Skip to content

Consumer Studies Grade 12 NSC November 2020 QP (Afr)

Question paperConsumer StudiesGrade 12202017 pages

Grade 12 Consumer Studies question paper from the NSC November Exam 2020 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

Free to read online, no sign-up needed

Loading document…

Loading document…

Document textSearch extracted text and jump to a page.
Downloaded from hlayiso.com SENIOR SERTIFIKAAT/ NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 CNST.1 VERBRUIKERSTUDIES NOVEMBER 2020 PUNTE: 200 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye. OGGENDSESSIE Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 2 DBE/November 2020 SS/NSS INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae. VRAAG INHOUD PUNTE TYD (minute) 1 Kortvrae (Al die onderwerpe) 40 20 2 Die Verbruiker 20 20 3 Voedsel en Voeding 40 40 4 Kleding 20 20 5 Behuising en Interieur 40 40 6 Entrepreneurskap 40 40 TOTAAL: 200 180 2. AL die vrae is VERPLIGTEND en moet in die ANTWOORDEBOEK beantwoord word. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Begin ELKE VRAAG op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n sakrekenaar gebruik. 6. Skryf slegs met swart of blou ink. 7. Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Skryf netjies en leesbaar. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 3 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 1: KORTVRAE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.20) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.21 D. 1.1.1 Die geld wat deur die bank gehef word wanneer geld geleen word: A Verband B Lening C Rente D Tariewe (1) 1.1.2 Kies die KORREKTE stelling met betrekking tot die gebruik van gastoestelle in die huis: A Dit is veiliger om gas as elektrisiteit te gebruik. B Gas is 'n hernubare bron van energie. C Gastoestelle het 'n hoër instandhoudingkoste. D Gas is omgewingsvriendeliker as elektrisiteit. (1) 1.1.3 Elektrisiteit kan bespaar word deur … te gebruik. A 'n stoofplaat wat groter as die kastrol is B 'n kastrol wat dieselfde grootte as die stoofplaat is C 'n voorafverhitte kastrol D die hoogste temperatuurstelling van die stoofplaat (1) 1.1.4 Die volgende belastingbetalers betaal voorlopige belasting: A Boere en verpleegsters B Alleenhandelaars en administratiewe klerke C Besigheidseienaars en boere D Alleenhandelaars en verpleegsters (1) 1.1.5 'n ... laat al hulle lede voordeel daaruit trek. A Swendelary B Stokvel C Kettingbrief D Piramideskema (1) 1.1.6 Die dieet van 'n persoon met glutenintoleransie behoort ... in te sluit. A joghurt en witbrood B joghurt en rogbrood C vrugteslaai en volkoringbrood D vrugteslaai en aartappelbrood (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 4 DBE/November 2020 SS/NSS 1.1.7 'n Dieet ryk aan yster sal met die beheer van … help. A osteoporose B anemie C hipertensie D diabetes (1) 1.1.8 Die voedingsverwante gesondheidstoestand wat as tipe 1 en tipe 2 geklassifiseer word: A Arteriosklerose B Hipoglukemie C Hiperglukemie D Diabetes (1) 1.1.9 Voedselbymiddels wat die smaak van voedsel sal verbeter: A Mononatriumglutamaat (MNG) en antioksidante B Antioksidante en aspartaam C Versoeters en mononatriumglutamaat (MNG) D Aspartaam en lesitien (1) 1.1.10 Geprosesseerde voedsel waarvan die bakteriële lading verlaag of vernietig is, is … voedsel. A nie-organiese B organiese C bestraalde D geneties gemanipuleerde (1) SPEK/MACON ENERGIE PROTEÏNE NATRIUM VERSADIGDE (kJ) (g) (mg) VET (g) Spek/macon 1 600 8,1 240 2,5 Spek/macon 2 1 050 10,6 355 