Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE
SENIOR SERTIFIKAAT
GRAAD 11
NOVEMBER 2016
VERBRUIKERSTUDIES
PUNTE: 200
TYD: 3 uur
Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.
Skip to contentAll 2016 papers 





View all





Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP
Grade 11 Consumer Studies question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.
Consumer Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.
- Subject
- Consumer Studies
- Grade
- Grade 11
- Document type
- Question paper
- Year
- 2016
- Exam period
- Eastern Cape November
- Curriculum
- CAPS
- Pages
- 15
- File size
- 934.5 KB
Free to read online, no sign-up needed
Loading document…
Loading document…
1 of 15
This exam
Eastern Cape November 2016
Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com
2 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
INSTRUKSIES EN INLIGTING
1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae.
TYD
VRAAG INHOUD PUNTE
(MINUTE)
1 Kortvrae (alle onderwerpe) 40 20
2 Die Verbruiker 30 30
3 Voedsel en Voeding 40 40
4 Kleding 30 30
5 Behuising 30 30
6 Entrepreneurskap 30 30
TOTAAL 200 180
2. Alle vrae is VERPLIGTEND.
3. Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
4. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy.
5. Jy mag ʼn sakrekenaar gebruik.
6. Skryf slegs in swart of blou ink.
7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.
8. Skryf netjies en leesbaar.
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 3
VRAAG 1: KORTVRAE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee .
Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
(1.1.1–1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.1 C.
1.1.1 Die voordeel om ʼn debietkaart te gebruik is …
A dat dit nie nodig is om groot hoeveelhede geld rond te dra nie.
B daar is ʼn limiet op die hoeveelheid wat jy kan spandeer.
C die kaarthouer het streng beheer oor die hoeveelheid wat
hy/sy spandeer.
D dat dit die verbruiker help om ʼn goeie kredietrekord te bou. (1)
1.1.2 Afbetalings-kooptransaksies laat die koper toe om ...
A die volle bedrag in kontant te betaal.
B die item te betaal terwyl dit in die winkel bly.
C die artikel te gebruik voordat dit teen volle opbetaal is.
D eienaarskap te aanvaar voordat ten volle betaal is. (1)
1.1.3 Identifiseer EEN voordeel om ʼn huishoudelike begroting te gebruik:
A ʼn Persoon ontvang rente omdat hy skuld het
B Dit help jou om die spandeer van jou geld te kontroleer
C Dit laat jou toe om te koop wat jy wil hê
D ʼn Persoon kom in aanmerking vir ʼn toelaag (1)
1.1.4 Die … kollekteer inligting oor persone wat nie hulle skuld betaal nie.
A Verbruikerstribunaal
B Verbruikersforum
C Nasionale Kredietreguleerder
D Kredietburo (1)
1.1.5 Identifiseer die faktore wat ʼn rol speel in die individuele basale
metaboliese tempo.
A Ouderdom, kultuur en geslag
B Ouderdom, geslag en gesondheidstoestand
C Liggaamstipe, kultuur en voedselallergieë
D Voedselallergieë, gesondheidstoestand en groei (1)
1.1.6 Die eet van genoeg groen blaargroentes en heelgraan ontbyte sal …
voorkom.
A ragitis
B skeurbuik
C anemie
D pellagra (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
4 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
1.1.7 Voedselbronne wat dieetvesel bevat is belangrik vir die funksionering
van die liggaam:
A Bevorder die absorpsie van vitamien C
B Bevorder die afbreek van koolhidrate
C Verlaag die cholesterolvlak
D Help om die liggaamstemperatuur te reguleer (1)
1.1.8 … speel ʼn rol in die vorming en beheer van bindweefsel:
A Vitamien K
B Vitamien A
C Vitamien E
D Vitamien C (1)
1.1.9 Om ʼn kalm, rustige atmosfeer in ʼn vertrek te kry, gebruik ...
A warm kleure en diagonale lyne.
B horisontale lyne.
C gladde, blink oppervlaktes.
