Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
SENIOR CERTIFICATE
GRAAD 12
LANDBOUWETENSKAPPE V1
NOVEMBER 2022
PUNTE: 150
TYD: 2½ uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Skip to contentAll 2022 papers 





View all




%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2022 QP (Afr)
Grade 12 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Agricultural Sciences · Grade 12 · NSC November Exam · 2022. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Agricultural Sciences
- Grade
- Grade 12
- Document type
- Question paper
- Year
- 2022
- Exam period
- NSC November Exam
- Paper
- 1
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 810.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
NSC November Exam 2022
Questions in this paper
- Question 2.1Animal nutrition8 marks
- Question 2.2Animal nutrition7 marks
- Question 2.3Animal nutrition2 marks
- Question 2.4Animal nutrition4 marks
- Question 2.5Animal nutrition6 marks
- Question 3.1Animal production and housing9 marks
Show all 17 questions
- Question 3.2Animal production and housing3 marks
- Question 3.3Animal production and housing4 marks
- Question 3.4Animal production and housing3 marks
- Question 3.5Animal health and protection6 marks
- Question 3.6Animal health and protection4 marks
- Question 3.7Animal health and protection4 marks
- Question 4.1Animal reproduction3 marks
- Question 4.2Animal reproduction7 marks
- Question 4.3Animal reproduction7 marks
- Question 4.4Animal reproduction6 marks
- Question 4.5Animal reproduction40 marks
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 2 DBE/November 2022
NSS
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
AFDELING B.
2. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.
3. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.
4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik is.
5. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.
6. Toon ALLE berekeninge, formules ingesluit, waar van toepassing.
7. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 3 DBE/November 2022
NSS
AFDELING A
VRAAG 1
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.1.11 B.
1.1.1 Die kompartement in die maag van pluimvee wat met die ware maag
van 'n herkouerplaasdier ooreenstem:
A Ventrikel
B Sekum
C Proventrikel
D Krop
1.1.2 EEN van die volgende stellings is van toepassing op 'n rantsoen wat
10 dele mieliemeel en drie dele vismeel bevat:
A Het 'n hoër persentasie vismeel as mieliemeel
B Het 'n hoër persentasie mieliemeel as vismeel
C Het gelyke persentasies mieliemeel en vismeel
D Het 10% mieliemeel en 70% vismeel
1.1.3 Die diagram hieronder toon die proses waar elk van die volgende
plaasvind:
(i) Die spiere bokant die bolus trek saam om die voedsel af te druk.
(ii) Die spiere onder die bolus ontspan om die voedsel opwaarts te
laat beweeg.
(iii) Die spiere trek voortdurend saam en ontspan om die voedsel
afwaarts deur die slukderm te laat beweeg.
(iv) Die spiere onder die bolus ontspan om die voedsel afwaarts te
laat beweeg.
Kies die KORREKTE kombinasie:
A (i), (iii) en (iv)
B (ii), (iii) en (iv)
C (i), (ii) en (iv)
D (i), (ii) en (iii)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 4 DBE/November 2022
NSS
1.1.4 Die volgende is die KORREKTE volgorde van die herkouproses:
A Her-insluk kou retroperistalse insluk
B Retroperistalse inname insluk kou
C Inname retroperistalse insluk her-insluk
D Retroperistalse vermeerder speeksel herkou her-insluk
1.1.5 'n Fasiliteit wat gebruik word om beeste tydens onthoorning onder
bedwang te bring:
A Hanteringskraal
B Afrondingskuur
C Drukgang
D Weegbrug
1.1.6 Die volgende is 'n teken van spanning by beeste:
A Snoetskuurdery
B Kap met die voorpote
C Pensbytery
D Kannibalisme
1.1.7 Siektes wat deur mineraaltekorte veroorsaak word:
A Besmetlik
B Aansteeklik
C Aanmeldbaar
D Nie-besmetlik
1.1.8 Parasiete, veral by skape, verantwoordelik vir die irritasie van die
sinusse, wat nies en 'n gelerige slymuitskeiding veroorsaak:
A Neuswurms
B Brommers
C Bosluise
D Rondewurms
1.1.9 Die primêre geslagsorgaan van 'n bul:
A Skrotum
B Testis
C Penis
D Uretra
1.1.10 … is vroulike geslagshormone verantwoordelik vir die sametrekking
van die baarmoederspiere.
A FSH en LH
B Oksitosien en FSH
C Oksitosien en estrogeen
D Estrogeen en progesteroon (10 x 2) (20)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 5 DBE/November 2022
NSS
1.2 Dui aan of elk van die beskrywings in KOLOM B van toepassing is
op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in
KOLOM A nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die
vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.6
Slegs B.
KOLOM A KOLOM B
1.2.1 A: Rektum Die vergrote eerste deel van die dikderm
by varke waar absorpsie van water
B: Sekum plaasvind
1.2.2 A: Pearson-vierkant Metode van rantsoenbalansering om die
verlangde proteïenwaarde in 'n
B: Voervierkant voermengsel te bepaal
1.2.3 A: Grootskaalse 'n Boerderystelsel wat voedsel produseer
produksiestelsel om hoofsaaklik die familie te voed
B: Moderne boerdery-
stelsels
1.2.4 A: Salwe Chemikalieë wat bosluise en myte dood
B: Wurmmiddels
1.2.5 A: Kunsvagina Apparatuur wat gebruik word tydens die
B: Elektro-ejakulator proses om semen van 'n bul te versamel
(5 x 2) (10)
1.3 Gee EEN woord/term vir ELK van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die woord/term langs die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.5) in die
ANTWOORDEBOEK neer.
1.3.1 Die absorpsie van vlugtige vetsure deur die rumenwand saam met die
konsentrasiegradiënt
1.3.2 'n Voorkomingsmaatreël waartydens plaasdiere met 'n aansteeklike
siekte van gesonde diere weggehou word
1.3.3 Die hormoon wat melkaflating inhibeer wanneer 'n koei bang is of in 'n
ongewone situasie verkeer
1.3.4 'n Melkerige, taai, romerige en ondeursigtige vloeistof wat tydens
ejakulasie deur die penis vrygestel word
1.3.5 'n Dunwandige elastiese buis wat vanaf die uretra-opening tot by die
serviks strek (5 x 2) (10)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 6 DBE/November 2022
NSS
1.4 Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in ELK van die volgende
stellings om hulle WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die
vraagnommers (1.4.1 tot 1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.
1.4.1 Gepaste proteïen verskaf die verlangde hoeveelheid en verhouding
van al die aminosure.
1.4.2 'n Rekkietang is 'n apparaat wat gebruik word om plaasdiere te
kastreer en veroorsaak bloeding.
1.4.3 Die allantoïs is die buitenste kiemlaag waaruit die eksterne organe,
hoofsaaklik die vel, hoewe en hare ontwikkel.
1.4.4 Kunsmatige inseminasie vind plaas waar die bul toegelaat word om
die koei te bespring en te dek.
1.4.5 Meiose is die verdeling van diploïede spermatogonium om groter te
word. (5 x 1) (5)