9,6 Spek/macon 3 750 12 295 5,5 Spek/macon 4 900 9,5 450 6,8 1.1.11 Met verwysing na die tabel hierbo behoort 'n persoon met hipertensie die inname van … te beperk. A spek/macon 1 B spek/macon 2 C spek/macon 3 D spek/macon 4 (1) 1.1.12 … is 'n voorbeeld van 'n eko-vriendelike kleedstof. A Akriel B Hennep C Nylon D Poliëster (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 5 DBE/November 2020 SS/NSS 1.1.13 Bestudeer die prentjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg. [Bron: stylecaster.com] Die bostuk is 'n voorbeeld van 'n … A modegier. B modeneiging. C standaardneiging. D klassieke mode. (1) 1.1.14 Watter EEN van die volgende logo's is 'n voorbeeld van handelsmerkrowery? A B C D A Logo A B Logo B C Logo C D Logo D (1) 1.1.15 Die heffing wat 'n deeltitelhuiseienaar betaal, word vir ... gebruik. A huisinhoudsversekering en instandhouding van tuine B sekuriteit en die verf van die grensmure C water vir elke eenheid en algemene instandhouding D salarisse van die regspersoonlede en eiendomsversekering (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 6 DBE/November 2020 SS/NSS 1.1.16 'n Verbandterugbetaling mag nie … van die koper se inkomste oorskry nie. A 15% tot 20% B 25% tot 30% C 35% tot 40% D 45% tot 50% (1) 1.1.17 … dek die skade aan die struktuur en permanente toebehore van die huis. A Versekering van die huisinhoud B Verbandbeskermingsversekering C Huiseienaarsomvattendeversekering D Lewensversekering (1) 1.1.18 Produkspesifikasie sluit in: A Grootte van die produk B Teikenmark C Menslike vaardighede D Tyd van produksie (1) 1.1.19 Die doel van personeelopleiding: A Huur nuwe werknemers B Doen voorraadopname C Verhoog produktiwiteit D Lok die teikenmark (1) 1.1.20 'n Besigheid kan hulle koolstofvoetspoor verminder deur … te gebruik. A nie-organiese materiaal B plaaslike grondstowwe C plastiekverpakkingsmateriaal D sintetiese skoonmaakmiddels (1) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 7 DBE/November 2020 SS/NSS 1.2 Kies die stadium in die modesiklus in KOLOM B wat by die persentasie verkope van 'n modesiklus in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–E) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.3) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B PERSENTASIE VAN VERKOPE STADIUM IN DIE MODESIKLUS A afname VERKOPE 1.2.3 15% 1.2.1 B standaard 25% C piek/hoogtepunt D ouderwets/uitgedien E toename 1.2.2 60% (3 x 1) (3) 1.3 Kies DRIE voorbeelde in KOLOM B wat by die besigheidskoste in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–G) langs die vraagnommers (1.3.1 en 1.3.2) in die ANTWOORDEBOEK neer. KOLOM A KOLOM B BESIGHEIDSKOSTE VOORBEELDE 1.3.1 Produksiekoste A registrasiegeld 1.3.2 Aanvangskoste B huur C skryfbehoeftes D vakansiebewyse vir personeel E besigheidslisensie F toerusting G water en elektrisiteit (3 x 2) (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 8 DBE/November 2020 SS/NSS 1.4 Identifiseer SES uitgawes in die lys hieronder wat met die koop van 'n meenthuis in 'n nuwe ontwikkeling betaalbaar is. Skryf slegs die letters (A–L) langs die vraagnommer (1.4) in die ANTWOORDEBOEK neer. A Aansluitingsgeld B Arbeidskoste C Aanvangsgeld D Sekuriteitsgeld E Administrasiegeld F Huisverbeteringskoste G Eiendomsbelasting H Verkoopsagentgeld I Oordrag/Transportgeld J Oordragskoste K Hereregtegeld L Versekering van die huisinhoud (6) 1.5 Identifiseer die voedseloordraagbare siekte in die lys hieronder wat deur die inkubasietydperke gekenmerk word. Skryf slegs die naam van die voedseloordraagbare