D warm kleure. (1)
1.1.10 Wanneer daar ʼn geleidelike verandering in grootte is van groot na
klein:
A Progressie
B Afwisseling
C Herhaling
D Aaneenlopende lyn (1)
1.1.11 Identifiseer die sekondêre kleure:
A Oranje, groen, pers
B Rooi, blou, oranje
C Geel, pers, groen
D Blou, rooi, geel (1)
1.1.12 Verskillende voorwerpe van ʼn ontwerp word in ʼn sirkel rondom ʼn
sentrale punt gerangskik:
A Simmetriese balans
B Asimmetriese balans
C Radiasie
D Radiale balans (1)
1.1.13 Die tipe vloerplan waar groot areas inmekaar vloei word ʼn … -plan
genoem.
A geslote
B oop
C enkelverdieping
D dubbelverdieping (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 5
1.1.14 ’n Gesin met klein kinders moet meubels koop wat …
A stylvol en kreukelvry is.
B duursaam en maklik is om skoon te maak.
C nie duur en modieus is nie.
D is van herwinbare hout gemaak. (1)
1.1.15 Ergonomiese ontwerpte meubels moet …
A maklik skoongemaak kan word.
B die nuutste mode reflekteer.
C verseker dat fisiese gemak volgehou word.
D ekovriendelik wees. (1)
1.1.16 ’n Verantwoordelike verbruiker sal die volgende doen voordat
aankope gedoen word:
A Gaan die aankope dadelik na vir enige defekte
B Hou bewyse van aankope en waarborg veilig
C Lees die instruksieboek sorgvuldig deur
D Lees die kontrak en waarborg voordat jy op krediet koop (1)
1.1.17 Om die breekpunt vir ʼn entrepreneur te bepaal moet …
A kliënte ʼn beter kwaliteit bied.
B besluit wie is sy teikenmark.
C verseker dat hy die korrekte hoeveelheid produkte verkoop.
D die produk aanpas en verbeter. (1)
1.1.18 Om ʼn kompeterende voordeel te hê moet ʼn entrepreneur …
A se produkte meer effektief produseer wees as sy
kompeteerders.
B meer produkte as sy kompeteerders produseer.
C nie dieselfde produk as sy kompeteerders produseer nie.
D om nie produkte van goeie kwaliteit te produseer nie. (1)
1.1.19 Die konsep toetsing word gedoen om …
A ʼn nuwe idee te bemark.
B potensiële kliënte te identifiseer.
C ʼn produk-idee te evalueer.
D om nuttige inligting te gee. (1)
1.1.20 ʼn Potensiële winsgewende besigheid is een wat …
A modieuse produkte aanhou wat tieners sal koop.
B ʼn onbevredigde behoefte in die markplek bevredig.
C baie geleenthede vir die werkers bied.
D die eienaar baie gou ryk sal maak. (1)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
6 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
1.2 Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die tipe rekening in KOLOM A pas.
Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 H.
KOLOM A KOLOM B
Tipe Rekening Beskrywing
1.2.1 Spaarrekening A Baie min rente word op die balans
van die rekening betaal
1.2.2 Geldmarkrekening B Bank bied lae rente plus oortrokke
fasiliteite
1.2.3 Aanvraagrekening C ʼn Minimum openingsdeposito van
R0 tot R50
1.2.4 Vaste deposito rekening D Bank van geld kan gedoen word
deur internet of selfoon
1.2.5 Lopende rekening E Geld word vir ʼn vaste periode met
hoër rente belê
F ʼn Minimum balans van R1 000 moet
ten alle tye beskikbaar wees
G Word gebruik as belegging; geld
moet nie onttrek word nie
(5 x 1) (5)
1.3 Kies ʼn funksie uit KOLOM B wat pas by die nutriënte in KOLOM A. Skryf slegs
die letter (A–G) langs die vraagnommer (1.3.1−1.3.5) in die ANTWOORDE-
BOEK neer, byvoorbeeld 1.3.6 H.
