Skip to content
Question paper

Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP (Afr)

Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021 (Afrikaans), 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Agricultural SciencesGrade 12202118 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2021 LANDBOUWETENSKAPPE V1 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.
Downloaded from hlayiso.com 2 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDELING B. 2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 3. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 4. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in die vraestel gebruik word. 5. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 6. Toon ALLE bewerkings, insluitende eenhede en formules, waar van toepassing. 7. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 3 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde tot die volgende vrae voorsien. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.1.11 B. 1.1.1 Die proses waardeur voedsel deur die spysverteringskanaal beweeg, as gevolg van die sametrekking en ontspanning van spiere, staan as … bekend. . A herkouing B vertering C peristalse D absorpsie 1.1.2 Die voedingstof wat immuniteit aan ʼn dier gee wat sy liggaam teen patogene en anti-gene beskerm. A Koolhidrate B Proteïene C Lipiede D Vette 1.1.3 Die smaaklikheid en verteerbaarheid van lae graad ruvoer kan deur die … verbeter word. (i) meng van ruvoer met molasse (ii) aanvulling van rantsoen met nie-proteïen stikstowwe (iii) aanvulling met tefhooi (iv) byvoeging van klein hoeveelhede urea en biuret Kies die KORREKTE kombinasie. A (i), (iii) en (iv) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.4 ʼn Tekort aan fosfor in die liggaam van plaasdiere lei tot ʼn toestand wat as … bekend staan. A goiter B anemie C parakeratose D pika Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.1.5 Die metode vir die hantering van plaasdiere met betrekking tot skape: A Vang die dier so hoog as moontlik aan die agterbeen. B Gebruik ʼn nekklamp om die dier te laat stil staan. C Beweeg die dier van agter. D Gooi klippe om die diere te stuur. 1.1.6 Die volgende is NIE ʼn eienskap van ʼn intensiewe produksiestelsel NIE: (i) ʼn Relatiewe klein stuk grond word gebruik. (ii) Groot hoeveelheid kapitaal word bestee. (iii) Baie arbeid word gebruik. (iv) Onderneming dek ʼn groot stuk grond. Kies die korrekte kombinasie: A (i), (iii), en (iv) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.7 Die volgende stelling is WAAR rakende soӧnotiese siektes. A Oorgedra van mense na diere. B Affekteer sekere diere in ʼn spesifieke streek. C Nie as aansteeklike siektes beskou nie. D Ontstaan a.g.v. afwykings wat metaboliese prosesse onderbreek. 1.1.8 Die stellings hieronder is op die lewenssiklus van ʼn enkelgasheer- bosluis van toepassing. (i) Eiers broei uit tot larwes. (ii) Nimf ontwikkel na ʼn volwassene. (iii) Larwe en nimf leef op ʼn tussengasheer. (iv) Larwe ontwikkel tot ʼn nimf. Kies die KORREKTE kombinasie: A (i), (iii) en (iv) B (ii), (iii) en (iv) C (i), (ii) en (iv) D (i), (ii) en (iii) 1.1.9 ʼn Eienskap gesien gedurende die mikroskopiese evaluering van semen: A Volume B Kleur C Digtheid D Abnormaliteite Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 5 1.1.10 … verwys na die aanhegting van die embrio aan die endometrium van ʼn sog. A Kopulasie B Sinchronisasie C Implanting D Retensie (10 x 2) (20) 1.2 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM B op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEENEEN van die items in KOLOM A van toepassing is. Skryf slegs A, slegs B, BEIDE A en B of geeneen langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld. 1.2.6 slegs B. KOLOM A KOLOM B A: Kafeteriastyl Metode om kalsium boroglunaat vir 1.2.1 B: Inspuiting melkkoeie met melkkoors aan te vul A: Lupiene ʼn Proteïenryke kragvoer van plantaardige 1.2.2 B: Oliekoekmeel oorsprong wat gebruik word om ruvoer te balanseer A: Gevorderde ʼn Faktor om diereproduksie onder tegnologie ekstensiewe boerdery toestande te 1.2.3 B: Voorsiening van verhoog ventilators A: Deurdrenking Die metode om medikasie op die vel van 1.2.4 Oppervlakaan- diere aan te wend B: wending A Onkunde Die faktor wat onvrugbaarheid by jong 1.2.5 B: Voeding bulle veroorsaak (5 x 2) (10) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.3.1 Die maatstaf van die kwaliteit van ʼn proteïen in ʼn voer 1.3.2 Die diens deur die staat voorsien, waar diere in isolasie gehou word vir ʼn sekere tydperk terwyl hulle vir siektes getoets word 1.3.3 Die verskynsel waar die testis in die buikholte agterbly 1.3.4 Die term wat gebruik word vir bulle wat belangstel in koeie, maar nie die vermoë het om hulle te dek nie 1.3.5 ʼn Steriele vroulike kalf wat gebore word wanneer die tweeling van die teenoorgestelde geslag in die uterus van ʼn koei ontwikkel (5 x 2) (10) 1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD/E in elk van die volgende stellings om dit WAAR te maak. Skryf slegs die korrekte woord/e langs die vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. 1.4.1 Die ensieme in die dunderm van ʼn dier wat vetmolekule opbreek word amilase genoem. 1.4.2 Kastrasie is die proses om jong suigende diere permanent van hul moeders te verwyder. 1.4.3 ʼn Verdunningsmiddel is ʼn gelerige, souterige roomerige vloeistof wat deur die melkkliere net na geboorte afgeskei word en teenliggaampies verskaf. 1.4.4 Spermatosoë is die eindproduk van die proses van oӧgenese. 1.4.5 Hermafrodiet is ʼn koei wat drie of meer keer moet paar voordat sy dragtig raak. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 7 AFDELING B VRAAG 2: DIEREVOEDING Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 2.1 Die diagram hieronder toon plaasdiere, met hul tande. 2.1.1 Dui aan of die tande in die diagram hierbo die bokaak of onderkaak voorstel. (1) 2.1.2 Noem die tipe vertering wat deur die tande in die diagram hierbo uitgevoer word. (1) 2.1.3 Verduidelik die belangrikheid van tande saam met speeksel vir PLAASDIER 1. (2) 2.1.4 Noem die deel van pluimvee wat dieselfde funksie as die tande in die diagram hierbo verrig. (1) 2.1.5 Beskryf die pad van melk by PLAASDIER 2. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.2 Die struktuur hieronder toon ʼn deel van die spysverteringskanaal by plaasdiere. 2.2.1 Noem die deel van die spysverteringskanaal, waar die struktuur hierbo geïllustreer, gevind word. (1) 2.2.2 Dui die voedingstof aan wat by deel genommer A en B geabsorbeer word. (2) 2.2.3 Noem die proses wat na die absorpsie van voedingstowwe, soos gemeld in VRAAG 2.2.2, volg. (1) 2.2.4 Noem EEN aanpassingseienskap van die struktuur hierbo wat dit help om sy funksie te verrig. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 9 2.3 Die grafiek hieronder toon verskillende voere met verskillende voedingskomponente. (Verteerbare koolhidrate, vette en proteïene) Voedingskomponente in verskeie voere 70 Komponente van voer persentasie (%) 60 50 40 30 20 10 0 VOER A VOER B VOER C Voere Koolhidrate Vette Proteïene 2.3.1 Identifiseer die voer vanaf die grafiek hierbo wat die geskikste vir elk van die volgende situasies gaan wees: (a) Jong groeiende diere (b) Vetmaak van ou ooie (c) Voorsien insolasie teen temperatuurveranderinge (3) 2.3.2 Veronderstel voer B het 85% TVV, bereken dan die voedingsverhouding van hierdie voer. (3) 2.3.3 Bepaal die verhouding waarin voer A en voer C gemeng moet word om ʼn voer met 18% DP te verkry. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 2.4 Chemiese stowwe word in voerkrale vir beesvleisproduksie gebruik om die groeitempo te verhoog. Noem die mees toepaslike stof wat aan diere in elk van die volgende gevalle toegedien kan word: (a) ʼn Stof wat aan beeste in ʼn voerkraal toegedien word om hul te kalmeer. (b) Stof wat toegedien word om die metaboliese tempo van diere te verhoog. (2) 2.5 Die tabel hieronder toon die produksie van lusern in kg DM/Ha vir ʼn periode van een jaar op ʼn 42 hektaar plaas. MAANDE VAN DIE JAAR HOEVEELHEID LUSERN GEPRODUSEER (KG DM/HA) Januarie 1 200 Februarie 800 Maart 200 April 200 Mei 100 Junie 50 Julie 50 Augustus 200 September 300 Oktober 400 November 600 Desember 1 200 2.5.1 Gebruik die inligting in die tabel hierbo om ʼn staafgrafiek te teken. (6) 2.5.2 ʼn Boer het 35 lakterende koeie en elkeen benodig 5 kg lusern per dag vir optimale produksie. Bereken die totale hoeveelheid lusern wat die koeie in Junie gaan benodig. (Toon ALLE bewerkings.) (2) 2.5.3 Bepaal of daar genoeg lusern vir hierdie lakterende koeie in Junie gaan wees. (Toon ALLE bewerkings.) (3) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 11 VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 ʼn Boer wat 40 hektaar grond in ʼn suurveld-area besit, plant kiekoejoe as weiding om sy osse af te rond. Ongeveer 20 hektaar wat uitgesit is vir weiding is in vier kampe verdeel deur doringbosse te gebruik om elke kamp te omhein. Vyf diere word op ʼn slag met wisselweiding daarin toegelaat. Die boer glo daarin om diere te teel wat aangepas is vir die omgewing om sodoende die weiding optimaal te benut, eerder as om die omgewing kunsmatig te verander om by die diere se belange te pas. 3.1.1 Identifiseer die diereproduksiestelsel wat deur die boer in die scenario hierbo gebruik word. (1) 3.1.2 Gee TWEE redes vir die antwoord op VRAAG 3.1.1. (2) 3.1.3 Noem die boerderystelsel wat met die produksiestelsel in VRAAG 3.1.1 gekoppel kan word. (1) 3.1.4 Identifiseer die maatreëls in die scenario hierbo om diereproduksie onder die volgende te verhoog: (a) Voeding (b) Reproduksie (c) Algemene ondernemingsbestuur (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.2 Die prente hieronder toon fasiliteite/toerusting wat in ʼn diereproduksiestelsel gebruik word. PRENT A PRENT B PRENT C PRENT D 3.2.1 Identifiseer die fasiliteit/toerusting in PRENT B en PRENT D. (2) 3.2.2 Stel die rede voor vir die gebruik van die fasiliteit genommer A in PRENT C. (1) 3.2.3 Dui TWEE ontwerp-eienskappe van die fasiliteit genommer B in PRENT C aan. (2) 3.2.4 ʼn Permit is een van die vereistes wat benodig word wanneer diere deur die fasiliteit in PRENT A geskuif word. Dui die inligting aan wat op die permit aangebring moet word. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 13 3.3 Varke is sensitief diere wat maklik skrikgemaak word en sekere gedragspatrone toon wanneer hulle nood ervaar. 3.3.1 Noem TWEE tekens van nood by varke. (2) 3.3.2 Verkeerde hantering van diere tydens vervoer kan ʼn negatiewe effek op diere en hul produkte hê. Regverdig hierdie stelling met TWEE effekte. (2) 3.4 Dit is belangrik dat diere op ʼn gereelde basis getoets word om siektes in hul vroeë stadiums op te spoor. 3.4.1 Gee TWEE tekens wat toon dat ʼn dier siek is. (2) 3.4.2 Dui TWEE metodes aan wat ʼn boer kan gebruik om dieregesondheid te toets. (2) 3.5 Die illustrasie hieronder toon die lewensiklus van miltsiekte. 3.5.1 Dui die patogeen aan wat die siekte hierbo geïllustreer, veroorsaak. (1) 3.5.2 Identifiseer vanaf die illustrasie TWEE maniere hoe die siekte oorgedra kan word. (2) 3.5.3 Die siekte hierbo is soӧnoties. Regverdig hierdie stelling deur na die illustrasie te verwys. (2) 3.5.4 Noem TWEE stappe wat die boer kan neem om die verdere verspreiding van die siekte in die illustrasie te voorkom, wanneer ʼn uitbraak ontstaan het. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 14 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 3.6 Bosluise is die mees algemeenste oordraer van siektes by plaasdiere. Hulle maak ʼn opening in die vel van die dier en laat dan die patogeen in om siektes te veroorsaak. 3.6.1 Klassifiseer die parasiet in die scenario hierbo. (1) 3.6.2 Gee ʼn rede vir jou antwoord op VRAAG 3.6.1. (1) 3.6.3 Bosluise word volgens hul lewensiklus geklassifiseer. Noem die bosluis wat tot elk van die volgende klasse behoort: (a) Driegasheerbosluis (b) Eengasheerbosluis (2) 3.6.4 Dui TWEE ekonomiese impakte van bosluise vir die boer aan. (2) [35] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 15 VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 4.1 Die diagramme hieronder toon die organe in die voortplantingstelsel van ʼn bul en ʼn koei. DIAGRAM 1 DIAGRAM 2 4.1.1 Identifiseer die letter vanuit die diagramme hierbo waar elk van die volgende plaasvind: (a) Spermatogenese (2) (b) Storting van semen gedurende kunsmatige inseminasie (1) (c) Spermsel smelt saam met eiersel (1) (d) Kopuleringsorgaan in Diagram A en Diagram B (1) 4.1.2 Noem die binneste en die middelste membrane wat die fetus by deel H omring. (2) 4.1.3 Dele genommer A en F speel ʼn belangrike rol by die voortplantingstelsel hierbo. Regverdig hierdie stelling deur die rol van hierdie dele te verduidelik. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 16 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 4.2 Die vloeidiagram hieronder toon die voortplantingsprosesse in koeie. Paring B Estrus A C Geboorte 4.2.1 Identifiseer die prosesse genommer B en C. (2) 4.2.2 Die proses genommer C word deur drie fases uitgeken. Dui die eerste en die laaste fase aan. (2) 4.2.3 Die proses genommer A kan by ʼn koei geïnduseer word. Noem daardie proses. (1) 4.2.4 Stel TWEE ekonomiese voordele van die proses vir die boer genoem in VRAAG 4.2.3. (2) 4.2.5 Dui TWEE faktore aan wat die terughouding van die plasenta gedurende geboorte kan veroorsaak. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/SEPTEMBER 2021) LANDBOUWETENSKAPPE V1 17 4.3 Die diagram hieronder illustreer die voortplantingsproses by plaasdiere. 4.3.1 Identifiseer die voortplantingsproses wat hierbo geïllustreer word. (1) 4.3.2 Verwys na die illustrasie hierbo om ʼn rede vir die antwoord by VRAAG 4.3.1 te verduidelik. (2) 4.3.3 Noem die proses wat in sel genommer E plaasgevind het. (1) 4.3.4 Dui die letter van die skaap aan wat ooreenstem met die inligting hieronder: (a) Tree op as ʼn surrogaat (b) Geneties identies aan skaap C (c) Het ʼn eiersel geskenk (3) 4.3.5 Stel TWEE doelwitte van die voortplantingsproses in die diagram hierbo geïllustreer. (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 18 LANDBOUWETENSKAPPE V1 (EC/SEPTEMBER 2021) 4.4 Hieronder is die diagram wat die struktuur van ʼn uier en ʼn sirkeldiagram toon. 4.4.1 Identifiseer die dele genommer A, B en C. (3) 4.4.2 Dui die rol van deel A gedurende laktasie aan. (1) 4.4.3 Noem die fase in die laktasiesiklus tussen maand 10 en die volgende kalwing. (1) 4.4.4 Verduidelik die belangrikheid van die fase in VRAAG 4.4.3 genoem, vir die lakterende koei. (2) 4.4.5 Identifiseer vanuit die laktasiesiklus, die hoeveelheid maande wat die laktasieperiode duur. (1) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 12 Agricultural Sciences

View all