Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V2
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 2
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 542.9 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
- Question 1.1Agricultural production factors20 marks
- Question 1.2Basic agricultural genetics10 marks
- Question 1.3Basic agricultural genetics10 marks
- Question 1.4Basic agricultural genetics5 marks
- Question 2.1Agricultural marketing6 marks
- Question 2.2Agricultural marketing7 marks
Show all 22 questions
- Question 2.3Agricultural entrepreneurship8 marks
- Question 2.4Agricultural marketing10 marks
- Question 2.5Agricultural marketing6 marks
- Question 3.1Agricultural production factors6 marks
- Question 3.2Agricultural production factors7 marks
- Question 3.3Agricultural production factors3 marks
- Question 3.4Agricultural production factors8 marks
- Question 3.5Agricultural production factors5 marks
- Question 3.6Agricultural production factors6 marks
- Question 4.1Basic agricultural genetics6 marks
- Question 4.2Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.3Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.4Basic agricultural genetics6 marks
- Question 4.5Basic agricultural genetics4 marks
- Question 4.6Basic agricultural genetics7 marks
- Question 4.7Basic agricultural genetics4 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Markewewig kom voor wanneer die …
A vraag en die aanbod nie gelyk is nie.
B aanbod meer as die vraag is.
C markaanbod gelyk aan die markvraag is.
D vraag laer as die aanbod is.
1.1.2 Die volgende is NIE 'n komponent van verkoop NIE:
A Bestuur is verkoop-volume-georiënteerd.
B Die klem is op die behoeftes van die verbruiker.
C Die fokus is op die behoeftes van die verkoper.
D Die klem is op die landbouproduk.
1.1.3 'n Operasionele produksieplan in 'n besigheidsplan fokus op die …
A aantal en tipe werknemers.
B werwing van geskikte personeel.
C opsomming van die onderneming se besonderhede.
D monitering van prestasie en verseker kwaliteitsbeheer
1.1.4 Die beskrywings hieronder hanteer geleenthede wat deur die
SWOT-ontleding verwesenlik kan word.
(i) Nuwe markte wat geopen word om verkope te verhoog
(ii) Nuwe tegnologieë om die doeltreffendheid van die onderneming
te verbeter
(iii) Beperkte hulpbronne om effektief te boer
(iv) Toegang tot 'n toelaag van die regering
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (iii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
1.1.5 Die deel van die uitgawes van 'n boerdery-onderneming wat NIE deur
die vlak van produksie beïnvloed word NIE:
A Koste van vraag
B Vaste koste
C Koste van aanbod
D Veranderlike koste
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 4 DBE/November 2022
NSS
1.1.6 Die tipe arbeid wat in diens geneem word om slegs 'n kraal te bou:
A Permanent
B Seisoenaal
C Voltyds
D Los werker
1.1.7 Die handeling deur 'n boer om onderkapitalisering op die plaas aan te
pak:
A Hou ou, nielewensvatbare trekkers aan
B Betaal hoër lone
C Huur spesifieke masjinerie
D Belê meer geld in die bank
1.1.8 Die vaardigheid wat die bestuurder in staat stel om die onderneming
teen monetêre verliese te beskerm:
A Finansiële bestuur
B Besluitneming
C Interpersoonlik
D Probleemoplossing
1.1.9 Die volgende stellings handel oor Mendel se wette van oorerwing:
(i) Pare allele verdeel ewekansig tydens meiose.
(ii) Pare allele rangskik hulleself afhanklik van mekaar.
(iii) Pare allele rangskik hulleself onafhanklik van mekaar.
(iv) In 'n heterosigotiese staat sal 'n dominante alleel die fisiese
voorkoms van 'n organisme beïnvloed.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (ii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iii)
D (i), (iii) en (iv)
1.1.10 'n Voorbeeld van 'n heterosigotiese genotipe vir blomkleur:
A FRFR
B FWFW
C FRFW
D FBFB (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 5 DBE/November 2022
NSS
1.2 Kies 'n woord/term in KOLOM B wat by 'n beskrywing in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6 K.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 'n Vorm van volhoubare landbou- A kleinhandelaar
bemarking wat op die toenemende
besorgheid oor die omgewing B interne
reageer
C agribemarking
1.2.2 Die tipe verkoper wat as 'n agent vir
kommissie werk D X-strale
1.2.3 Mediumtermynbeleggingsbates E eksterne
1.2.4 Kragte wat op die plaas ontstaan en F makelaar
'n invloed op plaasbestuur het
G vaste kapitaal
1.2.5 Beskadig die DNA-molekuul en
veroorsaak dat dit breek H groenbemarking
I roerende kapitaal
J salpetersuur
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die bemarkingstelsel waar die prys van 'n produk deur die regering
bepaal word
1.3.2 'n Praktyk waar onekonomiese dele landbougrond bymekaar gevoeg
word om produktiwiteit te verhoog
1.3.3 'n Tipe dominansie waar geeneen van die ouer-eienskappe by die
nageslag sigbaar is nie
1.3.4 'n Tegniek waar 'n elektriese stroom deur 'n oplossing wat die
verlangde geen bevat, gestuur word
1.3.5 'n Organisme met meer as twee stelle chromosome (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 6 DBE/November 2022
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Prysmonopolie is die vasstel van die prys van goedere en dienste
waar geen bedinging toegelaat word nie.
