You're offline
Skip to content
Document

Agricultural Management Practices PAT GR 12 2020 Afr (Hersien) hlayiso.com

Subject: Agricultural Management PracticesGrade 12202038 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE RIGLYNE VIR PRAKTIESE ASSESSERINGSTAKE (HERSIEN) GRAAD 12 2020 Hierdie riglyn bestaan uit 38 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 2 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS INHOUDSOPGAWE Bladsy 1. INLEIDING 3 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 3 2.1 Hoe om die praktiese assesseringstaak (PAT) te administreer 3 2.2 Komponente van die PAT'e 4 2.2.1 Bestuursoorsig 4 2.2.2 Praktiese take (aktiwiteite) 6 2.2.3 Bestuurstoets 8 2.2.4 Logboek (rekord van tyd) 8 2.3 PAT-komponent-opsomming en gewigstoekenning (Hersien) 9 2.4 Uitleg van die PAT (Voorbeelde) 10 2.4.1 Veeproduksie 10 2.4.2 Pluimveeproduksie (braaikuikens of lêhenne) 12 2.4.3 Gewas-/Groente-/Vrugteproduksie 14 2.5 Moderering van die PAT'e 16 3. RIGLYNE VIR LEERDERS 16 3.1 Instruksies aan die leerder 16 3.2 Voorbeelde van take in die onderskeie komponente van die PAT 16 3.2.1 Bestuursoorsig 17 3.2.2 Praktiese aktiwiteit 21 3.2.3 Bestuurstoets 24 3.2.4 Logboek of tydregister 25 3.3 Afwesigheid/nie-inlewering van take en nie-deelname aan praktiese aktiwiteite 26 3.4 Vereistes vir aanbieding 26 3.5 Tydraamwerk 26 3.6 Verklaring van egtheid 27 4. LYS VAN BRONNE 28 5. GEVOLGTREKKING 28 BYLAES BYLAE A 29 BYLAE B 37 BYLAE C 38 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 3 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 1. INLEIDING Die 17 Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring-vakke (KAVB) wat 'n praktiese komponent bevat, sluit almal 'n praktiese assesseringstaak (PAT) in. Hierdie vakke is:  LANDBOU: Landboubestuurswetenskappe, Landboutegnologie  KUNS: Dansstudies, Ontwerp, Dramatiese Kunste, Musiek, Visuele Kunste  WETENSKAPPE: Rekenaartoepassingstegnologie, Inligtingstegnologie, Tegniese Wetenskappe  DIENSTE: Verbruikerstudies, Gasvryheidstudies, Toerisme  TEGNOLOGIE: Siviele Tegnologie, Elektriese Tegnologie, Meganiese Tegnologie en Ingenieursgrafika- en ontwerp 'n Praktiese assesseringstaak (PAT) is 'n verpligte komponent van die finale promosiepunt vir alle kandidate ingeskryf vir vakke wat 'n praktiese komponent het en tel 25% (100 punte) van die eksamenpunt aan die einde van die jaar. Die PAT word oor die eerste drie kwartale van die skooljaar geïmplementeer. Dit word in verskillende fases of 'n reeks kleiner aktiwiteite afgebreek wat saam die PAT opmaak. Die PAT bied leerders die geleentheid om op 'n gereelde basis gedurende die skooljaar geassesseer te word en dit maak ook voorsiening vir die assessering van vaardighede wat nie in 'n geskrewe formaat, bv. toetse of eksamens, geassesseer kan word nie. Dit is dus belangrik dat skole seker maak dat al die leerders die praktiese assesseringstake binne die toegelate tydperk voltooi om te verseker dat leerders aan die einde van die jaar hulle uitslae ontvang. Die beplanning en uitvoering van die PAT verskil van vak tot vak. 2. RIGLYNE VIR ONDERWYSERS 2.1 Hoe om die praktiese assesseringstaak (PAT) te administreer Die PAT dra 25% van die totale promosiepunt (400) in graad 10–12 by. Die praktiese assesseringstaak tel 100 punte en bestaan uit 'n bestuursoorsig (20 punte), praktiese aktiwiteite (50 punte), 'n bestuurstoets (20 punte) en 'n tydregister (10 punte). Die ontwerpportefeulje en finale produk moet vir monitering en moderering beskikbaar wees en deur die onderwyser geëvalueer, nagegaan en geverifieer word voordat dit as die leerder se finale bewys van prestasie aangebied word. Die onderwyserlêer van die praktiese assesseringstaak moet bewyse bevat van: (a) Die PAT-taak (b) 'n Volledige rekord van alle assessering en moet altyd vir monitering- en modereringsdoeleindes beskikbaar wees. Versuim deur die onderwyser om 'n assesseringstaaklêer te hou, is wangedrag en sal ingevolge paragraaf 5(3) van die beleidsdokument, Nasionale beleid oor die beheer, administrasie en bestuur van die Nasionale Senior Sertifikaat: 'n kwalifikasie op Vlak 4 van die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR), of ander toepaslike maatreëls hanteer word. 2.1.1 Die doel van die praktiese assesseringstaak (PAT) vir Landbou- bestuurspraktyke (LBP) is om bestuurs-, entrepreneurs-, navorsings-, bemarkings-, bedryfs- en tegniese vaardighede van leerders in die produksievertakkings waaraan hulle blootgestel is, te assesseer. 2.1.2 In graad 10 moet 'n totaal van ten minste VIER produksievertakkings aangewend word wat uit ten minste TWEE diere-produksievertakkings en TWEE plantproduksievertakkings moet bestaan. Graad 11 en 12 aktiwiteite moet bestaan uit EEN diereproduksievertakking en EEN plantproduksievertakking. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 4 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 2.1.3 Die konteks waarin die vak aangebied word, is onderhewig aan 'n wye verskeidenheid verskillende produksiestelsels, produksievertakkings, bestuursbenaderings en ekologiese verskille tussen die verskillende streke in die land. Die PAT moet hierdie wye verskeidenheid moontlike benaderings en programme in ag neem. 2.1.4 Hierdie PAT-riglyne sal kriteria verskaf om te help met die standaardisering van hierdie wye verskeidenheid moontlikhede wat in Landboubestuurspraktyke (LBP) bestaan. 2.1.5 Die PAT moet vordering ten opsigte van kompleksiteit, inhoud en konteks vanaf graad 10 tot graad 12 toon. 2.1.6 Die PAT-aktiwiteite moet verband hou met die inhoud van die betrokke grade en praktyke soos in die primêre en sekondêre landboubedryf toegepas. 2.1.7 Die PAT vir graad 10 en 11 word intern opgestel, nagesien/geassesseer en gemodereer terwyl die PAT vir graad 12 intern opgestel en nagesien/geassesseer en ekstern gemodereer word. 2.1.8 Die komponente van die PAT word onder beheerde toestande voltooi en die bewyse van elke aktiwiteit of taak word in die leerderportefeulje gekombineer. 2.1.9 Die PAT moet bewyse insluit van hoe die produksieverwante prosesse in die verskillende vertakkings vir 'n tydperk van een jaar bestuur word. 2.1.10 Leerders moet die assesseringskriteria ken voordat hulle met elke aktiwiteit begin. 2.1.11 Die gebruik van eksterne assessors (bv. wolklasserings-, kunsmatige- inseminasie (KI)- en skeerkursusse) vir die praktiese gedeelte van die PAT sal assessering deur die onderwyser ondersteun. 2.2 Komponente van die PAT'e Die PAT in graad 10–12 bestaan uit die volgende komponente:  Die bestuursoorsig is gebaseer op die ontwikkeling van jaarlikse produksieplanne vir die bestuur van die betrokke vertakkings  Praktiese take (aktiwiteite) wat omvattend geassesseer word  Die bestuurstoets wat bestaan uit toepassingsvrae, soos gevallestudies en scenario's gebaseer op aktiwiteite in die bogenoemde bestuursoorsig en prakties vir die produksievertakkings  Die logboek (tydregister) van tyd en taak uitgevoer wat die leerder in 'n praktiese situasie of produksierigting gespandeer het 2.2.1 Bestuursoorsig Hierdie aktiwiteit vereis dat die leerder 'n produksieplan skep/voltooi van die gekose produksievertakking wat die belangrikste praktyke binne daardie produksievertakking insluit. Dit moet in kalender-vorm of as 'n maandelikse verslag aangebied word. Dit bied 'n algehele indruk van die produksieprosesse soos wat dit vir 'n tydperk van 'n jaar of produksiesiklus binne die spesifieke produksiestelsel geïmplementeer is. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 5 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Hierdie aktiwiteit moet beproefde boerderypraktyke wat plaaslik beoefen word en waaraan die leerders blootgestel sal word, insluit. Die aktiwiteit kan 'n groeps-, pare- of individuele aktiwiteit wees en sal navorsing en huiswerk insluit soos in die rubrieke by BYLAE A aangedui word. Die bestuursoorsig moet binne die leerders se belangstellingsveld wees. Graad 10 Die basiese produksie-aktiwiteite wat by 'n jaarlikse produksieplan vir 'n plant- of 'n dierproduksievertakking ingesluit sou word, moet genoem word. Hierdie aktiwiteite kan beskryf word en 'n aanduiding van 'n moontlike tydraamwerk vir elke aktiwiteit moet ingesluit word. TABEL 1: Voorbeelde van enkele praktyke wat van 'n produksievertakking deel vorm GEWASPRODUKSIE DIEREPRODUKSIE  Beplanning vir die  Meng van voer/rantsoene verskaf plantseisoen  Voortplanting/Teelseisoen  Bestel produksie-insette  Bestel produksie-insette  Basiese grondvoorbereiding/  Veeteelt: kastrasie/ onthoorning/ Meganisasie immunisasie/dosering/dip, ens.  Aanplanting (direkte  Produksie van melk/vleis/vesel/eiers, besaaiing/oorplanting) ens.  