Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2017
TOTAAL: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2017 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2017. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2017
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 17
- File size
- 712.8 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 17
This exam
NSC November Exam 2017
Questions in this paper
- Question 1.1Animal nutrition20 marks
- Question 1.2Animal reproduction10 marks
- Question 1.3Animal reproduction20 marks
- Question 1.4Animal reproduction5 marks
- Question 2.1Animal nutrition5 marks
- Question 2.2Animal nutrition7 marks
Show all 23 questions
- Question 2.3Animal nutrition4 marks
- Question 2.4Animal nutrition4 marks
- Question 2.5Animal nutrition6 marks
- Question 2.6Animal nutrition4 marks
- Question 2.7Animal nutrition5 marks
- Question 3.1Animal production and housing9 marks
- Question 3.2Animal health and protection8 marks
- Question 3.3Animal health and protection3 marks
- Question 3.4Animal production and housing7 marks
- Question 3.5Animal production and housing4 marks
- Question 3.6Animal health and protection5 marks
- Question 4.1Animal reproduction6 marks
- Question 4.2Animal reproduction6 marks
- Question 4.3Animal reproduction6 marks
- Question 4.4Animal reproduction8 marks
- Question 4.5Animal reproduction6 marks
- Question 4.6Animal reproduction3 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2017
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2017
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.
1.1.1 EEN van die volgende is 'n funksie van proteïen in plaasdiere:
A Regulering van liggaamstemperatuur
B Produksie van vet
C Produksie van eiers
D Vorming van energie
1.1.2 Voedingstowwe wat deur plaasdiere vir die insulasie van
liggaamshitte gebruik word:
A Minerale
B Vitamiene
C Proteïene
D Lipiede
1.1.3 Hierdie kombinasie is 'n voorbeeld van die belangrikste voere in 'n
produksierantsoen:
(i) Mielies, lusernhooi en grondboontjie-oliekoekmeel
(ii) Mieliereste, tefhooi en vismeel
(iii) Lusernhooi, mieliemeel en lupiensaadmeel
(iv) Lusernhooi, vismeel en katoensaad-oliekoekmeel
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.4 Essensiële aminosure kan …
A nie deur herkouers geproduseer word nie.
B deur nieherkouers geproduseer word.
C deur varke geproduseer word.
D nie deur varke en pluimvee geproduseer word nie.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2017
NSS
1.1.5 Watter EEN van die volgende stellings is NIE korrek ten opsigte van
verhoogde produksie in 'n intensiewe eenheid NIE?
A Voorsiening van voer van hoë gehalte
B Insulasie, ventilasie en verhitting
C Voorsiening van voer met 'n lae energie- en biologiese waarde
D Aankoop van goedgekeurde aanpasbare teelmateriaal
1.1.6 Sommige van die tekens hieronder kan 'n aanduiding van stres by
plaasdiere wees.
(i) Hangkop en -ore
(ii) Stadige beweging
(iii) Bly lê en onwillig om op te staan
(iv) Kap die grond met voorpote
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iii)
B (i), (iii) en (iv)
C (ii), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iv)
1.1.7 Watter van die volgende is voorbeelde van aansteeklike bakteriese
siektes?
A Rooiwater en mastitis
B Miltsiekte en tuberkulose
C Miltsiekte en voëlgriep
D Newcastle-siekte en tuberkulose
1.1.8 EEN van die volgende is NIE 'n senuweesimptoom wat deur
plantvergiftiging veroorsaak word NIE:
A Sterrekykery
B Rusteloosheid
C Spiersametrekkings
D Neusafskeidings
1.1.9 Die skrotum omsluit die primêre manlike geslagsorgaan wat …
A die spermatosoë en testosteroon produseer.
B die draervloeistof vir spermatosoë produseer.
C die grootste voortplantingsorgaan is.
D al die voortplantingsvloeistowwe afskei.
1.1.10 Die sintese van melk vind in die … van die uier plaas.
A speenholte
B melklobbe
C alveoli
D klierholte (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2017
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is op
SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
1.2.6 slegs B.