1.4.2 Die geld wat aan 'n finansiële instelling terugbetaal word bo en
behalwe die geld wat geleen is, is krediet.
1.4.3 Verwagte teelwaarde is die gebruik van statistieke om biologiese data
te analiseer.
1.4.4 Die voorkoms by pluimvee van 'n bykomende toon wat vir baie
generasies afwesig was, is 'n voorbeeld van erfdwang.
1.4.5 'n Klein deeltjie van die DNA wat oorerflikheidsinligting van 'n
eienskap dra, staan as 'n chromosoom bekend. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 7 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: LANDBOUBESTUUR EN BEMARKING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die grafiek hieronder toon hoeveelhede van twee landbouprodukte wat oor 'n
periode van ses maande in 'n mark beskikbaar is.
Hoeveelheid van twee produkte beskikbaar
oor 'n periode van ses maande
Produk 1 Produk 2
Hoeveelheid (ton)
Maande van die jaar
2.1.1 Dui die hoeveelheid van produk 1 beskikbaar in maand 3 aan. (1)
2.1.2 Identifiseer die produk wat oor 'n periode van ses maande konstante
beskikbaarheid getoon het. (1)
2.1.3 Noem die probleem wat met produk 2 in die mark kan ontstaan indien
die vraag 20 ton is. (1)
2.1.4 Noem die faktor wat die bemarking van produk 1 kan belemmer. (1)
2.1.5 Noem TWEE faktore wat die vraag na produk 1 en 2 kan beïnvloed. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 8 DBE/November 2022
NSS
2.2 Die vloeidiagram hieronder illustreer die bemarkingstelsel en die kanale wat
gebruik word wanneer produkte bemark word.
BEMARKING-
STELSEL
A B C
Produkte word Boere bemark Lewende hawe word
vanaf die plaas aan deur 'n agent. aan die hoogste
smouse verkoop. bieër verkoop.
2.2.1 Identifiseer die bemarkingstelsel hierbo geïllustreer. (1)
2.2.2 Identifiseer kanaal A en B wat in die bemarkingstelsel in VRAAG 2.2.1
gebruik is. (2)
2.2.3 Noem EEN voordeel van kanaal A vir ELK van die volgende:
(a) Boer (1)
(b) Verbruiker (1)
2.2.4 Noem EEN nadeel van kanaal C vir die verkopers. (1)
2.3 'n Groep jeugdiges naby 'n lewendehaweplaas het besluit om mis op die
plaas te versamel en biobrandstof te vervaardig om as 'n bron van energie te
gebruik. Hulle het 'n besigheidsplan saamgestel wat gebruik is om fondse by
'n bank vir die aankoop van 'n biogasverwerker te bekom. 'n Ou gebou is as 'n
fabriek gebruik en vaardige personeel is in diens geneem om die
onderneming te bedryf. Die onderneming het gefloreer en hulle het begin om
dienste aan die gemeenskap te lewer.
2.3.1 Identifiseer DRIE fases van entrepreneurskap in die scenario hierbo. (3)
2.3.2 Gee TWEE ander redes vir die opstel van 'n besigheidsplan, behalwe
vir die een in die scenario hierbo. (2)
2.3.3 Dui 'n suksesfaktor van hierdie groep aan wat hulle in staat gestel het
om ELK van die volgende te doen:
(a) Sodat ander mense in hulle idee kan glo en saam met hulle werk (1)
(b) Belê in nuwe toerusting met die hoop om sukses met die
onderneming te behaal (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 9 DBE/November 2022
NSS
2.4 Die tabel hieronder toon sakkies aartappels wat oor 'n periode van vyf weke in
'n mark aangebied word.