siekte langs die vraagnommers (1.5.1 tot 1.5.5) in die ANTWOORDEBOEK neer. anemie; bulimie; seliaksiekte; disenterie; E. coli; gastroënteritis; hepatitis A; hipoglukemie; laktose-intoleransie; tuberkulose 1.5.1 Drie tot vyf weke/28 dae 1.5.2 Twee tot 12 weke/ses weke 1.5.3 Een tot drie dae 1.5.4 'n Paar uur 1.5.5 Drie tot sewe dae (5 x 1) (5) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 9 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 2: DIE VERBRUIKER 2.1 Noem die instansie wat vir die styging of daling van rentekoerse in Suid-Afrika verantwoordelik is. (1) 2.2 Identifiseer die tipes belasting betaalbaar op die volgende: 2.2.1 Alkohol en sigarette (1) 2.2.2 Petrol en diesel (1) 2.3 Noem TWEE maniere waarop elektrisiteit bespaar kan word wanneer klere drooggemaak word. (2) 2.4 Carol het 'n televisiestel by 'n winkel gekoop wat huishoudelike toestelle sonder die toestemming van die vervaardiger invoer. [Eie teks] 2.4.1 Identifiseer die tipe invoer hierbo. (1) 2.4.2 Bespreek die tipe invoer wat in VRAAG 2.4.1 geïdentifiseer is. (2) 2.5 Skryf 'n paragraaf en bespreek die negatiewe invloed van stygende inflasie op Suid-Afrikaanse huishoudings. (6) 2.6 Bestudeer die inligting oor SKEMA A en SKEMA B hieronder en beantwoord die vrae wat volg. SKEMA A SKEMA B  Werf mense  Werf mense  Werwers verdien meer geld  Werwers moet meer mense werf  Koop en verkoop 'n produk  Slegs geld word belê  Getal nuut gewerfde lede neem  Getal nuut gewerfde lede toe verminder  Lede verloor nie geld nie  Lede verloor uiteindelik geld  Skema bestaan voort  Skema stort in duie Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel met die volgende inligting: SKEMA A SKEMA B 2.6.1 (1) (1) 2.6.2 (2) (2) 2.6.1 Noem die TWEE skemas hierbo. (1 + 1) (2) 2.6.2 Onderskei tussen die TWEE skemas in VRAAG 2.6.1. (2 + 2) (4) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 10 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 3: VOEDSEL EN VOEDING 3.1 Noem die sagte, wit, wasagtige, vetterige stof wat natuurlik in die bloed voorkom. (1) 3.2 Bestudeer die illustrasie hieronder en beantwoord die vrae wat volg. VERLAAGDE BEENDIGTHEID [Bron: https:www.eopcn.ca/seniors-health] 3.2.1 Identifiseer die voedselverwante gesondheidstoestand hierbo. (1) 3.2.2 Definieer die voedselverwante gesondheidstoestand hierbo. (2) 3.2.3 Noem VIER faktore wat tot die voedselverwante gesondheids- toestand, soos in VRAAG 3.2.1 geïdentifiseer, kan bydra. (4) 3.3 Vergelyk die eetversteurings anorexia nervosa en bulimia nervosa met verwysing na die volgende aspekte: Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor en voltooi die tabel met die volgende inligting: ASPEK ANOREXIA BULIMIA NERVOSA NERVOSA 3.3.1 Eetgewoontes (2) (2) 3.3.2 Kilojoule-inname (1) (1) 3.3.1 Eetgewoontes (2 + 2) (4) 3.3.2 Kilojoule-inname (1 + 1) (2) 3.4 'n Voedingskema bedien daagliks hoender-en-groentesop met bruinbrood aan die plaaslike gemeenskap. Die sop bestaan uit hoender, wortels en tamaties. [Eie teks] Verduidelik die voedingsvoordele van die maaltyd vir 'n persoon met MIV/Vigs. (5) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 11 DBE/November 2020 SS/NSS 3.5 Bespreek hoe geneties gemanipuleerde voedsel met voedselsekerheid kan help. (4 x 2) (8) 3.6 Bestudeer die etiket hieronder en beantwoord die vrae wat volg: LIGTE FYN TUNA IN SOUTWATER ('Brine') Voedingsinligting GEMIDDELDE PER 100 g PER 80 g WAARDES Energie 389 kJ 311 kJ Proteïene 21,4 g 17,4 g Koolhidrate 0g 0g Totale vet: 0,8 g 0,6 g Versadigde 0,2 g 0,2 g Trans- 