KOLOM A KOLOM B
A: Vitamien E Die vitamien verantwoordelik vir die
1.2.1
B: Vitamien D stolling van bloed in pluimvee
Kyk na die laagste koste
A:
van voeding Voervloeiprogram vir 'n groep
1.2.2
Gee aandag aan kudde se plaasdiere
B:
voedingsbehoefte
Minder beskermend
A:
teenoor hul lammers Aanvaarbare dieregedrag vir jonger
1.2.3
Meer beskermend teenoor ooie wat die eerste keer lam
B:
hul lammers
A: Halter Die mees gepaste instrument om
1.2.4
B: Laaghoutplank varke mee te hanteer
A: Endoderm Die ontwikkeling van die
1.2.5 respiratoriese en verteringstelsel
B: Ektoderm gedurende die embrioniese stadium
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die proses waartydens die verteerbaarheid van grane deur middel
van droë hitte, wat dit laat uitsit, verbeter word
1.3.2 Wanneer 'n plaasdier 'n konstante liggaamstemperatuur handhaaf
1.3.3 Die verskynsel waar 'n meerderwaardige koei met hormone
behandel word sodat sy baie ova produseer
1.3.4 Die middel wat gebruik word om die pH in die verdunning van
semen te beheer
1.3.5 Die hormoon wat vir die vertraagde afskeiding van FSH en
estrogeen verantwoordelik is (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2017
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD in elk van die volgende stellings
om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
(1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 'n Piloris-sfinkter (maagslotspier) is 'n gladde spierring wat die
beweging van voedsel na die maag beheer.
1.4.2 Die bontbosluis is 'n voorbeeld van 'n eengasheerbosluis wat
rooiwater en anaplasmose oordra.
1.4.3 Die toestand waar die voortplantingsorgaan in 'n vroulike plaasdier
onderontwikkel is, staan as himen bekend.
1.4.4 Water breek tydens geboorte as gevolg van die skeuring van
die allantoïsmembraan.
1.4.5 Die pistolette is 'n klein poliviniel-apparaatjie waarin semen vir
latere gebruik gestoor word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2017
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die diagram hieronder toon 'n gedeelte van die spysverteringskanaal van
'n plaasdier.
B
C
A
D
E
2.1.1 Dui aan of die plaasdier in die diagram hierbo 'n herkouer of 'n
nieherkouer is. (1)
2.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.1.1. (1)
2.1.3 Noem TWEE funksies van die verteringsap in A. (2)
2.1.4 Noem 'n ensiem wat vet verteer in die verteringsap wat deur E
afgeskei word. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2017
NSS
2.2 Hieronder is 'n skematiese voorstelling van voersoorte wat in die voeding van
plaasdiere gebruik word.
VOERSOORTE
A B
C D
Lupiensaad Geskik vir Mieliereste
Lusernhooi
Oliekoekmeel energie en en tefhooi
Beenmeel hoog in TVV
2.2.1 Klassifiseer voersoort A en B. (2)
2.2.2 Identifiseer die onderafdeling van voersoort C. (1)
2.2.3 Gee TWEE voorbeelde van die onderafdeling van voersoort D. (2)
2.2.4 Voersoort B word hoofsaaklik aan herkouers gevoer. Gee TWEE
redes om hierdie stelling te regverdig. (2)
2.3 Die tabel hieronder toon die voedingsamestelling van twee voere.
KOMPONENT VOER A VOER B
Verteerbare vet 32% 24%
Verteerbare koolhidrate 38% 28%
Verteerbare proteïen 10% 12%
Voedingsverhouding 1:7 1:4
2.3.1 Identifiseer die voer (A of B) wat die geskikste vir groeiende jong
plaasdiere is. (1)
2.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.3.1. (1)
2.3.3 Bereken die persentasie (%) verteerbare nie-stikstof-voedingstowwe
in voer A. (2)
2.4 Hooi is in 'n voedingseksperiment vir plaasdiere gevoer. Na 'n week was die
resultate van die verteerbaarheidskoëffisiënt 45%.
2.4.1 Lewer kommentaar, met 'n rede, oor die geskiktheid van hierdie hooi
as voer vir melkkoeie wat baie melk produseer. (2)
2.4.2 Stel TWEE maatreëls voor wat die boer kan tref om die
verteerbaarheid van hierdie hooi te verhoog. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2017
NSS
2.5 'n Melkboer hou 100 koeie op weiding aan wat 'n totaal van 450 000 kg droë
materiaal (DM) in die reënseisoen en 216 000 kg DM in die droë seisoen
verskaf. Hierdie diere benodig 360 000 kg DM in die nat seisoen, wat tot
390 000 kg DM in die droë maande styg as gevolg van dragtigheid en
laktasie. Elke koei verbruik gemiddeld 21 kg DM per dag.
2.5.1 Verwys na die scenario hierbo en identifiseer TWEE probleme wat
die boer in die droë seisoen kan ondervind. (2)
2.5.2 Stel EEN voorsorgmaatreël voor wat die boer moet tref om die
probleem te voorkom. (1)
2.5.3 Bereken, in ton, die hoeveelheid voer wat die koeie per maand
benodig. Toon ALLE berekeninge. (3)
2.6 Dierevoere bevat verskillende voedingstowwe, soos koolhidrate, proteïene en
vette, met verskillende energievlakke. Dit is belangrik dat die diere die regte
hoeveelheid van elke voedingstof kry om in hul voedingsbehoeftes te voorsien.
2.6.1 Verwys na die gedeelte hierbo en identifiseer die voedingstof wat
die meeste energie aan plaasdiere verskaf. (1)
2.6.2 Dui die eenheid aan waarin die totale energie van 'n dier gemeet
word. (1)
2.6.3 Dit is belangrik dat die boer die energiewaarde van die voer
bepaal. Gee TWEE redes om hierdie stelling te ondersteun. (2)
2.7 Die tabel hieronder toon minerale en vitamiene en hul gebreksimptome.
MINERAAL/VITAMIEN GEBREKSIMPTOOM
A Growwe, dik vel en haarverlies, veral by varke
Selenium B, tekort by dragtige koeie
Vitamien E C, tekort by lammers
2.7.1 Verwys na die tabel hierbo en skryf die ontbrekende inligting by A,
B en C neer. (3)
2.7.2 Identifiseer die aanvullingsmetode vir ELK van die volgende:
(a) Vitamien A (1)
(b) Oplosbare minerale (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die sirkelgrafiek hieronder toon die getal en soort plaasdiere, ingesluit die
grootte van die gebied waar hulle aangehou word.
Skape
100 Bokke
30
Pluimvee
25
Beeste
10
3.1.1 Verwys na die sirkelgrafiek hierbo en identifiseer die plaasdiere wat
onder intensiewe produksietoestande aangehou word. (1)
3.1.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 3.1.1. (1)
3.1.3 Verwys na die sirkelgrafiek hierbo en identifiseer die plaasdiere wat
ELK van die volgende fasiliteite gebruik:
(a) Lêbattery (1)
(b) Melkstal (1)
(c) Skeerhok (1)
3.1.4 Bereken die persentasie (%) skape uit die totale getal diere op
hierdie plaas. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2017
NSS
3.2 Die tabel hieronder toon siektes wat plaasdiere aantas en die rol van die staat
om die verspreiding van siektes te beheer.
SIEKTE OORDRAG- SLEUTEL METODE VAN
AGENT IDENTIFISEERBARE VOORKOMING
SIMPTOOM
Bloederige afskeiding
A Spore deur die neus, mond en B
rektum
Beheer die draer/
Slenkdalkoors C D
Inenting
Rooiwater Bloubosluis E Inenting
3.2.1 Verwys na die tabel hierbo en identifiseer A, B, C, D en E. (5)
3.2.2 Verwys na die tabel hierbo en identifiseer die rol van die staat om die
verspreiding van siektes te beheer. (1)
3.2.3 Stel TWEE pligte van veeboere voor om die verspreiding van
dodelike siektes, soos die een in A, te voorkom. (2)
3.3 Watter maatreëls is deur die staat ingestel om aan ELK van die volgende
gevalle aandag te gee?
3.3.1 Om te verseker dat vleis nie tydens die slagproses besmet word nie (1)
3.3.2 Om te voorkom dat siektes van ander lande af die land binnekom (1)
3.3.3 Om te voorkom dat 'n aanmeldbare siekte uitbreek en verder versprei (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2017
NSS
3.4 Die grafiek hieronder toon data wat tydens 'n lammerproefneming
versamel is.
3.4.1 Lei uit die grafiek die reeks dae af wat dit die lammers geneem het
om 1,8 kg gewig aan te sit. (1)
3.4.2 Tabuleer die data wat in die grafiek hierbo aangebied word. (6)
3.5 Noem die struktuur, apparaat of toestel wat in ELK van die volgende situasies
vir die bestuur van plaasdiere gebruik word:
3.5.1 'n Permanente struktuur langs 'n provinsiale pad om plaasdiere binne
te hou (1)
3.5.2 'n Toestel wat gebruik word om die beweging van 'n plaasdier te
beperk (1)
3.5.3 Apparaat wat gebruik word om jong ramme te kastreer (1)
3.5.4 Die struktuur wat gebruik word om skape en beeste teen ongunstige
weerstoestande te beskerm (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2017
NSS
3.6 Die skets hieronder stel die lewensiklus van 'n mikroskopiese uitwendige
parasiet voor wat hoofsaaklik by skape aangetref word.