WEKE PRYS (RAND) HOEVEELHEID AANGEBIED (SAKKE)
1 10 500
2 20 1 000
3 30 1 500
4 40 2 000
5 50 2 500
2.4.1 Teken 'n lyngrafiek wat die hoeveelhede aartappels toon wat teen
verskillende pryse beskikbaar word. (6)
2.4.2 Beskryf die bemarkingswet van toepassing op die data wat in die
tabel hierbo verskaf word. (2)
2.4.3 Noem TWEE faktore, behalwe die prys, wat tot die hoeveelhede
aartappels wat beskikbaar is, kon bygedra het. (2)
2.5 Die skematiese voorstelling hieronder toon die stadiums van die bemarkings-
ketting waardeur produkte vanaf die plaas tot by die verbruikers gaan.
Plaas Gradering Prosessering Stoor
Verbruiker Kleinhandelaar Groothandelaar Vervoer
2.5.1 Dui TWEE koste in die skematiese voorstelling hierbo aan wat die
prys van 'n produk kan verhoog wanneer dit die verbruiker bereik. (2)
2.5.2 Identifiseer die stadium in die bemarkingsketting hierbo waarin die
volgende plaasvind om die agribesigheid te verbeter:
(a) Die installering van koelkamers om bederf te voorkom voor
vervoer na die groothandelaar (1)
(b) Die verbetering van padinfrastruktuur sodat die produk die
verwerkingstadium kan bereik (1)
2.5.3 Noem TWEE maniere waarop die kleinhandelaar die produk aan die
verbruiker kan bekendstel. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 10 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: PRODUKSIEFAKTORE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die beskikbaarheid van landbougrond is beperk.
3.1.1 Noem TWEE ander ekonomiese eienskappe van grond. (2)
3.1.2 Noem TWEE maniere waarop die produktiwiteit van grond verbeter
kan word. (2)
3.1.3 Noem TWEE funksies geassosieer met grond as 'n produksiefaktor. (2)
3.2 Die grafiek hieronder toon die aantal mense in diens van 'n boer en hulle
uitsette.
Hoeveelheid uitsette
Aantal werkers in diens
3.2.1 Identifiseer die produksiefaktor in die grafiek hierbo geïllustreer. (1)
3.2.2 Uit die grafiek hierbo, lei die verwantskap af tussen die aantal mense
in diens van 1 tot 5 en hulle uitsette. (2)
3.2.3 Noem TWEE probleme met arbeid in 'n boerderyonderneming. (2)
3.2.4 Noem TWEE maniere waarop die boer die ekonomiese toestande
van plaaswerkers kan verbeter. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 11 DBE/November 2022
NSS
3.3 Dui die arbeidswetgewing aan wat ELK van die volgende reguleer:
3.3.1 Verlofdae, werksure, salarisse en oortyd (1)
3.3.2 Poog om die bevoegdhede van werkers om masjinerie effektief te
hanteer, te ontwikkel en verbeter (1)
3.3.3 Plaaswerkers moet oorpakke en rubberstewels vir hulle daaglikse
take dra (1)
3.4 Die tabel hieronder verskaf inligting oor die bates en laste op 'n plaas.
BATES/LASTE WAARDE (RAND)
A Waarde van die plaas R3 500 000
B Trekkerlening R365 000
C Waarde van voertuie R275 000
D Oortrokke bankrekening R150 000
E Verbandlening R4 200 000
F Kontant R50 000
G Waarde van geboue R650 000
3.4.1 Identifiseer, uit die tabel hierbo, die item wat ELK van die volgende
verteenwoordig:
(a) Bate (1)
(b) Las (1)
3.4.2 Gebruik 'n formule om die netto waarde van die plaas te bereken. (4)
3.4.3 Verwys na die berekening in VRAAG 3.4.2 om die lewensvatbaarheid
van hierdie boerderyonderneming aan te dui. (1)
3.4.4 Gee 'n rede om die antwoord op VRAAG 3.4.3 te ondersteun. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 12 DBE/November 2022
NSS
3.5 Die prent hieronder stel 'n plaas met verskillende boerderyondernemings
voor.
E A
F
B
D
C
3.5.1 Identifiseer die tipe kapitaal wat deur ELK van die volgende
voorgestel word:
(a) C (1)
(b) B (1)
3.5.2 Dui die probleem van kapitaalitem F aan. (1)
3.5.3 Noem 'n tipe krediet benodig vir die aankoop van ELK van die
volgende kapitaalitems, voorgestel deur:
(a) D (1)
(b) E (1)
3.6 'n Boerderyonderneming moet goed bestuur word om suksesvol te wees en
om die verlangde doelwitte en mikpunte te bereik.
3.6.1 Definieer die term bestuur. (2)
3.6.2 Noem TWEE bestuursbeginsels van 'n onderneming om suksesvol te
wees. (2)
3.6.3 Noem TWEE risikobestuurstegnieke. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 13 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4: BASIESE LANDBOUGENETIKA
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Die illustrasie hieronder toon die kruising van plaasdiere waar dieselfde bul
herhaaldelik gebruik is om die groeitempo van die kudde te verbeter.
Simmentaler-koei x Brahmaan-bul Kruising 1
Simbra-vers F1 x Brahmaan-bul Kruising 2
Simbra-vers F2 x Brahmaan-bul Kruising 3
Simbra F3
4.1.1 Noem die teelstelsel wat deur ELK van die volgende verteenwoordig
word:
(a) Kruising 1 (1)
(b) Kruising 3 (1)
4.1.2 Definieer die teelstelsel voorgestel deur Kruising 3. (1)
4.1.3 Noem EEN nadeel van die teelstelsel voorgestel deur Kruising 2. (1)
4.1.4 Noem TWEE voordele van die teelstelsel voorgestel deur Kruising 1. (2)
4.2 Variasie word deur beide interne en eksterne faktore veroorsaak.
4.2.1 Noem TWEE interne oorsake van variasie. (2)
4.2.2 Noem TWEE belangrike aspekte van variasie by teling. (2)
4.3 Pas die seleksiemetodes hieronder by ELK van die stellings wat volg.
massa-seleksie; familie-seleksie; nageslagseleksie; stamboomseleksie
4.3.1 Diere word geselekteer op grond van hulle voorgeslagte se rekords. (1)
4.3.2 Seleksie word op die kwaliteit van verwante van hulle eie generasie
gebaseer. (1)
4.3.3 Plaasdiere word op grond van hulle eie prestasie geselekteer. (1)
4.3.4 Seleksie word op die kwaliteit van die nageslag gebaseer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 14 DBE/November 2022
NSS
4.4 Die Punnett-vierkant hieronder stel 'n kruising voor tussen 'n bul,
heterosigoties vir beide eienskappe, en 'n heterosigotiese poenskop- wit koei.
SLEUTEL:
Eienskap 1: (horingkonformasie)
H – poenskop (geen horings nie)
h – horings
Eienskap 2: (haarkleur)
W – wit
R – rooi
RW – skimmel
♂
♀ HR HW 17 hW
1 2 3 4
HW HHRW HHWW HhRW HhWW
5 6 7 8
HW HHRW HHWW HhRW HhWW
9 10 11 12
hW HhRW HhWW hhRW hhWW
13 14 15 16
hW HhRW HhWW hhRW hhWW
4.4.1 Gee die genotipe van die volgende individue:
(a) Vroulike ouer (1)
(b) Gameet genommer 17 (1)
4.4.2 Bepaal die fenotipes van ELK van die volgende individue:
(a) Nommer 9 (1)
(b) Nommer 16 (1)
4.4.3 Dui die getal gehoringde skimmelbeeste in die Punnett-vierkant hierbo
aan. (1)
4.4.4 Dui die getal poenskop- rooi beeste in die Punnett-vierkant hierbo.
hierbo aan. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V2 15 DBE/November 2022
NSS
4.5 Plaasdiere het geslagschromosome, bekend as gonosome, en liggaams-
chromosome, bekend as outosome. Perde het 64 chromosome en bokke
het 60.
4.5.1 Dui ELK van die volgende aan:
(a) Die getal geslagschromosome in bokke (1)
(b) Die getal pare outosome in perde (1)
4.5.2 Indien 'n ram (XY) met 'n ooi (XX) gepaar word:
(a) Dui die kans in persentasie aan dat 'n manlike nageslag
geproduseer kan word (1)
(b) Bepaal die verhouding van die manlike tot vroulike nageslag (1)
4.6 Die tabel hieronder toon oorerflikheid van verskeie eienskappe by plaasdiere.
OORERFLIKHEIDSEIENSKAPPE
Melkproduksie Oogkleur Vagmassa
OORERFLIKHEID (%) 40 70 20
4.6.1 Definieer die term oorerflikheid. (2)
4.6.2 Identifiseer die volgende uit die tabel hierbo:
(a) Kwalitatiewe eienskap (1)
(b) Kwantitatiewe eienskap (1)
4.6.3 Dui die persentasie van omgewingsinvloed op melkproduksie aan. (1)
4.6.4 Verduidelik die verwantskap tussen oorerflikheid en die verwagte
teelwaarde (VTW). (2)
4.7 Genetiese modifikasie is die tegniek waar die eienskappe van 'n organisme
verander word deur die invoeg van gene van 'n ander organisme by die
oorspronklike organisme se DNA.
4.7.1 Noem TWEE voordele van genetiese modifikasie bo tradisionele
telingmetodes. (2)
4.7.2 Noem TWEE negatiewe invloede van GM gewasse op die omgewing. (2)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2023 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2019 QP (Afr)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum