Skip to content

Agricultural Sciences Grade 11 P2 2018 QP (Afr)

Question paperAgricultural SciencesGrade 11201816 pages

Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2018 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Answer online

Loading document…

Loading document…

Questions in this paper

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2018 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) INSTRUKSIES EN INLINGTING 1. Beantwoord ALLE vrae in die ANTWOORDEBOEK. 2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 3. Lees AL die vrae korrek en beantwoord slegs wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word. 6. Toon AL jou bewerkings, insluitend eenhede en formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 A. 1.1.1 ʼn Kataboliese proses waar koolhidrate afgebreek en energie vrygestel word. A Mineralisasie B Fotosintese C Anabolisme D Respirasie (2) 1.1.2 Die blaarpigment verantwoordelik vir die oranje kleur in plante is … A karetinoïede. B xantofiele. C karoteen. D chlorofil. (2) 1.1.3 Die splitsing van watermolekule na waterstof en suurstof in die teenwoordigheid van lig. A Fotofosforilasie B Respirasie C Fotosintese D Fotolise (2) 1.1.4 Eienskappe van geneties gemodifiseerde gewasse. (i) Verhoogde opbrengs en skade aan gewas (ii) Verhoogde opbrengs en beter geur (iii) Verhoogde opbrengs en beter raklewe (iv) Weerstandig vir peste en laer insetkostes Kies die korrekte kombinasie: A (i), (iii), en (iv) B (i), (ii) en (iv) C (ii), (iii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 1.1.5 Die gebreksimptoom van hierdie element sal ʼn inwendige kurk in appels en tamaties toon. A Boor B Yster C Sink D Kobalt (2) 1.1.6 Die werklike hoeveelheid fosfor wat ʼn 50 kg kunsmis gemerk 2 : 3 : 2 (21) bevat. A 3 kg B 4,5 kg C 9 kg D 12 kg (2) 1.1.7 Vrugte wat vanaf die ryp vrugbeginsel en ander dele van die blom ontwikkel: A Saamgestelde vrug B Eenvoudige vrug C Byvrug D Veelvuldige vrug (2) 1.1.8 ʼn Geswelde ondergrondse gemodifiseerde stingel met knope en litte: A Bol B Stolon C Kruiper D Knol (2) 1.1.9 Die volgende is almal biologiese beheermetodes vir onkruid, behalwe … A sistemiese onkruiddoders. B spesie spesifieke insekte. C ander ongewerweldes. D natuurlike vyande. (2) 1.1.10 Kunsmatige voorsiening van water na areas waar reënval nie voldoende is nie: A Verdamping B Besproeiing C Dreinering D Transpirasie (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5 1.2 Kies ʼn woord/term vanuit KOLOM B wat die beste by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1– 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K. KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Mikro-besproeiingstelsel A Vermikuliet 1.2.2 ʼn Voorbeeld van ʼn bakteriële B Hersirkulasie-stelsel siekte by plante 1.2.3 Groeimedium in hidroponika C Geografiese inligtingstelsel 1.2.4 Laat water toe om eenkeer D Drupsisteem deur die sisteem te gaan voor dit vrygestel word 1.2.5 ʼn Toestel wat ʼn presiese E Aartappel-krulblaar posisie op die aardbol kan bepaal F Geografiese posisioneringstelsel G ʼn Oop deurvloei-stelsel H Blaarroes I Kweekhuis J Spilpunt (5 x 2) (10) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf SLEGS die term langs die vraagnommer neer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1.3.1 Manlike orgaan van ʼn blom 1.3.2 Die praktyk beoefen deur boere om die maksimum blootstelling aan sonlig vir effektiewe fotosintese te verseker 1.3.3 Die organiese deel van grond wat deur die ontbinding van blare en ander plantmateriaal deur mikro-organismes, gevorm word 1.3.4 Aanwending van kunsmis aan een of beide kante van ʼn ry plante of onder die saailinge 1.3.5 Die proses waar die geskiktheid van grond vir landbou en nie- landboudoeleindes bepaal word (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in elk van die volgende stellings. Skryf slegs die korrekte woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK. 1.4.1 Meeste ione bereik die blare van plante vanaf die wortels deur die floëem. 1.4.2 ʼn Tensiometer is ʼn spesiale plat, watergevulde houer wat gebruik word om die tempo van waterverlies te meet. 1.4.3 Vars water wat in die porieruimtes van grond en rotse aangetref word, is kapillêre water. 1.4.4 Geen bewerking is die eerste bewerking van die grond in die nuwe seisoen. 1.4.5 Hidroponika is strukture wat met deursigtige materiaal bedek is om sigbare lig deur te laat. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7 AFDELING B: VRAAG 2: PLANTVOEDING Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die prent hieronder illustreer die proses wat tydens plantproduksie plaasvind. 2.1.1 Identifiseer die prosesse wat as A en B onderskeidelik benoem is. (2) 2.1.2 Tabuleer die verskille tussen die TWEE prosesse rakende: (a) Koolhidrate (2) (b) Suurstof (2) 2.1.3 Stel enige TWEE hoofpigmente voor wat by die proses genommer B betrokke is. (2) 2.1.4 Lei af wat die eindprodukte van die proses wat as B benoem is. (2) 2.1.5 Dui TWEE fases van die proses in B aan. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 2.2 Die volgende is voorbeelde van voedsel wat in verskillende plantorgane gestoor is. Gemmer; Uie; Patat; Beet; Sonneblom; Mango 2.2.1 Pas die voorbeelde van voedsel hierbo met hul bergingsorgane: (a) Sade (1) (b) Wortel (1) (c) Stingel (1) 2.2.2 Baie plante het aanpassingseienskappe om die tempo van transpirasie te verlaag. Stel TWEE aanpassingseienskappe voor wat plante gebruik om transpirasie te verminder. (2) 2.3 Plante benodig voedingstowwe vir normale groei. Hieronder is chemiese voorstellings van die vorms waarin elemente in die grond beskikbaar is vir plante om te absorbeer. A. Mn+-ione en Mo +- ione B. NO3-ione of PO3 ,K+ione , Ca++- ione en Mg ++-ione, H2 en O2 2.3.1 Klassifiseer ‘A’ en noem die TWEE elemente onderskeidelik. (3) 2.3.2 Identifiseer TWEE primêre voedingstowwe en TWEE sekondêre voedingstowwe. (4) 2.3.3 Noem die TWEE nie-mineraal elemente. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9 2.4 Organiese bemestingstowwe word van plant- en diermateriaal gemaak en kan dus nie die omgewing beskadig op die wyse wat chemiese en sintetiese stowwe doen nie. Die onderstaande grafiek wys die impak van organiese bemestingstowwe op plante se groei. 2.4.1 Herskryf die inligting vanaf die grafiek in die vorm van ʼn tabel. (4) 2.4.2 Identifiseer, vanaf die grafiek, die organiese bemestingstowwe wat die meeste bydra tot die groei van plante. Motiveer jou antwoord. (2) 2.4.3 Stel EEN faktor voor wanneer die gebruik van plaasmis oorweeg word. (1) 2.4.4 Noem TWEE metodes vir die toediening van bemestingstowwe. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE Begin die vraag op ʼn nuwe bladsy. 3.1 Die onderstaande diagram verteenwoordig ʼn blom. Beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is. 3.1.1 Identifiseer die nommer van die deel van die blom waar stuifmeel geproduseer word. (1) 3.1.2 Dui aan of die bostaande struktuur ʼn eenslagtige of tweeslagtige blom is. Motiveer jou antwoord. (2) 3.1.3 Skryf die nommer van die struktuur wat vir die lok van insekte vir bestuiwing verantwoordelik is. (1) 3.1.4 (a) Twee manlike kerne word geproduseer tydens die ontkieming van ʼn stuifmeelkorrel. Benoem die twee manlike kerne. (2) (b) Verduidelik EEN funksie van elk van die twee kerne. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11 3.2 Sekere kleinskaalse boere het die moontlikheid bestudeer om hul eie kwekery te begin. Hulle wou meer leer oor die verskillende ongeslagtelike voorplantingsmetodes wat hulle kan gebruik om verskillende gewasse te kweek. Die onderstaande diagram wys voortplantingsmetodes van A–D. A B C D 3.2.1 Pas die bostaande diagramme by die volgende stellings: (a) ʼn Verdikte ondergrondse stingel wat min of meer parallel met die grondoppervlakte groei (1) (b) ʼn Kunsmatige metode van vegetatiewe kweking (1) (c) Kort, dik ronde ondergrondse stingels wat voedsel stoor (1) (d) Ondergrondse stingels wat bedek is met vlesige skubblare wat voedsel stoor (1) 3.2.2 Stel TWEE nadele voor vir die vegetatiewe voorplantingsmetodes in VRAAG 3.2.1. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 3.2.3 Gee die name van die dele wat in die ongeslagtelike voorplantingsmetode B saamgevoeg word. (2) 3.2.4 Mutasie kan kunsmatig geïnduseer word deur middels soos straling en sekere chemikalieë te gebruik. Stel TWEE voordele van geenmutasies voor. (2) 3.3 Die onderstaande tabel wys die produksie van gewasse op ʼn plaas waar gelyke hoeveelhede gewone sade en GM sade geplant was. Gewas Hektaar GM produksie/ha Gewone geplant (ton) produksie/ha (ton) Wit mielies 50 4 2 Geel mielies 60 5 3 Sojaboon 20 2 0,5 3.3.1 Lei vanaf die tabel af wat die impak van GM sade teenoor gewone sade is. (1) 3.3.2 Bereken die totale opbrengs van geel mielies in kilogram vir GM gewasse. (3) 3.3.3 Noem DRIE bekommernisse van die publiek ten opsigte van die gebruik van GM-gewasse. (2) 3.4 Baie onkruid het aangepas om in moeilike omstandighede te groei waar ander plante sukkel om te oorleef. Hierdie aanpassings laat onkruid vinniger en makliker groei as gewasse. 3.4.1 Gee DRIE aanpassings van onkruid. (3) 3.4.2 Verduidelik die konsep geïntegreerde plaagbestuur (GPB). (2) 3.4.3 Lei TWEE redes af waarop GPB verkies word as ʼn metode om onkruid te beheer. (2) 3.5 Voltooi die volgende tabel van plantsiektes deur net die nommer (3.5.1–3.5.4) en ontbrekende woord neer te skryf. Siekte Simptoom Manier van Gasheer oordrag Bakteriese Plante verwelk en Water en grond 3.5.1 verwelksiekte gaan dood Tabakkringvlek Chlorose/ Aartappels 3.5.2 mosaïek Swamagtige Wind 3.5.3 3.5.4 groeisels op blare (4) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING Begin die vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Verskillende faktore moet in ag geneem word wanneer ʼn bodemopname gedoen word. 4.1.1 Gee TWEE hoof-eienskappe wat tydens ʼn bodemopname in ag geneem moet word. (2) 4.1.2 Presisie-boerdery beskryf ʼn moderne metode van gewasverbouing. Noem TWEE hoofdoelwitte van hierdie konsep. (2) 4.2 In droër dele van Suid-Afrika gebruik boere gewoonlik ’n vorm van besproeiing om reënval aan te vul sodat hulle gewasse kan verbou. Die gebruik van besproeiing om reënval aan te vul stel boere in staat om gewasse te plant wat ʼn hoë waterbehoefte het, wat hulle gewoonlik nie sou kon plant tydens die droë seisoen nie. Voor besproeiingswater gebruik word moet die watergehalte eers vasgestel word. [Vrylik vertaal en aangepas van http://www.daff.gov.za/doaDev/.pdf. Toegang op 20 Junie 2018 verkry.] 4.2.1 Noem TWEE hoofbronne van water vir besproeiing. (2) 4.2.2 Verduidelik TWEE faktore wat watergehalte beïnvloed. (2) 4.2.3 Sentrale sprinkelbesproeiing is ʼn meer gesofistikeerde manier om oorhoofse besproeiing toe te pas en word deur baie boere gebruik. Noem TWEE nadele van dié sisteem. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 4.3 Die onderstaande diagramme dui die verskillende uiteensettings wat gebruik kan word wanneer pype geïnstalleer word. A B C 4.3.1 Identifiseer die DRIE verskillende uitlegte hierbo. (3) 4.3.2 Stel DRIE tipes topografie of terrein voor waarvoor elk van die stelsels in VRAAG 4.3.1 gebruik sal word. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2018) LANDBOUWETENSKAPPE V2 15 4.4 Die volgende struktuur word in intensiewe gewasproduksie ondernemings gebruik. Sommige plante groei in grond waar sommige in ʼn ander medium as grond gekweek word. 4.4.1 Identifiseer hierdie struktuur. (1) 4.4.2 Noem TWEE voordele daarvan om hierdie struktuur te gebruik. (2) 4.4.3 Stel TWEE groeimediums voor anders as grond. (2) 4.5 Boere wat bewaringsbewerking toepas probeer op ʼn volhoubare manier boer. 4.5.1 Identifiseer TWEE tipes bewaringspraktyke. (2) 4.5.2 Tabuleer die verskil tussen monokultuur en wisselbou met betrekking tot die volgende: (a) Gronderosie (2) (b) Implemente gebruik (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2018) 4.5.3 Benoem die implemente wat A–C genommer is. A B C (3) 4.5.4 Identifiseer die implement wat vir primêre grondbewerking gebruik word. (1) 4.6 In Suid-Afrika word daar met beide varswatervis en mariene spesies in akwakultuur-sisteme geboer en baie eksotiese spesies word ook gebruik. 4.6.1 Gee ʼn rede waarom daar met eksotiese spesies in Suid-Afrika geboer word. (2) 4.6.2 Noem TWEE basiese vereistes vir akwakultuur om hoër opbrengs te verseker. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

More from Grade 11 Agricultural Sciences

View all