eier larwe
volwassene
nimf
stadium 1
nimf
stadium 2
3.6.1 Identifiseer die uitwendige parasiet in die lewensiklus hierbo. (1)
3.6.2 Gee die term wat gebruik word om die simptoom van 'n ernstige
besmetting deur hierdie parasiet by skape te beskryf. (1)
3.6.3 Dui 'n sigbare teken van die simptoom in VRAAG 3.6.2 aan. (1)
3.6.4 Noem TWEE ekonomiese gevolge van hierdie parasiet. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2017
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die prent hieronder stel 'n proses voor wat by koeie plaasvind.
Melktoerusting
Senuwee-impulse
Kalf
Oksitosien
4.1.1 Identifiseer die proses in die prent hierbo. (1)
4.1.2 Identifiseer DRIE sigbare prikkels in die prent hierbo wat die proses
in VRAAG 4.1.1 aktiveer. (3)
4.1.3 Noem die hormoon wat vir die sametrekkings van die klierholte in
die proses hierbo verantwoordelik is. (1)
4.1.4 Noem die reproduktiewe proses wat 282 dae by koeie duur en wat
die proses hierbo voorafgaan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2017
NSS
4.2 By vroulike diere vind hormonale en reproduktiewe veranderinge van
een bronstigheidstydperk tot die volgende plaas. Dit vind in duidelik
onderskeibare stadiums plaas. Hieronder is die eienskappe wat op elke
stadium van toepassing is:
A B
Estrogeen bereik sy
hoogste vlak en stimuleer Corpus luteum bereik sy
die afskeiding van piek en FSH-vlak is laag.
luteïniserende hormoon.
D C
Dit duur 2–3 dae en die
Lae vlak van estrogeen
corpus luteum verklein.
terwyl die
Are in die
progesteroonvlak begin
voortplantingskanaal
styg.
vergroot.
4.2.1 Pas eienskap A, B, C en D by die stadiums van die estrussiklus. (4)
4.2.2 Skryf die letter neer wat die stadiums voorstel waar ELK van die
volgende plaasvind:
(a) Graafse follikel bars en stel die ovum vry (1)
(b) Ovum gaan die Fallopiusbuis binne, bevrugting vind plaas en
die gebarste follikel vorm 'n corpus luteum (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 16 DBE/November 2017
NSS
4.3 Die diagram hieronder toon 'n proses wat gewoonlik in die reproduksie van
plaasdiere gebruik word.
Somatiese sel
B
D E
A F
C
4.3.1 Identifiseer die proses wat in die diagram hierbo geïllustreer word. (1)
4.3.2 Identifiseer A, B en D in die diagram hierbo. (3)
4.3.3 Noem die TWEE verskillende tipes prosesse in die diagram hierbo. (2)
4.4 Die diagramme hieronder toon verskillende apparaat wat in die proses van
kunsmatige inseminasie (KI) gebruik word.
A B C
water rubbervoering
buitesilinder glasbuis
4.4.1 Identifiseer apparaat A, B en C hierbo. (3)
4.4.2 Noem die hooffunksie van apparaat A, B en C. (3)
4.4.3 Noem TWEE basiese vereistes vir die verkryging van die semen
van bulle. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 17 DBE/November 2017
NSS
4.5 Die voorstelling hieronder toon 'n proses wat in vroulike plaasdiere gebruik
word.
Geskeduleerde proses:
• Dag 1–14: melengestrolasetaat (MGA in voer)
• Dag 33: spuit in met prostaglandien
1–2–3–4–5–6–7–8–9–10–11–12–13–14–15–16–17–18–19–20–21–22–
23–24–25–26–27–28–29–30–31–32–33–34–35–36–37–38–39–40
(dae van die skedule)
4.5.1 Identifiseer die proses hierbo. (1)
4.5.2 Noem TWEE nadele van die proses in VRAAG 4.5.1. (2)
4.5.3 Noem TWEE ander tegnieke wat nie in die skedule hierbo genoem
word nie wat ook by vroulike plaasdiere gebruik kan word. (2)
4.5.4 As daar veronderstel word dat die skedule hierbo noukeurig
toegepas word, identifiseer die dag waarop die koeie geïnsemineer
sal word. (1)
4.6 Noem DRIE oorsake van 'n gebrek aan libido by manlike plaasdiere. (3)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2017 Memo

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC Supplementary 2017 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum