NASIONALE
SENIOR SERTIFKAAT
GRAAD 10
NOVEMBER 2020
LANDBOUWETENSKAPPE V2
(EKSEMPLAAR)
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.
Skip to contentAll 2020 papers 





View all





Agricultural Sciences Grade 10 P2 2020 QP (Afr)
Grade 10 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 10 · Eastern Cape November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 10
- Language
- Afrikaans
- Document type
- Question paper
- Year
- 2020
- Exam period
- Eastern Cape November
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 14
- File size
- 1.0 MB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 14
This exam
Eastern Cape November 2020
Questions in this paper
- Question 1.1Plant studies and crops20 marks
- Question 1.2Soil science10 marks
- Question 1.3Soil science10 marks
- Question 1.4Soil science5 marks
- Question 2.1Soil science8 marks
- Question 2.2Soil science9 marks
Show all 17 questions
- Question 2.3Soil science4 marks
- Question 2.4Soil formation4 marks
- Question 2.5Soil formation7 marks
- Question 2.6Soil formation3 marks
- Question 3.1Plant studies and crops14 marks
- Question 3.2Plant studies and crops8 marks
- Question 3.3Plant studies and crops13 marks
- Question 4.1Natural resource utilisation and soil conservation8 marks
- Question 4.2Natural resource utilisation and soil conservation9 marks
- Question 4.3Biological concepts and cell division11 marks
- Question 4.4Biological concepts and cell division7 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Lees AL die vrae korrek en antwoord wat gevra word.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE bewerkings, insluitende formules, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraag-
nommers (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 Die proses waar rotse afgebreek word as gevolg van fisiese, chemiese
en biologiese prosesse:
A Sedimentasie
B Loging
C Verwering
D Afskilfering
1.1.2 Grondwater wat styf teen gronddeeltjies gebind is en nie deur plante
opgeneem kan word nie:
A Vrywater
B Gravitasie-water
C Higroskopiese water
D Kappillêre water
1.1.3 Minerale wat by lae temperature en druk deur oksidasie gevorm het:
A Tersiêre minerale
B Primêre minerale
C Sekondêre minerale
D Edel-minerale
1.1.4 Metamorfe gesteente grond het die volgende eienskappe:
(i) Baie vrugbaar
(ii) Swak gedreineer
(iii) Swaar en moeilik om te bewerk
(iv) Goed deurlug
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.5 ’n Voorbeeld van graangewasse wat meestal deur kommersiële en
kleinskaalse produsente in Suid-Afrika verbou word:
A Koring
B Sonneblom
C Mielies
D Sorghum
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.1.6 … is ʼn voergewas wat hoofsaaklik aan plaasdiere gegee word, want
dit bevat baie proteïene.
A Lusern
B Kikuyu
C Swenkgras
D Roggras
1.1.7 Koring is ʼn gewas wat goed in … omgewings groei.
A warm
B vogtige
C koel
D droë
1.1.8 … bome is immergroen bome soos dennebome en konifere met naald-
agtige blare.
A Sagte hout
B Indringer
C Loodhout
D Harde hout
1.1.9 Die volgende boerderymetodes veroorsaak gronderosie:
(i) Wisselweiding
(ii) Monokultuur
(iii) Strookbewerking
(iv) Oorbeweiding
Kies die korrekte kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (ii), (iii) en (iv)
1.1.10 Die fase van mitose waar die sitoplasma verdeel om twee nuwe selle
te vorm:
A Anafase
B Telofase
C Metafase
D Profse
(10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5
1.2 Kies ʼn woord/term/konsep/frase vanuit KOLOM B wat die beste by die
beskrywing in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–I) langs die
vraagnommers (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 J.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Water word tussen die kleiplate A Tuinbou
geabsorbeer wat dit sagter en
makliker verweerbaar maak
1.2.2 ʼn Goeie voorbeeld van ʼn primêre B Biotiet
mineraal
1.2.3 Die wetenskap en kuns vir die C Hidroliese
groei vrugte, groente, struike en
blomme
1.2.4 Gewasse hoofsaaklik gekweek D Illiet
om vee te voer
1.2.5 ʼn Toestand waar die grond pH E Hidrasie
meestal onder 4,5 is
F Akwakultuur
G Versuring
H Voer
I Versouting
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term/konsep/frase vir elk van die volgende beskrywings.
Skryf SLEGS die term langs die vraagnommers (1.3.1–1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die opbou van materiaal wat van boonste horisonne uitgeloog het
1.3.2 Plantspesies wat ʼn betekenisvolle verlies aan inheemse flora en
fauna veroorsaak
1.3.3 Die skielike toename in voedingstowwe in watermassas wat lei tot die
groei van algebloei
1.3.4 ʼn Groot ronde liggaam wat in die sitoplasma gevind word wat
genetiese inligting bevat
1.3.5 Die seldelingsproses wat veroorsaak dat vier haploïede dogterselle
vorm (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommers
(1.4.1-1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Klontvorming is die meng van sediment deur grawende organismes.
1.4.2 Appels is vrugte gewasse wat hoofsaaklik in wynproduksie gebruik word.
1.4.3 Chemiese agteruitgang van grond vind plaas wanneer die grondstruktuur
vernietig word.
1.4.4 Kariokinese is waar die sitoplasma wat al die organelle bevat in twee
selle verdeel.
1.4.5 ʼn Gameet is ʼn genetiese eenheid wat spesifieke eienskappe wat van
ouers oorgeërf is, bevat.
(5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7
AFDELING B
VRAAG 2: GRONDKUNDE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
2.1 Die onderstaande prent toon die verhouding tussen grond, plante en diere.
2.1.1 Beskryf TWEE maniere hoe grond uit plante voordeel trek. (2)
2.1.2 Gee TWEE funksies van grond aan plante. (2)
2.1.3 Verduidelik TWEE maniere hoe diere deur grond voordeel trek. (2)
2.1.4 Identifiseer die grondkomponent en die persentasie wat uit lewende en
nie-lewende diere en plantmateriaal bestaan. (2)
2.2 Die tabel onderaan toon voorbeelde van minerale van twee groepe.
GROEP A GROEP B
Kwarts Kaoliniet (candites)
Mika (Muskoviet) Montmorilloniet
Kalsiet Vermikuliet
2.2.1 Identifiseer die klas van minerale in groep A en groep B uit die bostaande
tabel. (2)
2.2.2 Verduidelik hoe minerale in groep B gevorm word. (1)
2.2.3 Gee TWEE eienskappe waarvoor minerale hoofsaaklik in grond
verantwoordelik is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
2.2.4 Gee EEN voorbeeld vir elk van die volgende:
(a) Edelstene (1)
(b) Minerale erts (1)
2.2.5 Voorsien TWEE hoofeienskappe wat deur geoloë gebruik word om
minerale te identifiseer. (2)
2.3 Die onderstaande tabel toon DRIE verskillende tipes rotse:
sedimentêre rots; stollingsgesteentes; metamorfiese gesteentes
2.3.1 Dui die tipe rots uit die bostaande tabel aan wat van toepassing is op elk
van die volgende stellings:
(a) Gevorm uit lae rots en organiese materiaal onder kragte van
gravitasie (1)
(b) Gevorm wanneer vulkane uitbars (1)
(c) Voorbeelde sluit basalt en graniet in (1)
(d) Grond gevorm uit hierdie rots is nie diep nie, want dit is maklik
kompakteerbaar (1)
2.4 Verwering van rotse is wanneer rotse tot kleiner deeltjies afgebreek word.
2.4.1 Gee TWEE redes waarom die verwering van rots belangrik is. (2)
2.4.2 Onderskei tussen hidroliese en karbonisasie. (2)
2.5 Bestudeer die onderstaande diagram van ʼn topografiese faktor en beantwoord
die vrae wat volg.
2.5.1 Identifiseer die helling wat die warmste sal wees. (1)
2.5.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.5.1. (1)
2.5.3 Noem die topografiese faktor wat deur die bostaande diagram vertoon
word. (1)
2.5.4 Verduidelik hoe die topografiese faktor genoem in VRAAG 2.5.3
grondvorming op die noordelike helling sal affekteer. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9
2.5.5 Noem enige TWEE klimaatsfaktore wat grondvorming affekteer. (2)
2.6 Die onderstaande prent toon een van die grondvormingsprosesse.
2.6.1 Identifiseer die horison waar die volgende prosesse plaasvind:
(a) Elluviasie (1)
(b) Illuviasie (1)
2.6.2 Verduidelik die effek van loging van minerale op landbouproduksie. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 3: PLANTSTUDIES
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
3.1 Die onderstaande grafiek toon die produksie volume van sommige veld- en
tuinbougewasse in 2008 geproduseer.
3.1.1 Identifiseer die volgende vanuit die grafiek:
(a) Veldgewas met die hoogste aanvraag in die bakkery industrie (1)
(b) Die veldgewas wat die hoof-stapelvoedsel in Suid-Afrika is (1)
3.1.2 Analiseer die bostaande grafiek en bereken die totale produksie volume
van al die tuinbougewasse. Toon ALLE bewerkings. (2)