0,0 g 0,0 g Mono-onversadigde 0,1 g 0,1 g Poli-onversadigde 0,3 g 0,2 g Cholesterol 54 mg 43 mg Dieetvesel 0,5 g 0,5 g Totale natrium 360 mg 288 mg Bestanddele: Skipjack-tuna, soutwater, groente-ekstrak (ertjies, wortels) Allergene: Vis [Bron: Pick n Pay Light Meat Tuna] 3.6.1 Verduidelik waarom die woord allergene op die etiket voorkom. (3) 3.6.2 Verduidelik die betekenis van die term volhoubaarheid ('sustainable') op die etiket. (2) 3.6.3 Die tuna is geskik vir 'n persoon met hoë bloedcholesterol. Evalueer die geldigheid van hierdie stelling. (8) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 12 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 4: KLEDING 4.1 Definieer retrospektiewe mode. (2) 4.2 Die logo hieronder verskyn op baie produkte. [Bron: www.shatterstock.com] Noem DRIE vereistes waaraan 'n maatskappy moet voldoen om die FAIRTRADE-logo op sy produkte aan te bring. (3) 4.3 Verduidelik die verwantskap tussen mode en styl. (2) 4.4 Bestudeer die baadjie hieronder en beantwoord die vraag wat volg. [Bron: African inspiration.com] Bespreek hoe sosiale faktore die gebruik van Afrika-ontwerpe in Suid-Afrikaanse modes beïnvloed. (3) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 13 DBE/November 2020 SS/NSS 4.5 Bestudeer die uitrusting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Hierdie uitrusting bestaan uit:  Rooi oorknoop- baadjie  Swart broek  Swart leerhandsak [Bron: www.kartzapper.com] 4.5.1 Verduidelik waarom hierdie uitrusting vir die werkswêreld sowel as vir 'n skemerkelkpartytjie na werk geskik is. (4) 4.5.2 Ontleed die optiese illusies wat met hierdie uitrusting geskep word. (6) [20] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 14 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 5: BEHUISING EN INTERIEUR 5.1 Definieer die term titelakte. (2) 5.2 Gee die doel van die Nasionale Huisbouersregistrasieraad (NHBRR). (2) 5.3 Onderskei tussen voltiteleienaarskap en deeltiteleienaarskap. (4) 5.4 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg: John het besluit om 'n huis te koop om te verhuur om sy inkomste aan te vul. Hy het 'n verbandlening by die bank gekry om die koop van die huis te finansier. [Eie teks] 5.4.1 Noem DRIE finansiële verantwoordelikhede wat John as 'n verhuurder sal hê. (3) 5.4.2 Verduidelik aan John die moontlike nadele daarvan om sy eiendom te verhuur. (6) 5.4.3 Verduidelik waarom dit vir John beter sal wees om 'n vasgestelde rentekoers op die huisverband te neem. (3) 5.5 Noem VIER faktore om in gedagte te hou met die aankoop van 'n stofsuier om seker te maak dat dit maklik is om te gebruik. (4) 5.6 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg: Jordan en Jamie wil 'n nuwe mikrogolfoond koop. Hulle het van die mikrogolfoond hieronder gehou wat hulle by 'n vriend se plek gesien het. [Eie teks] KENMERKE  Vlekvryestaalafwerking  Duidelike vertoon van teks  Outomatiese programmering gebaseer op die gewig van die voedsel [Bron: www.hificoorporation.co.za] Bespreek die voordeel(voordele) van die volgende universele ontwerpkenmerke van die mikrogolfoond: 5.6.1 Vlekvryestaalafwerking (2) 5.6.2 Duidelike vertoon van teks (1) 5.6.3 Outomatiese programmering gebaseer op die gewig van die voedsel (2) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 15 DBE/November 2020 SS/NSS 5.7 Vergelyk die finansiële aspekte van die koop van huishoudelike toestelle met gebruik van 'n bankkredietkaart en met gebruik van 'n huurkooptransaksie. Trek die tabel hieronder in jou ANTWOORDEBOEK oor om die vraag te