NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
LANDBOUWETENSKAPPE V1
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 10 P1 2020 QP (Afr)
Grade 10 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 1.2 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Biological concepts and cell division20 marks
- Question 1.2Agro-ecology and ecosystems10 marks
- Question 1.3Agro-ecology and ecosystems10 marks
- Question 1.4Agro-ecology and ecosystems5 marks
- Question 2.1Agro-ecology and ecosystems10 marks
- Question 2.2Pasture and veld management15 marks
Show all 16 questions
- Question 2.3Biomes of South Africa6 marks
- Question 2.4Biomes of South Africa2 marks
- Question 3.1Agricultural economics and industry13 marks
- Question 3.2Agricultural economics and industry6 marks
- Question 3.3Agricultural economics and industry5 marks
- Question 3.4Indigenous knowledge and agricultural organisations9 marks
- Question 4.1Animal studies: Cattle8 marks
- Question 4.2Animal studies: Small stock and pigs14 marks
- Question 4.3Animal studies: Small stock and pigs6 marks
- Question 4.4Animal studies: Poultry, horses and game6 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
vraestel gebruik is.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae voorsien.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A.
1.1.1 … is die hoogte van die land bo seevlak wat die hoeveelheid reënval
bepaal wat ʼn area ontvang.
A Helling
B Aspek
C Hoogte
D Klimaat
1.1.2 Die grond waarin … begin groei is normaalweg arm, vlak en het ʼn lae
waterhouvermoë.
A pionierplante
B klimaksplante
C sub-klimaksplante
D sub-pionierplante
1.1.3 Die tipe veld in Suid-Afrika wat deur die letter A voorgestel word.
A Soetveld
B Suurveld
C Gemengde veld
D Voedsame veld
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.4 Die simbiotiese verhouding getoon deur die remora-suiervis en die
haai in die diagram hieronder is ʼn voorbeeld van …
A parasitisme.
B mutualisme.
C predasie.
D kommensalisme.
1.1.5 Die metodes om grane te verwerk soos koring en mielies na meel en
mieliemeel.
A Fermentasie en droging
B Inlê en beroking
C Maal
D Bevriesing en verdroging (‘corning)
1.1.6 Een van die volgende stellings is INKORREK met betrekking tot die
impak van bevolkingsgroei in Suid-Afrika.
A Vraag na voedsel neem toe
B Landbougrond neem toe
C Uitputting van natuurlike hulpbronne
D Stedelike areas raak groter
1.1.7 Wette wat poog om siektes in vee en vleis te voorkom.
A A en B
B A en C
C B en C
D C en D
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5
1.1.8 Hierdie is die mees algemene eienskappe van warmbloedige perde.
(i) Hulle word vir sport gebruik
(ii) Hulle is vinnig en intelligent
(iii) Hulle is groot en gespierd
(iv) Hulle het lang bene
Kies die korrekte kombinasie.
A (i), (ii) en (iii)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.9 Die bees wat in die prent hieronder getoon word is ʼn voorbeeld van ʼn
vleisras wat as … bekend staan.
A Angus
B Charolais
C Hereford
D Brahmaan
1.1.10 Die hoofverskil tussen herkouers en nie-herkouers:
A Urinering
B Ekskresie
C Maag
D Slukproses
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op SLEGS
A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM A nie.
Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer
(1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.6 Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Denitrifikasie Die omskakeling van ammonium-
B: Nitrifikasie verbindings tot nitriete en nitrate
1.2.2 A Nama-Karoo Suid-Afrikaanse biome bedreig deur die
B: Fynbos verspreiding van indringerplante
1.2.3 A: Groenpapier Voorlopige verslag van ʼn regerings-
B: Wysiging voorstel vir ʼn nuwe of gewysigde wet
1.2.4 A: Inheems Kennis verkry deur mondelinge en
B: Tradisioneel kulturele praktyke
1.2.5 A: Inheemse ras Hoë siekte weerstandigheid en lae
B: Verbeterde ras voedsel-omsetverhouding
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die
woord/term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDE-
BOEK neer.
1.3.1 Verskillende plante en diere wat ʼn spesifieke area beset
1.3.2 Die stelsel van voedselkettings wat aan mekaar gebind is
1.3.3 Die grond wat deur permanente plaaswerkers besit en vir hul eie
doeleindes gebruik word
1.3.4 Die groep diere wat hul kos sluk en dan weer opbring om weer gekou
te word
1.3.5 Hoenders wat aangehou word om ʼn groot hoeveelheid eiers te
produseer
(5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende
stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Plante wat aangepas is om in baie droë toestande te leef word
hidrofiete genoem.
1.4.2 Die formele bestaans-landbousektor is goed ontwikkel op groot
skaal.
1.4.3 Kommoditeit-organisasies is besighede wat deur boere besit en
bestuur word vir hulle almal se voordeel.
