Skip to content
Question paper

Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

Subject: Civil TechnologyGrade 11201916 pages
Download

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2019 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING PUNTE: 200 TYD: 3 uur *ICvltA3* Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye, insluitend 2 antwoordblaaie.
Downloaded from hlayiso.com 2 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) BENODIGDHEDE: 1. ANTWOORDEBOEK 2. Tekeninstrumente 3. 'n Nieprogrammeerbare sakrekenaar INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES VRAE: DRIE vrae is generies en DRIE vrae is vakspesifiek. 2. Beantwoord AL die vrae. 3. Beantwoord elke vraag as ʼn geheel. MOENIE onderafdelings van vrae skei NIE. 4. Begin die antwoord op ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE. 6. Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer. 7. Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE. 8. Gebruik die puntetoekenning as 'n riglyn vir die lengte van jou antwoorde. 9. Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk. 10. Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van 'n steen as 220 mm x 110 mm x 75 mm geneem word. 11. Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek. 12. Beantwoord VRAAG 3.2 en 4.1 op die aangehegte ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig. 13. SKRYF jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou ANTWOORDEBOEK in, al het jy dit nie gebruik nie. 14. Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van elektroniese oordrag. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 3 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIALE (GENERIES) 1.1 Wat is die betekenis van die afkorting PBT? (1) 1.2 Noem TWEE vereistes vir beskermende skoene wat op ʼn bouterrein gedra word. (2 x 1) (2) 1.3 Algemene veiligheid vir klein aanlegtoerusting is belangrik. Motiveer kortliks waarom elk van die volgende veiligheidsmaatreëls nagekom moet word. 1.3.1 Vooraftoetsing met toerusting moet gedoen word. (1) 1.3.2 Petrolenjins moet slegs in die buitelig gebruik word. (1) 1.3.3 Aandrywende en roterende dele moet bedek wees. (1) 1.3.4 Operateurs moet voldoende opleiding met betrekking tot toerusting kry. (1) 1.4 Beantwoord die volgende vrae met betrekking tot die veilige stapeling van materiaal. 1.4.1 Wat moet werkers gebruik om op en af van stapels te klim? (1) 1.4.2 Noem TWEE faktore wat nie deur ʼn stapel belemmer mag word nie. (2 x 1) (2) 1.4.3 Bereken die maksimum hoogte van ʼn stapel indien die materiaal ʼn breedte van 500 mm en ʼn dikte van 250 mm het. (2) 1.4.4 Waarom mag geen dele van ʼn stapel uitsteek nie? (1) 1.5 Noem die TWEE hoofbestanddele van gidspleister. (2 x 1) (2) 1.6 Noem EEN voorbeeld van ʼn fyn aggregaat. (1) 1.7 Noem EEN doel van kalk in ʼn boumengsel. (1) 1.8 Noem TWEE bordprodukte wat vir muurpaneelwerk geskik is. (2 x 1) (2) 1.9 Noem TWEE gebruike van vlekvrye staal. (2 x 1) (2) 1.10 Watter element in ysterhoudende metale maak dit vatbaar vir roes? (1) 1.11 Definieer die term legering (allooi). (3) 1.12 Noem TWEE gebruike van veiligheidsglas. (2 x 1) (2) 1.13 Noem EEN gebruik van ʼn mastiekseëlmiddel. (1) 1.14 Definieer die term termoplastiek (termoplastiese stof). (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 4 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES) 2.1 Benoem die gereedskapstukke in FIGUUR 2.1.1 tot 2.1.4 en noem EEN gebruik van elk. (4 x 2) (8) FIGUUR 2.1.1 FIGUUR 2.1.2 FIGUUR 2.1.3 FIGUUR 2.1.4 2.2 Watter kraggereedskapstuk sal vir die volgende werk gebruik word: 2.2.1 Skerpmaak van beitels (1) 2.2.2 Om sponnings in hout te saag (1) 2.3 Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 2.3 en noem TWEE gebruike daarvan. (3 x 1) (3) FIGUUR 