Gewasbeskerming/  Basiese bestuur van diere Geïntegreerde plaag-/onkruid- (dieregesondheidsbestuur) en siektebeheer  Rekordhouding/Diere-identifikasie  Gewasbemestingprogram ('tagging', oormerking, tatoeëring,  Besproeiingprogram brandmerk – warm yster, vries, ens.) Graad 11 'n Omvattende produksieplan vir 'n tydperk van 12 maande vir die betrokke gewas- of diereproduksievertakking moet aangebied word. Hierdie produksieplan sal die bestuursaktiwiteite wat geïmplementeer word om die optimale produksie-uitsette vir daardie vertakking te kry, duidelik aandui. Tabel 2: Voorbeeld van praktyke wat in graad 11 behandel word SPESIFIEKE SPESIFIEKE GEWASPRODUKSIEVERTAKKING DIEREPRODUKSIEVERTAKKING  Beplanning vir die plantseisoen  Voervloeiprogram  Bestel produksie-insette  Toepassing van verskillende  Grondvoorbereiding/Meganisasie weidingstelsels  Aanplanting  Teelseisoenbeplanning  Gewasbeskerming/Geïntegreerde (voortplanting/dragtigheidstoetse) plaag-, siekte- en onkruidbeheer  Manipulasie van voortplanting/KI  Gewasbemestingprogram  Bestel produksie-insette  Gewasbesproeiingsprogram  Gesondheidsorg (Immunisasie/ Dosering/Dip/Medikasie)  Produksie van melk/vleis/vesel/ eiers  Bestuur en hantering van diere (dieregesondheidsbestuur)  Rekordhouding/diere-identifikasie ('tagging', oormerking, tatoeëermerke, brandmerk – warm yster, ens.) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 6 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Graad 12 'n Omvattende produksieplan vir 'n plant- of 'n diereproduksie- vertakking wat die volgende inhoudskwessies, wat in graad 12 gedek is, insluit:  Bestuur van fisiese en natuurlike hulpbronne  Holistiese beplanning/Algehele vertakkings- of produksiebeplanning/ Strategiese vertakking- of produksiebeplanning (van begin tot einde)  Finansiële aspekte/Implementering en beheer van vertakking se begroting  Arbeidsbestuur  Rekordhouding (fisiese en finansiële rekords)  Oes-/Na-oesprosedures (hantering, verpakking, vervoer en berging)  Gradering/Produkdifferensiasie/Sortering  Produkprosessering/Waardetoevoeging/Bemarking/Verspreiding  Agritoerisme/Nismarkgeleenthede Algemene opmerkings oor die bestuursoorsig Die kwessies hierbo genoem, moet vir 'n volledige produksiesiklus aangebied word en moet alle relevante praktyke vir die spesifieke vertakking insluit (bv. in vleisbeesproduksie vir graad 10, sal die bestuursoorsig 'n algemene oorsig oor die vereiste bestuursaspekte insluit, vir graad 11 sal dit al die vereiste prosesse om 'n speenkalf te produseer, insluit, en in graad 12 die afronding van die speenkalf in die voerkraal, slag en bemarking van die beesvleis en finansiële aspekte.) Uitdagings en suksesse moet genoem word, bv. Stelsels van Beste Landboupraktyke ('GAP') soos deur elke bedryf voorgeskryf. Die assesseringsinstrument vir hierdie aktiwiteit kan 'n kontrolelys, rubriek of memorandum wees. 2.2.2 Praktiese take (aktiwiteite) Hierdie deel van die PAT vir LBP moet onder beheerde toestande in 'n bedryfs- of praktiese situasie plaasvind. As die skool nie die regte geriewe of gepaste produksievertakkingsfasiliteite naby het nie, moet nabygeleë geriewe aan die begin van die jaar geïdentifiseer en gebruik word om die aktiwiteite wat aan die begin van die jaar beplan is, uit te voer. Hierdie deel van die PAT fokus op die assessering van 'n individuele leerder terwyl praktiese aktiwiteite in beide plant- en diereproduksievertakkings uitgevoer word. In graad 12 moet TWEE praktiese aktiwiteite/take in die betrokke produksievertakkings geassesseer word. Ten minste vier praktiese aktiwiteite/take in die betrokke produksievertakkings moet vir graad 10–11 leerders geassesseer word, TWEE aktiwiteite in Kwartaal 1 en TWEE aktiwiteite in Kwartaal 3. Hierdie deel van die PAT-assessering sal die prestasie van leerders assesseer terwyl hulle hierdie aktiwiteite/praktiese werk uitvoer. Take moet werklike situasies reflekteer, byvoorbeeld om koeie te melk, kunsmatige inseminasie, inenting, gewasversorgingspraktyke (bespuit van gewasse, inenting, monitering van siektes en peste, plant, ontkiemingspersentasie, bemesting, meganisasiebeplanning), versorging van diere (onthoorning, kastrasie, voer, merk, siektebeheer, kalwers grootmaak, ens.) en waardetoevoegingsaktiwiteite, oes, klassering, ens. Hierdie aktiwiteite moet oor die hele omvang van die vertakking versprei word en nie net op een aspek of vertakking fokus nie. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 7 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Die praktiese aktiwiteite word geassesseer en sigmoderering moet, waar moontlik, op die perseel gedoen word. Bewyse wat die assessering van die aktiwiteite ondersteun, moet vir die finale moderering ingesamel word. Dit kan prentjies, foto's en/of video's van hierdie aktiwiteite en assessering van die aktiwiteite insluit. Praktiese aktiwiteite is verwant aan die psigomotoriese domein wat op die fisiese en kinestetiese vaardighede fokus wat leerders moet ontwikkel en toon. Hierdie vaardighede moet geleidelik ontwikkel word deur die verskillende vlakke te volg, soos hieronder uiteengesit. Die ontwikkeling van die vaardighede moet in die verwante produksievertakkings wat by die skool aangebied word, geskied. Die affektiewe domein, wat aspekte soos emosies, waardes, waardering, entoesiasme, motivering en houding insluit, word ook in hierdie deel van die PAT gedek. Die psigomotoriese domein vir die ontwikkeling van praktiese aktiwiteite word gekenmerk deur progressiewe gedragsvlakke, van waarneming tot bemeestering van die vereiste vaardighede. Assessering kan slegs gedoen word nadat leerders die geleentheid gegun is om die vereiste vaardighede te oefen. VLAK DEFINISIE VLAKBESKRYWING 1. Waarneming Aktiewe verstandelike Die leerder neem 'n meer ervare persoon in sy/haar bywoning van 'n fisiese uitvoering van die vaardigheid waar. Gevra om volgorde en gebeurtenis. verhoudings waar te neem en veral aandag te skenk aan die finale produk. Direkte waarneming kan met lees of kyk van 'n video aangevul word. Dus kan die leerder oor die onderwerp lees en dan na 'n aanbieding kyk. 2. Nabootsing Poging tot kopiëring Die leerder begin die eerste beginsels van die vaardigheid van 'n fisiese gedrag. bekom. Die leerder volg aanwysings en volgorde onder streng toesig. Die hele aksie is nie belangrik nie, so ook nie die tydsberekening of koördinering nie. Die leerder is bewus van doelbewuste poging om die model na te boots. 3. Beoefening Probeer 'n spesifieke Die hele volgorde word herhaaldelik uitgevoer. Alle aspekte fisiese aktiwiteit oor en van die aktiwiteit word in volgorde uitgevoer. Doelbewuste oor. pogings vervaag soos wat die vaardigheid min of meer gewoonte word. Tydsberekening en koördinering word beklemtoon. Hier het die persoon die vaardigheid bekom, maar is nie 'n kenner nie. 4. Aanpassing Verfyning. Maak klein Perfeksie van die vaardigheid. Geringe aanpassings word veranderinge in die gemaak wat die algehele prestasie beïnvloed. Afrigting is fisiese aktiwiteit om dit dikwels baie waardevol hier. te verbeter. Sleutelwerkwoorde Hieronder is 'n paar voorbeelde van sleutelwerkwoorde wat met die kognitiewe domein geassosieer word. Die gebruik van sulke werkwoorde is nuttig in die skryf van doeltreffende leerdoelwitte wanneer werksblaaie vir die praktiese aktiwiteite ontwikkel word:  Insamel, voeg in, bereken, meng, klassifiseer  Hanteer, bedryf  Onderskei (met sig, waarneming, aanraking, kognitiewe kennis)  Uitvoer/Verrig/Doen (bedrewenheid) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 8 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Die gebruik van eksterne assessors (bv. wolklassering-, kunsmatige- inseminasie (KI)- en skeerkursusse) vir hierdie gedeelte van die PAT sal die assessering wat deur die onderwyser gedoen is, ondersteun. Die assessering van hierdie aktiwiteite sal 'n omvattende kontrolelys, werksblad of rubriek insluit en kan met 'n vraelys of onderhoud ondersteun word wat voltooi word terwyl die aktiwiteit uitgevoer word. Die vraelys en onderhoud kan die konteks en toewyding van die leerder wat geassesseer word, beoordeel en kan met nasien riglyne nagesien word. Dit is belangrik om COVID 19-veiligheidsmaatreëls toe te pas en in ag te neem tydens aanbieding van praktiese aktiwiteite. 2.2.3 Bestuurstoets Die leerders word blootgestel aan 'n verskeidenheid gevallestudies of scenario's, gebaseer op die jaarlikse produksieplan waaraan hulle blootgestel is. Die bestuurstoets sal voorbeelde van aktiwiteite uit die jaarlikse produksieplan en praktiese aktiwiteite bevat. Hierdie vrae sal aan die toepassing van kennis gekoppel word. Hierdie aktiwiteit of taak sal onder gekontroleerde omstandighede as 'n individuele aktiwiteit voltooi word. Die assesseringsinstrument vir hierdie aktiwiteit kan 'n nasienriglyn (memorandum), kontrolelys en rubriek of 'n kombinasie daarvan insluit. Assessering van bestuurstoets Graad 10 Bestuurstoets is gebaseer op algemene aspekte van die produksieprosesse van diere en gewasse waaraan die leerders blootgestel is Graad 11 Bestuurstoets is gebaseer op spesifieke aspekte van die produksieprosesse van diere en gewasse waaraan die leerders blootgestel is Graad 12 Bestuurstoets is gebaseer op spesifieke aspekte van die agribesigheids- produksieprosesse en -verwerking van betrokke diere- en plantproduksie- vertakkings waaraan die leerders blootgestel is 2.2.4 Logboek (rekord van tyd) Die tyd wat leerders in 'n praktiese situasie of by 'n aktiewe produksie- vertakking deurbring, moet aangeteken word. Hierdie rekords moet tyd bestee om take te verrig, insameling van inligting, waarneming, evaluering of toon van vaardighede in 'n praktiese situasie aandui. 'n Lys van die prosesse of aktiwiteite waaraan die leerders blootgestel was, moet ingesluit word om bewys te lewer van die blootstelling aan die hoofproduksie-aktiwiteite wat die beskikbare vertakkings aanbied. Die tyd moet dan omgeskakel word na 'n punt as persentasie van die totale tyd wat aan die vereiste aktiwiteite bestee is. Leerders moet ten minste 10 uur per kwartaal in so 'n praktiese situasie spandeer. Waar moontlik, moet die tyd gelyk tussen die produksievertakkings verdeel word. Leerders moet geassesseer word op die tyd in hierdie praktiese situasies spandeer en op die kompleksiteit van hul blootstelling. 'n Kontrolelys moet vir hierdie doel gebruik word en die punte moet proporsioneel aangepas word. Hierdie riglyne help om die minimum standaard vir die PAT in LBP te voorsien. Meer informele en meer komplekse aktiwiteite sal tot die leerder se voordeel wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 9 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 2.3 PAT-komponent – opsomming en gewigstoekenning (Hersien) GETAL AKTIWITEITE PAT-KOMPONENT GRAAD GRAAD GRAAD GEWIG FOKUS 10 11 12 Bestuursoorsig 1 1 1 20% Beplanning Praktiese take Bedryfs- 4 4 2 50% (aktiwiteite) vaardighede Bestuurstoets 1 1 1 20% Toepassing Register van leerderbywoning Ondervinding / Logboek (tydregister) 10% en take uitgevoer Verantwoordelikheid Verspreiding en inlewering van PAT komponente GETAL AKTIWITEITE PER KWARTAAL PAT-KOMPONENT KWARTAAL KWARTAAL KWARTAAL KWARTAAL 1 2 3 4 Bestuursoorsig 1 Lewer in  Graad 10–12 Praktiese take (aktiwiteite)  Graad 10–11 2 en lewer in 2 en lewer in  Graad 12 2 en lewer in Bestuurstoets  Graad 10–11 1  Graad 12 1 Logboek (tydregister)  Graad 10–11 Finaliseer  Graad 12 Finaliseer Die praktiese assesseringstaak (PAT) dra 25% tot die totale promosiepunt by. Die totale puntetoekenning moet 100 punte wees. Die PAT fokus dus op die toepassing van landboukundige vaardighede, bestuursvaardighede, sowel as die ontwikkeling van verantwoordelikheid en die toepassing van verskillende vaardighede in die produksieproses en die verwerking van produkte in 'n produksieverwante konteks. Finale punt Die finale punt van die PAT word aan hierdie domeine gekoppel: Bestuursoorsig en -toets (Kognitiewe domein) 40 Praktiese aktiwiteite en tydtoekenning (Psigomotoriese en affektiewe domein) 60 TOTAAL 100 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 10 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 2.4 Uitleg van die PAT (Voorbeelde) 2.4.1 Riglyn vir die saamstel van 'n PAT in Veeproduksie TIPE ONDERWERP GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 ASSESSERING Basiese beginsels en Produksiegedrewe Produksiegedrewe agtergrond van vertakkings (2 produksievertakkings) (2 produksievertakkings) (2 gewas & 2 diere) Bestuursoorsig – Produksiesiklus: Bepaal deur die scenario Bepaal deur die scenario Bepaal deur die scenario inhoudsverwagting 1 vertakking Lys van toerusting Lys van gereedskap en fasiliteite Tipe en hoeveelheid Kosteberekeninge benodig/Inventaris (20%) Behuising; voorbereiding Tipes behuising en hanterings- Gedetailleerde inligting oor die behuising Kosteberekening en bestuursaspekte van behuising, hanterings- fasiliteite en wat bestuur moet word wat geïmplementeer moet word fasiliteite Hantering en bestuur Redes vir geskikte behuising en Gedetailleerde inligting oor hantering Kosteberekening en bestuursaspekte hantering Groeitydperk Lys van faktore en bestuursaspekte Gedetailleerde inligting oor bestuursaspekte Berekeninge, kosteberekening en bestuursaspekte Dragtigheidstydperk Lys van faktore en bestuursaspekte Gedetailleerde inligting oor bestuursaspekte Berekeninge, kosteberekening en bestuursaspekte Laktasietydperk Lys van faktore en bestuursaspekte Gedetailleerde inligting oor bestuursaspekte Berekeninge, kosteberekening en bestuursaspekte Voeding Soorte voeding Groeistadiums en getalle Kosteberekening en berekeninge Biosekuriteit, inenting, Noem aksies om biosekuriteit te Gedetailleerde inligting oor medikasie: watter Biosekuriteit, kosteberekening en veeartsenykundige implementeer medikasie, wanneer dit toegedien moet word berekeninge prosedures, medikasie en (stadiums), hoeveelhede/volumes. sanitasie Gedetailleerde inligting oor die gebruik van relevante chemikalieë, stadiums en volumes Jonging, kalwing en Tekens van jonging, kalwing en Gedetailleerde inligting oor die bestuur Bestuursaspekte om te implementeer lamming lamming Rekordhouding Rekords wat bygehou moet word Werklike rekordhouding Datavaslegging en interpretasie Finansiële state Finansiële state Oes: prosessering; Oes van produkte, prosessering, bemarking waardetoevoeging, verpakking, bemarking en verkope Agritoerisme Ondersoek moontlike geleenthede in jou vertakking Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 11 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 Basiese beginsels en Produksiegedrewe Produksiegedrewe agtergrond van vertakkings (2 produksievertakkings) (2 produksievertakkings) (2 gewas & 2 diere) Voorbeelde van onderwerpe vir praktiese 1. Hanteringskursus 1. Bestuur en versorging 1. Oes: skeer, wolklas, melk, slag aktiwiteite (50%) 2. Plaag- en siektebestuur 2. Onthoring, kastreer, merk, stert 2. Prosessering:– wol, vleis, melk, leer, 3. Bestuursaktiwiteite: dosering, afsit, tande knip, ysterinspuiting, ens. inenting, dip, ens. ens. 3. Prysbepaling 4. Versorging: pasgebore 3. Dierebeoordelingskursus en 4. Finansiële beplanning kalfies/varkies/lammetjies liggaamskondisiebeoordeling 5. Bemarking ens., merk, kastreer en ('BCS') 6. Identifiseer natuurlike hulpbronne onthoring 4. Reproduksie-/KI-kursus bv. veldtipes 5. Basiese rekords: produksie 5. Reproduksiebestuur, 7. Bepaal weidingskapasiteit en gesondheid, voer, teling en dragtigheidsondersoeke, bul- veldkondisie-assessering paring, ens. vrugbaarheid, TKP, KI, ens. 8. Weidingstelsels 6. Klassifikasie van plantkultivars 6. Voedingsvereistes 9. Uitvoer van beplanning en diererasse (bepaal 7. Daaglikse bestuur 10. Voervloeiprogramme aanpasbaarheid) 8. Raseienskappe (beoordeling en 11. Analise van hulpbronne seleksie) 12. Produksiestelsels 9. Prestasietoetse 13. Kuddesamestelling 14. SWOT-analise Bestuurstoets (20%) Hou verband met al die Hou verband met al die bogenoemde Hou verband met al die bogenoemde bogenoemde vertakkings Logboek (40 uur/jaar) (10%) Roetinetake en besoeke vir Roetinetake en besoeke vir praktiese Roetinetake en besoeke vir praktiese Tyd bestee/werk gedoen in/tydens praktiese praktiese aktiwiteite aktiwiteite aktiwiteite aktiwiteite by produksievertakkings (Register geteken deur instrukteur/mentor en leerder by plek waar taak verrig is) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 12 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 2.4.2 Riglyn vir die saamstel van 'n PAT in pluimveeproduksie (braaikuikens of lêhenne) TIPE ONDERWERP GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 ASSESSERING Basiese beginsels en Produksiegedrewe Produksiegedrewe agtergrond van vertakkings (2 produksievertakkings) (2 produksievertakkings) (2 gewas & 2 diere) Bestuursoorsig Produksiesiklus – Bepaal deur scenario Bepaal deur scenario Bepaal deur graad 11-scenario 1 vertakking (20%) Inhoudsverwagting vir graad Inhoudsverwagting vir graad Inhoudsverwagting vir graad Lys van toerusting nodig in Lys van toerusting Getal benodig soos aangedui in Kosteberekening behuising scenario Voorbereiding van Aksies wat moet plaasvind; Gedetailleerde inligting oor Kosteberekening op grond van behuising voor inname materiaal, chemikalieë, toerusting, aksies soos wat, wanneer en hoeveelhede en volumes ens. getal/hoeveelheid Bestuursaspekte wat vereis word Kontrolelys voor plasing Wat moet gekontroleer word? Wat in ag geneem moet word Werklike koste, pryse, koste- berekening en die invloed van bestuur Plasing van voëls Aksies wat gedurende die proses Gedetailleerde inligting oor Kosteberekening moet plaasvind aksies bv. wat, wanneer en Bestuursaspekte wat tydens die volume/hoeveelheid proses moet plaasvind Groeitydperk Lys van faktore en Gedetailleerde inligting oor al die Berekenings en kosteberekening en bestuursaspekte wat tydens bestuursaspekte genoem in invloed wat bestuur op elke aspek het groeitydperk moet aandag kry graad 10 Voeding en stadiums van Tipes Datums en hoeveelhede Pryse en kosteberekening verandering Biosekuriteit, inenting, Lys van aksies wat moet plaasvind Gedetailleerde inligting oor Werklike koste, pryse, koste- medikasie en sanitasie en op watter ouderdom medikasie: watter medikasie, berekening en die invloed van wanneer dit toegedien moet word bestuur (stadiums), hoeveelhede/volume, toedieningsmetodes. Gedetailleerde inligting oor die gebruik van relevante chemikalieë, stadiums en volumes Vangprosedure/versameling Lys van aksies wat vooraf moet Metodes, voorbereiding en detail Gevolge van swak bestuur van eiers plaasvind oor aksies wat in die tydperk plaasvind Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 13 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS TIPE ONDERWERP GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 ASSESSERING Basiese beginsels en Produksiegedrewe Produksiegedrewe agtergrond van vertakkings (2 produksievertakkings) (2 produksievertakkings) (2 gewas & 2 diere) Bestuursoorsig – Sanitasie Lys van aksies wat moet plaasvind Gedetailleerde inligting oor Werklike kosteberekening van inhoudsverwagting chemikalieë, volumes, aksies en chemiese middels (vervolg) datums Daaglikse rekords Soorte rekords wat gehou moet word Werklike rekords (20%) Finansiële aspekte Berekening van wins/verlies op grond van werklike uitgawes en inkomste soos in rekords aangetoon Oesproses Lys van aksies Metodes, voorbereiding en Hantering, sortering, gradering, besonderhede oor aksies wat in die verpakking en berging (stoor) tydperk moet plaasvind Prosessering, Metodes en voorbeelde van waardetoevoeging en prosessering van die spesifieke bemarking produk en bemarkingsketting Voorbeelde van onderwerpe vir 1. Daaglikse roetine en 1. Daaglikse roetine en 1. Slagproses praktiese aktiwiteite (50%) verantwoordelikheid verantwoordelikheid 2. Prosessering en 2. Hantering – inenting 2. Groeirekords waardetoevoeging 3. Basiese bestuursvaardighede 3. Siektes – inenting 3. Bemarking 4. Identifisering – peste, siektes 4. Uitvoering van beplanning 4. Versamel van eiers, sortering en 5. Plaag- en siektebeheer en - gradering voorkoming 1. Bestuurstoets (20%) Hou verband met al die bogenoemde Hou verband met al die bogenoemde Hou verband met al die bogenoemde vertakkings vertakkings vertakkings Logboek (40 uur/jaar) (10%) Roetinetake en besoeke vir praktiese Roetinetake en besoeke vir praktiese Roetinetake en besoeke vir praktiese Tyd bestee/werk gedoen in/tydens aktiwiteite aktiwiteite aktiwiteite praktiese aktiwiteite by produksievertakkings (Register geteken deur instrukteur/mentor en leerder by plek waar taak verrig is) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 14 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 2.4.3 Riglyn vir die saamstel van 'n PAT in gewas-/groente-/vrugteproduksie TIPE ONDERWERP GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 ASSESSERING Basiese beginsels en Produksiegedrewe Produksiegedrewe agtergrond van vertakkings (2 produksievertakkings) (2 produksievertakkings) (2 gewas & 2 diere) Bestuursoorsig Produksiesiklus – Bepaal deur scenario Bepaal deur scenario Bepaal deur scenario (20%) 1 vertakking Gereedskap benodig om Lys van toerusting Tipe en hoeveelheid Kosteberekeninge produksietaak uit te voer Grondontleding Studie van grondprofiel en tipe Grondmonsterneming en ontleding Toepassing van praktyke in grond beskikbaar presisieboerdery Grondvoorbereiding Take wat gedoen moet word, Gedetailleerde inligting oor take, Kosteberekening, bestuursaspekte wat Materiaal, gereedskap, toerusting wanneer wat gedoen moet word. moet plaasvind. benodig. Bestuur voor plant Wat moet gekontroleer word? Wat vir 'n spesifieke gewas belangrik is Gewasbeskermings- Lys van aksies Gedetailleerde inligting oor, Kosteberekening, algemene bestuur program wanneer, hoe, tipes en volumes en kalibrering Plant/Planting Plantmetodes, aksies wat is by Gedetailleerde inligting oor aksies Koste- en bestuursbeginsels die prosesbetrokke soos wanneer, hoe en hoeveel en wat gedoen moet word. Groeitydperk vir plante Lys van faktore en Gedetailleerde inligting oor Oesvoorspellings/-bepaling bestuursbeginsels wat in die bestuursfaktore en beginsels. tydperk geïmplementeer moet Plantegroeikurwes word Bemestingspraktyke Tipes en metodes Stadiums en hoeveelhede Kosteberekening en prysvasstelling Oes en na-oespraktyke Lys van aksies Metodes, voorsorgmaatreëls en Hantering, sortering, gradering en besonderhede van die aksies stoor Rekordhouding Soorte rekords wat gehou moet Werklike rekordhouding Datahantering en -interpretasie word. Finansiële aspekte Finansiële state – Begrotings ens. Prosessering, waarde- Prosessering, waardetoevoeging, toevoeging en bemarking verpakking en verkope/SAFEX Agritoerisme Ondersoek moontlike geleenthede in jou vertakking Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 15 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12 Basiese beginsels en Produksiegedrewe Produksiegedrewe agtergrond van vertakkings (2 produksievertakkings) (2 produksievertakkings) (2 gewas & 2 diere) Voorbeelde van onderwerpe vir praktiese Basiese bestuur Uitvoering van beplanning Produk spesifiek aktiwiteite (50%) 1. Grondvoorbereiding 1. Kalibrering van spuittoerusting 1. Oes en klassifisering 2. Plantproses/Oorplant van 2. Planter-/saailingplanter- 2. Produsering, prosessering en saailinge kalibrering waardetoevoeging van produkte 3. Versorging en 3. Beheer en voorkoming van 3. Oesskattings/-bepaling verantwoordelikheid onkruid en insekplae 4. SAFEX-kursus 4. Onkruiduitkenning 4. Snoei en oplei ('trellising') van 5. Gradering en prosessering 5. Neem van grondmonsters en plante/bome 6. Bemarkingsplan, verpakking en -tipes 5. Gebruik grondontleding vir bemarking 6. Grondsamestelling kunsmistoediening, 7. Bestuursvaardighede 7. Ontkiemingstoetse interpretasie van 8. Bemestingplan en kalibrasie- 8. Uitkenning van plae en grondmonster, grond- berekeninge siektes bemestingsproewe 9. Menslikehulpbronbestuur- en 9. Bewerkingsmetodes 6. Tipes plaagbeheermiddels en beplanning 10. Kultivarevaluasie gebruike 10. Volhoubare grondbestuur 11. Besproeiingstelsel- 7. Grondkenmerke vir spesifieke vergelyking gewasse en voorbereiding 8. Verskillende implemente en gebruike 9. Besproeiingskedulering 10. Kultivarevaluasie Bestuurstoets (20%) Hou verband met al die Hou verband met al die Hou verband met al die bogenoemde bogenoemde vertakkings bogenoemde vertakkings vertakkings Logboek (40 uur/jaar) (10%) Roetinetake en besoeke vir Roetinetake en besoeke vir Roetinetake en besoeke vir praktiese Tyd bestee/werk gedoen in/tydens praktiese aktiwiteite praktiese aktiwiteite aktiwiteite praktiese aktiwiteite by produksievertakkings (Register geteken deur instrukteur/mentor en leerder by plek waar taak verrig is) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 16 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 2.5 Moderering van die PAT'e Interne moderering Die onderwyser en leerder se portefeulje van bewyse (PvB) en PAT'e moet deur die departementshoof of 'n senior onderwyser van die vak by die skool gemodereer word. Eksterne moderering (vakspesialis/vakadviseur) Hierdie moderering moet verkieslik EEN KEER PER KWARTAAL gedoen word. Die beskikstelling van 'n kalender aan die vakspesialis wat die beplande datums vir assesseringsaktiwiteite (PAT-assesseringprogram) aandui, sal die moderator help om vir sulke modereringsessies vooruit te beplan. Die eksterne moderator kan sekere leerders identifiseer om sekere take tydens die finale modereringsproses te verrig. Eksterne moderering (nasionale paneel) 'n Paneel van moderators wat deur die nasionale Departement van Basiese Onderwys aangestel word, sal die PAT'e modereer en geriewe en hulpbronne by die skool waarneem. (Sien BYLAE A vir modereringsinstrument.) Bewyse van PAT'e wat voltooi is, moet verskaf word indien nodig. 3. RIGLYNE VIR LEERDERS 3.1 Instruksies aan die leerder Leerders moet die assesseringskriteria ken voordat hulle met elke assesseringstaak/-aktiwiteit begin.  Die leerders moet take agterin hulle portefeuljes volgens elke vereiste afdeling aanbied, netjies afgeskort/afgeskei.  Indien die leerder eers in graad 11 of 12 met die vak begin, moet hy/sy al die vereiste take vir die vorige jaar/jare voltooi.  Daar moet 'n korrelasie tussen die werk van graad 10 tot 12 wees. Opeenvolgende jare se werk moet gehou word en netjies onder aparte afdelings geliasseer word. 3.2 Voorbeeld van take in die verskillende komponente van die PAT: 3.2.1 Die bestuursplan/oorsig van die PAT 3.2.2 'n Praktiese aktiwiteit 3.2.3 'n Bestuurstoets 3.2.4 Logboek/Tydregister Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 17 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.2.1 Voorbeeld van die bestuursoorsig PAT: VOORBEELD VAN DIE BESTUURSOORSIG DIEREPRODUKSIE: Braaikuikenproduksie ONDERWERP: Bestuursoorsig van 'n braaikuiken-eenheid. Werkstaat Nr.: 1.1 GRAAD: 11 NAAM: ________________________ DATUM:_________________ OORSIG: Die algehele braaikuikenprestasie is afhanklik van verskeie bestuurspraktyke. Kunsmoederbestuur is een van die belangrike aspekte van die grootmaak en bestuur van braaikuikens. Die vroeë ontwikkelingstadium is deurslaggewend vir die algehele resultaat en groei van die voël. Daarom moet sorg van dag een af toegepas word. Doeltreffende broeibestuur sluit die voorsiening van die regte temperatuur, relatiewe humiditeit, luggehalte, goeie gehalte voer en water vir die kuikens in. LEERDOELWITTE: Beter bestuur lei tot beter produktiwiteit! Of jy 'n ervare boer is of nuut in die pluimveebedryf is, doeltreffende bestuur is noodsaaklik vir die algehele ontwikkeling en gesondheid van enige diereproduksiestelsel. Daarom moet sorg van dag een af toegepas word om die volgende uitkomste te bereik:  Maak die skuur en toerusting skoon, ontsmet dit en berook dit.  Maak seker van die korrekte temperatuur- en humiditeitsvlakke.  Maak seker dat die kuikens onmiddellike toegang tot vars water en voer het.  Gebruik kuikengedrag as 'n aanwyser van bevredigende temperatuur- en luggehalte.  Vul voer voortdurend aan tydens die groeitydperk.  Monitor en maak seker van kuikenvoeding deur kropvultellings. VOOR-BESIGTIGINGSAKTIWITEITE: Die omgewing waar kuikens grootgemaak word, is deurslaggewend vir hulle prestasie. Daarbenewens sal dit help as die plaas nader aan die produksie- en bemarking- sentrums geleë is. 'n Plaas wat toegang tot goeie paaie en maklik vervoer het, het 'n verdere voordeel. NA-BESIGTIGINGSAKTIWITEITE: Leerders moet aan die bestuur van 'n kuikenhuis vir 'n produksie-siklus in 'n werklike situasie blootgestel word. Leerders moet tydens hierdie aktiwiteit rekord hou van verskillende prosesse (soos groei en voedselverbruikkoerse ens.) om die doeltreffendheid en die toepassing van hul kennis te bepaal. INTERESANTE FEITE: Die klomp/groep kuikens moet in die produksiesiklus deurgaans vir siektes en toestande wat bevorderlik vir siektes is, dopgehou word. Vroeë diagnose en vinnige en behoorlike behandeling sal sterftes en produksieverliese beperk. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 18 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Scenario: Die skool het 1 500 dag-oue braaikuikens gekry om groot te maak. Evalueer die plaas se hulpbronne en bepaal die vereistes van 'n kuikenhuis wat die skool moet bou/oprig om die 1 500 braaikuikens groot te maak. 1. Noem NEGE vereistes van geskikte behuising om die scenario hierbo te akkommodeer. ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ ______________________________________________________________ (9) 2. Bespreek die belangrikheid van die volgende toerusting wat in die kuikenhuis benodig word: (a) Vloerbedekking (Skrop-/beddegoed) _______________________ (2) (b) Kant-gordyne ____________________ (2) 3. Noem DRIE verskillende tipes vloerbedekkingsmateriaal wat in die kuikenhuis gebruik kan word. (a) _________________________________________________________ (b) _________________________________________________________ (c) _________________________________________________________ (3) 4. Gebruik die inligting onder 'werksprosedure' op die bestuurskalender en bereken die vloeroppervlakte benodig om 1 500 voëls teen die volgende ouderdomme te akkommodeer: (a) Dag-oud __________________________________________ (2) (b) 45 dag-oud ________________________________________ (2) (c) Noem, in meter, TWEE opsies om die afmetings van jou gebou te illustreer: i. ____________________________________________________ ii. ____________________________________________________ (4) 5. Noem hoeveel van die volgende toerusting nodig is om genoegsame water- en voerruimte te verseker vir die getal kuikens in die scenario hierbo genoem. (a) Waterbakke ____________________________________ (2) (b) Voerbakke______________________________________ (2) 6. Vir hoeveel dae moet 'n eenheid ontruim word voordat nuwe kuikens weer in die gebou geplaas kan word? ___________________________________________________________ (1) 7. Noem VYF daaglikse bestuurstake wat jy in die kuikenhuis moet verrig om goeie gehalte hoenders vir slag te verseker. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 19 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS VERTAKKINGSBESTUURKALENDER Hoe om die vertakkingsbestuurskalender te gebruik: Hierdie bestuursoorsig kan vir graad 11 gebruik word. Graad 10 sal minder aktiwiteite weerspieël wat deur die onderwyser verwyder moet word. Vir graad 12 moet die lys verder uitgebrei word om slag-, skoonmaak- en bemarkingsaspekte van die vertakking in te sluit. Geen datums word op hierdie kalender getoon nie. Voorbereiding voor en na elke siklus is die begin en einde van 'n bestuursproses. Die tweede kolom links, die Produksiesiklus-kolom, is oop sodat jy die inligting benodig vir daardie week of stadium van produksie, kan invoeg. Die derde kolom gee 'n lys van prosedures/take wat op spesifieke tye tydens die produksiesiklus gedoen moet word. Leerders moet hierdie werksprosedures/vereiste take in die produksiesiklus rangskik. Dit is nie 'n volledige lys nie en items wat op jou spesifieke behoeftes gebaseer is, kan bygevoeg of uit die program verwyder word. BESTUURSKALENDER VIR 'N BRAAIKUIKEN-EENHEID. Week (Dae) Produksiesiklus Werkprosedure/Take Vereis Ander Bestuurspraktyke 1 (1–7) Kuiken-aankoms – plaasvoorbereiding  Voorsien kuikens van bioveilige, skoon behuising.  Beheer verspreiding van siektes deur enkel-ouderdom-, (d.w.s. almal-in/almal-uit)- behuising te gebruik.  Versprei skropgoed/beddegoed eweredig. Kuikenplasing 2 (8–14)  Voorverhit die huis en stabiliseer temperatuur en humiditeit voor aankoms van kuikens.  Laai kuikens af en plaas vinnig.  Voer en water moet dadelik vir die kuikens beskikbaar wees.  Rangskik toerusting sodat kuikens voer en water maklik kan bereik  Plaas aanvullende voerders en drinkers naby die hoofvoeding- en drinkstelsels  Laat kuikens toe om vir 2 uur aan te pas met toegang tot voer en water. 3 (15–21)  Na 1 tot 2 uur gaan voer, water, temperatuur en humiditeit na en pas aan waar nodig Voedingbestuur Ouderdom Voervorm en grootte 0–10 dae Aanvangsrantsoen: gesifte krummels of mini-pille 11–24 dae Groeier: 2–3,5 mm (0,08–0,125 duim) deursnee pille of grofgemaalde meelvoer 4 (22–28) 25 dae tot bewerking Afronding: 3,5 mm (0,125 duim) deursnee pille of grofgemaalde meelvoer Voorbereiding vir vang.  Laat 3 dae op volle lig (23 uur lig en 1 uur donker) om probleme tydens die vang te vermy.  Geskikte verwydering van die voer sal verseker dat die spysverteringstelsel leeg is voor verwerking begin, dit beperk misbesmetting tydens vervoer.  Stel die verwydering van drinkers vir so lank as moontlik uit Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 20 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 5 (29–35) Algemene bestuur  Maak hok skoon en ontsmet behoorlik deur gewone wasgoedbleikmiddel te gebruik.  Laat 'n 10–14 dae rustyd tussen elke klomp/groep kuikens toe.  Gebruik nuwe skrop-/beddegoed vir elke groep kuikens  Laat genoeg ruimte toe vir die dagoud-kuikens, 50 kuikens per vierkante meter of (1,5 meter x 0,7 meter). 6 (36–42)  Verskaf water bakke, 1 vir elke 40 kuikens.  Verskaf voldoende voerbakke, 1 vir elke 40 kuikens.  Verskaf daagliks vars voer en skoon water in skoon houers.  Verskaf aanvanklike broeitemperatuur van 33–39 °C op kuiken vlak, verminder met 1 °C elke dag tot die hitte nie meer nodig is nie (14 dae).  Vergroot vloerruimte soos kuikens ouer word om hulle groei te bevorder. Die kuikens 7 (43–49) moet hul geboortegewig verdriedubbel teen die 7de dag en daardie gewig verdubbel 2 teen die 14de dag. Daar moet 0,09 m spasie per kuiken wees op 49 dae (7 weke).  Verwyder voortdurend klam of gekoekte skrop-/beddegoed uit die huis en vervang met 'n nuwe, droë skrop-/beddegoed.  Verwyder alle dooie voëls uit die kuikenhuis en verbrand of begrawe hulle.  Kry professionele advies wanneer simptome van die siektes en probleme verskyn. 8 (50–56)  In die warm maande sal waterverbruik toeneem so wees voorbereid om nie- outomatiese waterbakke gereeld te vul.  Hou baie akkurate rekords van die getal kuikens, sterftes, uitskotte, hoeveelheid voer gegee en finale gewig. Spesiale prosedures 9 (57–63) Die omgewing waarin die voëls grootword is deurslaggewend vir hul prestasie. Daarbenewens sal dit help as die plaas nader aan produksie- en bemarkingsentrums geleë is. 'n Plaas wat tot goeie paaie en maklik vervoer toegang het, het 'n verdere voordeel. Terwyl 'n plaas ingerig word, is daar 'n stel vereistes waaraan voldoen moet word:  Waterbeskikbaarheid dwarsdeurdeur die jaar. Watergehalte: Hardheid onder 750 ppm, 10 (64–70) pH 6,0 tot 8,5.  Geventileerde en waterdigte skuur.  Verligting, buislig @ 1 vir elke 35 m , is noodsaaklik. 2  Voetbad/Dip met ontsmettingsmiddel vir 'n beter bioveiligheid.  Afsonderlike voerkamer naby die skuur met stapelrangskikking vir voersakke.  Watertenk – 2 (1 vir medikasie en 1 vir drinkwater) met kapasiteit van 500 liter vir elke 2 90 m .  Kantgordyn vir die hele lengte van die skuur vir beide kante, binne en buite.  Verskaf verrotput vir die verwydering van dooie kuikens  Voorsien vir die plasing van weegskale 0,90 m x 0,90 m. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 21 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.2.2 Voorbeeld van 'n praktiese aktiwiteit PRAKTIESE AKTIWITEIT VERTAKKING: Braaikuikenproduksie ONDERWERP: Rekordhouding in 'n kuikenhuis Werkstaat Nr.: 2.1 Graad: 10–11 Naam __________________________ Datum _________ Oorsig: Die algehele braaikuikenprestasie is afhanklik van verskeie bestuurspraktyke. Kunsmoederbestuur is een van die belangrike aspekte van die grootmaak en bestuur van braaikuikens. Die vroeë ontwikkelingstadium is deurslaggewend vir die algehele resultaat en groei van die voël. Daarom moet sorg van dag 1 af toegepas word. Voorafgaande aktiwiteite: Verdeel die leerders in DRIE groepe. Elke groep sal verantwoordelik wees vir die pligte vereis soos voeding, skoonmaak en versorging van die kuikens vir die betrokke tydperk. Volg die daaglikse roetine vir hokvoeding streng want dit kan jou finale punt beïnvloed. Onthou jy is verantwoordelik vir die hoenders solank as wat die taakkaart voltooi word. Alle voer benodig, moet geweeg en aangeteken word. Voer alle ander take in die opdrag uit. Roetine en daaglikse take: 1. Ondersoek die kuikenhuis elke dag op die tye wat deur die onderwyser toegeken is. Jy kan 'n rooster met twee mense in jou groep uitwerk om enige tyd aan diens te wees. Dit sluit naweke en sportmiddae in. 2. Plaas soveel voer as wat nodig is in die voerbak, daar moet altyd genoeg voer wees, maar nie sodat daar vermorsing en bederwing is nie. 3. Teken die hoeveelheid voedsel wat geëet word, aan. Die maklikste metode is om aan te teken wanneer 'n vol sak oopgemaak word, die dae wat voer- hoppers gevul word aan te teken en dit in die massa van die vol sak in te deel. Dit gee die hoeveelheid voedsel gebruik/dag. Teken alle data wat ingesamel is op die gegewe kontrolestaat aan. 4 Verwyder nat skrop-/beddegoed in die kuikenhuis daagliks en die waterkrip sodra dit vuil raak. 5 Weeg die voëls elke 3de dag en teken data op jou kontrolestaat aan. Stip die data op 'n grafiek, bereken die daaglikse toename, bv. massatoename/voertydperk (dae) = gram/dag en voeromsetverhouding, bv. voer gegee/massatoename = 1 kg voer gebruik : kg vleis gekry. 6 Bereken die kostegrens van voer oor die waarde van massatoename. Bereken ook die slagpersentasie van die voëls wanneer hulle geslag is. 7 Rapporteer enige probleme of siekte aan die onderwyser in beheer en teken dit op die kontrolestaat aan. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 22 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS KUIKENEENHEID: .......-REKORD Getal kuikens …… Beskrywing ...………..…… Voerkoste/kg ......... Gem. massa aan begin: ......... Datum Dag Massa Massa- Gem. kg G.D.T V.O.V Sterftes (20 kuikens) verandering massa voer 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 23 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS Datum Dag Massa Massa- Gem. kg G.D.T V.O.V Sterftes (20 kuikens) verandering massa voer 26 27 28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 38 39 40 41 42 43 44 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 24 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.2.3 Voorbeeld van 'n bestuurstoets Bestuurstoets: Graad 11 Datum: Eksaminator: Moderator: Tyd: 30 minute Punte: 20 Hierdie toets bevat alle aspekte wat in die bestuursoorsig, praktiese aktiwiteite en ondervinding opgedoen is toe roetinetake verrig is. Beantwoord al die vrae. AFDELING A: PLUIMVEEPRODUKSIE: BRAAIKUIKENS 1. Skryf 'n kort antwoord langs die vraagnommer neer. 1.1 Een buislig is genoeg vir … m2. (1) 1.2 Die pH-vlak van water wat vir hoenders geskik is, is … (1) 1.3 Hoeveel water is vir elke 90 m2 nodig? … (1) 1.4 Dui die aanvanklike temperatuurspeling vir dagoud-kuikens … (2) 2. Bespreek die belangrikheid van die vloerbedekking in 'n kuikenhuis. (2) 3. Noem VYF take wat in die kuikenhuis verrig moet word die oomblik wat die kuikens aankom. (5) 4. Jy is van plan om 2 000 kuikens in jou kuikenhuis te huisves. Bereken die hoeveelheid ruimte wat nodig is wanneer die kuikens 'n ouderdom van 7 weke (29 dae) bereik. (3) 5. 'n Voetbad is noodsaaklik vir bioveiligheid. 5.1 Definieer bioveiligheid. (2) 5.2 Noem die belangrikheid van 'n voetbad om bioveiligheid te bekom. (1) 5.3 Waar moet so voetbad geplaas word om doeltreffend te wees. (1) 6. Noem die tydperk (in dae) wat die kuiken huis leeg moet wees. (1) TOTAAL AFDELING A: 20 AFDELING B: VERTAKKING 2 TOTAAL AFDELING B: AFDELING C: VERTAKKING 3 TOTAAL AFDELING C: GROOTTOTAAL: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 25 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.2.4 Voorbeeld van 'n Logboek/Tydregister Datum Naam Prakties/Aktiwiteit Tyd Tyd Getal Handtekening vanaf tot uur Onderwyser/Mentor Naam: ___________________________________ Handtekening:_________________ Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 26 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.3 Afwesigheid, nie-inlewering van take en nie-deelname aan praktiese aktiwiteite Die PAT vorm 25% van die totale promosiepunt van die leerder. Leerders moet alle assesseringsaktiwiteite wat deel van die finale PAT vorm, voltooi. Versuim om daaraan te voldoen, sal lei tot 'n punt wat pro rata uit die assesseringsafdelings en stukke beskikbaar, bereken word. Die afwesigheid van punte vir die praktiese assesseringstaak in graad 10–12, sonder 'n geldige rede, sal daartoe lei dat die kandidaat wat vir daardie spesifieke vak geregistreer is, 'n onvolledige uitslag sal ontvang. Die kandidaat sal drie weke voor die aanvang van die finale einde-van-jaar-eksamen van die betrokke graad die uitstaande praktiese assesseringstaak indien. Indien die kandidaat nie die praktiese assesseringstaak indien nie, sal die kandidaat in kennis gestel word dat hy/sy nie aan die minimum vereistes voldoen het nie en dat hy/sy moet die vak die volgende jaar sal moet herhaal. 3.4 Vereistes vir aanbieding Alle bewyse van assessering moet in die leerder se vakportefeulje in die PAT-afdeling aangebied word. Die bestuursoorsig vir graad 11 en 12 moet saam in die graad 12-portefeulje aangebied word om kontinuïteit te wys. Bewyse in die vorm van foto's wat die leerder se betrokkenheid tydens aktiwiteite toon, sal die finale PAT-punt ondersteun. 3.5 Tydraamwerk Elke skool is uniek ten opsigte van beskikbare hulpbronne en bestuur. Elke leerder moet 'n beplande aktiwiteitskalender aan die begin van die jaar ontvang wat hom/haar sal inlig wanneer sekere aktiwiteite uitgevoer/afgehandel moet word. PAT-KOMPONENT BEGIN VOLTOOI Bestuursoorsig 1ste kwartaal 3de kwartaal Prakties Graad 10–11/2 per kwartaal 3de kwartaal Graad 12/2 per kwartaal 2de kwartaal Bestuurstoets Ontwikkeling van vaardighede 4de kwartaal: Graad 10–11 deur die praktiese werk en 3de kwartaal: Graad 12 bestuursplan Tyd Deurlopend 4de kwartaal: Graad 10–11 3de kwartaal: Graad 12 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 27 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 3.6 Verklaring van egtheid Verklaring van Egtheid Alle bewyse van assessering moet in die leerder se vakportefeulje in die PAT-afdeling aangebied word. Die volgende assesseringstukke vir die PAT is by die leerder se portefeulje van bewyse ingesluit (PvB): 1. Bestuursoorsig/-taak 2. Praktiese aktiwiteite 3. Bestuurstoets 4. Datumregister van praktiese werk en kursusse bygewoon. Ten minste 60% van die PAT is onder die toesig van die onderwyser en sonder enigiemand anders se hulp gedoen. Dit is om te sertifiseer dat al die werk voorgelê, die leerder se oorspronklike en eie werk is. Prosesse nie deur die leerder uitgevoer nie, is nie as deel van die leerder se werk geassesseer nie. Leerder Onderwyser Distrik Handtekening Datum Leerder Onderwyser Prinsipaal Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 28 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS 4. LYS VAN HULPBRONNE  Modereringsinstrument (BYLAE A)  Leerderbetrokkenheid (BYLAE B)  PAT-puntestaat (BYLAE C) 5. GEVOLGTREKKING Na voltooiing van die praktiese assesseringstaak moet leerders in staat wees om hulle begrip van die bedryf te demonstreer; hulle kennis, vaardighede, waardes en redenasievermoëns te versterk, en ook betrekkinge buite die klaskamer te vestig en uitdagings in die wêreld daar buite aan te durf. Die PAT ontwikkel verder leerders se lewensvaardighede en gee hulle die geleentheid om by hulle eie leerervarings betrokke te wees. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 29 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS BYLAE A MODERERINGSINSTRUMENT: LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE SKOOL:__________________________ EMIS-nr. ___________________ ONDERWYSER: _______________________ GRAAD: ___________________ VAKKUNDIGE: ______________ DATUM: ____________________ Getal leerders in graad: _____________ Getal leerders wat LBP in graad 10–12 neem: _________ Hulpbronne Beskikbaar Goed Aanvaarbaar Swak Opmerkings    Funksionerende plaas Relevante produksievertakkings Beskikbare menslike hulpbronne Plaasbestuurder Arbeiders Onlangse befondsing Ten volle toegeruste produksie-eenhede Onderwyser YES NO Vaklêer/Voorbereidingslêer:  PAT-riglyndokument  Werkende puntestaat  Bewys van assessering  Verwysingsmateriaal (Bykomende inligting en hulpbronne wat deur onderwyser aan leerders gegee is) Veiligheid en toerusting:  Noodhulpkas  Veiligheidstekens  Toepaslike BGV-wet ('OHS Act') op die plaas geïmplementeer  Is die getal leerders in die werkswinkel minder as 15 soos in die BGV- wet voorgeskryf?  Basiese gereedskap, toerusting en implemente  Gebreekte en beskadigde toerusting en implemente Plaasatmosfeer en uitleg:  Veilige uitleg  Is die plaasuitleg behoorlik beplan? Netheid van store en omgewing:  Store goed georganiseer en skoon  Plaas en produksievertakkings skoon Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 30 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS BYLAE A (vervolg) Leerder-PAT-projeklêers JA NEE Is daar rekord van bewys van beplanning deur die onderwyser vir die PAT? Het die leerders die voorgeskrewe formaat van die PAT gevolg? Indien nie, is die PAT van dieselfde standaard of hoër as die voorgeskrewe PAT? Het al die leerders PAT-portefeuljelêers? Het al die leerders 'n voltooide Leerderopsommingskontroleblad in hulle portefeuljes? Het al die leerders 'n dokument wat beplanning vir praktiese aktiwiteite, soos deur die onderwyser gedoen, aandui? Het al die leerders die Verklaring van Egtheid voltooi? Het die leerders alle afdelings van die PAT voldoende voltooi? Is daar bewyse dat alle take deur die onderwyser geassesseer is? Is alle assesseringsinstrumente voltooi en totale korrek na die puntelys korrek oorgedra? Is die assessering wat deur die onderwyser gedoen is, regverdig en betroubaar? Is die puntetoekenning en die vlak van prestasie in lyn met die res van die provinsie? Sal 'n aanpassing van daardie gemiddeld nodig? Algehele gehalte van die projek JA NEE Het al die leerders die PAT voltooi en is dit gemodereer? Stem die punte wat in rubrieke deur onderwyser toegeken is, ooreen met die beskikbare bewyse in die leerder se lêer? Interne/Eksterne moderering JA NEE Is daar bewyse van interne moderering deur die departementshoof? Is daar bewyse van eksterne moderering deur vakkundige/vakadviseur? Interne/Eksterne monitering: JA NEE Is daar bewyse van interne monitering deur die departementshoof? Is daar bewyse van interne moderering deur die adjunk-hoof? Is daar bewyse van eksterne moderering deur die vakkundige/vakadviseur? Bykomende inligting. Voeg getikte lyste van die volgende inligting by: Voeg Lys van Toerusting benodig vir LBP by Voeg Lys van Toerusting in oormaat vir LBP by Voeg Lys van Toerusting wat onherstelbaar gebreek en afgeskryf moet word, by Bewese Waarnemings: Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Landboubestuurspraktyke 31 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS BYLAE A (vervolg) Handtekening: Datum Handtekening: HOD Datum Onderwyser Handtekening: VOO Datum Handtekening: HOD Datum Vakadviseur Skoolstempel Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 32 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS NASIEN VAN DIE PAT MET 'N RUBRIEK Die volgende rubrieke kan nuttig wees om die puntetoekenning vir die leerders te bepaal.: LET WEL: Wanneer rubrieke en graderings gebruik word, moet die volgende in ag geneem word: Byvoorbeeld in hierdie 4 vlak-gradering:  Vlak 4 is die Standaard van uitnemendheidsvlak. Beskrywings moet aandui dat alle aspekte van die vereistes die vlakverwagtinge oorskry en uitstekende prestasie of begrip toon. Dit is 'n 'Wow!'  Vlak 3 is die Nader die standaard van uitnemendheidsvlak. Beskrywings moet sommige aspekte van die vereistes aandui wat hoër vlakverwagtings oorskry en goeie prestasie of begrip toon. Dit is 'n 'JA' behaal !.  Vlak 2 is die Behaal aanvaarbare standaard. Hierdie vlak moet minimale vaardighede aandui wat aanvaarbaar is om graadvlakverwagtings te bereik. Prestasie en begrip is opkomende of ontwikkelende, maar daar is foute en bemeestering is nie deeglik nie. Dit is 'n 'Op die regte pad, maar ...  Vlak 1 Voldoen nie aan aanvaarbare standaard nie. Hierdie vlak dui aan wat nie voldoende is vir graadvlakverwagtings nie en dui aan dat die student ernstige foute, weglatings of wanopvattings het. Dit is 'n 'Nee, maar ...'. Die onderwyser moet besluite neem oor toepaslike intervensie om die student te help verbeter. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 33 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS BESTUURSTAAKOORSIG – RUBRIEK (DIESELFDE RUBRIEK KAN VIR DIE NASIEN VAN ANDER BOERDERYVERTAKKINGS AANGEPAS WORD GRAAD 10: GEWAS/GROENTE/VRUGTEPRODUKSIE RUBRIEK BESTUURSOORSIG GRAAD 10 VLAK BEREIK Uitleg van Bepaal deur scenario 1 2 3 4 produksiesiklus – (wat wil jy hê/verwag jy moet die leerder in Min van die vereiste Sommige van die Die meeste van die Al die vereiste elemente soos deur beskikbare elk van die onder afdelings gee) elemente word vereiste elemente word vereiste elemente word word aangebied. Die vereiste inligting is scenario bepaal aangebied. aangebied. Die aangebied. uiters duidelik. Die vereiste inligting is vereiste inligting is Die vereiste inligting is Die inligting is uiters nie duidelik nie. matig duidelik. hoofsaaklik duidelik. georganiseer. Die inligting is nie Die inligting is gematig Organisasie van Aspekte Inhoudsverwagting georganiseer nie. georganiseer. inligting is goed. Gereedskap benodig Gereedskap benodig om aan verwagting in om produksietaak uit scenario te voldoen te voer/te realiseer  Lys van toerusting (inventaris) Grondontleding Studie van grondprofiel en tipe grond beskikbaar Grondvoorbereiding Take wat gedoen moet word, Bestuur voor plant Wat moet gekontroleer/gedoen word?  