KOLOM A KOLOM B
Nutriënte Funksies
1.3.1 Retinol A Vorm deel van ensieme en insulien
1.3.2 Natrium B Reguleer die vloeistofbalans in die selle
1.3.3 Riboflavien C Essensieel vir bloedstolling
1.3.4 Kalsium D Belangrik vir goeie sig
1.3.5 Sink E Stel energie van koolhidrate, proteïene en
vet vry
F Handhaaf die pH balans in die liggaam
G Bou sterk tande en bene
(5 x 1) (5)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 7
1.4 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
woord/term langs die vraagnommer (1.4.1−1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.4.1 Die tekening van alle kamers in ʼn spesifieke huis
1.4.2 ʼn Opgeleide persoon wat bouplanne optrek en bouspesifikasies gee
1.4.3 Die natuurlike roete wat ʼn persoon volg wanneer hy/sy ʼn kamer
binnekom of verlaat
1.4.4 Dit verwys na die rigting wat die kamers in ʼn huis toon
1.4.5 ʼn Spasie in ʼn huis wat aangewese is vir ʼn spesifieke doel of aktiwiteit
(5 x 1) (5)
1.5 Gee die korrekte term vanuit die hakkies. Skryf slegs die woord(e) langs die
vraagnommer (1.5.1−1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK.
1.5.1 ʼn (Toon/Tint) word verkry deur grys by te voeg by suiwer kleure.
1.5.2 (Embossering/Kalendering) is wanneer kleedstof deur grafeerrollers
gaan en ʼn drie-dimensionele ontwerp word op die oppervlak van die
materiaal geskep.
1.5.3 (Waarde/Intensiteit) beskryf die ligtheid of donkerheid van ʼn kleur.
1.5.4 (Sanforisering/Mercerising) is ʼn proses om materiaal saam te pers
sodat dit krimpbestand is.
1.5.5 (Ritme/Harmonie) skep die indruk van eenheid deur die keuse en
rangskikking van voorwerpe en idees.
(5 x 1) (5)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
8 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 2: DIE VERBRUIKER
2.1 Definieer die term begroting. (2)
2.2 Verduidelik wat vaste uitgawes is. (2)
2.3 Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.
Mnr. Abrahams Elektrisiën en verdien ʼn groot salaris
Eie besigheid
Mev. Abrahams Onderwyser en verdien ʼn middel-inkomste salaris
Ouma Pensionaris
Spaar die helfte van haar maandelikse pensioen
met ʼn aanvraagrekening
Aktiwiteite
Gebruik hulle kredietkaart om met vakansie in Junie en Desember te gaan
Gaan eet baie uit
Koop organiese voedsel van Woolworths
Koop wegneemetes op ʼn gereelde basis
Dra net klere met handelsname
Bly in ʼn duur behuisingskompleks
Hierdie familie het baie skuld. Hulle motor is al teruggeneem en hulle kan
dalk die huis verloor.
2.3.1 Beskryf VYF maniere hoe ʼn begroting hierdie gesin kan help met
hulle finansies. (5)
2.3.2 Identifiseer hierdie familie se bronne van inkomste. (2)
2.3.3 Bespreek die VYF faktore wat hierdie gesin se uitgawepatroon
beïnvloed. (10)
2.3.4 Verduidelik die nadele van die gebruik van hulle kredietkaart vir
klere, organiese kos en vakansies. (3)
2.4 Analiseer die voordele wat die Ouma het deur haar pensioen in ʼn
aanvraagrekening te spaar. (2)
2.5 Mnr. Abrahams se vriend het hom gevra om by ʼn piramideskema aan te sluit.
2.5.1 Verduidelik wat ʼn piramideskema is. (2)
2.5.2 Gee TWEE redes waarom Mnr. Abrahams nie by die
piramideskema moet aansluit nie. (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 9
VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING
3.1 Noem VIER funksies van proteïene. (4)
3.2 Gee DRIE redes waarom ʼn dieet met te veel stysel nie aanbeveel word nie. (3)
3.3 Verduidelik waarom ʼn persoon wat gewig wil verloor, nie alle bronne van
stysel uit hul dieet moet laat nie. (2)
3.4 Vergelyk die nutriënt behoeftes van ʼn kleuter met die nutriënt behoeftes van
ʼn jong volwassene deur die onderstaande tabel te voltooi:
Spesifieke nutriënt behoeftes Kleuter Jong volwassene
3.4.1 Proteïene (1) (1)
3.4.2 Yster (1) (1)
3.4.3 Kalsium (1) (1)
(6)
3.5 Bestudeer die volgende uittreksel van Voedselsamestellingtabelle van Suid-
Afrika en beantwoord die vrae wat volg.