2.3 2.4 Noem TWEE versorgingsmaatreëls wat op reihoute van toepassing is. (2 x 1) (2) 2.5 Motiveer kortliks waarom die universele tang nie gebruik kan word om loodgieterpype vas te klamp nie. (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 5 2.6 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die aansig in FIGUUR 2.6. FIGUUR 2.6 2.6.1 Noem die tipe aansig. (1) 2.6.2 Benoem die onderdele gemerk 2.6.A tot 2.6.J. (10) 2.6.3 Wat is die breedte- en diktemates van deel 2.6.F? (2) 2.6.4 Wat is die doel van deel 2.6.G? (1) 2.7 Noem VIER besonderhede van die dakkonstruksie wat op aansigte aangedui moet word. (4 x 1) (4) 2.8 Maak netjiese sketse om die volgende simbole te illustreer: 2.8.1 Pleister (2) 2.8.2 Onafgewerkte hout (2) 2.8.3 Bodemvlak (2) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 6 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES) 3.1 Maak netjiese sketse om die volgende simbole op ʼn vloerplan te illustreer: 3.1.1 Vetput (2) 3.1.2 VWL (Vogweerlaag) (2) 3.1.3 Trappe (2) 3.2 FIGUUR 3.2 hieronder toon die vloerplan met fondamentmure van ʼn enkelkamer. FIGUUR 3.2 Gebruik die volgende spesifikasies: x Die vloerblad is 85 mm dik x Mure is 220 mm dik Gebruik ANTWOORDBLAD 1 en bereken die volume beton benodig om die vloerblad tussen die buitemure te gooi. (12) 3.3 Noem DRIE eienskappe van silikoon. (3 x 1) (3) 3.4 Beskryf die aanwendingsproses vir kontaklym. (3) 3.5 Noem EEN eienskap van PVC-kleefstof. (1) 3.6 Noem DRIE funksies van glas. (3 x 1) (3) 3.7 Bespreek die verskil tussen politeen en polivinielchloried. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 7 VRAAG 4: VERBIDINGS, VENSTERS, DEURE EN MUURPANEELWERK (SPESIFIEK) 4.1 FIGUUR 4.1 op ANTWOORDBLAD 2 toon die onvolledige vooraansig van ʼn tweepaneeldeur met ʼn slotreling. 4.1.1 Voltooi die tekening. (14) 4.1.2 Vul in die ontbrekende mates. (3) 4.1.3 Identifiseer ten minste DRIE dele van die deur. (3) 4.2 Verduidelik EEN gebruik vir elk van die volgende: 4.2.1 Drupgroef in ʼn venster (1) 4.2.2 Stopverf vir die glas (1) 4.3 FIGUUR 4.3 hieronder toon die deursneeaansig van ʼn tong-en-groef- muurpaneel vanaf die vloer tot by die plafon, wat aan ʼn 110 mm dik muur geheg is. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 4.3 4.3.1 Identifiseer dele A–C. (3) 4.3.2 Gee DRIE redes vir die paneelwerk van ʼn muur. (3) 4.4 Beveel enige TWEE houtbordprodukte aan wat vir die sye van bekisting gebruik kan word. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 8 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) VRAAG 5: FORMELE, BEKISTING, SKORING VAN HANGVLOERE EN YSTERWARE (SPESIFIEK) 5.1 FIGUUR 5.1 hieronder toon ʼn prent-aansig van ʼn digte formeellatwerk. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.1 5.1.1 Identifiseer dele A tot C. (3) 5.1.2 Verduidelik EEN gebruik van B wanneer dit in digte formeellatwerk, soos in FIGUUR 5.1 uitgewys, gebruik word. (1) 5.2 FIGUUR 5.2 hieronder toon die boaansig van die jukke en formeellatwerk vir ʼn ronde kolom. Bestudeer die prent en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.2 5.2.1 Verduidelik, in jou eie woorde, hoe ʼn gladde afwerking vir hierdie kolom verkry kan word. (2) 5.2.2 Identifiseer die dele gemerk A,B en C. (3) 5.2.3 Verduidelik die verskil tussen bekisting en ontkisting. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 9 5.3 FIGUUR 5.3 is ʼn voorbeeld van skoring. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.3 5.3.1 Identifiseer die skoring. (1) 5.3.2 Noem die funksie van E. (2) 5.3.3 Identifiseer die dele A, B, C, D en F. (5) 5.3.4 In jou eie woorde, beskryf die verskil tussen ʼn leunskoring en lugskoring. (4) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 10 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) 5.4 FIGUUR 5.4 hieronder toon ʼn skarnier. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 5.4 5.4.1 Gee die naam van die skarnier. (1) 5.4.2 Identifiseer dele A en B. (2) 5.4.3 Verduidelik die doel van hierdie tipe skarnier in FIGUUR 5.3. (2) [30] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 11 VRAAG 6: HANGHOUTVLOERE, PLAFONNE EN TRAPPE (SPESIFIEK) 6.1 Benoem DRIE faktore wat die grootte van vloerbalke vir ʼn hangvloer bepaal. (3) 6.2 Verduidelik die verskil tussen vloerplanke en vloerbalke. (4) 6.3 FIGUUR 6.3 hieronder toon ʼn spesifieke metode om houthangvloere aan mekaar vas te heg. Bestudeer die tekening en beantwoord die vrae wat volg. FIGUUR 6.3 6.3.1 Identifiseer die metode in FIGUUR 6.3. (1) 6.3.2 Verduidelik hierdie spesifieke metode om houthangvloere aan mekaar vas te maak. (4) 6.4 6.4.1 FIGUUR 6.4.1 hieronder toon ʼn deursneeaansig van ʼn konvensionele valdeur. Bestudeer die tekening en gee EEN woord vir elke letter (A tot D) deur ʼn word uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord langs die letter (A–D) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. E – Dakspar. bindbalk; stut; valdeur; dekstrook; dakspar; latwerk; plafonbord (4) FIGUUR 6.4.1 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 12 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) 6.4.2 Wat is die funksie van B? (1) 6.4.3 Waar kan gipskroonlyste gebruik word? (2) 6.4.4 Verduidelik die verskil tussen isolasie-plafonbord en veselsement- plafonborde. (4) 6.5 Daar is sekere vereistes verbonde wanneer plafonborde teen die plafonlatte vas gemaak word. Verduidelik hierdie vereistes sorgvuldig as moontlik. (4) 6.6 Kies ʼn beskrywing uit KOLOM B wat by ʼn item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–F) langs die vraagnommer (6.6.1–6.6.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B 6.6.1 Aantree A Die skuins deel wat by houttrappe gebruik word om trappe te ondersteun 6.6.2 Baluster B Houtstok of -staaf wat gebruik word om die hoogte tussen twee verdiepings te meet 6.6.3 Maatpaal C Vertikale paaltjie wat die handreling regop hou 6.6.4 Trapboomrand D ʼn Templaat/patroon, gemaak van laaghout of ander bordprodukte, wat gebruik word om trappe uit te lê 6.6.5 Treemaat E Die afstand tussen die bokant van die trapboom en die steeklyn F Die afstand vanaf die voorvlak van ʼn optree tot by die voorvlak van die volgende optree (5) 6.7 Definieer die volgende terme: 6.7.1 Styging (1) 6.7.2 Optree (1) 6.7.3 Aantree (1) 6.8 Verduidelik die funksie van skortbalke in trappe. (3) 6.9 Hoekom moet die afstand tussen balusters nie meer as 100 mm wees nie? (2) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING 13 SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM : ANTWOORDBLAD 1 HOUTBEWERKING 3.2 Bereken die volume beton benodig om die vloerblad tussen die buitemure te gooi. (12) A B C D Binnemate van lang mure (3) =______________ - ____________ - ___________ = Binnemate van kort mure (3) = _____________ - ___________ - ____________ = Volume beton benodig (6) Lengte van vloerblad = Breedte van vloerblad = Dikte van vloerblad = (12) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 
Downloaded from hlayiso.com 14 SIVIELE TEGNOLOGIE: HOUTBEWERKING (EC/NOVEMBER 2019) SIVIELE TEGNOLOGIE NAAM: ANTWOORDBLAD 2 HOUTBEWERKING 4.1 Onvolledige vooraansig van ʼn tweepaneeldeur met ʼn slotreling. (20) KANDIDAAT SE ASSESSERINGSKRITERIA PUNT PUNTE Boreling 2 Boonste panel 2 Tussen/slotreling 3 Kwartrondlys 2 Onderste paneel 2 Onderreling 1 Mates 3 Skaal 2 Dele x 3 3 TOTAAL: 20 Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com 

Study this subject

Revise the topics in this paper, then practise them question by question.

More papers and memos for this grade and subject.

More from Grade 11 Civil Technology

View all