3.1.3 Gee TWEE basiese grondvereistes vir verbouing van aartappels. (2)
3.1.4 Verwerk die inligting van die veldgewasse in die bostaande grafiek na ʼn
tabel vorm. (5)
3.1.5 Verduidelik DRIE maniere hoe gewasse tot die ekonomie van Suid-
Afrika bydra. (3)
3.2 ʼn Industriële gewas is ʼn gewas wat gekweek word om te verkoop eerder as
om deur die produsent geëet te word.
3.2.1 Identifiseer enige TWEE hoof industriële gewasse wat in Suid-Afrika
verbou word. (2)
3.2.2 Voorsien die eindproduk van elk van die industriële gewasse in
VRAAG 3.3.1 geïdentifiseer. (2)
3.2.3 Gee EEN gebruik van voergewasse en gee EEN voorbeeld van ʼn
peulplant-voergewas. (2)
3.2.4 Beskryf TWEE redes om die groei van beskermde bome te bevorder. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11
3.3 Die onderstaande tabel toon verskillende klasse groente en hul voorbeelde.
A B
C D
3.3.1 Klassifiseer die groente in hul agronomiese eienskappe wat A, B, C en D
in die tabel voorstel. (4)
3.3.2 Noem die tekstuurklas van grond wat die beste geskik is om die gewas
wat deur D voorgestel word, te verbou. (1)
3.3.3 Klassifiseer appels en piesangs as tropies, subtropies of bladwisselende
vrugtegewasse. (2)
3.3.4 Gee die produksie area waar appels in Suid-Afrika hoofsaaklik verbou
word. (1)
3.3.5 Noem enige TWEE gebruike van druiwe. (2)
3.3.6 Noem EEN klimaatstoestand wat gunstig is vir die produksie van druiwe. (1)
3.3.7 Gee TWEE redes waarom die verbouing van proteas belangrik is. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
VRAAG 4: VOLHOUBARE NATUURLIKE HULPBRONBENUTTING EN
BIOLOGIESE KONSEPTE
Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy.
4.1 Landbou hulpbronne is alles insette wat noodsaaklik vir landbouproduksie is.
4.1.1 Verduidelik die verskil tussen primêre en sekondêre hulpbronne en gee
EEN voorbeeld van elk. (4)
4.1.2 Verduidelik waarom grond as ʼn nie-hernubare hulpbron geklassifiseer
word. (1)
4.1.3 Stel DRIE metodes voor hoe boere water in ʼn volhoubare manier kan
gebruik. (3)
4.2 Analiseer die onderstaande diagram wat drie tipes gronddegredasie toon.
4.2.1 Identifiseer ander voorbeelde van gronddegredasie wat deur letter A, B en
C in die bostaande diagram, voorgestel word. (3)
4.2.2 Gee TWEE landbou-praktyke wat gronddegredasie in landbougrond
veroorsaak. (2)
4.2.3 Stel TWEE beheermaatreëls voor wat ingestel kan word om oppervlak-
afloop in verweerbare lande te verminder. (2)
4.2.4 Beskryf in breë trekke TWEE hoofkwessies wat deur die Nasionale
Waterwet van Suid-Afrika aangespreek word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
(EC/NOVEMBER 2020) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13
4.3 Die onderstaade diagram toon die basiese struktuur van ʼn diersel.
4.3.1 Identifiseer die organelle aangedui as A, B en C op die diagram hierbo. (3)
4.3.2 Skryf die naam van die struktuur waar die volgende plaasvind neer:
(a) Breek glukose gedurende die proses van respirasie af (1)
(b) Hou die sel bymekaar en gee dit vorm (1)
4.3.3 Tabuleer TWEE hoofverskille tussen dierselle en plantselle. (4)
4.3.4 Verduidelik, met ʼn voorbeeld, wat gespesialiseerde dierselle is. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2020)
4.4 Seldeling is ʼn proses waar ʼn enkele sel verdeel om nuwe selle genaamd
dogterselle, te vorm.
4.4.1 Identifiseer die tipe seldeling wat deur die volgende verduidelik word:
(a) Vorming van haploïede dogterselle (1)
(b) Verdeling wat diploïede dogterselle vorm (1)
4.4.2 Gee TWEE redes waarom die seldeling wat diploïede dogterselle vorm,
belangrik is. (2)
4.4.3 Beskryf wat in Metafase 1 by selle wat verdeel, gebeur, om haploïede
selle te vorm. (2)
4.4.4 Identifiseer ʼn gedeelte van ʼn DNS-/DNA-molekule wat inligting rakende
ʼn spesifieke genetiese eienskap bevat. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2018 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2017 QP (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2018 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2017 Memo (Afr)
More from Grade 10 Agricultural Sciences

Study guide
Gr10 Agricultural Sciences SG LR

Annual teaching plan
Gr 10 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P1 2019 Memo (Afr)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 10 P2 2019 Memo (Afr)

Question paper