1.4.4 Bos-indicus-beeste het van die Eurasiese subspesie afgestam.
1.4.5 Die Toggenburgbok se oorsprong is die Saanen-vallei in
Switserland en is na Suid-Afrika ingevoer.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
AFDELING B
VRAAG 2: AGRO-EKOLOGIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon die energievloei in die ekosisteem deur die
interaksie van verskillende organismes.
2.1.1 Identifiseer die tipe energievloei wat in die bostaande diagram
getoon word. (1)
2.1.2 Dui die aantal trofiese vlakke in die diagram aan. (1)
2.1.3 Identifiseer die letter vanaf die diagram wat by die volgende
beskrywings pas:
(a) Stralingsenergie word na chemiese energie deur die proses
van fotosintese omgesit (1)
(b) Herbivore stuur die energie na sekondêre verbruikers deur
middel van predasie aan (1)
(c) Interspesifieke kompetisie vind tussen tersiêre verbruikers
plaas (1)
2.1.4 Verduidelik hoe die energie vanaf die organismes by letter C na
dié by letter B oorgedra word. (2)
2.1.5 Noem DRIE abiotiese komponente benodig deur organismes by
letter D om die energievloei in die bostaande ekosisteem te
onderhou. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9
2.2 Die diagram hieronder toon vier weivelde van verskillende plase met die
hoeveelheid voer wat elke maand geproduseer word.
2.2.1 Definieer die term weiveld. (2)
2.2.2 Identifiseer die weiveld (A–D) wat swak bestuur word. (1)
2.2.3 Gee TWEE redes vir jou antwoord by VRAAG 2.2.2. (2)
2.2.4 Weiveld B is goed bestuur. Ondersteun die stelling met TWEE
sigbare redes vanaf die diagram. (2)
2.2.5 Stel DRIE bestuurspraktyke voor wat tot goeie weiveld toestande lei. (3)
2.2.6 Gebruik die inligting gegee van elke weiveld en bereken die
produksie persentasie van weiveld C. Toon alle bewerkings. (3)
2.2.7 Bereken die hoeveelheid voer wat per jaar deur weiveld D
geproduseer word. (2)
2.3 Die tabel hieronder toon vier Suid-Afrikaanse biome, naamlik grasveld,
savanna, fynbos en woud.
Biome Grasse Bome Bosse Reënval Ligging
(%) (%) (%)
A 18 12 70 Winter WK
GP, KZN, OK,
B 78 15 7 Somer VS
C 8 80 12 Heel jaar WK en OK
KZN, LP, NW,
D 35 30 25 Somer MP, NK
2.3.1 Identifiseer die biome wat deur die letters A en B voorgestel word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
2.3.2 Identifiseer die biome vanuit die tabel wat vir die volgende
aktiwiteite geskik is:
(a) Skaapvleis- en beesboere sal optimale produksie kry (1)
(b) Druiwe word vir wynproduserende fabrieke geplant (1)
(c) Denne en bloekomplante word vir hout geoes (1)
(d) Blaarvreters soos bokke en wildsbokke word grootgemaak (1)
2.3.3 Noem TWEE Suid-Afrikaanse biome wat nie in die tabel genoem
is nie. (2)
2.4 Die impak van klimaatsverandering op landbou in Suid-Afrika is meestal
as gevolg van verhoogde temperature en laer reënval.
Noem TWEE negatiewe effekte van klimaatsverandering in Suid-Afrika. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11
VRAAG 3: AGRI-INDUSTRIE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die tabel hieronder toon die voedselsekuriteit in Suid-Afrika se provinsies.
Inkomste Gemiddelde inname per persoon (kg)
per
Provinsies
persoon Mielies Koring Aartappels
(R)
Wes-Kaap 14 304 97,05 39,01 25,66
Oos-Kaap 3 955 92,25 36,39 22,11
KwaZulu-Natal 5 924 94,91 37,92 25,12
Noordwes 4 995 94,49 37,16 24,96
Limpopo 2 288 92,89 35,50 21,18
3.1.1 Verwys na die tabel hierbo en identifiseer die:
(a) Rykste provinsie (1)
(b) Armste provinsie (1)
3.1.2 Gee die rede vir jou antwoorde op VRAAG 3.1.1. (2)
3.1.3 Klassifiseer die tipe kos in die tabel wat hierbo voorgestel word. (1)
3.1.4 Stel ʼn rede voor waarom die kos genoem in VRAAG 3.1.3 meestal
deur mense gebruik word. (1)
3.1.5 Gee DRIE ander tipes kos wat nie in VRAAG 3.1.3 genoem is nie. (3)
3.1.6 Teken ʼn staafgrafiek wat al die provinsies in die tabel toon en die
inkomste per persoon. (6)
3.2 Die grafiek hieronder toon die bevolking (p) van Suid-Afrika in miljoene (m)
tussen 1968 en 2008.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
3.2.1 Dui die aantal mense aan in Suid-Afrika gedurende die jaar 2000. (1)
3.2.2 Verduidelik die neiging getoon deur die bevolkingsgrootte oor die
jare. (2)
3.2.3 Stel DRIE negatiewe effekte van bevolkingsgroei op die
landbousektor voor. (3)
3.3 Die prente hieronder toon die modelle van grondeienaarskap in Suid-Afrika.
3.3.1 Identifiseer die modelle van grondeienaarskap getoon in
PRENT A, B en C. (3)
3.3.2 Identifiseer die prent (A, B of C) wat by die volgende wette pas:
(a) Die Wet op die Bewaring van Landbouhulpbronne (1)
(b) Die Wet op Grondhervorming (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13
3.4 Die prent hieronder toon ʼn plaas waar twee verskillende gewasse langs
mekaar verbou word.
3.4.1 Noem die inheemse kennis wat deur boere gebruik word soos in die
prent hierbo geïllustreer word. (1)
3.4.2 Gee ʼn rede om jou antwoord op VRAAG 3.4.1 te ondersteun. (1)
3.4.3 Verduidelik die rede vir die boer om die kennis in VRAAG 3.4.1 te
gebruik. (1)
3.4.4 Gee TWEE produkte wat die boer produseer. (2)
3.4.5 Tabuleer die verskille tussen inheemse kennis en wetenskaplike
kennis onder die volgende hoofde:
(a) Ouderdom van die kennis (2)
(b) Metode om die kennis aan te leer (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: DIERESTUDIES
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Die prente hieronder toon die verskillende produkte van beesrasse.
4.1.1 Verwys na die prente hierbo en verwys na die byprodukte. Skryf
die letter en die naam van die byproduk. (2)
4.1.2 Identifiseer die produk wat die beste by elk van die volgende diere
pas, behalwe produk B. Skryf slegs die letter.
(a) Friesland (1)
(b) Hereford (1)
(c) Jersey (1)
4.1.3 Noem enige DRIE inheemse rasse wat geskik is om produk C te
produseer. (3)
4.1.4 Noem TWEE melkrasse wat nie in VRAAG 4.1.2 genoem is nie. (2)
4.2 Die diagram hieronder toon drie diere op ʼn plaas.
4.2.1 Verwys na die diagram hierbo en identifiseer TWEE grasvreters. (2)
4.2.2 Sê of dier B ʼn herkouer of ʼn nie-herkouer is. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15
4.2.3 Gee ʼn rede om jou antwoord op VRAAG 4.2.2 te ondersteun. (1)
4.2.4 Stel TWEE redes voor vir die makmaak van plaasdier A. (2)
4.2.5 Identifiseer die plaasdier vanaf die diagram met die volgende
eienskappe:
(a) Aangepas vir woestyn areas en baie harde vokalisering (1)
(b) Weerstandig teen wolvrot en brommer-aanvalle (1)
(c) Die dier word aangehou vir vleisproduksie en is inheems (1)
4.2.6 Tabuleer TWEE verskille tussen sybokhaar-vesels en wolvesels. (4)
4.3 Die bestendige verspreiding van Afrika-varkgriep deur die EU en ander lande
sedert 2007 het gelei tot ʼn onlangse vergadering tussen leiers. Ongeveer 45
lande en areas ondervind tans Afrika-varkgriep. Om die verspreiding van
hierdie siekte te voorkom moet die boere reëls respekteer om te voorkom
dat die siekte ʼn epidemie raak. Afrika-varkgriep affekteer hoofsaaklik varke.
[Aangepas uit Landbouweekblad, 27 Sept. 2019]
4.3.1 Maak ʼn afleiding van wat die problematiese siekte is wat plaasdiere
affekteer. (1)
4.3.2 Gee die naam van die plaasdier wat deur die siekte genoem in
VRAAG 4.3.1 geïnfekteer sal word. (1)
4.3.3 Verduidelik hoe boere kan voorkom dat die siekte genoem in
VRAAG 4.3.1 versprei. (2)
4.3.4 Noem TWEE varkrasse. (2)
4.4 ʼn Hen behoort ʼn warm, droë, beskermende area of nesboks te hê om haar
eiers in te lê. Aangesien sy lang periodes in die nes spandeer, plaas water
en kos binne haar bereik.
4.4.1 Gee enige TWEE vereistes vir ʼn gesonde nesboks vir lêhenne. (2)
4.4.2 Noem DRIE basiese vereistes vir die suksesvolle produksie van
hoenders. (3)
4.4.3 Gee die naam van vleisproduserende hoenders. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2018 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2017 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2017 Memo (Afr)
More from Grade 10 Agricultural Sciences

Study guide
Gr10 Agricultural Sciences SG LR

Annual teaching plan
Gr 10 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 Memo (Afr)

Question paper