Kultivars gekies en redes  Optimale plantdatum volgens reënval verspreiding Plant/Planting Plantmetodes, aksies betrokke by proses  Produksiemetode gevolg Bemestingspraktyke Tipes en metodes  Bemesting benodig volgens grondontleding Gewasbeskermings- Lys van aksies program Groeitydperk Lys van beplanning- en bestuursaksies wat in tydperk geïmplementeer moet word (groeikurwe) Oes Lys van aksies Rekordhouding Watter rekords moet gehou word:  Fisiese rekords  Gereedskap  Reënval, ens Finansiële aspekte Prosessering, waarde- toevoeging en bemarking PUNT Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 34 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS GRAAD 11: RUBRIEK – GEWAS/GROENTE/VRUGTE PRODUKSIE-BESTUURSOORSIG BESTUURSOORSIG VLAK BEREIK Uitleg van produksiesiklus – Bepaal deur scenario 1 2 3 4 soos deur beskikbare (wat wil jy hê/verwag jy moet die Min van die vereiste Sommige van die meeste van die Al die vereiste elemente scenario bepaal leerder by elk van die aspekte gee) elemente word vereiste elemente word vereiste elemente word aangebied. Die vereiste inligting is aangebied. aangebied. Die vereiste word aangebied. uiters duidelik. Die vereiste inligting is inligting is matig duidelik. Die vereiste inligting Die inligting is uiters nie duidelik nie. Die inligting is matig is hoofsaaklik georganiseer. Die inligting is nie georganiseer. duidelik. Organisasie Aspekte Inhoudsverwagting georganiseer nie van inligting is goed. Gereedskap benodig om Tipe en hoeveelheid . Die produksie taak uit te voer/te  Gereedskap benodig om hektare te laat realiseer bedryf soos in scenario Grondontleding Grondmonsterneming en ontleding Grondvoorbereiding Gedetailleerde inligting oor take, wanneer wat gedoen moet word. Bestuur voor plant Wat vir ’n spesifieke gewas belangrik is  Kultivars en redes  Optimale plantdatum volgens reënval verspreiding en hoekom  Optimale planttoestand (inter/intra ry) Plant/Planting Gedetailleerde inligting oor aksies, soos wanneer, hoe en hoeveel en wat gedoen moet word Bemestingspraktyke Gedetailleerde inligting oor, wanneer, hoe, tipes en volumes Gewasbeskermingsprogram Gedetailleerde inligting oor beplanning- en bestuursaksies wat oor die tydperk (groeikurwe) geïmplementeer moet word. Groeitydperk  Stadiums en hoeveelhede  Bemestingbehoeftes volgens grondontleding volgens beplande opbrengs Oes  Oesskattings Rekordhouding  Aankope en gebruik van bedryfsbates.  Arbeid  Fisiese rekords van vertakking, ens. Finansiële aspekte Prosessering, waarde- toevoeging en bemarking PUNT Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 35 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS GRAAD 12: RUBRIEK – GEWAS/GROENTE/VRUGTEPRODUKSIE-BESTUURSOORSIG BESTUURSOORSIG VLAK BEREIK Uitleg van Bepaal deur scenario 1 2 3 4 produksiesiklus – (wat wil jy hê/verwag jy moet die leerder Min van die vereiste Sommige van die Die meeste van die Al die vereiste soos deur beskikbare by elke aspek doen) elemente word vereiste elemente word vereiste elemente elemente word scenario bepaal aangebied. aangebied. Die vereiste word aangebied. aangebied. Die vereiste inligting is inligting is matig duidelik. Die vereiste inligting Die vereiste inligting is nie duidelik nie. Die inligting is gematig is hoofsaaklik uiters duidelik. Aspekte Inhoudsverwagting Die inligting is nie georganiseer. duidelik. Organisasie Die inligting is uiters georganiseer nie. van inligting is goed. georganiseer. Gereedskap benodig  Tipe en hoeveelheid om produksietaak uit  Kosteberekeninge vir gereedskap te voer/te laat realiseer benodig om hektare te bedryf soos in scenario SWOT-analise en  Basiese ontleding en besigheids-plan besigheidsplan om en bemarkingsplan befondsing te bekom Grondontleding  Grondmonsterneming en ontleding  Toepassing van praktyke in boerderystelsel Grondvoorbereiding  Gedetailleerde inligting oor take, wanneer wat gedoen moet word.  Kosteberekening, bestuurs-aspekte wat moet plaasvind. Bestuur voor plant Wat is vir ’n spesifieke gewas belangrik:  Kultivars en redes  Optimale plantdatum volgens reënval verspreiding en hoekom  Optimale planttoestand (inter/intra ry) (Kombineer met gedeeltelike begroting om vergelykings te tref) Plant/Planting Gedetailleerde inligting oor aksies soos wanneer, hoe en hoeveel en wat om te doen Bemestingspraktyke  Gedetailleerde inligting oor, wanneer, hoe, tipes en volumes  Kosteberekening, algemene bestuur en kalibrering Gewasbeskermings- Gedetailleerde inligting oor beplanning en program bestuursaksies wat in tydperk geïmplementeer moet word (groeikurwe)  Kosteberekening en bestuursbeginsels Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 36 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS GRAAD 12: RUBRIEK – GEWAS/GROENTE/VRUGTEPRODUKSIE-BESTUURSOORSIG (vervolg) Groeitydperk Stadiums en hoeveelhede  Kosteberekening en prysvasstelling van grondontleding en beplande inkomste (Kombineer met gedeeltelike begroting om vergelykings te tref) Oes Oes Metodes,  Vooroesanalise voorsorgmaatreëls en  Oesvoorspellings/-beplanning besonderhede van die  Hantering, sortering, gradering en aksies stoor Rekordhouding Datahantering en -interpretasie Werklike rekordhouding  Aankope en gebruik van bedryfsbates  Arbeid.  Fisiese rekords Finansiële aspekte Finansiële state/Begrotings ens.  Byhou van voorbeelde van die verskillende state Prosessering, waarde- Prosessering, waardetoevoeging, toevoeging en verpakking en verkope/SAFEX bemarking Agritoerisme Ondersoek die moontlikhede van agri- toerisme in jou vertakking PUNTETOEKENNING Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 37 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS BYLAE B LEERDERBETROKKENHEID Kriteria/Vereistes 1 3 5 Verantwoordelikheid Volg voorgeskrewe of verbale Volg geskrewe en verbale instruksies met Volg geskrewe en verbale instruksies (Leierskap) instruksies met baie hulp. beperkte hulp. sonder hulp. 1 Toon geen aanvoeling vir Bewus van die behoefte aan veiligheids- Volg behoorlike veiligheidsprosedures. veiligheidsprosedures nie, selfs met prosedures, maar sukkel om dit sonder die Aanvaar maklik verantwoordelikheid en instruksies. leiding te identifiseer. leierskap tydens groepwerk. Toon geen of min verantwoordelikheid Toon verantwoordelikheid teenoor die teenoor die werk nie. werk. Inisiatief (Beplanning Onseker oor hoe om voort te gaan. Bied oplossings of verduidelikings vir Bied oplossings of verduidelikings vir en doelwitstelling) Het baie hulp nodig. onverwagse probleme aan met leiding. onverwagse probleme. 2 Herken slegs opmerklike foute in Herken foute in eksperimentele metodiek Vermoë om probleme te erken of te eksperimentele metodiek met baie met hulp. antisipeer en dit sonder hulp op te los. hulp. Dui foute in eksperimentele metode en resultate aan. Tegniek Lomp en ongemaklike hantering van Hanteer implemente, gereedskap, Metode en sistematiese benadering tot (Uitvoering en implemente, gereedskap, toerusting. apparaat effektief. take. organisering) Voer praktiese aktiwiteite met moeite Voldoende uitvoering van praktiese Hanteer implemente, gereedskap en 3 uit. prosedures. apparaat met selfvertroue. Vaardige uitvoer van praktiese prosedures. Uithouvermoë Praktiese take en geskrewe werk Vereiste praktiese take en geskrewe werk Vereiste take en geskrewe werk volledig. (Leierskap en onvolledig. word met motivering voltooi. Positiewe houding, goeie motivering. motivering) Stel op een of ander wyse nie belang Toon 'n bietjie belangstelling in die uitvoer Bereid om herhalende prosedures uit te 4 in die uitvoer van die take nie en is van take. voer. ongeduldig. Bereid om herhalende prosedures met motivering uit te voer. Gehalte Jaag deur praktiese take. Behoorlike praktiese werk met Behoorlike praktiese werk. (Evaluering, beheer Oppervlakkig en gee min aandag bevredigende tot goeie resultate. Bewyse van detail om goeie resultate te en koördinering) daaraan om die produk klaar te maak. Geskrewe werk meestal akkuraat en kry. 5 Geskrewe werk onakkuraat en swak. duidelik. Geskrewe werk is netjies, akkuraat en duidelik. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Landboubestuurspraktyke Downloaded from hlayiso.com 38 DBE/PAT 2020 (Hersien) NSS BYLAE C LANDBOUBESTUURSPRAKTYKE – PAT-PUNTESKEDULE Landboubestuurspraktyke PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK (PAT) Graad 10–12 Bestuurs- Praktiese aspekte Bestuurstoets Logboek Finale oorsig (Ontwikkel vaardighede) PAT- punt 1.1 Bestuurs- Herlei na Skakel om na Skakel om na Skakel om na plan TOTAAL 2.1 2.1 2.3 2.4 2.5 2.6 2.7 2.8 3.1 3.2 Naam van Leerder 20 50 20 10 100 Totale Punte Klasgemiddeld % leerders slaag ONDERWYSER: ________________________ HANDTEKENING VAN _______________________ DATUM: _______________ ONDERWYSER: PRINSIPAAL: ________________________ HANDTEKENING VAN PRINSIPAAL: _______________________ DATUM: _______________ MODERATOR: ________________________ HANDTEKENING VAN MODERATOR: _______________________ DATUM: _______________ Kopiereg voorbehou

Published documents with matching subject and grade metadata.

Matched using subject, grade, language, document type and exam metadata.

More from Grade 12 Agricultural Management Practices

Explore more published documents in this catalogue.

View all
Agricultural Management Practices PAT GR 12 2020 Afr (Hersien) hlayiso.com | Hlayiso