Graanprodukte per 100 g eetbare voedsel
Makronutrients
Mols-g En-kJ Tot N-g Prot-g
Voedselnaam
An Pr Fat-g SFA-g MFA-g
CHO-g TFib-g AdSu-g
Broodrolletjies 39,0 1 029 144 9,0
Bruin (gefortifiseer) 0,0 1,4 0,25 0,49
43,0 5,5 Tr
Broodrolletjies 34,0 1 127 – 11,6
Bruin (hoog in 0,0 2,7 – –
proteïene) 41,1 7,7 0,01
Broodrolletjies 39,0 1036 141 8,8
Wit (gefortifiseer) 0,0 1,4 0,24 0,47
0 45,9 3,2 Tr
Broodrolletjies 33,2 1 146 – 11,7
Wit (hoog in proteïene) 0,0 2,4 – –
– 47,8 2,7 0,0
Broodrolletjies 36,8 1 082 – –
Volgraan 0,0 2,1 0,42 0,42
0 44,2 6,6 6,6
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
10 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
3.5.1 Verduidelik wat gefortifiseer is. (2)
3.5.2 Identifiseer die tipe broodrolletjies wat die meeste energie verskaf
en gee redes vir jou antwoord. (4)
3.5.3 Beveel die broodrolletjies aan wat die mees geskikste sal wees vir
ʼn groeiende kind en gee ʼn rede vir jou antwoord. (2)
3.5.4 Gee redes waarom die regering besluit het om broodmeel te (3)
fortifiseer.
3.6 Beskryf hoe kruiskontaminasie in die kombuis plaasvind. (4)
3.7 Verduidelik waarom mense wat met kos werk beskermende klere moet dra. (2)
3.8 Bestudeer die onderstaande resep en beantwoord die vraag wat volg.
Maalvleispastei
2 medium aartappels
25 mℓ olie
½ ui
250 g maalvleis
knippie peper
½ eier
25 mℓ margarien
1 mℓ sout
knippie swart peper
Evalueer die geskiktheid van die onderstaande resep vir ’n bejaarde
persoon. (8)
[40]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 11
VRAAG 4: KLEDING
4.1 Bestudeer die rok wat hieronder geïllustreer is en beantwoord die vrae wat
volg.
4.1.1 Identifiseer die fokuspunt van die uitrusting. (1)
4.1.2 Gee TWEE redes hoe harmonie van ontwerp verkry is. (2)
4.1.3 Identifiseer die tipe balans wat verkry is. (1)
4.2 Identifiseer die kleurskemas wat hieronder geïllustreer word:
(4)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
12 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
4.3 Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.
Die T-hemp is rooi, swart en grys strepe (breë strepe). Die T-hemp materiaal
en broek is van rooi strek denimmateriaal gemaak.
4.3.1 Identifiseer die lyne wat in die bogenoemde prent geïllustreer is. (1)
4.3.2 Bespreek die effek van hiérdie lyne op die liggaam. (2)
4.3.3 Identifiseer die vesel-konstruksietegnieke vir:
(a) T-hemp materiaal (1)
(b) Denimmateriaal (1)
4.3.4 Vergelyk die vesel eienskappe van die kleedstof wat gebruik is vir die
uitrusting. Voltooi die onderstaande tabel in die ANTWOORDEBOEK.