TOTAAL AFDELING A: 45
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 7 DBE/November 2022
NSS
AFDELING B
VRAAG 2: DIEREVOEDING
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
2.1 Die prente hieronder toon die dele van die maag in 'n plaasdier.
A B C
2.1.1 Noem die plaasdier met die maagdele soos in die prente hierbo
voorgestel. (1)
2.1.2 Identifiseer die letter van die maagdeel waar ELK van die volgende
plaasvind:
(a) Vreemde voorwerpe versamel (1)
(b) Hitte geproduseer word (1)
2.1.3 Die plaasdier met maagdele A, B en C hierbo kan op voedsel laag
in vetoplosbare vitamiene oorleef. Regverdig hierdie stelling deur die
aanpassingskenmerk en die rol daarvan aan te dui. (2)
2.1.4 Gebruik die letters van die dele van die maag om die volgorde aan te
dui hoe die voer sal vloei na retroperistalse. (3)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 8 DBE/November 2022
NSS
2.2 Die volgende is simptome van voedingstoftekorte by plaasdiere:
A Misvorming en seervorming van die kornea in die oog
B Poreuse bene, veral by ouer diere
C Lelike sere op die vel
D Bleek slymvliese
E Vergrote skildklier
2.2.1 Identifiseer die mineraal wat ontoereikend in C en D is. (2)
2.2.2 Noem die tekortsimptome wat deur die plaasdiere in B en E getoon
word. (2)
2.2.3 Klassifiseer die vitamien wat die tekort in A veroorsaak aan die hand
van die groepering daarvan. (1)
2.2.4 Noem TWEE metodes om die vitamien wat in A ontoereikend is, aan
te vul. (2)
2.3 Die tabel hieronder toon die resultate van 'n verteerbaarheidskoëffisiënt-
proefneming wat uitgevoer is op twee verskillende plaasdiere wat koringstrooi
gevreet het.
DIER DROËMATERIAAL- DROËMATERIAAL- VERTEERBAARHEIDS-
INNAME (kg) UITSKEIDING (kg) KOËFFISIËNT (%)
A 15 13 13
B 15 5 67
2.3.1 Identifiseer die tipe plaasdiere wat as A gebruik is. (1)
2.3.2 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.3.1. (1)
2.3.3 Stel TWEE faktore voor wat die verteerbaarheid van die voer in die
proefneming kon beïnvloed. (2)
2.3.4 Noem TWEE metodes om die verteerbaarheid van hierdie voer te
verbeter. (2)
2.4 Die inligting hieronder toon die samestelling van 'n voer.
SAMESTELLING VAN 'N VOER PERSENTASIE
Koolhidrate 55
Verteerbare proteïen (VP) 15
Vette 5
Totale verteerbare voedingstowwe (TVV) –
2.4.1 Bereken die voedingsverhouding (VV) van die voer. Toon ALLE
berekeninge, die formule ingesluit. (4)
2.4.2 Dui die geskiktheid van die voer aan, gebaseer op die
voedingsverhouding daarvan in VRAAG 2.4.1. (1)
2.4.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 2.4.2. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 9 DBE/November 2022
NSS
2.5 Die Illustrasie hieronder is 'n skematiese voorstelling van energievloei.
ENERGIEVLOEIDIAGRAM
Bruto energie 1 000 kJ
Mis (Energieverlies 150 kJ)
(A)
0
Urine en gasse (Energieverlies 50 kJ)
Metaboliese energie 800 kJ
Hitteproduksie (B)
(C) 550 KJ
Funksie (D) Vir instandhouding
2.5.1 Noem die energie in C. (1)
2.5.2 Gee die funksie deur D voorgestel. (1)
2.5.3 Bereken die volgende op die skematiese voorstelling hierbo
gebaseer:
(a) Energie in A (2)
(b) Die hoeveelheid energieverlies in B (2)
2.5.4 Noem TWEE doelwitte van die berekening van die energiewaarde
van 'n voer. (2)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 10 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 3: DIEREPRODUKSIE, BESKERMING EN BEHEER
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
3.1 Die tabel hieronder toon verwagte groeitempo's van plaasdiere soos die
temperatuur verander.
GROEITEMPO (kg) TEMPERATUUR (°C)
KOEIE VARKE
110 130 35
100 90 25
90 50 15
80 25 5
70 5 0
3.1.1 Identifiseer, in die tabel hierbo, die plaasdiere wat in 'n omgewing met
behuisingsfasiliteite aangehou moet word. (1)
3.1.2 Gee 'n rede, deur die inligting in die tabel hierbo te gebruik, om die
antwoord op VRAAG 3.1.1 te ondersteun. (2)
3.1.3 Teken 'n lyngrafiek om die groeitempo van koeie en varke onder
verskillende temperature met mekaar te vergelyk. (6)
3.2 Die volgende is 'n lys van toerusting wat in 'n braaikuiken-produksie-eenheid
gebruik word:
Opvoubare gordyne
Elektriese verwarmers
Waaiers op die dak en teen die mure
Isolasiemateriaal op die dak
3.2.1 Dui die toerusting in die lys hierbo aan wat in ELK van die volgende
situasies gebruik word:
(a) Hou die temperatuur in die braaikuikeneenheid konstant
gedurende die dag en die nag (1)
(b) Verhoog die temperatuur binne gedurende 'n skielike
verlaging in omgewingstemperatuur (1)
(c) Verlaag die temperatuur op 'n baie warm dag (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 11 DBE/November 2022
