (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 24 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 (EC/SEPTEMBER 2016) 7.6 Kies die woord/term uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf slegs die vraagnommer (7.6.1–7.6.4) en die letter (A–E) neer, bv. 7.6.8 F. KOLOM A KOLOM B 7.6.1 “in sy study sit” A herhaling 7.6.2 “Nai” B vrou 7.6.3 “Wie’s hy?” C bewondering 7.6.4 “net daa God tien hulle roep” D alliterasie E teenstelling (4 x 1) (4) 7.7 Watter vermoë het die man in die straat wat die sogenaamde tradisionele digter volgens die gedig nie noodwendig het nie wanneer hulle gedigte skryf? (1) EN Lees die onderstaande gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. TEKS B Kabouterliefde – Ingrid Jonker (Vir Simone) 1. Die kabouter met die rooi-rooi pet 2. die kabouter met die geel hemp aan 3. het sy hart gistraand vir my gegee 4. en sy hemp is vir die maan 5. Die hoepelronde blou-blou lug 6. het kadoemps op die grond geval 7. hy’t dit blink–blou in sy hand gerol 8. toe speel ons daarmee bal 9. Die sterre met hul wit ligte 10. het geknipoog toe ons lag 11. hul’t rondom ons in ʼn kring getrek 12. soos ʼn laer in die nag 13. Die aandblom het sy trom-trompet 14. geblaas in die warrelwindkring 15. die kalkoentjies met hul rooi mondjies 16. het die sprinkaan-wals gesing Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2016) AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2 25 17. Die maan met sy geel lyfie 18. het gaan plat lê op sy rug 19. hy’t gaan slaap by die gousblomme 20. met sy boepens in die lug 21. Die kabouter met die rooi-rooi hart 22. het dit self vir my gesê 23. hy’t die aardbol oor sy kop gegooi 24. o dis hier waar die liefde lê [Uit: Rook en oker, 1963] 7.8 Wat noem ons die vierreëlige versreëls in hierdie gedig? (1) 7.9 Watter stylfiguur word gebruik by “gistraand” in strofe 1? (1) 7.10 Watter woord in strofe 1 bevestig die sprokiesagtige aard van hierdie gedig? (1) 7.11 Haal TWEE klanknabootsende woorde uit die gedig aan. (2) 7.12 Watter natuurelement veroorsaak dat die kalkoentjies die springkaanwals sing? (1) 7.13 Onmoontlike beelde soos die blou lug wat op die grond val en die kabouter wat met die aardbol speel, kom in die gedig voor. Waarom pas dit egter by hierdie gedig? (2) 7.14 Op watter emosie van die kind sinspeel die deurlopende enjambemente in hierdie gedig? (1) 7.15 Watter sintuig van die kind word die meeste in hierdie gedig ingespan? (1) 7.16 7.16.1 In strofe 1 gee die kabouter sy “rooi-rooi pet” aan die spreker, maar in die laaste strofe gee hy sy “rooi-rooi hart”. Wat noem ons hierdie stylfiguur? (1) 7.16.2 Wat sê die kabouter dan nou uiteindelik daardeur aan die spreker? (1) 7.17 Watter intensiewe vorm versterk die ronde vorm van die lug? (1) 7.18 Watter vorm neem die maan aan as hy met sy “boepens in die lug” gaan slaap volgens die gedig? (1) 7.19 Watter voorbeeld van rym is “trom-trompet” in reël 13? (1) 7.20 Waarom dink jy slaag hierdie gedig as ʼn volwasse liefdesverhaal? (2) TOTAAL AFDELING D: 35 GROOTTOTAAL: 70 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 12 Afrikaans FAL

View all