Kleedstof eienskappe T-hemp materiaal Denim materiaal
(a) Duursaamheid (1) (1)
(b) Gemak (1) (1)
(c) Dimensionele stabiliteit (1) (1) (6)
4.3.5 Die etiket op die denimbroek spesifiseer dat die kleedstof
gesanforiseer is. Verduidelik wat dit beteken. (3)
4.4 Verduidelik waarom antibakteriese afwerking op kouse en aktiewe drag
aangewend word. (2)
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 13
4.5 Beskryf die TWEE eienskappe van elk van die volgende figuurvorme.
Tabuleer jou antwoord as volg:
FIGUURVORME EIENSKAPPE
4.5.1 Driehoek of A-vorm (2)
4.5.2 Reghoek of H-vorm (2)
4.5.3 Appel of Ovaal-vorm (2)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
14 VERBRUIKERSTUDIES (EC/NOVEMBER 2016)
VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR
5.1 Lys DRIE tipeskunsmatige beligting wat in ʼn huis gebruik word. (3)
5.2 Bespreek DRIE faktore wat ʼn gesin met klein kinders in gedagte moet hou
wanneer meubels vir hul leefkamer gekoop word. (3)
5.3 Verduidelik wat ʼn persoon in gedagte moet hou met die evaluering van
huisplanne met betrekking tot:
5.3.1 Ekonomiese aspekte (2)
5.3.2 Beskikbare stoorplek (2)
5.4 Abigail het hulp nodig om haar slaapkamer te meubeleer. Sy wil ʼn kalm,
ontspanne atmosfeer skep. Die kamer is klein, met ʼn lae plafon en wys
suid. Verduidelik aan Abigail hoe sy ontwerpelemente kan gebruik om haar
kamer te verbeter. Skryf jou antwoord in paragraafvorm. (6)
5.5 Noem DRIE verantwoordelikhede van ʼn verbruiker voordat hy/sy meubels
koop. (3)
5.6 Bestudeer die onderstaande vloerplan en beantwoord die vrae wat volg.
5.6.1 Identifiseer die DRIE basiese sones van die huis in die vloerplan. (3)
5.6.2 Identifiseer en noem VYF simbole wat is in die vloerplan gebruik. (5)
5.6.3 Is dit ʼn oopplan of geslote plan? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (3)
[30]
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016) VERBRUIKERSTUDIES 15
VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP
6.1 Lys DRIE faktore wat ʼn winsgewende besigheid affekteer. (3)
6.2 Verduidelik wat produksiespesifikasie is. (3)
6.3 Lees die onderstaande gevallestudie en beantwoord die vrae wat volg.
Caron en Wendy is graad 11-leerders. Hulle het 6 maande gelede ʼn
besigheid begin om koekvurkies met kralewerk handvatsels te maak en te
verkoop. Hulle verkoop die vurkies teen ʼn kompeterende prys by die
plaaslike vlooimark. Hulle adverteer die koekvurkies op Facebook. Hulle
vervoer die koekvurkies na die verkooppunt.
Prys van koekvurkie : R3,50
Kraletjies per koekvurkie : R2,00
Verpakking per koekvurkie : R1,20
Hulle verkoop die koekvurkies met ʼn winsgrens van 60%.
6.3.1 In watter stadium is hulle besigheid in die produksiesiklus? (1)
6.3.2 Identifiseer die oorhoofse koste uit die gevallestudie. (3)
6.3.3 Bespreek die VYF (5Ps) van die bemarkingsmengsel uit die
gevallestudie. (10)
6.3.4 Verduidelik hoe hierdie besigheid ʼn kompeterende voordeel het bo
ander koekvurkie-verkopers. (2)
6.4 Bereken:
6.4.1 Die produksiekoste van EEN koekvurkie. (1)
6.4.2 Die verkoopprys van EEN koekvurkie. (3)
6.4.3 Die verkoopprys van 100 koekvurkies. (2)
6.4.4 Die wins op 100 koekvurkies. Toon alle bewerkings. (2)
[30]
TOTAAL: 200
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Study this subject
Recommended for this subject

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2019 QP

Question paper
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP
More from Grade 11 Consumer Studies

Annual teaching plan
Gr 11 Con Stu ATP 2023 24

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 Eastern Cape November 2022 Memo

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum
Consumer Studies Grade 11 2020 Memo (Afr)

Memorandum