beantwoord. KREDIETKAART- HUURKOOP- TRANSAKSIE TRANSAKSIE (1) (1) (1) (1) (4) 5.8 Lees die stelling hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Klimaatsverandering veroorsaak verwoesting onder weerpatrone oor die wêreld heen. Daar is onlangs baie huise in Suid-Afrika deur vloede of brande verwoes. [Eie teks] Voorspel die moontlike finansiële gevolge vir huiseienaars wat hulle huise as gevolg van vloede of brande verloor het. (7) [40] Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 16 DBE/November 2020 SS/NSS VRAAG 6: ENTREPRENEURSKAP 6.1 Noem TWEE voorbeelde van elektroniese media wat gebruik kan word om 'n produk of 'n diens te adverteer. (2) 6.2 Definieer die volgende terme: 6.2.1 Gehaltebeheer (2) 6.2.2 Swaksteverkope-scenario (2) 6.3 Lees die scenario hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Buhle en drie van sy vriende het by die skool geleer hoe om tuisgemaakte gemmerbier te maak. Hulle het 'n geleentheid gesien om hulle eie kleinskaalse onderneming te begin deur tuisgemaakte gemmerbier te verkoop. Die bestanddele was plaaslik beskikbaar en bekostigbaar. Voordat Buhle en sy vriende met hulle onderneming begin het, het hulle hul bure, vriende en werknemers van die plaaslike munisipaliteit besoek om uit te vind of hulle daarin sou belangstel om die tuisgemaakte gemmerbier te koop. Hulle het leë, gebruikte, duursame plastiekbottels bymekaar gemaak om as verpakking te gebruik. Buhle het seker gemaak dat al die bottels in warm seepwater gewas en gesteriliseer is voordat dit met die tuisgemaakte gemmerbier gevul is. Hulle wou hulle onderneming so groen as moontlik hou. Hulle het oor naweke die tuisgemaakte gemmerbier in 'n buitekamer op sy tante se perseel gemaak. Hulle het die bestellings gereeld afgelewer. Hulle het bestellings begin ontvang van mense buite hulle plaaslike gemeenskap wat die advertensie van die produk op Whatsapp en ander sosiale netwerke gesien het. [Eie teks] 6.3.1 Gee DRIE vereistes wat hulle in ag moes neem toe hulle geskikte verpakking vir die tuisgemaakte gemmerbier moes kies. (3) 6.3.2 Verduidelik hoe VIER van die vyf P's van die bemarkingsresepmengsel deur hierdie kleinskaalse onderneming bereik is. (4) 6.3.3 Haal uit die scenario hierbo die stelling aan wat daarop dui dat marknavorsing (lewensvatbaarheidstudie) gedoen is. (1) 6.3.4 Bespreek TWEE faktore wat Buhle en sy vriende in ag moes neem voordat hulle 'n produk vir hul kleinskaalse onderneming gekies het. (2 x 2) (4) 6.3.5 Bespreek faktore wat tot die volhoubare winsgewendheid van die tuisgemaakte gemmerbier kleinskaalse onderneming kan bydra. (6) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Downloaded from hlayiso.com Verbruikerstudies 17 DBE/November 2020 SS/NSS 6.3.6 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg. Die koste van bestanddele om 30 liter tuisgemaakte gemmerbier te produseer, is R120. Hulle het 75% by die produksiekoste gevoeg om hulle oorhoofse koste/bokoste te dek. (a) Bereken die produksiekoste van 1 liter tuisgemaakte gemmerbier. Toon ALLE berekeninge. (4) (b) Bereken die wins op 60 liter tuisgemaakte gemmerbier indien die winsopslag 30% is. Toon ALLE berekeninge. (4) 6.3.7 Lees die inligting hieronder en beantwoord die vraag wat volg. Die gebruik van die herwinbare plastiekbottels as verpakking (houers) vir die tuisgemaakte gemmerbier het 'n positiewe impak op die natuurlike omgewing. Evalueer die geldigheid van hierdie stelling. (8) [40] TOTAAL: 200 Kopiereg voorbehou

Study this subject

More from Grade 12 Consumer Studies

View all