NSS
3.3 Die prente hieronder toon verskillende intensiewe hoenderproduksiestelsels.
A B
3.3.1 Identifiseer die tipe intensiewe hoenderproduksiestelsel in A en B. (2)
3.3.2 Noem TWEE faktore wat tot verhoogde produksie in die
produksiestelsels hierbo lei, buiten voeding. (2)
3.4 Noem die plaasdiere waarop die volgende basiese riglyne van toepassing is
wanneer hulle hanteer word:
3.4.1 Dra hulle aan albei bene (1)
3.4.2 Vang hulle bokant die lit van die agterbene (1)
3.4.3 Gebruik 'n laaghoutplank wanneer hulle verskuif word (1)
3.5 Die grafiek hieronder dui die seisoenale neigings aan in die voorkoms van
parasiete wat met betrekking tot seisoen en bestuur wissel.
moontlike (swak kuddebestuur)
Hoog
Parasietinfestasie
Laag
moontlike (goeie kuddebestuur)
Winter Lente Somer Herfs
Seisoen
3.5.1 Identifiseer die seisoen met die hoogste parasietinfestasie. (1)
3.5.2 Gee EEN moontlike rede vir die verhoging in die parasietinfestasie
tydens die seisoen in VRAAG 3.5.1 geïdentifiseer. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 12 DBE/November 2022
NSS
3.5.3 Noem TWEE ekonomiese gevolge van parasiete. (2)
3.5.4 Noem TWEE goeie kuddebestuurspraktyke wat tot 'n laer
parasietinfestasie in die herfsmaande kon lei. (2)
3.6 Die diagramme hieronder illustreer die lewensiklus van twee verskillende
parasiete.
A B
3.6.1 Klassifiseer die parasiet in B. (1)
3.6.2 Noem die parasiete wat deur A en B voorgestel word. (2)
3.6.3 Noem TWEE biologiese maatreëls wat gebruik kan word om die
parasiet in B te beheer. (2)
3.7 Die tabel hieronder toon verskillende simptome van siektes wat plaasdiere
affekteer.
DIER 1 DIER 2
Bloei vanuit die mond, neus en anus Urineer donkerrooi urine, het bleek
tot geel oë en word later met
bloedarmoede gediagnoseer
3.7.1 Noem die siektes wat dier 1 en dier 2 onderskeidelik affekteer. (2)
3.7.2 Identifiseer die dier wat aan 'n dodelike bakteriese siekte ly. (1)
3.7.3 Dui die dier met 'n nie-aansteeklike siekte aan. (1)
3.7.4 Noem die spesifieke vektor verantwoordelik vir die oordrag van die
siekte in dier 2. (1)
[35]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 13 DBE/November 2022
NSS
VRAAG 4: DIEREREPRODUKSIE
Begin hierdie vraag op 'n NUWE bladsy.
4.1 Pas die volgende bygeslagskliere by die beskrywings hieronder:
Cowper se kliere; prostaat; semensakkies
4.1.1 Omring die uretra by die nek van die blaas (1)
4.1.2 Geleë aan die basis van die penis aan beide kante van die uretra en
skei 'n alkaliese vloeistof af wat die uretra skoonmaak (1)
4.1.3 Skei 'n taai gelerige vloeistof af wat energie aan die spermselle
verskaf (1)
4.2 Die prente hieronder illustreer 'n deel van die reproduksiestelsel en 'n gameet.
F
G
2
1
I
H
EE A
D
B
A B
4.2.1 Identifiseer die volgende:
(a) Deel I in prent B (1)
(b) Deel H in prent B (1)
(c) Die proses wat in 1 plaasvind (1)
(d) Die proses wat in 2 plaasvind (1)
4.2.2 Dui die hormoon aan wat verantwoordelik is vir die proses in 1 om
plaas te vind. (1)
4.2.3 Noem EEN funksie van struktuur D. (1)
4.2.4 Noem EEN funksie van vloeistof B in prent A. (1)
4.2.5 Beskryf hoe deel F die sel in prent B in staat stel om die ovum te
penetreer. (2)
4.2.6 Noem die proses wat tot die formasie van die sel in prent B lei. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 14 DBE/November 2022
NSS
4.3 Kunsmatige inseminasie (KI) verhoog die bevrugtingstempo by koeie. Om die
verlangde doelwit te bereik, moet die boer die tekens van estrus waarneem
om bronstigheid vas te stel.
4.3.1 Noem die fase van die estrussiklus waartydens kunsmatige
inseminasie uitgevoer kan word. (1)
4.3.2 Noem TWEE metodes wat melkboere kan gebruik om bronstigheid by
koeie waar te neem. (2)
4.3.3 Noem TWEE eienskappe van goeie gehalte semen. (2)
4.3.4 Noem TWEE nadele van kunsmatige inseminasie. (2)
4.4 Die grafiek hieronder toon die verskillende reproduktiewe prosesse wat by
melkkoeie voorkom.
Gewig van fetus (kg)
Melkproduksie (kg per dag)
Gewig van
Koei die fetus
droog
op
Begin van Suksesvolle
melk- paring
Fetus groei baie
produksie Stadige groei van vinnig
fetus
(kg)
Maande
4.4.1 Identifiseer kurwe A. (1)
4.4.2 Lei die volgende uit die grafiek hierbo af:
(a) Die reproduksieproses vanaf maand 3 tot 12 (1)
(b) Die stadium van die proses in VRAAG 4.4.2(a) tussen maand 9
en 12 (1)
4.4.3 Identifiseer die maand wanneer die reproduksieproses in
VRAAG 4.4.2(a) normaalweg eindig. (1)
4.4.4 Noem TWEE oorsake van aborsie. (2)
4.4.5 Gee 'n rede waarom dit nodig is dat dragtige lakterende koeie voor
die volgende laktasie opdroog. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
Landbouwetenskappe/V1 15 DBE/November 2022
NSS
4.5 Die tabel hieronder verteenwoordig drie verskillende tegnieke wat in
dierereproduksie gebruik word.
1 2 3
Koeie word met Soveel embrio's as Die kern van 'n sel
hormone behandel om moontlik word na word verwyder en in 'n
op ongeveer dieselfde bevrugting van ander voorbereide
tyd op hitte te kom. geselekteerde vroulike eiersel geplaas.
diere geneem.
4.5.1 Noem die reproduksietegnieke genommer 1, 2 en 3. (3)
4.5.2 Noem TWEE hormone wat in tegniek 1 gebruik word om die
verlangde resultate te verkry. (2)
4.5.3 Noem TWEE vroulike diere betrokke by tegniek 2. (2)
4.5.4 Noem die doelwit van tegniek 3. (1)
[35]
TOTAAL AFDELING B: 105
GROOTTOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC November 2022 QP (Eng)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2015 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2014 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2013 QP (Afr)

Question paper
Agricultural Sciences Grade 12 P1 NSC November 2012 QP (Eng)
More from Grade 12 Agricultural Sciences

Annual teaching plan
Gr 12 Agric Sci ATP 2023 24

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 NSC June 2025 Memo (Eng)

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 Eastern Cape June 2024 Memo

Memorandum
Agricultural Sciences Grade 12 P2 2024 Memo (Eng)
%20June%202024%20Possible%20Answers_hlayiso.com_--5353c8e3-1139-4cf7-86d0-63682cc7012e/v1-b11ff282ad65746dcb8d/card.webp)
Memorandum